Studie Toer VSA Niël Viljoen 8 9 September 2017

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SIZA takes the sting out of auditing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Tariewe

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Direkte en indirekte rede *

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Tariewe

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Helderberg Fishers Community

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

G. J. du Preez

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

LUG VAARTSKEDULERING MET BEHULP VAN INTELLIGENTE AGENTE. deur JOSEF JACOBUS LANGERMAN VERHANDELING

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Dialoog en paragrawe *

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN.

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

llllll l ll lll I UOVS - SASOL-BIBLIOTEEK 1gg lj11' \'l;h:''.,i'. f-c;l!:-.,;i (1;,:' :,'"'c.l'.'(.lkt,cl",ul J l.,,.

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Transcription:

Studie Toer VSA Niël Viljoen 8 9 September 2017 1

Gedurende September 2017 het ek die geleentheid gehad om op n predasie navorsings toer te gaan na die VSA. Dit was n gulde geleentheid om my persoonlike kennis en passie rakende predatore en veral predasie bestuur te verbreed. n Geleentheid om waarnemings in n totale ander deel van die wêreld waar te neem en dit te vergelyk met ons plaaslike omstandighede. Na meer as twee jaar se beplanning en onderhandelinge om die regte kontak persone en instansies in die VSA in die hande te kry en die intensiewe beplanning van die toer, het die dag uiteindelik aangebreek dat ek my eerste van vele vlugte in PE kon begin. Dit was n redelike vol gepakte program om soveel as mootlik van my afsprake in net drie weke te kon in pas. State wat ek onder andere in die VSA besoek het was Minnesota, Indiana, Montana, Idaho, Utah, Nevada en Wyoming. Ek het twee kursusse bygewoon: Ses dae in Indiana (10 16 September) Fur Takers of Amerika Vier dae in Wyoming Yellowstone (24 27 September) Four days in the lives of wolfs My beplanning en doelwitte vir die toer het ek gekatoriseer in hoofsaaklik 10 katogorië. 1. Predatore 2. Bestuur stelsels 3. Vang tegnieke en toerusting 4. Vervaardigers van beheer toerusting 5. Navorsings instansies en projekte 6. Staat en predatore 7. Boere en predatore 8. Parke en predatore 9. Bioloë en ander geleerdes 10. Opsomming 2

1 Predatore Dit was duidelik dat alhoewel ons in SA hoofsaaklik te doen het met die Rooijakkals en die rooikat wat die vernaamste predatore is ek geen een van die twee spesies in die VSA sou aantref nie. Veeboere in die VSA het wel geweldige probleme met roofdiere en in hierdie geval wel die Coyote en die Bobcat wat in sekere opsigte baie sinoniem is met hul eweknie in SA, die Rooijakkals en die Rooikat. My idee was om eerstens hierdie twee predatore sou gou as moontlik te probeer ken en te bestudeer en dan die vergelykings te begin trek met ons Suid Afrikaanse Rooijakkals en Rooikat om ten einde dan ook die beheermaatreels wat in die VSA gebruik word makliker te verstaan. Coyote. Alhoewel hy baie lyk soos die Rooijakkals is daar tog n paar opmerklike verskille. Coyotes is in die algemeen bietjie swaarder as die Rooijakkals (12-14kg) en ook n bietjie hoër op die been. Hulle het ook nie die prominente en opmerklike kleurverskille in sy pels soos die rooijakkals nie, hoewel dit tog wil voorkom of daar ook die kenmerkende saaltjie op die coyote se rug is. Coyote Vokaal klink en reageer coyotes baie dieselfde as rooijakkalse. Die lewenssiklus van coyotes stem baie ooreen met die van Rooijakkalse met die vernaamste verskil maar die jaarlikse seisoen verskille tussen Afrika en Amerika. Lewensduur van coyotes is gemiddeld 12 jaar. Paartyd is gedurende Februarie maand waarna die dratyd van die tewe rondom 63 dae is. Kleintjies word gebore in April en Mei en die gemiddelde werpselgroote is ses. Kleintjies word ook soos Rooijakkalse in gate gebore en die ogies gaan oop rondom vyftien dae, hulle bly in die omgewing van die teelgate tot op ouderdom van tien weke waarna hul die teef sal begin vergesel op kort jag ekspedisies gewoonlik rondom Oktober. Hierna begin die jong Coyotes geleidelik al verder en verder vanaf hul ouers jag en die familie begin geleidelik opbreek tot net weer die territoriale teelpaar oor is in die oorspronklike territoriteit. 3

Na verskeie gesprekke met baie Amerikaners was dit vir my baie duidelik dat Coyotes op n nasionale basis die nommer een skadeveroorsakende predatoor onder skaap, lammers, bokke en selfs grootvee in die VSA is. Diere verantwoordelik vir veeverliese Net soos navorsing in SA reeds bewys het is dit in Amerika ook die geval dat die dieet van coyotes ook insekte, plante en hoofsaaklik knaagdiere en ander kleiner soogdiere bevat. Oor die algemeen aanvaar baie Amerikaanse veeboere dat alle coyotes potensiële veevangers is, navorsing het die tendens om die teendeel te bewys. Coyotes is net so aanpasbaar soos Rooijakkalse en potensiële veevangers is n aangeleerde gedragspatroon, iets wat ons reeds in SA uitgeklaar het. Navorsing in die VSA stipuleer baie daarop dat veeboere nie potensiële teritoriaal gevestigde coyotes wat nie veevangers is moet uitroei nie aangesien dit ander coyotes uit die spesifieke terriroriteit sal uithou, n ietwat verwronge beeld wat ons ook reeds in SA uitgeklaar het. Defnitiewe afname van predasie onder vee word gevind by coyotes wat gesteriliseer is en n terriroriteit bewoon, hoofsaaklik weens die feit dat voedsel behoeftes baie laer is aangesien daar geen druk van werpsel voedingsbehoeftes voorkom nie. Bewaring van natuurlike prooi is net soos in SA ook hoog op die VSA se agenda vir vermindering van veeverliese. Bobcat. Verliese onder veeboere kom wel voor a.g.v Bobcats maar in n baie mindere mate as in die geval van Coyotes. Bobcats het n geweldige groot voorliefde vir lammers en jong bokke, dit was opvallend dat hulle in vergelyking met die rooikat heelwat minder groter vee vang. Bobcat In SA is dit nie vreemd vir n rooikat om n uitgegroeide dorper ooi te vang nie, waar sy eweknie in die VSA hom liewer sal toespits op kleiner prooi. Die lewens siklus van n bobcat stem baie ooreen met die van n Rooikat. Die algemene uitgangspunt van baie veeboere in die VSA is dat die Bobcat baie laag op die skaal van skadeveroorsakende diere onder vee is as byvoorbeeld die coyote. 4

2. Bestuur stelsels In die VSA is die wegtrekpunt gewoonlik om altyd eerste te kyk na die beste lanboukundige vee bestuurstelsels. Die uitgangspunt is om te fokus op veekuddes eerder as predatore. Daar word oor die algemeen geglo dat hoe meer tyd en aandag daar aan vee gegee word spesifiek in die tye wanneer vee die meeste kwesbaar is bv. lamtye hoe skraler is die moontlikheid dat predatore n probleem sal raak. Metodes sluit onder andere in: Gebruik van herders Verwydering van alle dooie vee in natuur Konsentreer vee in groepsverwant wanneer hul die mees kwesbaarste is (Lamtye en snags) Sinkroniseer lamtye Skuur lamstelsels Skuur Lamstelsels Alhoewel die bestuur van die veekuddes hoog op die agenda is, is dit beslis nie die enigste bestuursstelsel nie. Net soos in SA is die aanpasbaarheid van Coyotes n geweldige groot probleem en die noodsaaklikheid om op predatore te konsentreer wanneer veeverliese buitensporig hoog word raak essensieel. Beheermaatreels sluit nie dodelik sowel as dodelik metodes in. Nie dodelik: Afkamping Veewagters Afskrik stelsels Herders diere (Honde,Lamas,Donkie) 5

Dodelike metodes: Vangysters Vanghokke Strikke Roep en skiet Teelgat hantering (Denning) Jag honde Gifhalsbande Gifskieters (M44) Helikopters Die algemene samelweing en die groot aankopers van landbou produkte sowel as die aktiviste het n groot invloed op bestuurstelsels wat boere veronderstel is om op hul gronde toe te pas, dit word hoofsaaklik bepaal deur druk op boere uit te oefen deur komissie stelsels te gee vir holistiese boerdery praktyke, die realiteit is egter dat boere n front van samewerking voorhou en indien predatore n buitensporige probleem raak die dodelike metodes die enigste werkbare oplossing is. Projekte wat die holistiese bestuurs stelsels aanmoedig (Bv. die gebruik van herders)word wyd bemark in die VSA maar dit is gewoonlik baie duur. 6

3 Vang tegnieke en toerusting Gedurende die eerste week van die toer het ek die FTA (Fur Takers of America) se opleidingsprogram van al die verskillende vangysters en die nuutste vangtegnieke in die VSA bygewoon. Die kursus is aangebied in Indiana so twee uur se ry vanaf die dorp Fort Wayne by n kamp genaamd YMCA Camp Potawotami Plek van aanbieding Camp Potawotami Dit was n geweldige intensiewe kursus met n goed beplande en baie vol program. Die sesdag kursus het vroeg soggens begin en tot laat saans aangehou, maar die inligting en ondervinding was onsettend leersaam, interessant en van onskatbare waarde. Die kursus het n geweldige breë spektrum gedek bv. die biologie en gedragspatrone van predatore, Instandhouding en voorbereiding van vangysters, bou van vangysters, bou van verskeie soorte strikke, keuse van stelplekke, maak van lokase en lokmiddels, korrekte metodes van slag van predatore, voorbereiding en hantering van die pelse en nog vele meer. Demonstrasie van slag van n Coyote 7

Gary Jepson demonstreer versameling van kliere vir lokmiddels Die kursus het onsettend baie prakties bevat wat beteken het dat ons heeldag in die natuur saam met n profesionele jagter moes loop en verskeie stel tegnieke met al die onderskeie toerusting tot ons beskikking moes doen, n gulde geleentheid wat ek natuurlik met ope hande aan gegryp het en al my nuut geleerde VSA kennis kon kombineer met my SA kennis en tesame alles gelyktydig op die proef kon stel. Alhoewel op heeltemal n vreemde kontinent en met totaal vreemde diere het kennis en ondervinding baie vinnig goeie resultate begin oplewer. Coyote Bobcat Beaver 8

Otter Red Fox Raccoon Vir my persoonlik was dit veral die teoretiese klasse wat saans aangebied is wat n hoogtepunt was. Die aanbieders was gewoonlik bioloë, proffesors en legendariese jagters wat hul lewe gewy het aan die studie van predatore, predasie, vang tegnieke en die natuur. Teoretiese klas. Aanbieder - Dave Heistings (FTA) In die VSA is baie van die vang tegnieke maar baie sinoniem aan dit wat ons in SA gebruik. Alhoewel die Amerikaners ons baie ver voor is met die navorsing en ontwikkeling van vang toerusting dink ek tog dat as dit kom by die vang en stel tegnieke het die Amerikaners heelwat te leer by ons. Die toerusting wat gebruik word is natuurlik die nuutste denkbare en moderne vangysters, strikke en vanghokke wat almal reeds deur verskeie toetsfases is en goedgekeur is deur hul norme en standaarde. Die hoofdoel van die toerusting is altyd minimum lyding vir die dier hoofsaaklik weens die feit dat die pels van die dier vir hulle van onskatbare waarde is en geen skade moet opdoen tydens die vangproses nie. 9

4.Vervaardigers van beheer toerusting Tydens die FTA kursus het ek dan ook die geleentheid gehad om met onderskeie vervaardigers van verskillende soorte strikke, vangysters en vanghokke te gesels. Die vervaardigers was gretig om van die toerusting vir my te gee om onder Suid Afrikaanse omstandighede te toets en te eksperimenteer. MB -550 K-9 Xtreme Wet & Dry Dubbel deur vanghok Oneida Victor M 44 Vanghok vir wilde varke Na die weeklange FTA kursus het ek na Montana gevlieg en op Bozeman my huurvoertuig ontvang waarna ek vertrek het na die staat Idaho om in die dorp Pocatello uit te kom. Hier het ek na n taamlike soektog die vervaardigers aanleg van die M44 gevind. Die personeel by die fabriek het my baie vriendelik ontvang. Ek het ook die geleentheid gekry om deur die fabriek te gaan en die verskillende fase van die ontwikkeling en bou van die M44 te sien. Dit was geweldig insiggewend, ek het onder andere ook n kort kursus ontvang met die gebruik van die M44 en ook n spesialis ontmoet wat jare lange ondervinding met die apperaat gehad het. 10

Demonstrasie van die vervaardiging van die M44 Een van die interresantste opmerkings wat ek daar kon waarneem was die feit dat die M44 ook hul eerste aanslag was om ontslae te raak van rondloper honde. Laasgenoemde net so n geweldige probleem in die VSA as in SA. Proewe en eksperimente waarvan hul die inligting met my gedeel het was om die selektiwiteit van die M44 te verbeter. Omdat die M44 met gif vereenselwig word het die toestel glad nie n goeie beeld in die breë publiek nie. Die M44 is volgens die Amerikaners die beste beheermaatreel vir rondloper honde daarom word baie geld en tyd bestee om die M44 publiek vriendelik te probeer maak. 11

5. Navorsings instansies en projekte In die staat Utah het ek gegaan na die dorp Logan waar ek vir Dr. Julie K Young ontmoet het. Sy is in beheer van die Wildlife Services se Millville Predator Research Facility. Dit is een van die grootste navorsingstasies in die VSA wat uitsluitlik konsentreer op coyotes. Dr. Julie Young by die Millville Predator Research Facility. Daar word om en by n honderd coyotes in aanhouding gehou, n reeks van verskillende kampe met verskillende grootes vir onderskeie projekte is beskikbaar. Waarnemings torings is tussen die kampe gebou waar navorsers en studente die proewe 24h moniteer, kamera stelsels word ook gebruik om te help met die monitering. Die konflik tussen mens en coyotes en ontwikkeling van verbeterde beheermaatreels is die hoofdoel van die navorsingsstasie. Baie van die proewe en eksperimente wat hier gedoen word is om die effektiewiteit van al die onderskeie beheermaatreels op die coyotes te toets en die diere se aanpassings en gedragspatrone te moniteer. Die Millville Predator Research Facility. 12

Coyotes in aanhouding by die navorsingsstasie Dit was n geweldige interresante besoek. Ons het baie idees uitgeruil en die gesprekke met al die onderskeie navorsers werksaam by die stasie was geweldig interresant. Ek is die volgende dag deur die navorsings stasie geneem waar ek al die onderskeie coyotes gesien het en ingelig is oor die verskillende navorsingsprojekte wat op daardie oomblik aan die gang was. Ek het ook van die resultate gesien van projekte wat reeds afgehandel is. 13

6. Staat en predatore In baie van die state in die VSA het die staat n groot rol wat hul vervul met die konflik tussen die publiek en predatore. Verskillende state opereer op verskillende basisse afhangende van spesies en regulasies in daardie spesifieke state. (Soortgelyk aan SA met sy onderskeie provinsies) Baie geld en tyd word spandeer om persone op te ly om probleemdier beheer te doen. Die USDA (United States Department of Agriculture) is seker die grootste organisasie wat poog om boere by te staan met probleemdiere. Ander organisasies wat ek te doen mee gehad het was die Montana fish and wildlife services en dan verskeie pest control organisasies. In Montana het ek vir twee dae saam met Dr. Abigail Nelson gewerk op verskeie projekte waar sy veral boere gaan besoek het en gehelp het met die hantering en bestuur van die konflik tussen coyotes, wolwe en vee. Dr. Abigail Nelson in gesprek met n boer. Ek het baie moeite gedoen en baie persone veral boere uitgevra oor hoe hulle die staat se bystand ondervind. Die antwoorde was n mengelmoes van opinies maar een boer se antwoord het dit nogal mooi vir my opgesom. Ek haal aan: Dit help om die staat betrokke te hê, maar omdat daar nou n beroep gekoppel word aan n persoon wat probleemdier beheer doen kan enige jong mens wat geld nodig het op staatsonkoste gaan leer en homself kwalifiseer as n probleemdier offisier, geld het nou die oorhand oor passie en ondervinding gekry, die staat is altyd daar om te help, net jammer dit is na verliese aangemeld is en ek klaar die finansiele skade gely het. 14

7. Boere en predatore n Tipes plaas opset in die VSA Predasie op vee in die VSA is maar net so n groot probleem soos in SA. Boere het ook maar die stryd met aktiviste en Staat instansies. Geweldig baie word verwag van boere om n meer groen aanslag in te neem rondom predatore en predasie en baie hulp en bystand is beskikbaar vir die nie dodelike metodes. Veeplaas 15

Hoewel die neighing tog is om n holistiese benadering te volg teenoor predatore is dit vir baie Amerikaanse boere alhoewel hul dit nie prontuit en in soveel woorde wil erken nie altyd n opsie om die dodelike metodes te volg om veeverliese te beperk. Teelgate van wolwe wat ons op een van die veeplase gekry het. Baie veeboere glo nog om predatore te beheer voordat hul verliese ly n beter werkbare oplossing is. Veeboere gebruik kontrakteurs om coyotes en bobcats deur middle van die roep en skiet en vangysters metodes te beheer. 16

8. Parke en predatore In die VSA is parke veral groot parke soos Yellowstone nie afgespan deur n fisiese grensdraad nie. Die park is oop en deurloop van diere en veral predatore na omliggende veeplase is onbeperk. Konflik rondom die parke bly n daaglikse probleem veral met die herinstelling van die wolwe in Yellowstone. Die top predatoor in Yellowstone Konflik tussen veeboere en parke kom geredelik voor en alhoewel die parke gewoonlik mense stuur om die ontsnapte predatore te vang en of te elimineer, veeboere soms indien aanhoudende skade voorkom maar hul eie reg gebruik om van die probleemdiere ontslae te raak. Indikasie van die ware grootte van n wolf se spoor Die vierdag kursus wat ek in Yellowstone bygewoon het waar ons die wolwe gevolg het en deurlopende inligting van bioloeë gekry het was beslis een van die hoogtepunte van die studie toer. 17

Daaglikse agtervolging van die pak wolwe Ons Suid Afrikaanse Rooijakkals se lewenssiklus, lewenswyse en algehele gedragspatrone maak alles soveel meer sin indien jy vir vier dae intensief op die spoor van wolwe, die majestueuse top predator in Yellowstone loop en deurlopend in die teenwoordigheid van n bioloog sien, leer, ervaar, beleef en verstaan. Coyote Grootste pak wolwe in Yellowstone (24) 18

9. Bioloee en ander geleerdes Defnitief was een van die hoogtepunte van my besoek in die VSA die kennismaking met wêreld bekende bioloë en navorsers. Mense wat n leeftyd gewy het aan navorsing, wat n passie het vir die natuur en predatore natuurlik. Brad Bulin een van die bioloë Opvallend was hierdie mense se uitkyk op die lewe veral gesien in n boerdery perspektief, almal was van die opinie dat veeboerdery defnitief sy geregmatige plek in die VSA moet behou, om selfversorgend en volhoubaar te wees is vir die Amerikaners baie belangrik, voedselsekuriteit is baie hoog op hul agenda. Veeboerdery moet beskerm word en dat predasie bestuurstelsels daagliks aangepas moet word en as kan, tot beide veeboere en predatore se voordeel. 19

10. Opsomming Daar is baie ooreenstemming met die VSA en SA as dit kom by predatore en predasie bestuur. Die menslike faktor en opinies bly oral maar dieselfde en aktiviste is natuurlik oral teenwoordig. Die vraag is, het die VSA wat n eerstewereldse land is, baie geld het en ook al die nuutste tegnologie tot sy beskikking, die regte antwoorde vir sy veeboere met al hul predasie probleme, ongelukkig is die antwoord, nee. Met al die miljoene dollars aan navorsing, navorsings projekte en navorsingsinstasies, selfs die staat wat betrokke is, is die VSA ook nog maar soekende, daardie een enkele blits oplossing of silver bullet bestaan ook nog nie vir die veeboere in die VSA nie. Die probleme wat ons in Suid Afrika ondervind met predasie en veeboerdery spoel beslis oor landsgrense heen. Die Amerikaners is wat beheermaatreels aanbetref ons glad nie voor nie. Die enigste plek waar SA dalk iets kan leer by die VSA is die tipe toerusting wat hul oor die jare ontwikkel het vir die vang van predatore, vangysters en vanghokke. Wat beheer en bestuursmaatreesl aanbetref stem die twee kontinente baie ooreen. Inteendeel was dit opmerklik die gebrek aan kennis van predatore onder die boere in die VSA. Dit is hoofsaaklik weens die feit dat die staat betrokke geraak het by die bestuur van predatore en die werk is so half en half uit die hande gevat van die boere. Baie van die boere veral die jonger geslag sien dit nou as die staat se verantwoordelikheid om die predasie kwessie op sy plaas op te los. En soos die een boer dit opgesom het, die staat is gewillig en hul is daar net jammer dit is altyd te laat en na skade reeds gedoen is. Ek persoonlik dink SA veeboere is hul eweknieë in die VSA hier baie ver voor wat die kennis en gedragspatrone van predatore aanbetref. Opleiding onder boere en veral nuwe toetreders tot die veebedryf is essensieel. Die grootste verskil in SA is dat die onderskeie bedrywe wat n belang het by veeboerdery self betrokke is en die opleiding doen in die VSA doen die staat die opleiding maar dit is vir kontrakteurs buite die bedryf. My beskeie opinie is dat die VSA stadig maar seker besig is om die gaping van kennis tussen veeboere en predatore geweldig vinnig te vergroot. Hierdie punt gaan vir die VSA in die nabye toekoms katastrofies wees. My uitgangspunt is en bly, dat enige veeboer moet besef dat daar verskeie vertakkings van jou boerdery op jou plaas is, die wat jy beplan en daagliks bestuur en of jy nou met wol, vleis, bokhaar of wild boer alle veeboere moet besef daar is nog n vertakking, miskien heeltemal onbeplan, maar hy moet beslis bestuur word, predatore. Soveel kennis soos wat jy van jou Hereford, Angus, Dorper, Merino, Angora bok en Swart Wildebees het net soveel kennis moet jy van die Rooijakkals en die Rooikat hê. Of ons dit besef en of ons dit wil weet al dan nie, een van die vertakkings in jou boerdery is predatore, jy boer met Rooijakkalse en Rooikatte ook. Ongelukkig gaan hierdie diere nooit verdwyn op veeplase nie. Bestuur hierdie vertakking van jou boerdery met dieselfde hoeveelheid kennis, tyd en deurnis en net so goed soos die res van al jou boerderyvertakkings. 20

My opregte dank aan al die bedrywe wat hierdie lewenservaring vir my moontlik gemaak het, dit was beslis n baie leersame ervaring hoop om al my kennis en inligting aan die Suid Afrikaanse boerdery gemeenskap oor te dra. 21