MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

Similar documents
van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

BenguFarm Bestelvorm

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MALHERBE RP et HATTINGH R

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

MEESTER VAN DIE VRYSTAATSE HOë HOF

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 3316/2004 In die saak tussen: DIE PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Applikant en ADELE RADEMEYER Respondente CORAM: MALHERBE RP et KRUGER R AANGEHOOR OP: 9 DESEMBER 2004 UITSPRAAK: MALHERBE RP GELEWER OP: 17 DESEMBER 2004 Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade B.Proc. en LL.B gedurende die jare 1989 tot 1994 aan die Vrystaatse Universiteit verwerf en is in 1997 toegelaat as prokureur, notaris en akte uitmaker. Daarna het sy vir enkele maande vir haar eie rekening gepraktiseer, waartydens sy

2 grootliks laekoste behuising hanteer het, waarna sy as professionele assistant by n plaaslike prokureursfirma gewerk het in die Aktes afdeling. Gedurende Oktober 1999 het sy weer vir haar eie rekening begin praktiseer en het, volgens haar beëdigde verklaring, weereens in laekoste behuising gespesialiseer. Gedurende 2000 het eers Mnr. de Lange, daarna Mnr. Bokwa en later Mnr. Frade, by haar firma aangesluit en het n losse vennootskap tussen haar en hierdie drie mans ontstaan. Gedurende 2002 het die vennootskap ontbind en het respondente voortgegaan om van haar huis af te werk. Sy verklaar dat sy enkele lêers van Mnr. de Lange afgehandel het tot ongeveer Februarie 2003 en vanaf genoemde datum slegs enkele laekoste behuising oordragte gedoen het. Op 25 Februarie 2004 maak applikant n dringende aansoek aanhangig waarin, onder andere, gevra word vir n bevel wat respondente verbied om hoegenaamd op haar trustrekening te opereer op grond van beweerde onreëlmatighede in daardie rekening. (Aansoek Nr. 683/2004. Hierdie aansoek is by die onderhawige aansoek ingelyf by wyse van verwysing daarna deur

3 beide partye). Op 27 Februarie 2004 bekragtig die Hof respondente se onderneming om dit nie te doen nie, hangende die finalisering van die aansoek en op 16 September 2004 stem respondente toe tot die bekragtiging van die bevel nisi. Sy is ook gelas om applikant se koste te betaal, uitgesonderd die koste van een verskyning. Intussen het respondente gedurende Junie 2004 voor n dissiplinêre komitee van applikant verskyn om te antwoord op aanklagte wat soos volg in die klagstaat geformuleer is: DAT sy onprofessioneel, alternatiewelik onbetaamlik, alternatiewelik oneerbaar, opgetree het in een of meer of almal van die volgende opsigte: 1. 1.1 DAT sy die bepalings van Artikel 78(1) van die Wet saamgelees met Reël 16 en 17(6) van die Reëls oortree het deur nie n behoorlike trustrekening te bedryf nie; 1.2 DAT sy die bepalings van Reël 16A1 oortree het deur na te laat om trustgelde deur haar ontvang stiptelik in haar trustrekening te deponeer, alternatiewelik,

4 toe te sien dat dit gedoen word. 1.3 DAT sy die bepalings van Reël 16A3 oortree het deur toe te laat dat haar trustrekening in debiet gaan; 1.4 DEURDAT sy die bepalings van Reël 16A5 oortree het deur nie toe te sien dat onttrekkings uit haar trustrekening slegs gemaak word aan of ten behoewe van n trustkrediteur nie, alternatiewelik, deur die algemene gedragskode te oortree deur nie trusttjeks deur haar uitgereik te merk nie oordraagbaar nie. 1.5 DEUR die algemene gedragskode te oortree deur toe te laat dat bankkoste teen die trustrekening gedebiteer word. 1.6 DEURDAT sy die bepalings van Reël 16A7 oortree het deur nie lyste van trustkrediteure met tussenposes van hoogstens drie maande op te stel nie.

5 1.7 DEURDAT sy die bepalings van Reël 16B4 oortree het deur nie binne ses maande vanaf 28 Februarie 2003 n verslag soos deur gemelde reël bedoel, ingelewer het nie. 1.8 DEURDAT sy nagelaat het om behoorlike beheer toe te pas oor die trustrekening soos wat van n verantwoordelike prokureur verwag word. 2. DEURDAT sy nagelaat het om behoorlik te verreken aan AT PRIOR vir transaksies wat sy, alternatiewelik haar firma, hanteer het namens gemelde AT PRIOR. 3. DEURDAT sy trustfondse wanaangewend het. Die dissiplinêre komitee het haar skuldig bevind op aanklagte 1 en 3 en by applikant aanbeveel dat aansoek gedoen word vir haar skorsing as prokureur. Hierdie aansoek dien tans voor ons en

6 word deur respondente ge opponeer. Lina Botes, n boekhouer in diens van applikant, het gedurende Oktober 2003 n ondersoek van respondente se boeke gedoen. Sy vat haar bevindings soos volg saam in aansoek nr. 683/2004: The bookkeeping system of the firm is unreliable and improper and the firm did not comply with the requirements of section 78 of the Attorneys Act. Basic mistakes like the fact that the trust cheques are not marked not transferable in compliance with the Rules of the Law Society, leaves the door wide open for irregularities. Bank charges and even the cost of return to drawer cheques are debited against the trust account. Incomplete cheques are handed to fellow attorneys. The fact that BOE Bank suspended their services to an attorney for poor handling of a trust account is a disgrace for the Law Society and the profession. Adele Rademeyer admitted that she does not have separate accounts for business and trust which is totally against the Rules of the Law Society. On information supplied to me during visits to Ronnie Bokwa, Carlos Frade and Lourens de Lange it is quite clear that there was never a proper bookkeeping system in place. Klinkradt & Ass mentioned this as well. Adele Rademeyer had no financial control in the firm and misused client s funds for private transactions and expenses creating a trust shortfall. On 30 September 2002 the only funds available was R2548.05 in the Standard Bank trust account. (Annexure BB) Hierdie opsomming van Lina Botes se bevindings is gedurende die

7 dissiplinêre verhoor behoorlik bewys en/of deur respondente erken, met die voorbehoud dat respondente deurgaans volgehou het dat sy nooit trustfondse onregmatiglik toegeëien het nie. Respondente se sogenaamde spesialisasie in laekoste behuising is klaarblyklik n uitvloeisel van haar vader se betrokkenheid daarby. Hy verklaar in aansoek nr. 683/2004 dat hy die besturende direkteur van Penny Farthing (Edms) Beperk is wat handel dryf as siviele ingenieurs en boukontrakteurs in verskeie plekke in Suid Afrika. Respondente het klaarblyklik as sy maatskappy se prokureur, asook as transportbesorger, opgetree in verskeie laekoste behuisingsprojekte, onder andere vir die oprig van 100 huise by Fouriesburg onder die naam Lesiba Konstruksie. Respondente het by verskeie geleenthede sy Samba rekening en rekeninge van verskaffers van boumateriale uit haar trustrekening betaal. Gedurende 2001 en 2002 het Penny Farthing (Edms) Beperk by verskeie geleenthede geld aan respondente geleen om tekorte op haar trustrekening aan te vul. Nogtans was die maatskappy nie n trustkrediteur van respondente nie, volgens beide sy en haar vader. Sy verklaar in paragraaf 18 van aansoek

8 nr. 683/2004 dat sy gedurende die periode 2000 tot 2002 ongeveer R700 000,00 in haar trustrekening inbetaal het uit fondse wat sy van haar vader en haar saamleefmaat, Rudolf Fourie, geleen het, maar dat hierdie bedrag nie trustgeld was nie, maar eintlik besigheidsfondse omdat sy die trustrekening ook as besigheidsrekening gebruik het. Respondente was deurgaans die enigste persoon wat tekenregte op haar trustrekening gehad het. Tydens die dissiplinêre verhoor het sy erken dat sy nooit haar trustrekening behoorlik bedryf het nie en trouens nooit eers n fooieboek gehad het nie. Enkele groot transaksies is tydens hierdie verhoor ondersoek, onder andere, die Kubengo transaksie. Mnr. en Mev. Kubengo het Mnr. en Mev. Range se huis gekoop vir R364 000,00 deur bemiddeling van respondente se praktyk. Die kopers het R300 000,00 in kontant aan die praktyk oorbetaal en later weer R64 000,00. Hierdie geld moes op trust gehou gewees het en aan die verkopers oorbetaal gewees het teen registrasie van transport in die naam van die kopers. In stede daarvan is R296 267.20 op 15 Februarie 2002 by

9 wyse van n trusttjek wat respondente onderteken het aan n sekere Mnr. Prior, n kliënt van De Lange, oorbetaal. Ten tyde van die dissiplinêre verhoor in Junie 2004, was die eiendom nog nie in Mnr. en Mev. Kubengo se naam geregistreer nie en was hulle geld ook nie meer in die trustrekening nie. Volgens respondente het Mnr. en Mev. Kubengo aan haar en De Lange mondeling toestemming verleen om die koopsom te belê in laekoste behuising. Sy getuig verder dat sy die verband van die verkopers gedurende Desember 2002 afgelos het uit n laekoste behuising leningsrekening wat ek by my pa gehad het. Oor dieselfde transaksie getuig sy ook dat sy die Kubengo koopsom aangewend het om sekere boukontrakteurs te betaal. In sy getuienis oor hierdie transaksie, sê De lange dat hy niks weet van toestemming wat Mnr. en Mev. Kubengo sou gegee het dat die koopsom belê kan word of aan Prior uitbetaal kon word nie. Ander getuienis, insluitende dié van De Lange self, dui sterk

10 daarop dat hy en Prior waarskynlik by meer as een duistere transaksie betrokke was terwyl hy saam met respondente gepraktiseer het en dat hy waarskynlik baie meer weet van die Kubengo transaksie as wat hy voorgee. Hoe dit ookal sy, dit is nie nodig om te probeer bepaal wie van respondente of De Lange oor hierdie transaksie die waarheid praat nie. Op respondente se eie weergawe het sy die koopsom van die huis nie in trust gehou sodat dit aan die verkoper oorbetaal kon word nie, maar boukontrakteurs en verskaffers van boumateriaal met daardie fondse betaal sodat, onder andere, haar pa se laekoste behuisingsprojek kon vlot. Sy het hierdie trustfondse derhalwe duidelik wanaangewend. Die Kubengo geval was nie n geïsoleerde geval van die wanaanwending van trustfondse nie. Respondente erken ruiterlik dat sy haar trustrekening soos n besigheidsrekening bedryf het; dat trusttjeks nie nie verhandelbaar gemerk is nie; dat sy baie trusttjeks onderteken het sonder dat sy die vaagste benul gehad het of die onderliggende transaksie in orde was; dat verskeie trusttjeks deur die bank onteer is, ens. Kortom, sy het totaal

11 roekeloos en onverantwoordelik met haar trustrekening omgegaan. (Vgl. die bevinding in LAW SOCIETY OF THE CAPE OF GOOD HOPE v BUDRICKS 2003 (2) SA 11 (HHA) op p. 16 G H dat daardie respondent had administered trust funds in a reckless and cavalier manner without any regard for his duties as an attorney. Uit die gemelde Lina Botes se verslag in aansoek nr. 683/2004 blyk dit dat n bedrag van altesaam R18,263 miljoen vanaf Februarie 1999 tot Maart 2001 deur die Behuisingsraad aan respondente se firma betaal is klaarblyklik ten opsigte van laekoste behuising. Uit die trustrekening het respondente dan betalings aan boukontrakteurs (waaronder haar vader) en verskaffers van boumateriaal, gemaak. Die Kubengo s se geld is by geleentheid ook sommer vir dieselfde doel gebruik. Respondente het ook fondse uit die trustrekening aangewend om privaat verpligtinge na te kom. (In haar guns kan aanvaar word dat haar eie fooie ook maar in die trustrekening gehou was en dat haar privaat verpligtinge moontlik uit daardie fooie betaal is).

12 Hoe dit ookal sy, daar kan geen twyfel wees nie dat sy haar trustrekening roekeloos en onverantwoordelik bestuur het. Na my mening is die omvang en duur van respondente se optrede met betrekking tot haar trustrekening sodanig dat sy nie n gepaste en geskikte persoon is om langer as prokureur te praktiseer nie. Al wat oorbly om te beslis, is watter straf vir haar gepas sal wees. Applikant vra slegs vir skorsing en nie skrapping nie. Namens respondente vra Mnr. de Wet dat haar skorsing in die geheel opgeskort word onderhewig aan die volgende voorwaardes: (i) Dat respondente slegs toegelaat word om vir die tydperk van die skorsing as professionele assistent te praktiseer onder beheer en toesig van n ervare praktisyn deur die applikant se Raad goedgekeur; (ii) Dat respondente boekhoukundige opleiding, hetsy in diens of andersins, ondergaan soos deur die Raad van die applikant goedgekeur en voorgeskryf en op gereelde basis aan die Raad met betrekking tot haar vordering in dié verband rapporteer. Hy het veral haar persoonlike omstandighede beklemtoon, nl. dat sy erg getraumatiseer is deur die hele aangeleentheid; dat sy reeds sedert 2003 nie meer praktiseer nie; dat sy geen inkomste

13 het nie en van haar vader afhanklik is vir haar lewensonderhoud en dat hy aangedui het dat hy nie veel langer vir haar kan sorg nie en dat die vorige aansoek, sowel as hierdie aansoek, geweldige koste implikasies vir respondente inhou, veral indien sy (soos gebruiklik) gelas word om applikant se koste op die skaal soos tussen prokureur en kliënt te betaal. Dit is verontrustend dat respondente deurgaans gepoog het om haarself sover moontlik te verontskuldig, beide in haar getuienis voor die dissiplinêre komitee sowel as in haar opponerende verklarings. Dit is totaal onaanvaarbaar dat sy eers toe die ondersoek van haar trustrekening begin het, d.w.s. gedurende Oktober 2003, besef het dat sy die rekening verkeerd bestuur. Sy moes noodgedwonge onder kruisverhoor in die dissiplinêre verhoor erken dat sy van meet af aan geweet het dat sy haar trustrekening en besigheidsrekening apart moes bestuur en dat sy goed geweet het dat trustgeld nie sorgeloos gebruik kon word vir n ander doel as waarvoor dit op trust ontvang is nie. Na my mening is respondente se bewese optrede met betrekking

14 tot haar trustrekening oor etlike jare só ernstig dat dit voldoende grondslag kan wees om haar naam van die Rol van prokureurs te skrap. Applikant vra egter nie daarvoor nie en na ernstige besinning meen ek dat sy slegs geskors moet word. Om egter haar skorsing in die geheel op te skort, soos namens haar versoek word, sal die erns van haar volgehoue afkeuringswaardige optrede, onderbeklemtoon. Behalwe n bevel van skorsing waarvoor smeekbede A1.1 van die Kennisgewing van Mosie voorsiening maak, bevat die res van die Kennisgewing van Mosie die gebruiklike bevele in n aansoek soos hierdie met betrekking tot die afhandeling van die betrokke prokureur se bestaande werk en die koste van die aansoek. Namens respondente is nie aangevoer dat sodanige bevele onvanpas is in hierdie geval nie. Gevolglik word die volgende bevele uitgereik: 1. Respondente word vir 5 jaar geskors in haar praktyk as prokureur, waarna sy die Hof tevrede moet stel dat sy n geskikte en gepaste persoon is voordat sy weer as prokureur mag praktiseer. 2. Smeekbedes A1.2 tot F van die Kennisgewing van Mosie word toegestaan.

15 J.P. MALHERBE, RP Ek stem saam. A. KRUGER, R Namens die applikant: Adv. P.U. Fischer In opdrag van: Symington & De Kok BLOEMFONTEIN Namens die respondente: Adv. P.J.T. de Wet In opdrag van: Krohn Ingelyf BLOEMFONTEIN /spieterse