Dink Efficient. Verwesenlik potensiaal. Maatskappy Profiel

Similar documents
Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BenguFarm Bestelvorm

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beleid oor Botsing van Belange

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Mosselbaai Munisipaliteit

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

ASPEKTE VAN VERSEKERINGSMAKELAARSADVIES AANDELE-EFFEKTETRUSTBELEGGINGS

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Klik op enige van die onderstaande onderwerpe om meer te lees: Boodskap van die voorsitter van die Raad van Trustees

Tariewe

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

N O V E M B E R

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Maak n kopskuif vir sukses

'N KRITIESE BESKOUING VAN DIE UITWERKING VAN WETSVOORSKRIFTELIK HEID AS 'N OMGEWINGSFAKTOR OP FINANSiijLE VERSLAGDOENING SYBRAND BRONKHORST

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

WATER VIR LANDBOU WIE KRY DIT? WIE BESLUIT? Saamgestel deur Ronald Wesso SURPLUS PEOPLE PROJECT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

PERSPEKTIEWE OOR EFFEKTIWITEIT VIR POLISIERING: POLISIE-EENHEDE IN LOUIS TRICHARDT

DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE KONSEP HERSIENE ALGEMENE BELEID VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VAN VISVANGREGTE: 2013

JAARVERSLAG FINANSIELE VERSLAG

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

NUUSBRIEF JUNIE 2008

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

HOOFSTUK 1. Aankooprisikobestuur: oriёntering, probleemstelling, navorsingsmetodologie, doel en struktuur van die studie. Bladsy

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Ons is eerste! Drie nuwe produkontwikkelings deur Sanlam is baanbrekers

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

LINK MERINO S & Louw Broers

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ʼn Ondersoek na entrepreneuriese oriëntering by geselekteerde openbare skole in Gauteng. J.H Malan

ONDERSOEK NA DIE DAARSTELLING VAN BELEID VIR DIE ORGANISERING VAN SPORT~ EN REKREASIEDIENSTE VAN DIE SUIDELIKE PRETORIA METROPOLITAANSE SUBSTRUKTUUR

Transcription:

Dink Efficient. Verwesenlik potensiaal. Maatskappy Profiel

INHOUD Dink Efficient. Verwesenlik potensiaal. Inleiding Kenmerkend van ons naam 1 Oorsig - Efficient Group Meer Oor Ons 2 Operasionele Struktuur 3 Die Efficient Benadering 4 Volhoubaarheid en Transformasie 4 Korporatiewe Bestuur en Voldoening 5 Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid 5 Efficient Advise Finansiële Beplanning 7 Beleggingsbestuur 8 Kontantbestuur 8 Aandeleverhandeling 9 Korttermynversekering 10 Besigheidsversekering 10 Lewensversekering 11 Batefinansiering 12 Gesondheidsorg 12 Werknemersvoordele 13 Trust- en eksekuteurskapdienste 14 Verslaggewing 14 Voldoening 15 Ons waarborg aan u 16 Kontak ons Agterblad

Inleiding EFFICIENT GROUP KENMERKEND VAN ONS NAAM Die Efficient handelsmerk verteenwoordig ons toewyding aan beleggers en belanghebbendes en dien as die maatstaf vir ons maatskappy se produkte en dienste. Dit omskryf die kwaliteit van ons werknemers se waardes en beginsels en getuig van ons benadering tot dienslewering en sukses. Ons identiteit Die beduidenis van ons maatskappynaam is afkomstig van ons kultuur, en spreek van die ervaring wat kliënte te wagte is wanneer hulle met ons sake doen. Ons naam is direk verwant aan bevoegdheid; n ingesteldheid en kwaliteit sigbaar in ons prosesse, ons filosfie en ons mense. Die simbool in ons logo verteenwoordig ons strewe na uitbreiding en groei, beide vir ons beleggers en ons maatskappy. 1

EFFICIENT GROUP (Vervolg) MEER OOR ONS Die Efficient Group is n geintegreerde, JSE-genoteerde finansiële dienstemaatskappy, met n kenmerkende finansiële dienste-aanbod aan privaat kliënte, institusionele beleggers en finansiële adviseurs. Efficient Group se belange in die finansiële dienstebedryf dateer uit 1999, toe die maatskappy oorwegend batebestuur met ondersteunende administratiewe dienste aangebied het. Sedertdien het ons verskeie vennootskappe gevestig en ons belange in die finansiële dienstebedryf uitgebrei. Ons bied n wye reeks finansiële dienste en produkte deur middel van ons filiaalmaatskappye: - Efficient Advise vir finansiële beplanning, finansiële produkte en adviesdienste - Efficient Select vir batebestuur - Efficient Transact vir bate- en kliënteportefeuljeadministrasie - Efficient Capital vir strategiese beleggings, eiendom- en batefinansiering. Ons kliëntebasis bestaan uit privaatbeleggers, instellings, finansiële tussengangers en pensioenfondse. Efficient Group is n trotse Suid-Afrikaanse maatskappy met besigheidsverbintenisse oorwegend in suidelike Afrika. 2

Oorsig EFFICIENT GROUP BEDRYFSTRUKTUUR - Finansiële Beplanning - Finansiële Produkte - Adviesdienste - Batebestuur - Bate Administrasie - Portefeulje Administrasie - Strategiese Beleggings - Finansiële Produkte en Dienste KLIëNTE - Korporatiewe Kliënte - Privaat Kliënte - Institusionele Kliënte - Korporatiewe Kliënte - Privaat Kliënte - Institusionele Kliënte - Privaat Kliënte - Institusionele Kliënte - Korporatiewe Kliënte - Privaat Kliënte 3

EFFICIENT GROUP (Vervolg) DIE EFFICIENT BENADERING Ons besigheidsfilosofie wat deur elk van ons filiaalmaatskappye gedeel word - is om te verseker dat ons effektiewelik omsien na die behoeftes van al ons belanghebbendes. Ons verstaan dat die verhoudings wat ons met ons kliënte en werknemers het deurslaggewend is vir sukses. Om die rede maak ons seker dat wedersydse waardering, vertroue en langtermyn verhoudings kernwoorde is wat daagliks aangewend word. Ons doelstellings is met oorleg gedefinieer en word deurlopend hersien. Elke filiaalmaatskappy se doelstelling is om volhoubare, winsgewende en effektiewe oplossings aan kliënte te bied. Ons doen dit as volg: Deur ons werknemers; n span hoogsgekwalifiseerde professionele mense met verreikende vermoëns en onwrikbare toewyding. Hetsy in batebestuur, ekonomiese navorsing en ontleding, finansiële beplanning, portefeulje administrasie of voldoening, ons deel almal dieselfde entoesiasme en passie vir uitmuntende dienslewering. Deur ons prosesse; ons skep welvaart, beskerm kapitaal, verminder kostes, verbeter risikobestuur, verskerp oudit- en voldoeningseffektiwiteite, verbeter die doeltreffendheid van dienste en verhoog kliënte tevredenheid. Alle prosedures vir finansies, voldoening, ekonomiese navorsing, menslike hulpbronne, informasie tegnologie, bemarking, en verkope en verspreiding is op n nasionale vlak gestandaardiseer sodat ons in staat is om ondersteuning aan al ons besigheidsfiliale te bied, ongeag waar hulle geleë is. VOLHOUBAARHEID EN TRANSFORMASIE Om kompeterend te bly vereis n perfekte balans tussen strategie en uitvoering; prosesses en administrasie en waarde teenoor koste. Ons onderneem om hierdie balans te handhaaf sonder om ons waardes, integriteit en etiek op te offer. Ons volhoubaarheidsfaktore - strategië, prosesse, mense en kapitaal - word deurgans hersien, en waar moontlik, fokus ons op die sinergieë tussen filiale om meer effektiewe en volhoubare oplossings te ontwikkel en implimenteer, sodat ons maksimale waarde ontgin uit ons maatskappy se infrastruktuur en kundigheid. Die Efficient Group en al sy filiale ondersteun Swart Ekonomiese Bemagtiging, en word ons strategieë toegepas om te verseker dat ons transformasie en SEB doelwitte behaal word. Ons is verbind tot sinvolle en volhoubare transformasie en ons monitor ons vordering deurlopend sodat ons areas kan identifiseer waar ons betrokkenheid en bydraes verbeter kan word. 4

Overview KORPORATIEWE BEHEER EN VOLDOENING Korporatiewe beheer en voldoening is sleutelbeginsels wanneer dit kom by die lewering van finansiële dienste en produkte. Finansiële dienste word met talryke risiko s en formaliteite geassosieer; Efficient Group word op die beginsels van deursigtigheid, regverdigheid, integriteit en toerekenbaarheid bestuur. Voldoening aan wetgewing is by ons veel meer as net n formaliteit. Dit is n bestaanswyse in ons sakebedrywighede, n metodiek wat ons verantwoordelikhede met die verwagtinge van ons belanghebbendes rig, om aan ons n kompeterende voordeel te bied wat berus op vertroue, oortuiging en ware etiese standaarde. Efficient Group beskik oor n toegewyde Voldoeningsafdeling om die nakoming van alle wetgewing wat van toepassing op die maatskappy en sy filiale is, te bestuur. Voldoening en uitstekende korporatiewe beheer is kritiese faktore in ons maatskappy, en ondersteun ons die Kode van Korporatiewe Praktyk en Gedrag soos aanbeveel deur die King III-verslag insake Korporatiewe Bestuur vir Suid-Afrika. Die Efficient Group en alle werknemer is volkome verbind tot n gedragskode wat verseker dat alle besigheidstransaksies met eerlikheid, integriteit, aanspreeklikheid en deursigtigheid uitgevoer word. Ons interne Gedragskode word verder ondersteun deur n gevestigde interne beleid en prosedures wat ontwikkel is om ons belanghebbendes op n gepaste wyse te beskerm. KORPORATIEWE SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID Efficient Group onderneem om n bydrae te lewer tot ekonomiese en sosiale ontwikkeling deur middel van aktiewe deelname in projekte wat gemeenskapsontwikkeling bevorder. Ons sosiale verantwoordelikheidsprogram moedig alle werknemers aan om betrokke te wees. Ons doelwit is om in die gemeenskappe waarin ons optree waarde te skep wat lewens verander en volhoubare voordele bied vir die toekoms. Ons het samewerkingsverhoudings met verskeie plaaslike organisasies vir die lewering van relevante ondersteuning. 5

EFFICIENT ADVISE INLEIDING www.efadvise.co.za Efficient Financial Services (Edms.) Bpk., handeldrywend as Efficient Advise, is in 1999 gestig en n filiaal van die Efficient Group Beperk. Efficient Advise verskaf n reeks persoonlike asook besigheidsverwante finansiële dienste deur middel van ons eie professionele finansiële adviseurs en ook in samewerking met n verskeidenheid spesialis finansiële diensverskaffers. Ons doelwit is om die beste beskikbare produkte en dienste te lewer wat voldoen aan die omvangryke en ontwikkelende behoeftes van ons persoonlike sowel as besigheidskliënte: + Finansiële Beplanning + Beleggingsbestuur + Kontantbestuur + Aandeleverhandeling + Korttermynversekering + Besigheidsversekering + Lewensversekering + Batefinansiering + Gesondheidsorg + Werknemersvoordele + Trust- en Eksekuteurskapdienste + Verslaggewing + Voldoening Ons strewe daarna om in die finansiële dienstebedryf, deur privaat kliënte, klein- tot mediumgrootte besighede en die regulerende owerheid, herken te word as die mees suksesvolle en volhoubare, onafhanklike finansiële handelsmerk in suidelike Afrika. 6

Efficient Advise DIENSTE EN OPLOSSINGS FINANSIËLE BEPLANNING Finansiële beplanning is daarop gemik om u eie of u besigheid se onmiddellike en toekomstige finansiële behoeftes te ontleed, en te verseker dat u langtermyn vereistes, doelwitte en mikpunte bereik word. So n finansiële plan moet u eie, en waar van toepassing, ook u besigheid se spesifieke omstandighede in ag neem. Efficient Advise se ervare beleggingspan het toegang tot n omvattende finansiële behoefte-ontledingstelsel. Dié tegnologie word ook voortdurend aangepas om met die vinnig vernderende finansiële dienste omgewing tred te hou. Ons finansiële beplanners word gekeur op grond van hul kwalifikasies, ervaring en reputasie, en is bevoeg om ons uitsoek kliënte van n omvattende finansiële beplanningsdiens te voorsien, insluitende: + Huidige en toekomstige behoeftebeplanning + Aftreebeplanning + Ongeskiktheid- en ernstige siektebeplanning + Boedelbeplanning + Boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting + Inkomstebelasting Dié ontleding word opgestel om aan elke individuele kliënt se behoeftes te voldoen, en met die toepaslike advies van n Efficient Advise finansiële beplanner word dit in n aanpasbare en verstaanbare Persoonlike Finansiële Plan saamgevat. 7

DIENSTE EN OPLOSSINGS (vervolg) BELEGGINGSBESTUUR Hierdie strategie neem ook u eie of u besigheid se risiko-profiel, beleggingsdoelwitte en toekomstige behoeftes in ag. Die bestuursproses is ontwerp om te verseker dat die portefeuljestruktuur voortdurend aangepas word by veranderinge in u persoonlike omstandighede, asook die sake-omgewing. Die beleggingsomgewing bied menigte beleggingsopsies. Om die magdom faktore en vereistes wat betrekking het tot elke beskikbare tipe belegging te probeer verstaan kan oorweldigend wees. Hierdie faktore kan n beduidende toekomstige impak op enige individu of besigheid se beleggingstrategie hê. Efficient Advise, deur sy eie spesialis bleggingsbestuur filiaal en n aantal derde party beleggingsbestuur deskundiges, bied n reeks beleggingsopsies wat in die behoeftes van alle individue en besighede kan voorsien. Ons dienste sluit volledige ontleding van u bestaande beleggingsportefeulje en die samestelling van n beleggingstrategie in. + Toegewyde finansiële beplanners + Kundige beleggingsnavorsing en -ondersteuning + Deurlopende risiko- en behoefte-ontledingsproses + Wye verskeidenheid goedgekeurde beleggingsprodukte en -dienste + Aandeleportefeuljes + Effektetrustfondse + Fondse van fondse + Internasionale beleggingsoplossings + Versekeringsgebaseerde beleggings KONTANTBESTUUR FINANCIAL PLANNING ongeag u eie of u besigheid se beleggingstrategie, beleggingstermyn of risiko-profiel. Omdat fondse soms nie vir n langtermyn belê kan word nie, verkies baie kliënte om sulke fondse in n standaard daggeldrekening of slefs lopende bankrekening te hou. Die opbrengste op sulke beleggings is dikwels relatief laag. By Efficient Advise verstaan ons die uitdagings om beter opbrengste op korttermynfondse te lewer, en bied ons daarom nommerpas oplosings vir sekere kontantbestuur behoeftes deur twee van Suid-Afrika se vernaamste banke. Dit is altyd raadsaam om te verseker dat n deel van u portefeulje beskikbaar is wanneer u dit benodig, 8

Efficient Advise KONTANTBESTUUR (vervolg) + n Enkele kontakpunt vir alle kontantbestuur behoeftes + Potensiaal om opbrengste op oortollige kontant te verhoog + Onmiddellike toegang tot oortollige kontant + Onafhanklike en onpartydige advies + Geldmark + Daggeld-deposito s + Termyndeposito s + Vaste deposito s + 32-Dae kennisgewing deposito s Aandeleverhandeling word tradisioneel in Suid-Afrika beskou as n diens wat slegs vir welgestelde en tegnies-vaardige individue bedoel is. Die aandelebeurs word dus deur die meerderheid beleggers vermy weens die ingewikkeldheid daarvan. Efficient Advise het, in samewerking met een van Suid-Afrika se top aandelemakelaarsfirmas, n oplossing ontwikkel om die behoeftes en risikoaptyt van bykans elke individu en besigheid te bevredig. Efficient Advise bied makelaar-gebaseerde, volle diskresionêre en nie-diskresionêre portefeulje bestuursdienste en makelaarsdienste, asook die elektroniese verhandeling van aandele. Hierdie dienste geskied deur n wêreldklas elektroniese platform, of direk deur n persoonlike makelaar. Ons bied addisionele ondersteuning deur middel van navorsingsverslae, inligtingsessies en persoonlike konsultasies. Kundige advies in verband met kapitaalwerwing, voorlopige notering asook samesmeltings en oornames van maatskappye is ook beskikbaar op aanvraag. AANDELEVERHANDELING FINANCIAL PLANNING + Direkte toegang na n professionele aandelemakelaar + Toonaangewende elektroniese verhandelingsplatform + Kompeterende fooistrukture + Verlaagde beleggingsintreevlakke + Aandele makelaarsdienste + Portefeulje bestuursdienste + Elektroniese verhandeling + Kundige, onafhanklike navorsing + Persoonlike konsultasies 9

DIENSTE EN OPLOSSINGS (vervolg) KORTTERMYNVERSEKERING FINANCIAL PLANNING Korttermynversekering is n uiters belangrike aspek van finansiële beplanning, vanuit beide n persoonlike- en besigheidsperspektief. Dit word egter selde so deeglik geëvalueer soos die ander faktore wat deel uitmaak van n omvattende finansiële plan. Efficient Advise glo dat korttermynversekering n integrale deel van n finansiële plan moet uitmaak. Ons het dus n korttermynversekeringsdiens ontwerp met die beste beskikbare risiko ontleding, asook geskikte kostestruktuur. Deur middel van hierdie diens poog ons om te voorsien in die uiteenlopende behoeftes van ons kliënte op besigheids- sowel as op persoonlike vlak. Deur ons wêreldklas elektroniese platform en ons strategiese vennootskap met een van Suid-Afrika se voorste risiko diensspesialiste, bied ons kliënte n uitgebreide ontleding van alternatiewe dekkingsopsies en kwotasies. Toegang tot n verskeidenheid korttermynversekeringsalternatiewe stel ons kliënte in staat om die beste oplossing vir hul unieke behoeftes te vind. + n Enkele kontakpunt vir verskillende oplossings + Professionele en gekwalifiseerde versekeringsadviseurs + Deeglike risiko ontleding + Jaarlikse hersiening en prysaanpassingsproses + Persoonlike dekking + Huiseienaarsdekking + Huis-inhouddekking + Voertuig dekking + Alle-risiko dekking + Besigheidsversekering + Vloot voertuigversekering + Spesialis regsaanspreeklikheid + Risiko behoeftebepalings BESIGHEIDSVERSEKERING FINANCIAL PLANNING Die toenemende aantal klein tot mediumgrootte besighede in Suid-Afrika het gelei tot n toename in die behoefte aan toepaslike besigheidsverwante lewensversekeringsprodukte. Daar is ook n wye verskeidenheid oplossings beskikbaar om bykans enige besigheid se lewensversekeringsbehoeftes te bevredig. Om negatiewe belasting en/of boedelbelasting gevolge te vermy is dit van uiterse belang om te verseker dat sulke oplossings korrek saamgestel word. Indien onverwagse of onwaarskynlike gebeure plaasvind, verseker n goed-saamgestelde besigheidsversekeringsplan ook die volhoubaarheid van u besigheid. Efficient Advise het toegang tot die vernaamste Suid-Afrikaanse lewensversekeraars en ons kan u dus voorsien van verskillende alternatiewe, wat u in staat stel om die mees geskikte risiko-oplossing vir u behoeftes te kies. 10

Efficient Advise BESIGHEIDSVERSEKERING + Wye verskeidenheid versekeringsopsies + Onafhanklike advies + Professionele en gekwalifiseerde finansiële raadgewers + Gelykbreek-analise + Voortdurende hersiening en verhouding bestuursproses + Uitgestelde vergoeding + Voorkeur vergoeding + Sleutelpersoonversekering + Koop- en verkoopooreenkomste + Gebeurlikheidsaanspreeklikheid versekering Lewensversekering en persoonlike risikodekking word dikwels as n roukoop beskou maar onderversekering kan katastrofiese gevolge vir u gesin inhou. Hierdie element van enige finansiële plan is uiters belangrik om die hele plan se volhoubaarheid te beskerm teen onverwagse of onwaarskynlike gebeure. In teenstelling met die algemene siening verskaf baie versekeringsprodukte uitstekende opbrengste oor die medium- tot langtermyn. Die enigste nadeel is dat die aard van die produkte verminderde opbrengste oor tyd tot gevolg het. By Efficient Advise het ons toegang tot n verskeidenheid gevestigde Suid-Afrikaanse lewensversekeraars en kan ons dus vir u n wye reeks oplossings vir u spesifieke behoeftes bied. LEWENSVERSEKERING FINANCIAL PLANNING + Verskeidenheid versekeringsopsies + Volkome onafhanklike advies + Professionele en gekwalifiseerde finansiële adviseurs + Persoonlike gelykbreek evaluasies + Deurlopende hersiening en verhouding bestuursproses + Lewensdekking + Ongeskiktheidsdekking + Ernstige siektedekking + Inkomstebeskerming 11

DIENSTE EN OPLOSSINGS (vervolg) BATEFINANSIERING Persoonlike en kommersiële batefinansiering is ingewikkeld van aard en vereis dikwels spesialiteitsinsae en kundigheid. Met die instelling van die Nasional Kredietwet en die toenemende streng kriteria wat uitleners toepas, het dit uiters moeilik geword om batefinansiering te bekom. Vergelyking van die verskeie opsies kan ook gekompliseerd wees aangesien rentekoerse, termyne, lening tot waarde en ander kriteria van uitlener tot uitlener, en per bate verskil. In samewerking met Efficient Asset Finance, verskaf Efficient Advise n vereenvoudigde en effektiewe proses om n spesifieke en selektiewe reeks batefinansieringstransaksies te fasiliteer. Deur middel van n batefinansieringsdeskundige word aansoeke voorwaardelik voor indiening ontleed, om te verseker dat prossessering effektief en sonder oponthoud kan plaasvind. + Toegewyde batefinansieringsdeskundiges + Voltooiing en voorkegging van aansoeke aan geskikte leners + Deurlopende terugvoering tydens die aansoekproses + Voorwaardelike onafhanklike pre-aansoek goedkeuringsproses deur n enkele kontakpunt + Residensiële en kommersiële eiendomsfinansiering + Finansiering vir kantoortoerusting + Afbetalings, bruikhuur- en huurfinansiering van produktiewe bates + Debiteure en bedryfskapitaal finansiering GESONDHEIDSORG FINANCIAL PLANNING gesondheidsorg konsulteringsfirmas, n oplossing ontwikkel om in al u persoonlike- asook besigheid gesondheidsorgbehoeftes te voorsien. Die gesondheidsorgbedryf is geweldig ingewikkeld met vele diensverskaffers, elk met hul eie koste- en voordelestruktuur. Dit is dus tydrowend en moeilik vir meeste individue, sowel as besighede, om die gesondheidsorgopsies te identifiseer wat die beste aan hul behoeftes voldoen. Ons dienste sluit in die verskaffing van deskundiges, wat geraadpleeg kan word oor verskeie skemas en voordele opsies. Die voordele opsies kan aangepas word om in u individuele of besigheidsbehoeftes te voorsien. Ons verskaf ook verslae wat al die voordele en kostes verbonde aan die verskillende opsies teenoor mekaar opweeg. Dit verseker dat enige individu of besigheid n ingeligte besluit kan neemoor gesondheidsorg en skema vereistes. Efficient Advise verstaan hierdie uitdaging. Ons het, saam met een van Suid-Afrika se voorste 12

Efficient Advise GESONDHEIDSORG + n Enkele kontakpunt vir verskeie oplossings + Geakkrediteerde en gekwalifiseerde gesondheidsorg-adviseurs + Onafhanklike en onpartydige ontleding + Deurlopende hersiening en verhoud bestuursproses + Vergelyking van hospitaalplan voordele + Vergelyking van mediesefonds voordele + Gapingsdekking + Administratiewe ondersteuning In die huidige sakeomgewing is dit uiters belangrik dat u besigheid gunstige werknemersvoordele bied wat bekwame personeel aanloklik sal vind. Die werknemersvoordelebedryf is egter relatief ingewikkeld. Die implementerings- en deurlopende kostes verskil aansienlik tussen skemas en is ook direk afhanklik van die tipe werknemersvoordelestruktuur wat oorweeg word. Efficient Advise het, in samewerking met een van Suid-Afrika se voorste werknemersvoordele konsultasiedienste, n oplossing ontwikkel vir die evaluering van n besigheid se werknemersvoordelebehoeftes asook die implementering en deurlopende bestuur daarvan. Ons dienste sluit in die verskaffing van spesialis personeel wat geraadpleeg kan word oor n reeks oplossings, insluitende alleenstaande- en sambreel fondse, sowel as verwante beleggings- en risikobehoefte vereistes. WERKNEMERSVOORDELE FINANCIAL PLANNING + n Enkele kontakpunt vir n verskeidenheid oplossings + Geakkrediteerde en gekwalifiseerde werknemersvoordele raadgewers + Onafhanklike en onpartydige ontleding en advies + Gereelde hersiening en verhouding bestuursproses + Alleenstannde- en sambreelfondse + Omvattende reeks beleggingsalternatiewe + Vergelykende analise met betrekking tot riskovoordele + Opleiding van lede en besigheidskonsultasiedienste 13

DIENSTE EN OPLOSSINGS (vervolg) TRUST EN EKSEKUTEURSKAPDIENSTE FINANCIAL PLANNING Een van die kern komponente van finansiële beplanning is deeglike boedelbeplanning. Dit word egter dikwels agterweë gelaat. Deeglike boedelbeplanning is soms so eenvoudig as om te verseker dat u testament voldoende gestruktureer is om aan u en u familie se toekomstige behoeftes te voorsien. Dit kan egter in sekere gevalle meer ingewikkelde strukturering gedurende u leeftyd vereis. Efficient Trust Beperk, het die oplossing vir u, ongeag die kompleksiteit van u boedel. Ons stel u in staat om n boedelplan te ontwerp wat voldoen aan u eie asook u gesin se voortdurend veranderende behoeftes en omstandighede. + n Enkele kontakpunt vir al u fidusiêre behoeftes + Toepaslike professionele advies + Gevestigde nasionale handelsmerk en infrastruktuur + Onderhandelbare fooie + Boedel- en opvolgbeplanning + Testament en trust dienste + Testamentêre en inter-vivos trusts + Administrasie en likwidasie van bestorwe en insolvente boedels + Sekretariële dienste + Konsultasiedienste VERSLAGGEWING Hoewel standaard verslaggewing beskikbaar is vir alle Efficient Advise beleggers, is dit belangrik om beleggingsopbrengste op n gekonsolideerde basis te hersien. Ewe belangrik is n effektiewe administrasie en rekonsiliasie proses. Dit verseker dat onttrekkings, bykomende beleggings en herbeleggings sorgvuldig verwerk word deur finansiële produkverskaffers, en dat prysfoute vinnig reggestel word. Om hierdie proses te fasiliteer het Efficient Advise n oplossing ontwerp waar alle kliëntebeleggings op een platform gekonsolideer word. Hierdie platform is toegerus met meganismes vir daaglikse prysaanpassings en variasies, wat ons in staat stel om gereelde rekonsiliasies te doen. Efficient Advise se standaard verslag sluit in: n deurlopende waardasieverslag, n kontantvloeistaat en prestasiestatistiek op n gekonsolideerde vlak. Dit stel kliënte in staat om deurlopend die prestasie van hul algehele beleggingsdoelwitte te evalueer. + Gekonsolideerde beleggingsverslag + Vinnige identifisering en regstelling van foute met gepaardgaande besparings + Gereelde prysvasstelling + Maandelikse nuusbrief + Omvattende kontantvloeistate wat alle beleggings, onttrekkings en herbeleggings aandui + Langtermyn gekonsolideerde prestasie verslaggewing + Administratiewe bestuur en ondersteuning 14

Efficient Advise Oor die afgelope dekade was daar beduidende ontwikkelinge binne die finansiële dienste omgewing, insluitende die bekendstelling van toenemend komplekse beleggingsprodukte en strukture. Baie van hierdie word nie deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur nie en kan wesenlike risiko s inhou. By Efficient Advise skakel ons alle produkte en diensteverskaffers uit wat nie deur die Raad op Finansiële Dienste, of n soortgelyke bedryfsliggaam goedgekeur is nie. Verder is elke produk en struktuur wat deur Efficient Advise bemark word vooraf goedgekeur deur ons eie produk- of beleggingskomitee, nadat dit aan n intensiewe goedkeuringsproses onderwerp is. Hoewel dit nie alle risiko s wat met beleggings en beleggingsprodukte gepaardgaan uitskakel nie, verminder dit die kans dat ons kliënte blootgestel kan word aan skemas met onbillike vlakke van bestuurs- en voldoeningsrisiko s. Efficient Advise se voldoeningsproses verskaf gemoedsrus aan ons kliënte aangesien alle Efficient Advise produkte en dienste aan streng riglyne voldoen. Elke afdeling van ons besigheid word aan dieselfde streng riglyne onderwerp, deur ons voldoening en bestuursliggaam. Voldoening + Deeglike produk goedkeuringsproses + Eksterne intensiewe hersiening van ons besigheidsprosesse + Uitgebreide interne voldoeningsinfrastruktuur en -proses + Gereelde oudit van ons FICA- en FAISwetstoepassing + Hersiening deur onafhanklike voldoeningsbeamptes + Gemoedsrus + Wye reeks goedgekeurde produkte en dienste + Gratis konsultasie aangaande enige niegoedgekeurde beleggingsprodukte of strukture 15

EFFICIENT WAARBORG ONS ONDERNEMING AAN U Professionele, bevoegde en onafhanklike advies Absolute eerlikheid en integriteit Toegewyde en volgehoue diens en ondersteuning Gereelde, gerekonsilieerde verslagdoening en terugvoer 16

Dink Efficient. Verwesenlik potensiaal. www.efadvise.co.za

Efficient Financial Services (Edms.) Bpk., handeldrywend as Efficient Advise, is n geregistreerde finansiële diensteverskaffer, FDV 655, en n filiaal van die Efficient Group Bpk. Dink Efficient. Verwesenlik potensiaal. Kontak ons: Delyweg 81 Hazelwood Pretoria 0081 Suid-Afrika Tel: 0860 ADVISE (0860 238473) Faks: +27 (86) 585 9921 info@efadvise.co.za www.efadvise.co.za Efficient Group @EfficientGroup Die simbool in ons logo verteenwoordig ons strewe na groei en uitbreiding, beide vir ons beleggers en ons maatskappy. VRYWARING: Alhoewel alle voorsorg getref is om die akkuraatheid van die inhoud van hierdie brosjure te verseker, aanvaar Efficient Financial Services (Edms) Bpk, handeldrywend as Efficient Advise, geen aanspreeklikheid vir foute of weglatings wat in die brosjure vervat is nie. Die inhoud van die brosjure kan nie beskou word as finansiële advies nie en ken geen regte hoegenaamd toe, afdwingbaar teenoor enige party nie en vervang nie enige wetlike kontrak of beleid wat aan voorafbepaalde bepalings en voorwaardes onderworpe mag wees nie. Efficient Financial Services (Edms) Bpk, handeldrywend as Efficient Advise, behou die reg om ter enige tyd en sonder voorafkennisgewing enige inligting in die brosjure vervat te wysig. Efficient Financial Services (Edms) Bpk handeldrywend as Efficient Advise is n geregistreerde finansiële diensteverskaffer. FSP655