Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Direkte en indirekte rede *

Mandala Madness Deel 2

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Gold Results. Daily Entry Surname Name Class Number

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hoe om krag te spaar

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

September Na God se hart...

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SIZA takes the sting out of auditing

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Maand-Krant JULIE te laat kom. EENHEID EN VERSKEIDEN- HEID IN ONS EREDIENSTE

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Kerssangdiens. SA Gemeente

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Maand-Krant OKTOBER 2013

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Rubriek vir skeppende werk

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

Maand-Krant DESEMBER 2013 & JAN 2014

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Pasteur en Lister oorwin kieme *

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Maand-Krant. RIGLYNE OOR BEGRAFNISSE IN WAPADRANT-GEMEENTE. (Begrawe of Verassing?)

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Missionary Perspectives in the New Testament

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

G. J. du Preez

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Transcription:

Maand-Krant OKTOBER 2015 EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha (Uit: E-Kerk, My Wêreld Nuusbrief) Die wetenskaplike vra vir die predikant aangaande sy geloof in God: How do you know that you re not deluding yourself? For me, I need proof. Die predikant antwoord: Proof? Hm Did you love your dad? Your father: did you love him? Sy (wetenskaplike): Yes, very much. Hy: Prove it. Die predikant is Palmer Joss, gespeel deur Matthew McConaughey in die rolprent Contact (1997). Die wetenskaplike is Ellie Arroway en word gespeel deur Jodie Foster. Sy is iemand wat niks kan aanvaar wat nie met sintuie waargeneem kan word en empiries bewys kan word nie. Net so eis baie mense vandag van Christene dat ons God, geloof of die waarheid van die Bybel moet kan bewys. Kom ek val sommer met die deur in die huis. Het jy geweet die hoogste en belangrikste waardes in die heelal kan nie bewys word nie? Hoe belangriker n waarde, hoe minder kan dit bewys word. In elk geval nie deur die wetenskaplike metode van observasie nie. Ons kan nie bewys dat liefde n belangrike morele waarde behoort te wees nie. Ons kan bewys dat baie mense dink dis belangrik. Maar bewys dat dit so móét wees? Nie sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, godsdienstiges of niegelowiges) dat ons dit as n fundamentele waarde behoort te ag. Ons kan nie eers bewys dat liefde bestaan as n emosie nie. Dis waarom Ellie Arroway in Contact nie kon bewys dat sy haar pa liefgehad het nie, alhoewel niemand enige rede sou kon hê om dit te bevraagteken nie. Dit was Nietzsche se hele punt: alle goeie dade wat ons vandag kan interpreteer as liefde was volgens hom maar net magspel. Ek maak vir my vrou die deur oop, koop blomme, was die skottelgoed bloot omdat dit lewe vir my makliker maak en sal maak dat sy vir my gee wat ek wil hê. Ons kan dus bewys dat mense bewéér hulle leef in liefde, maar bewys dat dit bestaan? Dis nie so eenvoudig nie. Tog aanvaar ons almal die bestaan van liefde. Ons kan nie belangrike morele waardes bewys nie. Ons kan byvoorbeeld nie bewys dat dít wat die Nazis aan die Jode gedoen het tydens die tweede wêreldoorlog, verkeerd was nie. Tog aanvaar meeste van ons dat dit gruwelike wandade was. So belangrik soos wat die wetenskap is kan die wetenskap homself nie eers bewys nie! Wanneer n wetenskaplike byvoorbeeld deur die mikroskoop kyk word die lig-impulse deur sy oë gestuur na sy brein wat die impulse moet interpreteer. Ons het geen manier om wetenskaplik te bewys dat hierdie 1

waarnemings en interpretasies van ons as mense deur middel van ons brein en bewussyn korrek is nie. Tog aanvaar meeste van ons dat die realiteit geken kan word en dat ons die wêreld om ons getrou kan waarneem met ons sintuie. Dit word egter in geloof aanvaar want presiese sekerheid kan ons nie gee nie, selfs nie eers die wetenskap nie. So ook met God en geloof. God kan nie bewys word nie want Hy staan buite tyd en ruimte en die wetenskap kan slegs die materiële wêreld waarneem binne tyd en ruimte. Ons kan egter God se vingerafdrukke in die natuur en wêreld raaksien en deur middel van gesonde argumentasie en denke sekere afleidings oor God maak. Dit kan ons weer lei tot redelike waarskynlikheid aangaande dit wat ons glo (en diep denke aangaande God is uiters noodsaaklik vir ons geloof!). Maar bewys? Nie sommer nie. Mense wat dus vir klinkklare objektiewe antwoorde soek moet maar weer dink. In Jesus se tyd het mense ook objektiewe bewyse gesoek deur te vra vir wonders en tekens. Eers tekens, dán sal hulle glo. Nie so met Jesus nie. Hy sê vir die Jode by die huttefees: As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom Johannes 7: 17. Jesus sê dat sekerhede oor Hom juis die teenoorgestelde kant om werk: Éérs volg, éérs gehoorsaam wees, dán sal jy die waarheid sien, sien dat Jesus die waarheid is. Dis duidelik regdeur die evangelies. Toe elkeen van die dissipels hulle vriendskap met Jesus begin het was geen een van hulle seker oor Jesus nie. Dit was die stap op die pad sáám met Hom wat hulle later oortuig het. Aan die einde van die fliek Contact beleef Ellie Arroway hoe geestelike waarhede werk. As wetenskaplike wou sy nog altyd eers die feite kry en dan n opinie vorm. Sy beleef egter toe n baie persoonlike geestelike avontuur wat sy nie kon bewys of verduidelik aan enige iemand anders nie, maar wat haar vir altyd verander het. Terwyl sy deur n baie emosionele sessie moes gaan waar sy onder kruisverhoor staan deur haar medewetenskaplikes, kan sy geen enkele bewys van haar ervaring op die tafel plaas nie. Sy probeer verduidelik met die volgende woorde: I had an experience that I can t prove I can t explain it but everything that I know as a human being tells me that it was real. I was given something wonderful, something that changed me forever a vision of the universe that tells us undeniably how tiny and insignificant and how rare and precious we all are a vision that tells us that we are part of something that is bigger than ourselves, that we re not that none of us are alone. I wish I could share that. I wish that everyone could even for one moment feel that awe and humility and hope but that continues to be my wish. Sy beleef n diep geestelike ervaring van onuitspreeklike skoonheid en sy kan dit nie bewys nie. Haar gewilligheid om deel te neem aan die ervaring het egter aan haar die mees waardevolle en fundamentele geestelike kennis besorg: Daar s n groter Realiteit wat die wêreld en alles in die wêreld bymekaar hou en dit kan nie bewys word nie, nie deur die wetenskap nie. Jy moet, soos sy, eers die ervaring betree, dit binnegaan en dit leef, dán kom die begrip. Die dieper waarhede van die lewe kan nie bewys word nie. Dit kan net beleef word. Dis waarom Jesus ons uitnooi met die woorde Volg My. Volg My en kom beleef dat Ek die waarheid is. En wanneer ons Hom volg mag ons agterkom how tiny and insignificant and how rare and precious we all are that we are part of something that is bigger than ourselves, that we re not that none of us are alone 2

KOEKVERKOPING Ons kleingroep hou eenkeer per maand n koekverkoping op n Sondag tussen die twee oggend-eredienste. Die fondse wat ons insamel word vir uitreikprojekte gebruik. Die volgende verkoping word beplan vir 25 Oktober ná die eerste oggenddiens. Dit vind plaas in die saal. Enige skenkings van gebak sal baie waardeer word. Bring >asb ook geld saam om van die gebak te koop en kom ondersteun ons! Vir meer inligting kontak Kobie de Ronde by 079 510 5482. Kleingroep G028 ########## BESOEKE AAN DIE PAUL JUNGNICKELTEHUIS (PJN) Prof Amie van Wyk Dit is Donderdagmiddag 17:00. Rondom my sit n groepie inwoners, talle in rystoele. Hulle is verstandelik en/of liggaamlik gestrem. Sommige se hande is erg misvorm, ander se bene en voete, nog ander se liggame. Sommige praat moeilik en byna onverstaanbaar. Hulle is altyd buitengewoon vriendelik en blymoedig en as ek vra hoe dit gaan, kom die antwoord spontaan: Baie goed, dankie, dominee. En woon julle lekker? Ja, dominee. Is die kos lekker? Ja, dominee. En is die versorging goed? Ja, dominee. Sedert 17 Februarie 2013 lê ek elke twee weke by hulle n besoek af en dan bring ek n kort boodskap uit die Bybel. Soms vra ek een van hulle om n gebed te doen en soms sing ons n lied saam. Die woorde kom soms stotterend, maar die Here luister na elke gebed en elke lied, dit weet ons. Aan die begin het ons groepie uit tien-plus bestaan en vanjaar was ons al by geleentheid 33 saam. Hier verdwyn alle teologiese probleme, of anders gestel: verkry dit n diepte wat n teoloog laat steier. Ek besluit om vanjaar die wonderwerke van Jesus te behandel, en iemand vra: Dominee, as Jesus soveel mense van hulle kwale kon genees het, waarom genees Hy dan nie ons ook nie? Jy tas na antwoorde. Jy wys daarop dat die groot Geneesheer ons van die grootste wonde, naamlik die sonde, genees. Ook daarop dat Christus nie alle siekes van sy tyd genees het nie. Verder dat Paulus drie maal gebid het dat die Here die doring in sy vlees moet wegneem maar moes hoor: My genade is vir jou genoeg. Jy wys op die beroemde woorde van Jesaja: dié wat op die Here wag, kry nuwe krag. Die Here gee dikwels nie krag vóór die swaar tyd nie, maar ín die swaar tyd. En dan uiteindelik: in die Groot Toekoms sal daar geen wonde of siekte of gebreke meer wees nie. En jy wonder: is só n antwoord troosryk genoeg vir n gemoed vol vrae en n liggaam vol pyn? Die begripsvermoë van die meeste is verswak en die evangelie moet in sy eenvoud gebring word. Hulle ken dit, dit staan in Johannes 3:16, hulle omhels dit van harte. In bostaande uiteensetting word verwys na die inwoners van Paul Jungnickeltehuis in die ooste van Pretoria. Die tehuis is vernoem na die gestremde seun Paul van dr en mev Arrie Jungnickel. Die deure van die tehuis is in Mei 1983 geopen. Aanvanklik is behuising aan 42 volwasse persone verskaf, maar vanweë eenwording met n ander tehuis word uiteindelik 139 gestremdes versorg. Tans word die tehuis deur die (nie-winsgewende) Kungwini Welsynsorganisasie beheer en van die volgende items voorsien: basiese mediese versorging; voedselsekuriteit; washuisdienste; beskermde werkswinkel; terapeutiese programme; sosialiseringsprogramme; religieuse programme en maatskaplike werkdienste. 3

Benewens die tehuis word ook talle ander welsyns- en opheffingsprogramme in die omgewing onderneem. Aan die hoof van PJN staan Thea de Bruyn, n lidmaat van die Gereformeerde Kerk Wapadrant. Elke keer voordat ek by die tehuis gaan besoek aflê, stuur ek n sms aan Neels Schutte (links op die foto), wat as kontakpersoon optree en die ander laat weet dat die dominee op pad is. Vanjaar het een van die inwoners, Fourie Snyders, belydenis van die geloof in Wapadrantgemeente afgelê. Dit was aandoenlike oomblikke. Webblad: www.kwo.org.za of e-pos: info@kwo.org.za >>>>>>>>>>> BRIEF AAN AL DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SA Uit verskeie oorde het dit onder die aandag van die Kuratore gekom dat daar talle lidmate is wat teologie wil studeer en hulle vir die bediening wil bekwaam, maar wat deur omstandighede daarvan weerhou word om by die Teologiese Skool in Potchefstroom vir studie aan te meld. Van die redes wat genoem word, is gebrek aan fondse, 'n vaste beroep wat hulle nie vir die duur van die studietyd kan prysgee nie, of 'n ontoereikende matriekkwalifikasie. Daarom bring die Kuratore die volgende onder die aandag van die kerke: (1) Opleiding by die Teologiese Skool in Potchefstroom (TSP) is inderdaad die beste weg vir voornemende predikante om vir die bediening in die GKSA toegerus te word. (2) Met goedkeuring van die Sinode is daar egter 'n weg geskep waarlangs die eerste vier jaar van predikantsopleiding van die TSP beskikbaar gestel word vir kandidate wat nie na Potchefstroom kan kom nie of wat nie die studie kan bekostig nie. Dit is naamlik deur die proses van afstandsonderrigleer (OAL) vanaf die TSP en die NWU, wat deur inisiatiewe van die maatskappy Docenda aan studente buite Potchefstroom beskikbaar gestel word. (3) Voornemende kandidate wat daarin belangstel om hulle opleiding of deel daarvan langs hierdie weg te ondergaan, word versoek om by die Kuratore van die TSP die nodige aansoek te doen. Aansoekers word gevra om daarmee saam 'n duidelike motivering aan te heg waarom die studie nie in Potchefstroom kan plaasvind nie. Vir meer inligting en aansoekprosedure word belangstellendes versoek om te skakel met die Registrateur TSP, tel. 018 285 2351, of by die volgende e-posadres: ami.dutoit@nwu.ac.za. (4) Voornemende kandidate wat oor 'n matriekkwalifikasie met vrystelling beskik, maar nie ʼn APS-telling van minstens 24 het nie, en dus nie toelating tot BTh kan kry nie, kan by die NWU aansoek doen om Uniprep, ʼn oorbruggingsjaar, te voltooi ten einde toelating tot BTh te kry. Uniprep is ʼn afstandprogram. U broeder in Christus, Posbus 20004 Noordbrug 2522 Tel (018)299 1846 Faks(O86)772 0519 ami.dutoit@nwu.ac.za Prof GJC Jordaan REKTOR TSP (Namens Kuratore) 4

Broeders en susters in die Here Ek neem die vrymoedigheid om namens die deputate vir ekumeniese sake die verslegtende toestand van ons medegelowiges in Suid-Soedan onder u aandag te bring. Die burgeroorlog daar stuur op ʼn groter-wordende ramp af wat derduisende mense haweloos en sonder kos laat. Ek het van ds. Patrick Jok van die Sudanese Reformed Churches, met wie ons ekumeni ese eenheid het, die volgende verneem: The humanitarian situation of our members as well as of the country is growing bad. We have been hoping that peace would come, but the indicators are showing the opposite. We need your prayers. Baie van die lidmate woon tans onder haglike omstandighede in VN-vlugtelingkampe. Die finansiële hulp wat ons verlede jaar kon verleen, het ʼn verskil gemaak, maar is lankal uitgeput. Ons vra vir u ernstige voorbidding! Malan van Rhyn (VDM) <<<<<<< Kruis- Kultuur Nuus Met elke nuwe groen blaar speel die lente se orkes toenemend driftig die melodie van n nuwe lewende groeiseisoen. Al meer bome vee slaap uit die oë en gaan koop nuwe klere vir die jaar wat kom. Daar is baie kleure om van te kies maar die bome kies altyd groen, of jy nou n dik boom is met maer takke, of n lang maer boom met krom wortels, groen bly die populere keuse! Vet stamme, maer stamme, kort stamme, lang stamme almal lyk en voel ewe pronkerig in lente groen. Mens hoor nooit n histeriese boom uitroep: hier-die groen gaan nie by my pas nie want ek het dié winter te veel bas aangesit! Nee, die lente se mooi sit nie in die hoogte van die boom of die buiging van die tak nie maar in die glans van n juigende nuwe lewe wat gedra word met innerlike blydskap. Die lente se groen is n ander soort groen as die diepgroen van n selfversekerde somerblaar, dis n ligte groen, n nuwe groen, n bly-wees groen asof daar n gloeilamp in elke blaar aangeskakel is. Dis n boom wat sê: ek het hoop vir die nuwe jaar. Dalk kan ons n ding of twee by die Here se skepping leer, miskien moet ons nie ons geluk soek in hoe ons lyk of waar ons geplant is nie, maar in die nuwe lewe wat God deur ons laat vloei. Ook ons is lote aan n Wingerdstok wat lewenssap nie uit ons omstandighede put nie maar drink uit die oorvol Bron waaruit ons groei. Dalk word party bome so oud omdat hulle nie al hul ou blare saamdra nie maar elke jaar die oud afgooi en nuut aantrek vir die nuwe geleentheid wat die Vader gee. Dalk kan hulle so uitbundig groen wees omdat hulle nie die ou blare laat saam partytjie hou nie! Miskien is daar ook ou blare, seer blare en kwaad blare wat ons moet afskud sodat dit wat nuut en hoopvol is, deur God in ons gegroei kan word. Soms moet ons ook sing: dis heerlike lente die winter is verby! Ons eer die Here vir dit wat Hy hier by ons en ook in elkeen van julle se lewe laat gebeur. 1. Skool: Ons het pas besoek gehad van die mense wat die curriculum van ons skool ontwikkel het. Soos julle weet is dit n curriculum wat spesiaal ontwerp is vir kinders wat uit landelike omgewings kom. Hierdie kursus word in Engels aangebied deur ons onderwysers om te verseker dat die kinders toegang sal hê tot beter geleenthede as wanneer hulle slegs Sotho magtig is. Hulle het ons kinders getoets en bevind dat ons kinders se lees en wiskunde vaardighede 5

heeltemal op standaard is. Daar is bevind dat ons gr. 1 kinders se leesvaardighede op dieselfde standaard is as eerstetaal leerders. Mens moet in ag neem dat die kinders eintlik Sotho sprekers is en tog is hulle vaardighde op dieselfde standaard as kinders wat Engels as huistaal het! Ons is dankbaar vir die goeie werk wat by die skool gedoen word. Ons eer die Here ook vir die geloofsontwikkeling wat by die kinders plaasvind deur die werking van die Gees. Die kinders bid met oortuiging en daar het al verskeie wonderlike dinge plaasgevind as gevolg van hierdie kinders se gebede! 2. Naskoolse opleiding: Ons is tans by twee skole in Meqheleng besig met die opvoeding van kinders wat sukkel om akademies te vorder. Ons eer die Here vir die vordering wat hier gemaak word. Ons gebruik dieselfde curriculum as by ons plaasskool en die kinders vorder goed. Ons het ook pas n week opleiding aangebied vir al ons hulponderwysers wat ons gebruik om hierdie naskoolse hulp aan kinders te verskaf. Ons het ook hulponderwysers van Clocolan opgelei wat reeds begin het met n skool vir kinders wat nie toegang tot staatskole het nie. Ons dank die Here dat Hy vir ons so n geleentheid gee om kinders se lewens te impakteer met die wonder van Sy Koninkryk. Ons sal graag nog hulponderwysers wil oplei om die groot nood in die omgewing aan te spreek. Ons dink waarlik dat hierdie n praktiese manier is om nog kinders op ander plekke te bereik. 3. Ekonomiese ontwikkeling: Soos julle weet kyk ons ook na maniere om ons gemeenskap te help om ekonomies vooruitgang te maak. Dis n Koninkryksbeginsel dat mense goeie rentmeesters moet wees en dis belangrik vir ons land dat mense maniere moet vind om te kan voortbestaan. Ons het reeds verskeie gesprekke gehad met persone wat ons geïdentifiseer het om hierdie projek te loods in Meqheleng in Ficksburg en Clocolan. Ons is tans besig om sisteme in plek te kry om die finansies en logistiek te bestuur. Die idee is steeds om varsprodukte wat ons op die plaas produseer soos meel, vleis, melk en eiers aan klein besighede te voorsien teen n lae prys sodat hulle dit kan bemark in hul omgewing teen n billike prys tot voordeel van die gemeenskap. Hierdie is ook n dissipleskap geleentheid om mense op te lei in die beginsels van die koninkryk. Ons sal graag shipping containers wil gebruik om hierdie klein besighede op verskillende plekke te begin. Dit sal wonderlik wees as ons hulp kan kry in die verkryging van hierdie shipping containers. 4. Hulp: Dankie vir almal wat reeds so wonderlik betrokke is. Ek neem daarom ook verder vrymoedigheid deur te vra vir hulp: 1. Ons moet n nuwe onderwyser aanstel by ons skool vir volgende jaar, hierdie salaris beloop R8000 per maand. 2. Ons sal graag nog hulponderwysers wil oplei om ander skole te bedien, tans betaal ons hulle R1000 per maand. 3. Soos reeds genoem sal ons graag shipping containers wil gebruik vir die begin van klein besighede in die Ficksburg en Clocolan omgewings tot opheffing van die ekonomiese omstandighede van mense in daardie gebiede. 5. Slot Ons dank die Here vir wat Hy doen, dit is Sy Koninkryk en Hy voorsien vir groot en klein, mag elkeen van julle ook Sy wonderlike teenwoordigheid ervaar! Mag elkeen van ons besef dat die Here ons gebruik waar ons is tot sigbaarmaking van Sy koninkryk. Mag ons nuwe lentebome wees reg vir die nuwe seisoen! Geniet die Here! Groete Petrus (Sloet) Grové 6

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE Jaar tot datum (8 maande) beloop die netto surplus R124 750. HOE WORD DIE FONDSE AANGEWEND: (Deel 6) Hiermee wil die Finansiesdiensgroep die lidmate stelselmatig in die opvolgende Maand-Krante inlig oor die aanwending van al die fondse, met die doel tot meer deursigtigheid en begrip. Hierdie keer staan ons stil by die UITREIK DIENSGROEP-begrotingspos, waar daar opsommend vir die volgende begroot word. nl: Personeel Hier is 1 deeltydse personeellid betrokke, om toe te sien dat die betrokke bediening se werksaamhede koördineer en administreer word. (Dit beloop 17 % van die betrokke pos en 1.1 % van die totale begroting.) Befondsing van die amptelike uitreik-aksies - Vir die aanwending om die gemeente se amptelike uitreik-inisiatiewe en dus ook die 3 nie-winsgewende organisasies (NPO) van die gemeente, finansieel te ondersteun. (Dit beloop 70% van die betrokke pos en 4.4% van die totale begroting.) Ander kostes - Vir die aanwending van: Bemarking, kursusse en ander byeenkomste/funksies, administratiewe kostes, ens. (Dit beloop 13 % van die betrokke pos en 0.8 % van die totale begroting.) ********************************************************** Verdeling: Verloop van die beriggewing (reeds gepubliseer, tans en vir die toekoms) 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. Kerkkas Kerkkantoor Terrein en Geboue Diakonie Eredienste Uitreik Pastoraal Gesin en Jeug Kleingroepe Bedienaars Kapitaal ********************************************************** Vir n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op Vrywillige finansiële Skenkings / Donasies / Dankoffers / Liefdegawes / Bydraes. Ons bankbesonderhede vir hierdie doel: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. (BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing). Anonieme bydraes ook welkom. Vir meer gereelde bydraes kan n debietorder gereël word by die kerkkantoor by: 012 991-1395 / kantoor@gkwapadrant.co.za 7

GKSA-ALMANAK 2016 Bestelling vir die GKSA-Almanak 2016 kan nou soos volg geplaas word: Skryf jou naam, van, kontaknommer en aantal eksemplare wat jy wil hê, op n koevert, en plaas die kontant (R70 per eksemplaar) in die koevert. Plaas die koevert in die bydraekassie of gee af by die kerkkantoor gedurende die week. Bestellings sluit 25 Okt 2015. ^^^^^^^^^ ******** U word hartlik uitgenooi, my broeder en suster, om met u lofstem tot eer van die HERE, ons Verbondsgod, te kom deel wees van ʼn Psalmfees tot die eer van Sy Naam as voortsetting van die herdenking van die hervorming. Ons gaan fokus op die Totius-berymings. Plek: Gereformeerde Kerk Akasia Datum: Sondag 1 November 2015 Tyd: 14:00 Navrae: Willie 084 548 5429 8

T T CLOETE-VIERING IN ONS KERKGEBOU: n Interessante, leersame oggend! Wanneer: Dinsdag 27 Oktober Tyd: 09:00 10:00 (in die tydgleuf van die Senior-Bybelstudiegroep) Kom deel n paar gedagtes met Annatjie Strydom oor die lewe en werk van TT Cloete Bring u digbundels saam en laat die digkuns u inspireer. Van Cloete, n gedig wat spreek van sy verwondering oor die natuur en oor God wat skep daar is meer poësie in die sneeuvlokkie as in die letterkunde en baie meer poësie in die miskruier in die toktokkie in die meteorologie en entomologie in die môremis en in die bergpiek die horison wat in die hemel wegraak in die rooswolk is daar baie meer liriek die aarde is deur n digter gemaak ^^^^^^^^^^ Gedig na aanleiding van die depressie waardeur ekself is My Getsemane My God, my God Waarom het U my verlaat? My in n gat So diep en donker ingedompel? Die deksel, swart soos roet Het U opgesit My alleen gelos Om self te sien kom klaar Waarom bly U so ver van my Laat my alleen in my ellende? Ek roep en roep, maar tevergeefs U oor is van my weggedraai. My dag is swart, my nag pikswart Hoe moet ek maak Om weer die lig te sien En in u guns te kom? En dan op n dag Sien ek die lig Gaan op n skrefie oop Ek t weer u guns gewen! Nou jubel ek En sing van vreugd U t my weer raakgesien En aan u hart gedruk! My God, my God Hoe groot is u genade Oor n enkel sterweling So klein, so dom, so nietig! In u groot heelal! Bets Schutte 9

Die eendagwerkswinkel vind plaas op 7 November ********* El Shalem Fondsinsameling Optrede deur: Mathys Roets Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, h/v Alethea- en Basden-laan, Centurion Wanneer: Saterdag, 7 November 2015 om 11:00 Kostes: R 80 p/p. Navrae: Minnette de Beer Selnommer: 0834693637 10

11

TOTSIENS Die tyd het aangebreek dat ons uit die gemeente na Modimolle (Nylstroom) vertrek. Dit is nie moontlik om aan elkeen persoonlik totsiens te sê nie, dus doen ons dit langs hierdie weg. GK Wapadrant was die afgelope 15 jaar ons geestelike tuiste waar ons ons dissipelskap kon uitleef en in die geloof kon groei. Baie dankie aan al die broeders en susters wat deel van ons lewe kon wees en vir die liefde en geloofsondersteuning wat ons ontvang het, veral van ons kleingroep (KG 030). Mag julle almal elke dag die groot genade en liefde van die Here ervaar en met vreugde jul christenskap uitleef. Groete, Geurt en Marthella van Dijk. >>>>>>>> AFRI-DUET FEES Datum: 23 Oktober 2015 in die ZK Matthews Teater Unisa. Kunstenaars is Willie & Natasha Joubert, Jannie Moolman & Corlea Botha, Henry van Dyk & Helena Ceronio, Louis Loock & Zanne Stapelberg. Bespreek by duetfees@gmail.com. Sien meer besonderhede op kennisgewingbord in die saal. *************** BEROEPE ONTVANG 1. Dr AJ (Albert) Coetsee van Uitschot na Bloempark 2. Ds D Kotzee (Dirk) van Gobabis na Pretoria Alkantrant BEROEPE AANVAAR Ds OL Moncho [Oageng] van Itsoseng Bokone na Ikageng. BEROEPE BEDANK 1. Ds RA Bain (Ronald) van Potchefstroom Cachet na Pretoria Alkantrant. 2. Dr AJ (Albert) Coetzee van Uitschot na Bloempark. >>>>>>>>> Attestate ontvang: Geref Cullinan: Catharina Magaretha Maree en Jan Christoffel Erasmus Maree (seun); Greenfields 1 Geref Groblersdal: Erasmus Johannes Smit; Plot 110, Bashewa Geref Rietvallei: Gerhardus Johannes Cornelis, Cornelia Jansen van Rensburg en dooplidmate Susanna Maria, Ilouise en Gerli; Tuinplaasstraat 659 Attestate na: Geref Centurion: Johann & Anna Catharina Nöthling Geref Pietersburg-Suid: Adriaan Johan & Barbara Bianca Nel met dooplidmaat Driaan Geref Klerksdorp-Noord: Eljana Goosen Geref Lyttelton: Cornelius Alwyn & Alida Jansen Geref Lyttelton: Pieter Gert Lodewyk & Jacobus Lourens Carolus van der Walt Geref Nylstroom: Geurt & Marthella van Dijk Bewys van lidmaatskap aangevra: Johan Paul Gerard & Pauline Lentz Gerhard & Anna Johanna Coetzee Elizabeth Wilhelmina Prinsloo Johannes Gerhardus Stephanus & Nicolene Elmarie Minnaar en dooplidmaat Hugo Judith Maryna Adriana Sophia May Pieter Adriaan Goosen Karin Crous Jurgens Jacobus & Reynet Doman 12

Chrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 / tollig@woodlandsnet.co.za PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 5-11 OKTOBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 12-18 OKTOBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 19-25 OKTOBER Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 26 OKTOBER 1 NOVEMBER Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 2-8 NOVEMBER Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 9-15 NOVEMBER Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Mariaan vd Walt: 083 2398 913; KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869 Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 5-11 OKTOBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) 12-18 OKTOBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 19-25 OKTOBER Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 26 OKTOBER 1 NOVEMBER Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) 2-8 NOVEMBER Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 9-15 NOVEMBER Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 13

ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGéNE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MUELMED-, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARANDA, UROLOGIE André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant-gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Vorster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545 @@@@@@@ VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR OKTOBER 2015 Noemnaam Van Verjaar Landlyn Pieter Prinsloo 10/01 346-2021 Louis Holtzhausen 10/02 FJ Lessing 10/02 361-6888 Elandri Pet 10/02 Cassie Roodt 10/02 Dirk Van Rooy 10/02 Annemijn Vink 10/02 Bernadet De Wet 10/03 André Knoetze 10/03 992-5699 Tristan Kotzé 10/03 Mieke Lombard 10/03 348-9033 Shane Moore 10/03 993-1513 Neville Rabie 10/03 Goodson Mchenga 10/04 Kobus Mostert 10/04 361-7498 Frans Stapelberg 10/04 Burger Venter 10/04 996-1777 Emil Bekker 10/05 Eduard De Muelenaere 10/05 365-2656 André Groenewald 10/05 807-4614 Meykayla Kloppers 10/05 Suzanne Boshoff 10/06 Adél Botha 10/06 991-3528 Hélen Coetzee 10/06 Valerie Cornberg 10/06 736-2796 14

Elida Du Toit 10/06 Cornél Esterhuizen 10/06 991-6377 Zani Malan 10/06 Anjenel Van Der Walt 10/06 811-5129 Suzanne Van der Walt 10/06 Cobus De Jager 10/07 Renzo Derksen 10/07 Alida Jooste 10/07 Carla Kruger 10/07 Amanda Nel 10/07 807-4571 Louise Smuts 10/07 998-0259 Ida Van Tonder 10/07 991-0208 Vincent Vlok 10/07 997-6834 Marentia Jordaan 10/08 Corrie Kleynhans 10/08 991-3144 Anje Kruger 10/08 Johan Prinsloo 10/08 Ockie Scholtz 10/08 Lucas Weideman 10/08 998-7440 Ria Booyens 10/09 Lou Coetzer 10/09 991-1241 Christo Erasmus 10/09 Mariaan Blattes 10/10 993 3649 Ravonne J van Vuuren 10/10 991-0540 Martin Rautenbach 10/10 Reinhard Schlenther 10/10 Fern Smook 10/10 Ewald Vorster 10/10 993-1850 Suritha Aucamp 10/11 348-7581 Jef Brugmans 10/11 Fransie De Villiers 10/11 Roy Geyser 10/11 Ester Oberholster 10/11 Martina Schoen 10/11 809-0421 Jacques J van Vuuren 10/12 Jaco Lursen 10/12 993-1013 Kevin Markram 10/12 Karla Meyer 10/12 807-7587 Ruben Muller 10/12 993-2816 Leona Venter 10/12 991-7636 Renctia Wessels 10/12 993-2672 Anton Ferreira 10/13 Gerrie Nel 10/13 807-4571 Wicus Olivier 10/13 998-9138 Pieter Peach 10/13 Petro V Wyk de Vries 10/13 993-1915 Geo Basson 10/14 Annelize Du Plessis 10/14 Charmaine Trollip 10/14 347-1310 Hendrik Kloppers 10/15 993-3663 Burgher Pienaar 10/15 15

Rudolf Steenkamp 10/15 Sorein Van Vollenhoven 10/15 997-2085 Ammie Van Wyk 10/15 997-1725 Frans Kruger 10/16 Saartjie Kuyper 10/16 807-3760 Amelia Pretorius 10/16 Charné Ries 10/16 Cassie Schutte 10/16 804-7885 Péru Van Niekerk 10/16 Tom Vosloo 10/16 Johann Badenhorst 10/17 Yvonne Labuschagne 10/17 Tonnie Van der Laan 10/17 Barry Griesel 10/18 Martin Heystek 10/18 Estiaan Lubbe 10/18 Dillian Pienaar 10/18 Hettie Van Niekerk 10/18 997-3732 Koos Van Rooy 10/18 991-8524 Andries Van Wyk 10/18 345-1613 Trudie Watkinson 10/18 Marietjie Badenhorst 10/19 991-0990 Kobus Coetzer 10/19 809-0882 Nadia Labuschagne 10/19 Carien Louwrens 10/19 Nadia Van Rooyen 10/19 991-6161 Niel Erasmus 10/20 Martin Kruger 10/20 996-0296 Dirk Postma 10/20 Werner Roos 10/20 Sarie Aucamp 10/21 991-6377 Nic Bester 10/21 993-3307 Annette Leijenaar 10/21 Annalize Olivier 10/21 811-5024 Jan Hendrik Schutte 10/21 348-8584 Niehla Weideman 10/21 Therese Bron 10/22 Callie Coetzee 10/22 365-3470 Maritza Coetzee 10/22 Elle McKenna 10/22 Aart Van Dijk 10/22 Theuns Van Heerden 10/22 Herman Erasmus 10/23 998-7160 Pieter Goosen 10/23 Sonia Helberg 10/23 991-4062 Willie Kuperus 10/23 991-3984 Wikus Roos 10/23 993 5657 Zandré Stapelberg 10/23 Johann Steenkamp 10/23 Andries Visser 10/23 Derrick Bartie 10/24 16

Frans Cloete 10/24 996-1442 Danie Crous 10/24 Rigter Jansen 10/24 Almi Lamey 10/24 804-6889 Johan Badenhorst 10/25 Liezl De Beer 10/25 Hanlie Lombard 10/25 Handru Stapelberg 10/25 Kylie Swanepoel 10/25 Marisa Van Niekerk 10/25 Robert Whitehead 10/25 993-1057 Chantal Coetzer 10/26 Faan Crous 10/26 361-7248 Zandelee Esterhuizen 10/26 991-6377 Luna Gravett 10/26 Stephan Labuschagne 10/26 Letty Maglangu 10/26 Reinart Moraal 10/26 Geertje Slump 10/26 807-6120 Marlies Viljoen 10/26 998-2665 Wynand Badenhorst 10/27 Gideo Basson 10/27 Anna-Marie Brummer 10/27 996-0337 Richard Cornberg 10/27 736-2796 Johan De Klerk 10/27 347-0026 Flip De Witt 10/27 Henk Fourie 10/27 991-3631 Nanette Hennop 10/27 Anzelle Heystek 10/27 Crizaan Naudé 10/27 Arné Strydom 10/27 991-3404 Charl Van Der Walt 10/27 809-0794 Marlie Van der Zwaard 10/27 662-0714 Lourensa Botha 10/28 Lana De Kock 10/28 Basie Jansen 10/28 998-3975 Marguerite Lamey 10/28 804-6889 Ella-Marie Leuschner 10/28 348-7242 Alida Nigrini 10/28 347-7681 Lena Van Der Walt 10/28 751-1799 Louis Van Heerden 10/28 Morné Van Tonder 10/28 Maritha Vorster 10/28 Rinie White 10/28 Matty Coetzee 10/29 Tjaart Conradie 10/29 Jan De Beer 10/29 Fanie Du Plessis 10/30 Wessel Du Plessis 10/30 Anton Kooi 10/30 998-5577 Lismari Van Der Walt 10/30 809-2625 17

Amelia Van Zyl 10/30 Hester Veltkamp 10/30 998-9237 Simon Venter 10/30 Andries Visser 10/30 993-1389 Hernus De Vries 10/31 Henrico Du Plessis 10/31 Thea Fourie 10/31 Judy Linnenkamp 10/31 991-5457 Ida Smit 10/31 Gené Van Niekerk 10/31 998-8952 Louis Van Wyk 10/31 997-1725 ^^^^^^^^^^ ALMAL SE MANDJIE Wildebeest "Off-road"-kampsleepwa te huur. Tent, yskas/vrieskas-kombinasie, gasbottels, kratte en eetgerei ingesluit. R5000 deposito, R480/dag. Laer koste/dag vir langer periodes. Kontak Matthys by 082 093 8615 of reyneckemj@gmail.com of Marius by 072 237 0422 of schoemanmarius@gmail.com Betroubare tuinwerker beskikbaar op Maandae: Koos werk 3 dae per week by die kerk in die tuin en is baie betroubaar. Kontak hom by 076 281 5766. Grassnyer gesoek: n Werker by die kerk is op soek na n ou grassnyer wat hy kan gebruik om Saterdae n ekstra inkomste te verdien deur grasperke in sy omgewing te sny. As jy kan help skakel asb vir Patrick by 076 525 4498. Te huur in Waterkloofrif: Veilige tuineenheid, 1 slaapkamer, badkamer, opwasgeriewe, Skoonmaakdiens een dag per week. Privaatingang, motorafdak en gebruik van swembad en lapa. Perfek vir nagraadse student of jong werkende man. R3 800 p.m. Okkupasie 1 Oktober 2015 Kontak Estelle by 072 785 3935. SPEELGROEPIE vir 3-5 jariges in liefdevolle, huislike omgewing (3 of 4 dae per week, van 8:30 tot 12:30). Klein groepie, maksimum 12. Jare ondervinding. Kontak Ineke du Preez by 082 649 4907. Vroulike kassier word dringend benodig by ʼn winkel in Atterbury Value Mart. Kontak asb vir Marie Oosthuizen of Johan van Zyl by 012 991-6231 Herstel van ou klokke: Het u n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719 of 082 551 6183. Valley View 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). Ek maak nuwe seile vir tuinsambrele volgens die ou patroon asook 'n oortreksel wat die afgeslaande sambreel kan beskerm. Kontak Vicky by 072 181 3468 of stuur ook WhatsApp. 18

As jy n dubbelbed-raamwerk (nie n basis nie) en/of n enkelbedmatras, of n laaikas het om te skenk, kontak asb die kerkkantoor 012 991 1395. Dit is vir die sekuriteitsmense by die kerk. Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R15 per houer. Bel Sarel Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237. Gemeubileerde suite in Waterkloofrif. Ruim slaapkamer met badkamer, sitkamer en kroegyskas. Privaatingang, motorafdak en gebruik van swembad en lapa. R1 200 per nag. Geen etes ingesluit. Kontak Magda by 072 510 6531 Gemeubileerde woonstel in Menlopark te huur vir n enkelpersoon vanaf 1 Oktober 2015. Naby universiteit, skole en busroetes geleë. Slaap-/sit- en badkamer en kombuis. Ingesluit by die huur is: Parkering, ADT-sekuriteit, DSTV-aansluiting, water en ligte, plus wasgoed. NIE-ROKERS teen R5000 per maand. Kontaknommers: 082 784 2343 / 082 949 1717. 19

PKM Transport Algemene Meubelvervoere en Langafstande. Bokse en Verpakkingsmateriale te koop. Skakel asb vir gratis kwotasie by u woning. Kassie / Anna-Mari 0861 111 129 of 082 454 8159 10 OKTOBER BY LAERSKOOL HEKPOORT Dit is weer tyd vir groot pret en plesier wanneer die 4x4-eienaars hul vernuf op ons 4x4-hindernisbaan gaan toets. Die baan se uitleg is verander, daar is n uitdagende moddergat en elke hindernis het n man - of muis -opsie! Standaard 4x4-voertuie kan ook deelneem. Dit is n dag vir die hele gesin. Eet- en drinkgoed beskikbaar, verskeie stalletjies, ens. Grootskermrugby. Inskrywings begin 7:30 @ R300 p/voertuig wat deelneem. Toeskouers toegang R40 p/p en kinders onder 12 jr R20. Veilige oornagkampering met pragtige ablusiegeriewe, slegs R500 per staanplek (4 persone). R100 vir ektra persoon. Adverteer jou besigheid! Borg n hindernis vir slegs R1000. Vir meer inligting skakel: Alex by 082 5616 300 of Jaco by 082 8545 422 20