Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie.

Similar documents
Helderstem. Op pad met. Het jy n storie?

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

Kerssangdiens. SA Gemeente

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SIZA takes the sting out of auditing

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Helderberg Fishers Community

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Rubriek vir skeppende werk

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Maand-Krant OKTOBER 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Geagte Ouers / Voogde en Florries

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

die ArtKat Jaar program

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Sterdansers by Vensters.

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Woord vir die week. Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Dankie aan God ons Vader. Kotzé van Wyk VOORSITTER. 30 Mei 2016

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

HOMOSEKSUALISME. Onderskei tussen Skrifgedeeltes wat dit direk aanspreek en Skrifgedeeltes wat indirek tog daaroor lig gee.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Webadres: Die Pastoor se pen:

Bergsig Boodskap NUUSFLITS:

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

2019 ons Jubeljaar Vir 50 jaar saam op pad Vanjaar word Helderberg Gemeente 50 jaar oud; nee, anders gestel: Vir 50 jaar loop die Here n pad met ons. Soos Israel van ouds kondig ons ook die Jubeljaar aan. Helderstem www.nghelder.co.za - 021 851 5582 - kommunikasie@nghelder.co.za Met die Jubeljaar wil ons veral op twee goed fokus: Ons gaan feesvier. Elke erediens, elke Bybelstudie, elke vergadering, elke omgeegroep, ens is eintlik n geleentheid om fees te vier. En wat vier ons: Ons vier die teenwoordigheid van God, ons verlossing in die Here Jesus Christus, die pad wat die Here met ons loop. Ons vier ons dissipelskap en maak ander deel van ons feesvieringe. Ons vier ook ons saamwees en die pad wat ons met mekaar en ander kan loop. Ons maak reg wat verkeerd is. Daar was in die tyd van Israel duidelike voorskrifte oor wat tydens die Jubeljaar reggestel moes word. n Jubeljaar is n tyd van selfondersoek. Daar is ook groot uitdagings waarvoor Helderberg Gemeente staan. Is ons waarlik kerk, die liggaam van Jesus Christus, vir die tyd en omgewing waarin ons nou is? As gevolg van n tekort aan finansies skeep ons ook die noodsaaklike instandhouding en verbetering van ons fasiliteite af en het ons nie n reserwefonds nie. Dit is ook nie verantwoordelike rentmeesterskap nie. Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie. Daarom skop ons hierdie Jubeljaar Sondag af met Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is (Matt 5:3). Of Gelukkig is die armes van Gees wat aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 1

Sondag 13 Januarie Op pad met God: Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is Matt 5:3 08:00 Meditatief Danie O Kennedy 08:00 Klassiek Breda Ludik 09:30 Meditatief Danie O Kennedy 09:30 Informeel Lizette Louw en Paul Barnard 09:30 Jeugaktiwiteite 09:00 HGG Danie Möller 10:00 HB Village Breda Ludik 10:30 Internas Studente Die Khaya 18:00 Tienerkerk 19:00 Aandkerk Hannes Theron Deurkollekte: Famieliebediening WiFi Aanteken - NG-Guest Wagwoord - 13378y83L Sondag 20 Januarie Op pad met God: Geseënd is die wat treur Matt 5:4 08:00 Meditatief Breda Ludik 08:00 Klassiek Danie O Kennedy 09:30 Meditatief Breda Ludik 09:30 Informeel Paul Barnard 09:30 Jeugaktiwiteite 09:00 HGG Danie Möller 10:00 HB Village Danie O Kennedy 10:30 Internas Studente Die Khaya 18:00 Tienerkerk 19:00 Aandkerk Lizette Louw Bid saam met ons vir die volgende: Helene Swart - kanker Roenel Swart - ernstig siek Desiré Groenewald - kanker Hannes Jansen van Vuuren - kanker Paul Swanepoel - beroerte Fanie Schoeman - kanker Sarel du Toit - kanker, beenmurgoorplanting Ria Sass - heupoperasie Danie Schoeman - hospitaal Drieka King - gordelroos Botha Marais - herstel na operasie Hannes Theron - tweede knievervanging (eerste was in Desember gewees) Rou: Ons dink aan Hennie Groenewald en sy familie met sy pa wat oorlede is. Louis Kampher is ook oorlede. Kom bid saam met ons elke Dinsdagoggend van 06:00-06:45 in die Tent Die week: Dinsdag 15 Januarie 06:00 Kom bid saam - Tent Woensdag 16 Januarie Doopregistrasie vir Februarie sluit 10:00 DIY-oggend Donderdag 17 Januarie 09:30 Bybelstudie gesamentlik - Kapel 18:45 Kantory oefen 2

Dagboek 14 Januarie - Helderberg Beradingsentrum maak oop 16 Januarie - Doopregistrasie vir Februarie-dope sluit. Kontak asseblief so gou moontlik vir Grazie by ontvangs@nghelder.co.za indien jy in Februarie wil doop. 16 Januarie - DIY-oggend Kom gerus en word deel van ons DIY-oggend in die Tent van 10:00-12:00 Hoop Geloofsgemeenskap Hoop Geloofsgemeenskap is n inisiatief van Helderberg Gemeente om op n vars manier kerk te wees vir die groeiende gemeenskap in die omgewing van Croydon en Sitari. Dienste word Sondae om 09:00 in die Curro Sitari skoolsaal gehou. Veral mense wat in dié omgewing woon, is baie wekom. Vir meer inligting, maak n Sondag daar n draai, of kontak Danie Möller by 083 375 8444 Dissipelskap retraite Ons lang verwagte besoek aan Deon Loots, die skrywer van Die wese van Dissipelskap reeks, is op hande. Ons gaan van Donderdag 31 Januarie tot Sondag 3 Februarie n restourasie retraite met Deon as begeleier doen. Hierdie retraite fokus volgens Deon op jou eie heelwording en verhouding met God, sodat jy as vry mens tot eer van God kan leef. Dit gaan veral saam met Modules 1 en 2 van Die Wese van Dissipelskap. Dit is n unieke geleentheid vir almal wat n pad met hierdie dissipelskapmateriaal geloop het. Enigeen is egter welkom om dit by te woon. Ons vertrek Donderdagoggend 07:00 na die Deon Loots se Shama Retraite Sentrum net buite Steytlerville. Ons ry saam in Helderberg Uitreik se bussie en is Sondagaand weer terug. Die koste is R1 700 per persoon, (vervoer, verblyf, kos en handleiding ingesluit). Dit is n baie goeie belegging in tyd en in geld in jou lewe. Bespreek jou plek so gou moontlik. Kontak: Corius Visser 082 453 4636 of Danie Möller 083 375 8444 Phuket-uitreik 2019 Bring jou talent en kom saam op die uitreik na die Asia Center Foundation in Phuket Thailand van 18 Maart tot 1 April 2019. Alle kundigheid word benodig! Veral praktiese werk, IT, web-ontwikkeling, onderwyskundigheid, fotografie, berading, Engelse klasse, bestuursleiding, kuns, sportbediening en dissipelskap en Bybelstudie, ens, ens. Vir meer inligting, kontal asb Louise Theron by 021-851 6929 of louise@nghelder.co.za 3

Op jul merke gereed... Jeugaksie begin Hartlik welkom aan ons kleuters, graad 1 6 e en ons tieners. Ons Jeug behandel saam met die gemeente dieselfde kwartaaltema: Op pad met God. Ons is opgewonde om saam met ons ouers die jeug geestelik te versorg en vanjaar te fokus om, soos Jesus, verhoudings te bou en ligdraers in hierdie wêreld te wees. Kleuters, Kiddiekerk en Tekkiekerk vind gelyktydig tydens die informele diens om 9:30 plaas. Die lokaal indelings is as volg: Kleuters (3 6 jaar): Kleuterkerksentrum in Efese en Patmos Kleuters MOET persoonlik deur n ouer in-en-uitgeteken word en kan ongelukkig nie deur n boetie/sussie kom haal word nie. Graad 1, 2 & 3: Joppe Graad 1 s bly in Joppe en MOET asb. deur die ouers kom haal word. Graad 4 6: Jeugsentrum Die graad 2 tot 6 e gaan nà die dienste na hul onderskeie klaskamers waar hul groepleier gesprekvoering aanmoedig en fasiliteer. Reël asb. vooraf waar jy jou kind na die tyd kry. Groepleiers sal deur die loop van die jaar met die ouers kommunikeer dmw Whatsapp-groepe. Tienerkerk begin vanaand om 18:00 in die Kerkruim en daarna volg die dissipelskapgroepe tot 20:00. Wil jy ook betrokke raak by ons Jeugbediening? Kontak vir Annette by fbadmin@nghelder.co.za of 021-851 5582 4

HelloHelderberg wil die jaar afskop deur lidmate te help om ander te leer ken. Omdat ons n groot gemeente is, is daar mense wie se paaie amper nooit kruis nie. Deur kleiner groepe te skep kan ons help om meer mense met mekaar in kontak te bring. Op Sondag 20 Januarie gaan daar lyste in die Tent wees waar jy jou naam kan opskryf en aandui waarin jy belangstel bv fotografie, kunsgroep, leesklub, stafgroep en vele meer. Enige persoon wat n klub of groep wil begin of belangstel om deel van een te raak kan my kontak by aanbidding@nghelder.co.za. Kom raak deel hiervan om nuwe verhoudinge te help skep. HelloHelderberg wil jou nooi om deel van ons gasvryheidsbediening te word. Almal met 'n passie en gawe om ander te dien en te bedien is welkom. Dit verg slegs een kwalifikasie - 'n vriendelike glimlag. Die gasvryheidsbediening wil alle gemeentelede betrek, van die jong werkende jeug tot die seniors. Daar is verskeie plekke waar jy betrokke kan raak: Ons baristaspan wat die koffiemasjien beman ons sal jou leer hoe om n lekker cappuccino te maak. Die verwelkomingspan wat lidmate voor die dienste by die deure verwelkom en tydens die teedrink in die tent tuis laat voel. Hulle help ook nuwe lidmate inskakel. Die kombuisspan wat help met voorbereiding vir Sondagverkope, funksies en teeskink by begrafnisse. Die span wat help met reëlings vir verskillende funksies en fondsinsamelings soos die Herfs- en Lentemakietie, gemeentebraai, wynproe ens. Kom gesels met ons en sit koppe bymekaar met enige ander voorstelle wat jy het wat ons kan help om n gasvrye gemeente te wees waar almal deel van die Helderbergfamilie voel. Kontak ons gerus by hellohelderberg@gmail.com. Groepleiers vir Jeugaksie 2019 Jongmense, ouers, oumas en oupas word uitgenooi om fasiliteerder te word van n kleingroep. Is jou hart by die graad 1 3 s of by gr 4 6 of gr 7 11 of dalk by die Kleuterkerk? Kontak vir Annette Botha 072 189 9360 of die kerkkantoor 021-851 5582 5

Ondersteuning aan gemeenskap van Wupperthal Meer as 70 huishoudings is intens geraak toe n brand onlangs in die sendingdorpie Wupperthal uitgebreek het. Altesaam 53 huise het afgebrand, terwyl 20 broodwinners hul werk verloor het by besighede wat deur die brand verwoes is. Die huishoudings wat geraak is, sluit onder andere vyf pasgebore babas in. Voortspruitend uit n gesprek met die kontakpersoon van die Morawiese Kerk in Wupperthal en samesprekings met die Sinode van Wes-Kaapland, wil Helderberg Uitreik die gemeenskap van Wupperthal graag bystaan met die volgende behoeftes wat geïdentifiseer is: formulemelk vir babas, babadoeke (0 tot 3 maande, en ouer) en sanitêre ware vir vroue. Daar sal vir die volgende twee Sondae (13 en 20 Januarie) n boks in die voorportaal van die kerk wees waarin mense hul bydraes kan plaas. Bydraes kan ook deur die loop van die week by die kerkkantoor afgelaai word. Finansiële bydraes kan aan Helderberg Uitreik gemaak word, met die verwysing: Wupperthal. Art 18A kwitansie sal op aanvraag gegee word. n Besoek aan Wupperthal word in die vooruitsig gestel binne die volgende paar weke. Die doel van hierdie besoek sal wees om die skenkings af te laai, om n verdere behoeftebepaling te doen en om saam met die Sinode van Wes-Kaapland die plaaslike geloofsgemeenskap se groete en seënwense aan die gemeenskap van Wupperthal oor te dra. Meer besonderhede hieroor volg binnekort. Vir meer inligting, kontak projekleier Pia Nänny by 083 289 4876. 6

Raak dood, egskeiding of enkelouerskap jou gesin? Harmony projek bied 2 keer per jaar die GriefShare, DivorceCare, DC4Kids en Single&Parenting kursusse aan. Dit is n inter-kerklike program gegrond op Bybelse waardes om persone en gesinne te help met die dood van n geliefde, egskeiding of enkel ouerskap. Ons volgende 13 weke siklus begin weer Donderdag, 15 Februarie. Ons eet vanaf om 17:30 saam en om 18:00 20:00 word die onderskeie programme aangebied. GriefShare is n ondersteuningsgroep vir persone wat n lewensmaat, kind, familielid of vriend aan die dood afgestaan het. Hier word jy toegerus vir die pad en proses van rou en verstáán mense mekaar. Divorce Care is gerig op enigiemand wat in die proses van egskeiding of wat reeds geskei is. Jy kry waardevolle hulpmiddels om jou te help deur die pynlike proses en om weer jou lewe te herbou. Terselfdertyd kry jy ondersteuning by mense wat ook deur dit gaan en verstaan. Dalk is jy n enkelouer - waarskynlik moeg, oorweldig en voel jy onbevoeg. Die Single&Parenting-groep help jou om weer hoop te vind en toegerus te word in enkel-ouerskap. Jy ontwikkel ook betekenisvolle vriendskappe met ander enkel-ouers wat net soos jy, moeg is vir die chaotiese dae en die nimmer eindigende lys van take en pligte. Julle kry hier die geleentheid om ander te leer ken sodat julle mekaar kan ondersteun en bemoedig en ook uit mekaar se situasies kan leer. Tydens die DC en S&P programme word die kinders (ouderdom 3-13) bedien met DivorceCare4Kids. Tydens die weeklikse sessies kry kinders die kans om vriende te maak met ander wat ook dieselfde omstandighede het. n Kombinasie van musiek, speletjies en handwerkaktiwiteite word gebruik om die kinders weer bewus te maak van God se liefde te midde van hul pynvolle gesinsituasie. Kry gerus n brosjure met meer inligting by die kerkkantoor of lees meer op ons webblad http://www.nghelder.co.za/ of op http://www.churchinitiative.org/. Moenie alleen hierdie pynlike pad loop nie daar is mense wat verstaan en jou kan ondersteun. Enigeen is welkom, ook nie-lidmate. Kontak ons ook gerus as jy op n ondersteunende manier wil betrokke raak as donateur of adviseur. Rig enige navrae aan harmonyhelderberg@gmail.com Projekleier: Annette Botha 7

Helderberg Gemeente Bankbesonderhede Bank ABSA Somerset-Wes Rek nr. 2900 590 094 (tjek) Rek naam NGK Helderberg Takkode 632 005 Verwysing Naam of bediening Navrae Antoinette du Toit 021-851 5582 Helderberg NG Gemeente 021-851 5582 www.nghelder.co.za Leraarnoodnommer 083 988 2003 ontvangs@nghelder.co.za Beradingsentrum: Telefoon: 079 417 3863 berading@nghelder.co.za Helderberg Uitreik Bankbesonderhede vir Art 18A ABSA Helderberg-tak: 632005 Rek nr. 9114483080 Spaarrekening Verwysing: Projeknaam of WBB Kerkkantoorure Weeksdae: 08:00-16:00 Vrydae: 08:00-13:00 Sondae: 08:30-11:30 Skoolvakansie: 8:00-13:00 Gesinne in nood in ons gemeente word finansieel en maatskaplik deur die Versorgingsfonds ondersteun. Dankie vir getroue bydraes. Lees meer op www.nghelder.co.za onder Bedieninge, Onderlinge Sorg, Versorgingsfons Versorgingsfonds Helderberg Gemeente Bankbesonderhede Bank ABSA Somerset-Wes Rek nr. 2900 590 094 - tjek Rek naam NGK Helderberg Takkode 632 005 Verwysing Versorgingsfonds 8