Voorwoord. Baie sterkte met die laaste bietjie van kop bo water hou. Ons glo en vertrou almal sal met vlieënde vaandels slaag.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

BenguFarm Bestelvorm

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Sterdansers by Vensters.

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Hoe om krag te spaar

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Rubriek vir skeppende werk

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIZA takes the sting out of auditing

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Dialoog en paragrawe *

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Interskole: waar kan ons verbeter?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

G. J. du Preez

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

'n publikasie van onsdorp.com Nommer September 2009

Tonga die olifant - 01 *

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Edgehog

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Kerssangdiens. SA Gemeente

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOFSTUK 4 KWALITATIEWE DATA-ANALISE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Die jaar se kaskar was

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Transcription:

Pythagoras

Voorwoord Dit is tyd vir die laaste uitgawe van die Pythagoras vir 2018. Ons het ook by ons belofte gehou en die tema van hierdie uitgawe is Trots Suid- Afrikaner. Ons het dit goed gedink omdat ons onlangs Erfenisdag gevier het. Ek hoop julle sal hierdeur nastalgies raak en herleef van waar ons vandaan gekom het. As ons, ons oë uitvee gaan dit vir party van ons voel of ons te veel hooi op ons vurke want dan is die eksamen hier. Maar voor ons, ons naels kou en koppe krap geniet eers die laaste uitgawe. In dié uitgawe is daar iets vir almal. Van mooi maak wenke vir n meisie tot boererate. Selfs ook woorde wat van die tong afrol en dalk net jou woordeskat sal vergroot of as jy gewonder het wat wou jou gunsteling onnie eintlik geword het, is dit ook hierin. Hierdie jaar het met n stinkspoed gevlieg en met die eksamen in ons midde is dit amper tyd om jou sokkies op te trek en skouer aan die wiel te sit. Of soos Mnr. Knoetze altyd sê kry gom aan die boude. Baie sterkte met die laaste bietjie van kop bo water hou. Ons glo en vertrou almal sal met vlieënde vaandels slaag. Redaktrise en Redakteur Klarissa van Zijl en Enrico Kitching.

Lip-lek-lekker boere sêgoed Ons gaan nou braai Al ooit daardie klug gehoor? Lekker man lekker. Dit is sommer net lekker om lekker te sê. Lekker woorde om te sê: ja, bollemakiesie, aangenamekennis, babbelas, jol, sarmie, koekeloer, gogga Magie vol ogies toe. Ons idiome is van die bestes! Nou-nou As mens daaraan dink maak dit glad nie sin nie. Nou beteken nou en nou-nou later? Maar ag wat, dit is lekker om te gebruik. Ja-nee Ons boeretaal is deurmekaar is dit nou ja of nee? Net ons sal onsself verstaan. Robot in plaas van verkeerslig Hoekom sal mens nou so ingewikkelde woord soos verkeerslig wil gebruik? Ag man Watter Afrikaanssprekende sê dit nie? Kaalvoet sokkie (om te sokkie sonder sokkies, nogal ironies?) Padkos Ons eie unieke woord wat geen ander taal het nie. Want dit is lekker om boere- Afrikaans te praat! Deur Hannelie Petzer Stephanie van der Merwe

Raai in wie het ek vandag by die Spar vasgeloop? In flippen almal! Ek't my bril by die huis vergeet! Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet. "Jannie, asseblief!!" sê sy ma. "Wag asseblief tot ons gebid het." "Ek hoef nie," sê hy dadelik. "Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons by die huis eet." "Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook." Boeregrappies Dit is die Engelse juffrou se eerste oggend in die klas op Porterville en sy sê: "Good morning class!" Net een outjie spring op en sê: "Good morning miss". Juffrou vra hom toe hoekom dan net hy geantwoord het. Sê hy: "Because I is the only one whose name are Klaas miss". Kallie vra vir Mike of hy dink Portugal ver van hier af is. Mike sê "hy glo nie, want op Laerskool was daar Portugese in sy klas, en hulle het sommer met hul fiets skool toe gery!" Die doodverliefde kêrel aan sy meisie: "Wat sal jy sê as ek jou vra om met my te trou?" Meisie: "Niks nie. Ek kan nie terselfdertyd lag en praat nie." Ek't nuwe masjien by gym probeer! Kon net 'n halfuur uithou toes ek naar, maar hy't nou vir jou alles..kit-kat, Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Deur Hannelie Petzer

Oumense het altyd baie raad vir alle kwale en skete en soms raak dit bietjie wild. Hier is ʼn paar boererate (die resepte is nie beproef nie): Om lipstiffie merke uit klere uit te haal, smeer tandepasta daarop, laat dit droog word en borsel dit af. ʼn Kuur vir swartkoppies: o Kook 2 eetlepels hawermout en laat dit afkoel. o Voeg ʼn eetlepel witwyn en die sap van een suurlemoen by. o Smeer oor jou gesig voor slaaptyd. As jy lei aan rowwe elmboë, sny ʼn suurlemoen middeldeur en sit vir ʼn half uur lank met elke elmboog in ʼn halwe suurlemoen gedruk. ʼn Doeltreffende gesigmasker: o Meng een eierwit met die sap van een suurlemoen en poeiermelk of hawermout. o Voeg ʼn teelepel heuning by en smeer aan jou gesig o Wanneer dit droog is, spoel dit af met suurlemoensap. Vir meisies met blonde hare is dit goeie raad om jou hare gereeld met suurlemoensap af te spoel. Dit help met vetterigheid en voorkom dat die hare verdonker. Dit keer ook dat jou hare uitval. ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: o Meng ʼn eiergeel met ʼn eetlepel olyfolie en die sap van ʼn halwe suurlemoen. o Vryf dit goed in jou kopvel in en spoel jou hare af met lou water en suurlemoensap. Geskraapte rou aartappels gee verligting aan brandwonde en trek die hitte uit. Deur Suené Wucherpfennig

Wees daai boertjie wat elke meisie soek. Ouens die is vir julle. Deesdae is elke meisie opsoek na n boertjie. En ongelukkig as jy nie aan sekere vereistes gaan voldoen nie gaan jy nie die meisie wat jy in die oog het se kop laat draai nie. Die eerste ding is jou outfit: - Kry vir jou n lekker paar vellies. - n Knopppies hemp. - En n kakie broek. Dan die tweede ding is jou manier: - Ontmoet die ouers voor julle eerste date. - Maak die der vir die meisie oop. - Trek die stoel vir die mesie uit. - As jy haar gaan optel stap een in en groet die ouers en doen dieselfde as jy haar aflaai. Of om nog punte bymekaar te maak, drink sommer n koppie koffie ook. - Belangrikste is dat jy die vrae werk doen by haar pa oor afsprake nie sy nie. Toestemming is jou afdeling. Die derde ding en die laaste is dat jy moet leer sokkie en twostep. Jy hoef nie n John Deere trekker te hê, n bakkie te ry of na boeremusiek te luister om die titel te besit om n boertjie te wees nie. Solank jy beleefd en boertjie byhart is sal jy daai meisie se kop laat draai en haar hart wen. Deur Klarissa van Zijl en Enrico Kitching.

Woorde wat lekker van die tong afrol 1) Bollemakiesie bo-le-ma-kie-sie -Jenél Storm 2) Karniffel ka-ni-fel 3) Lekkerbekkig le-ker-be-kag 4) Opsternaat op-ster-naat 5) Husse met lang ore hu-se-met-lang-o-re 6) Warrelwind wa-rel-wind 7) Aapstert aap-stert 8) Uilskuiken uils-kui-ken 9) Holderstebolder hol-der-ste-bol-der 10) Rodomtalie rond-om-ta-lie

n Reseppie vir die boer in jou Japtrap biltong deur Coert Visser Samg jy,ja jy!! Na n stukkie tuisgemaakte biltong maar jy het nie n biltong droër nie. Koel komkommer, die een is vir jou. Sommer so in die ope lug soos in die ou dae. Benodighede: +- 1.2 kg Hoë gehalte beesvleisstuk met n mooi lagie vet. Bruin druiwe asyn. Worcester sous. 1x200g Safari Biltong Seasoning of biltong speserye van jou smaak. Plastiek biltonghakkies. 1 Fan ek weet almal is jou fan as jy biltong het lol. Dis al! Voorbereiding: In n bak gooi 125 ml bruin druiwe asyn, nou n paar blertse Worcester sous by vir n helfte-helte mengsel. Sny nou die vleis in repies en doop dit in die mengsel, sprinkel daarna aan beide kante biltong seasoning, laat dan in die yskas staan vir 12 ure. Kies dan die koelste vertrek in die huis, verkieslik waar geen sonlig inkom nie. Span nou n draad of lyn waaier hoogte teen n muur sodat die wind terug kan stoot oor die vleis en lekker sirkuleer. Hak nou jou hakkies deur die dikste kant van die biltong-vleis en hang die vleis en sit die waaier op sy hoogste. Nou is dit net wag, maar dit is die wag werd. draai dan net elke 12 ure en binne vier dae is daai biltong joune. Deur

Wat is Afrikaans?? n Magdom beeldskone, dog vreemde klanke vorm in ons kele en spoel moeiteloos oor ons tonge. Ons droom in Afrikaans, praat in Afrikaans, leef in Afrikaans Ons raak soms eksoties; spice dit op met n knippie sout, n bietjie Frans. Maar Afrikaans bly Afrikaans. Ek loop in die skoolgange met die deuntjie van my daaglikse dosis Afrifrans in my ore, sit vir meer as 50 minute onder n stortvloed van eindelose sinne wat dateer reg uit n 1940 s digbundel Luister stomverbaas na die Engelse woorde wat spontaan uitglip, en verweef met ons taal; een word met Afrikaans. Maar dis alles okay: ons taal is soos n boom wat nooit ophou om te groei nie,hy raak al wyer, sterker, groei soms n bietjie krom onder druk van sekere elemente en verweef met sy omgewing. Hy buig en pas aan, kry nuwe blare Het jy al ooit gepeins oor waar die taal wat so heerlik op jou tong dans vandaan kom? Of het jy al ooit nagedink (of selfs net n vinnige gedagte gehad) oor waar Afrikaans nou eintlik vandaan kom? Afrikaans is een van die jongste tale ter wereld glo dit of nie! Afrikaans is vanjaar amptelik 93 jaar oud! Dit het egter oor n baie langer tydperk ontwikkel. Net om jou n bietjie perspektief te gee: Die vroegste vorme van Engels dateer terug tot 500 n.c. dit is meer as 1500 jare gelede! 1800 s FRIKAANS se wortels le oor die hele wereld verstrengel, die spesifieke invloede van A Europa, Asië en Afrika is duidelik identifiseerbaar in die Afrikaans wat ons vandag ken. In 1652 het die VOC ( se V O C ), n bekende skeepsmaatskappy van Nederland, n verversingspos (meh, pitstop) aan die Kaap gestig vir sy skepe op hul reis na en van die Ooste. Die mense aan die Kaap was van verskillende Europese lande afkomstig, byvoorbeeld matrose en die amptenary uit Nederland, vakmanne en huursoldate uit die Duitssprekende gebiede, Nederland en die Skandinawiese lande en die Hugenote uit Frankryk. Die taalbeleid van die VOC was baie streng aangesien hulle die Hollandse karakter van die Kaap wou behou, daarom is die mense almal verplig om Hollands aan te leer. Dit het ook gegeld vir die Khoi-groepe in die omgewing en die slawe wat uit Afrika en die Ooste ingevoer is. Die resultaat van hierdie beleid was n aanleerderstaal waarvan Hollands die teikentaal was. Party navorsers verwys hierna as n Kreoolse (gemengde) taal. Reisigers het reeds in 1671 aangeteken dat die Hollands wat aan die Kaap gepraat word nie meer soos die taal van Europa klink nie. Die skryftaal was egter nog dieselfde. Teen die middel van die 18de eeu, was Afrikaans as n nuwe taal met n eie identiteit reeds aan die Kaap gevestig. Dit is Kaaps-Hollands genoem, maar het in party streke ook ander name gehad. In die 19de eeu het Afrikaans in kontak gekom met Engels en die tale van die verskillende swart groepe in die binneland. Hierdie tale het ook n invloed op die ontwikkeling van Afrikaans gehad. Afrikaans is steeds aan die verander met die uitbreiding van verskillende dialekte en die toevoeging van al meer en meer geleende woorde. Wie weet,oor 20 jaar word daar dalk na ons meer moderne manier van Afrikaans praat, verwys as histories en rol ons kinders hul oe uit hul koppe uit as ons nog praat van n kafee, n vlooimark of selfs n varktjoppie! Deur Haniah Bahnsen

MOOI MAAK TIPS VIR N BOEREMEISIE: deur: Chanè Griesel Is jy n meisie wat kaalvoet loop, beesmis facials vat of dalk n grasie pluk en eet langs die pad? Dalk sien jy n John Deere trekker as jou Ferarri, dra stewels as sandale? En sien die woord make-up as n woord uit n franse handbook? (AS jy op enige van die vrae hierbo (JA) beantwoord het, is hierdie artikel spesiaal vir jou) Jy word gevra op n date/aandjie saam vriende uit. Hier volg n paar wenke wat jy kan volg: 1. Hare As jy nie iemand vir los hare is nie, kan n hoë poniestert ook die ding doen (dit lyk altyd elegant en is baie praties) 2. Make-up LESS IS MORE Basics is onderlaag, maskara en lipgloss. Begin met onderlaag: wend (slegs n klein bietjie) aan regoor gesig en blend dit mooi in. Maak seker jy het nie bushy eyebrows nie, gaan so dus tenminste maandeliks vir n wax/treading (REMEMBER: ITS PAINFUL TO BE BEAUTIFUL) Sit so dus maskara op jou eyelashes wees versigtig sodat dit nie smudge nie.. Met lipgloss moet jy natuurlike klere gebruik Shocking pink is n NO-GO!! Gebruik eerder kleure soos lig pienk/nude.. (onthou die is net die basics vir make-up, sodra jy die onder die knieg het kan jy begin eksperimenteer met eyeliner, eyeshadow, blush,ens. :: PRACTISE MAKES PERFECT) 3. Outfit Los die checkhempie by die huis, n mooi hemp en broek sal beslis die ding doen en vir iets meer romanties bv. N piekniek kan n oki-rokkie werk.!!!nb!!! Jy lyk mooi as jy mooi voel, so gaan nou en dan vir n draffie, doen oefeninge (okey, doen net genoeg om jou gewete te sis), volg n geballenseerde dieet (ek bedoel nie net slaai nie, n sjokoladetjie nou en dan sal nie te veel skade doen nie) PLAIN JANE ek hoop hierdie paar tips kan jou help.

Wanneer jy weet dat jy gaan wen Deur Monique Potgieter

Wat wou onnies eintlik word? Het jy al ooit gewonder wat onderwysers sou word as hulle nie onderwysers was nie? Hier is n paar onderwysers se tweede opsie as beroep: Juffrou Müller wou baie graag n lugwaardin word wat die wêreld vol reis. Blykbaar moes lugwaardinne n sekere look gehad het en juffrou Müller was heeltemal te kort vir dit. Juffrou Coetzee het gesê dat sy geen ander werk sou wou hê as die werk wat sy nou het nie, maar as sy nie n onderwyser kon wees nie sou sy n wedding planner wees. Juffrou Nel sou n verpleegster wees, omdat sy vir baie mense sou kon omgee en ook oor die pragtige uitrustings, soos sy dit gestel het, maar toe sê haar pa vir haar daar is nie geld in verpleging nie en sy word toe n onderwyser. Juffrou Smit het gesê dat dit moeilik is om n ander beroep te kies as jy klaar doen wat jy graag wil, maar sy sou n travel writer wees wat die wêreld rondtoer en dan haar ervaringe deel met ander. Juffrou du Plessis sê dat sy in n biker gang sou wees wat leerbaadjies dra en wat rondtoer en forensiese ondersoeke doen waar sy ookal is. Deur Chanel van Eck

Graad 11 Kamp 2018 Die matriekvoorbereidingskamp waar kan ek begin? As iemand my vra hoe ek die kamp ervaar het sou ek met eerlikheid kan sê dat dit n amazing opvoedkundige kamp was met hope herinneringe wat nooit vergeet sal word nie. Na n lang dag van skool was ons uiteindelik oppad. Die atmosfeer op die busse was vol enrgie en opwindendheid waar die kinders onophoudelik gepraat en gelag het. Met ons aankoms was die vrolike atmosfeer dadelik getempt met die woorde meisies verwyder alle make-up en seuns handig maar die biltong oor. Nadat ons in spanne en kamers in gedeel was het ons met spanbou aktiwiteite begin wat hope geduld geverg het! Op dag 2 het die meeste van die kinders hulle leeftyd se oefening in gekry, toe ons meer as 5 km gestap het om n vlot te bou, pyl en boog te skiet en die hindernisbaan te voltooi. Die fasiliteerders het sonder dat hulle besef ook deel geword van ons herinneringe met die woorde why are you running? en die robot oefening wat geen meisie of seun sal vergeet nie. Natuurlik het van die kinders ook hulle eie herinneringe geskep met die konsert wat gehou was en die laat aand se wandeling na die meisies se kamer waar n sekere iemand Mnr. Bezuidenhout as n kind raak gesien het. Hopelik weet hy nou wie Mnr. Bezuidenhout is Die hoogtepunt van die hele kamp was sonder enige twyfel die matriekdas seremonie waar ons ingelei was as volgende jaar se leiers van die skool. Ek dink ek praat vir almal as ek se dat die realiteit nog nie ten volle ingesink het nie, maar dat ek dit met niemand anders as met julle ZERBERS wil aanpak nie. Geskryf deur Neo Majoro

NIE JOU MA SE MACARENA NIE Melissa Jackson KAMERAS,LIGTE,AKSIE! Met baie bloed,sweet en harde oefening is NIE JOU MA SE MACARENA uiteindelik op die planke gebring! Te danke aan Juffrou BEKKER, organiseerder, Meneer JACOBS en Juffrou SCHWARTZ, skrywers, al die onderwysers wat gehelp het met die danse en natuurlik ook Chantel, die danschoreograaf is daar n reuse sukses van die verhoogproduksie gemaak... Natuurlik het dit nie maklik gekom nie en was die musical omtrent met n maand vervroeg en het die spanning hooggeloop om alles betyds klaar te kry. Maar danksy ons gesoute akteurs en aktrises het hulle hulle deel sommer tjop tjop afgehandel en hul uitstekend van hulle taak gekwyt. Behalwe die pret wat jy op die verhoog het, bou jy ook nuwe vriendskappe en het ongelooflik baie pret backstage. Ongelukkig was dit die Gr.11s en matrieks se laaste musical, maar dit was n belewenis en raai ek enige tyd iemand aan om hieraan deel te neem, indien hulle die kans kry!

KOOR: WELKOM BY DIE KOOR VAN HOëRSKOOL DRIEHOEK! SO, waar begin n mens? Daar is soveel wat die koor algedoen het in die jaar alleen: Wêreld Koor kompetisie, Kunstefeeste, koorfeeste, koorkamp, insamelings en nog soveel ander! n Paar interessante feite: Ons het n silwer diploma, vlak 3 gekry by die wêreld koor olimpiade. By die kunstefeeste (2017-2018) het ons vele toekennings gekry: o 2 A++ o 3 A+ o 1 A o 1 B+ Ons het al in totaal by 11 verskillende onthaalplekke opgetree. Die koor staan op 63 lede. Ons het 4 versillende afrigters: o Tannie Dalien Ahlers -Hoof afrigter o Juffrou Mynhardt -Pianis o Tannie Yoloanda Ox -Alte en Backup vir enige en alle gevalle o Meneer Jacobs -Tenore en Basse Ons koor is 4 5 stempartye o Eerste soprano o Tweede soprano o Alte o Tenore o Basse Ons hoop dat ons koor sal groei en ons weet dat daar vordering sal wees. Daar is baie wat nog op ons wag en ons weet dat die skool agter ons staan. Deur Shani Botha

SQUASH -KLARISSA VAN Zijl Enrico Kitching Soos wat dit vir ons lyk moet jy verstrooid wees om aan die Eerste Squash span se vereistes te voldoen. Die mees kenmerkendste eienskap van die span is voor n wedstryd hardloop almal rond om hulle spanmaats op te spoor of bel dié wat laat is. Individuele interessante feite: Markus: Trek die snaakste aan vir n wedstryd, iets soos n pienk broek en lang louse. Hy is ook onoorwonne. Madjone: Beste skeidsregter. Kyla: Laat die matriekouens skaam kry as hulle teen die kortste gr.8- meisie verloor. Ian: Word die meeste uitgehaal in die span. Natasha: Sarkasme baas en Ian is die een wat onder dit lei. Bonus feit/vraag: Wie het die meeste beginnersluck? Ian, hy s die enigste beginner.

5 VINNIGE FEITE OOR FAST 5 1. Daar speel net 5 spelers op n slag wat nie noodwendig vinnig hoef te wees nie, maar verkieslik fiks. 2. Daar word 4 kwarte van 5 minute elk gespeel. 3. Die reëls vir netbal geld dieselfde vir Fast 5. 4. Daar kan 1, 2 of 3 punte per doel aangeteken word, afhangende van hoe vêr daar af gedoel word. 5. Daar word een kwart per span as powerplay gekies en in daardie verkose kwart, word dubbel die punte per doel verkry. -ANNEMARIE SAAYMAN

LANDLOOP 2018 Deur Megan Geel Dit is verseker nie net hardloop nie! Al dink almal só. Landloop gaan oor om inspirasie te kry om té hardloop.ander mense sê hulle hardloop net as iets hulle jaag.terwyl landloop atlete vir die pret hardloop. Hoogtepunte van die landloopkamp: Een van dié lekkerste kampe ooit! Elke dag na n harde oefening swem landlooplede. Daar is harde oefeninge in die oggend en middag. Na n lang dag kuier ons al té lekker om die vuurtjie. Daar is selfs n staproete op die koppie en ook n supertube om die dag verder te geniet. Dis nie net harde oefeninge nie,maar ook vet pret! n Paar interessante feite oor landlooplede: Monique Benade (Wortel)- Ek eet baie! Wilmien Visser- Ek is baie flexible. Michael Macdonald- Ek hou van rap songs. Tiffany Berekenbush- Mense sê ek s n ekstrovert maar ek is eintlik n introvert. Megan Geel- Wie weet, ek lag baie! Cameron Tabasco- Hulle sê klein botteltjies groot gif! Monique v.d. Westhuizen- Ek het 14 honde. Enjé Roets- Ek is mal oor hardloop!