Woord vir die week. Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23

Similar documents
Weekprogram Sondag, 26 Augustus Bybelsondag Maandag, 27 Augustus Dinsdag, 28 Augustus Woensdag, 29 Augustus Donderdag, 30 Augustus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Direkte en indirekte rede *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

HOëRSKOOL PORTERVILLE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Vandag se boodskap. Woord vir die week

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kerssangdiens. SA Gemeente

Mandala Madness Deel 2

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Tariewe

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Helderstem. Op pad met. Het jy n storie?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

Lydenstyd en Paasfees

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie.

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

G. J. du Preez

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Rubriek vir skeppende werk

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Hoe om krag te spaar

POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

SIZA takes the sting out of auditing

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

Bergsig Boodskap NUUSFLITS:

Sterdansers by Vensters.

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Transcription:

Weekprogram Sondag 13 Januarie Inskrywing van katkisante 09:00 Ds. Karlien van Wyk Deuroffer: Straatwerk 18:30 Caritasdiens- Ds. Heerden van Niekerk Maandag 14 Januarie 20:00 Mannebybelstudie 18:30 Eiendomme 18:30 Gasvryheid 18:30 Geldsake Dinsdag 15 Januarie 09:30 Seniorbybelstudie (Saal) 09:30 Vrouebybelstudie (Kapel) 17:30 Liturgiese werkgroep 18:30 Musiekbediening 19:30 Geen Salomé-groep (Saal) 18:30 Admin & Diensverhouding 18:30 Kommunikasie Woensdag 16 Januarie 09:00 Geen Mirjam Bybelstudie 19:00 Gemeentebybelstudie 18:30 Familiebediening 18:30 Funksie Donderdag 17 Januarie 09:00 Vrouebybelstudie (Diasstr. 2) 18:00 Bediening Saterdag 19 Januarie 08:30 Kerkraadstoerusting Sondag 20 Januarie 09:00 Ds. Wouter van Velden 09:00 Bevestiging van Kerkraadslede Deuroffer: Barmhartigheid 17:00 Kerkraadstoerusting 17:30 Tienerkerk - Ds. Wouter van Velden Woord vir die week Aanstaande Sondag die 20ste gaan ons fokus op die verhaal in Lukas 5:1-11. Lees hierdie week die verhaal 'n paar keer rustig deur en plaas jouself in die skoene van Petrus. Wat dink jy as Jesus in jou skuitjie klim en vandaar af preek (onthou, Hy het reeds jou skoonmoeder genees - 4:38-41)? Wat gaan deur jou gemoed as Jesus vir jou sê om weer die water in te vaar om weer probeer vis vang? En as jy wel die vis vang? Hoe voel jy as Jesus nader kom daarna? Wat gebeur met jou as Hy sê "Moenie bang wees nie...?" Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23 Dit is altyd wonderlik om goeie nuus te hoor! Matteus 13 nooi ons om na Goeie Nuus te luister in die woorde: wie ore het, moet luister. Matteus word beskryf as die evangelie van Jesus. Die woord evangelie beteken goeie of blye boodskap, dus Goeie Nuus. Die Goeie Nuus is God se liefde wat in Jesus verskyn. Die Goeie Nuus is Jesus se geboorte, Sy lewe en bediening, Sy kruisiging, Sy opstanding, Sy verskyning in n opstandingsliggaam, Sy Gees wat in mense leef, Sy wederkoms. Dit is die Goeie Nuus dat Jesus die Here is en regeer wat al die verhoudings tussen God, myself, mense en die omgewing kom herstel. In Matteus se woorde, dit is die koninkryk van die hemel. Jesus vertel in Matteus n hele paar gelykenisse om die Goeie Nuus van die koninkryk van die hemel te verduidelik. In Matteus 13 word die gelykenis van die saaier vertel. Die saad verwys na die Goeie Nuus van Jesus en die woord van die koninkryk. Sommige verwys eerder daarna as die gelykenis van die grond wat dui op die gemengde ontvangs van Jesus/Goeie Nuus/koninkryk. Soms val die saad op die voetpad en word deur voëls opgepik. Soms val die saad op n klipperige bodem waar dit ontkiem maar nie diep wortel skiet nie en na ʼn ruk tot niks kom. Soms val die saad saam met onkruid wat later verstrik raak en geen vrug lewer. Soms val die saad op goeie grond, waar dit ontkiem, groei, vrug dra en n groot oes inbring. Die oes is Goeie Nuus! Hierdie gelykenis troos ons met Goeie Nuus maar daag ons ook uit met die Goeie Nuus. Dit vertel: Daar is Goeie Nuus. Dra die Goeie Nuus in jouself. Dra die Goeie Nuus na ander. Ons is die saailand wat ook ingetrek word by die saaiproses, om self te saai. Die gelykenis bemoedig ons om nie moedeloos te word as dit nie orals ontkiem, groei of vrug dra nie. Die saaier in die gelykenis saai, dalk selfs morsig, orals, omdat dit lewe wil gee!

Familiebediening Gasvryheidstoonbank Sampie en Anina verwelkom julle WELKOM BY JOU NUWE FAMILIE! Dis 2019, en tyd vir ʼn nuwe begin. Dalk ʼn nuwe werk, skool, of woonplek. Die belangrikste is dat u hier in 'n nuwe geestelike huis beland het - die NG Gemeente van Welgemoed. Ons verwelkom alle nuwe intrekkers en nuwe lidmate wat by ons aangesluit het, en is opgewonde om die pad van 2019 saam met u te loop. Soos in u eie huis is daar maar ook die op en die af - dae, die vreugdes en die hartseer, die uitdagings en oorwinnings. Die verskil is dat ons hier in die gemeente dit met mekaar kan deel. 'n Gedeelde las is die helfte so swaar, en gedeelde vreugde dubbeld so groot. Gasvryheidsbediening wil dit graag vir u makliker maak om in te skakel, en sal alle nuwe lidmate besoek. As julle nie gou genoeg van ons hoor nie, skakel die kerkkantoor (021 9132320) en laat weet. Of vra sommer wie die wyksouderling is, en maak kontak. Mag julle die warm hart van Welgemoed ervaar soos wat ons die jaar met vreugde en diensbaarheid aanpak! Gasvryheidskommissie Ons nooi u vriendelik uit om na afloop van die erediens ʼn koppie tee of koffie saam met ons in die voorportaal te geniet. Nuwe intrekkers, ons verwelkom u by die gasvryheidstoonbank. Inligtingsgeleentheid en inskrywing van katkisante Vandag is die inskrywing van ons katkisante. Ons het ná die diens 'n geleentheid waar Nicola en Ds. Wouter kortliks inligting sal gee oor die jaar wat kom en dan is daar geleentheid om in die saal die inskrywings te doen. (R120 donasie per inskrywing sal waardeer word). Tienerkerk Ons eerste Tienerkerk byeenkoms vir 2019 vind plaas Sondagaand 20 Januarie. Let op dat ons hierdie jaar vroeër gaan bymekaar kom: Ons byeenkomste begin reeds om 17h30. Mentors gesoek Ons is nog opsoek na mense wat kan help met die kategese - beide vir die oggend- en aandgeleenthede. As jy belangstel of meer inligting wil hê, skakel asseblief vir Nicola of Ds. Wouter. Caritasdiens in die kapel om 18:30 Ons nooi u om vanaand se byeenkoms in die kapel by te woon. Ds. Heerden behandel n tema waaroor Philip Yancey in sy boek (Finding God in unexpected places) skryf, naamlik Five polluted words. Philip skryf oor Pity, Charity, Condescend, Patronise en Paternalism. Hy skryf spesifiek oor hierdie woorde na aanleiding van n aanhaling wat sy vrou, Janet, iewers gelees het. Janet het op daardie stadium onder uitermate arm mense in Chigago gewerk. Op n dag het sy van die werk af teruggekeer, tot die dood toe uitgeput, en vertel hom toe van die aanhaling wat sy gelees het: The poor express their gratitude not by saying thanks but by asking more. Sy vrou merk toe daaroor op: That quote proved strangely comforting. Dít het hom inspireer om die pen op te neem en oor dié vyf woorde te skryf. Kom gesels gerus saam. Die 2019 kalenders is beskikbaar Ons jaarlikse tiendemaand-insameling het amptelik aan die begin van Oktober afgeskop - tot op hede het ons R1 260 775.50 ontvang. Ons mikpunt is R1,600 000.

Kleingroepleierstoerusting Met die oog op ons 40Dae-veldtog wat op 27 Januarie begin, vra ons dat al die kleingroepleiers die aand van die 20ste om 18h30 by die kerk sal bymekaar kom vir 'n inligtingsessie en geleentheid om die program te bespreek. 1-12 Januarie 2019 1 Andries du Plessis, Mariana Gerber, Daniël Jonker, Jean Kühn, Helene le Roux, Salome le Roux, Zak Retief 2 Christiaan Botha, Annemi Marais, Chris Visser 3 Leo Albertyn, Rozelle de Waal, Hanlie Stipp 4 Marelise Conradie, Danica Gerber, Anneret Wolfaardt 5 Estelle Fourie, Adriaan Haupt, Casper Mostert, Fritz Schade, Jana van Niekerk 6 Elmine Babst, Jozef Kriek, Louise Spies, Kotie Uytenbogaardt, Aidan van As 7 Adie du Plessis, Nico Janse van Rensburg, Etienne Louw, Estelle Myburgh, Reder van Vuuren 8 André Bezuidenhout, Jan Hielke le Roux, Werner Meyer, Hester Page, Simoné Smit, Ruan van der Westhuizen 9 Hendri Badenhorst, Julia de Kock, Wouter Kriel, Pieter Malan, Heleen Oliver 10 Michael Ellis, Marguerite Gerber, Willie McLeod, Wian Mittendorf, Delina Pretorius, Kobie van der Merwe, Saartjie van der Merwe 11 Chris le Grange, Philip Loubser, Koos Nel, Lourens Smith 12 Marizel Botha, Johan Louw, Marinelle Quinot, Christelle Wege, George Wolfaardt Baie dankie vir die Kerspakkies waarmee ons menigte kinderharte oor die feesseisoen kon bly maak. Baie dankie ook aan die lidmaat wat al vir etlike jare die geskenkbewyse aankoop en skenk. Uitgesoekte individue en gesinne wat hul finansies kan bestuur en nie drank sal koop nie, ontvang die geskenkbewyse en voel opnuut menswaardig omdat hul dan aankope volgens hul behoeftes kan doen. Louise Spies : Living Network 021 9504455 NG Kerk Maitland Ons wil graag die gemeentelede wat die Kerssangkonsert ten bate van Maitland gemeente ondersteun het, bedank. Ons kon ʼn bedrag van R8 870 insamel. Die gemeente se kerkgebou het op 29 Desember 2018 afgebrand. Hierdie fondse kan die gemeente bemoedig en hoop gee. Kom ons bly bid vir wysheid vir die pad vorentoe. Die vennootskap van gemeentes vergader Woensdag saam met Maitland om saam te besin oor hoe ons hulle as gemeente kan ondersteun.

Kontakbesonderhede: Leraar: Ds. Heerden van Niekerk - 0219133520 / 0837017011 / hvn@cast-sa.co.za Leraar: Ds. Nelis Janse van Rensburg - 0219131849 / 0828212730 / cjrens@telkomsa.net Leraar: Ds. Wouter van Velden - 0824192118 / wouter@ngkwelgemoed.co.za Leraar: Ds. Karlien van Wyk - 0842502473/ karlien@ngkwelgemoed.co.za Musiekbegeleier: Riaan Steyn - 0834781107 / riaan@traxtudio.co.za Jeugwerker: Nicola Mostert 0794904904 / nicola@ngkwelgemoed.co.za Kerkkantoor: 0219132320 / ontvangs@ngkwelgemoed.co.za Finansies en bestuur: Marian Truter - 0219132341 / marian.truter@ngkwelgemoed.co.za Fasiliteitsbeampte: Riaan van der Merwe - 0219132320 / 0842279209 / 0832687952 / fasiliteite@ngkwelgemoed.co.za Bankbesonderhede: NG Kerk Welgemoed, Absa Bank, Tjekrekening 340 580 761

Meelewing en Ondersteuning Hannes de Kock, voormalige gemeentelid en stigterslid van die gemeente, is oorlede. Ons innige meegevoel met Christine (eggenote) en hul kinders: Lourens en Susan, Suzanne en Jochemus, Gerber en Lynette en Johannes. Die gedenkdiens word Vrydag 18 Januarie om 10:30 in ons kerk gehou. Hennie Smit is in die hospitaal na ʼn operasie (Kommissarisstraat 76, 0219132840, C11). Ben Janse van Rensburg is in die hospitaal (Van Der Merwesingel 35, 0219133009, A05). Ons innige meegevoel met Marian Truter met die afsterwe van haar broer. Ons innige meegevoel met Kobus Conradie en kinders na die afsterwe van Isobel (Nederburghstraat 28, 0219131348, B07). Ons innige meegevoel met Thinus en Sanderina Kruger met die afsterwe van Sanderina se broer Jan Viljoen (Chavonnestraat 15, 0219131235, C06). Ria Esterhuizen, voormalige gemeentelid van die gemeente, is oorlede. Ons innige meegevoel met Silma, Benita, Leana en hul gesinne. Ons innige meegevoel met Emma Snyman met die afsterwe van haar moeder (Bergkruine 7, 0219755700, C22). Gebedsversoeke: Kaartjies is in ʼn houer op die tafel in die voorportaal beskikbaar. Skryf asb. gebedsversoeke op die kaartjie neer en plaas dit in die gebedsposbus. Die kapel is nou DAAGLIKS gedurende kantoorure oop. Wil jy graag in stilte en rustigheid bid, besoek gerus die kapel. Dit is ʼn belewenis. In die voorportaal is daar ʼn kassie waar jy met vrymoedigheid gebedsversoeke kan plaas. Jy hoef nie jou naam by te sit nie. Ons bid vir... Ons Vader en ons God, waar ons aan die begin van die nuwe jaar staan en die toekoms in die gesig staar, bely ons ons behoefte aan U teenwoordigheid en U leiding. Ons het elkeen dinge waarop ons hoop en verwagtinge vir die jaar wat voorlê, maar U alleen weet wat die jaar vir ons inhou, en net U kan ons die krag en die wysheid skenk wat ons nodig het om die uitdagings die hoof te bied. Help ons om in hierdie komende jaar in nederigheid ons hand in U hand te plaas, om U te vertrou en U wil vir ons lewens te soek. Te midde van die onsekerhede in die komende dae, verseker ons van die sekerheid van U onveranderlike liefde. Te midde van die onvermydelike teleurstellings en hartseer van die lewe, help ons om na U te draai vir die stabiliteit en troos wat ons sal benodig. Te midde van versoekings van die lewe en die roepstem van ons hardnekkige eie wil, help ons om nie die pad byster te raak nie, maar die moed aan die dag te lê om te doen wat reg is in U oë, ongeag wat dit ons kos. Te midde van ons daaglikse bekommernis en strewes, maak ons oë oop vir die smart en ongeregtighede van ons verwonde wêreld, en help ons om met deernis en opoffering te reageer teenoor diegene wat alleen en behoeftig is. Mag ons konstante gebed dit van die psalmdigter wees: Here, leer my om U voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou. (Psalm 119:33). Ons bid vir ons nasie en sy leiers in hierdie moeilike tye, en vir almal wat na vrede en geregtigheid streef, om vrede vir ons gevaarlike en gekwelde wêreld te bring Verenig ons verdeelde nasie en skenk ons n groter visie van U plan vir ons. U Woord herinner ons: Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is. (Psalm 33:12). Mag U goedheid en barmhartigheid ons tot bekering lei en ʼn nuwe verbintenis om U vanjaar die grondslag en die middelpunt van ons lewe te maak. En so, onse Vader, dank ons U vir die belofte en hoop van 2019, en kyk ons vooruit met verwagting en geloof. Dit vra Welgemoed gemeente in die naam van ons Here en Verlosser, wat deur Sy dood en opstanding hoop aan ons geskenk het vir hierdie wêreld en die komende wêreld. (Verkort: Billy Graham) Vandag se deurkollekte gaan vir Straatwerk, n nie-winsgewende organisasie wat reeds in die 1960s totstand gekom het toe jongmense begin het om hulle te ontferm oor diegene wat Vrydagaande op straat gedwaal het, mense wat na liefde gesmag het. Met n geleende voertuig, toebroodjies en n primusstofie het hulle die liefde van Christus versprei. Vandag word Straatwerk deur verskillende denominasies ondersteun. My begeerte is dat ons as gemeente hierdie week biddend na die Here sal kom en elke aand se kommissievergadering aan Hom opdra. Dat dit wat gesê en besluit word in belang van die uitbreiding van Sy Koninkryk sal wees. Here, laat die eie ek plek maak vir die werking van die Heilige Gees.

Barmhartigheid TERUGVOERING: Kerspakkies: Baie dankie vir u bydraes in dié verband. Saam met Kersaankope wat gedoen is met beskikbare fondse, kon geskenke verskaf word aan BADISA Trio, Ramot, Living Network, Thutuzela Verkragtingsentrum, Maitland NGK en Ruyterwacht NGK. Skenkings: Dankie vir alle skenkings wat reeds oor die vakansietyd ontvang is - dit word waardeer! NUWE PROJEKTE: Barmhartigheidsvergadering: Vir alle belangstellendes! Word gehou op Donderdag 31 Januarie om 9:00 in die kerksaal. Kom geniet gerus n koppie tee saam met ons en vind meer uit van al die bedrywighede en projekte. Kerkwinkel: Die eerste verkoping van hierdie jaar vind plaas op Donderdag 31 Januarie tussen 13:00 en 15:00 in die kerksaal. BADISA Trio: Indien u graag meer wil uitvind oor hierdie instansie se bedrywighede, is u welkom om die vergadering by te woon komende Dinsdag 10:00 by NGK Kenridge. U sal die geleentheid kry om gesellig te verkeer saam met die maatskaplike werkers van die drie kantore sowel as vrywillige werkers van die ander gemeentes in ons Ring. Skakel gerus ons kerkkantoor indien u wil saamgaan. BEHOEFTES: Vrywilligers: Om ons kerk se projekte suksesvol te laat verloop, word vrywillige hulp op alle vlakke benodig. Skakel gerus die kerkkantoor indien u by enige van die fokusprojekte betrokke wil raak of slegs net n geringe bydrae/hulp by enige ander aktiwiteit wil lewer. If you want to find your true purpose in life, know this for certain: your purpose will only be found in service to others and in being connected to something far greater than your body/mind/ego. NG Kerk Ruyterwacht kinders met die ontvangs van hulle kerspakkies