RYNTOER EN/OF SWITSERLAND

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Tariewe

Mandala Madness Deel 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INSKRYWINGSVORM

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

SIZA takes the sting out of auditing

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Kerssangdiens. SA Gemeente

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Hoe om krag te spaar

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

Aansoek om Toelating

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Mosselbaai Munisipaliteit

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Aansoek om Lidmaatskap

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Transcription:

0 September 2018 RYNTOER EN/OF SWITSERLAND 22 April 6/15 Mei of 4 15 Mei 2019 NADERE BESONDERHEDE OPSIES EN TOERPRYS: Hierdie gewilde toer bied verskillende opsies vir 2019: OPSIE A: SLEGS RYNVAART 22 April 6 Mei (15 dae) Prys: R45 750 plus *Verpligte uitgawes van ongeveer R6 650 en koste van Vlieg met KLM vanaf Johannesburg of Kaapstad en terug met Air France. Besoek Zaanse Schans, Aalsmeer, Keukenhof en Volendam. Ekstra dag in Amsterdam. Opwindende bootvaart vanaf Amsterdam tot in Strasbourg, asook vaart op Moesel tussen Koblenz en Cochem. Alle kajuite het buitevensters en kyk uit op die rivier. Stap verskeie kere aan wal vir interessante besoeke. Bootvaart in Strasbour. Uitstappie na die Franse Platteland. Voldag besoek aan en twee nagte slaap in die Swartwoud. Drie etes per dag op die boot plus verversings. Afrikaanssprekende toerleiers en toerdokter vergesel groep. Keer terug op 5 Mei vanaf Zürich via Parys vir aankoms op 6 Mei in Johannesburg. OPSIE B: RYNVAART EN SWITSERLAND 22 April 15 Mei (24 dae) Prys: R67 770 plus *Verpligte uitgawes van ongeveer R7 460, en koste van Kombinasie van Opsies A en C. Vertrek met KLM en keer terug met Air France. OPSIE C: SLEGS SWITSERLAND 4 15 Mei (12 dae) Prys: R32 350 plus *Verpligte uitgawes van ongeveer R6 580, en koste van Vlieg met KLM en Air France. Vertrek per bus na Beatenberg vir nege nagte in Blüemlisalphotel in die hart van die Switserse Alpe. Die hotel bied 'n lieflike uitsig op die omgewing. Onderneem daagliks opsionele bustoere om Switserland behoorlik te verken. Uitgebreide ontbyt en buffet-aandete daagliks. Wasgoed- en ontspanningsgeriewe (binnenshuise swembad en sauna) is beskikbaar in hotel. Folklore-vertoning. Keer terug op 14 Mei, vanaf Zürich via Parys vir aankoms op 15 Mei, in Johannesburg.

NIE INGESLUIT BY DIE TOERPRYS NIE (*Verpligte uitgawes) 2 *Lughawebelasting: Die lughawebelasting is gekoppel aan die wisselkoers en beloop ongeveer R5 300 vir Ryn en Ryn en Switserland en R5 500 vir Switserland alleen. *Fooitjies: Wat toerleiers namens u op die busse, boot en in die hotelle oorhandig. Bereken per persoon: A Slegs Rynvaart ± R1 350 B Rynvaart & Switserland ± R2 160 C Slegs Switserland ± R1 080 Visums: Volgens die Schengen-ooreenkoms het almal wat Nederland, Duitsland en/of Switserland besoek, 'n Schengenvisum nodig. Die visum word uitgeneem by die ambassade van die land waar u die langste vertoef. Deesdae moet almal persoonlik hul visumaansoeke indien. Besonderhede hieroor sal later aan u deurgegee word. Die koste van 'n Schengenvisum en verpligte diensfooi beloop ongeveer R1 430. Reisversekering is verpligtend vir alle oorsese reise. U kan die nodige versekering self uitneem of Christine van Wyk-Toere se diens aan toerlede gebruik. Die kansellasiedekking wat deur die meeste kredietkaarte aangebied word, is nie voldoende nie, wat ons verplig om ekstra versekering vir die toerlede beskikbaar te stel. Volledige inligting oor reisversekering word verskaf aan almal wat vir die toer inskryf. Reisversekering dek veral mediese ongevalle. Die meeste ander siektetoestande moet deur u gewone mediese fonds gedek word. Stel dus vroegtydig by u mediese fonds vas of hulle hospitaal- en ander mediese uitgawes in die buiteland betaal en stel hulle in kennis van u voorneme om te reis. Reisversekering, waaroor u later volledige besonderhede sal kry. Middagetes in Switserland ons is meestal weg op daguitstappies. Persoonlike uitgawes soos telefoonoproepe, aandenkings, ekstra verversings ens. Paspoorte verkryging daarvan. Vervoer na en van SA lughawens. Binnelandse aansluitingsvlugte na O.R. Thambo-lughawe (indien van toepassing). Opsionele bustoere in Switserland Indien u AL die bustoere sou meemaak, sal dit u ongeveer CHF 750 (Switserse Frank) kos. Die busmaatskappy in Switserland verskaf die busse teen 'n billike prys dit is die besoeke aan Zermatt, die Jungfrau en Schilthorn wat duur is. Hierdie bedrag of so veel as wat u nodig sal hê vir die bepaalde toere wat u gaan onderneem is in die verlede in Europa in Switserse Frank betaal omdat u net betaal vir die toere wat u onderneem. U voel miskien op 'n bepaalde dag moeg of olik of u wil graag iets anders doen, dan het u nie onnodig vir 'n daguitstappie betaal wat nie onderneem is nie. Ons gee vir u voor die tyd die pryse van elke opsionele dagtoer wat aangebied word. Ons ondersoek nou die moontlikheid dat u dalk reeds in Suid Afrika betaal daarvoor om die logistiek te vergemaklik. Indien u te veel betaal het, sal dit aan u terugbetaal word of andersom. Enkelkamerbybetaling (indien van toepassing) Rynvaart R16 000 (enkelgebruik van dubbelkajuit). Enkelkajuite op heel onderste vlak het geen bybetaling sien beskrywing bl 3. Hotel in Swartwoud R750 Switserland R3 800 BEREKENING VAN TOERPRYS 'n Toerprys bestaan hoofsaaklik uit die koste van die vliegkaartjie plus die landreëlings en sal aangepas word indien omstandighede buite ons beheer dit noodsaak. Die vliegkaartjie se prys verander nie. Die lughawebelasting kan egter verander aangesien dit aan die wisselkoers en brandstofpryse gekoppel is. INSKRYWING 'n Inskrywing is geldig wanneer ons u deposito tesame met die Inskrywings- en Vrywaringsvorm ontvang het. Die Inskrywingsvorm moet volledig voltooi word met u volle name soos dit op u paspoort verskyn asseblief! Almal wat ingeskryf het voordat hulle die Nadere Besonderhede ontvang het, se inskrywing(s) is geldig. U kan nou u deposito betaal en u Vrywaringsvorm stuur. Laat weet ons asseblief skriftelik watter opsie u kies: A Rynvaart; B Ryn & Switserland; C Switserland. Indien u ingeskryf het sonder 'n deposito en besluit om nie saam te gaan nie, moet u ons asseblief dadelik skriftelik verwittig dat ons u kajuit aan iemand anders kan afstaan. Wanneer ons u deposito ontvang het, stuur ons aan u Omsendbrief 1 met alle nodige besonderhede in verband met klere wat u moet saamneem en dies meer. Daarna ontvang u nóg omsendbriewe met nuus en inligting. Laat weet ons asseblief indien enige van u kontakinliging soos adres-, e-posadres of telefoonnommer(s) verander.

DEPOSITO 3 Indien u sou besluit om die Ryntoer mee te maak, moet u asseblief meegaande Inskrywingsvorm en Vrywaring voltooi en dit saam met 'n deposito van R6 000 per persoon aan ons stuur. Merk asseblief duidelik watter toeropsie u wil onderneem. Tjeks moet uitgemaak word aan CHRISTINE VAN WYK-TOERE. Gebruik u voorletters en van as verwysing wanneer u enige betalings maak nie die toer se naam nie. Bankbesonderhede verskyn op die Inskrywingsvorm. KANSELLASIE Sodra die nodige reisversekeringspolis wat vir kansellasiedekking voorsiening maak, uitgeneem is, kan u, indien u moet kanselleer, u geld vanaf die versekeringsmaatskappy terugeis, mits die rede vir kansellasie kragtens die polis aanvaarbaar is. Volledige besonderhede oor reisversekering word gestuur aan almal wat inskryf. Baie belangrik: Ingeskrewe toerlede wat vóór 21 Desember 2018 skriftelik kanselleer, kry R5 500 van die deposito terug. Toerlede wat daarná, tot 22 Januarie 2019, kanselleer, kry R5 000 terug. Ná 22 Januarie 2019 word geen deposito's terugbetaal nie sien KANSELLASIE. Deposito's van toerlede wat kanselleer, word terugbetaal sodra u aan ons u bankbesonderhede stuur. Indien 'n toerlid genoodsaak is om vanweë siekte te kanselleer voordat die finale toerprys betaal is (dit wil sê vóór 22 Januarie 2019), word die volle deposito minus R500 by voorlegging van 'n doktersertifikaat terugbetaal. In geval van kansellasie as gevolg van siekte ná betaling van die volle toerprys geld u versekeringsdekking sien KANSELLASIE. FINALE BETALING Die volle toerprys plus alle ander gelde (fooitjies, versekering ens) vir die Ryntoer moet vóór 22 Januarie 2019 betaal word. Tref asseblief vroegtydig die nodige reëlings sodat u geld betyds beskikbaar is. Vooruitgedateerde tjeks vir die betaaldatum word aanvaar. Soos met alle toere, is die prys van die Ryntoer ook gekoppel aan faktore buite ons beheer wat die toerprys en program kan beïnvloed. Slegs vliegkaartjies en lughawebelasting kan per kredietkaart betaal word ná voltooiing van 'n vorm wat ons aan u sal stuur. Die res van die toerprys word direk aan Christine van Wyk-Toere betaal nie per kredietkaart nie, maar deur tjeks te pos of tjekdeponerings/elektroniese oorplasings te maak. LW: Alle geld wat in banknote inbetaal word, moet die ekstra kontantinbetalingskoste insluit. Vra asseblief u bank hoeveel dit beloop (ongeveer 1% van die inbetalingsbedrag kan hiervoor begroot word). VLIEGKAARTJIES EN KONSESSIEHOUERS Alle vliegkaartjies word deur FERNWEH TRAVEL uitgereik. Die toerprys sluit vliegkaartjies in, maar nie lughawebelasting en binnelandse aansluitingsvlugte na en van die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg nie. Daar is 'n regstreekse vlug van Kaapstad na Amsterdam teen die volgende koste ekstra: Rynvaart: ongeveer R1 700; Rynvaart en Switserland-opsie: ongeveer R1 950. Dit sluit 'n vlug met Mango of Kulula van Johannesburg na Kaapstad in met die terugkeer. SAL- of SAS-konsessiehouers kan hulle by die groep in Amsterdam, of waar elders ooreengekom, by die toergroep aansluit. Die afslag ter sprake is die koste van die groepvliegkaartjie. (Ryn: R5 057; Ryn en Switserland: R4 867 en Slegs Switserland: R4 420) Indien toerlede noodgedwonge met 'n ander lugdiens moet vlieg, geld dieselfde afslag. DIE BOOT Die MS Carmen se kajuite is op verskillende vlakke. Die dubbelkajuite is dieselfde grootte en die sig vanaf albei dekke is uitstekend. Die kajuite het twee enkelbeddens (wat ook as dubbelbed opgemaak kan word), ingeboude kaste en 'n stort, wasbak en toilet. Haardroërs en kluise is in al die kajuite beskikbaar. Kajuite word toegeken volgens die datum van inskrywing. 'n Mens is bedags selde in jou kajuit. Terwyl die boot vaar, kuier almal heerlik in die ruim sitkamer of op die dek. Die sitkamer het gemaklike stoele en die omgewing kan van daar deur die groot vensters bekyk word terwyl gratis koffie en tee verskaf word. Rokers word beperk tot spesifieke areas op die sondek. ENKELKAJUITE/-KAMERS Toerlede kan enkelverblyf op die boot of in die hotel kry, mits hulle bereid is om 'n bedrag by te betaal sien "DIE TOERPRYS SLUIT NIE DIE VOLGENDE IN NIE". Daar is n paar enkelkajuite op die boot beskikbaar teen geen ekstra koste. Hierdie kajuite is gerieflik en ruim hoewel kleiner as die dubbelkajuite. Dit is op die heel onderste dek, net bokant die watervlak geleë en het 'n baie kleiner venster as die dubbelkajuite. Enkellopers spaar baie deur van hierdie kajuite gebruik te maak. (Sien foto's van kajuite aangeheg). Probeer gerus 'n familielid, vriend of kennis oorreed om saam te gaan indien u 'n dubbelkajuit verkies. Ons probeer graag help om vir enkellopende toerlede geskikte kajuit-/kamermaats te vind (indien hulle 'n dubbelkajuit verkies) maar staan onder geen verpligting om dit te doen nie.

4 Let wel: Indien u versoek het dat ons die harde kopie van hierdie inligting vir u pos, geld die volgende: Die omslag waarin die stukke versend word, toon die rivierboot wat ons in die verlede gebruik het. Die boot waarmee ons in 2019 vaar, die Carmen, is moderner. Daar is egter nie 'n sauna/bad soos op die foto nie. WEGBREKERS Dit is moontlik om voor of ná afloop van die toer op u eie te reis (met ander woorde van die bestaande toerprogram weg te breek). Die lugdiens hef 'n wegbrekersfooi van ongeveer R500 indien u u groepvlug wil aanpas. PASPOORTE (DRINGEND!) Maak asseblief seker dat u paspoort vir minstens 3 maande ná u terugkeerdatum uit Europa geldig is. Daar moet ook genoeg skoon bladsye, vir veiligheid minstens drie, in u paspoort wees. LW: Binnelandse Sake neem ongeveer 3 weke om 'n nuwe paspoort uit te reik. Indien u paspoort nie reg is nie, kan dit veroorsaak dat u nie betyds u visum kan bekom nie. MINDERJARIGES WAT SAAM MET U REIS (Indien op u van toepassing): BAIE BELANGRIK: Alle visumaansoeke vir minderjariges moet saam met 'n oorspronklike "unabridged"- geboortesertifikaat ingedien word. 'n 'Unabridged birth certificate' verskil van die standaardgeboortesertifikate wat deur Suid-Afrika se Departement van Binnelandse Sake uitgereik word. Dit bevat onder andere die kind asook albei ouers se volle name en identiteitsnommers op één, amptelike dokument. U kind(ers) sal nie toegelaat word om die land te verlaat indien u nie 'n OORSPRONKLIKE "unabridged"- geboortesertifikaat vir elkeen van hulle het nie. Minderjariges moet met die oorspronklike "unabridged"- geboortesertifikaat reis. Die Ambassades sal gevolglik ook weier om visums aan minderjarige kinders uit te reik indien hierdie dokument nie getoon kan word nie. Doen asseblief onmiddellik by die Departement van Binnelandse Sake aansoek vir 'unabridged'-geboortesertifikate vir elkeen van u minderjarige kinders wat saam met u gaan reis! Indien slegs een biologiese ouer die kind(ers) vergesel, moet 'n beëdigde toestemmingsbrief of doodsertifikaat van die ander ouer ingedien word. ALBEI OUERS (ongeag daarvan of albei saam met die kinders gaan reis) MOET DIE VISUMAANSOEK(E) VIR DIE KIND(ERS) PERSOONLIK INHANDIG OP DIE DAG VAN DIE VISUMAFSPRAAK! Persone onder 18 wat sonder hul ouers reis, moet 'n beëdigde toestemmingsbrief van albei ouers hê wat verlof gee dat hulle mag reis. Gesertifiseerde afskrifte van albei ouers se ID-dokumente moet ook ingedien word. Een van die nuutste voorskrifte vir die uitreik van visums vir minderjariges, is n "unabridged"- huweliksertifikaat van die ouers (indien van toepassing). REISGIDS Omvattende reisgidse van die Rynvaart en Switserland is deur ons opgestel om die lande met stede en dorpe wat ons besoek, te beskryf. Dit is noodsaaklik dat toerlede voorbereid op 'n toer gaan om meer waarde vir hul geld te kry. U ontvang dit met die laaste omsendbrief wat ongeveer 'n maand voor vertrek aan u gekoerier word.

UITTREKSELS UIT DANKBRIEWE 5 We would like to express our grateful thanks for what must have been our best holiday ever. We never dreamed that an organised tour could be so wonderful. We cannot commend too highly the organisation and presentation of the tour accommodation and service at both hotel and boat were outstanding, the tours were wonderfully managed and we at no time felt rushed or under pressure. If we are ever fortunate enough to undertake an organised tour, it will only be with Christine van Wyk Tours!! Jim and Joan Douglas George 'n Mens kan nie in woorde die onvergeetlike ervaring beskryf nie. Ja, 'n mens kan op 'n bootvaart gaan en mooi dinge sien, maar dit was nie 'n boottoer nie!! Dit was meer as dit dit was 'n ervaring van eenheid, vriendskap, geselligheid en liefde. Dit was vir 'n paar weke 'n ervaring van hemel op aarde! Dawid Rowles Kampsbaai Baie dankie vir 'n besondere vakansie. Ek is jammer dat ek Christine van Wyk-toere nie lankal reeds ontdek en ondervind het nie en sal in die toekoms graag weer saam met u gaan. Pieter en Esmé de Jager Equestria Weer eens 'n groot dankie aan julle hele span, van kantoor tot toerleiers. Die feit dat 'n mediese dokter aan boord was, was 'n groot gerusstelling en sy hulp baie vriendelik. Daar was so baie hoogtepunte, maar vir my, die tulpe! Vertrou dat ek weer eendag die Ryntoer en al die baie blomme kan geniet. Nogmaals hartlike dank! Annie Smit Gansbaai Die reëlings was puik beter kan jy nie kry nie. Dankie vir die inligting wat deurgaans deurgegee is. Voel dadelik tuis en op gemak. Die verblyf op die boot was vyfster, die hotel in Beatenberg met uitsig op die sneeubedekte berge was sprokiesmooi. (Verkort) Franz en Hetta Potgieter Strand Ons het die vakansie werklik baie geniet en veral omdat die organisasie so puik was. Van die eerste brief tot die laaste groet op die lughawe het ons die ondervinding gehad dat aan elke 'detail' aandag gegee is en goed vooruit beplan is. "The attention to detail" was na ons mening die uitstaande kenmerk van jul organisasie van die toer. 'n Mens het te alle tye geweet wat volgende gaan gebeur en dat daar een van die toerleiers naby sal wees om hand by te sit of om raad en leiding te gee. Die inligting en staaltjies het elke dorpie en kasteel langs die Ryn laat lewe en 'n besondere betekenis gegee. Baie dankie aan die kantoordames wat gehelp het met raad nog voordat ons vertrek het. Chris en Francia Hönck Farrarmere Ons eerste ervaring van Christine van Wyk-toere was onvergeetlik! Die Afrikaanse atmosfeer, Christelike aanslag en boere-vriendelikheid maak u toere baie spesiaal. Ons sal sommer al u toere wil meemaak! Dirk en Hendrika Lourens Vaalpark Dankie vir julle almal se aandeel in 'n onvergeetlike Ryntoer. Dit was georganiseerd met goed-geoliede reëlings, gawe, goed-opgeleide, vriendelike en verdraagsame toerleiers. Daar was ook genotvolle etes en gerieflike verblyf. Wat ons veral beïndruk het, is dat elke toerlid soos 'n eregas behandel is en baie spesiaal versorg word. Igna en Mala Klynsmith Rustenburg Dankie vir 'n besonderse toer. Daar is net een groep saam met wie 'n mens ALLES kry op 'n toer en dit is Christine van Wyk-Toere. Werner en Amanda Engelbrecht Musina Duisend dankies vir die wonderlike geleentheid om deel te kon wees van so 'n besondere en goed georganiseerde toer. Ons het elke oomblik daarvan geniet, nuwe vriendskappe gesmee en twee groot tasse vol wonderlike herinneringe en honderde foto's saamgebring huistoe. Al het ons albei die Rynomgewing geken, was dit 'n onvergeetlike ervaring en werklik aan te beveel vir oud en jonk! Die Christelike basis waarop die toer gefundeer is, maak dit iets spesiaals en kosbaars. Dr Barbel Haldenwang Durbanville Baie dankie vir 'n wonderlike en onvergeetlike toer. Baie seën, liefde en vrede vir julle almal by Christine van Wyk-Toere. "Success is when you look back at your life and the memories make you smile". Johan en Magda Griesel Mosselbaai Hierdie Ryntoer was sowaar 'n ongelooflike hoogtepunt in ons lewe. Ons het elke oomblik geniet en was so beïndruk met die algehele organisasie en met al die wonderlike dinge wat ons gesien en beleef het. Ons gaan regtig weer 'n Christine van Wyk-Toer meemaak. Werner en Adél Klerck Centurion Dankie vir 'n wonderlike en fantastiese Ryntoer. Alles het so goed verloop en ons het elke dag geweet waarheen ons gaan en wat ons gaan beleef. Die inligting wat aan ons deurgegee is was insiggewend en baie volledig. Julle het sommer diep in ons harte gekruip en voel ons soos familie. Coen en Julie Havenga Johannesburg Dankie vir 'n onvergeetlike toer ons het as ryper mense teruggekeer wat liggaamlik en geestelik vernuwe is. Die toer was in alle opsigte uiters geslaag. Dit was vir ons 'n ervaring van 'n leeftyd. Die toerlede was elkeen spesiaal en ons het blywende vriendskappe gesmee. Chris en Surita Liebenberg Faerie Glen, Pretoria