Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Hartklop 26 Oktober 2014

BenguFarm Bestelvorm

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

Kerssangdiens. SA Gemeente

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Mandala Madness Deel 2

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoe om krag te spaar

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Rubriek vir skeppende werk

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Webadres: Die Pastoor se pen:

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Mag ons aan die einde van 2019 terugkyk en bly sê: Dit was waarlik n geseënde Jubeljaar. Ons het feesgevier en reggestel wat nie reg is nie.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

die ArtKat Jaar program

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Helderstem. Op pad met. Het jy n storie?

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Sterdansers by Vensters.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Dankie aan God ons Vader. Kotzé van Wyk VOORSITTER. 30 Mei 2016

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Dialoog en paragrawe *

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Transcription:

HARTLIK WELKOM! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTKLOP Moedersdag... ma, ek skryf vir jou n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net sommer n kaalvoet gedig - want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou here god jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam die breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie Antjie Krog (Geneem uit Groot Verseboek van DJ Opperman) Wees LIG! Wees LIG! 14 MEI 2017 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 21 MEI DR WILHELM BURGER JAK. 3:13-18 1. Wat is die verskil tussen slim wees en wys wees? Gee jou eie definisie van beide woorde. 2. In vers 14 word van selfsug en jaloesie gepraat. Dit is die teenoorgestelde van wysheid. Dink aan voorbeelde van selfsug en jaloesie tussen mense. En in ons land?. 3. Vers 17-18 beskryf die kenmerke van wysheid. Ken jy sulke mense? Meet jou eie lewe aan hierdie kenmerke en praat met God daaroor. TEENTRIX AANDDIENS VANAAND @ 18:00 GEMEENTESENTRUM Ons nooi graag alle tieners spesiaal uit. Welkom! HARTLIK WELKOM DOOPOUERS Sylvia & Brünner du Toit Met baba Mia Ons bid Vader se seën vir julle. VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER CHRISTENE HET HEMEL OP AARDE (Kol. 3:1-3 en 12-15) DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Jeugwerk Een van die mees vervullende ervarings wat mense kan hê, is om lief te hê en om liefgehê te word. God het aan ons die gawe van familieskap gegee as die plek waar ons hierdie koestering ontvang en deel. Verder is die huwelik bedoel as die verhouding waarbinne 'n mens vervulling op die innigste manier mag beleef. Onvoorwaardelike aanvaarding, aanvulling, diensbaarheid, kameraadskap, getrouheid, vrede. Tog ervaar ons soms binne families die diepste pyn en eensaamheid. Huwelike is nie maanskyn en rose nie. Tere liefde voel pyn op sy ergste. Op Moedersdag soek ons riglyne in die Bybel sodat ons herinner kan word aan God se droom vir families... en om natuurlik weer sy beloftes van hoop en genesing vir onsself toe te eien.

DINSDAG 16 MEI SOPKOMBUIS WOENSDAG 17 MEI 11:00-13:00 KLEREKAS BYBELSKOOL 2017 18:00 by NG Hermanus Dr Johan van gee n oorsig van die OT en vertel vir ons van die onskatbare waarde. Ons sluit tot na Pinkster. Almal is welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895. KINDER- PINKSTER Ons is baie opgewonde dat Ds Anton en sy span vir ons Kinderpinkster gaan aanbied in die Ons- Teater elke aand terwyl die dienste in die sentrum aan is. Ons nooi graag alle Laerskool kinders. Welkom!! PINKSTER BY ONRUSGEMEENTE PINKSTERDIENSTE PROF STEPHAN JOUBERT 28-31 MEI @ 09:00 & 18:30 TEMA: GOD IS NOU HIER Sondagoggend: Habakuk: Vanaf God is nêrens ('God is nowhere') tot God is nou hier ('God is now here') Sondagaand: Jesus is in die dorp Maandag: Die Gees is hier Dinsdag: Die koninkryk van God is hier DONDERDAG 18 MEI BYBELSKOOL 2017 by NG Onrusrivier (09:00) DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Vriende se Basaarreëlingsvergadering, op Donderdag 18 MEI 2017 om 14h30, by die tehuis. SONDAG 21 MEI 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 38) Rooitrein en Bybelgroepe tydens die erediens. 09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger gaan voor. 18:00 AANDDIENS: Ons nooi spesiaal al ons tieners Kom loof, sing en gesels saam. Alle volwasenes is net so welkom. Ouers, kom gerus saam met u tiener. Teentrixgroepe na die diens. NUWE U3A AFRIKAANSE REEKS Die University of the Third Age (U3A) bied gedurende Mei en Junie n lesingreeks met relevante aktuele onderwerpe in Afrikaans aan. Koste is R10 vir lede en R25 nie-lede. WAAR: Katolieke Kerksaal @ 10:00-11:00 PROGRAM 15 Mei: Prof Andreas van Wyk - Suid-Afrikaanse staatskorporasies: Hoe kan dinge so verkeerd loop? PINKSTERFEES MUSIEKAAND HEINZ EN ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER VRYDAG 2 JUNIE @ 19:00-21:00 R120pp Volwassenes R50pp Skoolgaande kinders (Beskikbaar by die kerkkantoor) Ter befondsing van Sendingbediening / Jeuguitreike. Beide kunstenaars gaan sing en hul getuienisse deel. Heinz gaan meer deel oor hoekom hy gekies het om gospel te begin sing en die pad wat die Here met hom vanaf Idols gestap het. Aletté-Johanni gaan deel oor haar verhaal en vrou wees in die post-moderne era wat Christus in jou lewe seevier. 22 Mei: Prof Willie Breytenbach - Die Posisie van die ANC in 2019. 29 Mei: Dr Estan Calitz - Suid-Afrika se internasionale finansiële posisie. 5 Junie: Kerneels Breytenbach - Misdaadliteratuur in Afrikaans. 19 Junie: Prof Albert Grundlingh - Hensoppers en Joiners gedurende die Anglo-Boereoorlog en die maak van ander oorlogsgeskiedenisse. 26 Junie: Jeanette Stais - Sy praat oor die ondervindings met die skryf van haar boek Katoog. Navrae: Therina 082 335 8797 of therinadupisani@gmail.com

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan 072 903 9189 NOODKETTING Sheila du Toit 082 895 9479 GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Basie Strydom, Mariska Wagenaar, Chantelle Theron (Kanker) Hester van Tonder Piet Hoffman Herstel na operasie Piet Haumann, Barney Els, Deon Smit, Amanda Symington (Bestraling / Chemo) Elize Hardy Eben Kotze Antoinette Wiggens Hennie Botha Marietjie Pieterse Rynhardt Smit Krappies Carstens Bets Eksteen Jan Siebrits Lorraine & Louis Fourie Magriet du Plessis Sorgeenheid Scleredoma Sterk aan Chemo Sterk aan Brandwonde Hospitaal Verswak Negester Hanlie Chambers wag op Lewer oorplanting (Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter) Alle lof en dank aan ons hemelse Vader wat deur Ds Michiel en soveel gemeentelede ons spontaan ondersteun het toe Franso verlede Sondag tydens die diens ongesteld geraak het. Dit was uiteindelik vir ons n geestelik verykende belewenis. Met dank en ryke seënbede vir elkeen, ook vir die personeel by die kerk. Marlene Olivier WEEK 15-21 MEI GEBED BEDIENINGE: Ons bid vir al die bedieninge by MAANDAG 15 MEI die kerk. Dankie Here vir dit wat u hier in plek kom sit het. Ons bid vir elke persoon betrokke en wat dien, dat u hulle sal leer, inspireer en sal seën om U seën te gaan uitdra op soveel verskillende maniere. Ons bid ook dat u nog mense sal oproep om te dien en laastens bid ons vir die nuwe bedieningsleiers wat poste moet vul op die kerkraad. Ons wag op u Here! PERSONEEL EN LERAARS: Ons dank Vader vir die DINSDAG 16 MEI span wat Hy by Onrusgemeente bymekaar gesit het. Ons bid vir elkeen van hulle en ook vir hul gesinne vir beskerming, krag, baie energie, n oormaat liefde en dat die Heilige Gees in elkeen se lewens sal inspreek. Ons bid vir hulle vir gehoorsaamheid aan die Heilige Gees, n fyn luister na Vader se stem en om in Jesus se voetspore te bly stap. ONRUS DIENSSENTRUM: Dankie Here vir WOENSDAG 17 MEI hierdie wonderlike sentrum wat u ons gemeente en die gemeenskap mee seën. Dankie vir die omgee, liefde en sorg wat daaruit vloei. Ons bid vir elke persoon daar betrokke en wat daar dien, dat u hulle sal seën en elke dag vul met nuwe krag en inspirasie om u werk daar te doen en waarlik hande en voete aan die evangelie te gee. DONDERDAG 18 MEI ALLEEN MENSE: Ons bid vandag vir mense wat alleen is in hierdie wêreld - oud en jonk. Ons bid dat u hulle bewus sal maak van u hand oor elkeen en dat u ook mense op hul pad sal stuur wat hulle sal raaksien, ondersteun en deur die mure sal sien. Dankie dat ons weet, selfs al voel ons alleen, ons is nooit alleen nie. DIENSTE SONDAG: Vader, ons dank U vir die VRYDAG 19 MEI voorreg om in hierdie land steeds vrylik na n kerk toe te kan gaan op n Sondag sonder vervolging. Ons eer U daarvoor. Ons bid ook vir hierdie Sondag se dienste, vir Wilhelm wat voorgaan in die oggend en vir Anton wat voorvat in die aand. Wil u deur hulle u boodskap duidelik en suiwer laat kom met die krag en salwing van die Heilige Gees. Ons bid ook laastens vir die hele Musiekbediening. Ons bid vir Lesinda, die koragiete en musikante wat voorgaan in die oggende. Ons bid ook vir Almarie en die Teentrix band wat voorgaan in die aande. Dankie Here!!

AANDAG ALLE KUNSTENAARS AUGUSTUS IS SENDINGMAAND BY ONRUS TEMA: STUUR MY! Ons nooi graag alle kunstenaars om nou reeds n kunswerk te maak, skilder, teken, verf, plak Ons sal graag tydens Augustus die kunswerke oral in die kerk wil uitstal as deel van die maand se aktiwiteite. Navrae: Karin Foto bo: Louise het haar vriendinne na die Kolwyntjie genooi vir n lekker kuier om die tafel. Foto bo: Joan het haar vriendine bedank wat haar so wonderlik ondersteun het tydens haar siek. Dankie Kolwyntjie vir so n vriendelike plek en diens! Een van die seniors by Kidbrooke doen n dankie dans vir die heerlike kuier! ONS KINDERS REIK UIT! Sondagoggend 7 Mei het die Graag 4 Bybelgroep kinders vir die seniors by Kidbrooke gaan bederf en muffins en baie liefde! Dit was n wonderlike ondervind vir jonk en oud en almal gaan beslis hierdie energieke, liefdevolle, breë glimlag gesiggies onthou.

DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 Deur die genade van God KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM MAANDAG 15 MEI (DIENSENTRUM GESLUIT) JUKSKEI OM 09H45: kom speel saam met Sakkie du Toit jukskei en geniet die baan agter die DINSDAG 16 MEI Dienssentrum. 10h00-12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 09h30. Tel: 073 218 1789. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00-13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz. KREATIEF: Kom wees kreatief en werk lekker saam om 10h00 in die sitkamer van die Dienssentrum. Kom deel u talente met ons - ons is gereed om nog te leer en wil graag. WOENSDAG 17 MEI TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed. Fooie mag aangepas word vir ekstra prosedures soos deur Marilyn bepaal. 10h00: KOM BREI SAAM MET... DONDERDAG 18 MEI DR. HOEPIE HOWELL. Sit rustig, brei/wees kreatief, ontspan en luister na haar voorlesings. Mans kan ook kom en rustig saam sit en luister. KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 19 MEI 09:30-11:30 Baie dankie aan al die getroue ondersteuners asook nuwe gaste wat die KOLWYNTJIE kom besoek. Dis heerlik om julle met JESUS se liefde te ontvang en te bedien! Vir net R30 kan jy 'n heerlike koppie vars filterkoffie of tee saam met 'n smaaklike soet - of soutgereg van jou keuse geniet. Vir groepbesprekings skakel Marie 083 457 1896 en as dit moontlik is so 'n week of 2 voor die tyd. U is almal baie welkom!! ONSTEATER FILMS Daar sal GEEN vertoning wees die 25ste Mei nie, as gevolg van Hemelvaartdiens. Daarna sluit die Teater vir die wintermaande. Baie dankie vir almal wat die flieks so getrou ondersteun het. Dit was net 'n groot vreugde om saam met julle dit te geniet. Sal die persoon wat in die toekoms die flieks wil vertoon asseblief met Erika kontak maak of skakel Marie (028 316 4018). Baie dankie! DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING JAARGELD: Jaargelde is betaalbaar vanaf 1 Maart. As 'n mens aan 'n organisasie/klub behoort moet jy jaarliks jaargeld betaal - dit is ook so met die Dienssentrum. Om aan die dienssentrum te behoort vra ons jaargeld. Uit die jaargeld kry u goedkoper haarversorging, goedkoper voete- en hande versorging, goedkoper tee en eetgoed by die teetuin en gaan u ook goedkoper op uitstappies. Ons het die jaargeld vir 2017 aangepas. Ons vra R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. U kan die jaargeld afbetaal of u kan dit eenmalig betaal by Joan/Hannie. Indien u nie die jaargeld kan bekostig nie praat asseblief met Hannie/Joan. Ons sal luister en 'n aanpassing maak. PRAATJIES: Dinsdag, 23 Mei, om 10h00 praat dr. Hoepie Howell (psigiater) oor hoe dink mens aan/oor jou dood. Dit is en bly 'n moeilike onderwerp vir baie mense. Kom luister en hoor wat u kan doen om oor die dood te kan praat en om ook mense rondom u te help daarmee. ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM MARK: Daar word weer 'n markie gehou op Vrydag, 2 Junie, om 9h00-12h00 by die Dienssentrum. Die koste is R20 per tafel en word betaal wanneer die tafel bespreek word by Joan/Hannie (028 316 1745). ONRUSRIVIER MARK: Ons verwelkom vir Charlotte Swanepoel wat die Onrusrivier Markie oorneem by Ina van Rooyen. Charlotte gaan die Onrusrivier Mark as 'n bediening van die Onrusrivier Dienssentrum hanteer. Dit beteken dat sy 'n deel van haar wins met ons deel. Mag die Here haar seën in haar projek/bediening!

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Johan Symington 082 546 7415 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) wees DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 KOSPAKKIES 22 MEI DV Mag ons vra vir HAWERMOUT en SARDYNE IN TAMATIESOUS? Baie dankie vir al die gereëlde bestanddele wat so getrou in die kratte by die deure geplaas word. Dit word BAIE waardeer! Vir enige navrae oor die Kospakkies, kontak asb Joep/Marie 028 316 4018. PARKEERDIENS OP SONDAE Ons het dringend u hulp nodig asb. Ons kort nog parkeerbeamptes op Sondagoggende om almal te verwelkom en help reg parker. Wat behels dit? Elke Parkeerdiens Beampte doen n maksimum van 40 min. diens voor Kerk; +- 1 Sondag in die maand. n Diensrooster word opgestel as riglyn; waar die beamptes diens verrig n lys van telefoonnommers van alle Beamptes word voorsien, sodat hulle kan uitruil soos dit hulle pas. (Indien ons meer as 6 Beamptes kry, kan daar aflos Beamptes op die lys geplaas word om ook te help met uitruil beurte.) Vir enige navrae, kontak asb vir Willie of Poppie op 0827712944 / 0845155290 / Tel. No. (H) 028-3161024 of e-pos: wilpie@whalemail.co.za KLEREKAS - WINTERSKLERE DRINGEND NODIG ASB Die klerekas vra dringend enige wintersklere (kinders, mans en vroue) - die kaste is leeg en dit raak koud!! Gaan loer gerus deur u kaste vir klere wat u nie dra nie... iemand het dit nodig. Baie dankie! CHILD WELFARE HERMANUS (CWH) SEEKS TO APPOINT A GENERAL MANAGER, based in Hermanus, to take responsibility for the operational functions of the organisation. S/he is expected to be passionate and committed to the protection of children, and the mission and vision of the organisation. To apply, please submit the following to info@hermanuschildwelfare.org.za: Closing Date: 1 June 2017 (MEER INLIGTING BY DIE KERKKANTOOR) NOTULE-SEKRETARESSE GESOEK Kidbrooke Place Aftree-oord benodig die dienste van `n bedrewe persoon om een maal per maand die notule van hul bestuurskomiteevergadering af te neem. Vergaderings word op die 4de Woensdag van die maand gehou vanaf 10h00 tot ongeveer 12h30. Eie skootrekenaar is nodig en `n elektroniese opname van die verrigtinge sal beskikbaar wees. Vergoeding kan onderhandel word. Rig navrae asseblief aan Johan Prinsloo by tel. 028 316 2893. CALITZDORP UITREIK (15-21 JULIE) Ons het hierdie jaar weer die geleentheid om 'n uitreik span na Calitzdorp in die Klein Karoo te neem. In Calitzdorp gaan ons deel van 'n groter span vorm wat saam met twee sendelinge vanuit die Kaap (wat nou in Calitzdorp bly), 'n paar gemeenskapsprojekte gaan aanpak. Buiten die projekte gaan ons ook spesifieke programme met die die kinders en die tieners hardloop en ons gaan tyd kry om familiese by hulle huis te besoek. Voorbidding sal waardeer word! Calitzdorp raak gedurende die wintermaande ysig koud en ons vra dat die gemeente serpe en "beanies" brei vir die die kinders van die gemeenskap. Hierdie uitreik is 'n week lank (15-21 Julie) en die finansiele implikasie wat daarmee gepaard gaan is taamlik uitdagend. Die kostes is R1100 per uitreiker en ons wil die gemeente aanmoedig om hande te vat en indien moontlik, finansieël te ondersteun. Hierdie uitreik is verseker 'n geleentheid waar die "tekkie die teer slaan" wanneer dit kom by ons geloof en ons sê byvoorbaat dankie vir al U ondersteuning! Vir enige navrae, kontak asb vir Ds Anton. SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand ( n besigheid in ons dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te doen). Ons eer God vir julle gehoorsaamheid en liefde en bid Vader se seën oor jul besigheid en gesinne.