Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Hartklop 26 Oktober 2014

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kerssangdiens. SA Gemeente

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Tariewe

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Hoe om krag te spaar

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Rubriek vir skeppende werk

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Sterdansers by Vensters.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

SIZA takes the sting out of auditing

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Lydenstyd en Paasfees

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

die ArtKat Jaar program

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Dialoog en paragrawe *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

G. J. du Preez

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 22 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Pinkster 2016 het ons opgeroep om nie meelopers nie, maar dissipels te wees. Pinkster 2016 het ons opgeroep om met groter vrymoedigheid te getuig. Ná die eerste Pinkster het die gelowiges met nóg groter vrymoedigheid getuig (Hd. 4v13). En die apostels het die Evangelie oor alle grense gedra en toe hulle nie verder kon nie, het die sendelinge weer die Evangelie soos n aflosstokkie geneem en verder daarmee gehardloop. In die 8ste eeu het n sendeling met die naam van Winfred die Evangelie na ons ongekerstende Germaanse voorvaders geneem. Op n dag kom Winfred af op n groepie Germane besig om hul god Thor (die god van die Donderweer) onder n heilige Eik te aanbid. Winfred getuig teenoor hierdie Germane, maar hulle kon nie glo nie. Hulle wou glo, maar kon nie, want hulle was bang Thor slaan hulle dood met sy dodelike blitse en weerligstrale. Winfred neem toe n byl en begin Thor se heilige Eik afkap. Die Germane probeer keer, want Thor mag ook vir Winfred met n dodelike blits doodslaan. Maar Winfred daag vir Thor uit om hom dood te slaan en hy kap met mening aan die Eik. Die Eik het geval en Winfred het bly staan. Ongedeerd. Die Germane het geglo! Die kerk in die noorde van Duitsland is op dié dag gebore. Winfred het n nuwe naam gekry, Bonifacius (die Weldoener) en die Thor-aanbidders het ook n nuwe naam gekry Christene, en hulle volg vir Jesus. Welkom. Ons hardloop met die Evangelie soos met n aflosstokkie (soms is die aflosstokkie n byl om afgodsaltare mee af te kap). U is welkom om die aflosstokkie aan te neem. DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER LIEFDE IS MEER AS WOORDE (GAL 5:16-26) Die werking van die Heilige Gees is 'n misterie. Ons moet dus leer om "die dinge daarbo" te bedink en toelaat dat die Gees ons denke rig. Dit vra dissipline om stil te word en bewus te raak van ons diepste gedagtes en motiewe. Eleanor Roosevelt het gesê: Watch your thoughts; they become words. Watch your words; they become actions. Watch your habits; they become character. Watch your character; it becomes your destiny. Geesvervulde gedagtes word ook sigbaar in ons houding teenoor ander. En dit is juis in ons houding wat die liefde werklik sigbaar word! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAG 29 MEI Dr Clifford Heys Clifford gee nie vandag n Skriflesing nie. Nee, jy kies jou eie teks nadat jy die volgende 3 vrae beantwoord het: Wat is die mooiste preek wat jy al ooit gehoor het? Wat is die swakste preek wat jy al gehoor het...? (Moenie name noem nie) Veronderstel jy word genooi om te preek. Jy is gevra om versoening te preek midde n vlaag van rassisme. Skole, treine en bande brand. Die hele Suid-Afrika luister na jou. Wat sou jou teks en boodskap wees? Kom, want Sondag die 29ste April vergelyk ons preke... AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE GENADE = DIE DUURSTE GESKENK TEKS: EF.2:1-10 Ons nooi graag alle tieners en jongmense, maar onthou u is almal baie welkom! Daar gaan Teentrix klasse na die diens wees. DIENSSENTRUM SONDAGMIDDAG 15:30 Alle 50 plussers welkom! Navrae Hannie 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Jan Kriel Baie dankie vir u volgehou gebede en ondersteuning.

ONS BID VIR... VERSOEKE Annette 072 903 9189 NOODKETTING Sheila 082 895 9479 Francois Goosen Cebella Krige Hannatjie Oosthuizen Okkie van Tonder Gawie Liebenberg Berry Pfügler Ester Bester Hester Bekker Helene Alberts Cissy Coetzee Wilma Ehrenberg Betsie Liebenberg Johan Theron Joyce du Toit Fanie Schmidt SPESIALE GEBED Ons bid spesiaal vir Ds Anton se nuwe bediening onder ons jongmense. Bid vir hom vir krag, energie, inspirasie van die Heilige Gees en bid ook dat Vader vir hom die deure sal oopmaak - daar waar Hy wil hê Anton moet gaan. MA. 23 MEI DI. 24 MEI WO. 25 MEI SOPKOMBUIS 11:00-13:00 KLEREKAS 18:00 BYBELSKOOL by NG Hermanus Rom 12 : 9 12 Ons Vader ons bid dat u ons sal help om goeie verhoudings met alle mense te handhaaf, sodat daar onderlinge eensgesindheid in ons land kan wees. Help ons asb om nie te dink dat ons altyd reg is nie, sodat ons positief teenoor ander mense kan optree. 1 Tim 2 : 1 4 Vader ons bid vandag vir al die politieke leiers. Ons bid dat hulle met integriteit sal optree en die land se grondwet sal beskerm en gehoorsaam. Ons bid dat ons leiers na U sal soek en U sal vind en dien. Hos 4 : 1 7 Ons bid, ons Vader, dat u die inwoners van ons land sal vergewe vir al die bloedvergieting, diefstal, leuens, egbreek, korrupsie en ander misdade en dat daar geen verbondsliefde en intieme verhouding met U meer is nie. Help ons om nie die vinger na ander te wys nie, maar ons eie skuld sal herken, erken en dra. DO. 26 MEI VR. 27 MEI SA. 28 MEI 09:00 BYBELSKOOL by NG Onrus 10:15 JEANNE ELS praatjie in die sysaal. Almal baie welkom! 09:30-11:30 KOLWYNTJIE Teetuin 10:00 GEBED in die Gebedskamer. Ons bid saam vir Sondag se diens, vir ons Gemeente en gemeenskap. Kom bid saam! VADER, VANDAG WIL ONS NET SÊ: DANKIE, DANKIE, DANKIE VIR AL U GENADE EN LIEFDE. 1 Joh 3 : 12 Ons Vader vergewe ons dat ons in gemak leef en eet en nie aan die armes dink en doen wat U van ons vra nie. Ons bid ook vir ons leiers om nie toe te gee aan afpersing en korrupsie nie en dat hulle ons finansiële bronne wyslik sal aanwend. Ps 103 Vader, ons het u lief met ons hele hart en alles wat in ons is. Ons wil ook ons naaste liefhê soos ons self, maar, Vader, uit ons eie kan ons dit nie doen nie, leer ons en lei ons asb daartoe. WAT GEBEUR ALLES SONDAG 29 MEI? 08:30 GEBED: Ons bid saam in die Gebedskamer vir die diens. Kom bid saam! 09:00 EREDIENS: Dr Clifford Heys gaan voor. U is almal baie welkom. 18:00 AANDDIENS DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi alle tieners en jongmense, maar onthou u is almal baie welkom.! Teentrix klasse na die diens. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 30B) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens TEENTRIX Gr 6-11 @ 18:00 na die aanddiens.

BID VIR SUID AFRIKA! 40-DAE (7 MEI 15 JUNIE 2016) Die onrus, betogings, geweld, die brandstigting van skole, treine en geboue, die verhoogde rassespanning, die heersende ekonomiese klimaat, die stabiliteit van die land, die vlak van debattering in die parlement, en ander faktore, maak ons besorg. Wat kan ons (die kerke) doen? Ons kan nou ná Pinkster (en toegerus met die Heilige Gees), met alle gelowiges en al die kerke in SA, hande vat. En wanneer ons almal hande vat, staan niemand meer voor of agter nie, maar staan ons almal in n sirkel. En in die middel vind ons vir Jesus. En dan vou ons ons hande in gebed en bid ons vir 40 dae. n Gebedsgids (Bid vir Suid-Afrika) is beskikbaar. U kan: U kan by die huis saam bid. Maklik. Google (1): jericho walls. Dit bring u by (2): International Prayer Network. Dit neem u na (3): 40 Days of Prayer for Reconciliation. U kan hierdie baie deeglike Gebedsgids oopmaak in Engels of Afrikaans. (Ons het reeds verlede Saterdag, die 7de begin, maar u kan nou nog inval). U kan ook (alleen of as groep) na ons nuut geklede gebedskamer gaan. Op die tafel vind u n kopie van die Gebedsrooster met n paslike dagstukkie en gebedsversoek (moet dit asb. net nie verwyder nie!). Die Gebedsaksie sluit die eerste rondte af met n gebedsbyeenkoms in die Orlando Stadium op Saterdag 11 Junie. Op 16 Junie (Jeugdag) is daar n (nie-politiese) diens in die groot Regina Mundi kerk. Maar dan begin daar n twee rondte van 16 Junie tot 16 Desember. Hierdie Inisiatief vir Versoening in Suid-Afrika word DV afgesluit op die 16de Desember die Dag van Versoening! PINKSTER 2016 Ons sê graag dankie aan Riekert en ook aan al die musiekmense, koster, klankmanne en rekenaarmense vir al die getroue werk. Onthou die DVD s van die reeks is beskikbaar op bestelling by die kerkkantoor @ R120 vir die stel. Foto onder: Ons leraars kuier heerlik saam rondom die tafel. HEILIGE GEES Heilige Gees, kom vul my nou. Ek wil totaal op U leiding vertrou, vul my denke en hart...

NUWE GROEP VIR JONG VOLWASSENES WOENSDAE @ 19:00-20:30 DIENSSENTRUM Ons nooi graag alle 18-35 jariges uit na n nuwe groep gelei deur ds Anton Duvenhage. Dit gaan n informele groep wees wat oor relevante kwessies van die modern sameleweing gaan praat uit die oog van die christelike geloof. Mans, vroue, getroud, nie getroud - u is almal welkom! Navrae: Anton Duvenhage (071 641 7029) BABYSITTERS VIR BYBELSTUDIEGROEP WOENSDAE 19:00-20:30 Van die lede van die nuwe jong volwassenes groep wat op Woensdae bymekaar kom, het jong kinders. Ons wil graag dit vir hulle moontlik maak om ook hierdie wonderlike nuwe groep te kan bywoon, en soek daarom persone om op Woensdagaande na die jonges om te sien terwyl hul ouers by die bybelstudie is. Kontak asb vir Ds Anton vir enige navrae of as u hulp kan aanbied. Baie dankie! DIE ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM BIED AAN JEANNE ELS BY ONRUSGEMEENTE (SYSAAL) DONDERDAG 26 MEI 2016 @ 10:15 TEMA: SOLOPAD VAN DANKBAARHEID Die van u wat moontlik nie met haar bekend is nie, sy is 'n depressielyer wat selfdood oorleef het en daarna haar situasie begin gebruik het om ander te motiveer. Sy is'n baie komiese persoon wat heerlik praat en lag en gesels, dis maar net soms wat die donker dieptes haar aftrek. HIER IS IETSIE OOR HAAR BOEK "AS DIE STROOM JOU VAT". (DIT IS IN 2010 UITGEGEE) Jeanne Els se Ligdans het die onderwerp van depressie getakel. Haar jongste werk, wat aansluit by die boek oor depressie heet As die stroom jou vat: die raaisel van selfmoord. Selfmoord is n vloekwoord. Mense praat nie graag daaroor nie; tog is daar n hele tradisie rondom digters gebou wat so die lewe verlaat het. n Mens dink aan Ingrid Jonker, aan Sylvia Plath, aan Anne Sexton. Al Alvarez se belangwekkende studie The savage god begin met die verslag van Plath se selfmoord en hoe dit haar man en kinders se lewens geraak het, weet ons uit Hughes se Birthday letters. Ook het haar seun n paar jaar terug selfmoord gepleeg. Els vertel dit hoe dit is. Om gekonfronteer te word met die raaisel van n geliefde se uitwissing, die impak op jou lewe en die uiteindelike donker pad wat sy later geloop het met haarself. Els skryf uit die hart uit. Ek het die boek op n winter-saterdag in een sitting gelees en die verhaal Dryf van Nicole Jaekel Strauss uit die bundel Maal net daarna. Die een werklikheid, die ander fiksie: beide dwingende verhale. Die boek van Els begin met haar eie verhaal en dan kyk sy na mense wat probeer selfmoord pleeg het (soos Steve Hofmeyr en Jaypee Marlherbe). In n afdeling, Dié wat agterbly, karteer sy vir die leser die komplekse emosies wat mense ervaar het met persone wie se lewens droewig geeïndig het. Lizz Meiring praat oor Barrie Hough. Na Kobus Pienaar se selfmoord, was daar ook vrae van vriende soos Willem Pretorius, Kerneels Breytenbach, Rachelle Greef. Hoekom? Waarom? Drank- en dwelmverslaafdes verloor hul vriende, want hulle word leuenaars en diewe, enigiets om te bly oorleef. Die mens wat jy geken het, bestaan dikwels nie meer nie. Deurgaans is daar skuldgevoelens wat vriende en familie teister; as ek maar net geweet het, sou ek iets kon doen. Dalk dit beter kon maak. Jeanne Els voorsien ons van n lys van bekende suicidairs en daar is raad van n psigiater van hoe jy n persoon kan help. Ook n sielkundige gee raad. Daar word mites oor die proses bespreek, soos die bekende een dat die persoon wat dreig om dit te doen, dit nooit sal doen nie GRATIS TOEGANG. SY GAAN VAN HAAR BOEKE WAT UIT DRUK GAAN TEEN R10 HIER VERKOOP. U IS ALMAL BAIE WELKOM!!

NUUS UIT DIE TRANSKEI Liewe Vriende, Ons sit by die begrafnis van een van ons getroue ou lidmate, Mama Mirriam Nozizwe July. Die begrafnisbrief noem dat sy op 1 Augustus 1931 by Qumbu gebore is. Sy het op Kokstad skool gegaan en is in Umtata opgelei as verpleegster. Vir jare het sy op Kokstad gewerk tot met haar aftrede in 1994. Sy was baie lief vir die Here en tot haar dood `n aktiewe lidmaat van ons gemeente. Mev. Base, een van die leraarsvroue met wie Mama July vir jare saam op ons ring se vrouekomitee gedien het, noem dat Mama July nie `n kruiwalidmaat was nie. Die meeste lidmate, sê sy, is soos `n kruiwa. Jy moet hulle gedurig optel en stoot om êrens te kom! Mama July was altyd bereid om te help en te werk in die kerk. (Sien foto van verpleegsters om haar kis). Met my koms na Kokstad in 1993 was daar `n paar getroue lidmate wat my hande gevat het en saam met my gewerk het Mama`s July, Joja, Cekiso, Luthuli en Silevu. Tata`s Silevu, Kutshwa en Mcibo. Formidabele geloofshelde by wie ek baie geleer het. Gereeld het hul saam met my gery na Maluti, Sipetu, Bambisana, Rietvlei en al die ander gemeentes. Van hul almal is dit nog net die 94 jarige Tata Silevu wat nog lewe. Gelukkig is dit nie die einde van die verhaal nie. Daar is vandag `n nuwe geslag bekwame Christen jongmense wat getrou saam met my werk Malibongwe, Msa, Zama, Nomso, Vusumzi en vele ander. Dit was vanjaar ons 33ste Pasika (Paasfees) in Transkei. Soos gewoonlik het ek voor die Pasika maar gemurmureer, soos die ou Israeliete in die woestyn, toe ek gedink het aan al die dienste en die lang ure op harde kerkbankies wat voorlê. En soos altyd staan ek beskaamd na die naweek. Dit was `n baie geseënde Pasika in al die gemeentes van ons ring selfs die wat al jare vakant is. Reeds vanaf die Donderdagmiddag het lidmate van die verste buiteposte by die verskillende gemeentes opgedaag. Eers die Sondagmiddag is hul weer huistoe. Almal getuig van oorvol kerke en die oorgawe waarmee die Here gedien is, letterlik dag en nag. En dit is eenvoudig net so dat wanneer `n gemeente saam tyd voor die Here deurbring in Sy teenwoordigheid, daar dinge begin loskom en gebeur wat wonderlik is. Dat mens werklik die werking van die Heilige Gees begin ervaar in die lewens van lidmate, oud en jonk. By Kokstad het ons lidmate ons kerk binne weer geverf en pragtig versier vir die Pasika. Heerlike kos is aangekoop en voorberei vir al die etes. Vrydag het ons nagmaal gehou en daar is lank gepreek, deur 7 predikers, oor die 7 kruiswoorde. `n Hoogtepunt was die 19 nuwe kerkraadslede wat voorgestel is. Baie van hulle jongmense wat die laaste paar jaar deur die leierskapontwikkelings programme van Jam op Bambisana gekom het. My gemeente het vroeër vanjaar besluit dat hul hierdie laaste paar jare van ons bediening, meer betrokke wil raak by die gemeentewerk en bestuur. En hulle voeg werklik nou daad by woord. Na die diens het my gemeente my verras met `n verjaarsdagpartytjie. Lank voor die tyd het hulle en Delesté agter my rug begin beplan hieraan. `n Pragtige koek en duur geskenke is aan my gegee (sien foto hulle weet ookal teen hierdie tyd dat ek in my hart eintlik `n visserman van regte visse is). Twee skape is geslag en `n regte boerebraaivleis gehou. Dankbaarheid is uitgespreek oor soveel jare se werk op Kokstad. Blydskap oor my gesondheid wat soveel verbeter het. En die wens is uitgespreek dat hul Tata nog lank met hulle sal wees. Onsself is oorweldig deur soveel liefde en erkenning. En ons is opnuut gemotiveer om voort te gaan met ons werk by Kokstad en in Transkei. Die Sondag het ons op Rietvlei gaan Pasika hou. Dit bly vir my besonders om op Rietvlei te kom omdat my ouers self ook vanaf 1952 daar gewerk het. Na Ds Kibito se vertrek in Desember 2015, is dit nou die derde keer dat ek daar konsulent is. Rietvlei is een van die grootste gemeentes in Transkei en daar was dan ook baie mense tydens die diens. Onder andere moes ek 29 kinders doop en 10 nuwe lidmate aanneem. Na die vertrek van nog `n leraar, en menslik gesproke sonder veel vooruitsigte op `n volgende leraar, kon mens verstaan dat die gemeente bang en onseker oor die toekoms voel. Saam het ons die opstandingsoggend uit Matt 28 gelees en kon ek aan hulle se: Julle moet nie bang wees nie, Jesus het uit die dood opgestaan. Hy lewe en is ook vandag hier by julle op Rietvlei. En Hy sal altyd met julle wees. Die Pasika het ook by Lusikisiki/Bambisana goed verloop. Gerhard en Mignon Duvenage van Jam, wat vroeër daar gewerk het, en Ev. Henry Hlutshwa het die dienste gehou. Weereens `n groot dankie vir elkeen van u se getroue ondersteuning. Sonder u gebede, vriendskap en finansiele ondersteuning sou ons werklik nie tot by hierdie Pasika gekom het nie. Indien God dit so beskik, lê daar nog so 5 Pasika`s vir ons voor in Transkei. `n Wonderlike geleentheid! Maar ons gaan veral in hierdie laaste jare u gebede en ondersteuning baie nodig hê. Vriendelike groete. CHRISTO EN DELESTÉ WOODING

PROGRAM 23 29 Mei Ons almal saam in diens van Jesus Christus Oral, Altyd en in Alles Deur die genade van God Onrusrivier Dienssentrum MAANDAG, 23 MEI 10h00-12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130. DINSDAG, 24 MEI KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 12h00: Kom en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs en mooi. NAALDWERK: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op n Dinsdag (09h30 10h00) na die Dienssentrum. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u 'n versorger of versorging benodig. WOENSDAG, 25 MEI TRIMGIM in Ark om 10h00 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede). VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931. DONDERDAG, 26 MEI 10:15 JEANNE ELS (SYSAAL) WOL GESOEK ASSEBLIEF Ons wil graag 'n houer met wol en breipenne in die sitkamer sit sodat enigiemand wat die sentrum besoek sommer 'n stukkie kan brei. So kan ons dalk 'n kombersie maak en vir iemand wat dit nodig het, skenk. Ons benodig egter wol. As u dalk iewers 'n bietjie wol oor het, skenk dit asseblief vir die dienssentrum. DANKIE! KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 27 MEI 09:30-11:30 WELKOM! 'n Hartlike uitnodiging aan almal wat 'n bietjie bederf wil word met 'n heerlike koppie vars filter koffie of tee en 'n groot stukkie soet- of southappie daarby vir slegs R30. Kom vier jou verjaardag by ons en betaal net R30 vir elke gas en laat ons toe om julle te bedien met koek en tee. Kontak Marie by 028 316 4018. Dit is Vrydag so gesellig by die dienssentrum met die pragtige en vriendelike kelnerinne, die heerlike eetgoed en die lekker atmosfeer. Daarom wil ons graag besighede uitdaag om hulle spanbou, verjaardae, vergaderings ensovoorts op 'n Vrydagoggend (9h30-11h30) by die dienssentrum te kom hou. Ons kan ongeveer 30 persone huisves op 'n Vrydagoggend. Indien u privaat wil wees kan ons sorg dat die sitkamer net vir u bespreek word. Kontak vir Marie Korf by 08 345 71896 indien u 'n Vrydagoggend wil bespreek.

VRYDAG MARKIE BY DIE DIENSSENTRUM Onrusrivier Dienssentrum het 'n Kolwyntjie Teetuin op 'n Vrydagoggend vanaf 9h30-11h30 waar die lekkerste gebak en lekkerste koffie/tee in die dorp verskaf word saam met die vriendelikste kelnerinne. Ons wil hierdie teetuin verder uitbou deur kwartaalliks 'n markie te probeer hou op dieselfde dag wat die teetuin plaasvind. Ons eerste markdag vind plaas op Vrydag, 10 Junie, vanaf 09h00-12h00. Ons nooi enigiemand uit om sy/haar produkte in die OnsTeater by die Onrusrivier Dienssentrum op Vrydag, 10 Junie, vanaf 09h00-12h00 te kom uitstal. Vir die eerste markie gaan ons u slegs R10 per tafel vra. Indien u belangstel om te kom uitstal en u produkte te verkoop kontak asseblief vir: Joan en Hannie by 028 316 1745 (Maandae tot Vrydag 9h30-12h30) sodat u 'n tafel kan bespreek. KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) INDIEN U ENIGE INLIGTING BENODIG. ERIKA OOSTHUYSEN Maatskaplike Werker O28 316 3115 / 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za PREPARING MY HEART FOR REVIVAL I worship You, God, the three in One. Father, You sent Your only Son to save us, and You dwell in us through Your Holy Spirit. Indeed, You are my God, my Saviour. You have loved me with an everlasting love. Jesus, I worship You as the One who came down from heaven to earth, who paid the price, who died and rose again, and is seated at the right hand of the Father. There is only one name by which men can be saved: Jesus Christ of Nazareth. SOPKOMBUIS Die winter is hier! Warm groentesop word met liefde gekook en afgelewer. Indien u graag deel wil word van die verskillende spanne wat op Dinsdae sop kook by die kerk, kontak gerus vir Siska by 028 316 2109. Baie dankie aan almal wat so getrou elke week kom kook - julle maak n GROOT verskil in die Koninkryk!

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 071 641 7029 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com wees KOSPAKKIES Baie dankie vir al die liefdesgawes ontvang! Mag ons Vader julle elkeen seën met sy ryke seëninge. MET DIE UITREIK NA CALITZDORP benodig Anton serpe en musse vir die kinders. As u bereid is om te help om te brei? Kontak asseblief vir Erika by 028 316 3115 of 079 322 0998. Dankie! DIE DIENSSENTRUM EN FYNARTS Die Dienssentrum het die geleentheid om te help by die FynArts. Hulle benodig egter baie hulp want die gaste en deelnemers is baie. Indien enige persoon bereid is om te kom help met vooraf voorbereiding, te help op die dag/middag van die geleentheid kom gee asseblief u naam vir Joan of Hannie by die Dienssentrum. Sondag, 12 Junie: Net na kerk tee en toebroodjies vir 200 deelnemers. Om 15h30 help met die regsit en bediening van sop, brood en souttert vir 200 deelnemers. Om 16h30 te help met die bediening van koffie/tee vir die gaste (ongeveer 500) Donderdag, 16 Junie: om 12h00 te kom help met die maak en regsit van hotdogs en koeldrank vir 60 deelnemers (kinders). PRINSES PROJEK SOEK N ROK Hul benodig dringend n Blou damesrok (Grootte: 42 - Rok of pakkie) vir n troue vir iemand spesiaal. Kontak asb vir Helen by 083 650 7131. MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) boek BYBELSKOOL Die 25/26ste Mei lees ons die profeet Nahum. Dr.Johan van Schalkwyk begelei ons. Notas is beskikbaar. Almal is welkom! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. MOSAÏEKGROEP BYEENKOMS 30 MEI 2016 om 15h00 by Dienssentum. Dave Wreford is ons spreker en hy gaan met ons gesels oor die ondervinding met sy vrou se kanker, sy navorsing oor alternatiewe kanker behandelings en sy bevinding met sy navorsing oor hoe belangrik voedsame eetgewoontes vir die voorkoming van kanker is. Enige persoon wat belangstel is welkom om saam met die groep die praatjie te kom bywoon. Ons sal dit waardeer as ons ook ondersteuning van buite te hê. DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 ONRUS MENGELMARKIE Daar is weer 'n Mengelmarkie op 4 Junie 2016 by die De Wetsaal in Roosstraat, Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry iets lekker vir die naweek! JEUG UITREIK TYDENS WINTER SKOOL- VAKANSIE (CALITZDORP) 9 15 JULIE Jy word uitgenooi om deel te wees van n uitreikspan saam met Stellenberggemeente gedurende die Junie / Julie vakansie. Daar word van jou verwag om dit eers biddend te oorweeg. Onthou jy gaan om te dien, nie om gedien te word nie. Dalk wil jou ouers saamgaan as leiers? Dalk het hulle n kombi of bakkie beskikbaar? Laat weet ons asseblief. Koste: R 950 Vorms by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae: Ds Anton. KERKRAADSVERGADERING 30 MEI 2016 @ 18:00 (ARK) Ons vra u voorbidding asb vir elke leier. Baie dankie vir u almal se ondersteuning en Liefde. EXCEED HUMAN RESOUCE CONSULTANTS People are the core of our business. We specialise in recruiting, selecting and placing people in various business sectors and industries. Telephone: 021 880 6160 Website: www.exceedhr.co.za Email: exceedhr@exceed.co.za Stellenpark Business Park, Unit F3, 2 nd Floor, R44, Stellenbosch