DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Mandala Madness Deel 2

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

BenguFarm Bestelvorm

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Hoe om krag te spaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Dialoog en paragrawe *

Sterdansers by Vensters.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SIZA takes the sting out of auditing

Rubriek vir skeppende werk

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die jaar se kaskar was

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

Edgehog

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Interskole: waar kan ons verbeter?

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Tariewe

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Stede en bedienswaardighede *

Kerssangdiens. SA Gemeente

Voorwoord. Baie sterkte met die laaste bietjie van kop bo water hou. Ons glo en vertrou almal sal met vlieënde vaandels slaag.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

G. J. du Preez

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Transcription:

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck Ons spaar water, bl.4 n Spaar-uitgawe Suidooster spaar papier, bl.7 2018, Uitgawe 1 'n Uitmuntende leuse! Uit die nuuskantoor Op Vrydag, 2 Maart het leerders van Gr.1 tot Gr.7 daarin geslaag om die twee woorde van die skool se leuse, WEES USELF, in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) te koop. Vir bykans 3 weke lank is daar spaarvarkies oopgebreek, blikke geskud en snoepiegeld opgeoffer om R10 000 (R5000 per woord) vir die muntlegging in te samel. Almal het saamgewerk. Ouers het beursies leeggemaak, juffrouens het wiskundelesse met blikke vol munte aangebied en mnr. Oosthuizen het selfs n sivvies-dag uitgeloof vir die graad wat die meeste geld insamel. Oom Hannes en sy span werkers het gemeet en gepas om die 9 letters in die vierkant te skryf sodat elke graad hul eie letter met munte en note kon volpak. Met n allemintige spanpoging is daar uiteindelik R11 231 ingesamel. Die Gr.3 s het stof in almal se oë geskop deur die meeste geld in te samel. Behalwe dat die skool se naam nou langs ons leuse in die WAT pryk, het ons ook vir tien jaar gratis toegang tot die elektroniese weergawe van die woordeboek. Praat jou taal, gee om en WEES USELF! 1

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Van die redakteur Ons het die jaar goed afgeskop en daar het baie in die eerste kwartaal gebeur. Die Suidooster het gekrimp! Vind meer daaroor uit op bl.7. Lees gerus oor die glimmende, gloeiende somersokkie, ons kinders se atletiek-interskole prestasies en hoe Kaapstad se waterkrisis ons skool affekteer. Vind meer uit oor hoe 'n Engelse Jannie by ons Afrikaanse skool aanpas, leer ons nuwe juffrouens bietjie beter ken en leef jou in die Dapperstappers se pragtige staptog in Jonkershoek in. Geniet die vakansie, tot volgende kwartaal! Groete, Annabel de Jager Redaksie Redakteur van die uitgawe: Annabel de Jager Redaksie: Hannah Badenhorst Kirsten Heyns Adrian Huysamen Johann Jordaan Nicolette Jordaan Lili Louw Henri Malan Jan Murray (fotograaf) Benjamin Pienaar Chris Scott Gerard Snijders Samson in die kollig Ntandane met haar twee vriendinne, Kayleigh en Lumarie Deur Johann Jordaan Hierdie kwartaal se Jannie in die Kollig is ons nuwe Gr.4-leerder, Ntandane Samson. Sy kan nog nie so goed Afrikaans praat nie, maar leer baie vinnig. Ons het met haar gaan gesels om meer oor haar uit te vind. Where did you live before you came to Cape Town and do you like it here? I lived in Port Elizabeth and I like Cape Town very much. Are you enjoying the new school and why? Yes, the children and teachers are very kind to me. What is the weirdest Afrikaans word you've learned? Defi nitely boom, because in most other languages it sounds something like tree, but in Afrikaans it s just BOOM. With whom and where do you play during break? I play on the netball court with Kayleigh and Lumarie. What is your teacher like? Mrs van der Vyver is very kind, because she helps me learn Afrikaans. What is your favourite sport? I enjoy netball, because it is action packed! What is your favourite subject? I enjoy Maths, English and I like learning new languages. Ons hoop Ntandane kan sommer binnekort vlot Afrikaans praat! Skakelwerk en bladuitleg: Juf. M. van Zyl Juf. S. Burger Redigering en proeflees: Juf. M. Oosthuizen Juf. M. van Zyl 2 Die Suidooster-redaksie van 2018 voor v.l.n.r: Nicolette Jordaan, Henri Malan, Johann Jordaan, Lili Louw, Adrian Huysamen, Kirsten Heyns, Gerard Snijders. Agter v.l.n.r: Hannah Badenhorst, Chris Scott, Annabel de Jager, Benjamin Pienaar en Jan Murray.

Nuwe juffrouens Deur Kirsten Heyns Ons sê hartlik welkom aan al die nuwe onderwysers wat hierdie kwartaal by ons aangesluit het. Ons het altesaam vier nuwe juffrouens bygekry: Juf. Liezel de Jager by die graad 1 s, juf. Andri Baird wat vir die Gr.6 e en 7 s klasgee, juf. Marli Klynsmith wat vir die Gr.5 tot 7-leerders Engels en Geskiedenis gee en laastens juf. Mardry Kraftt wat ook vir die Gr.5 tot 7- leerders Engels, PSW en Geskiedenis gee. Ek het vir hulle n paar vrae gaan vra sodat ons ons nuwe juffrouens 'n bietjie beter kan leer ken. Juffrou de Jager: Waar het Juffrou grootgeword en wat is Juffrou se beste kleintyd-herinneringe? Ek het op 'n plaas in die Koue Bokkeveld grootgeword. My beste herinneringe is die appelboord langs ons huis en die dae wat dit gesneeu het en ons kniediep in die sneeu kon staan. Is juffrou al by die skool in die verleentheid gestel? Een van die graad 1 s het vir my gesê my hare lyk soos n leeu s n. Juffrou Baird: Wie is Juffrou se gunsteling Disney-karakter en hoekom? My gunsteling Disney-karakter is Mulan, want sy is n baie sterk vrou en sy het gedoen wat sy wou, al het mense gedink sy sal dit nie kan regkry nie. Wat is Juffrou se gunsteling nagereg? Créme Brûlée of enigiets met sjokolade in. Juffrou Klynsmith: Het Juffrou n troeteldier? Ek het nie op die oomblik n troeteldier nie, want ek is nie regtig n diere-persoon nie, maar toe ek klein was het my pa vir my n hond gekoop om my gewoond te maak aan diere. Op die ou end het ek hom vir my boetie gegee, want ek het begin bang raak vir hom. As Juffrou enige super power kon hê wat sou dit wees en hoekom? Ek sou in kinders se koppe wou inklim en kyk wat hulle eintlik weet van hulle werk en wat hulle net máák asof hulle weet. Juffrou Kraftt: Waarvoor was Juffrou as kind bang? Ek was, en is nog steeds, bang vir die donker. Ek hardloop nou nog vinnig van die badkamer af na my bed toe, want ek is bang iets gryp my voete. Het Juffrou enige vreemde talente? Ja, ek kan n lepel vir langer as n minuut op my neus balanseer. Ons is baie opgewonde om hierdie vier juffrouens in ons Jan van Riebeeck-familie te hê en hoop dat hulle dit vreeslik sal geniet hier by ons. LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Juf. Liezel de Jager is aan die stuur van een van die Gr.1 klasse. Juf. Andri Baird wat vir die Gr.6 e en 7 s klasgee. Juf. Marli Klynsmith met haar spoggerige, nuwe JvR-sporthempie. Thumbs up! Hier is juf. Mardry Kraftt wat vir die Gr.5 tot 7 leerders klasgee. 3

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Nuusbrokkies Waterkwessies en sportiewe Jannies Deur Adrian Huysamen Petrus op pad na SAproewe: Petrus Bosman (Gr.3) het tydens die Desembervakansie ons provinsie by die SA Junior Skaakkampioenskap verteenwoordig. Hy was daar vir n week en n half en het elke dag twee wedstryde gespeel. Hy het so goed gevaar dat hy gekwalifi seer het om tydens die Aprilvakansie aan die SA-proewe in Benoni deel te neem. Petrus Bosman in aksie. Jannies spaar water: Benjamin Pienaar het vir ons n alternatief vir krane gemaak. Elke badkamer in die skool het nou n plastiekbottel-kraan. Die bottel word vol water gemaak. Wanneer jy die bottel druk, vloei water deur die pypie. As jy n konstante stroom water wil hê, draai jy net die doppie van die bottel oop. Baie dankie, Benjamin, vir die slim waterbesparingsidee. Swem, Hardloop, Fietsry: Juf. Storm gaan voluit ten spyte van haar beserings. Juf. Storm het op 28 Januarie aan die Ysterman-kompetisie deelgeneem. Die Ysterman is n driekamp wedloop waar deelnemers n bepaalde afstand moet swem, fi etsry en hardloop. Juf. Storm het tydens die fi etsry-gedeelte van die wedloop geval, maar dit het haar nie gekeer om die wedloop te voltooi nie. Sy vertel dat sy net gedink het ses maande se oefening is heeltemal te veel om sommer net op te gee. Na die wedloop is sy hospitaal toe om haar beserings te laat behandel en moes sy selfs 'n paar steke kry. Meter vir meter, liter vir liter: GRT Drilling and Installation het hierdie kwartaal vir ons n boorgat by die skool en die Conradieveld gesink nadat 'n waterwyser vir ons kom wys het waar daar moontlik water kan wees. Op 1 Februarie het almal in spanning gewag om te hoor of daar water by die skool gekry is of nie. Die skool se boorgat het tussen 6000 en 7000 liter per uur op 60 meter diep gelewer, en op die Conradieveld het hulle tot 8000 liter per uur gekry. Nou wag die skool net vir kwitasies vir pype, pompe en tenke sodat ons die boorgatwater kan begin gebruik. Benjamin het n alternatief vir krane gemaak vir die skool se badkamers. 4 Die boorgat wat op ons skoolgrond gesink is, lewer tussen 6000 en 7000 liter water per uur.

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK 1,2,3,4 stap hul verby Deur Johann Jordaan Hierdie jaar se Gr.1 s was verbasend braaf en het hulle ouers glad nie baie gemis op hulle eerste skooldag nie. Al die opwinding en lekker maats was defi nitief oorgenoeg om die nuwe leerders besig te hou. Die Suidooster het met n paar Gr.1 s gaan gesels om uit te vind wat hulle sover van hul nuwe skool dink. Hou jy van jou juffrou? Stella (Gr.1O): Ja, sy help my om te lees en is baie gaaf. Leo (Gr.1J): Ja, ek hou baie van haar. Willow (Gr.1DJ): Ja, sy is n baie goed en sy is gaaf. Wat was vir jou lekker van jou eerste skooldag? Stella: Ek het lekker maatjies gemaak. Leo: Als was lekker, maar ook n bietjie scary. Willow: Ek het baie lekker in die parkie met my beste maatjie, Lili, gespeel. Waar en met wie speel jy tydens pouse? Stella: Met Hila op die gras langs die parkie. Leo: Ek speel met Piet langs die muur in die parkie Willow: Ek geniet dit om pouses saam met Lili in die boomhuis te speel. Was jy bang tydens die eerste dag van skool? Stella: Nee, want ek was bly om al my maatjies te sien. Leo: Aan die begin was ek bang, maar toe sien ek weer al my maatjies Willow: Bietjie, maar my juffrou was baie gaaf en toe het ek vinnig bly geraak. Wat is jou gunsteling sport? Stella: Tennis is vir my n baie lekker sport. Leo: Ek hou baie daarvan om sokker tydens pouse te speel. Willow: Ek hou van speel. Dis lekker om al die nuwe gesiggies wat met entoesiasme hulle jaar aanpak op die skoolgrond te sien. Ons wens vir hulle alle voorspoed toe vir die res van die jaar. Stella Zulch (Gr. 1O) is reg vir die grootskool. Willow (Gr 1DJ) wag grootoog vir die begin van haar eerste skooldag. Leo Conradie (Gr.1J) gooi 'n brawe duim in die lug toe hy sy mamma moet groet. 5

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 O stuur ons net so 'n bietjie reën Deur Chris Scott Dag Zero - die term wat elke Kapenaar daagliks hoor. Die presiese datum wat Dag Zero ons sal tref skuif as gevolg van verskeie faktore rond. Water word aan ons geskenk van omliggende omgewings. Landbouboere mag nie meer water uit ons drinkwaterdamme gebruik nie. Kenners in die gebied van waterbesparing voorspel dat Dag Zero die datum is wat die Theewaterskloofdam dolleeg sal wees. Baie mense besef nie die implikasies van en redes vir die droogte nie. Kaapstad se groeiende populasie wat in die laaste agtien jaar met 47,99% gestyg het, vereis al hoe meer water. Boonop het Kaapstad die laaste drie jaar baie min reën gehad. Die implikasies wat Dag Zero vir ons as inwoners inhou: Te min water vir huishoudelike gebruik, higiëne in skole en geen water vir tuine en stadsparke nie. Dit is egter nie net ons as inwoners wat in die knyp is nie. Die landboubedryf is onder druk, want as die water opraak, sal hulle nie diere of plante aan die lewe kan hou nie. Daarom is watertenke en boorgate op die oomblik in groot aanvraag. Selfs ons skool het twee boorgate laat sink! Of dit genoeg sal wees, sal ons nog sien. Vir nou moet ons WATER SPAAR, want water is lewe! Jannies swem dat die stof so staan Uit die nuuskantoor Die waterkrisis het op ons daaglikse lewe n groot invloed gehad. Dit het tog nie die Jannies gekeer om in die eerste kwartaal vir swemlesse te gaan nie. Al was daar nie n druppel water betrokke nie, het almal elke dag ná skool by die swembad opgedaag, swemkep en al, vir n swemles op land. Theewaterkloofdam in Februarie 2018. was nie hoog genoeg sodat die swembad skoongemaak kon word nie. Ten spyte van die alternatiewe lesse op land, is swem na die vierde kwartaal uitgestel. Dit was verseker die warmste swemlesse wat ons Jannies al ooit beleef het! Swimsmart, die privaat instansie wat ons swemlesse behartig, het bly hoop dat ons wel die swembad se watervlak hoog genoeg kan kry sodat die leerders kan voortgaan met swemlesse, maar tevergeefs. Die watervlak 6 Die Jannies oefen swem sonder 'n druppel water. V.l.n.r.: Lebu Salimani, Juliette Lombaard, Alexa Lombaard, Martiens Pieterse, Kian Eksteen, Lourens van der Walt, Stephan Griesel en Ruben Vorster.

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Spaar papier, red 'n boom! Uit die nuuskantoor Papier word van hout gemaak. Ongeveer twee miljoen bome word elke jaar afgekap om tydskrifte te publiseer. Daar is verskeie veldtogte gestig om hierdie syfer af te bring. Tog gebruik ons steeds te veel papier en ons woude ly daaronder. Ons het hierdie kwartaal besluit om n mini Suidooster te druk om papier te spaar. Normaalweg word daar ongeveer 1850 A4- grootte bladsye gedruk om vir elke huishouding en die onderwysers n Suidooster te druk. Hierdie kwartaal het ons die getal gehalveer. Ons spaar ook ink en geld. Die skool het verlede jaar die weeklikse nuusbrief per e-pos begin uitstuur. Slegs huishoudings wat nie toegang tot die internet het nie, ontvang n gedrukte nuusbrief. Op hierdie manier spaar ons ongeveer 600 A4- bladsye per week. Die skool se nuwe webtuiste laat ons ook toe om al hoe minder briewe huis toe te stuur en het ons papierverbruik aansienlik verminder. Sommige onderwysers maak gebruik van Google Classroom. Leerders kan take doen op die skool se Chromebooks en dit elektronies inhandig. Die onderwyser sal dit onmiddellik ontvang en kan dit ook aanlyn nasien. Op dié manier word die kleiner take waarvan daar nie n hardekopie benodig word nie, alles op die internet gestoor. Die paperless offi ce beweging is vir die eerste keer in 1978 bekendgestel. Dit behels dat daar van geen of minimale hardekopieë gebruik gemaak word en dat dokumente op n skerm vertoon of aangestuur word. Ten spyte van die beweging, het die hoeveelheid papier wat kantore reg oor die wêreld gebruik meer as verdubbel a.g.v. die verbetering van afrolmasjiene en drukkers. Die blyk egter of die nuwe generasie al hoe meer van skerms gebruik maak en wegbeweeg van hardekopieë. Kom ons hoop dat meer en meer bome elke jaar gered kan word! Stem gerus vir die nuwe mini Suidooster: Hou jy van die nuwe, kleiner weergawe van Die Suidooster? (Merk met 'n kruisie) Bring die afskeurstrokie Woensdag, 28 Maart rekenaarklas toe om jou stem te laat tel! Ja, kleiner is beter. Nee, ek hou van die groter Suidooster. Ek gee nie regtig om nie, ek hou van albei. 7

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Dawid se koms Deur Nicolette Jordaan Juffrou en meneer Hanekom se gesin het n bietjie groter geword toe hulle op 9 Februarie n seun genaamd Dawid ryker geword het. Dit was egter nie al verrassing nie... Net n paar daggies voor Dawid se koms, het daar n klompie ander babas hulle verskyning gemaak. Op 5 Februarie het mnr. en juf. Hanekom se Jack Russel, Lucy, geboorte gegee aan vyf baba Jack Russels. Hulle gesin het in een week van vyf tot elf gegroei. Hulle het egter besluit om nie die hondjies te hou nie. Dawid se lyfwag, Lucy, grom as iemand dit naby Dawid waag. Baba Dawid is blykbaar stroopsoet. Hy moet elke drie ure gevoed word en meneer Hanekom sê sy skof is 03:00 elke oggend. Hy sê egter dat dit net n plesier is met Dawid by die huis. Lucy, die mamma Jack Russel, is blykbaar so beskermend teenoor Dawid, dat haar babas dit nie eers naby hom mag waag nie. Ons wens die Hanekoms alle sterkte toe en ons kan nie wag om die klein Hanekom te ontmoet nie. Lucy met haar vyf babas. 8 Baba Dawid, vas aan die slaap.

Gr.5 SOS-kamp LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Die 2018 SOS-kamp span Deur Benjamin Pienaar Die Gr.5-leerders, het hierdie kwartaal vir drie dae saam met mnr. van der Bank, juf. Stoffberg en juf. Stahmer in Villiersdorp gaan kamp. Hulle het n wonderlike kamp gehad propvol aktiwiteite soos bergklim, konsert hou, diere troetel en speletjies speel. En natuurlik is daar ook maar min geslaap! Dit was egter hope pret. Twee Gr.5-leerders het vir ons gedigte geskryf oor hulle ervaring van die kamp: Alexa Lombaard: Ons ry van die skool af weg Die SOS-kamp was glad nie sleg Op die bus mag ons beslis nie raas Hier is mnr. van der Bank die baas! Deur die dag het die koeie gemoe In die nag was daar n vreeslike hoe-hoe Maar dit was net n mooi uil. Die volgende dag is ons huis toe; vaak en vuil Keegan Schoeman: Die SOS-kamp was die beste Van die Ooste na die Weste Dit was baie pret Dit kan ek jou wed Dit was n wonderlike tyd Vol baie lekker ontbyt! Dit was n fees Vol geluk en vrees Gerrid Olivier gee 'n bietjie liefde aan een van die perde. Hierdie groep probeer hard om vir Alexander de Jong by die muur op te kry. 9

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Deur Annabel de Jager en Nicolette Jordaan Die Gr.5 tot 7-leerders se jaarlikse somersokkie het op 20 Maart plaasgevind. Juf. Stoffberg, juf. Klynsmith en die Gr.7 Sosiale komitee het baie hard gewerk om die saal mooi te maak en het hulle goed van hulle taak gekwyt. Hierdie jaar se tema was "Glim en gloei" en die saal was in neon versier. Almal het gedans en gelag saam met hul maats en n vrolike atmosfeer het die saal gevul. Lekker bekende liedjies het gespeel sodat almal uit volle bors kon saamsing. Teen die einde van die aand het die leerders en onderwysers selfs op die Macarena gedans. Ons het vir Johann Jordaan en Adam Liebenberg (albei in Gr.7) n paar vrae oor die sokkie gevra: Het julle vanjaar se sokkie geniet? Adam: Ek het die sokkie baie geniet. Dit was een van die bestes waarby ek al was. n Baie goeie tema is gekies en die saal het baie mooi gelyk. Mnr. Lilly en juf. Baird se dansie was oulik! Johann: Ja, dit was defi nitief my gunsteling sokkie nóg en ek wil net baie dankie sê aan die Sosiale komitee en almal wat so hard gewerk het. Hoe voel julle oor die feit dat dit julle laaste laerskoolsokkie was? Adam: Ek is baie hartseer omdat ons almal baie goeie vriende is en altyd lekker saamdans. Johann: Ek is nogal hartseer, maar ek dink dit het op n baie goeie noot geëindig en dat almal dit baie geniet het. Na die Sosiale komitee so n lekker aand opgetower het, kan ons nie wag om te sien watter haas hulle volgende keer uit die hoed gaan trek nie. Die Gr.7's was in hulle noppies oor hulle suksesvolle sokkie. 10

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Gerard Snijders in beheer van die kaartjiekontrole. Die hele saal het behoorlik geglim en gloei! Leerders kon neon Hopscotch op die vloer speel. Die leerders se neon klere het die saal opgehelder. 11

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Jannies verken Jonkershoek durf. Dit was n heerlike sonskyndag, perfek vir stap. Ons kon gelukkig met die skoolbus tot by die beginpunt van ons roete ry. Ons het die hele pad n mooi uitsig van die rivier gehad. Dit was verfrissend om die water en mooi plantegroei, veral die rooi Ericas wat tans blom, te aanskou. Die stappers het die Jonkershoekberge se skoonheid geniet. Dit is n gemaklike en veilige staproete en dit het ons ongeveer vier ure geneem om die hele roete te voltooi. Daar was genoeg tyd om piekniek onder die koelte- bome te hou en die omgewing te geniet. Aan die einde van die roete is daar n pragtige waterval. Ons het van die rotse afgespring en in die yskoue water geswem. Die Jonkershoek Natuurreservaat is ongeveer 60km vanaf Kaapstad en maklik bereikbaar vir n daguitstappie. Die ingangsfooi na die reservaat is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders. Oor naweke is hierdie reservaat baie bedrywig. Deur Benjamin Pienaar Op Saterdag, 17 Maart het n groep Gr.6 en 7-leerders saam met hul gesinne en mnr. Lilly en juf. Felix die Tweede Waterval-staproete in die Jonkershoekberge buite Stellenbosch aange- Almal het heerlik piekniek gehou en lekker met mekaar gesels. Wat wil jy eendag word? Deur Chris Scott Om te gaan tel hoeveel verskillende beroepe daar in ons wêreld bestaan, is n onmoontlike taak. Ons is bewus van net n handjievol beroepe en besef nie altyd dat universiteite en kolleges ons soveel meer geleenthede kan bied nie. In hierdie uitgawe van Die Suidooster, gaan ons na n beroep kyk wat nie so bekend is nie. Megatronika Hierdie is die tipe beroep vir mense wat hou van programmering, kodering, meganiese ingenieurswese, elektriese ingenieurswese 12 en robotte bou. Die graadkursus word aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch en bestaan uit n kombinasie van al die bogenoemde. Daar is baie oorsese geleenthede in hierdie veld. Jy sal egter baie hard moet werk en lank moet studeer om n graad te kry in hierdie vakgebied. Megatronika is nog nie so bekend in Suid-Afrika nie, maar met al die nuwe AI (artificial intelligence) wat ontwikkel word, gaan megatronika al meer geïmplementeer word. Megatronika is ook nie net om robotte te bou of om rekenaars te pro- grammeer nie, maar ook om n probleem te kan voorkom. Megatronika word in verskeie toestelle gebruik. Die funksie op n selfoon se kamera wat maak dat dit outomaties kan fokus is byvoorbeeld deel van megatronika. 'n Robotiese hand wat deur megatronika beweeg.

Seuns- en meisieblad Wegbreek in Kaapstad Deur Gerard Snijders en Benjamin Pienaar Is jy lus vir bietjie wegkom? Ons stad bied die ongelooflikste staproetes en strande. Dis alles so naby dat jy net 'n paar minute moet ry om jou kop so 'n bietjie skoon te kry. Cecilia Forest Cecilia Forest is n prentjiemooi en rustige staproete wat jy saam met jou gesin kan stap. Dit is veilig en het ook n pragtige waterval. Dit is n kontoerpad, so maak seker jy is reg toegerus vir die staptog. Die roete begin in Constantia waar Rhodes Drive en Hohenhortlaan bymekaarkom. Gryp jou stapskoene, die grondpad wag vir jou. Die ongelooflike Cecilia Forest-roete. Glen Beach n Liefl ike swem-, duik-, boo- Glen beach op 'n mooi somersdag. gie board- en surfplek. Glen Beach is n wonderlike opsie vir n familiekuier. Die strand is beskut en kinder- en hondvriendelik. n Mens kan tot laat in die somermaande Doen-dit-self presente Deur Lili Louw en Hannah Badenhorst Dit is altyd lekker om vir iemand 'n oulike present te gee. Dit raak egter bietjie duur as jy iemand wil bederf. Soms dra 'n DDS-present baie meer waarde as 'n winkelpresent. Selfgemaakte seep is maklik om te maak, bekostigbaar en spesiaal! Galaxy seep: Die bekende winkel, Lush, verkoop mooi, maar duur seep. Hier is n maklike manier om jou eie goedkoper seep self te maak. Jy gaan die volgende nodig hê: - Enige deurskynende seep. - Kleursel - n mikrogolfoond - Jy kan blinkertjies of geursel (vanilla, pepperment ens.) gebruik om jou seep te verfraai en te geur. Om te maak: 1. Sit jou deurskynende seep in n bakkie en sit dit in die mikrogolf vir een minuut todat dit heeltemal gesmelt het. (Maak seker die bakkie is mikrogolfoond-vriendelik) 2. Voeg die kleursel by en LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK hier kuier om die mooi sonsondergange te geniet. Glen Beach is geleë in Kampsbaai langs Victoriastraat. gooi die blinkertjies en geursel in die mengsel. 3. Giet dit in n bakkie of houer (hartjievormige bakkie sal goed werk as jy n Valentynsgeskenk maak) en laat dit heeltemal afkoel. 4. Sodra die seep heeltemal gestol is, kan jy dit gebruik. Gaan maak iemand se dag! Tuisgemaakte seep 13

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 From the English class A new favourite By Chris Scott There is a new favourite book on the market: Artemis Fowl by author Eoin Colfer. This book is for those who are interested in fi ction, mystery, fantasy and more complex novels. Fowl Manor is the background, laden with traps, watchtowers and the most advanced security system in the whole world. Artemis Fowl II is the most intelligent boy in Europe. At 12 years of age, he had already devised a plan to topple the world economy and exploit a brand new species. Captain Holly Short of the LEPrecon team was on her way to replenish her magic, when she found herself in a room with no windows and on a concrete fl oor, all while an adolescent boy was watching her with dark blue, merciless eyes Captain Julius Root had quite a problem on his hands: his offi cer was being held captive by a Mud boy (Artemis), with only one demand: gold. However, with no other choice, a 10ft tall troll was sent to eliminate Artemis Fowl along with a blue rinse missile, capable of killing anything in its range and disintegrating on impact, leaving no trace around Fowl manor. How can Artemis possibly escape? book are that satellites are used to plot a course on a GPS and that hackers are easily able to access your phone if it is not secured by a password. Watch out! Although the title does not give much information about the story, it is a very exciting journey. You simply cannot guess what will happen next. Be on the lookout for more Artemis Fowl books to follow. Did you know? Artemis Fowl is being made into a movie and will be released in August, 2019. Interesting facts found in this 14 The cover of Eoin Colfer's book, Artemis Fowl.

Uit die Afrikaanse klas Adolessensie Tienerlewe Deur Arwen Weich Dit is lekker om 'n tiener te wees Maar daar is partykeer 'n slegte gees Hoekom? Ek sê jou nou: Jy moet rondhardloop soos 'n trotse pou Maar binne is jy rou en dit maak jou fl ou Jy moet wees op die media en moet alles opsoek op Wikipedia Die media is 'n groot gevaar Steeds trotseer almal dit deesdae Om 20 vriende te hê is cool Maar hoe pas almal in die pool? Die pad tot 'n ander persoon Deur Kirsten Heyns Dis moeilik om 'n tiener te wees Soms verloor jy jou hart en jou gees Wat is besig om te gebeur? Ek kon nie die verandering keer Dis moeilik om jou pad te vind Maar onthou, die vliegtuig styg op teen die wind Byt vas, wees net sterk: Alles sal op die ou end uitwerk Ja, daar's vreemde goed wat op sosiale media gebeur Moet jou net nie daaraan steur Jy is beeldskoon sonder die duur klere wat jy dra Dis 'n feit, punt en klaar Tienerjare Deur Gabriël Smuts Nou is jy kwaad en dan is jy bly Dan begin jy met almal stry Jou vriendekring is kief Almal raak nou verlief! Daar is heeltyd nuwe modes Almal is op hul fone Sosiale media is baie gewild Die laaiende sirkeltjie toets jou geduld "Mamma, ek is honger!" Jy word net langer en langer Almal is op die internet Om 'n tiener te wees is nie pret Gedig Deur Bernardt Wiese Van oggend tot aand is my generasie vol fi eterjasies Ons tik ons vingers rou tot in die vroeë oggenddou Sleg of reg sosiale media fl uister en ons is gretig om te luister Ons selfbeeld word versteur deur dit wat ons sien gebeur Sosiale media is 'n irritasie vir my generasie Met klomp komplikasies laat ons meer strewe om nes jy is, te lewe Adolessensie Deur Adrian Huysamen Die grootwordjare vanaf dertien is nie jare om na uit te sien Skielik gee jy om oor hoe jy lyk Want jy dink almal kyk Sosiale media kan jou LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK gemoedstoestand beïnvloed Daarom versteek jy jou onsekerheid agter 'n hoed Jou ouers sê jy maak hulle grys want tieners is tog s wys Skielik begin jy drasties verander en word dag vir dag langer Adolessensie is nou my voorland Vergeet die sinnelose opstand Realiteit Deur Funi Mathidza Ek ken tienermeisies Hulle het almal tienerpuisies Hulle droom snags van hul ridders Wat hul oë so laat skitter Hulle hou daarvan om mooi te lyk Sodat almal na hulle kan kyk Hulle dra graag rokkies Terwyl ek by die huis sit in my onesie en emoji sokkies Ek is nie soos meeste tienermeisies Al het ek soms tienerpuisies Ek droom nie van 'n ridder wat my oë laat skitter Ek droom eerder van eenhorings, reënboë en glitter 15

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Ons gunsteling boeke Deur Adrian Huysamen Jacky Ha-Ha Deur James Patterson Middle School-reeks. Ek gee hierdie boek tien uit tien. Selfies, sexts and smartphones Deur Emma Sadlier en Lizzie Harrison The 91 Storey Treehouse Deur Andy Griffi ths Layla Erasmus, Gr.6L Katrien Stimie, Gr.4vdV Ontmoet vir Jacky Hart. Sy is n skoolmeisie met n talent om grappe te maak en poetse te bak. Dis egter nie altyd vir almal snaaks nie, en bring haar keer op keer in die moeilikheid én tot binnein die detensieklas. Dis báie sleg om keer op keer op detensie te wees, maar vir Jacky is daar dalk n uitkoms! Die skool hou konsert. Wanneer die onderhoof haar n keuse gee tussen 20 detensies óf 20 konsertoefeninge, kies Jacky die konsert. Waarin het die skaam, hakkelende Jacky haarself begewe? Dan draai haar lewe boonop op sy kop. Haar ouma word siek terwyl haar ma weg is en sy dink haar pa is verlief op n ander vrou. Sal sy die krisistyd oorleef? Ek dink hierdie boek is geskik vir Graad 3 tot 6-leerders. Die boek het 363 bladsye en lees lekker maklik. Die skrywer, James Patterson, is ook bekend vir die 16 Cecilia Hoffmann, Gr.7vR Kuberboelies is n groot probleem in ons samelewing en kan lei tot depressie by kinders. Hierdie boek verskaf baie handige wenke om te weet wat om te doen in moeilike situasies, of jy nou die boelie is, of geboelie word. Een so n wenk is, If you aren t willing to post that message you want to send to your bestie on a billboard, you don t send it!. As dit eers op die "wolk" is, kan jy dit nie wegvat nie. Hulle verduidelik ook hoe om sosiale media veilig en reg te gebruik. Tegnologie is besig om die wêreld oor te neem en ons moet vooruit beplan en weet wat om in elke situasie te doen. Daarom is hierdie 'n goeie boek vir tieners om te lees (natuurlik met jou ouers se toestemming, daar word hier en daar gevloek). Die 91 Storey Treehouse is die 7de boek in die gewilde Treehouse-reeks, wat handel oor Andy en Terry se boomhuisavonture. In elke boek word daar dertien verdiepings by die boomhuis aangebou. Die storie word vertel deur Andy, die outeur. Terry is die illustreerder van die Treehouse-reeks, en is die snaakse karakter in die boek wat nie altyd dink voor hy iets doen nie. In hierdie uitgawe van die Treehouse-reeks, het Andy en Terry die onmoontlike taak om Mr. Big Nose se drie kleinkinders op te pas! Dis nie lank voor die avonture begin nie. Andy en Terry verloor die kinders. Hulle beland in die moeilikheid en Andy en Terry moet al hulle skryftyd gebruik om hulle te probeer red. Ek sal die boek aanbeveel vir kinders wat hou van boeke met baie illustrasies en wat maklik lees. Hierdie skreeusnaakse avontuur kry tien uit tien!

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Jaco Jacobs is slimmer as Google Deur Annabel de Jager Die skrywer Jaco Jacobs het ons skool op 7 Maart besoek en die Jannies was so opgewonde soos 'n groep tieners wat by 'n One Direction konsert is. Hy het vertel van sy snaakse en nuutste boeke waarvan veral Skwiek baie aandag getrek het. Hy het toe gesê dat hy vrae gaan beantwoord en veral die Gr.1 tot 3's het gelyk soos dogtertjies wat nou net 'n babahasie gekry het of seuns wat 'n groot sportkar gekry het. Hier is van die vrae wat die Jannies vir Jaco gevra het: Hoe oud was jy toe jy jou eerste storie geskryf het? Ek was sewe jaar oud. Hoekom skryf jy soms onder skuilname? My uitgewer het jare gelede aanbeveel dat ek boeke wat veral op meisies gemik is (soos die Stalmaats-reeks) Jaco Jacobs betower die leerders met sy stories. onder n skuilnaam publiseer. Meisies hou glo nie daarvan dat 'n mansnaam voorop 'n tipiese meisieboek verskyn nie. Dit is hoe Tania Brink en Lize Roux gebore is! (Terloops, sy uitgewer het Lize Roux se naam uitgedink, toe hy gesê het hulle kan enige naam gebruik, solank dit n x en 'n z in het.) Waar kry jy jou idees vir stories vandaan? Oral! Daar duik gedurig Oom Steyn ry die Steyntjie Uit die nuuskantoor Die skool se splinternuwe bus kry een van die dae sy nuwe naam, Steyntjie, vernoem na mnr. Steyn. storie-idees in my kop op, hoewel ek nie naastenby genoeg tyd kry om als neer te skryf nie. Ek kry veral idees wanneer ek gaan draf of met my hond gaan stap. Ek het byvoorbeeld die idee vir Suurlemoen! gekry een middag toe ek in die parkie naby my huis gaan stap het. Dit was n voorreg om hierdie ongeloofl ike skrywer by ons te hê. Dankie aan LAPAuitgewers wat die besoek moontlik gemaak het. Die skool het onlangs n splinternuwe bus gekry. Leerders het die geleentheid gehad om vir die bus 'n naam uit te dink. Die mees oorspronklike naam wat deur twee leerders ingedien is, is Steyntjie. Die bus word na mnr. Steyn vernoem wat in 1998 die bus by die skool begin bestuur het. In sy 20 jaar as busbestuurder is hierdie die 3de bus wat die skool aankoop. Mnr. Steyn sê hy is baie trots op die nuwe naam vir die bus. 17

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Gr.7 laat die grond bewe Deur Kirsten Heyns Woensdagoggend, 14 Maart het die Gr.7's met bagasie en padkos op die bus geklim. Uiteindelik het die jaarlikse Gr.7-kamp in Noordhoek aangebreek. Nadat al die slaapsakke en klere netjies uitgepak is, is die groep voorgestel aan die Lead4Life-span. Die kamp het afgeskop met prettige leierskapsontwikkeling-aktiwiteite. Na tien minute van prettige speletjies en selfs 'n sangkompetisie was ons reeds vuil! Leerders is touwys gemaak oor spanwerk en hoe om konfl ik in n groep te hanteer. Lead4Life het die middag die leisels aan die onnies oorgegee. Tydens n lekker breek het amper almal rugby op die kampterrein se groot veld gaan speel. Daarna het 'n uitdagende (en frustrerende!) aktiwiteit gevolg waar spanne n struktuur moes bou van rou spaghetti en malvalekkers. Die groep wat die hoogste struktuur kon bou, wen. Na n groot gesukkel, was alles vol taai malvalekkers. Omtrent 'n tammeletjie in elke sin van die woord. nagrus kon gaan inkruip. Donderdagoggend is almal vroeg uit die vere. Om die dag te begin, is ons in agt groepe opgedeel om n fi ksheidsroetine te doen. Die groepe moes beurte maak om by verskillende stasies te stop. Oefeninge soos 180 burpies, spring squats en sterspronge het behoorlik die asems laat jaag. Die res van die dag se aktiwiteite het bestaan uit wiskundeprobleme oplos, n seerowerskip ontwerp (en dit selfs gaan bou op die strand), en n kreet opmaak wat leerders vir die onderwysers moes sing. Aan die einde van die dag was dit tyd vir die beroemde hamburger-kompetisie. Elk van die agt spanne moes n sappige hamburger maak en die span met die lekkerste een, wen. Al die groepe het goed saamgewerk. Die groep wat volgens die onderwysers die smullekkerste hamburger gemaak het, was die groep wat n heerlike Hawaiise burger gemaak het. Vrydagoggend is almal hartseer dat die kamp verby is. In die bus op pad terug stad toe, was die atmosfeer maar treurig. Ek het twee Gr.7-leerders gaan vra wat hulle van die kamp gedink het: Annabel de Jager: Die kamp was baie lekker, ek dink al die Gr.7 s sal met my saamstem. Die aktiwiteite was baie pret en ons het soveel geleer oor leierskap. Die Gr.6 e kan baie uitsien na volgende jaar. Chris Scott: Dit was n unieke, opwindende ervaring wat vir ons baie meer van spanwerk geleer het. Baie dankie aan mnr. Hanekom, juf. Brink, juf. Klynsmith, juf. van Rooyen en die hele Lead4Life-span wat ons kamp so prettig gemaak het. Dit was n ongeloofl ike lekker kamp en ons sal nog lank onthou wat ons als geleer het. Om die lang en besige dag af te sluit, het almal in die saal bymekaargekom vir die laaste aktiwiteit. Almal het in die leë saal voor die brandende kaggelvuurtjie gaan lê. Toegedraai in snoesige slaapsakke het almal n koppie warm sjokolade geniet. Kampstories is vertel waarna leerders vir n goeie 18 Agter v.l.n.r: Earnan Mouton, Johann Jordaan, Cecilia Hoffmann, James Loubser. Voor v.l.n.r: Keira Brand, Albert Matthee, Lizaan Swarts.

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK Rekords, rekords, rekords! Deur Gerard Snijders en Hannah Badenhorst Ons atlete moes op 5 Februarie vroeg uit die vere kom om Groenpunt toe te jaag vir die atletiek-interskole. 'n Snikhete dag is voorspel en sonroombesmeerde gesiggies het gereed gemaak vir hulle items. Tamboerskloof, Reddam, Kampsbaai, Seepunt, Kronendal en die Duitse skool (DSK) het deelgeneem. Die dag het seepglad verloop en Jan van Riebeeck het vier rekords gebreek. Alex Newton en Jacomien van der Westhuizen het albei n rekord in hoogspring gebreek. Alex het die rekord van 1.35m met n hoogte van 1.37m gebreek en Jacomien het die rekord van 1.30m met n hoogte van 1.34m verbeter. Danny Newton het die 70m hekkiesrekord van 14.34s met n tyd van 13.68s kafgedraf en Nicole Prinsloo het die rekord van 8.14m in gewigstoot met n pragafstand van 8.79m vermorsel. Daar is natuurlik nog vele 1ste, 2de en 3de posisies behaal. Na afl oop van die laaste items, het die skole begin aantree vir die afl osse, die hoogtepunt van die jaarlikse atletiek-interskole. Almal was nuuskierig om te sien watter spanne die kollig gaan steel. Die Jannies het ons naam hoog gehou en nie teleurgestel nie. Toe die skoot klap vir die laaste afl os, het die atlete alles ingesit om hierdie laaste item vir hul skool te verower. Ons het goed gevaar en al ons afl osspanne het onder die top drie geëindig! Jan van Riebeeck het gespog met vier eerste plekke, twee tweede plekke en twee derde plekke in die afl osse. Na 'n uitstekende spanpoging, kon ons die dag as wenskool afsluit met Laerskool Kampsbaai en die Duitse Skool in die tweede en derde plek. Ons is trots op al die Jannies wat deelgeneem het en wens die atlete wat deurgedring het na die volgende rondte alle voorspoed toe. Baie dankie aan al die onderwysers wat as beamptes opgetree het, mnr. en juf. Hanekom vir die administrasie en reël van die suksesvolle dag, oom Hannes en sy span, en natuurlik ook die OOV wat die onderwysers van verversings voorsien het. Alexander Newton wys sy vernuf in verspring. Jacomien van der Westhuizen in aksie met haar perfekte hekkiesstyl. Stef Mostert blink uit in die 800m. 19

DIE SUIDOOSTER - Maart 2018 Water uit Noord-Wes 10 000 liter water is deur Laerskool Vastrap in Rustenburg aan ons skool geskenk. Deur Chris Scott Vastrap Waterdryf-projek aangepak. Mnr. Bernard Die waternood is op ons. Roodt het met die hulp van n paar ouers en onderwysers die projek gelei. Een van ons nuwe juffrouens by die skool, juf. Marli Klynsmith, het aan die einde van Januarie vir vriende en familie van ons dilemma vertel. Die nuus het gou versprei en by Laerskool Vastrap in Rustenburg, waar sy vir die laaste sewe jaar gewerk het, uitgekom. So het n groep ywerige ouers en onderwysers die Die leerders het self water skool toe gebring, maar besighede het ook bygedra. Die skool se mikpunt was om 50 000 liter water in te samel omdat hulle vanjaar vyftig jaar oud word. Hulle verwagtinge is oortref en n totaal van ongeveer 120 000 liter is ingesamel vir skole in die Wes-Kaap. Ons het 10 000 liter hiervan ontvang wat ons met Huppelland, Laerskool Ellerton en Laerskool Prestwich gedeel het. Meeste van die water is versprei deur die organisasie, Gift of the Givers, maar die water wat by Jan van Riebeeck afgelewer is, is deur n maatskappy wat water in die Paarl verkoop, vervoer. Danksy hierdie skenking en die boorgat wat ons skool nou het, sal ons die droogte oorleef. Leerders van Laerskool Ellerton en Laerskool Prestwich sê saam met ons dankie vir die ruim waterskenking. 20