NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Mandala Madness Deel 2

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Finansieel Gesproke 1

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SIZA takes the sting out of auditing

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Mosselbaai Munisipaliteit

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Tariewe

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

RAADSLEDE / COUNCILLORS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

Transcription:

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET INHOUDSOPGAWE 1) MARKTE IN OËNSKOU 2 Bladsy 2) 1.1 Verenigde State van Amerika 1.2 Facebook 1.3 Die Ramaphosa effek 1.4 Blue Chip aandele vaar swakker 1.5 Maatskappy skandale 1.6 2019 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing 1.7 RSA MAKELAARS BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS 3-5 3) GRAFIEKE EN TERUGVOER 6-9 4) PROJEKTE 10 Uittree-annuïteite 5) VOORDELE VAN LEWENDE ANNUÏTEITE 10 6) ALGEMEEN 11 6.1 2018 Belastingopgawes 6.2 Vyf finansiële produkte wat elke persoon moet hê 6.3 Korttermynversekering deur Multi Versekeraars 7) MAANDELIKSE REISPROGRAM 12 7.1 Reisroete 7.2 Adresse van Kantoorlokale 8) RSA PERSONEEL NUUS 13 9) PERSONEEL KONTAKBESONDERHEDE 14 10) BYLAES 15-16 1 B l a d s y

1) MARKTE IN OËNSKOU Plaaslike en internasionale beleggers was ontevrede oor die opbrengste wat gedurende die eerste kwartaal vanaf Januarie tot Maart 2018 gelewer is. Opbrengste het egter teen einde van Mei 2018 reeds heelwat verbeter. Die positiewe opbloei na die goeie nuus van Cyril Ramaphosa se aanstelling as President van Suid-Afrika, was van korte duur. Die aankondiging van grondonteiening sonder vergoeding was 'n groot ekonomiese demper, wat aanleiding gee tot 'n aansienlike deel van huidige onsekerheid, veral omdat grondonteiening nie tot plase beperk is nie, maar ook ander vorme van eiendom, bv. residensieel, vakansiehuise, beleggingseiendomme, ens. bedreig. Die Regering se poging om, deur middel van Trevor Manuel en ander, die buiteland te versoek om in die RSA te belê, is beslis nie die miljoene Rande wat daaraan bestee word, werd nie. Die nodige beleggings gaan eenvoudig nie onder die huidige omstandighede na Suid-Afrika gelok word nie. Die volgende is van die kernprobleme wat die afgelope kwartaal tot plaaslike en internasionale swakker opbrengste bygedra het: 1.1 Verenigde State van Amerika Die wisselvallige hantering van ekonomiese sake deur President Donald Trump; Die negatiewe praatjies van oorlog met die Midde-Ooste en/of Noord-Korea, asook dreigemente van handelsboikotte teenoor China; Desnieteenstaande gaan dit tog relatief goed met die VSA se ekonomie na aanleiding van maatskappybelasting wat aansienlik verlaag is, asook die feit dat werkloosheid in die VSA bitter laag is; Die moontlikheid van stygende rentekoerse in die VSA hou egter weer die gevaar van negatiewe opbrengste vir ons in. Dienooreenkomstig het onsekerheid weer die markte geraak. 1.2 Facebook Die onsekerheid oor veiligheid van 'n individu se privaatinligting wat deur die Facebook debakel ontstaan het, lei ook tot onbestendigheid in die aandelemark. Facebook se aandeelprys het self heelwat skade gely na die uitstekende opbrengste wat hierdie aandeel vanaf stigtingsdatum geniet het. 1.3 Die Ramaphosa effek Kritieke veranderings in die Direksie van Eskom asook 'n redelike beskeie jaarlikse Nasionale begroting het gelukkig die kredietgraderingsagentskap, Moody s, oortuig om Suid-Afrika nie na rommelstatus af te gradeer nie. Standard & Poor s kon ongelukkig nie hul weg oopsien om ons van hul reeds bepaalde rommelstatus te herstel nie. Die aanvanklike versterking van die Rand is egter met die onsekerheid rondom grondonteiening erg benadeel en is tans weer besig om waarde te verloor. Die prys van alle ingevoerde produkte, veral olie wat weer die brandstof prys bepaal, word nadelig getref en is erg inflasionisties. 1.4 Blue Chip aandele vaar swakker Naspers aandele het in Maart 2018 na die verkoop van 2% van hul aandeel in die Chinese Internetreus, Tencent, met byna 16% gedaal. Soortgelyke negatiwiteit is ook in Maart met MTN ervaar met ʼn daling van bykans 8% in hul aandelewaarde. British American Tobacco (BAT) het 16% van hul aandelewaarde verloor as gevolg van onsekerheid oor wetgewing veral in die VSA verbruikersomgewing. 1.5 Maatskappy skandale Die Steinhoff sage het beleggers en beleggingsinstansies biljoene Rande laat verloor en 'n atmosfeer van wantroue geskep, veral met betrekking tot beide plaaslik en internasionale gevestigde ouditeursmaatskappye wat by hierdie skandaal betrokke was. Bespiegelinge rondom die Resilient Groep het die genoteerde eiendomsaandeleprys geweldig laat daal. Sekere aandele het tussen 40%-70% geval, in teenstelling met die vorige jaar se winste wat in die orde van 45% was. Capitec het per geleentheid tot sowat 27% van hul aandelewaarde verloor en hul nuutste finansiële state toon dat hul probleem met swak skuld, eskaleer. 1.6 2019 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing Ons is van mening dat die huidige, uiters onseker marktoestande ten minste tot ná die 2019 algemene verkiesing sal voortduur. Indien die ANC met 'n redelike sterk mandaat herkies word, behoort Cyril Ramaphosa se tans wankelrige posisie te versterk. Dit sal hom bemagtig om strenger teen die massiewe bedrog en wanbestuur van finansies in alle Staatsdepartemente op te tree en die skuldiges daadwerklik te vervolg. 2 B l a d s y

2) RSA MAKELAARS BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS Japie en Peter-John het die afgelope jaar weer heelwat tyd in vergaderings met plaaslike en buitelandse beleggingsmaatskappye spandeer. Ons het onlangs die jongste Finsolnet (Financial Solutions Network) algemene jaarvergadering bygewoon, waar ons deur verskeie maatskappye wat deur Sygnia vir die bestuur van fondse gebruik word, onder andere Investec en Morning Star, toegespreek is. Verpligte kapitaal: Lewende Annuïteite Motivering vir die voorstel om geldmarkfondse en konserwatiewe portefeuljes na Marriott se Kern Inkomstefonds te verskuif Vóór die aanvanklike verkiesing van Cyril Ramaphosa as leier van die ANC, was ons reeds bekommerd oor die onsekerheid en onstuimigheid in beleggingsmarkte. Gevolglik het ons aanbeveel dat kliënte n bedrag gelykstaande aan drie jaar inkomste wat uit hul Lewende Annuïteit onttrek word, na n geldmarkfonds moet omskakel. Ons is egter bekommerd dat rentekoerse weer deur die Reserwe Bank verminder word en dat bogenoemde geldmarkfondse dan nie meer so effektief sal wees nie. Daar kom egter geweldige teenstrydige geluide uit die Reserwe Bank en ons sal verwikkelinge dus deeglik dophou. Wat die Lewende Annuïteite se fondssamestelling tussen die konserwatiewe, matige en aggressiewe strategieë betref, gaan ons voort om deur middel van n formule te bepaal hoeveel kapitaal benodig word om die jaarlikse inkomste te befonds en die balans, wat nié vir inkomste aangewend word nie, word tussen matige en aggressiewe strategieë verdeel. Tans word die kapitaal om die inkomste te befonds in n geldmarkfonds en/of in n konserwatiewe strategie belê, maar ons wil nou voorstel dat hierdie kapitaal, kosteloos, na Marriott se Kern Inkomste-fonds verskuif word. Ons het reeds in ons afgelope Desember 2017 Nuusbrief, onder punt 2.2, hierdie fonds bekend gestel en bevestig kortliks weereens die volgende: Hierdie portefeulje het reeds in Desember 2015 n enorme bedrag kapitaal by Investec Bank in n 5-jaar vaste deposito teen n koers van 9.5% per jaar, belê. Hieruit verwag ons n jaarlikse netto opbrengs in die orde van 8.8% vir die volgende 5 jaar. Marriott gaan voort om deurlopend soortgelyke beleggings te maak, om te verseker dat die onderliggende kapitaal in n stabiele omgewing belê word. Die blootstelling aan aandele prysbeweging in die Beurs is in hierdie portefeulje uiters gering. Ons verwys u na die vergelykende grafieke tussen die Sygnia konserwatiewe strategie en Marriott Kern Inkomstefonds op bladsy 4 en 5, wat vanself spreek. Ons beveel aan dat kliënte, wat oor n Lewende Annuïteit beskik, die kapitaal wat vir inkomstevoorsiening benodig word, na hierdie fonds moet verskuif. Ons sal hierdie voorstel en fonds deur die loop van ons jaarlikse afsprake deeglik met kliënte bespreek, maar poog egter met hierdie Nuusbrief om die verskuiwing so gou moontlik af te handel ten einde beter opbrengste in die Lewende Annuïteite te verseker. Ons heg dus (waar van toepassing) die nodige verskuiwingsvorm hierby aan vir goedkeuring, ondertekening en terugsending aan ons per faks of epos, voor 30 September 2018. Let daarop dat die verskuiwing geen koste implikasie het nie en dat die inkomste uit die belegging onveranderd sal voortgaan. Diskresionêre kapitaal Na aanleiding van kliënte se individuele omstandighede, poog ons om soveel moontlik diskresionêre kapitaal, wat nie vir inkomste benodig word nie, binne toegelate wetgewing in die buiteland te belê, hetsy direk en/óf deur middel van bateruiltransaksies. Die formaat van buitelandse beleggings is feitlik deurlopend in n sogenaamde 5-jaar polisbaadjie om sodoende inkomstebelasting te verminder, asook om Eksekuteursvergoeding te voorkom. Vir kliënte wat vanuit n inkomstebelasting oogpunt wél rentedraende beleggings kan akkommodeer, gaan ons voort om FedGroup se 5-jaar FedBond Secured Investment teen 8.9% per jaar voor te stel. 3 B l a d s y

VERGELYKING TUSSEN: SYGNIA CPI+2% KONSERWATIEWE FONDS SYGNIA CPI+2% CONSERVATIVE FUND Initial Units: 785 176 Current Units: 704 383 Income Withdrawn: R 240 000 Income Produced: R 134 868 Initial Investment: R 1 000 000 Current Value: R 940 775 Income bar frequency: 1 quarter Blue Bars - Income derived from Investment Green Bars - Income Reinvested Red Bars - Income drawn from Capital Total Return Index (TRI) Performance 1 3 5 7 10 Custom period Year Years Years Years Years p.a.* cumulative* Sygnia CPI + 2% Fund B 6.99 6.44 8.05 - - 6.67 20.39 *Note: All returns are annualised, except the 'cumulative' column which shows unannualised performance for the custom period. Income Produced (Rand) 1 Year 3 Years 5 Years 7 Years 10 Years Custom period Sygnia CPI + 2% Fund B R50 255.47 R142 430.20 R241 047.57 - - 142 195.35 4 B l a d s y

EN MARRIOTT CORE INCOME FUND MARRIOT CORE INCOME FUND Initial Units: 893 017 Current Units: 902 374 Income Withdrawn: R 240 000 Income Produced: R 252 145 Initial Investment: R 1 000 000 Current Value: R 1 001 183 Income bar frequency: 1 quarter Blue Bars - Income derived from Investment Green Bars - Income Reinvested Red Bars - Income drawn from Capital Total Return Index (TRI) Performance 1 3 5 7 10 Custom period Year Years Years Years Years p.a.* cumulative* Marriott Core Income Fund C 9.56 8.39 - - - 8.40 27.42 * Note: All returns are annualised, except the 'cumulative' column which shows unannualised performance for the custom period. Income Produced (Rand) 1 3 5 7 10 Custom Year Years Years Years period Years Marriott Core Income Fund C R83 656.01 R247 425.05 - - - 247 646.01 5 B l a d s y

3) GRAFIEKE EN TERUGVOER SYGNIA S CURRENT VIEWS WITH NEW SAA S WE ARE REDUCING DOMESTIC RISK IN ABSOLUTE TERMS, WHILE INCREASING OFFSHORE ALLOCATION. We are still positive on EQUITIES however we are cognizant of a few flashing red lights at this time. Have increased cash positions in anticipation of volatility. Remain overweight US on relative economic fundamentals. Decreased EM exposure. Increased exposure to European equities. ABSOLUTE EQUITY (ACTIVE) 40% allocation to active asset managers reduced from 50%. BOND MARKET Although we are wary of risks in domestic bond market, we have increased position slightly on back of high real yields. MONEY MARKET Remains attractive for capital preservation characteristics. INTERNATIONAL EXPOSURE is an essential diversifier. Neutral Emerging Market exposure. Will act as shock absorber should ZAR strength return. Remain underweight global bonds. Global property is a hedge against slower interest rate increases. SA LISTED PROPERTY hugely oversold in 2018, but illiquidity and contagion risk remain concerns for us. 3% exposure with no exposure to Resilient Group. HEDGEFUNDS have been a huge disappointment, and not suited to the current sentiment-driven investment climate. In process of restructuring to introduce further diversified sources of return (ESG, smart-beta strategies, structured products, crypto, activist equity fund, etc). KOMMENTAAR: Sygnia verskaf n bondige opsomming van verskeie bateklasse, asook hulle siening van die beleggingspotensiaal daarin. n Groter blootstelling aan internasionale fondse word weereens beklemtoon. INCREASED VOLATILITY Q1 saw the first quarterly loss on the S&P500 since 2015, and it fell below the 200-day moving average in April. FTSE100 and Nikkei all in negative territory as well, driving down returns. As expected, the US Federal Reserve announced a 25 basis point interest rate rise to between 1.5% and 1.75%, while projecting at least two more increases in 2018. Uncertainty emanating from a revolving door of senior White House aides: the resignation of Trump s top economic advisor, Gary Cohn, in response to the trade tariffs; the firing of Secretary of State, Rex Tillerson; and the firing of H.R. McMaster as national security advisor. Introduction of trade and war hardliners Larry Kudlow, John Bolton and Mike Pompeo adding to volatility. March brought increased levels of volatility and concern to the markets, driven by an escalating trade war triggered by US President Donald Trump. US imposed 25% tariffs on imports of steel and 10% on imports of aluminium. A further 25% tariffs on about US$60 billion of Chinese imports, citing violations of US intellectual property rights. IMPACT OF STEEL TARRIFS IS LIMITED ON CHINA AS THE COUNTRY ACCOUNTS FOR LESSTHAN 1% OF US STEEL IMPORTS. TRUMP SINCE EXCLUDED CANADA AND BRAZIL (BUT NOTSOUTH AFRICA) KOMMENTAAR: Hiermee bevestig Sygnia kortliks die probleme wat in die eerste kwartaal en ook tans in die globale en plaaslike ekonomië ervaar word. 6 B l a d s y

KOMMENTAAR: Dit is kommerwekkend om te sien hoe geweldig die Rand teenoor die Dollar verswak. Dit is een van die hoofredes waarom die brandstofprys so drasties styg. 7 B l a d s y

KOMMENTAAR: Hierdie studie toon duidelik die gevaar wanneer beleggers nie by hul voorgenome beleggingstrategieë oor die langer termyn bly nie, maar as gevolg van onsekerheid hul matige en aggressiewe strategieë na konserwatiewe strategieë verskuif word. Die grafiek toon duidelik dat, ten spyte van turbulensie in markte, indien n belegger vir die gereflekteerde periode van 5,040 handelsdae wél in sy portefeulje gebly het, die opbrengs in die orde van 8.2% sou wees. Indien die 10 beste opbrengsdae egter gemis was, sou die opbrengs na 4.5% verminder; Indien die 20 beste dae gemis was, sou die opbrengs na slegs 2% verminder; Indien n belegger die 30 beste dae gemis het, sou die opbrengs gelyk aan nul wees; en Indien 40 en 50 dae gemis was, sou die opbrengste minus 2% en minus 3.7%. LET WEL: In ons voorstelle rondom die verskuiwing van fondse in Lewende Annuïteite, stel ons GEEN wysigings aan die matige en aggressiewe kant voor nie. 8 B l a d s y

KOMMENTAAR: Investec verskaf n bondige opsomming van moontlike opbrengste in n verskeidenheid bateklasse oor die volgende 5 jaar. Die tabel gee ook n aanduiding van die hoeveelheid blootstelling wat n portefeulje daarin behoort te belê. Dit is interessant om te sien dat: n blootstelling van 34% in Suid-Afrikaanse aandele met n verwagte opbrengs in die orde van 11% per jaar, voorgestel word; 18% in Staatseffekte met n verwagte opbrengs van 10% voogestel word; slegs 2% blootstelling word in buitelandse eiendom/krediet met n verwagte opbrengs van 12% voorgestel; en buitelandse aandele met n verwagte opbrengs van 7% word blootstelling van 28% voorgestel. Waar kontant tans die korttermyn-mark oorheers, is dit duidelik dat hierdie situasie waarskynlik nie vir die volgende 5 jaar sal geld nie. 9 B l a d s y

4) PROJEKTE Uittree-annuïteite Alle kliënte wie nog nie vanjaar tydens ons deurlopende maandelikse advies gesprekke oor hulle bydraes tot uittree-annuïteite vir die 2019 belastingjaar ingelig is nie, sal gedurende Augustus 2018 die nodige skrywes per pos of e-pos ontvang. Ons bevestig weereens dat u vir die 2019 belastingjaar 27.5% van u bruto inkomste in n uittree-annuïteit, met n maksimum van R350,000 per jaar per individu, kan belê. Hierdie belegging is van u belasbare inkomste aftrekbaar om sodoende u belastingverpligting te verminder. Ons ontvang gereeld bevestiging van kliënte dat hulle dankbaar is vir die moeite wat RSA Makelaars doen om hul belasting tot die minimum te beperk, veral gesien in die lig van die ernstig stygende algemene uitgawes, soos elektrisiteit, water, voedsel, brandstof, ensovoorts, en veral mediese-onkoste waarvan inflasie reeds meer as 16% per jaar beloop. 5) VOORDELE VAN LEWENDE ANNUÏTEITE Ons ontvang steeds navrae van kliënte met betrekking tot die voordele van Lewende Annuïteite en verduidelik graag soos volg: n Lewende Annuïteit verteenwoordig die verpligte kapitaal wat uit n uittree-annuïteit wat realiseer of uit n pensioen-, voorsorg- of bewaringsfonds by aftrede ontstaan, nádat enige kontant onttrekking daaruit geneem is. Huidige wetgewing bepaal dat elke individu, kummulatief oor sy leeftyd, n maksimum belastingvrye onttrekking van R500,000 uit aftreekapitaal mag maak. Enige verdere onttrekkings tot die maksimum eenderde van die fondswaarde per produk, sal volgens die spesifike belastingtabel belas word. n Verdere voor-1998 belastingvrye voordeel wat op GEPF (Staatsamptenare), Transnet en Munisipale pensioen-fondse van toepassing is, word per die sogenaamde Formule C bereken. By enkele Universiteite, onder andere Noordwes en Stellenbosch universiteite, is daar n addisionele belasting-vrye oordragswaarde wat van toepassing is op werknemers wat rondom 1994 verkies het om hul pensioenfonds-kapitaal, wat op daardie stadium in die Staatspensioenfonds was, na n bewaringsfonds of na die Universiteit se nuwe pensionfonds oor te dra. Die reëls met betrekking tot Lewende Annuïteite is eenvoudig, naamlik: a) n Kliënt word verplig om die minimum van 2.5% per jaar van fondswaarde as n belasbare inkomste te onttrek. Die maksimum onttrekking is 17.5% per jaar. Onder huidige omstandighede beveel ons aan dat nie meer as 6% per jaar van fondswaarde onttrek word nie, aangesien ons wil poog om die kapitaal te beskerm en te laat groei. b) Die volgende het betrekking of fondssamestelling: Dit word sterk aanbeveel dat ten minste 25% van die kapitaal in n konserwatiewe strategie belê word. Die 75% restant mag volgens eie diskresie belê word. Hierdie opsies sluit plaaslike-, direk buitelandse- en bate-ruiltransaksiefondse in. Met die uitsondering van n geldmarkfonds mag geen bankbeleggings in n Lewende Annuïteit gebruik word nie. Hierdie keuse mag na gelang van die kliënt se behoeftes slegs jaarliks op die intreedatum van die belegging, gewysig word. b) Aangesien kliënte self hul inkomste onttrekkings kan bepaal, stel ons voor dat die belasbare onttrekkings uit Lewende Annuïteite sover as moontlik beperk word en dat die kontantvloei eerder uit minder belasbare diskresionêre beleggings aangevul word. Koppel hiermee verdere bydraes tot uittree-annuïteite in terme van die 27.5% van belasbare inkomste wetgewing en ons is in staat om geweldige belastingbesparings vir kliënte te bewerkstellig. Verder: c) Die groei in n Lewende Annuïteit is belastingvry. d) Die kapitaal van n Lewende Annuïteit vorm nie deel van n kliënt se belasbare boedelbates nie. e) Die kapitaalgroei is nie aan kapitaalwinsbelasting onderhewig nie. f) Geen Eksekuteursvergoeding is ter sake nie, indien die belegging begunstig word; g) Anders as by n uittree-annuïteit waar die Trustees, ten spyte van begunstiging, steeds kan bepaal aan wie die opbrengs betaal moet word indien daar afhanklikes is, geld hierdie reël hoegenaamd nie met betrekking tot Lewende Annuïteite nie. n Kliënt kan dus per eie diskresie sy Lewende Annuïteit begunstig en die begunstiging kan op enige stadium gewysig word. Na afsterwe kan die erfgenaam(e): a) met die Lewende Annuïteit voortgaan, wat kosteloos in hulle eie naam sal oordra; b) die inkomste onttrekking asook die portefeulje samestelling na gelang van hul eie finansiële omstandighede wysig; c) weer nuwe begunstigdes nomineer, of d) die kapitaal kan opgevra word, maar as n reël word laasgenoemde opsie as gevolg van die baie negatiewe belasting implikasies, nie aanbeveel nie. Elke kliënt se individuele situasie sal egter deeglik in sodanige omstandighede ondersoek en bespreek word. Indien daar enige verdere vrae hieroor ontstaan, is u welkom om met ons in verbinding te tree. Voordele van n Lewende Annuïteit is: a) Die kliënt het n keuse rondom die persentasie inkomste wat op n jaarlikse basis onttrek word. 10 B l a d s y

6) ALGEMEEN 6.1 2018 Belastingopgawes Die 2018 belastingopgawes kan vanaf Julie 2018 ingedien word, maar moet 31 Oktober 2018 by die Ontvanger van Inkomste wees ten einde boete-rente daarop te voorkom. IRP5 s is egter tans nog nie almal beskikbaar nie en kliënte word aangeraai om tot ongeveer Augustus 2018 te wag. Kliënte moet alle mediese uitgawes deur hul mediesefonds eis, al is daar nie meer krediet in die mediese fonds beskikbaar nie. Dit sal verseker dat die mediesefonds n duidelike uiteensetting van die bedrae geëis, maar nie toegestaan nie aan die klient voorsien, wat weer deur die individu of sy/haar ouditeur geëis kan word. Let ook daarop dat alle belasting bewyse, bv. IRP5 s, state vir rente en dividende, ens. direk aan kliënte gestuur word. Die state mag onder geen omstandighede direk aan die ouditeur/belasting konsultant/adviseur gestuur word nie. Dit is die kliënt se verantwoordelikheid om te verseker dat hierdie dokumente ontvang en aan die betrokke ouditeur oorhandig word. Die volgende uitgawes kan by die Ontvanger van Inkomste geëis word indien n eiendom verhuur word: Eiendomsbelasting; Die rente gedeelte van n verbandpaaiement wat op die verhuurde eiendom geregistreer is; Advertensie-koste; Eiendomsagente-kostes; Versekering van die eiendom; Tuindienste; Herstelwerk en onderhoud aan die betrokke eiendom; Uitgawes vir sekuriteit by die eiendom. 6.2 Vyf finansiële produkte wat elke persoon moet hê Mediesefonds Daar is so n geweldige eskalasie in die koste van mediese versorging dat dit feitlik ondenkbaar is dat enige persoon sonder n mediesefonds kan wees. Die sogenaamde GAP cover vir mediese uitgawes wat nie deur die mediesefonds voorsien word nie, is ook baie gewild en gewoonlik relatief goedkoop. Pensioenfonds / Uittree-Annuïteite / Voorsorgfondse Daar is so baie inkomstebelasting voordele by bydraes tot bogenoemde fondse ingebou, dat dit ondenkbaar is vir persone wat belasting betaal, om nie daarvan gebruik te maak nie. Die voordele is dat kapitaal teen krediteure beskerm word, voorsien kapitaal vir aftrede, die groei op sodanige kapitaal is belastingvry, kapitaalwins is belastingvry, asook vry van eksekuteursvergoeding. Ongeskiktheidsversekering / Inkomstebeskermer Vir enige werkende persoon is ongeskiktheidsversekering noodsaaklik en persone wat n eie bedryf het, is die bydrae tot n inkomstebeskermer produk baie belangrik. Lewensversekering Lewensversekering kan vir die volgende doeleindes normaalweg koste effektief aangewend word. Voorsiening van kapitaal vir afhanklikes, indien die broodwinner te sterwe kom; Die skep van welvaart aan hulle erfgename, veral vir persone wat na aftrede te sterwe kom; Die voorsiening van kapitaal in n vennootskap om, byvoorbeeld n vennootskapsbelang uit te koop; Voorsiening van kapitaal vir boedelbelasting, in plaas daarvan om kritiese bates vir hierdie doel te moet verkoop. Testament Die geweldige probleme wat erfgename ervaar wanneer n persoon intestaat (sonder n geldige testament) te sterwe kom, kan so maklik voorkom word deur hierdie relatief eenvoudige dokument deur n professionele persoon te laat voorberei. n Testament moet te alle tye met betrekking tot die versoeke/ bepalings daarin vervat, uitvoerbaar wees. Dit is ook belangrik dat Eksekuteursvergoeding reeds vooraf beding en in die testament vasgemaak moet word ten einde onnodige onkostes te bespaar. 6.3 Korttermynversekering deur Multi Versekeraars Alhoewel RSA Makelaars nie met die verskaffing van korttermyn-versekeringsadvies betrokke raak nie, het ons met die Multi Versekeraars onderhandel en kragte saamgesnoer om beter dienslewering, stabiliteit van premies en groter bedingingsmag vir gunstiger tariewe vir ons kliënte te besorg. Ons verwys u na die aangehegde bekendstellingskrywe vanaf dié maatskappy, wat vanself spreek. Ons sal dit waardeer indien u aan ons n aanduiding sal gee of u daarin sou belangstel om deur die maatskappy gekontak te word om u korttermynversekering te laat hersien. 6.4 RSA MAKELAARS kontak per WhatsApp of SMS Ons is bly om ons kliente te kan inlig dat u ons kantoor nou per WhatsApp of per SMS kan bereik. Die nommer is: 064 7048071 Kliente kan hierdie fasiliteit gebruik om, bv. FICA dokumente aan te heg, of om selfs n foto van n dokument te maak en vir ons te WhatsApp of SMS. 11 B l a d s y

7) MAANDELIKSE REISPROGRAM 7.1 Reisroete: Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. OOS-KAAP: Word gedurende die 2de week van elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth. Ons bring ook gereeld besoek aan Oos-Londen. JOHANNESBURG / POTCHEFSTROOM / PRETORIA: Word gedurende die laaste week van die maand besoek. KAAPSTAD EN OMGEWING: Kliënte word na gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien. Indien u buite ons normale geskeduleerde besoeke spesifieke finansiële sake wil bespreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh of Colleen Knoetze te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei. Indien u moontlik ʼn probleem ondervind om n afspraak met ons by die kantoor na te kom, bevestig dit asseblief aan Maria of Colleen sodat ons die nodige reëlings kan tref om u aan huis te besoek. 7.2 Adresse van kantoorlokale: JOHANNESBURG: Regus Grond Vloer, Twickenham Gebou TheCampus H/v Main &Sloanestraat Bryanston POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom PRETORIA: Regus Spaces Pegasusgebou 1 Amarandlaan 210 Menlyn Maine Pretoria GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres OOS-LONDEN: Regus Grondvloer, 14 Stewart Rylaan Berea Oos-Londen 12 B l a d s y

8) RSA MAKELAARS - PERSONEELNUUS Op 10 Junie 2018 het Bernice van Zyl haar eerste Comrades aangepak. Afstand: 90.184km vanaf Pietermaritzburg na Durban. Regs maak sy klaar in n tyd van 9 uur 40 minute! Dit het harde oefening en opofferings van haar geverg. Links ondersteun Pieter en Lynnette haar langs die pad. Pieter het self reeds 21 Comrades voltooi en verstaan dus die pyn. Ons is baie trots op ons marathonkollegas! Andrea Fourie se man, Jannie, het n groot operasie ondergaan en ons wens hulle sterkte en n spoedige herstel toe. Baie geluk aan Japie en Lynelle met die geboorte van hul derde dogtertjie, Lienke, op 25 April 2018. Ook geluk aan Ouma Lynnette en Oupa Peter-John. Mag sy vir julle baie vreugde verskaf. Intussen het Maria de Jongh, Colleen Knoetze en Linda Marais ook trotse grootouers geword. Baie geluk aan almal van julle. Mag die kleinkinders net vreugde en liefde in jul lewens wees. Ons is hartseer om mee te deel dat Ankie Roux onverwags na n kort siekbied op 10 Mei 2018 oorlede is. Ankie en Peter- John was nie alleen kollegas in hul vroeëre dienstydperk by Sanlam nie, maar was sedert die begin van die tagtigs ook intense vennote in n eiendomsontwikkeling- en korttermynversekeringsmaatskappy. Almal wie bevoorreg was om Ankie as persoon, vriend, vennoot, direkteur en mentor te ken, sal die goeie herinneringe aan tye saam met hom deurgebring, vir baie lank onthou en waardeer. Ons medelye gaan aan sy vrou Wilna, en hul drie dogters, Adri, Liesle en Antoinette. 13 B l a d s y

9) PERSONEEL KONTAK-BESONDERHEDE PERSONEEL E-POS: Tel.Uitbr. Nr.: Fax-2-email: Peter-John Smitsdorff Derick Payne Japie Louw peterjon@rsabrokers.co.za derick@rsabrokers.co.za japie@rsabrokers.co.za Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) maria@rsabrokers.co.za 101 086 615 1808 Colleen Knoetze (Persoonlike Assistent) colleen@rsabrokers.co.za 118 086 610 2734 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) ingrid@rsabrokers.co.za 108 086 615 1618 Thea Horak (Ontvangs/Dikteerwerk) reception@rsabrokers.co.za 100 086 610 2734 Administratiewe Assistente / Kliëntediens: Magda Matthee (A-B ) magda@rsabrokers.co.za 111 086 615 1811 Denise van Zyl (C-D-E-F) denise@rsabrokers.co.za 115 086 595 0180 Bernice van Zyl (G-H-I-J + N-O) bernice@rsabrokers.co.za 119 086 769 2119 (Ook Portefeulje van D. Payne) Andrea Fourie (K-L-M) andrea@rsabrokers.co.za 109 086 515 2843 Heidi Fontini (P-Q-R-S) heidi@rsabrokers.co.za 107 086 575 7546 Linda Marais (T-U-V-W-X-Y-Z) linda@rsabrokers.co.za 110 086 615 1810 Eileen van der Westhuizen (Portefeulje D. Payne) eileen@rsabrokers.co.za 113 086 575 7534 FSB KODE: 11108 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 GPS KO-ORDINATE: S 33º52.707 E018º38.171 Tel: 021 919 6916 Faks: 021 919 9718 WhatsApp / SMS: 064 704 8071 E-pos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za VOOR : Van links na regs Derick Payne; Japie Louw; Pieter Smitsdorff AGTER: Van links na regs Ingrid Singels; Colleen Knoetze; Magda Matthee; Denise van Zyl; Bernice van Zyl; Maria de Jongh; Eileen van der Westhuizen; Thea Horak; Andrea Fourie; Heidi Fontini; Linda Marais; b Pam Coetzee Belasting Konsultant 14 B l a d s y

9) BYLAES 15 B l a d s y

16 B l a d s y