E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

Similar documents
E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

BenguFarm Bestelvorm

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Finansieel Gesproke 1

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Gefokus, standvastig en oopkop

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

SIZA takes the sting out of auditing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Presidentsrede by die agt-en-tagtigste algemene jaarvergadering van aandeelhouers

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

NUUSBRIEF JUNIE 2008

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Rut: n Liefdes Verhaal

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

akkurate onderskrywing Santam het die hulp van alle makelaars nodig om te verseker dat die risiko-adres van alle polishouers reg is.

voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Mandala Madness Deel 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

rr (r ~,~ VOORLOPIGE ONDERSOEK NA INFORMELE VESTIGING IN STELLENBOSCH

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Direkte en indirekte rede *

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Tariewe

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die toerismebedryf is hard hierdeur getref, selfs voordat die eerste fluitjie geblaas het.

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Universiteit van Pretoria

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Transcription:

Castle Walk Corporate Park Block B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000٠ Fax +27 (0) 12 484 2001/2 E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S Tabel 1: Sleutel-markaanwysers Mei 2009 JUNIE 2009 MARKONTLEDING AANWYSER 29 Mei 2009 Sluitingspryse Maandelikse beweging Verwagting vir die maand Alle aandele indeks (ALSI) 22771 2124(+10.29) Sywaarts Nywerheidsindeks 20644 644 (+3.22%) Sywaarts Goudindeks 2793 607 (27.77%) Sywaarts Finansiële indeks 15429 365 (+2.42%) Sywaarts SA Eiendomsindeks 296-11 (-3.90%) Sywarts Rand/dollar R8.05/$ R0.62 (7.15%) R7.90/$ -R8.20/$ Goudprys $976 +$77 (+8.60%) Daling Dow Jones 8500 314 (+3.84%) Sywaarts FTSE-100 4417 174 (+4.11%) Sywaarts Nikkei 9522 1028 (+12.11%) Sywaarts Hang-Seng 18171 2651 (+17.08%) Sywaarts Alle Effekte indeks (ALBI) 287856-1367 (-0.47%) Toename Ondanks die siening van verskeie ontleders dat die huidige styging in aandelepryse slegs n regstelling in n beermark is, is Dynamic Wealth van mening dat genoeg fundamentele bewyse bestaan dat die draaipunt op aandelemarkte op 3 Maart 2009 was. Dit beteken dat aandelepryse reeds weer n bulfase beleef. Gevolglik het Dynamic Wealth sy batetoewysing vir al sy multibestuurde-fondse verander en is tans oorgewig in aandele. Dynamic Wealth se eie enkelbestuurde fondse kon gevolglik ook die maksimum voordeel trek uit die sterk styging in die ALSI op die JSE, wat met 25.7% toegeneem het tussen 3 Maart 2003 en 29 Mei 2009. Alhoewel ons fundamenteel verwag dat pryse vir eers sywaarts gaan beweeg gedurende die volgende paar maande verwag ons dat aandelepryse hul opwaartse neiging vanaf die derde kwartaal gaan voortsit. Die aankondiging deur City Group in die VSA op 3 Maart 2009 dat n wins in die eertse kwartaal verwag word, het die sterk herstel in aandelepryse op Wall Street in New York ingelei. Gedurende die daaropvolgende twee maande het vyf belangrike fundamentele Page 1 of 8

ekonomiese veranderlikes n draaipunt bereik en positief begin beweeg. Dit het die sterk styging in aandelepryse oor die wêreld verder ondersteun. Hierdie vyf veranderlikes is: Drie opeenvolgende maande aan stygings in huisverkope in die VSA; Die styging in duursame kleinhandelverkope in die VSA; Die skerp styging in internasionale oiliepryse (en opeenvolgende skerp toenames in die pryse van ander kommoditeite): Die toenames in Chinese en Japanese vervaardigingsproduksie; en Beter as verwagte ekonomiese groeisyfers vir die VSA, China en Indië vir die eertse kwartaal van 2009. Plaaslik het die belastingverligting soos aangekondig deur die minister van finansies asook die daling in die repokoers by vier agtereenvolgende maandelikse vergaderings met vier persentasiepunte verwagtinge laat opvlam dat private vebruiksbesteding gedurende einde vanjaar stelselmatig sal begin toeneem. In reaksie op die positiewe internasionale stemming het buitelandse beleggers se risiko vir aptyt teruggekeer soos blyk uit die sterk toename in buitelandse portefeuljebeleggings en die verstewiging van die randwisselkoers oor die laaste twee maande. (Sien Figuur 1) Beide die genoteerde eiendomsmark en die effektemark het ondanks die skerp daling in rentekoerse sywaarts beweeg. Ons verwag egter dat die markte sterk positief kan beweeg binne die volgende paar maande. Figuur 1: Die sterk omgekeerde verwantskap tussen die ALSI en die R/$-wisselkoers Page 2 of 8

TEGNIESE ONTLEDING FIGUUR 2: DIE TOP-40 INDEKS FTSE/JSE Africa Top 40 (20,390.44, 20,390.44, 19,600.97, 19,736.69, -653.750) 32500 LS Head L O Neckline RS 32000 31500 31000 30500 30000 29500 29000 28500 28000 27500 27000 26500 26000 25500 25000 24500 24000 23500 23000 22500 Resistance 22000 21500 48.5% decline M Support 15500 15000 14500 March April May June July August September November December 2009 February March April May June July August Septem 21000 20500 20000 19500 19000 18500 18000 17500 17000 16500 16000 Die Top-40 indeks het presies vertoon soos in die vorige verslag in Maart voorspel. Daarin is aanbeveel dat aandele gekoop behoort te word vanwee die verwagting van n sterk lopie tot vlakke van 20 500 punte. Nadat die indeks met 32.7% verstewig is, is ons die mening toegedaan dat daar vir eers n sywaartse beweging sal wees oor die volgende paar maande. EKONOMIESE ONTLEDING INTERNASIONAAL Verskeie ekonomiese aanwysers toon dat die wêreldekonomie steeds besig is om te verklein, hoewel teen n stadiger pas. Vroeë aanwysers dui daarop dat die skerp inkrimping in bruto binnelandse produk (BBP) wat verlede jaar in talle lande geregistreer is, in die eerste kwartaal van 2009 (K1 2009) voortgesit is. Nietemin het die tempo van inkrimping in die Amerikaanse (VSA) ekonomie tog in (K1 2009) verklein. Hoewel die ekonomiese herstel stadig en uitgerek sal wees, is die vroeë aanduidings daarvan goeie nuus want net soos die Amerikaanse ekonomie die wêreldekonomie n resessie ingelei het, so sal die VSA die wêreldekonomie daaruit lei. n Ontleding van die vertoning van verskeie groot lande is verwarrend weens die gebrek aan n universeel aanvaarde maatstaf vir die verandering in BBP. So byvoorbeeld gebruik die VSA die seisoensaangepaste kwartaal oor kwartaal verandering in BBP uitgedruk in n jaarkoers (KoKsaa Tabel 2) as maatstaf, terwyl Brittanje en die Eurogebied die seisoensaangepaste kwartaal oor kwartaal seisoensaangepaste (KoKsa Tabel 3) Page 3 of 8

verandering (nie uitgedruk in n jaarkoers nie) as maatstaf gebruik. China daarenteen gebruik die jaar oor jaarmetode met geen verwysing na kwartaalikse veranderings nie. In die opsig het die Amerikaanse owerhede Tabel 2 aangekondig dat die ekonomie in die eerste 2008 2008 kwartaal met 5.7% (Tabel 2) gekrimp het. Indien K1 K2 K3 dit vergelyk word met Brittanje en die Eurogebied se aankondigings van onderskeidelik -1.9% en -2.5% (Tabel 3) kan dit wanvertolk word dat die Amerikaanse ekonomie baie swakker vertoon. Deur die Amerikaanse syfer egter nie in n jaarkoers uit te druk nie verander die -5.7% na -1.46%. Seisoensaangepaste KoK % verandering in BBP in jaarterme 2008 2008 2009 K4 K1 SA 1.7 5.0 0.2-1.8-6.44 VSA 0.87 2.83-0.51-6.34-5.72 VK 1.61 0.0-2.77-6.25-7.39 Euro 2.42-1.19-1.20-7.01-9.63 Japan 1.5-2.2-2.9-13.5-14.2 Voorts was die inkrimping van -1.46% in (K1 2009) minder as die -1.62% van K4 2008. Daarteenoor is die ekonomieë van Brittanje, die Eurogebied en Japan steeds besig om vinniger te verklein. China se (nie-vergelykbare) jaar oor jaargroeikoerse was 6.1%, wat heelwat minder is as die 10% van verlede jaar. Tabel 3 Seisoensaangepaste KoK % verandering in BBP 2008 K1 2008 K2 2008 K3 2008 K4 2009 K1 SA 0.43 1.24 0.05-0.46-1.65 VSA 0.22 0.70-0.13-1.62-1.46 VK 0.4 0.0-0.7-1.6-1.9 Euro 16 0.6-0.3-0.3-1.8-2.5 Japan 0.4-0.6-0.7-3.6-3.8 Dat die wêreldekonomie egter aan die herstel is blyk uit die stygings in kommoditeitspryse, aandelemarkte en aanwysers oor wêreldhandel. Die energie-owerhede het reeds hul ramings oor olieverbruik vir vanjaar opwaarts aangepas wat bygedra het dat die olieprys tot $72 per vat gestyg het vanaf Januarie se vlakke van $40. Hoewel die styging oordrewe is in n krimpende wêreldekonomie, moet in gedagte gehou word dat die olieprys nooit tot onder die nie-lewensvatbare vlak van $45 moes gedaal het nie. Dieselfde geld vir die skerp dalings in aandelemarkte, wat onlangs tot meer aanvaarbare vlakke herstel het. Wat wêreldhandel betref het die Baltic Dry-indeks n aanduider van handel in droeë goedere weer begin styg. Die verbetering in die aanwysers - ondanks swakker BBP en werkloosheidsyfers - is normaal aangesien dit op toekomsverwagtings gegrond is terwyl die BBP en werkloosheidsyfers sloerende aanwysers is. n Voortgesette skerp herstel in die aanwysers behoort egter na hul stewige lopies af te plat na matige groei. SUID-AFRIKA Tabelle 2 en 3 hierbo toon dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in (K1 2009) meer gekrimp het as die VSA ekonomie, maar die inkrimping was nie so erg as die van die VK, Eurogebied en Japan nie. Tog is daar n duidelike verskil deurdat die VSA ekonomie se inkrimping verklein het teenoor die inkrimpings van Suid-Afrika (SA), die VK, Eurogebied en Japan wat verdiep het. Dit blyk ook dat die Suid-Afrikaanse ekonomie eers sal herstel nadat die VSA ekonomie weer groei getoon het. Tot dan sal die SA ekonomie egter aanhou krimp, maar waarskynlik in n stadiger tempo as die 6.4% van (K1 2009). Die herstel in die SA ekonomie is afhanklik van die herstel in internasionale vraag wat n herstel in die VSA ekonomie vereis. Dit sal die Europese en Asiatiese ekonomieë SA se grootste handelvennote ondersteun, wat SA se uitvoer kan vergroot. Die proses behoort aangevul te word deur die laer rentekoerse plaaslik, groter staatsbesteding en lae-inkomste werkskepping voortspruitend uit openbarewerkeprogramme. Die herstel kan in (K4 2009/K1 2010) aanvang neem. Page 4 of 8

TABEL 4: KERN EKONOMIESE AANWYSERS EKONOMIESE AANWYSER Jongste* Periode Vorige 2008 2007 Verbruikersprysinflasie (VPI) Inflasieteiken 8.4% Apr 8.5% 11.5% 7.1% Produksieprysinflasie: (PPI) 2.9% Apr 5.3% 14.2% 10.0% Groei in M3 Geldvoorraad 8.8% Apr 10.6% 13.6% 22.2% Kredietverlening aan private sektor 8.7% Apr 8.5% 13.6% 23.7% Repokoers 7.5% Mei 8.5% 11.5% 11.0% Prima Koers 11% Mei 12.0% 15.0% 14.5% Lopende rekeningtekort werklike bedrag (R miljard) -R33.3 K 4 -R52.8 R169.2 R146.1 Handelstekort/surplus/(R miljard) SARS bedrag **) -R20.5 Apr -R19.0 -R64.5 -R69.3 Buitelandse aankope: Aandele en Effekte (R miljard): Kumulatief R10.1 Apr R8.1 -R74.7 R83.8 Reserwes na Finansiering van Lopende Rekeningtekort (R miljard) R0.2 Apr R1.04 R26.1 R47.8 Netto buitelandse Reserwes ($ miljard) $34.5 Mei $33.5 $33.5 $31.3 Ekonomiese Groei (verandering in BBP) -6.4% K 1-1.8% 3.1% 5.1% Kleinhandelverkope -6.7% Apr -4.9% 0.1% 6.5% Vervaardigingsproduksie Volume -11.7% Apr -15.1% 0.9% 4.6% Werkloosheid (amptelike definisie) 23.5% K 4 21.9% 23.2% 25.5% * Die terme periode, jongste en vorige verwys na die jaar-tot-jaar groei in die betrokke aanwyser vir onderskeidelik die jongste beskikbare en vorige maand. Ekonomiese groei verwys egter na die groei in een kwartaal na n volgende kwartaal, uitgedruk in jaarterme en aangepas vir seisoensfaktore vorige verwys dus na die groei tussen die vorige twee kwartale. Kumulatiewe syfers verwys na die totale bedrag van die begin van die jaar tot die jongste en vorige maande. Die repo- en primakoers verwys na die koers op die vorige rentekoersvergadering en jaareinde koerse. ** Die handelstekort van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens soos bo aangetoon verskil van die werklike bedrag wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word omdat die Reserwebank ook handel na die doeane-unie insluit. Ekonomiese groei Die Suid-Afrikaanse Reserwebank moes sy ekonomiese groeiraming vanuit die bestedingskant van die ekonomie met R16.2 miljard (seisoensaangepas uitgedruk in jaarterme) afwaarts aanpas om dit in ooreenstemming te bring met Statistieke SA se raming dat die land se bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal van 2009 met 6.4% gekrimp het. Die werklike daling was R6.99 miljard. Die verskil tussen die twee ramings oorskry die vlak van R10 miljard sedert 2007 en is besig om in n bron van kommer te ontwikkel. Onderafdelings van BBP n Daling in huishoudingsbesteding en groot daling in uitvoerverdienste is die hoofredes waarom die seisoensaangepaste (sa) BBP (nie uitgedruk in jaarterme nie) met 1.7% gekrimp het in (K1 2009). Dit volg op die inkrimping van 0.46% in (K4 2008). Bruto binnelandse besteding (BBB) het egter steeds gegroei maar dit was hoofsaaklik vanwee n Page 5 of 8

laer tempo waarin voorraad opgebou word asook positiewe groei in staats- en investeringbesteding (Sien Tabel 5.) Tabel 5 Kwartaalikse verandering in Seisoensaangepaste reële BBP Huishoudings Regering Investering BBB Uitvoer Invoer BBP 2008 K2 0.31-0.52 1.27-0.42 9.27 1.93 1.24 2008 K3-0.24 2.46 1.77 0.17 0.99 1.16 0.05 2008 K4-0.67 0.88 0.74-0.99-4.38-5.14-0.46 2009 K1-1.26 1.45 0.65 0.55-18.12-7.71-1.65 Huishoudings Huishoudings het vir die derde agtereenvolgende kwartaal die tempo waarin hulle bestee ingekort. Tabel 5 toon dat die tempo van inkorting versnel het van -0.24% in (K3 2008) tot - 1.3% in (K1 2009). Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se jongste kwartaalblad het huishoudings hul besteding op al drie kategorieë van goedere ingekort. Besteding op duursame goedere het met n yslike 19.2% gekrimp (20.1% in K4 2008), terwyl die inkortings op semi-duursame en nie-duursame goedere onderskeidelik -7.9% en -12.2% was. Besteding aan dienste het egter weer versnel tot n koers van 7.5% na n inkrimping van -0.1% in (K4 2008). Terwyl huishoudingbesteding met n stygende 1.26% gekrimp het, het hul besteebare inkome ook gekrimp, maar met n kleiner -1.14%. Gevolglik het huishoudings se koers van ontsparing voortgeduur. Die tempo van ontsparing het egter met 56% gekrimp in K1 2009 tot 0.1% van besteebare inkome (0.2% in K4 2009). Met besteebare inkome wat gedaal het maar kredietopname wat steeds gestyg het, het huishoudings se skuld tot besteebare inkomeverhouding tot 76.7% in K1 2009 gestyg. Danksy die laer rentekoerse het hul skuldbetalingverhouding (rentebetalings as % van besteebare inkomste) van 11.7% in (K4 2008) gedaal tot 10.9% in (K1 2009). Regering Die besteding van die algemene regering het versnel van n KoKsa van 0.9% in (K4 2008) tot 1.45% in (K1 2009). Dit was hoofsaaklik weens n toename in regeringsverbruiksbesteding. Investering deur die regering het van 2.3% in (K4 2008) tot 0.6% in (K1 2009) afgeplat (KoKsaa). Die stadige pas waarin die regering investeer is n bron van kommer aangesien die ekonomie die positiewe vermenigvuldigereffek van investering op werkgeleenthede verbeur in moeilike ekonomiese tye. Page 6 of 8

Reële Bruto Vaste Kapitaalvorming (Vaste Investering) Vaste investering het in op n Koksa grondslag in K1 2009 met 0.65% toegeneem wat heelwat stadiger is as die o.74% in K4 2009. Die verlangsaming is te wyte aan beide die regering en private sektor wat teen n stadiger pas investeer. Daarteenoor het staatskorporasies hul investering versnel van 4.1% (Koksaa) in K4 2008 tot 6.4% in K1 2009. Tekort op die Lopende Rekening van die Betalingsbalans (CAD) Volgens die Reserwebank het die tekort op die lopende rekening betalings aan buitelanders min ontvangste van buitelanders in K1 2009 tot 7% van BBP gestyg vanaf 5.8% in K4 2008. Die syfer is egter een van talle wat deur die Reserwebank gemaak is die werklike lopenderekening-tekort is in KoKsaa uitgedruk wat n misleidende aanwyser is. Tabel 6 toon dat die werklike lopenderekening-tekorte in K4 2008 en K1 2009 bykans dieselfde was teen R33 miljard. Dus is die versnelling van 5.8% van BBP tot 7% van BBP hoofsaaklik te wyte aan die seisoensaanpassing van die werklike syfer (hoewel die kleiner BBP ook n rol gespeel het). In die opsig het die Reserwebank die werklike syfer van R33.5 miljard met 22% opwaarts aangepas om aan te neem dat die CAD R41 miljard was in K1 2009 waarna dit uitgedruk is in n jaarkoers wat die VAD op R163 miljard te staan sal bring vir die jaar. Dit is duidelik n aangepaste syfer wat ongeloofwaardig is, maar tog as die evangelie verkondig word deur die Reserwebank en media. Nietemin, die werklike tekort was gemaklik deur buitelandse kapitaalinvloeie gefinansier. Die Reserwebank was egter nie in staat om die hoofbron van invloeie te identifiseer nie - die grootste invloei van R20.9 miljard spruit uit die item onaangetekende transaksies. Wat egter verwelkom word is die omkeer in risiko-aptyt deur buitelandse beleggers. Buitelanders het in K1 weer plaaslike aandele en effekte van R9 miljard gekoop, nadat sowat R57 miljard in K4 2008 verkoop is. Die welkome terugkeer van risiko-aptyt is nog n vroeë aanduiding dat die onderste draaipunt in die wêreldekonomie naby is. Tabel 6 Werklike Lopenderekening-tekort (CAD) en sy komponente Handeltekort Dienstetekort Inkomstetekort Doeane-unie CAD (R.miljard) % van (R.miljard) % van (R.miljard) % van (R.miljard) % van (R.miljard) totaal totaal totaal totaal 2008 K4 6.050 18.2 5.397 16.2 15.990 48.0 5.867 17.6 33.304 2009 K1 9.916 29.6 3.844 11.5 12.975 38.7 6.806 20.3 33.541 Inflasie en rentekoerse Ondanks die skerp daling in vraag, gaan die styging in verbruikerspryse (verbruikersprysinflasie VPI) hoog bly. Dit is hoofsaaklik omdat talle strukturele probleme in die ekonomie n sneller afplatting in die VPI verhoed. Boonop gaan faktore soos n Page 7 of 8

stygende olieprys en verdere groot stygings in elektrisiteitstariewe nie sommer sy greep op die VPI verslap nie. Die stewige randwisselkoers behoort egter sommige van die VPIverhogende druk te verlig. Ondanks die negatiewe prentjie behoort die Reserwebank die repokoers met nog 50 basispunte te verlaag veral omdat die inflasieprentjie aanstaande jaar efeens rooskleuriger lyk. Gevolgtrekking Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan in K2 en K3 van 2009 verder verswak. Besteding deur huishoudings sal onder druk bly, terwyl die groei in hul besteebare inkomste negatief sal wees (weens onder meer afdankings). Vaste investering kan selfs verklein weens die stadige pas van staatsinvestering wat in n mate moes vergoed vir die afplatting in die investering deur die private sektor. Desondanks toon voorlopige ramings dat die ekonomie weer in K4 2009/K1 2009 kan groei danksy n oplewing in Amerikaanse ekonomiese groei wat die res van die wêreld se herlewing kan inlei. Nog n daling van 50 basispunte in die repokoers aanstaande week behoort sodanige herstel te ondersteun. Aandelemarkte behoort egter, as toekomsaanwysers, die herstel vooruit te loop. Prof. Chris Harmse Johann van Tonder Tony Gustavo Chief Economist Economist Senior Trader & Technical Analyst March 2008 Page 8 of 8