GKSA NUUSBROKKIES. Sondag 11 November 2018 LIEF EN LEED

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tariewe

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SIZA takes the sting out of auditing

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Hoe om krag te spaar

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie.

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Helderstem. Op pad met. Het jy n storie?

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

19. Kerkargief en -museum

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Helderberg Fishers Community

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

24. TEOLOGIESE SKOOL EN OPLEIDING 24. THEOLOGICAL SCHOOL AND TRAINING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Sterdansers by Vensters.

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Tjaart van der Walt: slaaf van Christus δοῦλος Χριστοῦ

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

Rubriek vir skeppende werk

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

Transcription:

GKSA NUUSBROKKIES Sondag 11 November 2018 Beterskapwense LIEF EN LEED Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 10 November Mev P Cronjé (Petronel), eggenote van ds J Cronjé (Jaco) GK Aliwal-Noord 10 November Mev I de Jager (Isabel), eggenote van ds AP de Jager (André) GK Klerksdorp-Noord 11 November Ds BC Smit (Ben) GK Pretoria-Meintjeskop 14 November Mev R Boy (Ronalda), eggenote van ds N Boy (Neville) GK Thabazimbi 14 November Mev M Rossouw (Marietjie), eggenote van ds AJ Rossouw (Cobus) GK Daspoort 15 November Dr D Lartz (Deon) GK Edenvale Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 10 November Mev AM Badenhorst (Alet), eggenote van ds LJ Badenhorst (Lou) GK Rustenburg-Noordoos 10 November Mev JM Jordaan (Hanlie), eggenote van prof GJC Jordaan (Jorrie) TSP 11 November Mev HF Snyman (Drieks), weduwee van wyle ds JLJ Snyman (Lood) GK Vaalwater 11 November Mev ME Smit (Babs), eggenote van ds PA Smit (Peet) GK Daspoort 11 November Mev AMC du Plessis (Carin), eggenote van dr MJ du Plessis (Thinus) GK Bellville 11 November Ds JD Venter (Kobus) GK Vryburg 12 November Ds JH Jordaan (Johan) GK Vereeniging 13 November Mev EAM Venter (Ester), weduwee van wyle ds RV Venter (Roelof) GK Pietersburg 1

13 November Ds NW Ligthelm (Nic) GK Pretoria-Alkantrant 13 November Ds DPJ Erasmus (Danie) GK Jeffreysbaai 15 November Mev HM Venter (Drien), eggenote van ds JD Venter (Kobus) GK Vryburg Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6). Simpatie betuiging aan Ds Gert en mev Lydia Hattingh, emeritusegpaar van GK Randburg, wie se kleinseun Benjamin oorlede is. KERKLIKE ADMINISTRASIE Beroepe bedank Ds TJ van Vuuren (Tommie) van Heilbron na Durban-Noord Proponent Gerhard en Suné Janse van Rensburg met hul kinders, Iddo, Suriël en Migael Sel: 082 358 0919 E-pos: gerhardjansevr@hotmail.com PROPONENT BEROEPBAAR Beroepbaarstelling kragtens KO, art 11 Dr GJ Niemann (Gerhard) Sel: 082 050 9071 E-pos: dsgerhardn@gmail.com (Tot 31-12-2018) Ds JFK Mulder (Frikkie) Sel: 082 969 2659 E-pos: jfkmulder@gmail.com (Tot 30-11-2018) 2

STREEKSINODE VERGADERINGS Datum Streeksinode Vergaderplek Tyd 20 November 2018 Bosveld Potgietersrus 09:00 20 November 2018 Oostelike Benoni 08:00 20 November 2018 Pretoria Wierdapark 09:00 ADRESVERANDERING GK Cachet eredienste vind nou plaas by HOFFMANSTRAAT 28, Potchefstroom. Oggenddiens om 9:30 en Aanddiens om 18:00. Die volgende versoek is vanaf ds Lerato Sefadi ontvang GK Dobsonville is in the process of building a church due to deteriorating state of building. We are raising the funds through recycling of plastics, cans, boxes. We also collect money which we ask the congregants to save it for six months. However this is not enough as we are small congregation. We would like to plead with anyone who has building materials which is no longer in use to please donate. Those who are able to help may either phone me 078 010 7759, or phone mr Aluwani Ramaru on 079 870 0457 3

KERKLIKE TYDSKRIFTE Om in te teken: Kontak Angie Mokobi by tydskrifte@gksa.co.za of Tel 018 297 3986 4

FONDSINSAMELINGS / FUNKSIES / FEESVIERINGE Teologiese Fietstoer 2019 Baie jare gelede (149 jare om presies te wees), in die jaar 1869, het die Gereformeerde Kerke van Suid Afrika saam besluit: ons benodig n Teologiese Skool om predikante vir die kerke op te lei. So is die Teologiese Skool van die GKSA in November 1869 te Burgersdorp gestig. n Bietjie minder jare gelede, in die jaar 1905, is daar egter besluit dat die Teologiese Skool eerder in Potchefstroom behoort te wees, met die gevolg dat al die professore en studente met al hulle boeke en kundigheid verhuis het tot waar die Teologiese Skool nou in Potchefstroom is. Nog n bietjie minder jare gelede (49 jare om presies te wees), in die jaar 1969, het n groep studente besluit om die reis van Burgersdorp na Potchefstroom weer oor te doen, as Eeufeesherdenking aan die oprigting van die Teologiese Skool in Burgersdorp. Sodoende het n perdekommando van ongeveer 20 studente die roete vanaf Burgersdorp tot in Potchefstroom te perd afgelê. Nóg n bietjie minder jare gelede (geen jare gelede nie, om presies te wees), in die jaar 2018, het n volgende groep Teologiese studente besluit dat die roete wat afgelê is tussen Burgersdorp en Potchefstroom, vir n derde keer oorgedoen moet word. In 2019 word die 150 ste bestaansjaar van die Teologiese Skool herdenk, en wat is n beter manier om dit te doen as om in die spore van ons voorgangers te volg. Vandag se Teologiese studente is egter nie meer dieselfde as studente van 50 jaar gelede nie, en sal daarom nie die roete te perd kan voltooi nie. Daarom het ons dit goedgedink om die reis aan te pak met n vervoermiddel wat nie met ons kan weghardloop nie, en wat ons ook nie van hom kan afgooi nie. Daar is darem een ooreenkoms: net soos ons voorgangers van 50 jaar gelede, gaan ons ook die hele roete in n saal deurbring: maar die keer in n fietssaal. Nie baie maande van nou af nie (4 maande om presies te wees), op 21 Maart 2019, gaan n groep van ongeveer 20 studente en professore met hulle ysterperde vanuit Burgersdorp vertrek. Die afstand van 635 km sal oor 8 dae getrap word, sodat ons DV die 28 e Maart weer in Potchefstroom sal arriveer. Ons gaan by verskillende Gereformeerde Kerke op die pad stilhou om die 150 ste bestaansjaar van die Teologiese Skool ook saam met hulle te herdenk. Alhoewel ons al die energie en ywer het om vir meer as n week lank fiets te ry, benodig ons egter nog n verskeidenheid dinge sodat ons die toer lewendig sal kan voltooi. Om die rede wil ons graag vra dat, as iemand ons te hulp kan kom met enige fietsrytoerusting, fietsryklere, of net finansiële bystand, hulle met Dirk Meijer (084 488 5032) in kontak kan tree. Enige borge is ook baie welkom: ons sal graag fietsry met enige besigheid se advertensie op ons rûe! Sou iemand saam met ons die toer wou deurmaak, is hulle net so welkom om ons te skakel. 5

Ons skop die Kersfeesvieringe af deur n Kerskonsert te hou by twee woonstelblokke in die middestad. Daar is baie kindertjies en ouers wat elke jaar groot waardering het vir hierdie konsert. Ons kort asb hande hier om te help sing, saam speel indien enige iemand kan, projektor hardloop, Skrifgedeeltes lees, kerse en geskenkpakkies uitdeel. Dan hou ons ook n Kerskonsert by die Kinderhuis. Weereens geniet die kindertjies en oppassers elke jaar hierdie geleentheid. Vir meer inligting of om betrokke te raak, skakel asb vir Anculien Schoeman by 073 155 0806 of e-pos na anculienb@gmail.com GK STRAND vier op 17 November 2018 hul 45ste bestaansjaar. Gemeente gaan heerlik kuier met Bottomless Coffee band wat gaan optree. Indien enige omliggende lidmate wil saam kuier, kontak Hannelie by die Kerkkantoor 021 854 4584. 6

EERSTEJAARSKAMPE 7 TOT 11 JANUARIE 2019 GK CACHET 19 TOT 23 JANUARIE 2019 GK STELLENBOSCH 7

7 TOT 11 JANUARIE 2019 GK POTCHEFSTROOM-DIE BULT 8

Gereformeerde Kerk Randburg/Diepsloot Uitreik deur Nchafatso Training Programme Centre Nchafatso beteken Gereformeerd en dit is waarom ons hierdie opleidingsentrum so genoem het. Die sentrum is in Junie 2014 oopgemaak en is n geregistreerde GWO by die Departement vir Sosiale Ontwikkeling (GWO 137-376 en ook by SAID (PBO 930050693). Sedertdien het ongeveer 200 leerders al hulle studies hier voltooi. NCHAFATSO is in Diepsloot, in die noorde van Johannesburg, geleë en werk vanuit n gebou van GK Randburg. Dit is n gemeenskapsgebaseerde ondersteuningsbron binne die Diepsloot gemeenskap. Ons is deel van en dien Diepsloot. Nchafatso bied volwasse basiese onderwys en opleiding van Maandag tot Vrydag, 09:00-14:00, asook aandklasse van Maandag tot Donderdag, 18:00 tot 20:00. Hierdie program is met Benchmark en IEB (Independent Examination Board) geaffilieer wat by SETA geregistreer is. Nchafatso bied ook n ondersteuningsgroep aan jongmense wat verlies beleef het. Hierdie kinders word deur middel van die Rainbow Kids-program wat in Kanada ontwikkel is, gehelp. Dit is ondersteuning in terme van verlies as gevolg van dood, deur die egskeiding van ouers, deur ouers wat hulle verlaat, deur rondtrek van een provinsie na die ander en so hulle vriende verloor, ens. Nchafatso sal ook graag in die nabye toekoms vaardigheidsontwikkelingpro gramme aanbied, soos rekenaarvaardigheid, naaldwerk, teëllegging, loodgieterswerk, ens. Nchafatso verwelkom beide manlike en vroulike leerders, 18 jaar en ouer, daarop uit om n stap vorentoe in hulle lewens, deur middel van hierdie programme, te maak. Kontak asb vir dr Kwena Semenya op 073 228 8179, kwena@gkrandburg.org.za of Hanli van der Spoel op 083 362 8006, thvdspoel@telkomsa.net vir verdere inligting of donasies. 9

Reformasieherdenking by GK Ramotse, Hammanskraal 28 Oktober 2018 GK Mamelodi-West; Randburg/Diepsloot, Mmakau en Ramotse het hierdie jaar saamgekom om die Reformasie by GK Ramotse te vier. Net soos ander kerke en provinsies sulke vieringe gehou het, het bogenoemde besluit om hulle eie te hou. Meer as 250 lidmate (afgesien van die kinders) het die herdenking bygewoon. Dr Amos Sekhaulelo van GK Mmakau het die verrigtinge begin met n Skriflesing uit Nehemia 2:11-20 en toe n preek in verwysing daarna gelewer. Dr Kwena Semenya van GK Randburg/Diepsloot het toe die volgende tema ingelei: Hoe moet ons die gemeente en gemeenteleiers met mekaar omgaan. Lidmate is toe die geleentheid gegee om vrae oor die tema te rig. Kinders so jonk as vyf het saam met ds Oupa Nkoana van Ramotse van deur tot deur in die Ramotsegemeenskap gegaan om evangeliese groete oor te dra. Die gemeenskap was verheug om van die aktiwiteite by GK Ramotse te hoor. Dit het die seëninge van God deur die Gereformeerde lidmate aan die gemeenskap bevestig. Volgende jaar sal die Reformasie-vieringe DV by Diepsloot gehou word. 10

ONS MAAK KENNIS MET Ds Ben en Susan Fourie GK Kameeldrift Ben en Susan Fourie is getroud in 1982 na hulle mekaar baie beter leer ken het in die Puk-koor. Uit die huwelik is 5 kinders gebore. Elizma is in 1996 oorlede. Sy was die jongste. Drie van die ander is getroud. Uit daardie verbintenisse is reeds 5 kleinkinders gebore en n sesde een op pad. Reynold en sy vrou Vicki (werksaam Universteit) is predikantspaar in Bellville- Oos. Wilbrie en Annelize is op pad om in die Kaap te bly. Hy is n syferkundige en sy vrou n intrepeneur. Mareli is getroud met Hendrikjan Mosca. Hy is n bourekenaar en sy werk by n groot mynmaatskappy met menslike hulpbronne. Bennie is ongetroud en is in die filmwêreld betrokke. Susan was onderwyseres maar is eerder voltyds betrokke by baie aktiwiteite in die gemeente. Haar passie is mooima ak blomme, tafels, geleenthede. Ben hou van musiek om self te maak en te luister. Voorts: Sweiswerk en houtwerk en fotografie. As gesin is almal avontuurlustig en buitelewemense. Elke 2 e jaar is familievakansietyd en hoe meer ongerep hoe beter. Al die lede van die gesin het n 4x4 en dit maak dit uitdagend. Die Kameeldrift gemeente word reeds sedert 1986 deur Ben en Susan bedien. Hulle het hier begin en net nie die nut en nood gesien om aan te beweeg nie. Die gemeente is deels platteland en dit verleen unieke atmosfeer aan die aard van die bediening. Liefde gee en beleef is groot prioriteit. Dit geld vir almal. Daar is sterk fokus op die jongmense om hulle te aktiveer. Daar is baie voorskoolse kinders in die gemeente en daar word nogal gereeld gedoop watter voorreg. 11

Die gemeente is diep betrokke in uitreik in al die fasette van bediening. Jeugfokus, evangeliseringsfokus, opbou en groei is alles deel van die wesenlike beplanning van wat hier gebeur en is nie geskeduleer in verskeie kommissies nie. Ben is reeds sedert 1988 betrokke in opleiding van predikers en predikante eers by Hammanskraal tot sy sluiting en sedert 1998 by die Mukhanyo Theological College. Daar is sterk fokus op uitreik deur die gemeente self en dit gebeur in die plaaslike skole met weeklikse voedingsprojekte asook daaglikse voedsel vir 230 kinders in n nabygeleë plakkerskamp. Daar word ook Bybellesse gegee. Die jaarlikse damesoggend is al goed bekend en die Kinderhuise trek al die voordeel uit die fondsinsameling hieruit. Dit is n seën om in Kameeldrift te wees veral regdeur verskeie uitdagings wat Ben se gesondheid aanbetref. 12

NUUT OP DIE BOEKRAK 13

GEDAGTE VIR DIE WEEK Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Spreuke 3:5, 6 14

Die Almanak van die GKSA is propvol inligting: Dagstukkies (lettertipe groter as dié van 2018) Gemeente inligting Algemene inligting NUUT: QR-skandering wat padaanwysings na kerkgeboue op jou slimfoon toon Slegs R84.00 per eksemplaar (aflewering, posgeld en verpakking uitgesluit) Bestel by: bestellings@gksa.co.za Tel: 018 297 3986 Faks: 018 293 1042 Annah Leeuw besig met die verpakking van Almanak 2019 by die Admin Buro in Potchefstroom Almanak 2019 gereed vir verspreiding na die onderskeie streeksinodes en gemeentes 15