HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

Similar documents
HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Mandala Madness Deel 2

Die Hoërskool DF Malan

Direkte en indirekte rede *

Rut: n Liefdes Verhaal

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Finansies / Finances

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

VANUIT DIE FINANSIëLE KANTOOR

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOëRSKOOL PORTERVILLE

14/2016 Schalk Reynders HOOF

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Laerskool Gene Louw Primary

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

Die jaar se kaskar was

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Sterdansers by Vensters.

OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

10/2017 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Kerssangdiens. SA Gemeente

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

STROOM. Foto: Mnr. Colin Fouché

19/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

Laerskool KENRIDGE Primary School

Tariewe

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

1/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

SIZA takes the sting out of auditing

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Vinkie. Laerskool Fairland

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Daar s n tsoenami op pad. bl. 2. PRG se son verrys in die Ooste

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

PROGRAMME PROGRAM. 1 WELCOME Mnr. Dirk Cronje VERWELKOMING. 3 SPORT AWARDS Mev. Lizelle Bekker SPORTTOEKENNINGS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

Spelling our way to a lot of prizes

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Tariewe

Edgehog

Laerskool Gene Louw Primary. Hannah Enslin 5E3

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Transcription:

HOËRSKOOL DURBANVILLE SEDERT 1827 UITGAWE 9/2018 Uit die Kantoor Geagte ouers Die jaar is nou regtig in sy laaste stuiptrekkinge. Die graad 12 s se eksamen is verby die halfpadmerk en ons interne eksamen nader ook vinnig sy einde. Soos u weet word ons skool weer vanjaar vanaf 30 November deur die Departement van Onderwys gebruik. Ons gee dus op 29 November om 12:00 die rapporte uit, waarna die skool dan ook vir die vakansie sal verdaag. Ons is druk besig om ons onderwyserkorps vir 2019 te finaliseer. Die volgende onderwysers verlaat ons aan die einde van 2018: Me V. van Huyssteen tree af na baie jare van uitstekende diens aan ons skool. Ons wens haar alles van die heel beste toe vir haar nuwe avontuur. Mnr Van Lill tree af na sy siekbed vanjaar. Ons hoop dat hy spoedig volkome sal herstel. Hy laat n groot leemte op ons personeel. Hy is baie geliefd onder die leerders en personeel - as oud-student lê sy spore ook oor lang paaie by die skool. Mnr Hamman vertrek ook. Hy gaan n lang gekoesterde ideaal verwesenlik deur by n skool vir talentvolle leerders uit moeilike omstandighede aan te sluit. Dit is n redelik nuwe onderneming en ons glo sy insette sal baie waardevol wees om die mooi ideaal goeie gestalte te gee. Me Brink verhuis na Riversdal. Ons wens haar alles van die beste toe op haar nuwe loopbaanpad. Sy het in n kort rukkie haarself bewys as n puik onderwyser, afrigter en kindervriend. Me Francis het ons reeds aan die einde van die derde kwartaal verlaat. Sy het inderwaarheid ook die onderwys verlaat en ons wens haar en haar man baie voorspoed toe met hulle opwindende planne. Ons wil aan al hierdie onderwysers ons dank betuig vir baie ure van toegewyde werk : in die klaskamers en ook op buitemuurse gebiede. Julle was regtig staatmakers en gaan moeilik wees om te vervang. Ons het die volgende nuwe onderwysers aangestel : Afrikaans: Me A. Prinsloo; Engels: Me M. Wharren; Wiskunde: Me M. le Roux; Geografie: Me K. van Zyl; RTT: Mnr C. Landman; IGO en Tegnologie: Mnr E. van den Heever; Engels en LO: Me N. Loubser; Senior Biologie en LO: Mnr F. Bloem Die bouers het reeds begin met die voorbereidingswerk vir ons nuwe meerdoelige sentrum. Ons hoop om die lokaal in Mei 2019 in gebruik te neem. Die fasiliteit gaan aan n verskeidenheid van behoeftes voldoen en ons sien baie uit daarna. Die hoof van die Voorbereidingskool tree ook aan die einde van jaar af. Mnr Nortier is n legende in onderwyskringe. Sy nalatenskap gaan vir baie dekades in baie harte leef. Baie dankie vir baie jare se gemoedelike saamwerk, saam beplan en saam gesels. Voorspoed op jou nuwe reis. Dit was vir ons n voorreg om n onderwysforum met iemand soos jy te deel. Jou nalatenskap is enorm. Ons wil ook graag die Voorbereidingskool se nuwe hoof verwelkom. Me Adelle Mostert is n Durbanviller in murg en been. Sy is ook n oud-student van ons skool en was tewens ook hoofdogter hier in 1996. Haar pa was ook vir baie jare aan ons skoolpersoneel verbonde en baie oudstudente praat nog graag oor die legendariese Tobie Lerm. Voorspoed vir jou. Ons glo jy sal die massiewe voetspore van mnr Nortier goed kan vul. Groete tot volgende keer. G.L. Germishuys SKOOLHOOF INHOUD 2 DURBIES SAXOFONE AANGEWYS AS BESTE ENSEMBLE 2 DURBIES HOU AFSLUITINGKONSERT 2 DURBIES HOU MATRIEKAFSKEID 2 DURBIES KLARINETTE BEHAAL HOOGSTE LOF 3 DURBIES GEE OM 3 DURBIES KIES STUDENTERAAD VIR 2019 3 REKENINGKUNDE PRYSWENNERS 3 DURBIE-HOOFLEIERS VIR 2019 AANGEWYS 4 DURBIE WEN SA XCE BERGFIETS REEKS 4 DURBIE PRESTEER IN FILMBEDRYF 4 DURBIES KWALIFISEER VIR SA BERGFIETS KAMPIOENSKAPPE 4 TENNIS WEN INTERSKOLE TENNIS 5 DURBIE HAAL SA O20 NETBALSPAN 5 DURBIES NETBAL PRESTEER 5 WP RUGBY ELITEGROEP 6 DURBIE ONTVANG HENNIE JOUBERTPRYS 6 DURBIE PRESTEER BY SA LUGGEWEER KAMPIOENSKAPPE 6 DURBIE NAASWENNER VAN JOHAN VOS KOMPETISIE 6 DURBIE PRESTEER BY NASIONALE JEUG MUSIEKKOMPETISIE 7 DURBIES HOU KUNSUITSTALLING 8 TOEKENNING VIR PRESTASIE 8 DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR 10 DURBANVILLE WEN O19 PETER BUTTNER KRIEKETLIGA 10 DURBIES WEN INTERSKOLE KRIEKET 10 DURBIES HOKKIE HP PROGRAM 11 DURBIES PRESTEER BY PRESTIGE ATLETIEK 11 DURBIE HAAL WP KRIEKETSPAN 12 DURBIES RUGBYBLITSE PRESTEER 12 OUD-DURBIES 13 MATRIEK UITSTAPDAG 13 DURBIES IS VREELOOS 14 SPORTUITSLAE 1

DURBIES SAXOFONE AANGEWYS AS BESTE ENSEMBLE Die Hoërskool Durbanville se Saxofoonensemble is aangewys as die beste ensemble by die Tygerberg Eisteddfod. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! DURBIES HOU MATRIEKAFSKEID Die Hoërskool Durbanville het op Donderdag 27 September 2018 Matriekafskeid gehou. Die Matrieks het vanjaar soos oudergewoonte by die skool aangekom vir fotos en daarna vertrek na die venue, D Aria. Agter v.l.n.r. Reghardt Jooste, Owen Ansley, Niel Theron, Liam Slabbert, Dawson Hooper, Emile Jansen van Rensburg, Hendri Fritz Voor v.l.n.r. Lize van Rooyen, Remi Malherbe, Leroux Cronje, Me Suretha Theron, Stephan Carstens, Hannah Abeln DURBIES HOU AFSLUITINGKONSERT Die Hoërskool Durbanville het op Dinsdag 25 September 2018 die jaarlikse Afsluitingkonsert gehou. n Stampvol Ouditorium het vir die laaste keer vanjaar na die Durbies Orkeste en Koor kom luister. Ons Matrieks het asemrowend gelyk en het die aand behoorlik lekker weg gekuier. Baie dankie aan al die mense agter die skerms en ons graad 11 s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie- Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en sterkte met die eindeksamen. DURBIES KLARINETTE BEHAAL HOOGSTE LOF Ons Klarinetensemble het Hoogste Lof by die Tygerberg Eisteddfod behaal. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! Baie geluk aan al ons Durbies en dankie veral aan ons seniors wie se laaste optrede dit was. Dankie vir jul insette en bydraes die afgelope vyf jaar tot Durbies Kultuur. Agter v.l.n.r. Paul Heyns, Andriku Kraay, Quin Barnard, Stefani Terblanche, Nicol Carstens, Danielle du Toit Middel v.l.n.r. Lindi van Wyk, Anja Ontong, Heike Hellström, Mia de Villiers, Anja Coetzee Voor v.l.n.r. Neil van Eeden, Bea van Huyssteen, Louisa Roux, Me Suretha Theron, Lené Swart, Cailin Aylward 2

DURBIES GEE OM REKENINGKUNDE PRYSWENNERS Verlede Donderdag het hierdie drie leerders van Hoërskool Durbanville die 2018 C2M Rekeningkunde-Pryse terwaarde van R5000 gewen vir hulle uitstekende punte in Rekeningkunde. Ons Durbies het weer fondse ingesamel vir n goeie doel, hierdie keer vir Magdalena Huis. Hier is Rouxné Maritz en Simóne Grundlingh saam met Oud-Durbie en voormalige Dux leerder, Zanne Stapelberg. Dankie aan almal wat bygedra het, ons waardeer dit. #DurbiesGeeOm DURBIES KIES STUDENTERAAD VIR 2019 Baie geluk aan ons Durbies wat verkies is tot die Studenteraad van 2019. Sterkte met die uitdagings en gryp dié geleentheid aan. As deel van C2M se verbintenis om Rekeningkunde as vak in skole te bevorder, borg C2M verskeie kontantpryse by plaaslike skole se prysgelde. Baie geluk Amor van Greunen (94,67%), Anri Klopper (94,39%) en Schalk-Willem Burger (95,39%) met die wonderlike prestasies. C2M Direkteur, Carel Bester CA (SA) RA, het die aand bygewoon om die toekennings te oorhandig.foto: v.l.n.r. (Gr.11) Amor van Greunen, (Gr.12) Anri Klopper en (Gr10) Schalk-Willem Burger. DURBIE-HOOFLEIERS VIR 2019 AANGEWYS Baie geluk aan ons Hoofleiers vir 2019. Sterkte en geniet elke oomblik. Agter v.l.n.r. Rocco Nortjé, Riaan De Lange, Emile Jansen van Rensburg, Stef Boshoff, J.W. Wessels, Dawson Hooper, Nellie Slabbert, Stefan Brundyn, Ben Venter, Quinton Weber, Schalk-Willem Burger, Stephan Carstens, Xander van der Westhuizen Voor v.l.n.r. Maja Smith, Marietjie Slabbert, Kaylee Briel, Louwrens Wessels, Grete Burger, Runé du Plessis, Élan Stoffberg, Inge Botes, Anke Hols, Mia de Villiers V.l.n.r. Louwrens Wessels, Grete Burger, Runé du Plessis, Élan Stoffberg UITGAWE 9/2018 3 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIE WEN SA XCE BERGFIETS REEKS #DurbiesMTB DURBIES KWALIFISEER VIR SA BERGFIETS KAMPIOENSKAPPE In slegs die eerste amptelike seisoen as skoolsport, het die Durbies gekwalifiseer vir die SA Kampioenskappe. Die Hoërskool Durbanville se Bergfietsspan het hul vanjaar baie goed van hul taak gekwyt deur bestendig reg deur die seisoen te presteer. Danielle Barnard en talle van haar Durbie-spanmaats het die afgelope naweek aan die SA XCE Bergfiets-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Danielle het n silwermedalje losgery in die Eliminator en is sodoende aangewys as die algehele wenner van die SA XCE reeks. Nog n Durbie, Pierre le Roux het algeheel tweede in die XCE reeks geeindig. Baie geluk Durbies ons is trots op julle! DURBIE PRESTEER IN FILMBEDRYF Die Durbies het algeheel 4de plek behaal in die SPUR MTB Skoleliga (Wes-Kaap). Roché Malherbe was die algehele wenner in sy kategorie en Danielle Barnard was die naaswenner in haar kategorie. Albei hierdie ryers het ook hul Wes-Kaap Bergfiets kleure behaal en is ook opgeneem in die XCO spanne en sodoende hul WP Bergfiets klere verwerf het. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. TENNIS WEN INTERSKOLE TENNIS Dogters vs Stellenberg Ons Durbies Dogters Tennisspanne het teen Stellenberg gespeel en as volg gevaar: Dogters 1ste wen 8-6 Dogters 2de wen 8-6 Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. Seuns vs Curro Durbanville Ons Durbies 1ste Seuns Tennisspan het teen Curro Durbanville gespeel en as volg gevaar: Seuns 1ste wen 10-4 Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! Die film (The Harvestors / Die Stropers) waarin Alex van Dyk n hoofrol speel, het in Rome Best Feature Award gewen. Baie geluk Alex, ons is trots op jou! #DurbiesTennis 4

DURBIE HAAL SA O20 NETBALSPAN WP RUGBY ELITEGROEP Die Hoërskool Durbanville het vanjaar vyf spelers opgelewer vir die WP o15 Rugby Elitegroep. Ons is trots op ons seuns se harde werk en deursettingsvermoë. Sterkte met die program en geniet elke oomblik. Nicola Smith het vanjaar n droomjaar op die netbalbaan beleef. Nie net het hierdie Durbie haar Wes-Kaap netbalklere verwerf nie, maar het Nicola Suid-Afrika op o17 vlak in Australië verteenwoordig. Nicola het in Augustus ook haar span tot n Interskole sege oor Stellenberg gelei en daarna die Hoërskool Durbanville o18a-span gehelp om die WP Superliga titel in te palm. V.l.n.r. Hanno Wessels, Daren Brown, Jade Filanie, Ruben Swanepoel, Dillon Oppelt Nicola het die afgelope naweek die finominale prestasie behaal deur vir die SA o20 netbalspan gekies te word. Baie geluk Nicola, ons en die res van die Durbanville-gemeenskap is trots op jou! DURBIES NETBAL PRESTEER Die Hoërskool Durbanville het vanjaar n rekordgetal provinsiale netbalspelers opgelewer. Die Durbies het vanjaar die volgende provinsiale spelers opgelewer: 4 SA o18 spelers 12 Wes-Kaap spelers 16 WP spelers Die Hoërskool Durbanville het ook die volgende provinsiale personeel opgelewer: 1 Wes-Kaap afrigter 1 WP afrigter 2 WP spanbestuurders 1 SA gegradeerde skeidsregter Baie geluk Durbies en dankie aan ons Durbie-afrigters wat hard werk agter die skerms. Ons waardeer julle! Agter: Renicha Carelse, Jannah Smith, Ansley Solomons, Charleze Carmichael, Lene Stofberg, Kaylee Briel, Haylie Liebenberg, Me. Jania Kleinhans (bestuurder), Zeanne van As, Eune van Gaalen, Martelle Smith, Danielle Fredericks, Kaylen O Neill, Silke Hellmann Middel: Robyn McIntyre, Cara van der Westhuizen, Rune du Plessis, Gillian Fortuin, Mnr. Grant Daniels (afrigter), Nicola Smith, Mev. Annemarie Stoffberg (bestuurder), Mnr. Ashraf Majiet (skeidsregter), Taylynn Fortuin, Elan Stoffberg, Melissa Blaauw. Voor: Ane le Roux, Carna Theron, Bianca de Lange, Danielle Roux, Courtney Hickson, Nellie Slabbert, Klia Verster Afwesig: Mev. Minette Roux (afrigter) UITGAWE 9/2018 5 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIE ONTVANG HENNIE JOUBERTPRYS Stephan Carstens ontvang die Hennie Joubertprys vir UNISA graad 5 Musiekteorie (99%). Baie geluk Stephan, ons is trots op julle! DURBIE NAASWENNER VAN JOHAN VOS KOMPETISIE Liam Slabbert word as naaswenner van die Johan Vos kompetisie aangekondig, wat by die Hoërskool Bellville aangebied is. Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied en top musici ding mee om gesogte pryse. Liam is ook vanjaar n finalis by die Nasionale Jeugkompetisie wat later die jaar plaasvind. Hy is die enigste fagotspeler by hierdie nasionale kompetisie. Baie geluk Liam, ons is trots op jou. DURBIE PRESTEER BY NASIONALE JEUG MUSIEKKOMPETISIE Ons is baie trots op Liam Slabbert (gr 9) wat die naweek uitstekend presteer het by die Nasionale Jeug Musiekkompetsie. Liam het deurgedring tot die semi-finale rondte en het die volgende pryse ontvang: Beste Uitvoering van n Suid-Afrikaanse werk Naaswenner in die instrumentale afdeling - ander instrumente Mees belowende deelnemer wat nie n finalis was nie DURBIE PRESTEER BY SA LUGGEWEER KAMPIOENSKAPPE Liam het altesaam prysgeld ter waarde van R10 500.00 ontvang. Veels geluk ook aan sy onderwyseres Carin Bam (Oud-Durbie) met hierdie wonderlike prestasie. Ons besef die massiewe rol wat n onderwyseres speel. Liam is ook lid van die Kaapse Jeug Philharmoniese orkes, onder leiding van Brandon William Phillips. Baie geluk Liam, ons is trots op jou! Zandre Hansen het onlangs aan SAARA se Nasionale Luggeweerskiet Kampioenskappe deelgeneem en as volg presteer: - 10m 3P Sporter: Mans 0/14 - Silwer Medalje - 10m 3P Sporter: Span 0/14 - Goue Medalje Baie geluk Zandre, ons is trots op jou. 6

DURBIES HOU KUNSUITSTALLING Ons Graad 12 s se kunsuitstalling #DurbiesKuns UITGAWE 9/2018 7 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

TOEKENNING VIR PRESTASIE Fairtree Invest wil graag n baie gebalanseerde leerder by die Hoërskool Durbanville gelukwens met uitmuntende prestasies op beide die sportveld asook akademiese gebied. Hanno Wessels het in beide sy o14 en o15 jaar die rugbyspeler van die jaar trofee ontvang, asook n akademiese gemiddelde van meer as 80%. Hy is vanjaar gekies vir die Blue Crane o15 rugbyspan na afloop van die o15 Boishaai toernooi en het getoer na Frankryk gedurende die September vakansie. Hy is ook verkies vir die WP o15 High Performance Rugby Elite squad. By Fairtree Asset Management glo ons in gebalanseerde lewens en jong mense wat wêreldwyd met die beste sal meeding. Hanno ontvang n R20 000 effektetrust belegging in ons nuwe Fairtree Worldwide Multi-Strategy Fund wat presies hierdie eienskappe verteenwoordig. Baie geluk jong man en hou vol met die harde werk! Dankie aan Fairtree Asset Management vir die toekenning, ons waardeer jul bydrae. Baie geluk Hanno, ons is trots op jou harde werk! DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR Op die foto ontvang Hanno sy pakkie vanaf Mnr Sybrand Engelbrecht en Durbanville Direkteur van Rugby Mnr Shaun Huygen. Die Durbie Ondersteunersdrag-projek word saam met Laer-skool Durbanville gedryf om te verseker dat ons Durbie-ondersteuners eenvormig kan ondersteun langs die velde en bane. Bestelvorms is beskikbaar op die d6 Connect en op die Facebook blad. Maak seker om betyds u bestelling te plaas. Die ondersteunersdrag sal in die Durbanville Klerewinkel beskikbaar wees. Pryse van ondersteunersdrag: Kep R100.00 Hemp R260.00 Baadjie R560.00 Hoodie R 465.00 Moulose puffer baadjie R599.00 Puffer baadjie R999.00 Ondersteun asb. hierdie insisiatief en ondersteun ons Durbies met trots langs die bane en velde. #Durbies 8

DURBIES ADS Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport. Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188. #Durbies WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MAKRO KAARTE Raak betrokke en maak n verskil. Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend bydra tot die skool. #Durbies Deur die implimentering van hierdie projekte, word n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths My School kaart sowel as u Makro kaart. Indien u nog nie n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188. 9

DURBANVILLE WEN O19 PETER BUTTNER KRIEKETLIGA Die Hoërskool Durbanville het Saterdag die WPNS o19 Peter Buttner Krieketliga gewen. Durbanville het in die eindstryd teen Milnerton te staan gekom, op Milnerton se tuisveld. Die Durbies het eerste gekolf en aanvanklik stadig begin, maar met paaltjies in die bank. Zak du Toit het goed gekolf vir sy 36 lopies en Martin Roux het teen die einde n warrelwind onoorwonne 41 lopies aangeteken. Durbanville het hul beurt gesluit op 173 lopies vir 9 paaltjies. Milnerton het gaan kolf en aanvanklik gesukkel a.g.v. n gedissiplineerde boulvertoning van die Durbies. Durbanville het met reelmate paaltjies geneem en dit was veral Alexander Moore se 6/22 en Guhan du Bois 2/33 wat die deurslaggewende rol gespeel het. Milnerton eindig hul beurt op 149 lopies vir die verlies van 9 paaltjies. Durbanville wen die finaal met 24 lopies. Die afgelope krieketseisoen was n suksesvolle ene vir die Hoërskool Durbanville wat skole soos Bellville, DF Malan, Fairmont en Stellenberg geklop het. Baie geluk aan ons Durbies en hul afrigtingspan van Mnre. Nicolaas Minnie en Anzo Lewis (Oud-Durbie), ons is trots op julle! Agter v.l.n.r. Aidan Carstens, Guhan du Bois, Regardt Potgieter, Tyron Lambrechts, DW du Plessis, Reyhan Strydom, Zak du Toit, Martin Roux Voor v.l.n.r. Quinton Weber, Mnr. Nicolaas Minnie, Dian Barnard (Kaptein), Mnr. Anzo Lewis, Alexander Moore DURBIES WEN INTERSKOLE KRIEKET #DurbiesKrieket Ons Durbies Eerste XI Krieketspan het vandag vir Stellenberg met 97 lopies geklop in die Interskole krieketwedstryd. Hoërskool Durbanville was in die knyp op 35/5 en 97/7 maar puik beurte van Martin Roux 60 en Alexander Moore 52 het die kastaaings uit die vuur gekrap. Goeie boulwerk deur Martin Roux 3 paaltjies, Zak du Toit 2 paaltjies, Tyron Lambrechts 2 paaltjies en Guhan du Bois met 2 paaltjies het die knoop deurgehaak. Geluk ook aan ons 2de XV Krieketspan wat ook gewen het. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! DURBIES HOKKIE HP PROGRAM Ons Durbies HP ( High Performance ) is in volle swang en fokus op vaardighede ontwikkeling in die afseisoen. Ons Hoof van Hokkie, Mnr Robin Pearton en sy span het die weeklikse program bymekaar gesit. Ons is bevoorreg om elke week besoek van n nasionale hokkiespeler en of afrigter te kry wat die Durbies kom brei. Dankie aan Durbies Hokkie vir hierdie wonderlike inisiatief. #DurbiesHokkie 10

DURBIES PRESTEER BY PRESTIGE ATLETIEK DURBIE HAAL WP KRIEKETSPAN Dian Barnard het vanjaar puik presteer op die krieketveld. Juis vir sy bestendigheid met bal en kolf is hy ingesluit in die WP o17a Krieketspan. Dian sal die WP in Desember in Durban verteenwoordig. V.l.n.r. Lehan Willemse, Chiara Sutherland, Cole Boyes Rocco Nortje (afwesig) Die Hoërskool Durbanville se Atletiekspan het weer puik presteer by die afgelope naweek se Prestige Atletiekbyeenkoms op Bredasdorp. Die Durbies het algeheel 6de gekom uit meer as 80 spanne wat deelgeneem het en sodoende 6 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes ingepalm. Durbanville se juniors het gesorg vir die beste prestasies, met drie van die Durbies onder die beste agt prestasies vir juniors op die dag. Rocco Nortje was aangewys as junior atleet van die dag in die o14 afdeling. Cole Boyes, was 4de en Lehan Willemse 5de algeheel. Chiara Sutherland het ook weer goed presteer en het gesorg vir die 4de beste prestasie algeheel in die o15 afdeling. Baie geluk aan al ons Durbies wat deelgeneem het, ons is trots op julle. UITGAWE 9/2018 11 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIES RUGBYBLITSE PRESTEER Die Hoërskool Durbanville se 7 s rugbyspanne het die afgelope naweek weer presteer. Die Durbies het die afgelope paar jaar hul vaardighede blootgestel en puik presteer by verskeie 7 s toernooie. Vrydagaand het n jong Durbies o19 span aan die Villagers 7 s deelgeneem en was net-net 17-19 in die uitspeelrondtes deur Paarl Gimnasium getroef. Durbanville se o16 s het 4de geeindig in die Cheslin Kolbe 7 s by Brackenfell terwyl die o14 s aan die Peter Buttner Sportswear 7 s, by Hoërskool Durbanville deelgeneem het. Die Durbies het as volg presteer: vs DF Malan wen 47-0 vs Monument Park wen 82-0 vs Scottsdene wen 28-0 Semi-finaal vs Paarl Boishaai wen 24-19 In die semi-finaal was die Durbies halftyd 0-19 agter teen Paarl Boishaai. Die Durbies het rat verander en teruggeveg om uiteindelik 24-19 te wen. Durbanville het ongelukkig in die finaal vasgeval en eindig as naaswenners van die toernooi. Durbanville se o15 span het aan die Fieka Schools Cup 7 s by Monument Park deelgeneem en as volg presteer: vs Hopefield wen 38-10 vs Tygerberg wen 50-0 vs Monument Park wen 30-0 vs Stellenberg wen 31-0 Semi-finaal vs Hopefield wen 34-7 Finaal vs Paarl Boishaai wen 35-19 Die o15 A s wen vir die tweede agtereenvolgende jaar in die finaal teen Paarl Boishaai. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle! OUD-DURBIES Hierdie twee Oud-Durbies kook saam op Maklik met Marinda. Oud-Durbie, Lloyd Zandberg was 3 November 2018 op die TV program, Oppiestoep, te sien. Oud-Durbie, Kay Smith in haar nuwe rol op Arendsvlei op kyknet. Geluk Kay, ons is trots op jou! Oud-Durbie, Cindy Swanepoel, is onlangs aangewys as Aktrise van die jaar deur Huisgenoot (Tempo). Cindy is ook BELLA Tydskrif se voorbladgesig vir November. Baie geluk Cindy, ons is trots op jou! Oud-Durbie, Demi Lee Moore het deurgedring na die Top-4 van VIA TV se program #DieKontrak. Baie geluk Demi, ons is trots op jou! 12

MATRIEK UITSTAPDAG Onderwys in Durbanville het sy ontstaan in 1826 gehad. Dieselde jaar wat begin is met die bou van die Moederkerk en as gevolg van die aksie deur die spesifieke gemeente om onderwys vir hulle kinders te verkry. Die matrieks en graad 11 s stap dan die onderwyspad vanaf die skool na die kerkgebou en weer terug. Op die stukkie pad loop ons ook verby die gebou wat tot 1870 as die skoolgebou gedien het. Die doel hiervan is om ons eenheid met al die geslagte van leerders voor ons te gedenk en ons plek in die hierargie van geslagte in te neem. Daarna volg n teeparty vir die matrieks en hulle ouers en dan n saalbyeenkoms. Tydens laasgenoemde neem die matrieks individueel afskeid van hulle onderwysers. Die hoof se toespraak het vanjaar gedraai rondom o.a die inhoud van die 1920-gedig Desiderata. Wees aanpasbaar. Glo in jouself. Vermy dream killers. Na afloop van die verrigtinge word die graad 11-leerders seremonieel verwelkom as die nuwe senior klas van die skool. DURBIES IS VREESLOOS Hierdie jaar het 20 Durbie-dames deelgeneem aan Radio Tygerberg se inisiatief, VREESloos 2018. Tydends hierdie geleentheid het leerders vir 24 uur lank in n kar gesit, vreesjaende uitdagings aangepak en vir die volle 24 uur lank n trapfiets aan die gang gehou. Hoërskool Durbanville het weggestap as wenners van die sosiale media- uitdaging. Ons prysgeld skenk ons aan Sowing Sparrows, n liefdadigheidsorganisasie na aan ons harte. Ons Durbies was omtrent VREESLOOS en ons is baie trots op die dames wat deelgeneem het! #DurbiesIsVreesloos UITGAWE 9/2018 13 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

SPORTUITSLAE Saterdag 21 Augustus 2018 Dogtershokkie - Ligawedstryd: Curro Durbanville DOGTERSHOKKIE: vs Curro Durbanville o.19 A Wen 1-0 o.16 A Wen 3-1 o.14 A Wen 2-0 B- en C-spanne het nie gespeel nie. Seunshokkie: Amy Foundation; Oude Molen & Khayelitsha SEUNSHOKKIE: vs verskeie o.19 A (Khayelitsha) Wen 2-0 o.19 B Geen Wedstryd o.16 A Geen Wedstryd o.16 B (Amy Foundation) Wen 1-0 o.14 A (Oude Molen) Wen 6-0 o.14 B (Amy Foundation) Verloor 0-2 Winterliga is verby en ons A-spanne het as volg geëindig: 1ste span = 2de in liga O/16A = 3de in liga O/14A = Wen hul liga NETBAL Vs Diamantveld Wen 13 4 Vs Cambridge Wen 18 8 Vs Helpmekaar verloor 15 17 Vs Bergsig verloor 10 11 Vs Ben Vorster verloor 13 14 VsSentraal Bloemfontein verloor 7 12 Vs Crawford Wen 16 13 Vs Pietersburg verloor 7 12 Vs Upington Wen 16 13 Baie geluk aan ons O/15A Netbalspan wat 11de geeïndig het by Top Skole SKAAK: vs DF Malan Vrydag 24 Augustus 2018 o.19 Gelykop 3 3 Skiet Baie geluk aan Zandre Hansen wat deelgeneem het aan SAARA Westelike Provinsie se 2018 Provinsiale Kampioenskappe op 24 & 25 Augustus 2018, en dat hy die volgende prestasies behaal het: 10m Sporter Mans- 0/14 - Goud 10m 3P Sporter Mans - 0/14 - Goud Hip Hop Well done to Yanke Erwee, who qualifies to represent South Africa as a member of her Junior Hip Hop Team at the 2018 FISAF International World Fitness & Hip Hop Unite Championships that will be held from 16 20 October 2018 in Leiden, Netherlands. The team was ranked 2nd at the 2018 Southern African National Fitness & Hip Hop Championships held in Cape Town from 22 24 June 2018. Mooi so Yanke! Saterdag 1 September 2018 RUGBY: o/16 7 s (Brackenfell) Vs Monument Park Wen 57 0 Vs Bellville Wen 37 12 Vs Excelsior Wen 37 0 Vs HJS Paarl (½ trofee) Verloor 7 27 RUGBY: o/15 7 s (Monument Park) Vs Hopefield Wen 38 10 Vs Tygerberg Wen 50 0 Vs Monument Park Wen 30 0 Vs Stellenberg Wen 31 0 Vs Hopefield (½ trofee) Wen 34 7 Vs HJS Paarl (eindstryd) Wen 35 19 RUGBY: o/14 7 s (Durbanville) Vs DF Malan Wen 47 0 Vs Monument Park Wen 82 0 Vs Scottsdene Wen 28 0 Vs HJS Paarl (½ trofee) Wen 24 19 Vs Paarl Gim (eindstryd) Verloor 0 26 DOGTERSHOKKIE: vs EDGEMEAD DINSDAG 28 EN DONDERDAG 30 AUGUSTUS o.19 A Verloor 2 3 o.16 A gelykop 1 1 o.14 A Wen 2 0 DOGTERSHOKKIE: vs BRACKENFELL Vrydag 31 Augustus en Saterdag 01 September o.19 A Wen 1 0 o.19 B Wen 3 0 o.16 A Wen 9 0 o.16 B Gelykop 0 0 o.14 A Wen 3 1 Westelike Provinsie 3P 10m Sporter (Mans) Skut van die Jaar 2018 Zandre het ook na afloop van die Provinsiale Kampioenskappe sy Westelike Provinsie Kleure ontvang en is verkies tot die span wat die Westelike Provinsie gaan verteenwoordig by die SAARA Nasionale Kampioenskappe in Durban gedurende die Oktober skoolvakansie. Welgedaan Zandre! 14 o.14 B Wen 2 0 Hokkie Die dogtershokkie se A-spanne het as volg in hul liga gevaar: 14A: Wen hul liga 16A: Wen hul liga 19A: Eindig 3de in hul liga

SPORTUITSLAE RUGBY: Paarl Gimnasium 7 s (0/15) Vrydag 07 & Saterdag 08 September 2018 Vs Outeniqua Wen 19 12 Vs Paarl Gimnasium Wen 12 7 Vs Hermanus Wen 26 12 Vs Grey Kollege Verloor 19 26 Stoei Christiano Nel het aan die WP Stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy het Goud gekry in die o/15 katagorie. Hy sal waarskynlik in Oktober 2018 aan die SA Kampioenskappe deelneem. Baie geluk Christiano Krieket Baie geluk aan Dian Barnard wat die WP O/17A Krieketspan gehaal het wat in Desember vanjaar die WP verteenwoordig in Durban. Welgedaan Dian, bou so voort! O/19A Krieket vs DF Malan (opwarmingswedstryd) Durbanville 165/6 Aidan Carstens 61* Martin Roux 60 DF Malan 166/9 Alexander Moore 2/12 Reyhan Strydom 2/29 Guhan du Bois 2/32 Verloor met 1 paaltjie Framesby O/19A Krieket vs Framesby (Punt Kriekettoer) Martin Roux 3/15 William Moore 3/19 Durbanville 108/9 Dian Barnard 53* Verloor met 28 lopies 136 almal uit O/19A Krieket vs Nico Malan (Punt Kriekettoer) Nico Malan 176 almal uit Guhan du Bois 4/35 Tyron Lambrechts 2/26 Durbanville 176/7 Aidan Carstens 46 Gelykop uitslag O/19A Krieket vs Fairmont Durbanville 162 almal uit Dian Barnard 28 Alexander Moore 25* Fairmont 117 almal uit Tyron Lambrechts 6/19 Reyhan Strydom 2/40 Wen met 45 lopies O/14A Krieket vs Fairmont Durbanville 151 almal uit Marnus Terblanche 50 Wihan Vorster 36 Fairmont 25 almal uit Zander Nel 2/3 Wen met 126 lopies Mixed Martial Arts en Jiu-Jitsu Baie geluk aan die volgende seuns met hulle prestasies soos hier onder uiteengesit. Welgedaan manne! Franco het ook In September by Coetzenburg deelgeneem en soos volg presteer: MMA (light) silwer Jiu Jitsu silwer FirstName LastName YEAR JJ MMA (Light) Daniel Jansen van Vuuren 2018 WP: B-Team Devan Noble 2018 WP: B-Team WP: B-Team Heindrich Pepler 2018 WP: B-Team Franco van Schalkwyk 2018 WP: A-Team WP: A-Team David van Zyl 2018 WP: B-Team Franco van Schalkwyk 2018 WP: A-Team WP: A-Team David van Zyl 2018 WP: B-Team UITGAWE 9/2018 15 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

SPORTUITSLAE SAARA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE (2018) Dit is vir ons n plesier om onder u aandag te bring dat Zandre Hansen deelgeneem het aan SAARA se Nasionale Kampioenskappe vanaf 5-6 Oktober 2018, en dat hy die volgende prestasies behaal het: 10m 3P Sporter Mans - 0/14 - Silwer Medalje 10m 3P Sporter Span - 0/14 - Goud Medalje Baie geluk met die prestasies Zandre! O/19A Krieket vs Stellenberg Durbanville 167 almal uit Martin Roux 60 Alexander Moore 50 Stellenberg 70 almal uit Martin Roux 3/20 Guhan du Bois 2/5 Durbanville wen met 97 lopies O/19A Krieket vs DF Malan DF Malan 137 almal uit Tyron Lambrechts 6/35 Martin Roux 2/26 Dian Barnard 2/22 Durbanville 140/4 Aidan Carstens 47* Dian Barnard 41 Durbanville wen met 6 paaltjies O/19B Krieket vs Bellville Suid Durbanville 137/6 Andro Koen 28 Ben de Swardt 23 Bellville Suid 97/5 Durbanville wen met 40 lopies O/14A Krieket vs Stellenberg Durbanville 86/9 Stellenberg 87/6 Durbanville verloor met 4 paaltjies O/14A Krieket vs Fairbairn Kollege Nico Malan 40 almal uit Guhan du Bois 41/1 Durbanville wen met 9 paaltjies O/14A Krieket vs DF Malan Durbanville 89 almal uit Wihan Vorster 44 DF Malan 90/3 Durbanville verloor met 7 paaltjies O/19A Krieket vs Milnerton (WPNS Finaal) Saterdag 27 Oktober 2018 Durbanville 173/9 Martin Roux 41* Zak du Toit 36 Milnerton 149/9 Alexander Moore 6/22 Durbanville wen met 24 lopies 16

DURBIES ADS HEARING CENTRE CAPE TOWN BETTER HEARING MADE EASY Not being able to experience life s simple joys can affect your quality of life. Now is the time to have your hearing tested. Our warm friendly staff will make you feel relaxed and comfortable. Call today for an appointment at the Hearing Centre Cape Town, Sonstraal Heights to have your hearing tested the easy way. Hearing Tests Audiological Services Medical Aids Shop 10A IPIC Centre (Spar) Langeberg Road cnr Verdi Boulevard Sonstraal Heights Durbanville liszl@hearingcentrecapetown.co.za Hearing Aids Hearing Protection Repairs SONSTRAAL HEIGHTS Durbanville The easy way to get your hearing tested 021 975 4760 UITGAWE 9/2018 17 Tel: 021 976 3188 E-pos: fbrooks@durbanvillehs.co.za Web: www.durbanvillehs.co.za

DURBIES ADS CONTACT US: 021 931 8214 Choose He and She DTC to simplify your drivers license process. We provide a pick-up and drop-off service. Our vehicles are equipped with dual controls, fully insured, road worthy and well maintained. CODE 08 - K53 DRIVER TRAINING DRIVING LESSON PRICES AND PACKAGE DEALS: INDIVIDUAL DRIVING LESSONS: Durbanville R195,00 per lesson (hour) outside of bundle deals Using of the vehicle for a driving test at the traffic department R520,00 PACKAGE DEALS DURBANVILLE AND SURROUNDING AREA Pay for 10 lessons in advance: R1800,00 Using of the vehicle for a driving test: R520,00 R150,00 discount on package Pay for 20 lessons in advance: R3600,00 Using of the vehicle for a driving test: R520,00 R300,00 discount on package DETAILS Address: 1 Duncan Street Parow Tel: 021 931 8214 WhatsApp: 084 541 7735 Email: office@heandshe.co.za WE PROVIDE OTHER TRAINING COURSES: Learners License, First Aid, Fire Fighting, Health and Safety, Defensive and Economical Driver Training Etc. 18

DURBIES ADS CAPS and Cambridge curriculum based Extra holiday and exam preparation included VENUE: Palm Grove Centre Durbanville Classes: Mo Fri (one hour / week) max 6 learners/class (Limited space available) Email: ghitar@aplusstudents.co.za C2M RAAK BETROKKE C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville. C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het n projek geloods waar hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Durbanville skool te gaan. Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google Play. Soek met die sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot hierdie projek. 19 Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap en vra dat ouers hierdie inisiatief sal onder-steun, siende dat dit gratis is. #DurbiesGeeOm