In Getsemane en daarna... Ds Awie Erxleben

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Uit Moerdijk se pen Man en Media

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SIZA takes the sting out of auditing

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Rubriek vir skeppende werk

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Tariewe

G. J. du Preez

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Lydenstyd en Paasfees

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Sterdansers by Vensters.

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Webadres: Die Pastoor se pen:

Kerssangdiens. SA Gemeente

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Hoe om krag te spaar

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Transcription:

NG Gemeente Meyerspark April 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 3 In Getsemane en daarna... Ds Awie Erxleben U uitroep: Eloi Eloi lema sabagtani Beteken U was van God verlaat en nie die mensdom nie. U het hard u laaste asem uitgeblaas En so gewys U is oor die lewe baas. U het u lewe afgelê op presies die tyd wat U wou hê. So word U, die paaslam, vir ons geslag Ons Verlosser wat met ope arms vir ons wag. Jesus, in Getsemane het U gebid, gevra, gepleit Dat ons Vader moet verander aan sy besluit, Dat die bitter beker by U verby moet gaan En tog het U die hele tyd verstaan Dat U deur u lyding die weg van verlossing baan. So word U met n soen verraai Deur iemand in u klein kring wat manteldraai So het Judas vir dertig silwerstukke probeer Om U van God se weg te keer Hy het dit vir geen oomblik in kon dink Dat die Vader self hierdie bitter beker vir U skink. So het U voor God se wil gebuig Al het dit beteken dat elke stukkie lewe uit U suig Deur die weg wat U sou loop Gee U aan n verlore wêreld hoop Dit wat U gedoen het, gee betekenis aan elke preek Want deur u gehoorsaamheid word ons vrygespreek. Ruwe soldaathande het U gegryp en rondgeruk Hulle het U met swepe stukkend geslaan terwyl U vooroor buk. Hulle het U geskop en U gespoeg Terwyl die katspunte diep vore in u liggaam ploeg Uiteindelik is U met harde hamerhoue aan die kruishout vasgekap Om daarmee vir ons die pad hemel toe oop te trap. Naskrif: Ds Awie was van 1982 tot 1984 n leraar van ons gemeente. Tans is hy verbonde aan Umhlanga NG Gemeente. In hierdie uitgawe: My kamera en ek Winterwarmprojek Paasfees in die vreemde Senior Bediening is goed op dreef Belangrike aankondiging! P2 P3 P4 P5 P6

Goeie Nuus 2 My kamera en ek - Lourens Grobler 31 Mei 1994. n Woensdag. Republiekdag en kermis by Laerskool Meyerspark. Fondsinsameling met pannekoek, tombola, skaapbraai. n Vrolike atmosfeer heers. Die hoogtepunt is 3 valskermspringers wat om 14:45 op die rugbyveld gaan land na spronge uit n vliegtuig. Die kinders het vooraf, teen R5 elk, n papierbord gekoop. Naam en telefoonnommer is daarop geskryf. Die borde is daarna op die suidelike kwartgebied van die rugbyveld gestrooi. Die bord waarop die eerste valskermspringer sou land, wen die eerste prys: n paar dae gratis verblyf by n gewilde vakansieoord. So ook met die tweede en derde pryse (Nie op Bronkhorstspruit nie!) Die kinders en ouers sit in die gebied met chevron-strepe afgebaken in die noordelike kwart van die rugbyveld. Die middelste twee kwartgebiede is om veiligheidsredes n niemandsland. Om 14:40 is die ligte vliegtuig in posisie bokant Meyerspark. Springer nommer een, wat tevore al meer as 500 spronge uitgevoer het, se valskerm ontplooi. Ek staan met my Pentax-kamera in die niemandsland om die landing vas te vang. Geen wind of wolke nie. n Perfekte herfsdag. n Oordeelsfout? Moet wees. Ek staan vasgenael hy land verkeerd! Reg tussen die toeskouers met sy volle gewig en groot stewels. Een besoekende dogter van n naburige skool is op slag gedood. Drie ander kinders is hospitaal toe geneem met ernstige beserings. Die springer self het nie weer ná die landing sy bewussyn herwin nie en is n paar dae later oorlede. Drs Deo Smit en Christo Swanepoel was teenwoordig en kon binne minute hulp verleen aan die beseerdes. Johan Fouche het dadelik met sy selfoon (toe nog vir ons n vreemde instrument van baksteenformaat!) die nooddienste geskakel. Twee ambulanse en n helikopter was spoedig daar om die beseerdes te vervoer. Ek was verslae oor die gebeure enkele meters vanaf my. Ek het dadelik foto s geneem, want ek het besef ons sal in die volgende paar ure vrae moet beantwoord. Burgerlugvaart, die Direkteur van Onderwys, en andere sal wil weet wat ons gedoen het om so n ernstige ongeluk te verhoed. My 8 foto s (toe was die 24 raamfilm vol) het later getoon dat alle toeskouers in hulle afgebakende gebied was. Nogtans is ons later vir ure ondervra! Die Inspekteur van Onderwys, mnr Döhse, was binne n uur by die skool nadat ek Johan se selfoon gebruik het om die nuus oor te dra. My eerste selfoonoproep! Dit was my slegste en swakste dag in 44 jaar in die onderwys. Ek het myself dae lank verwyt, maar my kamera kon die bewys lewer dat die reëlingskomitee alle voorsorgmaatreëls getref het. Ek is dankbaar dat ek met die Here se genade hierdie rampspoedige gebeure korrek kon hanteer. Naskrif: Lourens Grobler was vanaf 10 Januarie 1984 tot 28 Februarie 1997 die hoof van die Laerskool Meyerspark. Hy is ook n bekwame fotograaf wat dikwels op kort kennisgewing foto s moet neem vir Goeie Nuus en vir die gemeente. STIENIE NAUDé EIENDOMME Koop en verkoop van eiendomme Skakel Stienie Naudé (082 335 0720) (Eiendomsagent) BOOMSLOPING Boomsloping en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992

Goeie Nuus 3 Winterwarmprojek Mei 2012 Margaret Koekemoer Die winter is sowaar weer om die draai. Stof die breimasjiene af wat daar eenkant in die hoekie staan en kry die hekelpenne en breipenne nader. Hoekom? Ons beplan n winterwarmprojek vir die behoeftige mensies, groot en klein, oud en jonk in die plakkerskampe en in Silverton, East Lynne en omgewing hierdie winter. Ons benodig warm komberse, musse, handskoene, serpe en sokkies om te oorhandig. Spring sommer môre al aan die werk om van hierdie items te brei of te hekel. Indien jy nie kan brei of hekel nie, sal enige donasies van hierdie items ook baie help. Enige donasie van wol, is ook welkom. Ons sal dit gee aan persone wat kan brei of hekel. Die items kan afgelewer word by die kerkkantoor. Merk dit asb duidelik winterwarmprojek. Kom ons kyk of ons sommer n wavrag vol bymekaar kan maak sodat dit teen einde Mei oorhandig kan word, net betyds vir die koue winter wat voorlê. Verdere besonderhede kan gekry word by Margaret Koekemoer 012 803 8183 / 083 966 3022 Bybelverspreiding - Johan Pretorius Hierdie jaar is die twintigste herdenking van die Bybelprojek van die gemeente: Koop- n- Bybel-Skenk- n-bybel. Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir sy seën op hierdie projek waarmee reeds bykans 25 000 Bybels versprei is. Die oop hande en gesindheid van die harte van gemeentelede het bygedra tot die sukses van hierdie projek. Gedurende die eerste twee weke in Maart is reeds R33 012 ingevorder om met die projek voort te gaan. Die belofte in 2 Kor 9:7-8 dat God die blymoedige gewer liefhet en dat Hy by magte is om aan ons alles in oorvloed te skenk sodat ons in alle opsigte genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk, word deur u gawes bewaarheid. Verlede jaar is R38 753 ingesamel. 803 Bybels is versprei teenoor 1 614 die vorige jaar. Die kleiner getal Bybels moet daaraan toegeskryf word dat die Bybelkiosk vir die eerste sewe maande van die jaar nie ten volle kon funksioneer nie, omdat die Kiosk nie voltyds beman kon word nie. Met die bedrag wat ingevorder is met Bybelverkope (ons verkoop die kleiner standaard Bybel vir R30 en R40 vir die gewone grootte) en die geloofsoffer wat ontvang is, is R58 755 bestee om Bybels aan te koop. Die kleiner Bybel word aangekoop teen R52 en die gewone grootte teen R79. Vanaf 1 Maart is Princes Gavu elke weeksdag vanaf 14:00 tot 17:00 aan diens by die Kiosk. n Interessante brokkie oor Bybelverspreiding word hierby aangehaal. Wyle Orrie de Ridder wat met die projek begin het, het dit in die Goeie Nuus geplaas (datum ongelukkig onbekend): Terloops Meyerspark is nie die eerste kerk om die verspreiding van Bybels te subsidieer nie. In die jaar 325 n.c. het Konstantyn die Grote opdrag gegee dat 50 Bybels op die allerbeste perkament gemaak moet word vir Eusebius, n biskop in die vroeë kerk en die 50 Bybels is gesubsidieer uit die Staatskas. Een van die Bybels is vandag in die Britse Museum in Londen te sien.

Goeie Nuus 4 Paasfees in die vreemde Van jongs af was Paasfees in my ouerhuis baie belangrik trouens dit het gelyk gestaan, of was selfs hoër geag as Kersfees. Goeie Vrydag is die kruisiging van Jesus herdenk en dit was dan ook gewoonlik n redelike somber fees. Paassondag, was egter Opstandingsondag en is dan ook feestelik gevier, maar op n baie gereformeerde manier. My ouers was baie konserwatief. Hierdie viering van Paasfees het my die res van my lewe bygebly. Nou wat maak jy as jy jouself in die buiteland, en veral in die totaal vreemde bevind oor die Paasnaweek? Met die ingewortelde gereformeerdheid, wat dan ook sterk anti-rooms is, is die eerste gedagte: Bly weg van die Katolieke. Maar as daar niks anders is nie, wat dan? Gedurende n amptelike oorsese reis bevind ek my op Goeie Vrydag in Athene. Met geen ander opsie nie, woon ek die diens in die Grieksortodokse kerk by (dis baie naby die Roomse) en alhoewel ek nie veel van die diens verstaan het nie, het ek tog onder die indruk van Christelikheid gekom en belewe dat God ook daar teenwoordig was. Nooit het ek na die diens gevoel dat ek die Hervorming verloën het nie. Twee dae later is ek in Rome en dit op Paassondag. Weer eens oortree ek die wette van my voorgeslag en gaan na n Roomse byeenkoms, naamlik waar die pous, Pous - Nils Anderson Johannes XXIII, in die meeste bekende tale die seën uitspreek oor n skare van omtrent 150 000 wat voor die Vatikaan op die St. Peters plein vergader het. Ek kon darem die Duits, Nederlands en Engels verstaan (ongelukkig was daar geen Afrikaans nie) en weer eens het ek die teenwoordigheid van God ervaar en pla my gewete my nie. Ek dink nie dat daar n verskil is in die God wat deur die Katolieke of deur ons aanbid word nie. Jare later is ek en Monica in Nederland en dis weer Goeie Vrydag. Die da g word d aar nie as vakansiedag gevier nie en ons vind uit dat daar in die Anglikaanse kerk wel eredienste is. Die diens is in Engels en word deur drie predikante waargeneem. Die sewe kruiswoorde word om die beurt deur die drie predikante behandel en elkeen preek sowat 25 minute oor een kruiswoord. Die totale diens duur sowat drie uur, maar gedurende die diens kom en gaan van die gemeentelede in die kerk. Ons het ongeveer n uur en n half daar vertoef en na drie preke geluister. Ek het vandag nog die program met die sewe teksverse en temas van die verskillende preke. Baie jare later bevind ons onsself op Goeie Vrydag, in n Indiaanse dorpie op die eiland Techila in die middel van die hoogste meer in die wêreld, naamlik die Titicacameer, sowat 14 000vt bo seespieël, in die Andesgebergte tussen Peru en Bolivië. Hier is geen sprake van n diens van enige aard nie, en die groepie reisgenote waarin ons beland het, is lede van die New Age beweging en het geen erg aan enige Christelike waardes nie. Daar is egter so n klein kapelletjie op die eiland (die bevolking is Katoliek vanweë die Spaanse verowering eeue gelede), en ek en Monica gaan toe maar daar in die stilte sit en probeer op ons eie die kruisiging herdenk. Twee dae later, op Paassondag, is ons in die stad Cusco, wat die hoofstad was van die Inkas sowat vierhonderd jaar gelede. Daar is n pragtige Katolieke katedraal op die stadsplein, maar geen ander Protestantse kerk in die stad nie. Tot dusver het ons gevoel ons het slegs seën ontvang met Paasfeeste en besluit om die nagmaalsdiens in die katedraal by te woon. Met so n bietjie kennis van Latynse woorde en verder Engels, kon ons op n manier die diens volg. Ek onthou dit tot vandag nog dit het gegaan oor Maria wat by die ope-graf was en gewonder het wat van Jesus geword het. Saam met die Katolieke het ons hulle nagmaal bygewoon en het die priester die koekie of skyfie of wat mens dit ook sal noem, op ons tonge geplaas. Weer eens het ons die teenwoordigheid van God beleef. As my streng gereformeerde oupa nog sou geleef het, sou hy my seker nooit vergewe het nie. Ek is tot vandag oortuig dat ek nie verkeerd was nie en ek glo vas dat God daar is waar jy hom soek. Paasfees herdenk die kruisdood van Jesus Christus, wat vir ons aan die kruis gesterf het, sowel as sy opstanding uit die graf om vir ons n ewige lewe voor te berei. Jesus het waarlik opgestaan! Presies hóé ons Paasfees vier is nie die belangrikste nie. Wat wel saak maak, is dat ons dit wél vier.

Goeie Nuus 5 Senior Bediening is goed op dreef - Antoinette Herbst Sedert die begin van die jaar het ons verskeie persone in ons geledere verwelkom ons hoop dat hulle tuis sal wees! Die program van ons bediening is ook by die kerkkantoor beskikbaar en ek kan u verseker dit hou vele verrassings in. Kom kyk sélf op n Woensdagoggend! Vanaf 09:00 tot 10:00 word Bybelstudie deur ds Niekie Rothmann aangebied in die sysaal. Ons het so pas met n nuwe boek Hebreërs vir Vandag begin. Kom neem gerus deel aan hierdie interessante bespreking. Vanaf 10:00 volg die res van die program in die kerksaal. By die Dienssentrum is mediese hulpapparate, soos krukke, rolstoele, looprame en n badstoel op leenbruik beskikbaar. Reël asseblief vooraf met die kerkkantoor sodat dit vir u bespreek kan word. Daar is permanent n rolstoel in die moederskamer wat gebruik kan word tydens kerkdienste, veral as n persoon nie meer so flink kan loop nie. Onthou ons deure staan wawyd oop en met ons leuse Omgee Sonder Grense sal ons graag van hulp wil wees. Vir enige navrae skakel Antoinette Herbst 012 803 3370 / Susan du Preez 012 803 5884 Ewig dankbaar - Zelma Erasmus Dis vir my altyd lekker om te dink met n glimlag wat gaan God vandag in my lewe laat gebeur wat goed is want ek wil net fokus op die goeie dinge en dit wat in lyn is met God se Woord. Dan herinner die Heilige Gees my al doen ek NOOIT weer iets vir jou nie, het ek vir jou die Ewige Lewe gegee! Ek kan net dankie sê dat Jesus vir my, n sondaarmens, so lief was, en nog steeds is, dat Hy sy lewe vir my en vir jou gegee het sodat ons die ewige lewe kan hê. Dit gee my die sekerheid vir die toekoms wat min mense vandag het. Die wete dat ek die ewige lewe het, behoort genoeg vir my en jou te wees - en dit ís. Maar, God wil ons nog meer seën en Hy doen dit elke dag deur vir ons n nuwe sonskyndag te gee net sodat ons vir Hom kan sê: Môre Jesus, dankie vir die pragtige dag wat U gemaak het. En al wat Hy van ons verwag, is om in Hom te glo, om gehoorsaam te wees en om natuurlik n band met Hom te vorm, want Hy is tog ons Here en Verlosser. Dit is tog wat ek as ouer van my kinders verwag - om te luister. En as hulle dit nie doen nie, dan vra ek myself net weer af: Luister ek altyd na God? Dan besef ek dit is makliker gesê as gedaan, maar ek gee nie op nie. Ek vra God om my te vergewe en natuurlik lei die Heilige Gees my en wys my op my foute en dis hoe ek weet ek groei en leer elke dag! Ek wil net weer vandag vir God dankie sê dat Hy vir my en vir jou aan die kruis gesterf het: Sonder U kan ek nie leef nie, want U is my begin en my einde Geniet u Paastyd en ek glo en bid dat die Heilige Gees weer die vuur in jou en my sal wakker maak sodat ons sal besef wat God vir ons gedoen het en nog steeds doen en dat ons Hom die eer sal betoon wat Hy verdien!

Goeie Nuus 6 Die Venters se babaseun - Ds Dirk Venter Die Here het vir my en Chantel geseën met n pragtige gesonde babaseuntjie! Albert is gebore op 5 Maart 2012 om 10:13. Hy was 53cm lank en het 3,65kg geweeg. Ons is verskriklik dankbaar dat alles rondom die geboorte goed afgeloop het. Terwyl Chantel nog swanger was, het ek haar eendag gevra: Hoe is dit moontlik dat n mens klaar só lief kan wees vir iemand wat jy nog nie ken nie, wat nog nie eers in die wêreld gebring is nie? Ons kon lekker gesels oor God wat ons ook so liefgehad het nog voordat ons was, en dat ons daardie hele konsep dalk nou n bietjie beter verstaan. Na Albert se geboorte het ons soveel te meer n beter begrip van God se onvoorwaardelike Vaderliefde vir ons en sy sorg sonder om iets terug te verwag. Met die tong in die kies verstaan ek ook nou nog beter hoedat sekere goed waarvan ons nie hou nie tog weerspieël dat God ons belange op die hart dra - Albert hou nie daarvan as sy doek omgeruil word nie, maar as sy ouers doen ons hom tóg die ongerief aan, vir sy eie beswil! Baie dankie vir al die gebede wat vir ons opgegaan het, vir die sms e, oproepe en kaartjies! Baie dankie ook vir soveel geskenke wat ons ontvang het! Ons beleef Meyerspark gemeente werklik as n omgee-gemeente - julle liefde en ondersteuning beteken vir ons meer as wat mens in woorde kan sê Be still and know that I am the Lord Ps 46:10 - Gibson Chimamiwa Praise be to the Lord God almighty! With the assistance of Lourens Grobler, Victory Live Tabernacle (VLT) was officially launched on the 17 th of April 2011 at the magnificent NG Gemeente Meyerspark. Having started with a small group of about five people every Sunday, VLT membership has grown to an average of twenty people every Sunday service. Since its inception, we have continued to witness people of different languages coming to join us, bearing testimony to the words of our Lord Jesus Christ, to preach the gospel to all nations. Indeed, VLT is a home to all who love and seek the Lord! One of the notable events on the calendar of VLT in 2011 includes a fruitful week s revival with Apostle M A Madindi from 10 to 16 October followed by another three day revival with Overseer H Moyo from 2 tot 4 December. Both these events were held at NG Gemeente Meyerspark church, thanks to the church authorities, who have continued to accommodate us at their premises to conduct our church services. Over the short time of its existence in this community, VLT has witnessed the lives of individuals restored, family values strengthened, and the hopeless regaining their position in Christ regardless of their condition. Belangrike aankondiging! Die Basuin, Nuuskierig en Goeie Nuus is nou in volkleur beskikbaar op ons webwerf www.ngmeyerspark.co.za onder Argief. Laat gerus vir u vriende, familie en kennisse wat oorsee en elders woon, hiervan weet. Hulle kan dus nou al die nuus en berigte lees en na die foto s in volkleur kyk sodra dit hier by ons verskyn het! Kyk gerus self hoe mooi dit lyk indien u toegang tot die internet het. Elektroniese bank inbetalings: NG Gemeente Meyerspark Absa Bank, Rek nr 070 580 470 Tak nr 632005 As verwysing asb: U naam en wyk nr