Jaarverslag. Junie 2018

Similar documents
Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SIZA takes the sting out of auditing

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Mandala Madness Deel 2

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

19. Kerkargief en -museum

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

RAADSLEDE / COUNCILLORS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Mosselbaai Munisipaliteit

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

Government Gazette Staatskoerant

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 24 OCTOBER 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. GENERAL NOTICES ALGEMENE KENNISGEWINGS 334 Town-planning and T

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

RAADSLEDE / COUNCILLORS

AI.DS 'H LPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50 DEPARTMENT OF HEALTH

PRESENT APOLOGY MINUTES

2 PROVINCIAL NOTICES 99 Removal of Restrictions Act, 1967 (Act No. 84 of 1967): Bloemfontein (Bainsvlei): Rezoning Pertaining to Portions 5 (of 1), 6

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

Jaarverslag (tydperk: 1 Februarie Maart 2006)

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 30 AUGUSTUS

NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 28 OKTOBER / OCTOBER

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

NORTH WEST NOORDWES PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Tariewe

Transcription:

Jaarverslag Junie 2018 Besturende Direkteur/Managing Director: Kruger C Direkteure/Directors Voorsitter/Chairman: Pretorius C Aucamp C Bailey A Botha PR Cruywagen AA Grobler JEH Landman EF Noëth JG Pienaar AJ Titus DJ Tredoux KG Van der Merwe JH Van Wyk WC

Posbus 1514 Groenkloof, Pretoria 0027 Tel: +27 (12) 325 7885 / 323 9050 Fax/Faks: 086 617 8067 admin@es.org.za www.es.org.za Saamgestel deur: Johan Nel Hersien deur: Annie Antonites Kopiereg Die Erfenisstigting Reg 2002/022710/08 MSW/NPC Alle regte voorbehou. Hierdie dokument word voorsien slegs vir die doeleindes soos in die inhoud vervat en mag in geheel of gedeeltelik nie vir enige ander doeleindes gebruik word sonder Die Erfenisstigting se skriftelike toestemming nie.

INHOUDSOPGAWE 1 Inleiding... 1 1.1 Navrae... 1 1.2 Befondsing... 2 1.3 Nederduitsch Hervormde Kerk... 2 2 Navorsing... 2 2.1 Hoogtepunte... 2 3 Die ES argief en navorsingsbiblioteek en Afrikaanse Winkel... 5 3.1 Hoogtepunte... 5 3.1.1 Argief... 5 3.1.2 Biblioteek... 5 3.1.3 Afrikaanse Winkel... 5 3.2 Laagtepunte en uitdagings... 7 4 Erfenishulpbronbestuur... 7 4.1 Hoogtepunte... 7 4.1.1 Ontwikkeling van Erfenisstigtingprogramme... 7 4.1.2 Dienslewerende projekte... 7 4.1.3 Erfenisbewaringsbewusmaking (EBB)... 8 4.2 Laagtepunte en uitdagings... 9 LYS VAN FIGURE Figuur 1: Opsomming van ES-navrae... 1 Figuur 2: Opsomming van ES-navrae m.b.t. vaste erfenis... 2 Figuur 3: Verhouding van Erfenisstigtingargief, -biblioteek en Afrikaanse Winkel besoekers... 6

Figuur 4: Verhouding van Erfenisstigtingargief, -biblioteek en Afrikaanse Winkel inkomste... 6 Figuur 5: Dienslewerende kwotasies... 8 ii

1 INLEIDING Die verslag is n opsomming van die werksaamhede van die Erfenisstigting vir die tydperk Junie 2017 tot Junie 2018. 1.1 NAVRAE Daar was 84 navrae gedurende die verslaggewingstydperk aangeteken. Die meeste navrae (48%) was m.b.t. vaste erfenis. Die verhouding van navrae oor vaste erfenis word in die onderstaande figure opgesom; navrae m.b.t. tot geboue was die mees algemene. Bewusmaking 6% Navorsing 9% Vaste erfenis 48% Roerende en nietasbare erfenis 14% ES-program 23% Figuur 1: Opsomming van ES-navrae 52% 2% 2% 15% 3% 3% 3% 3% 3% 7% 7% Kommersieel Erfeniswetgewing ES - Algemeen VTM-ontwerp Ou plase Grafte: Algemeen Terreine: Algemeen Monumente Terreine: ES 1

Figuur 2: Opsomming van ES-navrae m.b.t. vaste erfenis 1.2 BEFONDSING Die Erfenisstigting was bevoorreg om in die verslaggewingstydperk fondse ter waarde van R 1 560 000.00 te bekom wat deur die onderstaande geskenk is Dagbreek Trust, R 1 000 000 vir algemene bedryf; Die Rupert Historiese Huise-stigting, R 410 000 vir vier ES-programme; en Mnr. Dick van Meurs, R 150 000 vir algemene bedryf van die ES biblioteek en argief. Mnr. Van Meurs het egter aangedui dat hy nie weer in die toekoms die bedrag sal kan skenk nie, a.g.v. belastingsaangeleenthede in die Verenigde Koninkryk. 1.3 NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK Die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) het vanaf Augustus 2017 ruimtes in die Erfenissentrum omskep om n nuwe tuiste vir dié Kerk se argief en sinodale kantore te skep. Die Erfenisstigting ontvang maandelikse huur vir die gebruik van die ruimtes ter waarde van R 24 999.87, wat sedert November 2017 betaal word. Hierdie bedrag is n welkome bydrae by tot die algemene bedryf van die Erfenisstigting en -sentrum. Die NHK-argief is verder ook n waardevolle toevoeging tot die inligtingsdienste wat deur die Erfenisstigting aangebied word en in die Erfenissentrum gehuisves word. Daar is alreeds verskeie samewerkende navorsingsgeleenthede geïdentifiseer, o.a. die W. H. Punt en De Ridder-versamelings wat van onskatbare kultuur-historiese waarde is. 2 NAVORSING 2.1 HOOGTEPUNTE Die ES se navorsingsafdeling het verskeie navorsingsuitsette gehad. Hoogtepunte sluit o.a. in - 2

Gerard Moerdijk-gedenklesing, aangebied deur argitek en erfeniskenner, mnr. Nicholas Clarke; Voortrekkermonument 80 gedenkdagboek; Afhandeling van die Griekwas van Campbell-projek wat deur Lotto befonds was; Navorsing vir uitstalpanele vir die Opvoedkundige Ontdekkingsentrum; n Verskeidenheid nie-akademiese publikasies Mulder, R. 2017. Bewaar vandag se erfenis... vir môre. INK Die Afrikaanse Taalskrif, September-uitgawe [artikel het gehandel oor EBB] Nel, J. 2017. Moenie simbole van kolonialisme vernietig. Netwerk24 en Die Burger, 28 September Pretorius, E. 2017. Om ons erfenis te bewaar wat vandag verlore gaan, kan nie môre gered word nie. Konteks, November/Desemberuitgawe Pretorius, E. 2017. Geloftedagvieringe ná die Slag van Bloedrivier. INK Die Afrikaanse Taalskrif, Desember-uitgawe. Pretorius, E. 2017. Klipstapels op die pad van Suid-Afrika. Konteks, Januarie/Februarie uitgawe. Pretorius, E. 2018. Die troostelose verhaal van Doornbult. Konteks, Maart-uitgawe. Pretorius, E. 2018. Die verhaal van Grietjie. FLINK Die Afrikaanse Taalskrif, April-uitgawe. Sarkady, N. & Antonites, A.R. 2018. Pioniers van erfenisbewaring. Konteks, April-uitgawe. Antonites, A.R. 2018. Archaeozoology at Mapungubwe: let the bones speak. Ancient Origins Premium, 20 April. (www.ancient-origins.net) 3

Antonites, A. 2018. Die nagedagtenis van dié wat reg gedoen het, leef voort. Konteks, Mei-uitgawe. Judson, E. 2018. Die gipspaneeluitstalling in die senotaafsaal van die Voortrekker-monument. Konteks, Junie-uitgawe. Akademiese publikasies Antonites, A.R., Douglass, K. & Linseele, V. 2018. African archaeozoology today: multi-analytical approaches to human-animal interactions in the African past. Special volume in African Archaeozoology. Quaternary International 471B: 1-5. Douglass, K. Antonites, A.R., Quintana Morales, E.M., Grealy, A., Bunce, M., Bruwer, C. & Gough, C. 2018. Multi-analytical approach to zooarchaeological assemblages elucidates Late Holocene coastal lifeways in southwest Madagascar. Quaternary International 471B: 111-131. Bradfield, J. & Antonites, A.R. 2018. Bone hoes from the Middle Iron Age, Limpopo Province, South Africa. Quaternary International 472A: 126-134. Dr. Annie Antonites was verder ook deur verskillende Amerikaanse universiteite versoek om argeodierkundige analises op argeologiese opgrawings te doen. Hierdie diens verbreed nie net die ES se navorsingstatuur nie, maar bied ook n gulde geleentheid om die ES internasionaal te bemark en netwerke te bou. Die analises sluit in Dr. Carla Klehm, Universiteit van Colorado (VSA), 13de-eeuse nedersetting, Serowe, Botswana; Dr. Gerard Chouin, College of William and Mary (VSA), 10de tot 14de-eeuse nedersetting, Ile-Ife, Nigerië; Dr. Jeff Fleischer, Rice Universiteit (VSA), 10de tot 14de eeuse nedersetting, Basanga, Zambië. 4

Die Trustees van die Erfenisstigting se Navorsingstrust het n besluit geneem dat die Erfenisstigting self ook vir fondse moet aansoek doen. n Bedrag van R 25 000.00 is beskikbaar gestel vir n akademiese navorsingsprojek wat deur die Erfenisstigting se navorsers geloods sal word. 3 DIE ES ARGIEF EN NAVORSINGSBIBLIOTEEK EN AFRIKAANSE WINKEL 3.1 HOOGTEPUNTE 3.1.1 ARGIEF Internasionale en plaaslike navorsers / besoekers aan die argief: 27; en Skenkings: 55; en Inkomste: R 174 959. Sedert die afsluiting van die finansiële jaar het die ATKV ook n deel van hulle argief in die Erfenisstigtingargief laat opneem. n Bykomende maandlikse argiefinkomste ter waarde van R 6 921.74 word vanaf 1 April 2018 gehef. 3.1.2 BIBLIOTEEK Navorsers / besoekers aan die biblioteek: 360; Skenkings: 40 (2032 individuele items); Ontsluiting: 575; en Inkomste: R 23 211.00 vir die 2017/2018 finansiële jaar. 3.1.3 AFRIKAANSE WINKEL Internasionale en plaaslike besoekers: 8 049; Verkope: R 322 328 vir die 2017/2018 finansiële jaar; en Boekbekendstellings: 2. 5

Argief besoekers. 27 Biblioteek besoekers. 360 Afrikaanse Winkel besoekers. 8049 Figuur 3: Verhouding van Erfenisstigtingargief, -biblioteek en Afrikaanse Winkel besoekers Argief inkomste; R 174 959 Afrikaanse Winkel verkope; R 322 328 Biblioteek inkomste; R 23 211 Figuur 4: Verhouding van Erfenisstigtingargief, -biblioteek en Afrikaanse Winkel inkomste 6

3.2 LAAGTEPUNTE EN UITDAGINGS Die grootste laagtepunt is sekerlik dat mnr. Van Meurs nie meer sy jaarlikse skenking kan behartig nie. Sedert 2010 het hy as n individu egter in die omgewing van R 1 000 000.00 aan die ES geskenk, wat tot die ontwikkeling en instandhouding van die ES se navorsings- en inligtingsdiens bygedra het. Die grootste uitdaging vir die ES se navorsingsafdeling is tyd en befondsing. Ons moet ongelukkig baie geleenthede van die hand wys omdat ons te min navorsers het en nie genoeg befondsing het om addisionele navorsers aan te stel nie hetsy op kontrak- of vastebasis. 4 ERFENISHULPBRONBESTUUR 4.1 HOOGTEPUNTE 4.1.1 ONTWIKKELING VAN ERFENISSTIGTINGPROGRAMME Gedurende die verslaggewingstydperk het die Erfenisstigting vyf programme ontwikkel en omskryf waarbinne werksaamhede verrig word. Daar word ook met hierdie programme gepoog om befondsingsaansoeke te vergemaklik. Die vyf programme is Program vir die bedryf van die Erfenisstigting; Program vir vaste erfenishulpbronne; Program vir roerende en nie-tasbare erfenis; Program vir erfenisbewusmaking; en Program vir erfenisnavorsing. 4.1.2 DIENSLEWERENDE PROJEKTE Dienslewerende kwotasies ter waarde van R 676 282.70 is vanaf Junie 2017 tot Junie 2018 ingedien. 7

Projekte oorgedra; R 236 982 Kwotasies goedgekeur; R 114 683 Kwotasies ingedien; R 561 599 Figuur 5: Dienslewerende kwotasies Dienslewerende projekte wat vanaf die vorige verslaggewingstydperk oorgedra is beloop R 236 986.03. 4.1.3 ERFENISBEWARINGSBEWUSMAKING (EBB) Die EBB-projek het uitstekend presteer. Komitees wat in die verslaggewingstydperk gestig is sluit in Bloemfontein, Vrystaat; Groot Marico / Zeerust, Noordwes; Koster / Derby, Noordwes; Louis Trichadt / Makhado, Limpopo; Phalaborwa, Limpopo; Rhenosterspruit, Gauteng; en Swartruggens, Noordwes. Daar word tans onderhandel om EBB-komitees in die volgende dorpe te stig 8

Alexandria, Ooskaap Boshoff, Vrystaat; Ladysmith, KwaZulu-Natal; en Steynsburg, Vrystaat. 4.2 LAAGTEPUNTE EN UITDAGINGS n Groot laagtepunt is die beperkte ondersteuning wat die Erfenisstigting aan die publiek kan bied t.o.v. navrae. Dit word vererger deur n tekort aan befondsing en n algemene afsydigheid teenoor erfenishulpbestuur vanuit beide staatsgeledere en die publiek. Die stigting van EBB-komitees mag in die toekoms hierdie taak vergemaklik. Die instandhouding van Erfenisstigtingterreine bly steeds n uitdaging, a.g.v. beskikbare fondse en menslike hulpbronne. Die aanstelling van Francois Langerman as Logistieke Bestuurder vir die Erfenisstigting behoort egter dit te bemiddel. 9