Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Similar documents
Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

10 Loffienuus 15 Junie Webblad:

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

HOëRSKOOL PORTERVILLE

14 Loffienuus 19 Augustus 2015 LOFFIENUUS. Webblad:

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Direkte en indirekte rede *

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Kerssangdiens. SA Gemeente

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Tariewe

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SIZA takes the sting out of auditing

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

INSKRYWINGSVORM

Hoe om krag te spaar

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Mosselbaai Munisipaliteit

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

Sterdansers by Vensters.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

make your dream a reality

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Helderberg Fishers Community

Geagte Ouers / Voogde en Florries

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Rubriek vir skeppende werk

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Transcription:

LOFFIENUUS Nuusbrief 20/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Ek het in die lewe geleer dat n mens se agtergrond en omstandighede verantwoordelik kan wees vir die mens wat jy is, maar die mens wat jy word is jou eie verantwoordelikheid. (Ralph Washington Sockman) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is gelofte@gelofte.co.za. Ons ondervinding is dat ouers dikwels n ander perspektief op n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die vierde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 17 NOVEMBER PRIMÊRE EKSAMEN BEGIN (DUUR TOT 27 NOVEMBER) 28 NOVEMBER TENTE-AAND VIR GRAAD 4-7 LEERDERS 2 DESEMBER GRAAD 7 AFSKEID 3 DESEMBER INTERNE SKAAKTOERNOOI 5 DESEMBER GRAAD 7 LEERDERS NA USHAKA 8 DESEMBER PRIMÊRE MERIETEFUNKSIE 9 DESEMBER WATERKASKENADES (GRAAD 1-7) 10 DESEMBER LEERDERS ONTVANG RAPPORTE 10 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR LEERDERS VIR SOMERVAKANSIE 12 DESEMBER SKOOL SLUIT VIR PERSONEEL VIR SOMERVAKANSIE 19 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR PERSONEEL 21 JANUARIE SKOOL HEROPEN VIR 2015 VIR LEERDERS 3. SKOOLGELD 2014 Ons herinner u daaraan dat skoolgeld vir 2014 volledig betaal moet wees teen 30 November 2014. Let asseblief daarop dat alle ouers n minimum bedrag van R1 000 vir die jaar moet betaal per leerder ongeag daarvan of u kwalifiseer vir een of ander vorm van korting soos bv. familie-, beurs-, personeel- en vroeë betaling kortings of kwalifiseer vir subsidie. Hierdie R1 000 vorm deel van die R15 300 skoolgeld. Indien u kwalifiseer vir n korting of vir subsidie word die korting/subsidie dus bereken op n bedrag van R14 300 en nie R15 300 nie.

4. KOMMUNIKASIE Ons beoog om soveel van ons kommunikasie met ouers as moontlik, voortaan slegs elektronies te versprei om sodoende papier te spaar. Nuusbriewe sal dus per e-pos versprei word en op Communicator en die webblad geplaas word. Inligting sal ook deur middel van massa SMS e en die skool se facebookblad versprei word. Indien u nog nie geregistreer het op D6 Communicator nie (die diens is gratis) versoek ons dat u dit asseblief onverwyld sal doen op u selfoon sowel as op u rekenaar. Gaan bloot na www.schoolcommunicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON. 5. KOMMUNIKASIE 2 Die skool beskik tans nie oor n adjunkhoof nie wat uiteraard n impak het op die skoolhoof se werkslading. Dit gebeur gereeld dat ouers daarop aandring om die skoolhoof te spreek of met die skoolhoof kommunikeer ten opsigte van probleme wat hulle ervaar terwyl die onderskeie departementshoofde die probleem net so effektief, indien nie meer effektief en vinniger, kan oplos nie. Ons versoek dus dat u eers met die personeel sal skakel wat direk in beheer staan van n fase of graad voordat u met die skoolhoof skakel. (Sien lys van e-pos adresse by punt 12.) LET ASSEBLIEF OOK DAAROP DAT DIE SKOOLHOOF GEEN BESLUITNEMINGS- BEVOEGDHEID HET WAT DIE BETALING VAN SKOOLGELD BETREF NIE EN DAT U DIREK MET MNR. DEON SCHEEPERS (gideons@vodamail.co.za) OF ME. AMANDA STOLTZ (gsfinance1@gelofte.co.za) MOET SKAKEL INDIEN U NAVRAE IN HIERDIE VERBAND HET. 6. HULP IN TUINE Soos u reeds bewus is, is me. Jeane Staude oor die afgelope tien jaar aan die woel en werkskaf in ons tuine en is dit danksy haar dat ons tuine n lushof is vir die oog. Sy het egter nie meer kinders in die skool nie en haar omstandighede het sodanig verander dat ons opsoek is na iemand wat n hand kan bysit in die tuin. Ons is spesifiek opsoek na iemand wat kundig is met aanplantings (inheems) en wat vir ons van raad kan bedien in hierdie verband maar ook leiding kan gee aan die arbeiders. Skakel asseblief met die hoof (gelofte@gelofte.co.za) indien u hiermee kan help. 7. PRESTEERDERS Ons is besonder trots op Rudolph Torlage wat opgeneem is in die Kwazulu-Natal jeugkoor. Dit verg harde werk en is n pragprestasie. Ons is trots op jou Rudolph! Baie geluk ook aan Maritza Maritz wat tydens die streeksfinale vir Mej Junior SA op 9 November 2014 deurgedring het na die Nasionale finale vir Mej Junior SA wat volgende jaar vanaf 28 April tot 3 Mei plaasvind. Voorwaar n prestasie om op trots te wees! 8. PRIMÊRE MEDIAPREFEKTE Baie geluk aan die volgende Loffies wat aangewys is as die primêre mediaprefekte vir 2015: Danielle Viljoen, Lucinda Janse van Rensburg, Donovan Malan, Nadine Fouché, Emjee Groesbeek, Ruan Radley, Charlize van Staden, Juané Meintjes, Anke Britz, Ané Gräbe, Linamarie Nothnagel, Justin Wiggill, Shanay Landsberg, Courtney Hellerle, Jeanne-Mari Labuschagne, Karin de Jager, Lara van der Merwe, Angelique Engelbrecht, Esmalien van Dyk en Leigh Janse van Rensburg.

9. BEHEERLIGGAAMVERKIESING 2015 Let asseblief daarop dat die huidige beheerliggaam se termyn verstryk in 2015. Daar sal dus n beheerliggaamverkiesing wees op 10 Maart 2015 om ouerlede van die beheerliggaam te verkies. Ons versoek dat u nou reeds die datum sal dagboek aangesien hierdie n belangrike geleentheid is vir ouers om hul stem te laat hoor. 10. PITKOS: DANKBAARHEID Psalm 89:2 Ek sal altyd liedere sing oor die Here wat so goed is vir my omdat Hy my liefhet. Ek sal vir almal wil vertel dat n mens U altyd kan vertrou. Ons neem so baie dinge as vanselfsprekend. As ons iets goeds of moois ontvang, dink ons baie keer dit is ons reg of ons verdien dit. Mense wat so leef, is ook baie bewus daarvan as hulle iets misloop en het ook die geneigdheid om net nog meer en meer te wil hê. In hulle koppe en harte verdien hulle dit mos. Daar is n ander ingesteldheid waarmee n mens kan leef wat jou eie lewe en die van almal om jou baie verryk. Dit is om te leef met n ingesteldheid van dankbaarheid. Dit is om te leef met n fokus op wat jy het eerder as dit wat jy nie het nie. Dan waardeer n mens klein dingetjies in die lewe en dan is jy n tevrede mens wat oorloop van dankbaarheid. Daardie dankbaarheid in jou hart spoel oor na ander mense en verryk alles en almal om jou. Hoe spesiaal is die Here se liefde vir jou? Raak dit jou nog diep as jy dink wie jy werklik is en dat Hy jou ten spyte daarvan lief het onvoorwaardelik en innig? Loop jy oor van dankbaarheid as jy daaraan dink dat Jesus in jou plek aan die kruis gesterf het en vir jou n nuwe lewe verseker het? Raak jy opnuut dankbaar vir God se liefde en glimlag oor sy goedheid en guns? As daar geen God was nie, sou ons n dankbare hart in hierdie wonderlike wêreld gehad het, sonder om te weet vir wie om dankie te sê. Christina Rosetti Gebed: Here, vergewe my dat ek so gereeld ontevrede en ongelukkig is. Vandag loop my hart oor van dankbaarheid omdat U my onvoorwaardelik lief het. Dankie, Here! Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy 11. AFRIGTERS Ons is steeds op soek na netbalafrigters vir die O/12B en O/13 B span. Kontak Me Van Jaarsveld by die skool of per e-pos by wandavj63@gmail.com indien u kan help. 12. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Ethan Carstensen, Juliet du Plessis, Charlize Engelbrecht, Petrus Fourie, Tiaan Roos, Peet Scheepers, P.W. Odendaal, Thyze Groesbeek, Nicole Potgieter, Jan Botha, Shanay Landsberg, Marius van der Bank, Melissa Fouché, Nathan de Klerk, Chané Els, Nikita Potgieter, Iliana Bosman, Ethan Erasmus, Daniel Viljoen, Melissa van Heerden, Vincent van Huizen, Arné Herman, Ethan Isaacs, Odette Bosch, Ryan Moffat, Dewald Steyn, Shane van Niekerk, Shane Van der Linde, Dewald Smit. 13. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig: Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance1@gelofte.co.za Amanda Stoltz

Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance2@gelofte.co.za Daleen Coetzee Administratiewe navrae gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Afwesigheid van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede estadler@gelofte.co.za Elzanne Stadler Graad 1-3 aangeleenthede gsjp@gelofte.co.za Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 14. E-POS Ons het reeds n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe. 15. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569 Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. KOMMENTAAR: HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

ADT KUSELA Kwazulu-Natal Regional Office 2 Halifax Road, New Germany, 3610 Po Box 242, New Germany, 3620 Security guards for functions, events and short term assignments KUSELA SECURITY Security for every occasion Whether it s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence. SA s most professional ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly. Armed back-up Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7 For more information or to book a guard call: Pamela Chetty 031-716 5621 Or Charlotte Govender 031-716 5618 A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07