PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) DIE RAND DIE SLEGTE EN DIE GOEIE het. Wat my veral bekommer is die feit dat die Rand nie net teen die Dollar nie maar ook teen ander opkomende geldeenhede verswak het. Hierdie soort strukturele breuk beteken die wêreld kyk met ander oë na ons, wat beteken dat dit al moeiliker gaan raak om buitelandse beleggings te lok. Sedert die begin van die jaar het die Rand heelwat teen die VSA Dollar verswak. Hierdie verswakking word in n groot mate toegeskryf aan beter ekonomiese vooruitsigte in die VSA, maar die ongelukkige waarheid is dat dit eerder vanweë n swak ekonomiese en politieke klimaat in Suid-Afrika plaasvind. Looneise deur vakbonde, bekommernis oor Eskom en die naderende winter, Nkandla, die Gupta troue, hoë huishoudelike skuldvlakke, swak ekonomiese groeisyfers en vele ander kommerpunte het die perfekte storm laat ontstaan met die Rand as die slagoffer. Geweldig baie mense wil die gebeure van Marikana en wat onlangs in die nuus was die skuld hiervoor gee, maar dit is duidelik dat die druk op die Rand lank voor Marikana al ontstaan So is dit ook duidelik uit bogenoemde grafiek wat die Rand met die Turkse Lira vergelyk. Hieruit kan ons sien dat die rand reeds die afgelope 2 jaar (lank voor Marikana) aan die verswak is. Dieselfde verswakking is te sien indien mens die Rand vergelyk met die Russiese Ruble, die Australiese Dollar, asook die Poolse Zloty. Hierdie is lande wat in n sekere mate direk met ons kompeteer om buitelandse beleggings te
lok. Die negatiewe sentiment teenoor Suid- Afrika kom dus duidelik in die Rand se prestasie na vore. n Verdere bekommernis is dat die grootste kopers van SA Staatseffekte die laaste paar jaar buitelandse beleggers was. Tot soveel as 70% van alle staatseffek aankope die laaste 5 jaar kom van buite ons landsgrense, wat beteken dat n groot storm kan tref indien hulle nie meer bereid is om ons begrotingstekort te finansier nie. Dit kan die Rand selfs verder na rekordvlakke laat verswak. n Ander opsie is om direk in die buiteland in top buitelandse maatskappye te belê. Hierdie kan plaasvind deur van geld wat huidiglik in die buiteland is asook deur geld wat deur die buitelandse valuta vergunning toegelaat word. Indien u die geld nie direk wil uitvat nie kan ons u help om aandele in hierdie maatskappye te koop deur van ons bateruilingsdiens gebruik te maak. Ons huidige voorkeur buitelandse portefeulje lyk as volg: PSG MENLYN: BUITELANDSE PORTEFEULJE AANDEEL NAAM AANDEEL NAAM 1 Microsoft 8 Pfizer 2 Tesco 9 YUM Brands 3 Unilever 10 Coca Cola 4 Berkshire Hathaway 11 Volkswagen n Geleentheid? Die normale taktiek is om na aandele wat randverskansing bied te kyk, maar dit kan dalk mens van die wal na die sloot help. Mynbou aandele is randverskansers, maar hierdie maatskappye is in die oog van die storm en negatiewe beleggers sentiment kan maak dat hulle ten spyte van die swak Rand nie goeie winste produseer nie. Ons fokus moet dus eerder geplaas word na maatskappye soos SABMiller, Medi Clinic, Netcare, Sasol, Naspers, MTN, British American Tobacco en Richemont. Hierdie maatskappye sal almal met uitstekende winsgroei in 2013/14 spog danksy die swak Rand wat natuurlik positief vir hul aandeelpryse sal wees. 5 Heineken 12 Wal-Mart 6 Johnson & Johnson 13 Nestle 7 Vodafone 14 Pepsico Goeie verskansing en prestasie kan ook verkry word deur effektetrusts, waarvan ons huidige gunsteling die Coronation Global Managed Fund is. Hierdie fonds kan direk oorsee sowel as deur bateruiling in geinvesteer word. Sy prestasie die laaste tyd was puik, soos op die grafiek onder gesien kan word.
Ons hoef dus nie net bang te wees vir die Rand wat verswak nie. Met n bietjie beplanning en goeie besluitneming kan dit inteendeel n goeie geleentheid bied. DIE BRUTO BINNELANDSE PRODUK (BBP) Die BBP kan beskryf word as die monetêre waarde van alle klaarprodukte en dienste wat geproduseer word binne ons land se grense oor `n spesifieke tydperk. Die BBP word gewoonlik oor `n jaarlikse tydperk uitgewerk deur privaat en publieke verbruik, die regering se uitgawes, beleggings en uitvoere minus invoere in ag te neem soos in die formule hieronder verduidelik: GDP = C + G + I + NX Die kritiek rondom die gebruik van die BBP as `n ekonomiese meting is die feit dat die ondergrondse ekonomie of te wel die transaksies wat nie gerapporteer word nie, uitgesluit word wanner die stand van ons ekonomie bepaal word. Kwartaalikse BBP groei in Suid-Afrika 2007 Q1 2013 C = privaat verbruik, G = Regering se uitgawes, I = besteding op kapitaal, NX = Uitvoere minus invoere. Die BBP word as `n indikator gebruik om te bepaal hoe gesond die ekonomie van ons land is en ook om die standaard van lewe te bepaal. Vanaf 1993 tot en met 2012 het SA `n BBP gemiddeld van 3.22% met rekord hoogte van 7.6 % in Desember 1994 en `n rekord laagtepunt van -6.3 % in Maart 2009. Die BBP groei vir die
eerste kwartaal van 2013 was `n skrale 0.9 % teenoor die vierde kwartaal van 2012 wat 2.1% gegroei het soos hierbo in die grafiek te sien. Die rede omdat die BBP so swak gegroei het die eerste kwartaal word grotendeels toegeskryf aan die vervaardiging sektor. Die eiendomsbedryf, mynbou en finansiële sektor het bygedra tot positiewe BBP groei. Uiteensetting van die BBP Die BBP bestaan uit die verskillende geweegde sektore van die ekonomie. Oor die jare het die geweegde persentasies nie veel verander nie. Onder andere die relatiewe grootte van die belangriker sektore in die 4de kwartaal van 2012 lyk soos volg: Landbou, bosbou en visserye (2,2 %) Mynbou (4,9 %) Vervaardiging (15,3%) Groothandel, kleinhandel en voertuig bedryf (12,5%) Finansies, eiendomsbedryf en besigheids dienste (21,3%) Fokus op Mynbou sektor As ons kyk na die relatiewe grootte van die mynbou sektor is dit skrikwekkend om te dink dat hierdie sektor slegs 4,9% direk tot die BBP bydrae, vir ons land wat `n wêreld voorloper is in mynbou. Daarom is dit belangrik om te onderskei tussen direkte bydrae en indirekte bydrae. Die direkte bydrae is die 4,9% hierbo maar die indirekte impak van die mynbou sektor in ons ekonomie is omtrent 18% volgens die Kamer van Mynwese. Die laaste 10 tot 20 jaar het die bydrae van sekondêre en tersiêre industrië van mynbou redelik afgeneem maar die industrie is besig om aan te pas om steeds `n hoeksteen te wees van die ekonomie. Mynbou, volgens die Kamer van Mynwese: skep 1,000,000 werksgeleenthede( 500,000 direk en 500,000 indirek) Verdien buitelandse valuta van meer as 50% van inkomstes dra tot 20% van beleggings by ( 12% direk) R 441 biljoen in uitgawes waarvan R 407 biljoen plaaslik spandeer is. Spandeer R 78 biljoen aan salarisse en lone. Soos hierbo verwys na die buitelandse valuta wat die mynbou sektor ontvang, is dit ook belangrik om te fokus op die gedeelte wat mynbou aan uitvoere bydrae. Alhoewel die direkte bydrae tot die BBP so klein is, is 60% van ons land se totale uitvoere uit die mynbou sektor en enige druk wat dus op mynbou plaasvind as gevolg van lae produksie kan dus die Rand wesenlik verswak. Die slotsom is dat die mynbou sektor `n groter invloed op ons ekonomie het as wat almal dink. Die indirekte impak is dus amper `n vyfde van die hele ekonomie. Daarom word daar so klem gelê om die arbeidskwessies wat tans besig is om die sektor te kelder, op te los. Mynbou is dus krities belangrik vir die groter ekonomiese prentjie.
PSG Menlyn is moving forward. As you know, we already have launched a Facebook and Twitter account. On these pages, we communicate information and happenings in the market to you as our clients. We want to urge you to go like and follow these accounts. Furthermore, we are proud to announce that we have launched a new email address that will specifically focus on client care and client communication. Should you have any query and you are not sure to which department to direct it, send your email to menlyn@psg.co.za and we will assist you with your request. PSG Menlyn Address Newlands Office Park Block B, Ground Level 261 Lois Avenue Newlands Pretoria P.O. Box 118 Newlands Pretoria 0049 PSG Menlyn Contact Details Telephone: (012) 368-1778 Fax: (012) 368-1770 Marius Cornelissen (mariusc@psg.co.za) Magdeleen Cornelissen (Magdeleen.cornelissen@psg.co.za) Martin Louw (martinl@psg.co.za) Gerda Potgieter Gerda.potgieter@psg.co.za Ben Fraser Ben.fraser@psg.co.za Laurie Brecher Laurie.brecher@psg.co.za Client Administration Menlyn@psg.co.za Facebook: www.facebook.com/psgmenlyn Twitter: @PSGMenlyn