This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

Similar documents
Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Tariewe

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Rut: n Liefdes Verhaal

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Finansieel Gesproke 1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Tariewe

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

SIZA takes the sting out of auditing

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

NUUSBRIEF JUNIE 2008

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

RAADSLEDE / COUNCILLORS

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

OLD MUTUAL UNIT TRUSTS BELASTINGVRYE BELEGGING: KOOPVORM

Stigterslid en assosiaat van FINSOLNET

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

INSKRYWINGSVORM

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Gefokus, standvastig en oopkop

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Dit gaan alles oor kommunikasie

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Transcription:

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds NUUSBRIEF This newsletter is also available in English. Please send email to rwvs@sun.ac.za to request an English copy. Maart 2010 Volume 16 1. Inligting oor beleggingsprestasie: 2009 6. Voordeelstaat soos op 31 Desember 2009 2. Laagste rentekoerse in jare: wat beteken dit vir u? 7. Benoemingsvorms vir begunstigdes 3. Veranderings aan reëls 8. Bestuur van die fonds 4. AF Online 9. Die fonds se diensverskaffers 5. Verkryging van gesonde finansiële raad 10. Belangrike kontakbesonderhede Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit Stellenbosch Aftredefonds reeds ondersteuning in hierdie verband ontvang, bly dit n tweerigtingproses met die fonds waarin u vir u toekoms beplan. Hierdie jaarlikse nuusbrief sal u inlig oor die fonds se beleggings, die bestuur van die fonds en ander nuus wat dit beïnvloed, soos veranderinge aan wetgewing. Neem die tyd om hierdie nuusbrief te lees. U moet uself toerus met die essensiële inligting om u aftrede na n vlak te neem waar u gemaklik kan leef en die latere jare van u lewe geniet. 1. Inligting oor beleggingsprestasie: 2009 Die jaar 2009 het sy hoogtepunte en laagtepunte gehad: Suid-Afrika het n resessie beleef (twee opeenvolgende kwartale van negatiewe ekonomiese groei). Die G20 het reuse finansiële hulp-pakkette aangekondig om hulle ekonomieë te help. Miljoene mense die wêreld oor het afdanking in die gesig gestaar. Ten spyte van hierdie gebeure, het ons plaaslike aandelemark n opbrengs van 32.1% vir die jaar getoon, en ons sien tans tekens van herstel in die globale ekonomie. 2010 is uiteindelik hier! Die FIFA Wêreldbeker sal in Junie plaasvind en daar word gehoop dat die toernooi die ekonomie, sowel as die land se aanloklikheid vir toeriste sal ondersteun. Die probleem is egter dat Suid-Afrika nog steeds gekwel word deur diensleweringskwessies, n verbrokkelende onderwysstelsel en n hoë misdaadsyfer. Die regering sal n beginsel van verbeterde dienslewering en streng interne beheermaatreëls moet aanneem om met hierdie kwessies te hanteer. Globaal Aandelemarkte % styging 31 Desember 2008 31 Desember 2009 Plaaslike geldeenhede Argentinië Turkye Brasilië Sjina (SSEA) Singapoer Thailand Venezuela Hong Kong Mexiko Australië Duitsland Frankryk Britanje Japan (Nikkei 225) VSA (Dow Jones) Bron: Thomson Reuters Op die globale front is China die land om dop te hou, aangesien dit onlangs Duitsland verbygesteek het as die wêreld se grootste uitvoerder. Die dien as bewys van sy toenemende mag in die wêreldmarkte. Wêreldwyd het aandelemarkte ook herstel, soos in die grafiek links gesien kan word. Die risiko van emosionele belegging Die herstel in 2009 wat op die swak prestasie in 2008 gevolg het, wys ons dat daar n behoefte is vir aftredefondslede om n behoorlike begrip te hê vir die wisselvalligheid in beleggingsprestasie van effektemarkte. Indien daar aan die begin van 2009 na n konserwatiewe portefeulje geskuif is, wat uit n emosionele oogpunt n baie aanloklike skuif sou gewees het, sou n belegger die kans verloor het om 2008 se verliese te herwin.

Markaanwysers Die volgende tabel toon die jaarlikse prestasie syfer van die sleutel markaanwysers (aandele, effekte en kontant, beide Suid-Afrikaans en globaal) oor verskillende tydperke. Die doel van hierdie syfers is om n oorsig te verskaf van hoe die markte presteer het, beide onlangs en oor die langer termyn. Bateklasse 2009 2008 2007 3 jaar tot Desember 2009 5 jaar tot Desember 2009 Plaaslike aandele 32% -23% 19% 7% 20% Plaaslike effekte -1% 17% 4% 6% 7% Plaaslike kontant 9% 12% 9% 10% 9% Wêreldaandele * 4% -19% 6% -4% 8% Wêreldeffekte * -18% 50% 8% 9% 10% Wêreldkontant * -20% 38% 2% 4% 9% * Let asseblief daarop dat die opbrengste vir die globale bateklasse van dollar in Rand omgeskakel is. Die verandering in wisselkoerse het dus n beduidende effek op hierdie syfers. Daarbenewens is die globale kontantopbrengs die Amerikaanse drie-maande skatkiswissel. Hoe het die Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds presteer? Die fonds het bestendige beleggingsprestasie gelewer en n opbrengs van 17.2% p.j. is gelewer oor die vyfjaar-tydperk tot 31 Desember 2009 aan lede wat in die normale gebalanseerde portefeulje belê was. Oor die korter termyn het die fonds n opbrengs van 17.1% gelewer oor die een jaar tot 31 Desember 2009. Die trustees monitor die prestasie van al die beleggingsbestuurders op n voortgesette basis om te probeer verseker dat die lang termyn beleggingsprestasie in lyn is met of selfs beter is as die onderskeie maatstawwe. Die tabel hieronder illustreer die fonds se portefeulje opbrengste vir die tydperk tot 31 Desember 2009, tesame met n vergelyking van die beleggingsprestasie van ander bestuurders in Suid-Afrika. 1 jr (p.j.) 3 jr (p.j.) Plaaslike Bates Allan Gray 19.9% 9.4% Coronation 28.2% 10.2% Foord 22.0% n/a Prudential 22.0% n/a Mediaan plaaslike bestuurder 23.8% 8.2% Top kwartiel plaaslike bestuurder 24.1% 8.7% Internasionale Bates Allan Gray (Internasionaal) -5.0% 6.8% Internasionale indeks-maatstaf 1-2.7% 0.3% Totale fonds* 17.1% 8.8% Mediaan bestuurder (plaaslik en 19.3% 6.2% internasionaal) Inflasie 6.3% 8.3% Nota: *Die totale fondsopbrengste is netto van beleggingskostes. Die grootste gedeelte van die bates van die fonds word in gebalanseerde beleggingsportefeuljes belê. Allan Gray, Coronation, Foord en Prudential is die batebestuurders wat aangestel is om die plaaslike gedeeltes van dié beleggingsportefeuljes te bestuur. Die internasionale bates word ten volle deur Allan Gray Orbis bestuur. 1 Die maatstaf word bereken as 70% van die MSCI World Index en 30% van die Global Bond Benchmark. (Die Global Bond Benchmark is die geweegde gemiddeld van 40% Citi WGBI en 60% Lehman Global Aggregate.)

Op 31 Desember 2009 het die gebalanseerde beleggings van die fonds R1,429,540,960 beloop en is dit soos volg belê: Allan Gray : R441,584,988 Coronation : R327,127,735 Foord : R196,996,979 Prudential : R207,906,691 Allan Gray Internasionaal: R255,924,567 Die totale bates in die twee kapitaalbeskermingsportefeuljes 2 het op 31 Desember 2009 soos volg daar uitgesien: IS FullVest : R 5,239,054 IS Banker : R39,208,390 Huidige beleggingsopsies Die meerderheid lede van die fonds word in die fonds se gebalanseerde portefeulje belê. Lede kan egter ook kies om die Individuele Beleggingsplan roete te volg, waar hulle met behulp van n finansiële adviseur n persoonlike beleggingsportefeulje kan saamstel. Laastens het lede wat ouer as 53 is die keuse om hulle fondskrediete gedeeltelik of ten volle in die kontantportefeulje te belê (die kapitaalbeskermingsopsie). Sekere kostes en voorwaardes geld indien lede bogenoemde keuses uitoefen. Net om die geheue te verfris: in terme van die lewensfasemodel word lede outomaties en geleidelik na die kontantportefeulje geskuif in die jaar waarin hulle 63 word (sou hulle nie gekies het om in die fonds se gebalanseerde portefeulje of een van die ander beleggingsopsies wat vir hulle beskikbaar is, te bly nie). Aan die einde van die jaar waarin hierdie lede 65 word, sal ongeveer 50% van hulle fondskrediet in die gebalanseerde portefeulje en 50% in die kontantportefeulje belê wees. 2. Laagste rentekoerse in jare: wat beteken dit vir u? In Augustus 2009 het die Reserwebank se Monetêre Beleidskomittee baie mense kenners en die algemene publiek verras toe rentekoerse met 50 basispunte verlaag is. Gevolglik het kommersiële banke die prima uitleenkoers tot 10.5% verlaag. Hierdie is die verwysingskoers vir baie mense se kredietkaarte en verbande. Oor die algemeen is daar twee maniere om met die besparing om te gaan wat die rentekoersverlagings meegebring het: 1. U kan meer geld in u sak sit (nooit n slegte ding nie!) as u u maandelikse verbandpaaiement volgens die laer rentekoerse verlaag 2. U kan die verbandpaaiement hou waar dit was en ekstra geld in u verband inbetaal, en sodoende die verband vinniger afbetaal Die berekeninge Kom ons kyk n bietjie na n huishouding wat n huislening van R500 000 maandeliks oor 20 jaar afbetaal. Situasie 1: U verminder u maandelikse verbandpaaiement volgens die jongste rentekoerse. U het elke maand n ekstra R170.04 in die sak. Dit is gelyk aan n ekstra R2 040.48 per jaar. U sal nie u verband vinniger afbetaal as die oorspronklike term van 20 jaar nie. Rentekoers 11% 10.5% Verskil in u sak: Maandelikse paaiement R5 160.94 R4 991.90 R169.04 elke maand 2 Die Investment Solutions (IS) FullVest portefeulje het vroeër gedien as die beleggingsmedium vir die kapitaalbeskermingsopsie en is in November 2004 met die IS Banker portefeulje vervang.

Situasie 2: U hou u verbandpaaiement soos wat dit voorheen was en betaal ekstra in die verband in, en betaal die verband dus n bietjie vinniger af. Maandelikse paaiemente Totale paaiemente Rentekoers 11% Rentekoers 10.5% Totale besparing deur die paaiemente teen die vorige koers te hou: R5 160.94 R4 991.90 R123 735.40 (maar u betaal meer in) (gelyk aan twee jaar se paaiemente) R1 238 625.60 (oor R1 114 890.28 20 jaar) (oor 18 jaar) 3. Veranderings aan reëls Elke aftredefonds se stel reëls moet by die Registrateur van Pensioenfondse (FDR) geregistreer word en deur die Suid- Afrikaanse Inkomstediens (SAID) goedgekeur word. Veranderinge aan hierdie reëls moet ook met die Registrateur van Pensioenfondse geregistreer word en deur SAID goedgekeur word. Die volgende twee veranderings aan die reëls is in die afgelope jaar aan die FDR en die SAID voorgelê: Nr Doel Effektiewe datum 4 Om die reëls by te werk om die bepalinge van veranderinge 1 Junie 2009 in wetgewing te inkorporeer Om die reëls met huidige administratiewe beste praktyk te belyn Om die behoud van aftredefondsvoordele te bevorder van lede wat geaffekteer mag word deur n oordrag van besigheid ingevolge Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge en om die opsies wat aan sulke lede beskikbaar is, te verduidelik. Goedgekeur: FDR 22 Okt 2009 Goedgekeur: SAID 5 Nov 2009 5 Om die definisie van Kwalifiserende Eggenoot uit te klaar Om u toe te laat om bykomende vrywillige bydraes tot die fonds te maak. 1 Des 2009 24 Feb 2010 12 Maart 2010 Die reëls kan by die fonds se geregistreerde adres besigtig word. 4. AF Online Lede word weereens aan AF Online herinner. AF Online is n interaktiewe webgebaseerde finansiële portaal tot die fonds wat n magdom van inligting verskaf om u op die pad na finansiële sekuriteite te lei en help. Onder die onderwerpe wat gedek word, is: Beleggings Persoonlike finansiële beplanning Finansiële gereedskap en berekenaars Motor- en huishoudelike versekering Dit is moontlik om via die AF Online webblad, www.afonline.co.za, aanlyn op datum te bly met u beleggingsinligting en fondsvoordele. Voordat u vir die eerste keer inteken, sal u gevra word om te registreer. Die registrasieproses word duidelik op die webblad uitgestippel. Ná u suksesvolle registrasie sal u n gebruikernaam en wagwoord ontvang waarmee u kan aanteken. U kan ook die Alexander Forbes Inbelsentrum by 0860 103 871 kontak vir bystand.

5. Verkryging van gesonde finansiële raad Indien u beplan om van n finansiële adviseur gebruik te maak, kan u die volgende punte in aanmerking neem: Vra die finansiële beplanner uit oor sy of haar kwalifikasies. Vind uit wat die finansiële beplanner se dienste insluit. Dit is byvoorbeeld belangrik om gereeld terugvoer te kry. Die beplanner moet ook die vereistes van die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangersdienste (FAIS) nakom wat byvoorbeeld riglyne verskaf oor analises wat die beplanner moet uitvoer om u finansiële behoeftes te verstaan en oor die openbaarmaking van en ooreenkoms oor die beplanner se tariewe. Die beplanner moet baie verskillende oplossings vir u kan verkry, ideaal gesproke vanaf verskillende maatskappye, en mag u ook nie forseer om n spesifieke oplossing te kies nie. Dit is belangrik om met n gesertifiseerde finansiële adviseur sake te doen (verkieslik een wat met n Gesertifiseerde Finansiële Beplanner kwalifikasie geakkrediteer is) wanneer u u aftredebeplanning doen. Geakkrediteerde finansiële adviseurs is toegerus met die nodige kennis om u van veilige en gesonde advies te bedien. Besoek gerus die webblad van die Finansiële Beplanningsinstituut (www.fpi.co.za) om uit te vind of n finansiële beplanner gesertifiseer is al dan nie. 6. Voordeelstate soos op 31 Desember 2009 Saam met hierdie nuusbrief het u u jaarlikse voordeelstaat ontvang wat besonderhede verskaf van die bydraes wat namens u aan die fonds betaal is, en die waardes van u uitdienstredings-, sterfte-, ongeskiktheids- en aftreevoordele is op die datum van die staat. Lees asseblief noukeurig deur u staat en kontak Robert van Staden (rwvs@sun.ac.za) indien enige veranderinge aangebring moet word. 7. Benoemingsvorms vir begunstigdes n Benoemingsvorm vir begunstigdes word saam met hierdie nuusbrief versprei. Drie belangrike stappe in die voltooiing van u benoemingsvorm vir begunstigdes Stap 1: Lys al u afhanklikes Al u afhanklikes moet op die vorm genoem word, m.a.w.: o Gade en kinders (jonger en ouers as 18 jaar) o Enigiemand anders wat tans finansieel van u afhanklik is o Onderhoudsooreenkomste Stap 2: Dui n persentasie aan vir elke persoon U moet die persentasie van die voordeel wat aan elke afhanklike betaalbaar is, aandui. Dit kan selfs 0% wees. Waar dit 0% is, moet n rede verskaf word, bv. afhanklike werk voltyds en is nie finansieel van my afhanklik nie of afsonderlike versekeringspolis in plek vir hierdie afhanklike. Indien u nie al u afhanklikes noem nie, kan die uitbetaling van die voordeel vertraag word. (Buite-egtelike kinders word ook as afhanklikes beskou.) Stap 3: Benoem n begunstigde U mag ook ander begunstigdes benoem, selfs die plaaslike Dierebeskermingsvereniging! Dit is BAIE BELANGRIK dat u hierdie vorm bywerk elke keer dat u lewensomstandighede verander, soos met n huwelik of die geboorte van n kind. Verskaf altyd volledige kontakbesonderhede van u begunstigdes. As dit nie gedoen word nie kan uitbetaling vertraag word.

8. Bestuur van die fonds Elke aftredefonds word deur n raad van trustees beheer. Die trustees wat deur die werkgewer aangestel is, word deur die Universiteit Stellenbosch aangestel en dié wat deur die lede aangestel is, word deur die verskeie werknemerorganisasies verkies. Die volgende persone dien tans op die Raad van Trustees van die fonds: Trustees deur werkgewer aangestel Trustees deur lede aangestel 3 Hoofbeampte Prof JU de Villiers Prof JD Krige Mnr J Fouché Prof JF Smith Prof L van Huyssteen Mnr L Burrows Mnr MC de Jongh Mnr PW Kloppers Mnr J Kotzé Voorsitter Prof JD Krige (waarnemend sedert 1 November 2009) 9. Die fonds se diensverskaffers Die trustees het verskeie diensverskaffers aangestel om seker te maak dat die fonds op die beste manier moontlik bestuur word. Die diensverskaffers van die fonds is soos volg: Aktuarisse en konsultante Diens Verskaffer Opsomming van funksie Alexander Forbes Finansiële Dienstes Om die trustees te help en te lei in die bestuur van die fonds en om nakoming van aftreefondswetgewing te verseker. Om die finansiële posisie van die fonds te ondersoek en daaroor verslag te doen. Administrateurs Alexander Forbes Finansiële Dienste Lopende rekordhouding, belê van bydraes, uitreiking van voordelestate en betaling van voordele. Ouditeure PriceWaterhouseCoopers Om die jaarlikse oudit van die fonds se rekenings uit te voer en verslag te doen oor sekere vereistes soos deur die Registrateur van Pensioenfondse bepaal. Bankiers Standard Bank Dit is die bank waar die fonds sy rekenings het, waaruit en waarin fondsgelde betaal word. Versekeraars Capital Alliance, Old Mutual & Sanlam Om groepslewensversekering en permanente gesondheidsversekering (sterfte- en ongeskiktheidsvoordele) te verskaf. Beleggingsbestuurders Allan Gray, Coronation, Foord, Prudential & Investment Solutions Om die fonds se bates volgens die mandaat wat deur die trustees uiteengesit is, te bestuur. 10. Belangrike kontakbesonderhede MH-departement Fondskonsultant Pensioenfondsberegter (PFB) Japie Kotzé Tel.: 021 808 2754 Faks: 021 808 4983 E-pos: jjsk@sun.ac.za EN Robert van Staden Tel.: 021 808 4822 Faks: 021 808 2484 E-pos: rwvs@sun.ac.za Alle eise of fondsnavrae moet via die MH-departement gedoen word. Theo van Wyk Tel.: 021 809 3723 Faks: 021 809 2898 E-pos: vanwykt@aforbes.co.za 2 de Verdieping, Sandown House Sandton Close 2 Sandton 2196 E-pos: enquiries-jhb@pfa.org.za Lede mag die PFB nader indien hulle klagtes nie voldoende deur die fonds hanteer word nie. Raadpleeg die PFB se webblad (www.pfa.org.za) vir besonderhede en vir die omstandighede waaronder n klag ingedien mag word. 3 Daar is twee vakante posisies vir trustees wat deur die lede aangestel is wat deur die betrokke personeelverenigings gevul moet word.