Vinkie. Laerskool Fairland

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Vinkie. Laerskool Fairland

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

BenguFarm Bestelvorm

Tariewe

Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

Vinkie. Laerskool Fairland

HOëRSKOOL PORTERVILLE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

Rut: n Liefdes Verhaal

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

Vinkie. Laerskool Fairland

UIT DIE HOOF SE KANTOOR BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Marketstraat 145, Fairland (011) /2 Jaargang 24 Nr November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR. Mnr.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die jaar se kaskar was

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

Geagte Ouers / Voogde en Florries

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10


HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Sterdansers by Vensters.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Kos vir ons skoolkatte

SIZA takes the sting out of auditing

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Mei 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Finansies / Finances

14/2016 Schalk Reynders HOOF

Hoe om krag te spaar

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

WOUWTJIENUUS. Bo: Ezra Labuschagne (links) en Henk van t Wout (4de van links)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Geagte Ouers / Voogde en Florries

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

Die Hoërskool DF Malan

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Edgehog

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

Geagte Ouers / Voogde en Florries

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Transcription:

Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 24 27 Augustus 2015 UIT DIE HOOF SE KANTOOR ATKV-redenaars Baie geluk aan beide Pieter le Roux en Adam Botha met hul deelname aan die nasionale ronde van die ATKV-redenaars. Hulle het ons skool vereer met hulle uitstekende toesprake. In die besonder baie geluk aan Pieter le Roux wat vir die tweede jaar agtereenvolgend as die nasionale wenner in die gr. 6-7 ouderdomsgroep aangewys is. Dit is waarlik n besonderse prestasie. Sing in Harmonie Baie geluk ook aan die junior- en seniorkoor wat Sondag 23 Augustus aan dié kompetisie deelgeneem het. Hulle het pragtig gesing en ons is baie trots op hulle. Dankie aan ons koorouers vir hulle getroue ondersteuning. Kleredrag Die oorgangstydperk vir somersdrag is vanaf 31 Augustus tot 11 September. Kaskarkuierfees : 5 September 2015 Wat n feestelike atmosfeer heers hier nie op die skoolterrein nie! Verskillende wêreldbekerlande word só mooi uitgebeeld en die leerders is behoorlik opgewonde oor die groot dag! Vanaf 10:30 op Saterdag 5 September gaan die reuse-optog van al 47 klasse begin, aangetrek volgens die Wêreldbeker-tema! Elke leerder het n donasielys ontvang en moet asb. poog om die lyste ingevul terug te stuur na die skool voor of op 4 September 2015. U, as ouer, word uitgenooi om op die rugbyveld te kom uitspan, bring u piekniekmandjie, eie stoele, gazebo s en vleis en kom kuier saam met ons. Die skool verskaf die vure en dit sal om 12:30 gereed wees! Daar is pryse vir die junior- en seniorspanne met die beste spangees asook die spanne wat die meeste rondtes voltooi. Die program sal vroeg in volgende week aan u deurgegee word. Aan die einde van die dag sluit ons af met n opwindende ouer-/onderwyserresies! Stof solank u drafskoene af! Cansa-muntlegging Die totale bedrag wat ons ingesamel het, is R39,830.95 en CANSA sê baie dankie vir die groot skenking. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat in Augustusmaand verjaar het: Dean Benadie 4 Augustus Charné Augustyn 6 Augustus Connie Steenkamp 14 Augustus Vivia Muller 16 Augustus Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees

BELANGRIKE DATUMS BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 26 Aug. Radikale 27 Aug. Hokkie: Seuns by 27 Aug. Gr.R-immunisering Redenaars - sluitingsdatum LLG 31 Aug. Skaak: Liga 5 Sept. Kaskardag en Kuierfees VAN DIE BEHEERLIGGAAM Kaskardag en Kuierfees Ons vra weereens u ondersteuning met ons laaste fondsinsameling. Ons moedig die ouers aan om lekker te kom saamkuier op dié dag. Hoe werk dit? Elke leerder het n donasievorm ontvang. Die waarde van die kaskar is R100.00, maar u is welkom om al die lyntjies op die vorm vol te maak. Ekstra vorms is in die kantoor by Karén Reyneke beskikbaar. Leerders moet deur hul klasonderwysers die vorms in die kantoor aanvra. Die dag se program Ons gaan op n later stadium n gedetailleerde program deurgee. Die verrigtinge sal ongeveer 10:00 begin. REDAKSIE Die geheim van sukses lê dikwels opgesluit in hoe jy mislukkings hanteer. Dis al dikwels in die verlede bewys dat dit nie noodwendig die mees talentvolle, sterkste, grootste, vinnigste persoon is wat wen nie, maar die een wat nooit moed opgee nie. Dis baiekeer die een wat teen alle struikelblokke veg en ander maniere uitdink om hulle te bowe te kom. Kreatiewe denke speel n belangrike rol, maar so ook uithouvermoë en n onwrikbare geloof in die spreuk: Niks is onmoontlik nie! Voeg daarby harde werk, pligsgetroue oefening, self-dissipline en jy het die eerste stap van die wenresep. Almal weet dis nie lekker om te verloor nie en soms voel jy moedeloos omdat jy alles ingesit het. Die gevaar lê daarin dat jy later begin dink dat jy n wen verdien. Pasop vir daardie slaggat! n Oorwinning is nooit verdiend nie. Dis altyd n bonus. Die manier waarop jy kompeteer, bepaal in alle opsigte wat jou kanse vorentoe sal wees. Ek dink aan n klein Gideonsbende wat teen die oormag van die Fillistyne hulle staal gewys het. Waarskynlik? Nee, nie normaalweg nie, maar dis juis wat so n wen dan baie, baie spesiaal maak. Elke skool het jaarliks hoogte-en laagtepunte wat sport en kultuur betref. Dis asof daar natuurlike siklusse ontstaan. 1-4 Sept. Krieket-aandreeks: 1ste span H/s Randburg 8 Sept. ATKV- junior olimpiade, huistaal 5 Sept. Landloopbyeenkoms 15 & 16 Sept. Travelling Bookshop 7 Sept. Skaak: Liga 18 Sept. WOW-spelfees Provinsiale rondte 14 Sept. Skaak: Liga 2 Hoe jy vir jou kind leer om die uitslae te hanteer, gaan vir seker n blywende invloed hê op sy vegtersgees. n Ware kampioen / wenner is iemand wat met grasie verloor en sy wen in nederigheid aanvaar. Ons het baie sulke kampioene in ons skool en ons wil graag ons ouers komplementeer vir die wyse waarop julle hulle vir die toekoms voorberei. By Laerskool Fairland kweek ons lewenswenners, want elke leerder maak saak. Erika AKADEMIE TOETSROOSTER Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Vr. 28 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde Vr. 4 September LV NW NW NW Di. 8 September Tegnologie Vr. 11 September NW LV LV SW Di. 15 September SK Vr. 18 September SW SW SW EBW Neem asb. kennis van die volgende belangrike datums ANA-toetse: 15 18 September 2015

KULTUUR OUDISIES VIR BAK VIR MA Ons wag nog vir die uitslae. Seniorkoor en Juniorkoor Die Sing in Harmonie televisiereeks het tot n einde gekom op Sondag 23 Augustus 2015 by Silverstar Casino se Globe Teater. Die kinders het met oorgawe gesing en ons is baie trots op beide ons junior- en seniorkore wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het. Baie dankie aan die ouers wat ons kinders so volkome ondersteun en hierdie glansgeleentheid bygewoon het. Die finaal word uitgesaai op Sondag 30 Augustus 2015 om 16:00 tot 18:00 op kanaal 146 KykNet Musiek. Baie dankie ook aan juff. Chrisné, Melissa, Marelize en Marzaan vir al hulle harde werk met die kore. n Spesiale dankie ook aan Christo Bezuidenhout vir sy virtuoso begeleiding van beide kore. Ons waardeer elkeen van julle bydraes tot ons kore se vordering. Belangrike datums : Seniorkoor Daar is n belangrike oefening op 1 September. Almal moet daar wees. 6 September Optrede by NG Kerk Fairland. Meld aan om 08:15. Diens begin om 09:00. 18 September NEA- kunswedstryd 20 September - NG Kerk Weltevredenpark 08:00 en 10:00 diens. Inligting sal volg. Onthou asseblief dat oefeninge op Dinsdae van 17:00 tot 19:00 in die saal is. Skriftelike verskonings moet ingehandig word indien n oefening nie bygewoon kan word nie. Belangrike datums : Juniorkoor 18 September NEA- kunswedstryd 18 Oktober NG Weltevredenpark aanddiens. ATKV - redenaars Baie geluk aan Pieter le Roux en Adam Botha wat op Donderdag 20 Augustus aan die finale ronde van die ATKV-redenaars te Goudini Spa naby Worcester deelneem het. Albei ons redenaars het hul uitstekend van hul taak gekwyt en Pieter is dan ook aangewys as die nasionale kampioen in sy ouderdomsgroep. Ons is baie trots op albei ons seuns! Radikale Redenaars Die inskrywings is nou gesluit. NEA Alle uitslae, dus oorspronklike sertifikate en repliekvorms moet binne 7 dae na optrede, ingehandig word by juf. Karen Nel, K12 (gr.r tot gr.3) en juf. Karen Brits, K48 (gr.4 tot gr.7). Uitslae sal dan in die saal, ter gelegenertyd, afgelees word en die sertifikate sal later aan leerders terugbesorg word. Gr. 4 7 se rekords sal dienooreenkomstig aangepas word. Indien uitslae laat ingehandig word, verbeur die leerder die geleentheid in die saal, maar rekord sal nog steeds gehou word in die geval van gr. 4- tot gr.7- leerders. Uitslae sal voorts op die School Communicator aangebring word, aangesien dié rondte van NEAdeelname n groot aantal sertifikate tot gevolg het. 3 SATCH Onthou asb. om julle name en uitslae vir juf. Lillian te gee. Erika Joubert SPORT MINI-KRIEKET Die mini-krieket begin na die hokkie-seisoen. Gr. 1- en gr. 2-leerders begin 7 September. : Maandae: 13:30 14:30 Dinsdae: 13:00 14:30 KRIEKET 1ste span vs Unika Fairland wen met 100 lopies teen Unika Fairland 201/7 Unika 101/10 Beste kolwer: JD Schreuder met 43 lopies Beste bouler: Johan Muller 3 vir 7 lopies o/11a vs Unika Fairland wen met 9 paaltjies teen Unika Unika 101/10 na 23 boulbeurte Fairland 105/1 na 9 boulbeurte Beste kolwer: Reuben Du Toit Beste bouler: Ruan Krause o/10a vs Unika Fairland wen met 84 lopies teen Unika Fairland 110/6 Unika 26/almal uit Beste kolwer: Fouché Maré met 21 lopies n.u.n. Manie Groenewald met 21 lopies Beste bouler: Jayden Bezuidenhout met 4 vir 3 lopies o/9- tot o/13-spanne Maandae: 14:10 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 15:15 Voorlopige krieketbepalings: Neem asb. kennis dat onderstaande kan verander weens omstandighede buite ons beheer en briewe met korrekte inligting sal per hand aan spelers gegee word. 1ste span 31 Augustus Curro Aurora (tuis) 9 September Jan Celliers (weg) 14 September Bryanston Parallel (weg) 21 September Fontainebleau (tuis)

19 Oktober Dalmondeor (weg) 26 Oktober Semi-finaal 2 November Finaal 2de span 31 Augustus Bryanston Parallel (weg) 7 September Louw Geldenhuys (tuis) 14 September Unika (tuis) 21 September Dalmondeor (weg) 28 September BYE 19 Oktober Fontainebleau (tuis) 26 Oktober Semi-finaal 2 November Finaal 3de span 31 Augustus Esperanza (weg) 7 September Fontainebleau (weg) 14 September Dalmondeor (weg) 16 September Esperanza (weg) 28 September Fontainebleau (tuis) o/11a 3 September Curro Aurora (weg) 9 September Fontainebleau (weg) 10 September Jan Celliers (weg) 17 September Bryanston Parallel (tuis) 22 Oktober Dalmondeor (tuis) 29 Oktober Semi-finaal 5 November Finaal o/11-groen 3 September Fairland Geel (tuis) 10 September Fontainebleau (tuis) 17 September BYE 24 September Bryanston Parallel (weg) o/11-geel 10 September Bryanston Parallel (weg) 17 September Fontainebleau (weg) 30 September Esperanza (tuis) o/10a 2 September Curro Aurora (tuis) 9 September Jan Celliers (tuis) 16 September Bryanston Parallel (weg) 1 Oktober Fontainebleau (tuis) 21 Oktober Dalmondeor (weg) 28 Oktober Semi-finaal 4 November Finaal o/10-groen 2 September Esperanza (weg) 9 September BYE 16 September BYE 23 September Dalmondeor (weg) 30 September Fontainebleau (weg) 4 21 Oktober Bryanston Parallel (tuis) o/9a 1 September Curro Aurora (weg) 8 September Jan Celliers (weg) 15 September Bryanston Parallel (tuis) 16 September Louw Geldenhuys (tuis) 22 September Fontainebleau (weg) 29 September Unika (weg) 20 Oktober Dalmondeor (tuis) 27 Oktober Semi-finaal 3 November Finaal o/9-groen 1 September Fairland Geel (tuis) 9 September Fontainebleau (weg) 15 September Esperanza (weg) 22 September Louw Geldenhuys (tuis) 29 September Unika (tuis) 20 Oktober Jan Celliers (weg) o/9-geel 1 September Fairland Groen (tuis) 8 September Unika (tuis) 15 September Louw Geldenhuys (weg) 23 September Bryanston Parallel (tuis) 29 September Jan Celliers (weg) 20 Oktober Fontainebleau (weg) TENNIS Juniorseuns A wen 16-12 teen King David Sandton Juniorseuns B wen 22-6 teen King David Victorypark Junior- en Seniortennis: Wedstrydbepalings Juniordogters A Woensdag 2 Sept. BYE 8 Sept. BYE Juniordogters B Woensdag 2 Sept. Trinity (weg) 8 Sept. Crawford Lonehill (tuis) Juniorseuns A Dinsdag 1 Sept. BYE 8 Sept. Crawford Sandton (tuis) Juniorseuns B Dinsdag 1 Sept. Crawford Lonehill (tuis) 8 Sept. Bryanston (weg) Seniordogters A Woensdag 9 Sept. Trinity (tuis)

16 Sept. Louw Geldenhuys (tuis) 23 Sept. Crawford Sandton (tuis) 30 Sept. Randpark (tuis) 14 Okt. Fontainebleau (weg) 21 Okt. Parkview (weg) 28 Okt. Curro Aurora (tuis) Seniordogters B Woensdag 9 Sept. IRG (tuis) 16 Sept. Cliffview (weg) 23 Sept. King School Robinhills (tuis) 30 Sept. NWCS (A) (weg) 14 Okt. Unika (A) (tuis) 21 Okt. Trinity (weg) 28 Okt. Bryanston (tuis) Seniorseuns A Donderdag 10 Sept. Trinity (tuis) 17 Sept. Louw Geldenhuys (tuis) 23 Sept. Montrose (tuis) 1 Okt. King David Sandton (tuis) 15 Okt. Fontainebleau (weg) 22 Okt. Curro Aurora (weg) 29 Okt. Crawford Sandton (tuis) Seniorseuns B Donderdag 10 Sept. Unika (tuis) 17 Sept. Rivonia (tuis) 23 Sept. Fontainebleau (weg) 1 Okt. King David Victorypark (weg) 15 Okt. Louw Geldenhuys (weg) 22 Okt. Crawford Lonehill (A) (tuis) 29 Okt. Trinity (weg) Tennisafrigting: gr. 1- en gr. 2-leerders Indien daar enige belangstelling is, kontak asb. vir Philip Lawson (082 079-8531). SKAAK o/9 wen 2-0 vs Boskop o/11 wen 8-4 vs Maragon o/13 wen 9 ½ - 4 ½ vs King David Victorypark HOKKIE Dogters: o/9a wen 1-0 vs Bryanston o/10a wen 3-0 vs Bryanston 5 o/11a wen 3-0 vs Bryanston o/12a wen 3-0 vs Bryanston o/13a wen 4-0 vs Bryanston Seuns: 1ste span wen 2-0 vs Fourways Maandae: 14:15-15:30 Dinsdae: 13:45-15:00 (geen oefening as daar wedstryde is nie) Woensdae: 13:45-15:00 Wedstryde vind elke Dinsdag plaas op Laerskool Louw Geldenhuys se velde op die volgende datums: Dinsdag 1 September Dinsdag 8 September o/7- en o/8-spanne Maandae: 13:35 14:10 Dinsdae en Woensdae: 13:05 13:40 Dinsdae: 13:40-15:40 Donderdae: 14:10-15:10 (wedstryde word ook op Donderdae gespeel) o/9 wen 10 2 teen Boskop o/11 wen 8 4 teen Maragon o/13 wen 9 2 King David Victorypark Ontwikkelingspan se wedstryd is uitgestel. Gr. 1 : Donderdag Na skool tot 14:15 Kamer 22 Gr. 2 3 : Donderdag 14:00 15:00 Kamer 27 Gr. 4 7 : Donderdag 15:00 16:30 Kamer 31 Ligawedstryde Sien onder belangrike datums. LANDLOOP Uitslae Top 10 o/9-seuns Kean Swanepoel - 1ste Dian Rooseboom - 7de o/9-dogters Claudi Greeff - 1ste o/10-seuns Corné de Fouw - 1ste Francois van Zyl - 3de o/10-dogters Erika Spangenberg - 3de o/11-seuns Robbie Styger - 4de o/12-seuns Ian de Fouw 2de o/12-dogters Mathilda Steyn - 3de Zoe-Lee Bothma 9de o/13-seuns Kyle Swanepoel 2de o/13-dogters Anne Louw - 3de

Byeenkomste Sien onder belangrike datums. Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 17:00 Donderdag: 14:15 15:30 Onthou om jou tekkies saam te bring! Mnr. Jordaan INLIGTINGSENTRUM BATTLE OF THE BOOKS 2015 Michel Croucamp, Megan Townsend, Charlie de Kock, Anja Steyn, Pieter le Roux en Shaun Wilson het op Dinsdag 18 Augustus te Olivedale deelgeneem aan die eerste uitdunrondte van die storieboek-kompetisie vir skole met Engels as eerste taal. Jy moet die boeke wat jy voorberei het, op die punte van jou vingers ken. Hulle het fantasties gevaar en Sharonlea Primary met 44 punte geklop. Dit was veral in die spervuur-afdeling wat hierdie span witwarm was en die ander 3 skole laat les opsê het. Hulle kon bykans al die vrae flink, vinnig en korrek antwoord. Hulle volgende uitdunne vind plaas op Donderdag 10 September te Florida Openbare Biblioteek. Baie geluk! Ons hou vir julle duimvas vir die volgende rondte. Let your fingers do the talking! SANTAM KINDERKUNSKOMPETISIE 2015 Daar was vanjaar sowat 10 inskrywings en ons was voorwaar weer gelukkig om n wenner in ons midde te hê. Dié skets sal in Santam se aanlyn-kinderkunskalender vir 2016 opgeneem word. Jaymee Geeringh, gr. 5, is as wenner in haar ouderdomsgroep aangewys met haar skildery : Enchanted woman!. Die tema vanjaar was: Plek van jou drome! Al die inskrywings en Jaymee s n is te sien in die inligtingsentrum. Kom loer gerus daarna tydens n pouse. Baie geluk Jaymee! WOW-SPELFEES 2015 Dit dien gemeld te word dat die kompetisie in die mondelinge rondtes baie, baie straf is. U kind moet asseblief geprys word dat hulle hier kon deurdring. Dit is met desimale punte dat iemand nou uitval. Al dié spellers het werklik puik presteer! Ek is baie trots op hulle almal! Die finale punt is soos volg bereken: Die twee skriftelike toetse, sowel as die twee mondelinge toetse is verwerk na n punt uit 20. Die totaal van 40 word verwerk na n punt uit 10 afgerond tot twee desimale na die punt. U is enige tyd welkom om na die toetsies te kom loer. Baie dankie dat u en u kind so entoesiasties was oor die Wow-spelfees! Dié volgende leerders het deurgedring na die provinsiale rondte wat sal plaasvind in die middag op Vrydag 18 September te Laerskool Fairland. Briewe volg later. 6 Gr. 1 Carla Cloete Mia Moore Jako-Martin Müller Nina Niewoudt Simoné van Aswegen Marlené van Niekerk Gr. 2 Luan Espach Klarissa Pretorius Franco Roos Josiah Stroh Dirk van der Berg Rico Vosloo Gr. 3 Pierre de Villiers Lené Dyson Leah Groeneveld Nicola Nel Anshe Roos Dawid Wiggett Baie geluk aan al die spellers! Welgedaan of is dit nou wel gespel! Leanie Taljaard ALGEMEEN VERE-KAS Tye MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit Lillian Ankersmit 082 324-5034 Toediening van medikasie GR. 1 3 Indien n leerder ongesteld is en medikasie by die skool moet drink, moet u asb. die medikasie met duidelike voorskrif van die toediening aan die klasonderwyseres stuur. 10 Steps before Ritalin n Aantal van ons personeel het verlede kwartaal n baie insiggewende praatjie van dr. Hein Badenhorst bygewoon. Sy onderwerp was, 10 Steps before Ritalin. Ons deel graag hierdie 10 stappe met u oor die volgende 10 weke: Stap 3: Suiker Stabiele suikervlakke is die sleutel tot n gesonde brein. Normaliseer suikervlakte deur die uitsluiting van die meeste onbytgraan, versoete vrugtesap, colas, gaskoeldrank, koekies en hoë energie lekkers. Hou die Vinkie dop vir die volgende stappe. Gr. R: Show and tell Ses van ons gr. R-maats het aan n show and tell workshop deelgeneem op Maandag 17 Augustus by FD Rooseveldt. Elke leerder moes n item waarin hulle belangstel gaan demonstreer. Die leerders wat deelgeneem het is: Mila Robberts: Demonstreer hoe koekstruif gemaak word. Danika du Toit: Demonstreer die werking van n vulkaan.

Kaelyn Grobler: Ruben Bredenkamp: Theresa Richards: Caton Potgieter: Demonstreer die maak van n kersversiering. Demonstreer die maak van suikerkristalle Demonstreer die plant van n blommetjie Demonstreer die maak en plasing van spelers op n rugbyveld Baie dankie dat julle so dapper was om voor n saal vol mense deel te neem! Ons is baie trots op julle. STERRE VAN DIE WEEK Geen as gevolg van die oopdag. GOEIEGEDRAGSKNOPIE Gr. 1/18 Janay Horn Gr. 1/22 Mieke Jooste Gr. 1/22 Juan Loots Gr. 1/26 Talitha Jordaan Gr. 2/14 Karla Strümpfer Gr. 2/14 Joané Vorster Gr. 2/14 Isabell-Rose Lemon Gr. 2/14 Nikke Janssen Gr. 2/16 Christiaan Botha Gr. 2/16 Kaylee Snyman Gr. 4/49 Jody Burgers Gr. 4/49 Johanita de Beer Gr. 4/50 Ilandi Van Rooyen Gr. 4/50 Jayden Louw SPORT BUITE SKOOLVERBAND GIMASTIEK Daniele van der Merwe, gr. 6, het op Saterdag 7 Augustus deelgeneem aan die Gold Reef klubkompetisie in Vlak 6 o/13. Sy verwerf goud vir haar kegel en Freedance en brons vir haar balroetine. Sy wen n algehele 2de plek! Baie geluk Daniele! KARATE Dylan Buys het op Saterdag 18 Julie aan die Gauteng-Noord K a m p i o e n s k a p deelgeneem te Benoni. Hy het deelgeneem in die pers tot swart beltkategorie waar hy n 2de plek behaal het. Baie geluk met jou silwermedalje, Dylan. Ons is trots op jou! ADVERTENSIES RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL : BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUM Die derde kwartaal het begin, en nou IS DIT TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiekprogrammering. Anthea Clark, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. 7 KURSUSSE AANGEBIED DEUR ARINA LANSER Is ek as ouer gereed vir die eise van gr.1 in 2016? Die kursus word by L/s Fairland aangebied op 28 Augustus 2015 (14:30-18:00) om huidige gr.r-ouers gereed te maak en voor te berei vir die eise van gr. 1 in 2016... Die oorgang van gr. 3 na gr. 4: Waaroor al die bohaai? Die kursus word by L/s Fairland aangebied op 29 Augustus (8:30-12:00) vir huidige gr.3-ouers om hul gereed te maak en voor te berei vir die eise van gr.4 in 2016... Vir meer inligting kontak Dr. Arina Lanser 0832669575 of stuur n epos na alanser@mweb.co.za. JUSTINE VELSORGPRODUKTE Sy is kosbaar, sy is waardevol, n vrou na haar man se hart, sy is n Justine Vrou! Justine is een van Suid-Afrika se premier velsorgprodukte, en lewer reeds 40 jaar spesiale sorg vir Suid Afrikaners. Die velsorgprodukte is ontwerp vir die Suid-Afrikaanse klimaat en het vele bewyse van tasbare voordele. Justine kompeteer met internasionale produkte. Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 of marlenebohmer@gmail.com vir Justine produkte soos Tissue -olie, Anti-Aging produkte en daardie spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 5 bestellings kry 10% afslag! BETROUBARE AU PAIR My baie betroubare au pair het onlangs haar kwalifikasie vir kleuterskool onderrig voltooi en is op soek na n posisie in die oggende. Sy werk baie mooi met kinders. Haar huistaal is Engels en sy verstaan Afrikaans. Kontak my gerus op 083 273 9698 indien u meer inligting benodig. Aletta Prinsloo ANNIQUE VELSORGPRODUKTE Die helende kragte van Rooibos saamgevat in n verskeidenheid produkte. Spesiaal geformuleer en gemaak vir die Suid-Afrikaanse klimaat. Indien jy meer wil weet, reeds n kliënt is of meer wil uitvind van ons besigheidsopsies kontak my gerus. Produkte vir jonk tot oud, normale vel, droë vel, anti-aging, mans of vrouens. Ons het wat jy benodig. Wilna 072 158 6675 / E-pos: britzwilna@gmail.com n GROOT VERSOEK... VAN n KLEIN DOGTERTJIE My hart is gebreek... my beste, beste maatjie van my eerste jaar af is weg. Hy het verlore geraak op Maandag 3 Augustus na skool by die gr. R-klassies. Ons het nou al n hele week lank gesoek en gevra... asb., daar is n vergoeding vir die inhandiging van Leeutjie by die kantoor. Hy is alles... ek sukkel om te slaap en ek mis hom BAIE! Brigitte Robinson (gr. 1/24) (Patricia Robinson 082 391-0954) SUPERSEWES - KAMP (VOORBEREIDINGSKAMP VIR HOËRSKOOL) Datum: 4-8 Oktober 2015 Koste: R900 per persoon + R90 busgeld Waar: Môrester kampterrein Kontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080) Karen van Zyl (0844451520)

HUISHULP /KINDEROPPASSER BESKIKBAAR Goeie, baie betroubare huishulp/kinderoppasser beskikbaar vir n voltydse posisie met inwoning. Sy sal n groot bate wees vir n waarderende gesin. Kontak my asb. vir verwysing en verdere inligting. Diana 074 588 9595 FISIOTERAPEUT Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep Pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of taboersphysio@gmail.com. DEAN S DROP-OFF Morning & Afternoon Service... Safe, trustworthy, reliable transport service will be starting 1 September 2015. Areas: Cresta, Berario, Blackheath, Northcliff, Fairland, Florida Glen, Quellerina, Constantia Kloof, Eagle Canyon and Eagle Canyon Golf Estate. For more info: Contact Dean Luus 083 791-2169 Dean.luus@yahoo.com PIRATES JUNIOR CRICKET Pirates Junior Cricket (2015/2016) / Registration: Saturday 12th September 2014 Ages: 4-13, Time: Every Saturday 9am 11am Price: R1400 for seasonal membership or R150 a Saturday for casual membership Venue: Pirates Sports Club, 25 Braeside Road, Greenside CONTACT: Liam 071 160 4378 or gallboys@mweb.co.za or Doug 0833392986 or piratesjuniorcricket@gmail.com Seasonal membership includes: Pirates Shirt and Cap WEES MA MET JOU EIE INKOMSTE Ek help ma s om geld van die huis af te maak en kosbare tyd saam met hul kinders te geniet. Vir meer inligting click asseblief op die volgende link: www.antoinetteventer.co.za/wees-ma-met-geld of skakel my by Antoinette Venter: 082 659 2240 ADVERTENSIES DEAN S DROP-OFF Morning & Afternoon Service... Safe, trustworthy, reliable transport service will be starting 1 September 2015. Areas: Cresta, Berario, Blackheath, Northcliff, Fairland, Florida Glen, Quellerina, Constantia Kloof, Eagle Canyon and Eagle Canyon Golf Estate. For more info: Contact Dean Luus 083 791-2169 Dean.luus@yahoo.com 8

9

10

11