Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mandala Madness Deel 2

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Direkte en indirekte rede *

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

Kerssangdiens. SA Gemeente

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Tariewe

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

September Na God se hart...

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Sterdansers by Vensters.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Weekprogram Sondag, 26 Augustus Bybelsondag Maandag, 27 Augustus Dinsdag, 28 Augustus Woensdag, 29 Augustus Donderdag, 30 Augustus

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

die ArtKat Jaar program

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

Rubriek vir skeppende werk

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

Mango Travel het met n langtermyn-advertensie begin! Skakel gerus vir Elna of Bill Tempelhoff vir raad en besprekings.

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Webadres: Die Pastoor se pen:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Transcription:

Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons midde. Dis vir ons altyd n voorreg om u hier te mag ontvang. Mag die Here u ryklik seën met die verkondiging van die Woord. Volgende Sondag 2 Augustus is dit ons Gemeente Wegbreekkerkkamp en dan sal die oggenddiens alhier deur ds. Pieter van der Walt gelei word. Die aanddiens word deur dr. Douw gelei. WYKSBEURTE Vandag: Wyk 4 & 5 Ouderlinge: Gerhardt Koekemoer en Dewald de Beer Diaken: Herman Hamersma Volgende Sondag: Wyk 6 & 7 Ouderlinge: Dewald de Beer en Renier van der Merwe Diaken : Loutjie Coetzee KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag: Instituut vir Christelike Onderwys [ICO]/Lesmateriaal Doel: Bevordering van onafhanklike Gereformeerde skole en onderwys. Volgende Sondag: Kerkkas Verlede Sondag se kollekte vir die Ekumenisiteit Gereformeerde Jeug in Londen het R1127 beloop. 1

KATKISASIE OPEN Katkisasie hervat vandag na die ere- diens. TEESKINKBEURTE Baie dankie aan die susters van wyk 6 wat vanoggend o.l.v. Ansie Heymans tee en koffie bedien. Volgende Sondag is dit die beurt van wyk 21 en 22 o.l.v. Marianna du Plessis en Rina Wilken. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. Hy (God) sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Psalm 91:11 Vandag Br. Hendrik Coetzee 012 460-4349 Maandag 27 Julie Br. Dewald de Beer 084 504 8831 Sr. Ida Swanepoel 012 343 0390 X249 Dinsdag 28 Julie Sr. Cecilia Kumm 083 492 8227 Woensdag 29 Julie Sr. Yoane Penning 083 706 2758 Donderdag 30 Julie Sr. Marjan v d Walt 083 415 4179 Sr. Nadine van Staden 072 612 0076 Vrydag 31 Julie Sr. An Venter 012 460-9166 Hartlik geluk aan sr. Ida Swanepoel wat more haar 95ste verjaardag vier. Mag die Here u ryklik seën in die nuwe lewensjaar met goeie gesondheid en vreugde. Ons wens u n mooi dag toe saam met u geliefdes. 2

MEELEWING Sr. Sus Hossel het n operasie aan haar hand gehad. Sy sterk tuis aan en verduur nog baie pyn. Ons hoop dat jy gou sal herstel. 012 997-0275 BEROEPE NUUS BEROEP AANVAAR Ds OA Oosthuizen [Ockert] van Windhoek-Suid na Rustenburg-Wes. Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare... Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. Psalm 121: 1-5,7-8 DIE KUIERKAFEE Die Kuierkafee vind weer op Dinsdag 28 Julie om 10.00 plaas vir n heerlike kuieroggend. Indien jy iets gelees het wat mooi of interessant is en graag met ons wil deel, bring dit gerus saam. En as jy iemand wil saambring om die oggend saam met ons te geniet, is dié baie welkom. Hannie sal help met vervoerprobleme. (082 414 0325 of 012 460 6308) DAMESOGGEND - KAMEELDRIFT GEMEENTE 3

Die gesamentlike damesoggend van die Gereformeerde Kerke in Pretoria ten bate van die President Kruger Kinderhuise vind plaas op 22 Augustus 2015. Jy kan die kinderhuise, wat groot finansiële nood ervaar, ondersteun deur n kaartjie te koop of deur jouself aan te bied as n gasvrou vir die geleentheid. Borge is ook welkom! Susters, hier is weer een van die hoogtepunte van die jaar! Ons gemeente se 4 tafels is is alreeds byna vol bespreek. Skakel dus dadelik vir Nienke om jou plek te verseker. 012 460 6925/ 083 398 9080 Venue: St Mary s DSG in Duxburyweg Brooklyn Tyd: 8H30 vir 9H00 Kunstenaar: Danie Niehaus Spreker: Liesel Krause Wiid- Stof jou drome af! Koste: R150 per persoon RIGLYNE IN DIE BYBEL VIR DIE WERKPLEK Ons gee graag vir u enkele grepe uit die Bybel wat vir u as n riglyn kan dien. * God gee werk. In die eerste twee hoofstukke van die Bybel kry mans en vroue werk om te doen. Hulle moet die natuurlike bronne wat God gegee het, oppas en ontwikkel (Genesis 1:26-29; 2:5; 2:18 20). * Daar is n patroon. God stel n patroon vir werk en rus in (ses dae werk en een dag rus) en sy kinders word opgeroep om dit na te kom (Genesis 2:2, Eksodus 20:9-11, Markus 2:27) Daar is ook n daaglikse patroon vir werk en rus (Ps. 104:19-23) * Eerlike werk is belangrik. Om deur eerlike werk vir jouself te sorg, word hoog op prys gestel (Ps. 128:2, 1 Tessalonisense 2:9, 2 Tessalonisense 3:7-10) Paulus sien ook eerlike werk as n manier om die evangelie te bevorder (1 Tessalonisense 4:11). * Konings werk ook. Moenie neerkyk op hande-arbeid nie. Selfs n koning werk met sy hande (1 Sam. 11;5). Ons lees in die Bybel dat Jesus die werk van n ambagsman gedoen het (Markus 6:3). 4

* Werk is aanbidding. Werk moet benader word as n handeling van aanbidding (1 Korintiërs 10:31, Kolossende 3:17,23) (Uit Kruispad 32) KOMMENTAAR OP DIE PROEFVERTALING VAN DIE NUWE DIREKTE VERTALING VAN DIE BYBEL Die inwerk van kommentaar van kerklike lesers op die proefvertaling van die NT (Direkte Vertaling) nader sy einde. Waarskynlik sal die laaste vergadering in hierdie verband in Oktober 2015 plaasvind. Daarom word versoek dat enige moontlike kommentaar oor die NT se proefuitgawe wat lesers mag hê en wat vir die hersiening oorweeg gaan word, voor of op MAANDAG 24 Augustus 2015 by die betrokke Deputate ingedien moet word. Dit kan gestuur word aan die skriba, Dr. Jan Lion-Cachet by janlc@koshcom.co.za. JERUSALEM Sr Katinka Kempf, n lidmaat van ons wat laasjaar oorlede is, het hierdie gedig geskryf na aanleiding van haar besoek aan Israel etlike jare gelede. O Jerusalem, Jerusalem Sou ek nie, as ek in jou strate dwaal met my oë die wit stene liefkoos wat die trane en bloed van onskuldiges geken het? O Jerusalem, Jerusalem Sou ek nie met my eie hand n boom plant om jou heuwels weer groen te maak soos in die dae van jou groot konings? O Jerusalem, Jerusalem Sou ek nie in n groen tuin sit onder ruisende denne in die winterson en die rots voor n graf sien wegrol? O Jerusalem, Jerusalem 5

Sou ek nie langs jou wit mure gaan en jou kerke en olyfbome sien en glo jou goue poorte sal eendag oopgaan? SNIPPERS PIK `N WYNTJIEFEES 2015 Wyn, kos, musiek, stalletjies en kindervermaak alles by die tweede PIK`N WYNTJIEFEES 2015 Hierdie inisitatief word in die vorm van `n wyn en kosfees aangebied deur die Vriendekring van die President Paul Kruger Kinderhuis Pretoria. Hulle poog hierdeur om te voorsien in al die behoeftes van die kinders wat nie binne die begrotings van die kinderhuis pas nie. Datum: Saterdag 29 Augustus 2015 Tyd: 12:00 18:00 Terrein: Gereformeerde Kerk Wapadrant, Faerie Glen (25 48`10 S 28 19 34 E) Kaartjies: R85.00 per persoon / Bespreek by www.ticketpro.co.za Parkering met toesig op die terrein: R10.00 per motor KOM ONS BELê IN DIE TOEKOMS VAN ONS KINDERHUISKINDERS ONDERSTEUN HIERDIE GOEIE DOEL Besoek die webblad President Kruger Kinderhuis of Facebook- Vriendekring van die Kinderhuis. Finansiële bydraes baie welkom: ABSA BANK / Rekeninghouer: President Kruger Tehuis, Vriendekring Takkode: 335-245 Rek no.: 1430650099 Verw: Pik `n Wyntjiefees Finansiële borge benodig vir: Klankman, Springkastele, Sekuriteit, Skoonmaak-dienste en vullisverwydering Items vir die stil veiling : Enige items welkom (rugbytruie, matte, skilderye, versamelaarswyn, ens) Vir verdere navrae kontak: Marianna du Plessis 6

Voorsitter van die Vriendekring, Pretoria Sel.: 082 337 6127/ Epos: Marianna.duPlessis@gmail.com INTERDOPPERKAMP 2015 - GEREFORMEERDE KERK CACHET Wie? Jongwerkendes en senior studente. (Eerstejaars welkom) Waar? Nooitgedacht kampterrein (30km buite Potchefstroom) Wanneer? 28-30 Augustus 2015 Hoe laat? Vanaf Vrydagmiddag 17:30 Koste? R320 Tema? Eenheid Inskrywingsvorms is per e-pos beskikbaar. Kontak Nienke by nwgkw@telkomsa.net GEREFORMEERDE KERK BRONKHORSTSPRUIT - Doppers op Bikes Dis die tema van ons groot verkoping wat DV op 1 Augustus 2015 op ons kerkterrein plaasvind. Die doel van hierdie skrywe is om u van die verkoping in te lig en om u uit te nooi om die geleentheid by te woon. Daar gaan allerlei kosstalletjies wees wat insluit : pannekoek, groente, nagereg, n koffiewinkel, n plaasstal (met gebak, ingelegde produkte en handwerkartikels), worsbroodjies, jaffels, n middagete van verskillende soorte potjies (wild, hoender, afval, kerrie skaapnek, bees), vetkoek, n wit olifanttafel, pap-en-kaiings, kerrie-en-rys, koeldrank. Daar gaan ook rou vleis te koop wees (baie netjies verpak) teen baie billike pryse. Twee motorfietsgroepe gaan ons kom inlig oor Woordbediening op motorfietse (vandaar die tema van ons verkoping).: 1. Daar gaan n groep van ons dorp wees, wat n franchise is van n landswye groep - die Riding for the Son - christelike motorfietsassosiasie. Hulle gaan met individuele mense gesels oor hulle evangelisering wat hulle doen terwyl hulle rondtoer met hul motorfietse. 2. Om kwart voor elf die oggend gaan daar n vloot motorfietse opdaag. Hulle is n groep van Pretoria o.l.v. dr. Pieter Heystek en dr. Heinrich Zwemstra wat van tyd tot tyd deur die land toer met hul motorfietse en 7

Bybelverspreiding op diè manier doen. Hulle gaan ons kom toespreek oor hul werksaamhede en n skyfievertoning wys. Daarna (ongeveer 11:30) gaan ons n muntlegging hou vir Bybelverspreiding. Om 12:15 begin ons met n toutrekkompetisie. U kan n span van 8 mense bring (gratis!) en heerlik kom deelneem aan al die pret-enplesierbedrywighede. Daar gaan ook heerlike speletjies en vermaak vir die kinders en jongmense wees glybane, inkleurkompetisies en paint ball. ****************** Vergifnis is nie soos die reën wat op alle landerye val nie op dié van die gelowiges en op dié van ongelowiges nie. Vergifnis van sonde is die ruspunt na afloop van n moeisame ent pad. Dis bedoel net vir die reisiger wat die pad geloop het, die reisiger wat onder by die eerste stasie met die naam Sondeberou staan en huil het. ~ Johan Smit ~ 8