SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Mosselbaai Munisipaliteit

Tariewe

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL

Direkte en indirekte rede *

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Uit Moerdijk se pen Man en Media

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Edgehog

Tariewe

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

SIZA takes the sting out of auditing

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Kerssangdiens. SA Gemeente

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

INSKRYWINGSVORM

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Sterdansers by Vensters.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Transcription:

NUUSBRIEF No. 4, 2013 Boerperd Vriende So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar wat nog vinniger gevlieg as die vorige een. In hierdie nuusbrief wil ons graag net ʼn paar punte uitlig wat dalk van belang kan wees voor almal die rus en Vrede van die Kerstyd binnegaan. Die doel van hierdie Nuusbrief is nie om al die hoogtepunte van die jaar weereens te herhaal nie dit is reeds gedek in verslae, op facebook, sowel as op ons webblad. U sal later in die skrywe ook wel sien hoe die gebruik van tegnologie wel hierdie jaar vir ons winsgewend was en n onverwagse meevaller tot gevolg gehad het. Namens die Raad wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om al die lede van die Genootskap te bedank vir hulle steun en samewerking gedurende die afgelope jaar. Ons sien uit daarna om 2014 op n positiewe noot te begin. Ons wil dan ook aan al ons lede n vredevolle en geseënde Christusfees toewens. Mag een en elk van julle in hierdie tyd opnuut die klein geskenkies wat ons daagliks uit die Vaderhand ontvang, raaksien en nie net fokus op groot Kersgeskenke nie. Let asseblief daarop dat ons kantoor gesluit sal wees vanaf 16 Desember 2013 tot 10 Januarie 2014. Groete Piet Grové President 2013/14 0825513221 Nuusbrief saamgestel deur Petro Grové Stuur asseblief alle bydraes aan petrogrove@mweb.co.za NUUSBRIEF 2013, No. 4 1

In hierdie nuusbrief : 1. DIE RAAD & PORTEFEULJES, 2013/14 2. VEILINGS 3. WEB-BLAD 4. JEUG-AKSIE 5. SA BOERPERD KAMPIOENSKAPPE 5.1 Nasionale Kampioenskappe 2013 5.2 SA Boerperd Skou-datums: 2014 5.3 Ander datums 6. SAEA & PASPOORTE 7. FINANSIES 8. KEURINGS 9. ELEKTRONIESE GEBOORTEKENNISGEWINGS 10....EN AL DAAI STRIKKIES... NUUSBRIEF 2013, No. 4 2

1. DIE RAAD & PORTEFEULJES 2013/14 Naam & Van Portefeulje Selnommer E-pos adres Piet Grové (President) Bestuur van die Raad & Stamboek 082 551 3221 pietgrove@mweb.co.za Frikkie Combrink (Vise-president) Opleiding & Kursusse 083 324 2524 f.combrink@mweb.co.za Jan Joubert (Dagbestuur) Finansies, borgskappe, SANESA & SAEA 083 289 9220 jan@tradeskills.co.za Heleen Pope (Dagbestuur) SAB Kampioenskappe, Merietes & Erekleure, Skoureëls: SAEA 082 630 1827 heleenpope@gmail.com Johannes Langenhoven Regulerende stelsels, Administrasie & Skou-reëls 083 314 0913 jlangenhoven@mtnloaded.co.za Jan van der Wath Kwaliteitsbeheer 082 331 6941 janvdwath@gmail.com Dirk Odendaal Keurings- & Keuringstoere 082 586 3197 dirkenmelissa@gmail.com Lomon Terreblanche Skakeling, Dienslewering, Nuwe lede & Veilings 082 384 0155 lterreblanche@gmail.com roemryk@hotmail.com David de Wet Reklame & Bemarking 0828752814 disselboom3@gmail.com KANTOOR: Elize Prinsloo Sekretaresse 051-4100900 elize@studbook.co.za 2. Veilings Soos u reeds hierbo in die lys van die Raad 2013/14 se portefeuljes gesien het, is daar nou iemand spesifiek op die Raad aangestel om alle veilings te koördineer. Hoewel alle korrespondensie nog steeds deur middel van die SA Boerperd kantoor sal plaasvind, sal Raadslid Lomon Terreblanche verantwoordelik wees vir die skakeling met en bevestiging van die administratiewe sy van veilings wat sal plaasvind onder die beskerming van die SA Boerperd Telersgenootskap. Raadslid: Lomon Terreblanche NUUSBRIEF 2013, No. 4 3

3. WEB-BLAD Soos julle seker sal onthou, het ons die einde van verlede jaar begin om ons web-blad op te gradeer en meer optimaal te benut. Ons kan nou met trots terug rapporteer dat die SA Boerperd Telersgenootskap se web-blad by SA Stamboek se jaarlikse prysuitdeling die prys gewen het vir die beste webblad van die jaar! As ʼn mens in gedagte hou dat SA Stamboek ook vanjaar op 29 Mei 2013 vereer is met die ICAR Serifikaat van Kwaliteit (ICAR: International Committee for Animal Recording) wat 57 lande in die wêreld insluit, is dit voorwaar ʼn prestasie. Afgesien van perde, verteenwoordig SA Stamboek ook beeste, skape, varke, bokke, honde, ens. Lees gerus meer hieroor by http://www.sastudbook.co.za. Mnr. Piet Grové (middel agter) ontvang die toekenning saam met die ander pryswenners. Voor v.l.n.r. Mnr. Danie Retief; Me. Johanna Cloete; Mnr. John Boulie; Mnr. Chris Els. Met die evaluering van SA Stamboek se web-tuistes is die volgende punte beoordeel: i. Betaling van web-blad fooie ii. Gereelde opdatering van inligting iii. Hoe lank gelede is die web-blad opgegradeer iv. Logiese organisasie van doelwitte en inligting v. Korrekte taalgebruik en versorging vi. Relevante skakels na ander web-blaaie vii. Navigasie na inligting op die web-blad viii. Kontakbesonderhede ix. Relevansie van materiaal en inligting t.o.v. die teikengroep x. Uniekheid van informasie xi. Verbruikersvriendelik (nie te veel inligting per bladsy nie) xii. Grafiese ontwerp xiii. Leesbaarheid en grootte van die teks xiv. Verbeeldingryke en stimulerende aanbieding xv. Foutlose aanbieding van inligting. Hierdie toekenning stel dan ook in die volgende jaar in staat sal stel om nóg meer verbeterings aan ons web-blad aan te bring en dit nog beter te benut aangesien ons prys juis gratis webblad dienste vir ʼn jaar is. Baie dankie aan Lisa Verwey vir haar moeite, asook almal wat haar voorsien het van relevante inligting vir die web-blad om die web-blad op so ʼn hoë standaard te kon hou. NUUSBRIEF 2013, No. 4 4

4. JUEG-AKSIE As enige iemand nog gewonder het oor ons SA Boerperde se jong ruiters, dan WEET ons nou dat hulle baie, baie spesiaal is. Ons is só trots op julle! Nie net het hulle laat aande geoefen vir ʼn Musikale Extravaganza vir ons 40 jarige herdenking van die SA Boerperd as ras tydens ons SA Nasionale Kampioenskappe 2013 nie, hulle het dit ook reggekry om ʼn hele maand se werk in net 4 dae ingeoefen te kry! Ongelukkig was daar ʼn misverstand tussen ons en die fotograaf met die gevolg dat ons nie enige professionele beeldmateriaal van die verrigtinge het nie. Ons het wel talle foto s. Om die probleem te probeer regstel en darem die geleentheid op DVD te kon vaslê, het ons by almal wat wel informele video s gemaak het beeldmateriaal gekry. Op die manier het ons dit dan tog reggekry om die vertoning te kon vaslê deur video s en foto s te kombineer. Ons sal dit in die eerste week van Desember 2013 as n skakel (link) op die webblad plaas en so kan almal dit dan verniet kyk en/of op hulle selfone of rekenaars aflaai in ʼn formaat wat hulle pas. Almal se name verskyn daarop, sowel as ons credo, ens. Hou gerus die web-blad dop vir meer besonderhede oor volgende jaar se jeug-projek. Ons het klaar ʼn plan van aksie aan die Raad voorgelê en sal meer besonderhede aan julle gee tydens elke Streekkampioenskap se Jeug-byeenkoms, asook op Facebook. Onthou ook om gereeld julle perde-nuus op Facebook met ons te deel! Dit is JULLE blad en JULLE moet dit aan die gang hou! NUUSBRIEF 2013, No. 4 5

5. SA BOERPERD KAMPIOENSKAPPE 5.1 Nasionale Kampioenskappe 2013 Nadat die Raad alle terugvoer oor die afgelope SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe gekry en deurgewerk het, is dit vir ons aangenaam om te kan aankondig dat GEEN perde positief getoets is vir verbode middels nie. Baie dankie vir u verantwoordelike omgang met ons perde in die verband. Baie dankie aan elkeen van u vir u harde werk en samewerking wat bygedra het tot die sukses van ons skou. 5.2 SA Boerperd Skoudatums: 2014 Horse of the Year @ Kayalami Equestrian Park : 14 Februarie 2014 * WP SA Boerperd Streekkampioenskappe, Riversdal : 19-22 Februarie 2014 Mpumalanga SAB Streekkampioenskappe, Ermelo : 2-5 April 2014 Vrystaat SAB Streekkampioenskappe, Bloemfontein : 28 April - 1 Mei 2014 Kwa-Zulu Natal SAB Streekkampioenskappe, Vryheid : 9-12 Julie 2014 Gauteng SAB Streekkampioenskappe, Misty Meadows : 13-16 Augustus 2014 Nasionale SAB Kampioenskappe, Afri-Dome, Parys : 6-11 Oktober 2014 * Hou gerus die web-blad dop vir inligting oor Horse of the Year. Die program en inskrywingsvorms sal binne ʼn week of twee beskikbaar wees.. 5.3 Ander datums Geen datums is nog formeel aangekondig vir SANESA en SAEA skoue vir 2014 nie. Indien u egter op hoogte wil bly met die nuutste verwikkelinge, kan u gerus die betrokke web-tuistes besoek. South African National Equestrian Schools Association http://www.sanesa.co.za - Soek u provinsie - Klik op Dates & Schedules Ander dissiplines se datums is verkrygbaar by: http://www.horsesport.org.za Skakels sal vanaf die SA Boerperd Telersgenootskap se web-blad na hierdie relevante web-blaaie geplaas word. NUUSBRIEF 2013, No. 4 6

6. SAEA & PERDE PASPOORTE Soos julle weet het alle perde n paspoort nodig om in enige ander dissipline buite die SA Boerperd Telersgenootskap te kan skou. Hierdie blou paspoorte was vroeër verkrygbaar by die voormalige provinsiale horse societies, bv. GHS. Elkeen van hulle het n unieke nommer en die betrokke perd se inentingsrekord, sowel as registrasiebesonderhede moes daarin opgeteken gewees het om geldig te kon wees. Baie perde wat by SA Stamboek geregistreer is, het egter ook n SA Stamboek paspoort. Hierdie paspoorte is ook uitgereik met ander n unieke nommer binne-in die boek. Vanaf 2014 mag hierdie paspoorte gebruik word by enige Suid-Afrikaanse perde-skou en vir enige dissipline. Die paspoort word nou dus deur die SAEA (en SAEF) erken, mits dit noukeuring op datum is en deur n veearts geteken word na inentings. Die maroon paspoorte kan teen R 85.00 by die kantoor bestel word. Die paspoort het dan klaar reeds die gedrukte registrasiedokumente, sowel as ander volledige inligting van die perd in. Bestellings: elize@studbook.co.za 7. FINANSIES Soos bespreek tydens die AJV 2013, is dit nie moontlik om alle transaksies op ʼn streng kontant basis te kan doen nie. Indien moontlik, sal dit egter waardeer word indien ons daarna kan streef om ons rekeninge so gou moontlik kan betaal. Alle rekeninge wat 60 dae en ouer is, se dienste sal gevries word nadat u d.m.v. ʼn sms daarvan verwittig is. Agterstallige rekeninge sal eers volledig op datum gebring moet word alvorens dienste weer aangevra kan word. Moet dus nie versuim om op hoogte van die stand van u rekening te bly nie. Let ook daarop dat ʼn 10% verhoging op alle dienste tydens die AJV 2013 goedgekeur is. Die nuwe pryslys is reeds op die web-blad beskikbaar. Raadslid: Jan Joubert 8. KEURINGS Dit is weer tyd om aansoek te doen vir hings en merrie/reun keurings. Alle vorms is reeds aan u gepos, asook beskikbaar op die web-blad. Die sluitingsdatum vir keuringsaansoeke om die kantoor te bereik is: 19 Januarie 2014. Maak asseblief seker dat die DNS e van alle perde waarvoor om keuring aansoek gedoen word gedoen is, asook dat ouerskap geverifieer is. Details van die plekke en datums van keurings sal betyds aan u deurgegee word, soos bespreek tydens die AJV 2013. Raadslid: Dirk Odendaal NUUSBRIEF 2013, No. 4 7

9. ELEKTRONIESE GEBOORTEKENNISGEWINGS Volgens ʼn skrywe van Mnr. Herman Labuschagne (Bestuurder: Data-dienste, SA Stamboek), is die elektroniese aantekening van perde geboortes nou op Logix oopgestel vir telers. Alvorens u dit kan doen, moes u egter reeds ʼn unieke gebruikersnaam (user name) en wagwoord (pass word) vir u stoet gekry het. Indien u dit nog nie gekry het nie, kan u elektronies daarvoor aansoek doen by http://www.logix.org.za. Daar is ʼn blokkie wat lees: Elektroniese aansoekvorm. Klik daarop en vul u besonderhede in. ʼn E-pos sal dan aan u gestuur word met u persoonlike gebruikersnaam en wagwoord. Indien u probleme daarmee ondervind, kan u gerus vir Rosa van der Merwe by SA Stamboek skakel (51-4100900). HOE OM VUL GEBOORTES ELEKTRONIES AAN TE TEKEN: Teken aan op Logix met u unieke wagwoord en gebruikersnaam Gaan na data opname geboorte-kennisgewing geboorte-kennisgewing (perde) Vul dan die dokument elektronies in en stuur. Stawende dokumente soos bv. dekkingsertifikate, asook DNS uitslae kan hierby aangeheg word. Die SA Boerperd Telersgenootskap, sowel as die Teler sal dan ʼn outomaties gegenereerde e-pos ontvang dat die geboorte wel aangeteken is. Let wel: Hare moet nog steeds getrek word vir DNS en aan Unistel of die SA Boerperd Telersgenootskap se kantoor gestuur word tesame met die nodige inligting wat nou uitgedruk kan word. Die gebruik van hierdie stelsel is opsioneel. Die vulboekstelsel is ook nog steeds in werking. 10....EN AL DAAI STRIKKIES... Almal het verseker al die gekleurde strikkies in perde se sterte en aan hulle tooms by sekere skoue gesien, maar het u geweet dat elke kleur ʼn spesifieke boodskap uitstuur? Die kleur word gewoonlik met ʼn strikkie in die stert en ʼn merker aan die toom gemerk. (ʼn Gewone knoop in die toepaslike kleur werk goed aan die regterkant van die toom se voorkopband). Maak gerus van die gekleurde en nie-verbale kommunikasie stelsel tydens enige skou gebruik! GEEL My perd is ʼn hings: wees versigtig met merries en ander hingste. Dui ook op die toom aan. ROOI My perd skop. Wees versigtig agter hom. GROEN My perd is nog baie jonk. Wees geduldig met hom. BLOU OF WIT My perd is te koop. NUUSBRIEF 2013, No. 4 8