IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

BenguFarm Bestelvorm

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

MALHERBE RP et HATTINGH R

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

REPORTABLE DELIVERED: 8 MAY 2009 /BH IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

MALHERBE RP et KRUGER R MALHERBE RP. Respondente is n 34 jarige ongetroude vrou. Sy het die grade

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA /ES (NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Rut: n Liefdes Verhaal

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) UITSPRAAK

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

RAADSLEDE / COUNCILLORS

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Transcription:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. :A130/2006 In die saak tussen: MICHIEL JOSIAS DE KOCK Eiser en DIE RAAD VAN JERSEY SA JERSEY SA 1ste Verweerder 2de Verweeder CORAM: GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R AANGEHOOR OP: 18 SEPTEMBER 2006 UITSPRAAK DEUR: CJ MUSI, R GELEWER OP: 28 SEPTEMBER 2006 [1] Hierdie is n Hersieningsaansoek ingevolge Reël 53 van die Eenvormige Hofreëls. Die applikant is n teler van Jersey beeste. Die eerste respondent is die Raad van Jersey SA, saamgestel ingevolge klousule 8 van Jersey SA se grondwet (die Raad). Die tweede respondent is Jersey SA n

2 dieretelersgenootskap soos bedoel in die Wet op Diereverbetering 62 van 1998 en gekonstitueer ingevolge sy grondwet (die grondwet). Die applikant was geskors as lid van die 1ste en 2de respondente. Hierdie aansoek is teen daardie skorsing gemik. [2] Die applikant vra vir n bevel dat die besluit van die Raad wat geneem is op of ongeveer 7 November 2005 waarkragtens die applikant geskors is as lid van die tweede respondent en gevolglik as lid van die Raad, hersien, vernietig en tersydegestel word, en dat die eerste en tweede respondente die koste van die aansoek gesamentlik en afsonderlik moet betaal. [3] Die Raad word saamgestel uit ses stemhebbende verkose verteenwoordigers van ses streke in Suid-Afrika waaruit n president, vise president en tesourier gekies word. Daar is ook ex-officio en ere lede, sonder stemreg. Die Raad het, ingevolge die grondwet, die bevoegdheid om n lid van die tweede respondent te skors. Die Raad het skorsingsprosedure teen die applikant begin. Hy is behoorlik kennis gegee van die vergadering waartydens sy skorsing

3 oorweeg sou word. Tydens die genoemde vergadering, op 20 Oktober 2005, is hy en sy regspan meegedeel dat mnr Pieter Möller, bygestaan en geadviseer deur mnr Els, klaarblyklik n prokureur, die voorsitter van die Raad sal wees tydens die oorweging van die applikant se skorsing. [4] Mnr LMW Du Plessis het namens die Raad opgetree terwyl mnr Riaan Pienaar namens die applikant opgetree het. Die partye was dit eens dat die applikant sou pleit op die aanklagte wat hy wel gedoen het en dat daar n verhoor gehou sou word. Die applikant het sekere erkennings gemaak en daarop aangedring dat die raad getuienis moet aanbied sodat die korrektheid daarvan getoets kon word. Die voorsitter is daarop gewys dat die verrigtinge in n ernstige lig beskou moet word aangesien die applikant se lidmaatskap op die spel was. Die voorsitter het as volg hierop reageer: Ek gee toe die wat jy ook gesê het in terme van die uitspraak of die klagtes wat gemaak word wat sy toekoms ook kan benadeel en ek dink juis daarom moet ons aanvaar dat al praat

4 ons in n informele gesprek, dat ons dit as n formele dissiplinêre verhoor binne die Wet op Arbeidsverhouding sal beskou wat dit ookal mag beteken. Nadat Du Plessis die voorsitter toegespreek het, het hy die Raad se saak gesluit. Pienaar het daarna die applikant se saak gesluit. Nadat die partye betoog het, het die voorsitter aangedui dat hy n aanbeveling aan die Raad sou maak. Nadat hy met die Raad konsulteer het, het die President van die Raad, mnr Vosloo, weer die stoel geneem en die volgende gesê: oor die saak gesels en dit het nogal opgekom dat ons net wag vir Pieter se aanbeveling, dit sal ons seker eers Maandag se kant kry. So wat ons sal doen, ons sal dit so notuleer dat ons dit dan sal oordra na die volgende vergadering toe, dat ons dit sal bespreek met ons raadsvergadering. [5] Op 7 November 2005 het die Raad vergader en was die applikant se skorsing op die agenda. Die applikant was versoek om, voor die bespreking van sy skorsing, die vergadering te verlaat. Die Raad het toe besluit om hom te skors. Die raadsbesluit en die redes vir die besluit is as volg uiteengesit:

5 Besluit deur die Raad van Jersey SA na aanleiding van die ondersoek om die beëindiging van lidmaatskap van Mnr MJ de Kock te oorweg. Die Raad is tevrede dat al die bepalings van die konstitusie soos vervat in klousule 6.2 nagekom is in hierdie saak. Na oorweging van die klagtes sowel as die verweer deur Mnr De Kock se regsverteenwordiger, soos aan die Raad voorgehou op 20 Oktober 2005 en na oorleg met die regsverteenwoordigers van Jersey SA, besluit die Raad as volg: 1. Dat Mnr De Kock skuldig is daaraan dat hy nie sy verskuldigheid aan Jersey SA vereffen het nie ten spyte daarvan dat hy daarom versoek is deur die bestuurder soos bepaal in 6.2 a van die konstitusie. 2. Dat Mnr De Kock skuldig is aan optrede wat volgens die opinie van die Raad, nadelig is vir die belange van Jersey SA, deur bullete verkoop wat op die datum van verkoop ongeregistreerd was. 3. Dat Mnr De Kock skuldig is aan optrede of gebrek aan optrede wat volgens die opinie van die Raad, nadelig is vir die belange van Jersey SA, deur sy handelinge t.o.v. die indiening van laat geboortes en sy weiering daarna om die fooie ten opsigte daarvan te betaal.

6 4. Dat Mnr De Kock skuldig is aan die verbreking van n bepaling van die konstitusie deur sy versuim om n perkapitalys in te dien. 5. Dat Mnr De Kock skuldig is aan die verbreking van n bepaling van die bylaag tot die konstitusie deur nie Jersey SA in kennis te stel van die geboortekennisgewings wat hy direk by SA Stamboek ingedien het nie. Die volledige besluite met die redes vir die skuldigbevinding op elke klag word aangeheg. Punt 4 is nie so as klag aan Mnr De Kock gestel tydens die ondersoek nie, maar het voortgespruit uit die ondersoek. Dit moet met die regverteenwoordigers van Jersey SA uitgeklaar word of dit nou met die skuldigbevinding bygevoeg mag word. Indien nie, word die Dagbestuur opdrag gegee om dit te verwyder. Rondom punt 5 is daar moontlike probleme met vorige Raadsbesluite alhoewel die Raad van mening is dat dit nie so is nie. Indien dit bevind word dat die bevindinge nie korrek is nie moet die Dagbestuur ook hierdie skuldigbevinding verwyder. Die Raad besluit eenparig dat die lidmaatskap van Mnr De Kock summier beëindig word as gevolg van bogenoemde skuldigbevindinge. Die Raad besluit verder dat enige van bogenoemde skuldigbevindinge op sy eie genoegsame rede

7 is vir die beëindiging van lidmaatskap van Mnr De Kock. Die besluit om lidmaatskap te beëindig word versterk deur die feit dat Mnr De Kock aan meer as een oortreding skulig bevind is. Hierdie beëindiging van lidmaatskap beteken ook dat Mnr De Kock se posisie as Raadslid onmiddellik beëindig word (8.1.12 a). Die Raad gee opdrag dat die Dagbestuur en die bestuurder die brief met die skuldigbevinding en redes daarvoor, met die regsverteenwoordigers van Jersey SA uitgeklaar en daarna saam met die kennisgewing van beëindiging van lidmaatskap, aan Mnr De Kock moet stuur. Die Raad ondersteun enige wysigings hieraan wat die Dagbestuur nodig mag vind na genoemde oorleg. [6] Alvorens ek met die applikant se aanval op die gewraakte besluit handel, handel ek eers met Mnr Knoetze SC, namens die respondente, se argument dat die applikant nie n saak in sy funderende eedsverklaring uitgemaak het nie. Hy beweer dat die beweerde onreëlmatige samestelling van die tribunaal nie in die funderende stukke geopper word nie. Hierdie punt is sonder enige substansie. Die applikant het duidelik in sy funderende eedsverklaring Möller se rol tydens die verrigtinge bevraagteken. Hy noem dat Möller nooit n lid

8 van die eerste of tweede respondent was nie. Voorts noem hy dat hy verras was deur die aanwesigheid van Möller wat as die sogenaamde onafhanklike voorsitter aan hulle voorgestel is. In sy funderende eedsverklaring noem hy ook dat hy beoog om, wanneer die respondent die volledige oorkonde van verrigtinge voorgelê het ingevolge die hofreëls, te oorweeg om die hersieningsgronde te wysig of uit te brei. Hy het inderdaad n aanvullende eedsverklaring liaseer. Daarin meld hy uitdruklik dat slegs die Raad alleen bevoeg was om sy verhoor waar te neem. Voorts noem hy dat die feit dat die raadslede hulle verskoon het van die vergadering en slegs as waarnemers daar was in stryd met die uitdruklik bepalings van die grondwet was. Hy het dus n saak in sy funderende en aanvullende eedsverklarings uitgemaak dat die tribunaal onbehoorlik saamgestel was. [7] Die besluit van die Raad word op verskillende fronte aangeval. In bree trekke is mnr du Toit, namens die applikant, se argumente dat die Raad nie die bevoegdheid gehad het om n onafhanklike persoon of buitestaander aan te wys om as voorsitter op te tree nie; dat daar verskeie prosedurieële onreëlmatighede plaasgevind het en dat die

9 raad mala fide opgetree het. Mnr Knoetze aan die anderkant het geargumenteer dat ten spyte van die onreëlmatighede was daar geen benadeling nie. Voorts het hy geargumenteer dat die applikant afstand gedoen het van sy regte. [8] Die tweede respondent is n vrywillige organisasie. Die grondwet van die organisasie konstitueer die ooreenkoms wat die lede met mekaar onderling aangegaan het. Al die lede van die organisasie is gebonde aan die bepalings van die organisasie se grondwet en verordeninge. Khan v Louw N.O and Another 1951 (2) SA 194 (CPD) te 211 B-D. Turner v Jockey Club of South Africa 1974 (3) SA 633 te 645 B-C. Die grondwet van n vrywillige vereniging word dieselfde vertolk as enige ander geskrewe dokument of kontrak. Sien Garment Worker s Union Western Province v Keraan 1961 (1) SA 744 (C) te 749 750; De Vos v Die Ringskommisie van die NG Kerk 1952 (2) SA 83 (O) te 94H 95A. [9] Soos reeds genoem verleen die tweede respondent se grondwet aan die Raad die mag en bevoegdheid om n lid

10 van die tweede respondent te skors. Artikel 6.2 van die grondwet lees as volg: The council may expel, and/or terminate its services to any member who (a) failed to pay any amount due by him to the Society within 60 days after posting to him of a written demand for such payment, signed by the Manager; (b) has acted in any manner which in the opinion of the Council is or may be prejudicial to the interests of the Society or any of its members; (c) deliberately given incorrect or misleading information to the Society or to the Department regarding the pedigree, performance or particulars of any animal, or who has deliberately altered or camouflaged the identification of any animal; (d) (e) has infringed any provision of the Constitution; or has been found guilty of an offence under the Act: Provided that no proceedings for expulsion shall be initiated against any member of the Society unless the Manager has at least 30 days prior to the date of the Council meeting at which such expulsion is to be dealt with, addressed a registered letter to such member notifying him of his proposed expulsion, and calling upon him, if he so wishes, to present, either personally or

11 through his duly authorised representative, his side of the case at such meeting of the Council, and provided further that no member shall be expelled from the Society by the Council except by a resolution passed by the Council by a majority of at least two-thirds of the members of the Council present and entitled to vote at such Council meeting, after notice in writing of the proposed expulsion has been given to each member of the Council by the Manager at least ten days before the date fixed for such a meeting. (Slegs n Engelse eksemplaar is tot ons beskikking gestel). Hieruit is dit duidelik dat die besluit ter skorsing van n lid tydens n raadsvergadering deur die Raad oorweeg en geneem moet word nadat sodanige lid of sy verteenwoordiger die geleentheid gegun was om sy saak te stel. [10] Die vraag wat nou ontstaan is of die oorweging van sy skorsing op 20 Oktober 2005 tydens n geldige raadsvergadering plaasgevind het? Klousule 10.4 van die grondwet bepaal as volg: Chairperson

12 The President, Vice-President, an Honorary Life President or an Honorary Life Vice-President, in this order, shall preside at all meetings and should all these office-bearers be absent from any meeting, the members present thereat shall elect another member to preside at such meeting, and any person so elected shall in relation to that meeting, have all the powers and fulfil all the duties of the President: Provided that in the event of the death of the President, the Vice-President shall act as President until the next Annual General Meeting of the Society. Was die bedoeling van die kontrakterende partye dat hierdie bepaling slegs aanwysend moet wees of was die bedoeling dat dit gebiedend moet wees? Ons howe het die werkwoord shall as gebiedend of aanwysend afhangende van die trefwydte en doel van n bepaling interpreteer. In Maharaj and Others v Rampersad 1964 (4) SA 638 (AD) te 643 C-G het Van Winsen WAR (soos hy toe was) die volgende gesê: Now the first issue calling for decision is whether reg. 4 (2) above quoted, in so far as it provides that a plan or map tracing shall be attached to the application form for a motor carrier certificate, is peremptory or directory. It is a recognised principle or statutory construction that a Court, when determining which of these two alternative constructions is

13 to be placed upon a statutory enactment, must seek to ascertain the real intention of the Legislature and in so doing must have regard to the scope and object of the enactment as a whole. As stated by SCHREINER J.A., Charlestown Town Board and Another v Vilakasi, 1951 (3) S.A. 361 (A.D.) at p. 370, every enactment must be dealt with in the light of its own language, scope and object and the consequences in relation to justice and convenience of adopting one view rather than the other Or, to express this principle in the language of LORD PENZANCE appearing in a passage from the judgment in the case of Howard v. Bodington, 2 P.D. 203, adopted by DE WET, C.J., Leibbrandt v. South African Railways, 1941 A.D. 9 at p.13: in each case you must look to the subject matter; consider the importance of the provision that has been disregarded and the relation of that provision to the general object intended to be secured by the Act; and upon a review of the case on that aspect decide whether the matter is what is called imperative or only directory VAN DEN HEEVER, J.A., described the word moet in Kantian terms as embodying the categorical imperative. It would be a work of supererogation to refer to the long list of examples in our reported case-law where that word, in the light of considerations pointing to another conclusion, has had to surrender this

14 resounding accolade and been reduced to the status of a mere directory verb. Sien ook Weenen Transitional Local Council v Van Dyk 2000 (3) SA 435 (N) te 442 445 en die sake daarin na verwys. Alhoewel daar in Maharaj supra sowel as Weenen Transitional Local Council supra na statutêre bepalings verwys word geld dieselfde oorwegings by vrywillege verenigings. Die verskil is egter dat daar by vrywillige verenigings vasgestel moet word wat die ware bedoeling van die partye was. Klousule 10.4 reel duidelik watter ampsbekleers van die Raad as voorsitter mag optree. Slegs indien daar geen ampsbekleer aanwesig is nie mag die teenwoordige lede n voorsitter verkies. Die bedoeling van die lede kon tog net wees dat slegs n lid van die Raad as voorsitter daarvan mag optree. Daar is geen ruimte vir n ander uitleg nie. Die woorde is duidelik en ondubbelsinnig. Indien daar gekyk word na die doel en trefwydte van klousule 10.4 moet dit saam met die bepalings van klousule 10.5 gelees word. Klousule 10.5 lees as volg:

15 10.5.1 All matters submitted to any meeting shall, save as is otherwise provided, be decided by the votes of the majority of those members present and entitled to vote and in the event of an equality of votes, the person presiding at the meeting shall have a casting vote as well as a deliberative vote. 10.5.2 10.5.3 10.5.4 The presiding member at any meeting shall have a casting vote in addition to his deliberative vote, whenever there is and equality of votes on any subject. Klousule 10.5 heg sekere gevolge aan voorsitterskap. Die voorsitter het, indien daar n staking van stemme is n gewone sowel as n beslissende stem. Dit is hoogs ondenkbaar dat die kontrakterende partye soveel ingrypende magte aan n buitestaander sou verleen. Na my mening was die doel waarom die werkwoord shall gebruik was juis om die moontlikheid dat n buitestaander, wat nie n lid van die Raad is nie, die voorsitter van die Raad mag wees uit te sluit. In die konteks van hierdie grondwet is dit my mening dat die word shall gebiedend uitgelê moet word. Die Raad was

16 derhalwe nie behoorlik saamgestel op 20 Oktober 2005 toe die applikant se skorting oorweeg was nie. [11] Die President van die Raad was teenwoordig tydens die vergadering en het aangedui dat die raadslede tydens die bespreking van die applikant se skorsing teenwoordig sal bly as waarnemers. Die hele Raad het dus hulle rol as waarnemers gesien. Die besluitnemers het dus abdikeer. Daardie abdikasie was myns insiens ultra vires hul bevoegdhede. Die raadslede het effektiewelik hulself die reg ontsê om deel te neem aan n raadsvergadering. Die aanstel van Möller as voorsitter en die besluit dat die raadslede slegs waarnemers is, is n fatale onreëlmatigheid. In TODD, NO AND OTHERS v GLIKMAN 1949 (1) SA 59 (WLD) het die Transvaal Provincial Institute of South African Architects se grondwet bepaal dat slegs die president en in sy afwesigheid die vise president die voorsitter van n provinsiale komitee vergadering of van n raadsvergadering mag wees. Alhoewel die president teenwoordig was is n mnr Fassler deur die komitee verkies om voorsitter van daardie bepaalde vergadering te wees. Blackwell J het homself op bladsy 64 van die verslag as volg oor hierdie onreëlmatigheid uitgelaat:

17 I would be averse to allowing the respondent to seize upon some trifling or frivolous irregularity, and if, therefore, I thought the irregularity which existed in the present case were of that description, a trifling or frivolous or wholly technical irregularity, then I would be indisposed to allow it to deprive this Court of jurisdiction. But I cannot bring myself to think that the irregularity which took place in the present case merits that description. It is of very great importance who presides over an inquiry of this sort. The constitution says the chairman shall preside. He did not preside. Not only did that give the proceedings themselves a complexion which they should not have had, but it actually had, in terms of sec. 34, an effect on the voting of the members present at that inquiry. I am prepared to say, therefore, that this was a substantial point of irregularity. Mr Blakeway has sought to place emphasis on the words in such manner and from that to argue that the Court is concerned only with the actual conduct of the inquiry and not the composition of the Board which conducted such inquiry. I have only, I think, to state such a point in order to reject it, because what this Court must inquire into is whether a proper inquiry was held, and there cannot be a proper inquiry unless the Board which conducts that inquiry is properly constituted. A Board that chooses the wrong chairman, a chairman who could not vote, and it thereby deprives one member of a vote to which he is not entitled and gives to another member a vote to which

18 he is entitled cannot be said, in my opinion, to be a properly constituted Board. Ek stem saam met Blackwell J se mening. Wat egter ook pla in hierdie saak is dat die applikant, n lid van die Raad totaal en al in die donker gehou was aangaande die besluit om vir Möller voorsitter te maak. Hy was nie vooraf ingelig van hierdie besluit nie. Hy, as lid van die Raad, was nie vir sy kommentaar gevra nie. Hy, as aangeklaagde, was nie ingelig wat die rede vir Möller se aanstelling was nie. Hy was nie ingelig wat sy mandaat, indien enige, was nie. [12] Die respondente se beroep op afstandoening het ook geen meriete. Die onus rus op die respondente om aan te toon dat die applikant bewus was van die onreëlmatigheid en dat hy bewus was van al die feite ten einde hom in staat te stel om beswaar te maak teen Möller se aanstelling as voorsitter. Daar moet dus aangetoon word dat die applikant met volledige kennis full knowledge van die ware toedrag van sake afstand gedoen het van sy reg om beswaar te maak. Sien Jeffery v President, SAMDC 1987 (1) SA 387 (CPD) te 394 H 395 C. Die applikant het nie geweet wat

19 aanleiding gegee het tot Möller se aanstelling nie. Toe Möller sy rol aan die vergadering en dus die applikant en sy regspan verduidelik het hy onder andere gesê: Ek wil ook vir u sê dat ek het deur die stukke gegaan en deur die konstitusie ook gegaan en op grond daarvan dink ek is ons ook gereed om voort te gaan. Dit is duidelik dat die voorsitter geensins onder die applikant se aandag gebring het dat sy optrede strydig met die grondwet is nie. Indien die Raad en Möller nie bewus was van die grondwetlike bepalings hoe kan daar, sonder meer, verwag word dat die applikant full knowledge gehad het en afstand gedoen het van sy regte. Daar is inteendeel n plig op n voorsitter om te verseker dat sy aanstelling korrek en grondwetlik is. Lewin: The law, Procedure and Conduct of Meetings 5de Uitgawe Juta, stel die plig wat op die voorsitter rus as volg: The chairman of the meeting must ensure, either prior to or at the commencement of the meeting, that his own appointment or election has been duly made and carried out in terms of the

20 rules, and that he is in no way precluded from presiding at the meeting. Möller het glad nie na die grondwet gekyk nie. Indien hy wel daarna gekyk het sou hy met die eerste oogopslag gemerk het dat hy nie as voorsitter van die Raad mag optree nie. Hierdie tragedie is die gevolg van Möller se komiese onkunde van die vakgebied waarop hy homself begeef het. Mnr Knoetze het probeer om vir Pienaar te blameer vir Möller se blapse. Dit is Möller wat eers aangedui het dat hy n aanbeveling aan die Raad gaan maak. Hy is ook die een wat gesê het dat hy die verhoor as n verhoor binne die Wet op Arbeidsverhoudinge beskou. Dit is glad nie Pienaar wat woorde in sy mond geplaas het nie. Hy het self die saad geplant wat gelei het tot hierdie abortiewe verrigtinge. Na my mening het die respondente nie daarin geslaag om aan te toon dat daar hierin sprake is van n doelbewuste afstanddoening is nie. Die feit dat hy onder hierdie omstandighede nie beswaar gemaak het teen die onreëlmatigheid kan nie voor sy deur gelê word nie. Dit ontsê hom ook nie sy reg om hom nou daaroor te bekla nie. Sien Monaheng v Roseveare 1957 (1) PH K42 (O). Op

21 sterkte van hierdie onreëlmatigheid alleen behoort hierdie aansoek te slaag. [13] Daar is ander redes waarom hierdie aansoek moet slaag. Die audi alterem partem reël is nie behoorlik toegepas nie. Die applikant het ook nie n regverdige verhoor gehad nie. In Theron v Ring van Wellington, NG Sendingskerk in SA 1976 (2) SA 1 (A.A) te 20 D-F is die toets vir inmenging op hersiening met n besluit van n statutêre of kontraktuele liggaam as volg gestel: Dit moet dus aanvaar word dat wat statutêre liggame betref, die formele maatstaf (vir ingryping op hersiening) in ons respraak ten opsigte van handelinge van suiwer regsprekende aard uitgebrei is om nie slegs die geval te dek waar die bevinding op geen getuienis hoegenaamd berus nie, maar ook die geval waar die getuienis nie sodanig is dat redelikerwys op grond daarvan tot daardie bevinding geraak kan word nie. Aangesien selfs dan die wesenlike toets vervolgens die uitgebreide formele maatstaf genome nie is of die Hof self anders sou beslis het nie, bly die onderskeiding tussen appèl en hersiening ongeskonde. Nogtans moet beklemtoon word dat by aanwending van die uitgebreide formele maatskaf die Hof

22 noodwendig regtens korrekte maatstawwe sal moet toepas om die facta probanda te bepaal en om te oordeel wat in die bepaalde geval as getuienis aangemerk kan word. [14] In hierdie saak het die getuienis waarna respondente verwys bestaan uit toesprake of openingsbetoë deur die verteenwoordigers van die respondente en die applikant. Die applikant het sekere erkennings gemaak en ander beweringe in al die aanklagte ontken. Geen van die erkennings het op n onomwonde erkenning van skuld neergekom nie. Die applikant het duidelik te kenne gegee dat hy verwag dat die respondente die beweringe wat nie erken is moet bewys. Dit was nie gedoen nie. Die applikant is op geen stadium meegedeel dat die betoë en openingsrede van die verteenwoordigers as getuienis deur die Raad in aanmerking geneem gaan word nie. Hy was ook nie meegedeel dat die Raad, as waarnemers, hulle waarnemings as basis gaan gebruik om sy skorsing te oorweeg nie. Hy het genoegsame rede gehad om te aanvaar dat die Raad slegs waarnemers was van die sirkus wat daar ontvou het onder voorsitterskap van n oningewyde Möller. Die Raad het niks gedoen om vir Möller in toom te

23 hou nie, en het sy selfverheerliking gebotvier. Indien hy geweet het, waaroor dit alles gaan, sou hy seer sekerlik stappe gedoen het om te verhoed dat die Raad besoedel word met ontoelaatbare, skadelike en benadelende getuienis. Du Plessis het, wat al die aanklagte betref, n openingsrede en betoog gelewer wat grotendeels op skinderstories gebaseer was. Geen van die getuies of stawende dokumentasie om enige van die klagtes te bewys is geroep of voorgelê nie. In R v Matsego and Others 1956 (3) SA 411 te 417 is daar gesê dat: It is a fundamental rule of our law that an accused should have a fair trial and a trial which takes place before a Judge and assessors it is not a fair trial when there is divulged to the assersors inadmissible evidence which is damaging to the accused. Sien ook Jeffery v President SAMDC supra waar daar tereg bevind is dat dieselfde beginsels geld vir dissiplinêre verrigtinge. In soverre die Raad beweer dat hulle as jurie lede of assessors in die vergadering aanwesig was is dit duidelik dat hulle nie na daardie skinderstories moes geluister het of dit in oorweging geneem het nie. Die

24 toelaatbare getuienis (erkennings) wat voor die Raad was, was nie sodanig dat die Raad redelikerwys op grond daarvan die applikant kon skuldig bevind op die aanklagte nie. [15] Die prosedure vir die hantering van hierdie aangeleentheid was deur die partye en die voorsitter op n baie onbeholpe manier bespreek en op ooreengekom. Daar is in hooftrekke ooreengekom dat daar gepleit sou word, getuienis aangebied sou word en dat die voorsitter n aanbeveling aan die Raad sou doen. Die Raad het inderdaad die verrigtinge verdaag in afwagting van Möller se aanbeveling. Die Raad beweer nou dat hulle tydens die vergadering van 7 November 2005 glad nie na Möller se aanbeveling gekyk het nie en dat daardie verslag glad nie deel gevorm het van die beprekings nie. Voorts volhard die respondente daarmee dat Möller nie n aanbeveling gemaak het nie. Du Plessis namens die respondente verklaar dat Möller in sy verslag: verduidelik dat hy nie enige aanbeveling gemaak het nie en, soos vermeld, sou die Raad nie gebonde wees aan enige aanbeveling nie.

25 Toe die applikant na die 7de November 2005 se vergadering n afskrif van Möller se verslag versoek het, het die tweede respondent se bestuurder hom as volg geantwoord op 9 Januarie 2006: Die aanbeveling van die voorsitter is nie beskikbaar nie, aangesien die voorsitter geen aanbeveling gemaak het nie. Die voorsitter was slegs teenwoordig om goeie order in die vergadering te handhaaf. Die respondent beweer nou dat die verslag wel op daardie stadium beskikbaar was maar aangesien dit nie enige werklike aanbeveling bevat nie, is dit die rede waarom daar melding gemaak is dat die aanbeveling van die voorsitter nie beskikbaar is nie. Voorts beweer die respondente dat Möller meer in sy rol gesien het as wat sy opdrag was. Hierdie beweringe van die respondent is van alle waarheid ontbloot. Dit is duidelik dat die tweede respondent se bestuurder die applikant opsetlik mislei het. Dit is duidelik dat Möller wel n aanbeveling

26 gemaak het. Die laaste twee paragrawe van sy verslag lees as volg: AANBEVELING 1. Op grond van die punt 6.2 van die konstitusie het mnr de Kock hom wel skuldig gemaak en net sy erkenning daarop, gee aan die Raad die reg om die lidmaatskap op te hef. Daar is twee skulderkennings aangeteken en as ek net na die konstitusie kyk is die organisasie by magte om sy lidmaatskap hier op te hef. 2. Ek bevel aan dat Jersey SA die regsgeldigheid van die konstitusie vir toekomstige situasies m.b.t. lede na regskenners sal verwys vir nagaan en hersieningsdoeleindes. Dit is duidelik dat die Raad hulle wil distansieer van hulle vorige besluit om te wag vir die aanbeveling. Daardie genotuleerde besluit van die Raad staan egter want dit was nie gewysig of herroep ingevolge die grondwet nie. Klousule 10.2.4 van die grontwet bepaal dat: No resolution of the Council in respect of any matter shall be varied or rescinded unless the resolution varying or rescinding the same be passed at a meeting in respect of which not less

27 than 21 days notice specifying the intention to vary or rescind has been given to all the Council members: Provided that a resolution may be varied or rescinded without such notice if all members of the Council are present and so decide. Die Raad het deur middel van sy besluit om vir n aanbeveling te wag ingestem tot n bepaalde prosedure. Hulle kan nie nou gesien word om teen daardie aanvaarde prosedure te wees nie. Soos hulle hul bed gemaak het, so sal hulle daarop slaap. In Monaheng v Roseveare N.O. supra is beslis dat waar n respondent verkies het om n bepaalde prosedure te volg tydens n dissiplinêre ondersoek en uitdruklik sy besluit aan n applikant te kenne gee en die applikant hom onderwerp het aan daardie manier van ontslag en dit aanvaar, sou dit nie billik wees nie indien die respondent later sou kan sê dat hoewel hy die prosedure verkies het, hy nie gebonde was om daaraan te voldoen nie. Ek stem saam met daardie siening. Daar is in hierdie saak n verwagting by die applikant geskep dat die Raad die aanbeveling van Möller sou oorweeg. Dit was nie gedoen nie. Dit was onbillike en onreëlmatige optrede deur die Raad, om nie die verslag te oorweeg nie. Toe die Raad

28 besef het dat hulle nie die verslag of aanbeveling van Möller gaan gebruik nie moes hulle die applikant daarvan in kennis gestel het en hom die geleentheid gebied het om hulle daaraangaande toe te spreek. Dit was nie gedoen nie. Om hierdie rede behoort die aansoek ook te slaag. [16] In Jeffery v President SAMDC supra te 392 G I het Berman J die volgende gesê: Now the cornerstones of our system of justice are: (a) that an accused before a criminal court or a domestic tribunal is entitled to be made fully aware of the charges laid against him; (b) that he is entitled to a full and complete disclosure of all the evidence against him upon which a verdict is to be arrived at; (c) that he be afforded the opportunity to challenge all or any of such evidence and to be heard in his own defence; (d) that he be given a fair hearing. Indeed, not only must such a person be given a fair trial in all these respects, but and no apology is called for in re-stating what has regrettably become something of a cliché justice must also not only be done to him, but it must be seen to have been done.

29 In casu het die appellant, sy smeke ten spyt, nie die geleentheid gekry om na getuienis te luister of dit onder oë te kry nie en om dit te weerspreek nie. Hy moes na Du Plessis luister en die ontoelaatbare getuienis van Du Plessis aanhoor en daarop probeer antwoord. Dit is egter duidelik uit die oorkonde dat die applikant deurgaans daarop aangedring het dat die getuies geroep moet word sodat hy homself kan verweer en die getuienis toets. Dit was nie gedoen nie. Hy is uiteindelik skuldigbevind aan n aanklag waarop hy nie gepleit het nie en op n aanklag waarop daar volgens die Raad self nie voldoende getuienis was toe hy aldus skuldig bevind was nie. Die applikant het nie n billike verhoor gehad nie. Dit behoef geen betoog dat die applikant erg benadel was, deur die Raad, in die voer van sy saak voor die Raad. Die aansoek moet om hierdie rede ook slaag. [17] Mnr Knoetze het toegegee dat die skorsing van die applikant op 7 November 2005 deur die Raad oorweg was. Dit was gedoen sonder dat die applikant n geleentheid gegun was om sy kant van die saak te stel. Dit was gedoen in weerwil van die uitdruklike bepalings van die grondwet. Daar kan nie

30 geargumenteer word dat hy sy volle saak op 20 Oktober 2005 gestel het nie want dit is duidelik op rekord dat hy gewag het om te hoor en sien watter getuienis die Raad teen hom gaan inbring. Hy het dus nie die geleentheid gehad om sy saak voor die Raad te stel nie. Indien die skorsing op 7 November 2005 oorweeg was moes hy die geleentheid gegun gewees het om ten minste aan te dui of daar iets is wat hy wou byvoeg aangesien die Raad besluit het nie Möller se aanbeveling te volg nie. [18] Wat die koste van hierdie aansoek betref het ons beide partye die geleentheid gegun om ons toe te spreek oor waarom ons nie n bestraffende koste bevel hierin moet maak nie. Dit is duidelik dat die Raad van die begin af mala fide opgetree het. Möller is gevra om as voorsitter op te tree sonder dat die applikant n geleentheid gegun was om beswaar aan te teken of kommentaar te lewer daarop. Die stukke was vooraf sonder die applikant se medewete aan Möller oorhandig. Die spelreëls is verander sonder dat die applikant daarvan kennis gegee is. Die Raad se bestuurder het die applikant opsetlik mislei toe die applikant Möller se verslag wou bekom. Indien daar gekyk word na die

31 skuldigbevindings en die redes daarvoor blyk dit dat hy aan sommige aanklagte skuldig bevind was sonder getuienis. Die Raad het hom voorlopig skuldig bevind hangende n ondersoek deur die Dagbestuur (punt 5) en hangende konsultasie met die Raad se regsverteenwoordigers (punt 4). Na aanhoor van die advokate is ons van mening dat n bestraffende koste bevel hierin gemaak moet word. [19] Gevolglik word die volgende bevel gemaak: 1. Die besluit van die Eerste Respondent wat geneem is op 7 November 2005 waarkragtens die Applikant geskors is as lid van die Tweede Respondent en gevolglik as lid van die Eerste Respondent word tersyde gestel. 2. Die Eerste en Tweede Respondente word gelas om die koste van hierdie aansoek gesamentlik en afsonderlik te betaal die een betaal die ander kwytgeskeld te word op n prokureur klient basis. Ek stem saam C.J. MUSI, R

32 G.A. HATTINGH, R Namens die Applikant : Adv. J. Du Toit In opdrag van: Schoeman Maree Ingelyf BLOEMFONTEIN Namens die Respondents: Adv. Barnard Knoetze SC In opdrag van: McIntyre & Van der Post BLOEMFONTEIN /ms