Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

HOëRSKOOL PORTERVILLE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kerssangdiens. SA Gemeente

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Tariewe

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Rubriek vir skeppende werk

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 27 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Leraarspan: Freddie Schoeman ( ), Bianca van Graan ( ), Lodewyk Sutton ( )

G. J. du Preez

Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie.

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Edgehog

Webadres: Die Pastoor se pen:

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Hoe om krag te spaar

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

die ArtKat Jaar program

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Helderstem. Op pad met. Het jy n storie?

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Mosselbaai Munisipaliteit

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Maand-Krant OKTOBER 2013

Sterdansers by Vensters.

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 18 SEPTEMBER Deurkollekte Jeug 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Tema: Hoe om in liefde en vrede met ander te leef) 18:00 Aanddiens 18:45 Kategese/Ouers kuier saam 19:30 Gesinne kuier/speel saam MAANDAG, 19 SEPTEMBER 19:00 Bedieningspanvergadering DINSDAG, 20 SEPTEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 21 SEPTEMBER 17:00 Biduur DONDERDAG, 22 SEPTEMBER 09:00 Bybelstudie Senior Lidmate VRYDAG, 23 SEPTEMBER Jeug: Bash SATERDAG, 24 SEPTEMBER Erfenisdag SONDAG, 25 SEPTEMBER 09:00 Erediens: Freddie Schoeman 18:00 Aanddiens 18:45 Kategese/Ouers kuier saam 19:30 Gesinne kuier/speel saam DINSDAG, 26 SEPTEMBER 19:00 Bedryfspanvergadering (Finansies) WOENSDAG, 27 SEPTEMBER 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 28 SEPTEMBER 17:00 Biduur (soos gereël) VRYDAG, 29 SEPTEMBER 09:00 Bybelstudie Senior Lidmate VRYDAG, 30 SEPTEMBER SKOLE SLUIT NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Max Amsenga (012 664 3629) skakel. VOORBIDDING Anton en Marietjie Vorster, Krugerln 3 met Marietjie se moeder wat ernstig siek is (Blok 4) Elsa Roos, Krugerlaan 102 wat tuis aansterk na n beroerte (Blok 3). Stephen en Mauriza Swart (DF Malanln 121) met Mauriza se pa wat ernstig siek is (Blok 3). Rachel Martens, Hans Strijdomln 204 wat n hand-operasie ondergaan het. Adolf Crafford, Hans Strijdomln 182 is tuis en dit gaan goed. Hy sal nog vir geruime tyd onder observasie wees (Blok 2). Algemene Sinode wat 10-14 Oktober plaasvind. MEEGEVOEL Ons betuig graag meegevoel met die familie van Andries Kriek wat die afgelope week oorlede is. Mag u die nabyheid en vertroosting van die Here in die komende dae ryklik ervaar.

PREEK SONDAG 11 SEPTEMBER 2011 REEKSTEMA: HOE OM IN VREDE EN LIEFDE MET ANDER TE LEEF Die verhaal van Jakob hou n hele aantal lesse in oor ons verhouding met mense. Daarom is ons besig om die verhaal stelselmatig deur te gaan. Verlede week het ons gesien hoe Rebekka en haar gunstelingseun, Jakob, vir Isak en Esau, sy gunstelingseun, uitoorlê en bedrieg. Dit was nadat Jakob op gemene en gewetenlose manier die eersgeboortereg by Esau bekom het. Dit het Esau daartoe gebring om te sê: Hy word tereg Jakob genoem. Hy het my nou al twee keer bedrieg : hy het my reg as eersgeborene gevat en nou het hy my seën gevat. (Genesis 27:36) Die naam Jakob klink baie soos die Hebreeuse woord vir bedrieër. Ons het in die eerste paar hoofstukke van die Jakob-verhaal Jakob leer ken as ambisieuse en arrogante jong man wat niks en niemand ontsien op sy begeerte om te kry wat hy wil hê nie. Daar is vir hom niemand belangriker in sy lewe as hyself nie. Ons kan Jakob se karakter met drie woorde beskryf: hy is selfsugtig, hebsugtig en magsugtig. Skriflesing: Genesis 28:10-22 10 Jakob is van Berseba af weg na Haran toe. 11 Teen sononder het hy by n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar n klip vir n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap. n Hele paar dinge word so in die verbygaan genoem dit lyk of dit nie belangrik is nie. Ons moet egter onthou dat in die Hebreeuse verhaalkuns geen enkele woord oorbodig is nie. Alles is daar vir n rede. Sononder: simbolies dit was nie net nag in die natuur nie, dit was ook nag in Jakob se lewe. Hy is aan die vlug, want sy broer Esau wil hom doodmaak. Jakob, die een wat daarvan gehou het om by die huis te bly terwyl sy broer gaan jag het, moet nou die vreemde aandurf. Hy moet nou bykans n duisend killometer aflê van Berseba in die suide tot by Haran in die noorde. Op hierdie punt in sy lewe was Jakob bang, hy was alleen en eensaam, hy was onseker en bekommerd oor die toekoms. Jakob was op n laagtepunte in sy lewe. n Plek: ons sal later sien dat dit nie sommer maar net n plek was nie. Die plek was eintlik n baie besondere plek. n Klip: dit was ook toe nie sommer maar net n klip nie. Die klip het ook, soos ons later sal sien, n baie besondere klip geword. 2

En dan begin hy droom: 12 Hy het gedroom: n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer. 13 Toe kom staan die Here by Jakob en sê: Hierdie droom word in Hebreeus op n besondere dramatiese manier beskryf. Ek kyk! n Leer... En kyk! Engele... En kyk! Die Here... Leer eintlik: trappe. Die droom praat van n konneksie tussen hemel en aarde. Die hemel en die aarde word met mekaar verbind. Wanneer dit gebeur voel mense die teenwoordigheid van die Here aan. Die konsep van dun plekke plekke waar die teenwoordigheid van die Here op n besondere manier aangevoel kan word. Dis asof die skeiding tussen die hemel as God se woonplek en die aarde ietwat vervaag en die hemel as t ware aan die aarde raak. Dis wat Jakob hier beleef. Die Here verskyn dan aan Jakob. Tot dusver het Jakob nie veel erg aan die Here gehad nie. Nêrens lees ons dat Jakob eers die Here geken het nie. Nou verskyn die Here aan hom. Die vraag is wat gaan die Here sê? Gaan die Here soos n ton bakstene op hom afkom? Soos n pa wat sy tiener dissiplineer? Gaan die Here vir Jakob sê hoe sleg hy is? Dis wat baie mense sou verwag. Dis hoe baie mense die God van die Ou Testament sien, by name Richard Dawkins: The God of the Old Testament is arguably the most unpleasant character in all fiction: jealous and proud of it; a petty, unjust, unforgiving control-freak; a vindictive, bloodthirsty ethnic cleanser; a misogynistic, homophobic, racist, infanticidal, geno-cidal, filicidal, pestilential, megalomaniacal, sadomasochistic, capriciously malevolent bully. Is dit hoe God is? Kom ons kyk: Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee. 14 Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal jou gebied na alle kante toe uitbrei, en in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees. 3

Die Here sê vir Jakob: Ek het gekies om deur jou my belofte wat Ek Abraham aan gemaak het, na te kom. Let wel: die Here kies n gemene, geslepe, deurtrapte skelm wat tans vir sy lewe vlug om deur hom sy beloftes na te kom. Is dit n unjust, unforgiving control-freek? Is dit n capricioudly malevolent bully? Hoor wat sê die Here verder: 15 Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het. Hier kry ons n kykie in wie die Here werklik is: Iemand wat sy genade uitstort op mense wat dit nie verdien nie. Ons leer ook by die Here iets oor verhoudings. 16 Jakob het wakker geskrik en gesê: Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie. 17 Jakob het bang geword en gesê: Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel. 18 Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit. 19 Hy het die plek Bet-El genoem. Die stad was voorheen bekend as Lus. Die klip is nou nie meer net n klip nie. Bet-El beteken Huis van God. In die tyd waarin hierdie verhaal vir die eerste keer op skrif gestel is, was Bet-El n baie bekende en gewilde aanbiddingsplek. Hoe reageer Jakob op die Here se onvoorwaardelike verbintenis aan hom? Hoe reageer hy op God se liefde? Jakob reageer deur n voorwaardelike As... 20 Jakob het toe n gelofte afgelê en gesê: As U, o God, by my is en my beskerm op my reis en vir my kos en klere gee, 21 sodat ek behoue terugkom by my ouerhuis, sal U, Here, my God wees. 22 Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir u n tiende gee. 4

Jakob bly Jakob. Hy verander nie. Hy bly selfsugtig, hebsugtig en magsugtig. Hy dryf nog steeds sy eie agenda. Ons het tot dusver in die verhaal gesien dat Jakob mense net sien as of instrument om hom te help of as struikelblokke. Nou doen hy dieselfde met die Here. Die Here het net plek n in sy lewe insoverre as wat Hy hom kan help. Die Here moet asseblief tog net nie inmeng in sy lewe nie. Hy wil nog steeds sy eie lewe beheer en sy eie doelwitte nastreef. Hy wil die kaptein van sy eie skip bly. Baie mense is ook so. Die Here is slegs in hulle lewe as daar nood is of as Hy hulle kan help. Hulle laat nie die Here in hulle lewe toe nie. Die probleem is dat die Here dan nie jou lewe kan verander nie. Jakob sal wel uiteindelik by die punt van volle oorgawe kom. Daar moes egter eers baie water in die see loop. Op watter punt in jou verhouding met die Here is jy? Is Hy ten volle deel van jou lewe? Of is jy nog n bietjie bang, soos Jakob, om Hom volledig in jou lewe toe te laat? Freddie Schoeman i Haran was die plek waar Abraham gebly het totdat hy 75 jaar oud was en waar hy die belofte van die Here ontvang het. ATTESTAAT ONTVANG Vanaf Rondekerk (Secunda): Belydende lidmaat: Bernardus Stephanus Christian van Niekerk Hy woon in Elangeni 9, Buffelsdriftstr, Erasmusrand. Baie welkom by Lyttelton-Oos. Ons hoop u sal baie gelukkig wees by ons. 5

NUWE AANDDIENS 22 JANUARIE 2012 Hiermee nooi ons solank al ons gemeente lede na- Ons nuwe aanddienste vanaf 22 Januarie 2012. Ons gaan baie sing saam met Ongetwyfeld (aanddiens orkes) en informele dienste hou. Ons eerste diens skop af met n preekreeks aangebied deur Ds André Viljoen. Die dienste gaan redelik informeel aangebied word en is baie gesinsvriendelik. Jonk tot oud is welkom. Na die diens sal daar koffie aangebied word en tyd wees vir informele gesprekke in die sitkamer (langs die bokamer in die saal). Ons vra asseblief almal se gebede vir die nuwe bediening en sy span. Vir enige navrae en idees kontak Sandra 086 111 7368 ONS SOEK... na banke, stoele en koffietafel wat ons in sitkamer van jeug kan gebruik. Tree in verbinding met Schalk Meyer (Kantoor: 086 111 7368) e-pos: maintenance@m.co.za Na ure: 076 768 0598 Baie dankie. Jeug Lyttelton-Oos 6

PREEKREEKS Indien daar lidmate is wat die preekreeks nie kon bywoon nie is daar die geleentheid om dit te bekom en sodoende die waarde daarvan ervaar. Johan Freysen plaas van elke diens ʼn opname op CD en lidmate kan dit by hom aankoop. Die preekreekse word die volgende Sondag in Die Herout geplaas. Persone wat nie ʼn kopie tydens die diens ontvang het nie kan met Max n reëling maak om dit by haar af te haal. Johan: 012 664 6325; Max: 012 664 3629 VETKOEK BY MAKRO Ons gemeente het die geleentheid om n aantal Saterdae hierdie jaar n vetkoekstalletjie by Makro Centurion te behartig vir eie fondse. Die volgende datums en groepe wat gevra word om te help is voorlopig as volg vasgestel: 29 Oktober (Dames) 26 November (Manne). Gesels solank met mekaar en tref reëlings. Kobus Badenhorst (0832351084) en Arie Roos (0825786595) het meer inligting. KAARTJIES- / JEUGKANTOOR Hierdie lokaal in die Gemeentesentrum is deur die Kerkraad aan die jeug toegeken. Persone wat enige voorraad in hierdie lokaal huisves, word gevra om dit asseblief dringend te verwyder / ʼn reëling met Schalk Meyer te maak (082 520 0816). Baie dankie vir u samewerking. 7

UITREIKNUUS VAN AKSIE ARBEIDERS VIR DIE OES (ALHARVEST MISSION) KORTTERMYN UITREIKING LEPELLE - LIMPOPO PROVINSIE Ons het n suksesvolle Matlala uitreiking gehad in Julie met n groot en diverse span. Ondermeer is daar - aan n huisie gebou vir 3 klein vigswesies. n Vrou wat met huisbesoek bereik is, het n geleentheid gehad om die Here Jesus aan te neem as haar Here, net voor sy die volgende dag oorlede is. Dis spanlede het geestelike groei ervaar - daar is Bybelstudiereeks uit Rom 12 gedoen. Die hele uitreiking was n oorweldigende positiewe ervaring vir die span. BEDIENING EN OPLEIDINGSENTRUM Daar is groot opgewondenheid oor n nuwe fase wat vir ALHarvest Mission aangebreek het. Die Here het die laat uitwerk dat ons met die hulp van n borg na n Bediening- en Opleidingsentrum in Arcadia kon trek. Dit was sedert 1928 n dameskoshuis, St Albans Hostel Ons is baie dankbaar om hierdie perseel te kan byvoeg by die ander wat vir die bediening beskikbaar is. Dit bied baie nuwe moontlikhede vir die bediening. Baie dankie vir diegene wat oor n lang tyd al saam met ons gebid het vir n bedieningsentrum. Die Here het ons gebede gehoor en ons glo Hy het groot planne vir ons vorentoe! Sondag oggend 18 September ontvang ons lidmate van Moreletapark Gemeente by die bedieningsentrum. Die gemeente het hul oggenddiens gekanselleer en lidmate gevra om saam met sekere sendingorganisasies en projekte te gaan uitreik. Na n inligtingsessie en oriëntasie by ons bedieningsentrum, verdeel die groep om op drie uitreike saam met ons te gaan: 1) Uitreik na die sekswerkers op straat. 2) Uitreik vanaf die Kruisweg Koffiehuis na die haweloses en straatkinders. 3) Kuier en sport met die seuns in ons Crossroad Skuiling in Salvokop. 8

GEBEDSVERSOEKE: Bid asb vir Son 18 September se gemeente uitreik. Ons wil graag sien dat die Here sy kinders al meer betrokke sal maak om grense oor te steek om by mense in noodmet die evangelie uit te kom, en n passie te hê daarvoor. Bid vir die onwikkeling van die bedieningsentrum en vir volgehoue fondse daarvoor! Baie dankie! Groete in Jesus Christus. Jan en Elize-Marié van Jaarsveld 5% van Verkope word GESKENK aan Lyttelton-Oos NG Gemeente Grace Mannaprojek! Complete Hondekos: (100% Volstruis - Gewaarborg!) Omega 3 & 6 + Vitamienes bygevoeg! Maintenance: Elite: Puppy: Reg no: V16299 Reg No: V18606 Reg No: V17792 8kg: R85 4kg: R72 4kg: R75 25kg: R235 15kg: R220 15kg: R235 50kg: R465 HERO Hondekos: Monsters & Volledige produktelys beskikbaar in Grace Manna houer voor in kerk! Reg No: V17668 10kg: R80 20kg: R140 50kg: R330 Gratis Aflewering Hoë kwaliteit produkte teen uitstekende pryse Ondersteun Grace Manna projek in u gemeente! Vir bestellings of navrae kontak Hanna: 072 220 1789 petproucts@vodamail.co.za 9

Voel jy die konstant moeg en ongemotiveerd? Wil jy graag dien maar jy weet nie waar nie? Wil jy weet wat jou talente en spesiale vermoëns is? ONTDEK JOU POTENSIAAL Kom vind uit waarmee die Here jou toegerus het Ontdek jou onontginde natuurlike vermoëns en talente en jou unieke samestelling Kry duidelikheid oor jou beroepskeuse Leer hoe om talente om te sit in areas van uitnemendheid Verneem waar jy n unieke bydrae kan lewer Die volgende werkswinkel hierdie jaar is: 12 November 2011 (08:30 15:00) Koste: R290 (NG Lyttelton-Oos lidmate slegs R190) (Sluit in: n internet-toets wat vooraf gedoen moet word; kursusmateriaal, verversings en n middagete) Skryf in deur: n SMS te stuur aan Helét van der Merwe (083-556-0532) Almal wat reeds die seminaar bygewoon het maar hulleself weer wil verfris is welkom om dit by te woon teen slegs R50, middagete ingesluit. Laat weet asseblief vir Helét. VAKATURE: MAATSKAPLIKE WERKER [AANNEMINGSDIENS 4/8-pos] Doel van pos: Herkomsinterpretasie met biologiese kinders, ouers en almal betrokke Om die huidige voldag maatskaplike werker by die Aannemingseenheid te ondersteun bv. ten opsigte van die aannemingsproses, hulp aan biologiese en voornemende aanneemouers en plasing van babas/kinders. Posvereistes: Geregistreerde maatskaplike werker - 4 jr BA MW-graad Minimum 5 jr maatskaplike werk ervaring, veral ten opsige van statutêre prosesse Kennis en blootstelling aan aannemingsveld is n sterk aanbeveling Sterk terapeutiese vaardighede Werksure: 20 ure per week [4/8] Salarispakket: Onderhandelbaar Navrae en aansoeke: Mev H van der Merwe, e-pos: henda@cmroos.co.za Tel. [012] 361 4613 Faks.[012] 361 4625 Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 September 2011 10

VERPLEGINGSPERSONEE RUSOORD CENTURION Hierdie gevestigde organisasie in Centurion benodig dringend die volgende persone: Geregistreerde verpleegkundige (Dagdiens) Stafverpleegster (Dagdiens) Ons bied aangename werksomstandighede. Markverwante onderhandelbare salaris plus byvoordele. Sluitingsdatum: 23 September 2011. Aansoekers wat teen 30 September 2011 geen terugvoer ontvang het nie,kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Faks verkorte CV (maks 2 bladsye Geen sertifikate ens) aan: 086 524 5239 Epos: rusoordontvangs@lantic.net. Navrae Tel: 012 664 5835 Matrone Labuschagne. ONTVANGSDAME/SEKRETARESSE Rusoord Centurion benodig dringend n persoon met minstens 10 jaar toepaslike ondervinding. Goeie menseverhoudings is uiters belangrik. Aansoekers moet voldoende kennis van MS Word en Excel hê en voldoende ondervinding van kantooradministrasie en skakelbord is ook noodsaaklik. Aansoekers moet minstens oor n graad 12 sertifikaat beskik. Ons bied aangename werksomstandighede en 13de tjek. Salaris onderhandelbaar Sluitingsdatum: 23 September 2011. Aansoekers wat geen terugvoer ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Faks verkorte CV (maksimum 2 bladsye (GEEN SERTIFIKATE, ens). Aan: 012 664 0930 Navrae: Tel 012 664 5835 11

GRACE MANNA Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet - Jesus (Matteus 25:35) Ons gee elke Dinsdag, Woensdag en Vrydagoggend sop en broodjies vir honger mense. Hoe kan jy betrokke raak? Help met die bediening in die oggende Help met die voorbereiding van die sop en die broodjies Help met skenkings van bestanddele Belangrike bedieningsgeleentheid: Ons is op soek na iemand wat in die oggende net n gebed kan doen vir diegene wat dit nodig het. D DELTAKUR- SUS 13 Oktober 1 Desember 2011 Elke Donderdagaand Agt sessies 19:00 21:30 Lees en verstaan die Bybel beter. Hoor God se stem duideliker. Leer wat dit is om n dissipel te wees. Skryf in: Skakel of stuur n sms aan Helét van der Merwe by 083 556 0532. 12

DANKOFFER PER INTERNET Lidmate is welkom om hulle maandelikse dankoffer / geloofoffer per internet oor te plaas. Die gemeente se rekeningbesonderhede is as volg: ABSA Lyttelton / Takkode: 632 005 Gemeentefonds (vir dankoffers) 0600 580 159 Geloofoffer: 4050 438 756 Jy kan ook ons webtuiste besoek by www.lytteltonoos.org.za en op die GivenGain ikoon klik om dankofferoordrag te vergemaklik Daar is ook edebietordervorms in die konsistorie beskikbaar kom vra vir een na die diens of skakel Sexta Maree by (012) 664-4458 Maandae of Woensdae of op haar sel 072 434 4670 of vra een aan by ngk@lytteltonoos.org.za. Vanweë die veiligheidsituasie is dit nie meer wenslik om by huise te kollekteer nie. CENTURION HOSPICE LADIES TEA Theme: Your Heritage Great prizes for the best dressed table. Date: Saturday 24 th September Venue: NG Church Hall, Monument Road, Lyttelton (Opposite Lyttelton Primary School) Time: 9:30 for 10:00 Guest Speaker: Ivy Sutton Tickets: R130.00 p.p - Hostess are free If you would like to be a Hostess, please contact us limited tickets available. For more info please contact Marlise or Ina on 012 664 6175 or 079 891 4403 13

CMR VOEDSELPAKKIES Septembermaand is Lyttelton-Oos se beurt om pakkies aan die CMR te skenk. Hier volg n lys van items wat benodig word. Dit kan by die Kerkkantoor of die CMR-kantore afgelewer word. Merk ASSEBLIEF u skenking CMR TOILETWARE Koekies gesigwasseep Sjampoe Tandepasta 1 kg pakke waspoeier Koekies sunlightseep Bottels skottelgoedwasseep KRUIDENIERSWARE NIE BEDERFBARE ITEMS 750 ml bottels kookolie 100 g pakkies melkpoeier 10 2,5 kg pakke mieliemeel Pakke rys of stampmielies Pakke kapokaartappels of spaghetti of makaronie 10 Pakkies/blikkies sop Blikke koffie of tee/rooibostee 5 2,5 kg pakke suiker Blikkies sardyne Blikkies tuna/sardiens/kerrievis Blikkies weenseworsies 5 Blikkies frikkadelle Blikkies gemengde groente/kerriegroente Blikkies suikermielies Blikkies uie en tamaties Blikkies sousboontjies/ertjies/groenboontjies Blikkies spaghetti Baie dankie vir u bydraes. 14

VAKANSIE JOLYT! Halfdag Programme By NG Kerk Lyttelton-Oos 08h30-14h00 4-6 Oktober 2011 BESPREKINGS VOORAF IS NOODSAAKLIK!!! BRING JOU OUER/VOOG SAAM OM JOU IN TE SKRYF! NAVRAE: Susan Dry: 082 680 3682 15

VERJAARSDAE 18 TOT 24 SEPTEMBER 2011 09/20 HANNES BADENHORST BREYERLN 1231 Blok 4 09/20 ELIZE BADENHORST VAN RIEBEECKLN 281 Blok 2 09/21 FIEN ANDERSON DF MALANLN 243B Blok 2 09/21 YOLANDI VAN NIEKERK ELANGENI 9 Blok 4 09/21 GERDA STRAUSS HANS STRIJDOMLN 120 Blok 3 09/21 WYNAND DEYSEL ERIKA WS 4 Blok 1 09/22 DIVAN VAN TONDER MALUTILN 2 Blok 4 09/22 LIZE-ANN VISSER HANS STRIJDOMLN 133 Blok 3 09/23 GEORG JANSE VAN RENSBURG MOLTENOWEG 40 Blok 2 09/23 JANNIE BADENHORST MAHONIESTR 88 Blok 4 09/23 MATILDA BOTHA HANS STRIJDOMLN 212 Blok 2 09/23 ELTJO AMSENGA KRUGERLN 286. Blok 1 09/24 JOHAN DU PREEZ 5DE STRAAT 8 Blok 2 09/24 KOBUS VORSTER KIRKNESSLN 154 Blok 4 HUWELIKHERDENKING SONDAG, 18 SEPTEMBER HANNES EN AMANDA ROETS DF MALANLN 26 Blok 4 Skakel my vir die koop en verkoop van eiendomme in Lyttelton, Kloofsig en Pierre van Ryneveld