Kaleidoskoop. Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees. Dr. Eben Smith

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

BenguFarm Bestelvorm

Mandala Madness Deel 2

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

G. J. du Preez

Rubriek vir skeppende werk

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Hoe om krag te spaar

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Tariewe

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Sterdansers by Vensters.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Tjaart van der Walt: slaaf van Christus δοῦλος Χριστοῦ

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

Edgehog

Transcription:

Kaleidoskoop Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees Dr. Eben Smith

Kaleidoskoop Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees Dr. Eben Smith

vir Mariki

Kaleidoskoop Dertig boodskappe vir die kreatiewe gees Uitgegee deur Dragon Wealth Media info@dragonadvisor.com www.dragonadvisor.com Kopiereg 2013 Eben Smith Alle regte voorbehou Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting. Ontwerp en uitleg deur Maryke Venter Kunswerk op omslag deur Olivia Botha www.artdeolivia.co.za Geset in Crimson 10/18

Inhoudsopgawe 1. Op die fondamente van ander 1 Air on a G-string uit Suite nr. 3 (Musiek) Jeremia 6:16 2. Hoop op God en geniet die lewe! 6 Titanic (Filmkuns) 1 Timoteus 6:17-21 3. Wonderaars oor wonders 11 Sonneblomme (Skilderkuns) Johannes 2:23.-25 4. Die kyk in Sy oë 17 Die haan het gekraai (Beeldendekuns) Lukas 22:31-34 en 22:54-62 5. Die adres op my pakkie 22 Frederic Chopin (1810-1849) (Musiek) Lukas23:33-43 6. Edele onvolmaaktheid 27 Mr. Holland s Opus (Filmkuns) Psalms 16 7. Slaaf van God of kind van God? 33 Die verlore seun (Skilderkuns) Lukas 15:11-32 en Romeine 8:13-17

8. Die kruis in my oorlogsformasie 38 Kruiskerk te Dingaanstat Efesiërs 2:11-18 (Argitektoniese-ontwerp) 9. Wet van minderhede 43 Eine Kleine Nachtmusik (Musiek) 1 Samuel17: 55-58 en 2 Konings 5:9-12 10. Beskermhere of tronkbewaarders? 49 The Cider House Rules (Filmkuns) Hebreërs.9:10-11 11. God se vingerafdrukke 54 Die laaste oordeel (Skilderkuns) Genesis 3:1-11 en Filippense 1:3-11 12 Net n druppel aan n kraan 59 Witkoljanfrederik op n kraan 1 Johannes 2:12-17 (Beeldende-kuns) en Eksodus 20:17 13. Die melodie en sy snykante 65 Für Elise (Musiek) Matteus 22:34-40 14. Selfrespek in die spieël 70 Seven years in Tibet (Filmkuns) 1 Konings 1:1-21 15. Jy kon Judas gewees het! 74 Die laaste avondmaal (Skilderkuns) Johannes 13: 21-30 16. God se vuil-voet-mense 79 Rotstekeninge (Argeologiese Skatte) Deuteronomium 6:1-9 en Genesis 1:25-28; 2:4b-7 17. God se vreemde wiskunde 85 Amadeus (Musiek en Filmkuns) Jeremia 12: 1-5 18. Die pyn van ware geluk! 90 Shadowlands (Filmkuns) Romeine 5:1-5 19. God se ideale wêreld 95 Die ideale wêreld (Skilderkuns) Markus 14:32-42

20. Toeskouers en slagoffers 100 van die Colosseum Openbaring 6:9-11 en Colosseum (Argitektoniese wonder) 7:13-17 21. Die glinster in God se oog 105 Johann Sebastian Bach (Musiek) Haggai 2:2-9 22. Magtelose dienswerk 110 Schindler s List (Filmkuns) Matteus 20:18-28 23. Opsoek na die beste lewe! 114 n Dans na die musiek van die tyd (Skilderkuns) Spreuke 30:7-9 24. God, die Kryger 119 Boerekryger (Beeldende-kuns) Sagaria 4:1-14 en Psalms 13:1-6 25. Mense-vuur word Gods-lewenswater 125 Ludwig von Beethoven (Musiek) Matteus 1:1-17 26. Mure wat verkrummel 129 The Shawshank Redemption (Filmkuns) II Korintiërs 10:3-6 27. God se glans in die alledaagse 134 Frans Claerhout (Skilderkuns) Hebreërs 2:14-18 28. Rots vir my geslaan 139 Easter Eiland (Argeologiese Erfenis) 1 Korintiërs 10:1-5 en Numeri 20:1-13 29. n Gesprek met Beethoven 143 Ode aan die Vreugde (Musiek) 1 Johannes 4:7-21 30. In verwondering teenoor mense 149 Die koringversamelaars (Skilderkuns) Johannes 13:1-17 Die skrywer en die kunstenaar 154

1 Op die fondamente van ander Air op die G-snaar uit Suite nr. 3 Lees: Jeremia 6:16 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra na watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: Ons sal nie daardie pad loop nie (Jer. 6:16). Many of us lack enthusiasm because we sit around waiting for it to magically descend upon us. Good luck, but don t bet on it happening. ~ Michael LeBoeuf 1

Kaleidoskoop Heel, gepas is dit dikwels Air on a G-string van Bach wat die huweliksgaste by vele troues geselskap hou, terwyl almal vir die bruid wag om op te daag. Of dit altyd vir die wagtende en senuweeagtige bruidegom help is te betwyfel, maar hierdie mooi melodie vir strykers wat uit die tweede beweging van Bach se suite Nr. 3 in D kom, het nogal die manier om die onstuimige gemoed kalm te maak. Amper asof dit die belofte inhou om n mens se gees op n ver reis te neem waar jy en vrede met mekaar in harmonie kan vertoef. J.S. Bach God, musiek en familie was sy lewe. Wat egter interessant is van hierdie beroemde stukkie werk, is dat die violis August Wilhelmj in 1871, jare nadat Bach dit gekomponeer het (1720), die ontdekking gemaak het dat dit vir hom baie beter klink in die laagste snaar op die viool - die G-snaar - terwyl Bach dit oorspronklik in D gekomponeer het. So het Wilhemj dit dan ook oorgeskryf, sodat dit net in die G-snaar gespeel moet word. Vandaar dan ook hierdie komposisie se naam, Air on a G-string. Natuurlik is hierdie omskrywing van Bach se melodie nie oral ewe goed ontvang nie en daarom praat José Rodriguez-Lopez selfs van Wilhelmj se berugte verwerking, wat die oorspronklike melodie gedegradeer het tot n pompeuse (oordadige) gebaar. Uiteindelik is almal natuurlik geregtig op hulle eie mening, maar wat n mens miskien wel van Wilhelmj kan sê, is dat hy die moed gehad het om sy unieke 2

Hoofstuk 1 Op die fondamente van ander inslag aan n besonderse musiekwerk te gee. Of mense nou van die nuwe verwerking hou of nie, die feit van die saak is dat Wilhemj se stempel daarop geplaas is. Hy het vir n bepaalde rigting n keuse gemaak en nou dra Bach se komposisie die naam van die keuse wat hy uitgeoefen het! As die profeet Jeremia met die ongehoorsame volk Israel praat, is dit juis wat hy vir hulle vra. Hulle moet by die kruispaaie gaan staan en vra na die beste pad om te loop. Hulle moet die vraag na hulle eie lewens vra en n keuse uitoefen oor die stempel wat hulle daarop wil afdruk. Dit is asof die Here deur die profeet vir hulle wil sê: Kom tog net tot n besluit!. Hulle is soos n trop besluitelose skape wat nie weet watter koers om in te slaan nie. En so is ons ook dikwels besluiteloos en laat ons toe dat die lewe met al sy eise ons maar net in n rigting dryf, sonder dat ons weet wat daardie rigting is. Hierdie besluit van Israel is nie maar net n leë besluit van wat ék met mý lewe wil doen nie. God wil hê dat hulle in die eerste plek by die kruispad moet staan om vir Hom n keuse te maak. As gelowiges is die keuses wat ons in die lewe uitoefen daarom ook nooit keuses wat los van God staan nie. As ons vir die goeie kies is dit altyd n keuse vir die beste manier van saamwees met mense en met God. Daarom dat die keuse van n rigting ook vir n mens vrede inhou. Vrede omdat ek weet dit maak nie saak wat ek besluit nie, God sal met my wees. En al gebeur dit so dat ek moet vind dat ek die verkeerde keuse gemaak het, was dit juis die leerskool waardeur God my laat gaan het sodat ek sekerheid kan verkry oor wat ek moet doen. Daarom moet ons nooit te ontsteld wees oor die verkeerde keuses wat ons so dikwels maak nie, want was dit nie daarvoor nie, sou ons dalk nie uitgekom het by die regte keuse wat ons uiteindelik moes maak nie. 3

Kaleidoskoop Om by die kruising te staan, is altyd n krisistyd en dit is juis krisisse wat ons dikwels in die eerste plek daar laat beland het. Op die kruising is jy skielik weer op n nulpunt, so asof alles wat jy weet en wat jou tot hier gebring het, nie meer tel nie. Die verandering van werk, van skool, van n vriendekring of die binnegaan van n nuwe lewensfase, is alles dinge wat n mens maar weer van vooraf op n kruising plaas. Die positiewe hiervan is egter dat n mens weer voorraadopname van die lewe maak en weer moet besluit wat die lewe die moeite werd maak. As die Here vir die volk uitnooi om by kruispaaie te gaan staan, sê dit ook vir n mens dat jy nie noodwendig vir n krisis hoef te wag voordat jy jou eie lewe in oënskou neem nie. Begin sommer nou en oorweeg jou lewensopsies: soek na die plekke waar jy en God julle stempel saam kan afdruk. As die Here die volk uitnooi om na die kruispaaie te gaan, dan is dit ook nooit met leë hande nie. Daar is ook die ou paaie wat baie geloofshelde soos Abraham, Isak en Moses voor hulle geloop het - modelpaaie wat al oor en oor beproef is. Dit is die paaie waarop God wil hê dat hulle hulle eie unieke stempels moet afdruk. So het Wilhemj van die ou pad van Bach se wysie wat 151 jaar te vore geskryf is, sy eie unieke skepping gemaak. So het dit ook maar met die meeste dinge in die lewe gewerk. Dit was die Switsers wat vir hulle mooi horlosies bekend was, maar dit was die Japannese wat die digitale horlosie aan ons kom voorstel het. Dit was Isaac Newton wat die grondlegger van die moderne fisika was en ander het weer op sy werk voortgebou. Einstein het byvoorbeeld sy bekende relatiwiteitsteorie nie maar net uit die lug gegryp nie. Hy is geprikkel deur die werk van die Weense fisikus en filosoof, Ernst Mach, 4

Hoofstuk 1 Op die fondamente van ander wat in die tagtigerjare van die negentiende eeu sekere uitsprake oor middelpuntvliedende krag gemaak het. Die ou paaie is daar. Ons moet net daarna vra en dan daarop bou. Dalk moet ons dit sterker stel: daar is niks wat God so gelukkig maak soos mense wat hulle potensiaal uitleef en gedurig soek na nuwe maniere van saamleef, -doen en wees met God nie! Gebed Soos die prinses in die sprokie van die Padda-prins, wat haar goue bal verloor het en dit weer naarstigtelik soek, Here, is almal van ons op die een of ander manier seker maar besig om ons lewensgeluk te soek. Help my dat ek die prins in elke paddageleentheid sal sien sodat mý lied ook op mý G-snaar sal klink. Breinflitse 5

EBEN SMITH was 14 jaar voltyds predikant in die NG Kerk. Daarna is hy deur n bekende versekeringsmaatskappy aangestel as n korporatiewe spesialis vir die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes streke. Hy dien steeds as predikant op Soutpan. Verder gee hy ook deeltyds klas by die Sakeskool en Teologie fakulteite aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy het n honneursgraad in filosofie, n doktorsgraad in Teologie en n MBL. Hy is ook direkteur van die Dragon Advisor maatskappy wat daarna streef om mense verantwoordelike finansiële bestuur te leer. Hy is getroud met Mariki, n sielkundige in Bloemfontein en hulle het twee kinders, Enric en Hanli. 154

Olivia Botha is gebore in Virginia in die Vrystaat. Haar kunsloopbaan begin op 11- jarige ouderdom. Een van haar skilderye is reeds op 14-jarige ouderdom aan die Suid Afrikaanse ambassade in Amerika oorhandig. In matriek is sy aangewys as een van die top 10 ABSA entrepreneurs. Olivia beskou haar kuns nie net as n werk nie, maar ook as haar bediening. Dit is haar begeerte dat haar kuns n stukkie blydskap moet wees wat mense in hulle huise ophang. Verder is sy ook betrokke om minderbevoorregte kinders te help om in klein kunstenaartjies te ontwikkel. Olivia is getroud met Karel wat haar groot ondersteuning en liefde in die lewe is. 155

Bel-en-bestel by 083 280 4441 of info@dragonadvisor.com (dragonadvisor.com) As hierdie boek jou geïnspireer en bemoedig het, kan jy ook die ander publikasies van dieselfde skrywer bestel. Utopia is n hoë definisie DVD wat afgeneem is by die Groot Gat van Kimberley. Die delwers van ouds het waarskynlik gemeen dat welvaart geleë is in die gat waar die diamante uitkom. In hierdie DVD word verskillende stilhouplekke in die museum-dorp die sleutel wat ware welvaart oopsluit. 156

Bloudruk is n Bybelstudie-boek wat deur groepe of individue gebruik kan word. Dit is n werksboek waar die leser deur middel van eksegetiese en kultuurhistoriese feite begelei word om te verstaan dat God sorg in n wêreld waar almal moet spook om kos op die tafel te sit. Die vertroue in God se sorg is n voorvereiste vir enige mens wat in n gesonde verhouding met geld wil staan. 157

Die Einde

Mense sê mos dat God daar is en dat Hy sorg, maar ons weet ook uit ervaring dat dit moeilik is om dit te glo. Dit is asof God soms net skoonveld is. Dit is egter in die kreatiewe gees van mense waar die teenwoordigheid van God opnuut ontdek kan word. In hierdie werk word die leser uitgenooi om langs die vuurherd van God te sit en die kreatiewe vonkies van mense te geniet of dalk sou n mens kon sê dat dit die kreatiewe vonkies van God is. Dit is immers God wat die mens gemaak het om met vaardigheid te kan skep, vorm, dig en sing. Hierdie boek is dan ook n kaleidoskoop van kunsvorme waar die skrywer metafories werk om eeue-oue teksgedeeltes op n alledaagse manier verstaanbaar te maak. Voorts is die boek ook deurweef van die kunswerke van Olivia Botha. Die eenvoud waarvan dit getuig, bring die onskuld in elkeen van ons na vore om weer met kinderlike oë na God te soek.