e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Rut: n Liefdes Verhaal

Tariewe

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

e-hervormer VOORBLAD Oor versoeking en geheueverlies

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Mandala Madness Deel 2

Teken in op e-hervormer

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Uit Moerdijk se pen Man en Media

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SIZA takes the sting out of auditing

Kerssangdiens. SA Gemeente

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

RAADSLEDE / COUNCILLORS

e-hervormer VOORBLAD Boelies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Volmaakte liefde verdryf vrees

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

19. Kerkargief en -museum

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

e-hervormer VOORBLAD Van sondaars en e-tollenaars In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Hoe om krag te spaar

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Dialoog en paragrawe *

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

INSKRYWINGSVORM

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 12 Februarie 2009 Jaargang 2 Uitgawe 2 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad VOORBLAD En die grootste hiervan is die liefde En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! (1 Kor 13: 13) Toe Hy hulle voete klaar gewas het, sê Hy vir hulle: Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Uit Johannes 13: 12 Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@ nhk.co.za Daar kan in beginsel nie fout gevind word met die idee om jou waardering teenoor jou geliefde uit te druk nie; selfs ook nie met die bossie blomme, kaartjie of lekker ete waarmee jy dit doen nie. Die blote feit dat daar n hele boek (Hooglied) in die Bybel gewy word aan die erotiese liefde tussen n man en n vrou, sê vir ons dat dit ook n plek het in God se plan vir ons lewens. Luister net na die waardering wat spreek uit die volgende vers: Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel van die ketting om jou hals (Hoogl 4: 9). Miskien sê ons dit juis te min vir mekaar. Ons hoef nie te wag vir n wêreldse dag soos Valentynsdag om dit te doen nie. God is immers n God van liefde. Maar dit is waar ons probleem inkom. God se liefde is opofferende liefde. Dit is nie net n lekker warm gevoel om die hart nie. Liefde soos die Bybel dit bedoel, is om jouself te kan gee. En dit is wat dikwels vir ons so moeilik is. Om van my troontjie af te klim en vir my man of vrou of kinders te leef. Die eie ek moet doodgaan. Die belangrikste manier om vir ander te wys dat hulle vir my kosbaar is en dat ek hulle liefhet en waardeer, is om tyd saam met hulle deur te bring. Die klassieke gedeelte in die Bybel oor die liefde is natuurlik 1 Korintiërs 13. Die volgende verwerkte weergawe daarvan verwoord iets van hierdie opofferende liefde: Al sou ek die mooiste huis in die buurt hê en met die duurste motor ry, maar my gesin geniet nie die weelde van my teenwoordigheid nie, dan is ek so waardeloos soos n nulbalans op n bankstaat. Al het ek die gawe van woorde sodat ek mense met my argumente kan swaai of groot gehore aan my voete het, en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, doen ek meer kwaad as goed. Al ken ek al die geheimenisse van die aandelebeurs; en besit ek al die kennis oor rugbyreëls; en al het ek al die geloof dat ons hierdie land met gebed kan verander, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer, langs die baan te staan as hulle speel, of hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie. Al gee ek meer as n tiende van my geld vir armes en al beroem ek my daarop dat ek aan verskeie liefdadigheidsorganisasies behoort, en ek is te moeg om vir my kind boek te lees of saam met my gesin te gaan stap, baat dit my absoluut niks. Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Liefde is om geduldig te wees met iemand wat iets nie verstaan nie, om vriendelik te wees met iemand wat iets nie regkry nie, om nie afgunstig te wees op iemand anders se prestasies nie en om nie grootpraterig en verwaand te wees oor my eie nie. Iemand wat liefhet, handel nie onwelvoeglik met ander nie, soek nie eie belang nie, is nie nukkerig met iemand wat n bietjie aandag soek nie. Iemand wat liefhet, konsentreer nie op ander se foute nie maar op hulle oorwinnings. Iemand wat regtig liefhet, praat nie oor ander se skandes nie, glo die beste van ander mense, gee hoop aan ander, en verdra ander se tekortkominge... Dr Gerhard Lindeque Skakels Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer e-hervormer www.nhk.co.za www.hervormer.co.za www.hervormer.co.za/e_hervormer.htm l 1

Dr Barry van Wyk Ds Piet Steenkamp Marna Naudé Ds Hennie Pretorius Ds Josef Steÿn Ds Frans Marais Ds Petri van Rooyen Willem Dykema Ds Hardy Kotzé Ds Hennie Aucamp BEROEPE EN STANDPLASE Kontak asseblief die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Beroep ontvang Ds Herman Gothan van Utrecht (deeltyds) na Heilbron (deelversorging). Dr Barry van Wyk van Springs (deeltyds) na Waterberg-Wes. Beroep aanvaar Ds Frans Marais van Vaalharts na Grootvlei. Vakante standplaas Gemeente Oudtshoorn beskik tans oor n vakante deeltydse standplaas. Predikante en emeriti wat graag daar wil werk, kan die skriba, Antoinette Olivier, kontak by 084 955 3106, of die konsulent, ds Ferdie Nortjé, by 044 871 2125 / 083 469 6862. PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Piet Steenkamp, wat onlangs n hartoorplanting ondergaan het, is uit die hospitaal ontslaan en sterk tuis aan. Die Kerk bid hom n spoedige herstel toe. Ds Petri van Rooyen en lidmate van Gemeente Rooihuiskraal vertrek op Donderdag 12 Februarie na Bulawayo om die lidmate daar te besoek. Sondag sal ds Van Rooyen die erediens waarneem. Die groep neem ook soos gewoonlik kosvoorrade en medikasie saam. Die finalejaarstudente van 2008 het op Maandag 9 Februarie met hulle fi nale toerusting by die Sinodale Kerkkantoor in Pretoria begin. Hulle is Willem Dykema, wat sy prakties by ds Jan-Harm Barkhuizen in Gemeente Weskus doen, en Marna Naudé (née Venter), wat haar prakties doen by dr Malan Storm van Gemeente Meyerspark. Marna is gedurende Desember getroud. Ds Martin Slabbert van Gemeente Philadelphia kan per e-pos bereik word by een van die volgende adresse: dsmartin@philadelphia.co.za of mjslabbert@nhk.co.za Vervang asseblief die foutiewe e-posadres op bladsy 56 van die nuwe Almanak. Die volgende predikante verjaar tot 18 Februarie en word van harte gelukgewens: Donderdag 12 Februarie: Ds Pieter Viljoen Saterdag 14 Februarie: Prop Larry van der Walt, prof Piet Venter en ds Eddie Vosloo Sondag 15 Februarie : Ds Johan Viljoen Dinsdag 17 Februarie: Ds Danie Struwig Woensdag 18 Februarie: Ds Peet Esterhuizen en dr Piet van Staden (Philadelphia) Gemeente Grootvlei in Pretoria is dankbaar dat die eerste beroep wat deur die kerkraad uitgebring is, op ds Frans Marais van Vaalharts, suksesvol was. Ongelukkig bring ds Marais se vertrek uit die ring van Noord-Kaapland nog n vakature in dié uitgestrekte ring teweeg. Ds Marais was ook die skriba van die ring. Ds Hennie Pretorius het onlangs die beroep na Kimberley aanvaar vanuit die Kurumankombinasie; gelukkig is Kimberley binne die grense van die ring. Ds Hardy Kotzé van Vryburg en ds Josef Steÿn van die Stellakombinasie is die ander predikante in die ring. Hulle word bygestaan deur ds Hennie Aucamp, wat as deeltydse predikant in die Kurumankombinasie werk. Indien die Ringskommissie positief reageer op die Taakspan se voorstel dat gesamentlike beplanning gedoen moet word oor die situasie in die ring, veral rondom die Kurumankombinasie waarvan gemeentes soos Upington, Kuruman, Postmasburg en Kathu deel is, sal die gesprek gedurende Maart plaasvind. Gemeente Vanderkloof is ook steeds vakant. Na die emeritaat van dr Hennie van Deventer (volledigversorgde predikant) en prof Piet Geyser (deeltydse predikant) van Gemeente Pretoria-Oos, het die kerkraad in alle erns begin met beplanning en werk rondom die beroep van n predikant. Die kerkraad het n versoek tot die 2

Ds Dries Beukes Ds Willem Breytenbach Ds Adriaan Roets Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) gerig dat prof Geyser as emeritus die gemeente pastoraal begelei tot met die uitbring van die beroep. Prof Geyser benadruk dat hy amptelik betrokke is net totdat die nuwe predikant bevestig is. Die konsulent sal steeds sy pligte nakom. Die Kommissie behandel die versoek by sy Maart-vergadering. Gemeente Hazyview het op Sondag 8 Februarie sy nuwe kerkgebou in gebruik geneem. Terwyl sommige gemeentes moet saamsmelt of ontbind en kerkgeboue verkoop moet word, het dié klein gemeente in moeilike ekonomiese omstandighede voortgegaan met sy bouprojek. Ds Willem Breytenbach is predikant van die kombinasie Sabie/Hazyview. Baie geluk aan die gemeente met die bereiking van n lank gekoesterde ideaal. Gemeente Swartkop beplan steeds vir die vul van sy derde standplaas nadat ds Marthinus van Staden die beroep na Gaborone aanvaar het. Di Dries Beukes en Adriaan Roets bearbei dié gemeente, wat getallegewys die grootste gemeente in die Kerk is. Sedert die vertrek van ds Johann de Bruin uit Gemeente Heilbron na sy nuwe gemeente, Wonderboompoort, maak die kerkraad op ad hoc-basis gebruik van die dienste van ds Nico Brayshaw, wat lidmaat is van die gemeente. Die gemeente het ds Herman Gothan intussen beroep, in deelsorghoedanigheid. Na die vertrek van ds Kálmán Papp uit Gemeente Nigel, het die kerkraad by die Ringskommissie uitstel gekry om te beroep, omdat die pastorie eers opgeknap moet word. n Besondere orrel In April is dit reeds 50 jaar sedert Gemeente Johannesburg-Wes hul 3-manuaal pyporrel in gebruik geneem het. Om dit te gedenk, bied hulle op Saterdag 18 April n orreluitvoering aan in hul kerkgebou in Tenbystraat, Westdene, Johannesburg. Kaartjies sal by die deure verkoop word teen R50 elk ten bate van die gemeente se orrelfonds. Verversings sal na afl oop van die uitvoering bedien word. Kontak Paul Bester by 083 241 5002 of 011 673 4347. Die besondere orrel met sy 1 480 sprekende pype en 22 registers is deur die orrelbouer Christian Ganser gebou. Dit het 3 848 pond gekos. Die metaalpype, hobo en dulkiaan is uit Duitsland ingevoer, en die trompet en basuin van Palmer van Engeland. Die orrel is op 26 April 1959 in gebruik geneem, en gedurende die tagtigerjare was Johannesburg-Wes een van die gemeentes wat deur die destydse SAUK gekies is vir die opneem van die program Gemeentesang in Suid-Afrika. Gemeente Oos-Moot het n vakature vir n orrelis. Aansoeke met n volledige CV kan per e-pos gestuur word aan ds Stephan van Tonder by stephanvt@gmail.com. Skakel hom by 083 415 5677 vir meer inligting. Gemeente Wonderboom het n vakature vir n orrelis. Aansoeke moet gerig word aan die skriba, Leon de Munnik, by Posbus 13599, Sinoville 0129 of wboom@nhk.co.za om hom te bereik teen 28 Februarie. Skakel die gemeentelike kerkkantoor by 012 567 3693, of mnr De Munnik by 012 567 4834, of ds Peet Esterhuizen by 012 567 6860 vir meer inligting. Gemeente Welgelegen-Pietersburg het n tweedehandse rooiletter elektroniese liedjiebord beskikbaar nadat hulle n elektroniese projektorstelsel geïnstalleer het. Dit is ideaal vir jong of klein gemeentes wat nie n projektorstelsel kan bekostig nie, en ook ideaal vir skole. Kontak George Marais by 083 300 0554 of 015 287 1251 (w). ANDER NUUS Dr Jan Oberholzer, bestuurder van die Kerk se Kinderhuise en ouderlinglid van die Kommissie van die AKV, se hartprobleem kon nie met die angiogram vasgestel word nie, en hy ondergaan tans verdere toetse. Hy word sterkte en n volkome herstel toegebid. 3

Ds Kálmán Papp Ds Piet van der Merwe Die Moderamen en lede van die Raad van Finansies het op Vrydag 6 Februarie begin beplan vir n gesamentlike werkswinkel wat op 20 Februarie gehou sal word oor die finansiële situasie van die Kerk en gemeentes. Alle fasette van die Kerk se werk gaan onder die loep geneem word, en waar nodig sal bespreking gevoer en voorstelle gemaak word oor moontlike rasionalisering. Die toenemende fi nansiële druk op gemeentes wek kommer en daar moet betyds beplan word. Die Raad van Finansies wil verhoed dat daar weer n skuldsituasie in die Kerk ontstaan. Die redaksie van die Almanak onder leiding van ds Kálmán Papp vergader binnekort om die beplanning vir die 2010-uitgawe af te handel. Die redaksie van die Bybelse Dagboek onder leiding van ds Piet van der Merwe het reeds hul beplanning gedoen en die dagstukkies word tans afgehandel. Ds Papp is nou die Sekretaris in Kerkverband by die Bybelgenootskap, maar hy sal steeds die redakteurskap van die Almanak behartig. Die datums vir vanjaar se ringsvergaderings is gefi naliseer. Die indeling vir die besoeke deur lede van die Kommissie van die AKV is gedoen en moet op 5 Maart deur die Kommissie bekragtig word. Ringsvergaderings werk vanjaar vir die eerste keer met die verkorte jaarverslae, en die bedieningsplanne van gemeentes sal vir die eerste keer deeglik onder oë geneem word. Ouderlingevergaderings en ringsvergaderings moet kommentaar lewer sodat die verslae verbeter kan word. Die volgende vergaderings vind tot 18 Februarie plaas: Donderdag 12 Februarie Moderamen Vrydag 13 Februarie Komitee Volkskerk Maandag 16 Februarie Raad vir SENTIK Woensdag 18 Februarie Direksie van Die Ondersteuningsraad Die Kerkargief benodig die dienste van n deeltydse assistent wat so spoedig moontlik kan diens aanvaar. Die pos vereis 15 uur diens per week, verkieslik in die middae. Die posbekleër moet argivalia in die Argiefbewaarplek asook die boeke in die Biblioteek fi sies verskuif, en gebruikte argiefstukke afhaal en wegpak. Die argiefassistent moet ook voorwerpe in die Museumstoorruimte hanteer. Vanweë die fi sieke eise wat die werk stel, sal die ideale kandidaat n man wees. Die kandidaat moet Afrikaans goed kan lees, selfstandig en verantwoordelik kan werk, en die vermoë hê om detail raak te sien sodat opdragte noukeurig afgehandel kan word. Die vergoeding is ongeveer R4 000 per maand (bruto, voor aftrekkings). Belangstellendes kan mnr Piet Beukes (Hoof: Menslike Hulpbronne) by piet@nhk.co.za kontak, of dr Wouter van Wyk (Sekretaris: SENTIK) by wouter@nhk.co.za. Albei kan telefonies gekontak word by 012 322 8885. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 16 Februarie. BAIE BELANGRIK! Daar word tans noodsaaklike instandhouding gedoen in die Kerk se Argief in die Dirk van der Hoffgebou. Gemeentes word opnuut versoek om nie voor 23 Maart enige argiefstukke na die Argief te bring nie, aangesien dit nie in hierdie stadium ontvang kan word nie. Dit sal ook waardeer word indien besoekers vooraf met die argivaris, mnr Nándor Sarkady, by 012 322 8885 in verbinding sal tree voordat hulle die Argief besoek. Navorsers sal nie in hierdie stadium toegang tot die Argief kan kry nie. 4

Nuus uit Die Ondersteuningsraad Die Ondersteuningsraad se kantoor in Vanderbijlpark het teen die einde van Januarie verhuis na Gemeente Vanderbijlpark, wat vir hulle kantoorruimte in die kerkgebou beskikbaar gemaak het. Die gebou is geverf en ingerig om kliënte te ontvang en projekte te bestuur. Hartlik dank aan die gemeente vir hul belangstelling en entoesiasme. Die Raad se kantoor in Elsburg is tans betrokke by die volgende projekte: SOS Koskas Hulp word verleen aan persone wat materiële nood ervaar. Die kantoor voorsien ook elke Donderdag toebroodjies en koeldrank aan 180 kinders. Nie-bederfbare produkte word benodig om die projek te laat slaag. Rondebult Satellietkantoor Elsburg-kantoor werk vanuit n satellietkantoor in Rondebult. n Klaskamer van die kleuterskool word daarvoor gedeel. Die kantoor het n stuk grond waar n kantoor opgerig kan word. n Moontlike skenking van n zozo of houer (container) sal opreg waardeer word. Beauty s Day Care Centre 50 behoeftige voorskoolse kinders woon bedags hierdie sentrum by. Die onderwysers is vrywilligers vanuit die gemeenskap. Geen fondse is beskikbaar om die kinders met hul opvoeding te help nie. Daar is n groot tekort aan skryfbehoeftes, leesmiddels, boeke, speelgoed, opvoedkundige materiaal en speelapparaat. Indien iemand met enige van die projekte kan help, kan Elsburg-kantoor by 011 824 3226/9 gekontak word. Enige hulp sal welkom wees. Die Ondersteuningsraad loods vanjaar van 25 tot 31 Mei n nasionale bewusmakingsprogram oor die regte van kinders. Dié Kinderbeskermingsprojek sal die vorm van n fotografiekompetisie aanneem waar persone (volwassenes en kinders) hul siening van kinderverwaarlosing moet uitbeeld. Daar sal drie kategorieë wees, wat laer- en hoërskoolleerlinge sowel as volwassenes insluit. Pryse vir die drie beste foto s in elke kategorie kan gewen word ( n totaal van 9 kontantpryse). n Totale bedrag van R11 000 word benodig om die onkoste en prysgeld vir die projek te dek. Dit sluit in R2 000 vir elk van die drie eerste plekke, R1 000 vir elk van die drie tweede plekke, en R500 vir elk van die drie derde plekke. n Dringende versoek word gerig vir kontantskenkings wat aangewend sal word vir die pryse in elke kategorie. Navrae kan aan dr Charmaine Fourie gerig word by 012 322 888 / 071 684 7796 / oraadpb@nhk.co.za. Die Raad ondervind steeds n groot behoefte aan skoolbenodigdhede vir kinders. Vanweë die swak ekonomiese toestande kan ouers nie meer self aan dié behoefte voldoen nie. Kontak Adri Bekker van Die Ondersteuningsraad by 012 325 2320 of 083 979 5517 as u kan help. Dr Charmaine Fourie Die Raad benodig dringend n persoon wat op vrywillige basis (as deel van sy/haar bydrae aan die Kerk) as webmeester die nodige verantwoordelikheid sal neem vir die instandhouding van hul nuwe webblad. Belangstellendes kan dr Charmaine Fourie kontak by 012 322 8885 of 071 684 7796, of per e-pos by oraadpb@nhk.co.za. 5

Mev Magda van Deventer Ds Marthinus van Staden KOMMENTAAR n Mens is altyd huiwerig om aan n suksesresep te torring, maar die redaksie het dit tog nodig geag om die ontwerp van die e-hervormer te verander, veral sodat dit kon aansluit by die voorkoms van die Kerk se webblad. Hoe het lesers ons nuwe voorkoms beoordeel? Baie geluk met die nuwe uitleg van die e-hervormer. Dis uitstekend; interessant sonder om oorweldigend te wees. Julle handhaaf n uitstekende balans. Welgedaan! Magda van Deventer InterWord Communications en redakteur van Die Christelike Vrou Ek wil net laat weet die nuwe formaat lyk pragtig! DIt is lekker en maklik om te lees en skep n uiters professionele indruk. Hou so aan. Ds Marthinus van Staden Gemeente Gaborone en samesteller van die e-hervormer tot 11 September 2008 ADVERTENSIES TUINWOONSTEL TE HUUR Rietondale Pretoria ( n rustige woongebied direk noord van die Uniegebou, met n lae misdaadrekord) Slegs vir n enkelpersoon werknemer of student wat die omgewing se rustigheid kan waardeer en handhaaf. Digby universiteite, Brooklyn en die middestad. Netjies en privaat. Groot vertrekke soos slaapkamer, badkamer, kombuis, L-vormige sit/eetkamer, voorstoep en agterstoep met private tuintjie. R2 500/maand (water en ligte ingesluit); deposito R2 500. Beskikbaar 1 Maart 2009 Veilige onderdakparkering. Geen troeteldiere. Meer besonderhede by Jan Oberholzer jan@nhk.co.za of 082 851 1081 alle ure. Die e-hervormer plaas graag advertensies vir produkte of dienste wat n private individu of instansie teen betaling aanbied. Adverteerders moet asseblief op die volgende sake let: Dit bestaan uit teks alleen (geen grafi ka nie), en die redaksie behou die alleenreg voor om die uitleg van die advertensie te bepaal. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann by produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 630 5153. Geen advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Daar kan n maksimum van drie agtereenvolgende plasings wees, of afgebroke een plasing per maand. Die koste is R100 per plasing, vir 50 tot 100 woorde per advertensie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: SENTIK Ads 6

AGTERBLAD Die nuwe Diensboek amptelik in gebruik Ds Hannes van der Merwe, voorsitter van die Raad vir Erediens, het op Donderdag 5 Februarie tydens n buitengewone vergadering van die Kommissie van die AKV die nuwe Diensboek amptelik aan die voorsitter, prof Theuns Dreyer, oorhandig. Ds Van der Merwe het die pad geskets wat die hersiening geloop het en veral dank betuig teenoor dr Elsabé Kloppers, lid van die Raad vir Erediens en hoof van die Konservatorium vir Kerkmusiek, vir haar aandeel in die werk oor die liturgiese ordes. Prof Dreyer het gesê dat die nuwe Diensboek n nuwe fase vir die eredienste in die Kerk inlui en dat daar nou n veel groter verantwoordelikheid op die predikant rus om meer aandag te gee aan die liturgie van elke erediens. Hy het n beroep gedoen op kerkraadslede en lidmate om meer te wete te kom oor die liturgiese ordes in die erediens. Die Diensboek kan onder meer met vrug gebruik word by Bybelstudiegeleenthede. Kerkrade is ook versoek om die Diensboek op Sondag 15 Februarie feestelik tydens die erediens in gebruik te neem. Die nuwe Diensboek bevat nie die belydenisskrifte nie. Laasgenoemde sal apart uitgegee word nadat dit nuut vertaal is deur die verskillende kerke. Die belydenisskrifte is wel beskikbaar op die Kerk se webblad by www.nhk.co.za. Die Diensboek is by SENTIK beskikbaar teen R50 (posgeld uitgesluit). Bestel van mev Susann van Zyl by 012 322 8885 of sentik@nhk.co.za. Dr Elsabé Kloppers, prof Theuns Dreyer en ds Hannes van der Merwe Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Redakteur: Prof Piet Geyser Subredakteur: Dr Gerhard Lindeque Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Francis Coertse 7