IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

BenguFarm Bestelvorm

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling)

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Skripsie ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister Legum aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

MALHERBE RP et HATTINGH R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

RAND WATER RAAD. Eiser

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN MAFIKA FARMING (EDMS) BPK

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

THE POSSIBLE LEGAL DEVELOPMENT OF THE INTERGATION RULE IN THE SOUTH AFRICAN LAW OF CONTRACT BY MEANS OF THE DOCTRINE OF RECTIFICATION.

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Transcription:

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saakno: CA & R 27/01 Datum gelewer: 2002-05-24 Datum verhoor: 2002-05-20 In die appél van: WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN APPELLANT versus CORNELIUS ALWYN SMITH RESPONDENT Coram: MAJIEDT R et LACOCK R UITSPRAAK OP APPéL MAJIEDT R: 1. Die Appellant (wat die Verweerder in die hof a quo was) kom in

2 hoër beroep teen die bevel van die landdros waarvolgens vonnis teen hom verleen is ten gunste van die Respondent (wat Eiser in die hof a quo was) in die bedrag van R19 521.60. Gerieflikheidshalwe sal ek na die partye hierin verwys soos hulle in die hof a quo was. Daar is terselfdertyd ook n aansoek deur die Verweerder vir kondonasie van die laat indiening van die oorkonde in die verrigtinge. Aangesien hierdie aansoek nie opponeer was nie en daar prima facie gegronde redes bestaan vir die versuim, het ons die aansoek toegestaan. 2. Die Eiser se eis het voortgespruit uit die feit dat die Verweerder onregmatiglik en nalatiglik n sekere gifstof op n gedeelte van die Eiser se wingerd laat beland het wat daartoe aanleiding gegee het dat die Eiser nie hierdie wingerd kon lewer vir verbruik deur die wynkelder nie. Eiser en Verweerder was op daardie stadium druiweboere wat aangrensend tot mekaar in die Groblershoop-distrik geboer het. In die landdroshof het die

3 Verweerder aanspreeklikheid aanvaar om die Eiser te vergoed vir sodanige skade as wat hy mag bewys. 3. Ter bewys van sy eis het die Eiser self getuig asook ene D Botha, n taksateur, wat as deskundige deur die Eiser geroep is. Die Eiser is na Botha se getuienis teruggeroep om verdere getuienis af te lê op aansoek van die Verweerder se prokureur. Namens die Verweerder het hyself getuig asook ene Pieter van Wyk. 4. Op appél voor ons het Mnr Danzfuss namens die Verweerder op verskeie gronde die landdros se bevindinge aangeval. Na sy submissie het die Eiser versuim om voldoende getuienis voor die landdros te plaas en behoort die landdros absolusie van die instansie te gelas het teen hom. 5. Ek handel ter aanvang met daardie aspekte waarop Mnr Van Niekerk, wat namens die Eiser op appél voor ons verskyn het,

4 toegegee het die landdros gefouteer het. a) Ten eerste het die landdros foutiewelik die massa in kilogram na ton omgeskakel as synde 100 kilogram in n ton instede van 1000 kilogram in n ton. b) Verder het die landdros bloot die tonnemaat van rosyne op die Eiser se state wat hy ingehandig het by die verhoor tesame met die nat druiwe se tonnemaat in aanmerking geneem. Hierdie is natuurlik nie korrek nie en moes daar uiteraard n omskakeling gewees het in tonnemaat vanaf nat druiwe na rosyne. Daar is voor die landdros getuienis gelei dat vier ton nat druiwe een ton rosyne lewer. Hierdie laasvermelde getuienis is ook n bron van dispuut tussen die partye op appél. 6. Mnr Danzfuss het aangevoer dat die landdros gefouteer het deur hoorsê getuienis toe te laat. Die belangrikste aspekte

5 waaroor daar volgens Mnr Danzfuss se submissie, hoorsê getuienis gelei is, is die volgende: a) Die Eiser se getuienis dat hy vier ton nat druiwe moes produseer om een ton rosyntjies te kry; en b) Die deskundige, Botha, se getuienis dat hy die bedrag van R830/ton vir nat druiwe verkry het van n amptenaar van die wynkelder. Uit die aard van die saak is hierdie twee aspekte wesenlik tot die berekening van Eiser se bedrag van skadevergoeding. n Hof van Appél is geregtig om n hof a quo se feitebevindinge te ignoreer en sy eie feitebevindinge en afleidings te maak, waar die hof a quo opsigtelike en wesenlike verkeerde feitebevindinge gemaak het. Sien: R v Dhlumayoand Another1948(2) SA 677(A) te 705 706. Op dié basis dus is hierdie Hof geoorloof om die korrekte

6 berekeninge te maak wat betref die omskakeling van kilogramme na ton op appél. Is hierdie Hof egter geoorloof om hoorsê getuienis (indien getuienis wel op hoorsê gegrond is) toe te laat? Mnr Danzfuss het ons na verskeie beslissings verwys as steun vir sy submissie dat die hoorsê getuienis uitgesluit behoort te gewees het. 7. Die eerste vraag wat ontstaan is of die getuienis wel kwalifiseer as hoorsê getuienis. Ek is van mening dat die eerste aspek, te wete die getuienis dat vier ton druiwe een ton rosyne daarstel, nie op hoorsê gebaseer is nie. Die Eiser se aanvanklike getuienis in hoof was baie duidelik gebaseer op eie ervaring en daarvolgens moes hy vier ton nat druiwe produseer om een ton rosyntjies te verkry. Hy het weliswaar in kruisondervraging aangedui dat dit algemeen aanvaarbaar is dat vier ton nat druiwe een ton rosyne produseer. Hierdie stelling van hom is egter nooit betwis of aangeval deur Verweerder se prokureur nie. Verder is dit insiggewend dat toe die Verweerder getuig het, hy

7 nooit hierdie getuienis in geskil geplaas het nie of getuienis tot die teendeel aangebied het nie. Selfs al is die deskundige getuie Botha se getuienis oor dieselfde aspek gebaseer op inligting verkry vanaf n ander bron ( die SAD), is ek die mening toegedaan dat die Eiser se getuienis daaromtrent gebaseer is op sy eie ervaring. Selfs al is ek verkeerd met my voormelde bevinding, dan is dit wat ek hieronder sê in par. 8 mutatis mutandis ook van toepassing op hierdie geval. 8. Wat die tweede aspek betref, naamlik die bedrag per ton, is dit weliswaar net Botha wat daaroor getuig het op grond van inligting wat hy verkry het van n werknemer van die wynkelder. Ook hierdie getuienis is nooit betwis òf in kruisondervraging òf in getuienis deur die Verweerder of sy getuie nie. Mnr Danzfuss het aangevoer dat, selfs waar geen beswaar gemaak is teen die aanbieding van die getuienis in die hof a quo nie, n hof nie ontoelaatbare getuienis in aanmerking mag neem nie. Vir hierdie submissie het hy op n aantal beslissings gesteun,

8 o.a. ook op President of the RSA v South African Rugby Football Union 2000(1) SA 1 op 53 E. Die ander beslissings waarna hy verwys is beslis voor 1988 toe die Wysigingswet op Bewysreg op die wetboek geplaas is. Ek sal aanstons na hierdie betrokke wet verwys. Wat die voormelde gewysde van President of the RSA v South African Rugby Football Union aanbetref, moet in aanmerking geneem word dat daardie beslissing daarop berus dat dit deurgaans die appellant se saak daar was dat die getuienis ontoelaatbaar was. Vir daardie rede het die Grondwetlike Hof dan ook beslis dat die appellante se versuim om teen die beweringe beswaar te maak as synde ontoelaatbare hoorsê getuienis nie n geïmpliseerde erkenning daarstel nie. 9.1 Artikel 3 van die Wysigingswet op die Bewysreg, 45 van 1988 lees as volg: 3 Hoorsê-getuienis

9 (1) Behoudens die bepalings van enige ander wet, word hoorsêgetuienis nie by strafregtelike of siviele verrigtinge as getuienis toegelaat nie, tensy- (a) elke party teen wie die getuienis aangevoer staan te word tot die toelating daarvan as getuienis by die verrigtinge toestem; (b)... (c) die hof, met inagneming van- (i) die aard van die verrigtinge; (ii) die aard van die getuienis; (iii) die doel waarvoor die getuienis aangebied word; (iv) die getuieniswaarde van die getuienis; (v) die rede waarom die getuienis nie afgelê word deur die persoon van wie se geloofwaardigheid die getuieniswaarde van daardie getuienis afhang nie; (vi) enige benadeling wat die toelating van daardie getuienis vir 'n party mag inhou; en (vii) enige ander faktor wat na die hof se oordeel in aanmerking geneem behoort te word, van oordeel is dat daardie getuienis in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word. 9.2 Die aanwending van hierdie betrokke artikel is breedvoerig bespreek deur Navsa AR in Makhathini v Road Accident Fund 2002[1] All SA 413(A) te 423 425. Deur toepassing van Navsa AR se voormelde benadering bespreek ek

10 vervolgens nou die gewraakte getuienis aan die hand van die riglyne neergelê in die betrokke artikel. 9.3 Ek neem in ag dat hierdie getuienis gelei is tydens n siviele verhoor waartydens beide partye deur baie ervare prokureurs verteenwoordig was. Ek neem verder in ag dat die getuienis klaarblyklik aangebied was as n wesenlike element ter bewys van die Eiser se bedrag van skadevergoeding. Verder let ek daarop dat die hoorsê mededelings afkomstig was van n amptenaar van die wynkelder, wat uiteraard self eerstehands breedvoerige kennis daaroor sou hê. Dit blyk nie op die oorkonde waarom die amptenaar van die wynkelder nie geroep is om getuienis te lewer nie, maar aanvaar ek dat dit bloot n nalate was van die eiser se prokureur. Wat benadeling aanbetref is daar niks op die oorkonde wat benadeling aan die Verweerder suggereer nie. Mnr Danzfuss het ook nie gepoog om sodanige benadeling aan te toon teen die Verweerder sou die getuienis toegelaat word nie.

11 9.4 n Faktor wat vir my die deurslag gee, is die feit dat daar nooit beswaar aangeteken was deur die Verweerder se prokureur teen die aangebode getuienis nie. Verder het die Verweerder self ook nie enigiets tot die teendeel getuig of Botha se getuienis daaroor aangeval of gekritiseer nie. Na my mening is dit duidelik dat, as hierdie getuienis uitgesluit sou word, daar kwalik n herberekening op appél gedoen sou kon word ten einde die Eiser se skade te bepaal. Die partye is ad idem dat die Eiser skade gely het a.g.v. die Verweerder se nalatige en onregmatige optrede. Dit sal vir die Eiser ontsettend moeilik wees om op hierdie stadium nou sy eis te moet bewys indien hierdie Hof absolusie van die instansie toestaan, wat dalk die noodwendige gevolg sou wees indien hierdie voormelde hoorsê getuienis nie toegelaat word nie. Vir dié redes is ek die mening toegedaan dat die getuienis oor die bedrag wat per ton uitbetaal is, wel toegelaat behoort te word, sodat die belange van geregtigheid gedien kan word. 10. Mnr Danzfuss het ook die landdros se uitspraak gekritiseer

12 omrede hy nie voorsiening gemaak het vir die Eiser se koste om sy oes te produseer nie. Verder het hy ook daarop gewys dat daar getuienis was dat die suidelike deel van die Eiser se landerye baie beter geproduseer het as die noordelike deel en dat daar geen getuienis op rekord is wat aandui waar die geaffekteerde area geleë was nie. Hierdie is weliswaar geldige kritiek, maar is ek die mening toegedaan dat hierdie Hof tot die beste van sy vermoë n herberekening behoort te doen van Eiser se skade aan die hand van die beskikbare materiaal voor hom. Sien in dié verband: Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981(1) SA 964(A) te 970 A-B per Diemont AR:...that the Court doing the best it can with insufficient material may have to form conclusions on matters on which there is no evidence and to make allowance for contingencies even to the extent of making a pure guess. Sien verder ook: Caxton Ltd and Others v Reeva Forman (Pty)Ltd and Another1990(3) SA 547(A) te 573 I;

13 Hushon SA (Pty)Ltd v Pictech (Pty)Ltd and Others 1997 (4) SA 399(HHA)te 412 G-H. 11. Mnr Danzfuss het aangevoer dat ons nie die benadering van die voormelde gewysdes behoort te volg nie, aangesien die Eiser versuim het om alle redelike stappe aan te wend om die nodige getuienis voor die hof a quo te plaas ten einde sy eis op n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Dit is inderdaad korrek dat daar sò n voorbehoud gekoppel word aan hierdie benadering. In Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) te 632 B-D verduidelik Van Winsen Wn AR die bestaansrede vir hierdie voorbehoud as volg: Die rede vir so 'n voorbehoud is dan ook ooglopend. Word 'n hof onder 'n verpligting gestel om te poog om op die grondslag van onvolledige getuienis 'n berekening van skade te maak in die geval waar daar inderdaad afdoende of dan wel vollediger getuienis van skade beskikbaar is, kan dit ex post facto blyk dat die hof se berekenings nie met die werklikhede strook nie en 'n onreg kan maklik die een of die ander van die partye aangedoen word. Word die weerhouding van beskikbare getuienis ten opsigte van skade eenmaal deur die howe op dié wyse geoorloof kan dit maklik gebeur dat 'n

14 party doelbewus getuienis weerhou in die hoop dat die hof se skadeberekening meer in sy guns sal uitval as wat die geval sou gewees het, indien hy die beskikbare getuienis wel voor die hof geplaas het. Die alreeds moeilike taak wat op 'n hof berus in verband met skadebepaling sou daardeur oneindig moeiliker gemaak kon word, en die faktore wat meewerk tot die skep van onsekerheid by sodanige bepaling sou vermenigvuldig word. Ek is egter van mening dat daar nie, wat die onderhawige geval aanbetref, meriete in Mnr Danzfuss se submissie is nie. Die Eiser het, onmiddellik na die voorval, moeite gedoen om n taksateur, Botha, se deskundige hulp in te roep om sy skade te probeer kwantifiseer. Hy kon tog nie op daardie stadium voorsien het dat Botha so n powere getuie sou wees dat sy prokureur aan die einde van die dag glad nie op sy getuienis kon steun nie. Die Eiser het self berekeninge gedoen, state tydens die verhoor ingedien en na die beste van sy vermoë aan die hof a quo voorgehou die wyse van sy berekeninge en slotsom waartoe sy berekeninge hom gebring het. In SentrachemBpk v Wenhold 1995(4) SA 312 (A) het dit ook gegaan oor die bewys van oesverlies as skade waar n stof die

15 oeste aangetas het. Op 327 B-F bevind FH Grosskopf AR as volg: Na my oordeel het die eiser sy basiese eis van oesverlies bewys, en kon dit nie van hom verwag word om ook elke denkbare of selfs ondenkbare ondergeskikte aspek wat nooit in geskil geplaas was, te bewys nie. In strafsake geld die beginsel dat die Staat, op wie die bewyslas deurgaans rus, nie verplig is om elke denkbare punt waarop 'n beskuldigde moontlik sou kon steun, by voorbaat te weerlê nie. (In R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) het Malan AR soos volg op 738A opgemerk: 'In my opinion, there is no obligation upon the Crown to close every avenue of escape which may be said to be open to an accused.' Dit was 'n minderheidsuitspraak wat later met goedkeuring aangehaal is in S v Rama 1966 (2) SA 395 (A) op 401A-C; en S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 182G-H.) Na my mening geld hierdie beginsel a fortiori in die geval van 'n siviele geding. Ek vereenselwig my respekvol met hierdie benadering van die geleerde Appélregter. 12. In die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat die mees sinvolle en gepaste modus operandi ten einde die Eiser

16 se skade te bepaal, wel dié is soos wat die landdros gevolg het, met die voorbehoud dat sy verkeerde feitebevindinge en aannames gekorrigeer moet word. Daarvolgens word die Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar (1995, 1996 en 1997) bepaal in terme van ton per hektaar. Dit word dan vermenigvuldig met die totaal hektaar geaffekteerde land (1,5 hektaar) en met die bedrag waarde van n ton nat druiwe (R830.00 per ton). 13. Derhalwe word op die aangebode getuienis die volgende feitebevindinge gemaak ter berekening van die Eiser se skade: 13.3 Totale tonnemaat nat druiwe vir 1995: 74 ton op 7 hektaar wingerd, met n gemiddelde opbrengs van 10,57 ton per hektaar. 13.3 Totale tonnemaat nat druiwe vir 1996: 106 ton op 7 hektaar, met n gemiddelde opbrengs van 15,14 ton per hektaar

17 13.3 Totale tonnemaat nat druiwe vir 1997: 191 ton op 10.5 hektaar, met n gemiddelde opbrengs van 18,19 ton per hektaar. 13.3 Dit beteken dus dat die gemiddelde opbrengs vir n periode van drie jaar vanaf 1995 tot 1997 14,63 ton per hektaar is en die Eiser se verlies n totaal van 21,94 ton was. As die waarde van n ton nat druiwe as R830.00 aanvaar word, dan is die Eiser se skade die bedrag van R18 210.20 14. Die voormelde berekeninge berus op die volgende aannames en/of feitebevindinge: a) Die partye het ooreengekom tydens die verhoor dat die druiwe verbou is gedurende 1995 en 1996 op 7 hektaar grond en in 1997 op n bykomende 5 hektaar grond wat in totaal 12 hektaar daarstel. Van die voormelde 1997-syfer

18 moet natuurlik die 1,5 hektaar grond wat deur die gif besmet is afgetrek word, sodat die 1997 oes inderdaad op 10,5 hektaar verbou is. Hierdie ooreenkoms bind uiteraard hierdie Hof wanneer die herberekening gedoen moet word. b) Die Eiser se getuienis dat vier ton nat druiwe een ton rosyne oplewer word aanvaar. c) Die druiwe wat aan ene Mnr Kossatz gelewer is gedurende 1997 is heeltemal buite rekening gelaat. d) Die berekening is gedoen oor Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar vanaf 1995 tot 1997, omdat daar ook boekstawing daarvoor is, te wete Eiser se state. Ek verkies dié benadering bo dié soos voorgestel deur Mnr Danzfuss, naamlik dat die buurman, Van Wyk, se getuienis hieroor inaggeneem moet word. Van Wyk het

19 die grond by die Eiser oorgekoop na die voorval en sy getuienis het gehandel oor die druiwe wat hy op die grond geoes het vanaf 1998 tot 2000. Hy het egter geen stawende dokumentasie voorgelê vir die syfers wat hy voorgehou het in sy getuienis nie. 15. Uit hoofde van die voorafgaande dus is ek tevrede dat, op die aangebode getuienis en met die korrigering van die landdros se verkeerde feitebevindinge hierdie Hof na die beste van sy vermoë die Eiser se skade kan bepaal op R18 210.20. 16. Die volgende vraag wat ontstaan is die kwessie van rente. Hierdie is n ongelikwideerde eis en is die Eiser geregtig op rente vanaf die datum van betekening van sy dagvaarding of aanmaning, welke datum ookal vroeër is. Eiser se reg op rente spruit voort uit die bepalings vervat in art 2(A)(1) saamgelees met art 2(A)(2)(a) en art 4 van Wet 55 van 1975. Mnr Van Niekerk het namens die Eiser toegegee dat die aanmaning

20 soos vervat in die stukke nie voldoen aan die omskrywing soos vervat in die voormelde Wet nie. Vervolgens is die Eiser dus geregtig op rente teen die statutêr voorgeskrewe koers vanaf die datum van betekening van sy dagvaarding. 17. Wat koste aanbetref het Mnr Van Niekerk heeltemal tereg toegegee dat, aangesien die Verweerder op appél daarin geslaag het om die bedrag wat die landdros toegeken het as vonnis te verminder, die Verweerder geregtig sal wees op die koste van appél. 18. Ek reik vervolgens die volgende bevel uit: 18.1Die landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met die volgende: a) Daar word vonnis verleen ten gunste van die Eiser in die bedragvan R18 210.20;

21 b) Die Verweerderword gelas om rente te betaal op die voormelde bedrag teen 15.5% per jaar vanaf die datumvan betekeningvan die dagvaardingop hom; c) Die Verweerder word gelas om die Eiser se koste te betaal. 18.2Die Eiser word gelas om die Verweerderse koste van die appél te betaal. SA MAJIEDT REGTER Ek stemsaam:

22 HJ LACOCK REGTER NAMENS APPELLANT: ADV FWA DANZFUSS I.O.V. DUNCAN & ROTHMAN NAMENS RESPONDENT: ADV JG VAN NIEKERK I.O.V. HAARHOFFS ING DATUMVAN VERHOOR: 2002-05-20 DATUMVAN UITSPRAAK: