Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September 2013 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte
INHOUD AFTREEBEPLANNING: DIE LEWENSFASE-MODEL... 2 MARKOORSIG... 4 OPBRENGSTABELLE... 5 SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE... 6 ONS MARKSIENING... 8 1
AFTREEBEPLANNING: DIE LEWENSFASE-MODEL n Persoon se beleggingsiklus het twee afsonderlike fases: die opboufase en die verbruikersfase. Dit is belangrik om die verskillende sub-fases te verstaan voordat daar op n gepaste bate allokasie in n persoon se pensioenfonds of beleggingsportefeulje besluit word. Bron: ABSA Die doel van die opboufase is om voldoende welvaart te skep om met aftrede onafhanklik te wees. Hierdie siklus het n lang beleggingshorison; 30 tot 40 jaar. Die belegging behoort dus oorheers te word deur bates wat groei verseker, soos byvoorbeeld aandele, om die moontlike opbrengs op die portefeulje te verhoog. Die balans tussen bates bly oorwegend onveranderd tydens hierdie fase, behalwe vir die laaste vyf tot tien jaar. Beplanning vir aftrede (die verbruikersfase) moet minstens vyf tot tien jaar voor aftrede begin. Trustees en konsultante van pensioenfondse verkies om n lewensfase-model te gebruik om lede te help met dié gedeelte van aftree-beplanning. Sodanige model verminder outomaties lede se groeibates naby aftrede. In die algemeen is dit die korrekte benadering vir lede van n fonds, maar beplanning vir aftrede is nie heeltemal so eenvoudig nie. Daar is verskeie faktore wat ná aftrede oorweeg moet word, soos byvoorbeeld skuld, afhanklikes, ander beleggingsportefeuljes asook die beleggingsprodukte wat na aftrede gebruik kan word. Lede wat by aftrede skuld en afhanklikes het, behoort hulle beleggingsrisiko voor aftrede te verlaag omdat hulle toegang tot kontant benodig om skuld te betaal en voorsiening te maak vir afhanklikes. n Lid se ander beleggingsportefeulje moet ook in ag geneem word wanneer daar oor n toepaslike beleggingsportefeulje binne n pensioenfonds besluit word. Die meerderheid lede maak gebruik van n lyfrente of n lewende annuïteit om n maandelikse inkomste na aftrede te verskaf. Daar is n beduidende verskil tussen hierdie twee produkte wat in die volgende kwartaalverslag bespreek sal word. Die doel van n lewensfase-model is om by n lid se toekomstige laste aan te pas. Na aftrede is die las die inkomste wat die lid benodig. 2
Aandele blootstelling Aandele blootstelling n Belegger gebruik kontant om n lyfrente by n versekeraar aan te koop. In ruil daarvoor waarborg die versekeraar n inkomste tot by afsterwe. Lede moet hul eie risiko meer drasties voor aftrede verlaag indien hulle besluit om n lyfrente aan te koop. Met n lewensfase-model, is die risiko dat die mark daal net voordat die lid die lyfrente aankoop. 80% 60% 40% 20% 0% 25 30 35 40 45 50 55 60 65 70 75 80 85 Ouderdom Lewens Fase Model Lyfrente In die geval van n lewende annuïteit word die lid se fondse in die mark herbelê. As n belegger n hoë inkomste relatief tot die batewaarde verkies, moet die portefeulje meer gefokus word op bates wat rente genereer, soos byvoorbeeld kontant en effekte. As n belegger n lae inkomste relatief tot sy batewaarde vereis, word minder kontant en effekte vereis om aan sy inkomstebehoefte te voorsien. Hierdie portefeulje sal tipies meer gefokus wees op aandele, wat die verwagte langtermyn opbrengs van die portefeulje sal verhoog. Met n lewensfase-model loop die belegger die risiko dat die mark skerp voor aftrede styg en omdat die belegger dan in daardie stadium n hoër kontant blootstelling het, sal sy batewaarde en inkomste na aftrede laer wees. 80% 60% 40% 20% 0% 25 30 35 40 45 50 55 60 65 70 75 80 85 Ouderdom Lewens Fase Model 5% Inkomste 8% Inkomste 11% Inkomste Die jongste voorstelle deur die regulatoriese owerhede is dat daar standaard opsies moet wees om die koste van beleggingsadvies te verlaag. Die langtermyn koste van n standaard opsie wat nie gepas vir die belegger is nie, kan ongelukkig baie hoër wees as die koste van die korrekte beleggingsadvies. Elke persoon het unieke behoeftes en dit moet in ag geneem word wanneer u met die belangrike proses van aftree-beplanning begin. U behoort dus n beleggingsadviseur te nader om u met hierdie uiters belangrike beplanningsproses by te staan. Saamgestel deur Diaan Janse van Rensburg 3
MARKOORSIG Gedurende 2013 is finansiële nuus wêreldwyd oorheers deur kwantitatiewe verligting in die VSA, hoe markwaarnemers dink Mnr Bernanke dit gaan hanteer en natuurlik hul opinie oor hoe hy dit behoort te hanteer. Bernanke het gedurende die tweede kwartaal van 2013 aangekondig dat hy kwantitatiewe verligting gaan inperk. Die aankondiging het markte erg ontsenu en beleggingsmarkte en geldeenhede reg oor die wêreld het die potensieel drastiese impak van hierdie besluit op die wêreld begin inprys. Dit is algemeen aanvaar dat die inperking op 18 September 2013 sou begin. Die mark was dus heeltemal op die verkeerde voet gevang toe Bernanke verras het deur glad nie kwantitatiewe verligting terug te sny nie. Die volgende vergadering van die beleidmakers is einde Oktober en ons sal dan moet sien wat die volgende stap gaan wees. As die reaksie op Bernanke se aankondiging enigsins n aanduiding is van wat met langtermyn rentekoerse in die VSA gaan gebeur, kan ek nie sien hoe Bernanke in die volgende jaar of twee die stimulus program kan terugsny nie. Die VSA, met sy reeds onvolhoubare hoë skuldvlakke, kan beslis nie bekostig om skuld teen hoër rentekoerse te finansier nie. Moet dus nie verbaas wees as hy nie in 2013 terugsny nie. Indien hy wel gaan sny, sal hy dit waarskynlik weer gedurende 2014 moet verhoog. Om die saak te vererger, kon die Republikeine en Demokrate in die VSA ook nie n ooreenkoms bereik oor die begroting nie en op 30 September 2013 is sekere staatsamptenare gevra om nie te kom werk nie. Altesaam 850 000 werknemers is op verpligte onbetaalde verlof geplaas. Die laaste keer wat dit gebeur het was in 1995. Die sluiting van sekere staatsdepartemente sal beslis n impak op ekonomiese groei in die VSA hê en die grootte van die impak sal bepaal word deur hoe lank die sluiting voortduur. Die sluiting se impak op die ekonomie sal Bernanke nog iets gee om oor na te dink voordat hy kwantitatiewe verligting inperk. Die debat oor die begroting gaan gepaard met hoe die skuldplafon in die VSA hanteer moet word. Soos sake tans staan, bereik die VSA op 17 Oktober 2013 die plafon. As hulle dus nie voor die datum n kompromie bereik nie, kan die VSA tegnies nie sy skuld betaal nie. As u n gevoel van déjà vu kry is u heeltemal reg. Ons het presies dieselfde sepie gedurende Augustus 2011 sien afspeel. In daardie geval is n ooreenkoms eers op die dag bereik wat die skuldplafon getref is. Dus, terwyl die politici in die VSA soos tieners baklei, moet die hele wêreld maar geduldig asem ophou vir n wat hopelik n positiewe uitslag sal wees. Uiteindelik sal daar wel n kompromie bereik moet word, want die alternatief is ondenkbaar. Plaaslik was die stakingseisoen werklik intens en Suid-Afrika se derde kwartaal ekonomiese groei, asook die handelsbalans, sal beslis negatief deur die stakings beïnvloed word. Dit gaan my verstand te bowe dat ons jaar-na-jaar met dieselfde probleem sit en niemand n oplossing hiervoor kan vind nie. Elke keer as daar verhogings bo inflasie toegestaan word, verloor mense hul werk en dit wil voorkom of die stakings elke jaar erger as die voorafgaande jaar is. Nie net belemmer die stakings en die manier hoe daar gestaak word investering deur plaaslike maatskappye nie, maar dit skrik ook buitelandse beleggers af. Die mees onlangse voorbeeld hiervan is BMW wat sy plan om nog n BMW model in Suid-Afrika te vervaardig, laat vaar het. In dié geval is dit nie net die ontwikkeling van infrastruktuur wat in die slag gebly het nie, maar ook talle nuwe werksgeleenthede wat daarmee heen is. U sal vergewe word om te dink dat werkskepping vakbonde se eerste prioriteit behoort te wees. Dit is hoogtyd dat individuele belange, verskuilde agendas en die kortsigtigheid van vakbonde geïgnoreer word en dat dit wat vir Suid-Afrika as n geheel die beste is die enigste prioriteit word. Die mag van vakbonde is egter n strukturele probleem wat nog vir lank gaan veroorsaak dat werkloosheid voortduur om Suid-Afrika se grootste probleem te wees. Ongelukkig, met die huidige bedeling waar die regerende party se belangrikste alliansie vennoot n vakbond is, kan ek nie sien dat hierdie probleem vinnig aangespreek gaan word nie. 4
TABEL A: MARK OPBRENGS TOT 30 SEPTEMBER 2013 OPBRENGSTABELLE Bateklas Derde Kwartaal: 2013 12 Maande SA Aandele 11.23% 25.28% Hulpbron Aandele 19.69% 6.54% Finansiële Aandele 6.86% 22.45% Industriële Aandele 11.29% 42.15% SA Effekte 1.87% 3.15% SA Eiendom -1.31% 10.28% SA Kontant 1.25% 5.01% VPI 1.66% 6.43% Internasionale Aandele VSA$ 8.18% 20.21% Internasionale Effekte VSA$ 2.80% -2.64% Internasionale Kontant VSA$ 0.01% 0.06% Rand/Dollar 1.38% 21.97% TABEL B: VERSO MULTI BESTUURDER - OPBRENGSTE TOT 30 SEPTEMBER 2013 Derde kwartaal: 12 Maande 3 Jaar¹ Sedert Aanvangs¹ Portefeuljes 2013 Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Geldmark 1.28% 1.25% 5.16% 5.01% 5.43% 5.36% 6.76% 6.55% Inkomste Beplanner 1.47% 1.28% 6.23% 5.18% 6.47% 5.57% 8.37% 7.62% Beskermde Groei 4.19% 2.37% 11.64% 9.43% 9.47% 8.58% 10.59% 8.82% Gebalanseerde Groei 6.76% 2.60% 15.29% 10.43% 11.05% 9.58% 13.37% 9.97% SA Aandele 11.55% 11.23% 12.10% 25.28% 9.10% 18.32% 11.85% 17.09% Internasionale Aandele 8.90% 9.66% 44.74% 46.62% 23.56% 26.36% 12.27% 13.42% 1) Opbrengste langer as 12 maande is jaarliks 5
SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE INKOMSTE BEPLANNER BESKERMDE GROEI GEBALANSEERDE GROEI 6
VERSO SA AANDELE FONDS VERSO INTERNASIONALE AANDELE FONDS * Die Verso SA Aandele Fonds, asook die Verso Internasionale Aandele Fonds word as die aandeleboublok binne die ander Verso fondse gebruik. 7
ONS MARKSIENING U sou uit al my skrywes gedurende 2013 afgelei het dat Europa hierdie jaar glad nie nuuswaardig was nie en daarvoor is beleggers ongetwyfeld dankbaar. Die meerderheid van die nuus uit Europa was tot op datum relatief positief of ten minste minder negatief. Dit beteken ongelukkig glad nie dat Europa heeltemal buite gevaar is nie, maar daar is beslis tekens dat die Europese ekonomie besig is om te stabiliseer. Daar is egter verskeie faktore wat die ekonomiese herstel kan kniehalter. In die volgende jaar is daar n moontlikheid dat Portugal verdere hulp gaan benodig om sy skuldvlakke te stabiliseer. Of dit net nog n reddingspakket sal wees en of dit gepaard sal gaan met houers van Portugese staatseffekte wat, soos in die geval van Griekeland, dalk verliese sal moet realiseer, sal net die tyd ons leer. Die een Europese land wat nog nie werklik die nuus oor die afgelope vyf jaar gehaal het nie, maar wat beslis met talle probleme worstel, is Frankryk. Daar is verskeie tekens dat die land, sonder drastiese hervorming, dieselfde pad kan volg as die PIIGS lande. Die begrotingstekort wat vir 2013 verwag word kan by 4% gaan draai en dit, gepaardgaande met n totale skuld tot BBP verhouding wat onverpoosd na die rooilyn van 100% beur, voorspel niks goed nie. Die probleem met skuldvlakke is nie die enigste probleem wat die Franse moet aanspreek nie. Hul werkloosheidsyfer is tans 10.5% en meer as 25% van die jeug in Frankryk is werkloos. Ons sal die situasie noukeurig monitor en as die probleem groter risiko veroorsaak, sal ons die nodige stappe doen om ons kliënte se portefeuljes teen moontlike wisselvalligheid te beskerm. Selfs met die probleme wat die buiteland ervaar om van die naskokke van die 2008/09 krisis te herstel, bly buitelandse aandele ons voorkeur bateklas. Die grootste risiko vir plaaslike beleggers in die buiteland is egter dat die Rand kan versterk tot by sy beraamde pariteitsvlakke van R8.70/VSA$. Vanaf n vlak van R10/VSA$ is dit n 13% daling in die Randwaarde van buitelandse beleggings. Ongeag die risiko, bly buitelandse aandele die mees aantreklike bateklas. Plaaslik is die aandelebeurs in geheel baie duur en die hoë pryse word deur n handjievol aandele gedryf. Die vooruitsigte van die huidige hoë vlakke is nie te rooskleurig nie en ons verwagting is dat plaaslike aandele in totaal (dividende ingesluit) gaan sukkel om meer as 6% (oor die 12 maande tot 30 September 2014) te lewer. Die verwagting vir gelyste eiendom en plaaslike effekte is ongeveer dieselfde, terwyl geldmarkbeleggings waarskynlik weer net meer as 5% sal oplewer. Met die relatief lae verwagte opbrengs van die onderskeie bateklasse sal Verso Multi Bestuurder poog om enige wisselvalligheid in markte, tesame met goeie aandeel seleksie, ten volle te benut om sodoende die bes moontlike opbrengs vir ons kliënte te genereer. Kollektiewe beleggings is gewoonlik medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van winsdelende belange mag toe- óf afneem, en historiese prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse, en mag aandelebewys lenings aangaan. Vooruit pryse word gebruik. n Skedule met fooie en heffings en maksimum kommissies is beskikbaar op aanvraag van die maatskappy/skema. Kommissies en aansporingsbonusse mag betaal word, en indien wel, word dit in totale koste ingereken. Die Fonds mag gesluit word vir nuwe beleggers. n Fonds van fondse kollektiewe beleggings mag in ander kollektiewe beleggings belê, wat hul eie fooie hef en dus in n hoër fooiestruktuur vir sodanige portefeuljes mag veroorsaak. Grafieke en prestasiesyfers word bekom van MoneyMate vir enkelbedragbeleggings, insluitende inkomsteverspreiding, op n netto batewaarde-tot-netto batewaarde grondslag. Syfers sluit nie aanvangsfooie in nie. Inkomste word herbelê op die datum wanneer die belegger geregtig is op die dividende. Ware beleggingsprestasie verskil na gelang van toepaslike aanvangsfooie, beleggingsdatum en datum van herbelê van inkomste. Kollektiewe beleggings word bereken op n netto batewaarde basis, en ouditeursfooie, bankkoste en trust fooie word gehef op die portefeulje. Die portefeuljebestuurder mag tot en met 10% van die markwaarde van die portefeulje leen om ontoereikende likiditeit te oorbrug, in geval van die afkoop van winsdelende belange. Cape Town Head Office / Kaapstad Hoofkantoor P.O. Box 4300, Tyger Valley, 7536, Bellmont Office Park, Twist Street, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Fax: 021 917 4108 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 4300, Tygervallei,7536, Bellmont Kantoorpark, Twiststraat, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Faks: 021 917 4108 E-pos: info@verso-is.co.za Port Elizabeth Office / Port Elizabeth Kantoor P. O. Box 64099, Greenacres, 6057, 3 rd Floor, Fairview Office Park, 66 Ring Road, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Fax: 021 917 4110 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 64099, Greenacres, 6057, 3 de Vloer, Fairview Kantoorpark, Ring Road 66, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Faks: 021 917 4110 E-pos: info@verso-is.co.za Directors/Direkteure: CJ Franken, CP Burger, NE Burger, W Hugo, MJ Kift, AE de Waal, PK Louw, WW Borthwick Verso Multi Manager (Pty) Ltd, Reg No. 2001/005392/07 An authorised financial service provider, license no 381 8