NUUSBRIEF JUNIE 2008

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Mandala Madness Deel 2

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Rut: n Liefdes Verhaal

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SIZA takes the sting out of auditing

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

Finansieel Gesproke 1

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Uit Moerdijk se pen Man en Media

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

Direkte en indirekte rede *

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

RAADSLEDE / COUNCILLORS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

) waar van toepassing.

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Transcription:

NUUSBRIEF JUNIE 2008 ONS KANTOOR TE EDWARDSTRAAT 126, BELLVILLE, KAAPSTAD INHOUDSOPGAWE: 1. Allan Gray - geselekteerde Finansiëlebeplanners 2. Finsolnet Nuus 3. Ekonomiese Barometers 4. Plaaslike Rentekoerse 5. Beleggingsopsies - Nuwe Medium termynbelegging - Internasionale belegging 6. Vlekvrye Staalhouers 7. Eiendomsindikasie 8. Maandelikse werksroetine 9. Nuwe telefoonstels 10. 2009 Begrotingsnuus 11. Personeelnuus

1. ALLAN GRAY - GESELEKTEERDE FINANSIËLE BEPLANNERS Allan Gray het 30 onafhanklike makelaars landwyd gekies om die beleggingskliënte, wat direk by hulle aanklop vir beleggings en finansiële advies, te adviseer. Na n intensiewe voldoeningsoudit ( compliance audit ) en n analise van ons bestuursprosesse, is RSA Makelaars sopas tot hierdie adviespaneel verkies! Ons is baie ingenome met die vertroue wat Allan Gray in ons beleggingsproses gestel het. 2. FINSOLNET NUUS Finsolnet se algemene jaarvergadering het op 23 Mei 2008 plaasgevind en dit het baie goed verloop. Iaan van Heerden is die Besturende Direkteur en die volgende persone is tot Direkteure verkies: Peter-John Smitsdorff Leon Botha Niël Fourie Lawrence Johnson Sake voortspruitend uit die algemene jaarvergadering: 1. Finsolnet onderhandel tans met AIMS om alle administratiewe kostes te verminder n.a.v. die volume kapitaal wat Finsolnet onder bestuur het - ons nader nou die R3-miljard kerf. 2. Ons wag op finale goedkeuring dat albei gades se kapitaalblootstelling by Finsolnet, kumulatief bymekaar getel mag word, met die gepaardgaande vermindering van die totale administratiewe koste op beide portefeuljes. 3. Finsolnet gaan binnekort die moontlikheid ondersoek om n filiaal tak in Australië te vestig. n Filiaal is reeds in Engeland gestig met die aanvanklike doel om Suid-Afrikaners wat geemigreer het van diens te voorsien en mettertyd die Engelse mark ook te betree. 4. Ons vorder fluks met die wysiging van die Finsolnet webtuiste waar individuele makelaars se besonderhede ook gevind sal kan word en ons sal u inlig sodra dit voltooi is. Die kliënte wat oor n rekenaar beskik en belangstel in meer markverwante inligting, kan gerus die Finsolnet webtuiste besoek by www.finsolnet.com. Onder die opbrengs syfers ( performance figures ) gedeelte op die tuisblad is daar n woordelikse verduideliking wat vir u verduidelik hoe die mark presteer u benodig egter n rekenaar luidspreker hiervoor.

Verskuiwing van Finsolnet fondse: Die volgende verskuiwings aan ons beleggingsportefeulje is deur individuele Portefeulje Bestuurders voorgestel en deur die Direksie goedgekeur: In die Matige portefeulje inflasie +4-5% - word die RMB High Tide fonds vervang met die RMB Gebalanseerde fonds. Die RMB fonds wat in die konserwatiewe strategie inflasie +2-3% - gebruik word se fooie is verminder. Let daarop dat die Januarie 2008 hoogtepunt reeds middel Februarie 2008 verbygesteek is, maar dat die sterk afname in Maart 2008 teen die einde van Maart nog nie ten volle herstel het nie. Hierdie herstel is hoofsaaklik deur die positiewe beweging in die Minerale Afdeling ( resources ) behaal. Verwys na grafiek nr. 3 Grafiek 2: Die finansiële afdeling van die beurs Twee verdere verskuiwings word tans deeglik bestudeer en ons sal u oor die finale besluit inlig. Ekonomiese Grafieke: Let gerus op na die interessante grafika van die Fondsbestuurders se terugvoering op 23 April 2008. Grafiek 1: Die beweging in die Johannesburg Effektebeurs alle aandele Hierdie sektor het groot verliese gely en ABSA se prys, byvoorbeeld, is nou op dieselfde laagtepunt as in 1970. Volgens die Fondsbestuurders is dit n uitstekende geleentheid om hierdie aandele te koop, mits die belegger vir die volgende 2 jaar kan wag om weer goeie opbrengs te sien.

Grafiek 3: Minerale Hierdie sektor sukkel steeds om die daling van Januarie 2008 in te haal. Stygende rentekoerse en die Reserwe Bank se uitdruklike doelstelling om die ekonomie te verlangsaam en af te plat, help uit die aard van die saak nie. Hierdie tendens gaan nog n geruime tyd voortduur totdat rentekoerse weer daal. Platinum was in hoofsaak die groot drywer van hierdie positiewe herstel, maar die vraag kan gevra word: Hoe lank sal hierdie positiwiteit kan voortduur aan die hand van die afkoeling van die Amerikaanse Beurs? Grafiek 5: Genoteerde Eiendomsaandele ( Listed Property ) Markte in die Ooste toon egter nog baie sterk groei wat hierdie aanvraag self verder kan verhoog. Grafiek 4: Industrieël Genoteerde Eiendomsaandele is uiters sensitief vir rentekoersverhogings en dit is duidelik uit die negatiewe beweging wat in hierdie grafiek gesien word. Verdere rentekoersverhogings word verwag en hierdie sektor gaan beslis lank neem voordat dit weer herstel. Let daarop dat genoteerde aandele geen verwysing het na Liberty Life se eie Eiendomsportefeuljes en hul opbrengs nie.

Grafiek 6: Die SA Rand, gemeet teenoor die Dollar: Grafiek 8: CPIX 4-5 vs Maatstaf ( Benchmark ) Die Rand het in die laaste kwartaal 18.96% verloor. Met stygende inflasie en rentekoerse, asook die politiese onsekerheid en geweld in die land, kan die Rand beslis verder teenoor alle geldeenhede verswak. Grafiek 7: CPIX 2-3 vs Maatstaf ( Benchmark ) Ook hierdie portefeulje voldoen aan die mandaat, maar oor die kort termyn ervaar hierdie fonds dieselfde skommeling soos op die beurs. As gevolg van kleiner blootstelling aan aandele, is die negatiewe beweging ook baie minder. Grafiek 9: CPIX 6-7 vs Maatstaf ( Benchmark ) Hierdie grafiek toon dat die Fondsbestuurders daarin slaag om aan die Mandaat te voldoen. Hierdie portefeulje vaar goed in terme van die mandaat, maar die portefeulje word in hoofsaak vir beleggers met n lang termyn opbrengsvisie en ook vir jonger beleggers aanbeveel.

3. EKONOMIESE BAROME- TERS Die 2008 finansiële jaar in Suid- Afrika sal per alle redelike waarskynlikheid n sywaartse finansiële jaar wees wat impliseer dat ons nie groot hoogte- en/of laagtepunte verwag nie. n Redelike opbrengs op die beurs behoort tussen 8% - 10% p.j. te wees. Buitelandse ekonomieë ervaar ook n redelike mate van turbulensie as gevolg van die sub-prima krisis, die verhoging in oliepryse en die naderende verkiesing in die VSA. Let wel: Beleggers word gemaan om nie impulsiewe veranderings in hulle beleggingsportefeuljes aan te bring nie en om in hierdie tydvak vertroue te toon in die 4 uitnemende Fondsbestuurders wat by Finsolnet aktief betrokke is, naamlik: Allan Gray, Coronation, RMB en Investec. Wees daarop bedag dat in tye waarin die ekonomie n regstellende periode ondergaan, dit n uitstekende geleentheid bied vir Fondsbestuurders om juis kwaliteit aandele in die onderskeie portefeuljes baie goedkoper te koop. Sodra rentekoerse weer in 2009 begin daal, sal dit noodwendig tot gevolg hê dat die beurs sal styg en die kwaliteit gekoopte aandele weer baie waarde sal toevoeg tot die onderskeie portefeuljes. 4. PLAASLIKE RENTE- KOERSE n Verdere rentekoersverhoging word vir 2008 in die vooruitsig gestel, waarna rentekoerse waarskynlik vir n periode op n plato sal beweeg en dan per alle redelikheid in die tweede helfte van 2009, weer sal begin daal. Internasionale rentekoerse het reeds verskeie kere gedurende 2007/8 verminder en hierdie tendens neem gewoonlik ±18 maande voordat dit na Suid-Afrika deurspoel. Dit sal noodwendig tot gevolg hê dat die ekonomie, wat tans deur hoër rentekoerse afgekoel word, weer gestimuleer sal word. 5. BELEGGINGSOPSIES Vir u inligting heg ons graag ons algemene aanbevelings vir kort-, medium- en langtermynbeleggings hierby aan. (Bylae 1) Nuwe Medium Termynbelegging: Metropolitan/Cadiz het met n baie interessante nuwe beleggingsopsie in die mediumtermyn vorendag gekom, naamlik: dat die belegger vir n 1 jaar periode, 100% in n aandele portefeulje kapitaal kan belê, maar met n gewaarborgde geldterugopsie van die oorspronklike beleggingsbedrag. Die opbrengs van die belegging word beperk tot 18% (ge- cap ) wat

beteken dat die eerste 18% se groei die kliënt sal toeval en enige verdere groei die maatskappy toeval. Die belegging het slegs n 2% aanvanklike fooi, naamlik 1% vir die bestuursmaatskappy en 1% vir die finansiële beplanner. Hierdie belegging kan ook jaarliks hernu word met gepaardgaande koste, of opgevra word in terme van die individu se behoefte. In uiters onsekere tye op die beurs, is dit n beleggingsopsie wat ons aanbeveel. Internasionale Beleggings: Ons beveel steeds aan dat kliënte hulle buitelandse blootstelling behou. Die goeie opbrengste wat in buitelandse fondse behaal word asook die feit dat die Rand in 2008 aansienlik devalueer en waarskynlik nog verder gaan devalueer, dien as motivering. Dit is n baie moeilike periode om Suid-Afrikaanse kapitaal in die buiteland te belê juis as gevolg van die reeds verswakte Rand. Ons sou dit op hierdie stadium nie aanbeveel nie. 6. VLEKVRYE STAALHOUERS Ons Prokureurs het reeds instruksie gekry om regsaksie teen Multistar in te stel ten einde sekere kritiese inligting te bekom om die bestuur van Multistar na n alternatiewe bestuursmaatskappy te verskuif en om sodoende die jaarlikse inkomste sowat te verdrievoudig. Die tweedehandse waarde van bestaande houers behoort na tussen R110,000.00 en R140,000.00 te verhoog. Ons sal die individuele eienaars van Multistar houers ingelig hou oor die vordering. International Tank Containers lewer steeds uitstekende opbrengste! Ons sal binnekort met ons houer kliënte kommunikeer in verband met n voorstel om die Dollar buitelandse houerverdienste in die buiteland te herbelê. Ons ondersoek tans die beste beleggingsopsie vir hierdie doel en sal die betrokke kliënte dienooreenkomstig inlig. 7. EIENDOMSINDIKASIE In vorige skrywes het ons u reeds teen hierdie tipe belegging gewaarsku en vind dat verskeie eiendomsindikasiemaatskappye tans met finansiële en kontantvloei probleme sukkel. Dit bly n belegging wat ons nie aanbeveel nie. 8. MAANDELIKSE WERKS- ROETINE Ons werksroetine is soos volg: Ons besoek die Oos-Kaap gedurende die tweede week van die maand. Ons begin by George en beweeg via Jeffreysbaai tot in Port Elizabeth. Vandaar vlieg

ons via Oos-Londen terug Kaapstad toe. Ons besoek Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria gedurende die laaste week van die maand; Indien u afsprake benodig, is u welkom om met Maria de Jongh en Eileen van Zyl in verbinding te tree. 9. NUWE TELEFOON- STELSEL Soos u weet het ons n nuwe telefoonstelsel geïnstalleer wat ten doel het om n vinniger en effektiewer diens aan u te bied. Ons vra vriendelik dat wanneer u n navraag het, u die persoon wat met u portefeulje werk se uitbreidingnommer sal gebruik. Die prosedure is soos volg: 1. Skakel RSA Makelaars se telefoonnommer - daar is 12 verskillende, inkomende lyne en u sal feitlik onmiddellik die verwelkoming by RSA Makelaars hoor. 2. U kan dan onmiddellik die gekose uitbreidingsnommer op u telefoon indruk en u sal onmiddellik na die tersake personeellid deurgeskakel word. 3. Indien die persoon die telefoon nie binne die eerste 5 luie antwoord nie, sal die stelsel outomaties oorgaan na n antwoordstelsel. Laat asseblief n kort, gedetailleerde boodskap vir die persoon. Sy sal u dan so gou as moontlik terugskakel. 4. Indien u probleme ervaar, kan u vir Colleen, wat ons skakelbord hanteer, op haar direkte kode kontak. Aan die einde van hierdie Nuusbrief verskyn n volledige lys van uitbreidingnommers. Ons bedank u vir u geduld met die implementering van die nuwe stelsel en vertrou dat dit vir u tot groot voordeel sal wees. 10. 2009 BEGROTINGS- NUUS Die 2009 begroting het nie veel nuwe of positiewe nuus vir beleggers gelewer nie. Ons haal n paar items aan: Verhoging in rentekoerskorting: Vir persone jonger as 65: 2008 / 2009 R18,000.00 / R19,000.00 Vir persone ouer as 65: 2008 / 2009 R26,000.00 / R27,500.00 Primêrekorting: 2008/09: <65 R 8,280.00 >65 R13,320.00 Die gewysigde inkomstebelasting tabelle vir 2008/09 is:

R 0 - R 122,000 18% R 122,001 - R 195,000 R 21,960 + 25% van bedrag bo R 122,000 R 195,001 - R 270,000 R 40,210 + 30% van bedrag bo R 195,000 R 270,001 - R 380,000 R 62,710 + 35% van bedrag bo R 270,000 R 380,001 - R 490,000 R 101,210 + 38% van bedrag bo R 380,000 R 490,001 EN BO R 143,010 + 40% van bedrag bo R 490,000 Inkomstebelasting toegewing op pensioenfondskapitaal blootstelling in die buiteland: Die persentasie blootstelling is vanaf 10% na 20% verhoog en sal geïmplementeer word sodra die tersake Pensioenfondswet gewysig is. Bydraes tot uittree-annuïteite: U word steeds aanbeveel om ná u aftrede 15% van u belasbare inkomste (nie-pensioendraend) jaarliks in n annuïteit op die AIMS platform te belê, tot en met ouderdom 70. Sodoende sal u maksimum belastingvoordeel daaruit put. Voor aftrede word persone wie te veel inkomstebelasting betaal, deur die Wet toegelaat om 15% van hulle bruto belasbare inkomste (uitgesluit Inkomste waarvan bydraes tot pensioenfonds betaal word) jaarliks in n uittree-annuïteit by te dra. Hierdie bedrag is van u belasbare inkomste aftrekbaar wat veroorsaak dat u op u totale inkomste, ongeag waaruit dit bestaan, minder inkomstebelasting betaal. Dit maak ook die deur oop om moontlik meer van u mediese fondsbydraes van inkomstebelasting te kan verhaal. Ons beveel aan dat bydraes in annuïteite via Finsolnet op die AIMS platform gemaak word. Uittree-annuïteite word teen alle krediteure beskerm en dit is veral vir persone met sakebelange n uiters noodsaaklike belegging. Let ook daarop dat u pensioenfonds en annuïteit se 2 derdes verpligte kapitaal die enigste bate is wat buite u boedel val vir boedel- en kapitaalwinsbelasting en dit voorkom die Eksekuteursvergoeding van 3.9%. Die boedelbelastingkorting van R3.5-miljoen per persoon, sowel as die maksimum toelaatbare bedrag per belastingpligte wat in die buiteland belê kan word (R2- miljoen), is ongelukkig nie in die begroting verhoog nie. 11. PERSONEELNUUS Kinders van twee van ons personeellede is onlangs in die huwelik bevestig, naamlik: Colleen Knoetze se dogter, Illana, en Linda Marais se seun, Jaques. Ons wens hulle alles wat mooi is toe. Pieter het gedurende 2004 sy 21ste Comrades, 2005 sy 21ste Twee Oseane Marathon en gedurende 2008 sy 9de Argus Fietstoer voltooi.

Hy konsentreer deesdae op Half- Ons bedank u nogmaals vir u Marathon wedlope. volgehoue ondersteuning en verwysings na familie en vriende. --ooooo AGTER (vlnr): Retha van Zyl, Maria de Jongh, Colleen Knoetze, Magda Matthee, Lynnette Smitsdorff, Linda Marais, Eileen van Zyl, Ingrid Singels VOOR (vlnr): Peter-John Smitsdorff, Derick Payne PERSONEEL EN E-POS ADRESSE Peter-John Smitsdorff Derick Payne Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) Ingrid Singels (Finansiële Analise) Colleen Knoetze (Ontvangs) Lynnette Smitsdorff (Spesiale Projekte) peterjon@rsabrokers.co.za derick@rsabrokers.co.za peterjon@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 101) ingrid@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 107) colleen@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 100) lynne@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 108) Administratiewe Assistente: Magda Matthee (A-F & S) Linda Marais (G-L & V) Retha van Zyl (M-R, T-U & W-Z) Eileen Van Zyl (Portefeulje D Payne) magda@rsabrokers.co.za linda@rsabrokers.co.za retha@rsabrokers.co.za eileen@rsabrokers.co.za (Uitbr.nommer 111) (Uitbr.nommer 110) (Uitbr.nommer 109) (Uitbr.nommer 113)