Sanlam musiekfees 146

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Rut: n Liefdes Verhaal

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Mandala Madness Deel 2

BenguFarm Bestelvorm

Gold Results. Daily Entry Surname Name Class Number

Direkte en indirekte rede *

16:30 MI(SA) Adam Small Ouditorium. 20:30 MI(SA) Adam Small Ouditorium. 20:00 Charl du Plessis Trio: Speel Beethoven kyknet Endler

Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

AARDKLOP Aardklop KLEINBOSCH

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

AARDKLOP Aardklop KLEINBOSCH

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

PROGRAMME PROGRAMMES

e ontvan d Kunstefe ok vir Augustuus.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

G. J. du Preez

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ink Om onreg oop te skryf Bl. 2 Bl. 4 Bl. 10 Bl. 12 Bl. 15 Bl. 12 Vrydag 9 Maart 2018 saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES!

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

DIE GHOEMA AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

ALGEMENE INLIGTING TONEEL KUNSTE ONBEPERK-PRYSE. FEESPROGRAM 8-15 APRIL

woordfees 6 15 MARCH 2009 VOLUME 4

Jezelle. SAfeesgids. Suid-Afrikaanse feesdatums Januarie tot Junie 2018

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Foto s met stories Bl. 10. Vat vier, Philip! saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 4 R10

SIZA takes the sting out of auditing

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Tariewe

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Sterdansers by Vensters.

ink Onvervulde. Hierdie. Lewe. FOTO: NARDUS ENGELBRECHT Digkuns, kortverhale en vlymskerp gesprekke Bl

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Hoe om krag te spaar

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis. 3, 4, 7 Maart. Die riel van hiphop 4 Maart. Hoekom is die badkamer se vloer nat?

INGligting. Dekaan kyk terug. Prof Hansie Knoetze. Dekaan: Ingenieurswese.

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

HOOFSTUK 1 INLEIDING

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

&Pik. Pieter-Dirk NIC. Bl.4. Lank lewe Suna. se goed Bl Verruklike Buite Land Bl. 3. Swartlandse wonderkind Bl. 6

Dialoog en paragrawe *

Jaargang 4 Uitgawe 1. Maandag 5 Maart INK is die silwerkategoriewenner in Basa se Nasionale Kunsjoernalistiek van die Jaar-toekennings vir 2016

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

INNIBOSPROGRAM Hierdie program is onderhewig aan veranderinge. TONEEL.

Stellenbosch University is a good place to be. Francois Cleophas

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Rubriek vir skeppende werk

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Kerssangdiens. SA Gemeente

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Literere teorie en poesiekritiek in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns en die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Ons Borge. Naamborg Clover. Hoofborge AngloGoldAshanti, ATKV, Beeld, kyknet, Lotto & Vodacom. Stigtersborg Media24

Beoordelaars tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2015

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Tariewe

IN HIERDIE UITGAWE OORSIG 4 OPSOMMINGS 5 DIE STORIE AGTER DIE STORIE 6 ROMAN 7

die ArtKat Jaar program

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

VAN FRANS NA AFRIKAANS: 100 JAAR VAN BYNA EENRIGTING- VERTAALVERKEER EQUITAS OUDITORIUM, UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT 8 NOVEMBER 2017, 18:00

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Inhoud/Contents 1. Redakteursbrief Taal van pyn en vreugde Hulle kleur hul eie prentjies in Die MOEITE WERD

Transcription:

146 Sanlam musiekfees

SANLAM MUSIEKFEES DAGPROGRAM PRODUKSIE VENUE DATUM 'n Dag in tyd Drostdy Teater 7, 9 Maart 'n Koffer in Berlyn kyknet Fismer 8, 10 Maart 8 Misses Croon: Op 'n stasie Drostdy Teater 2, 10 Maart Afrikaan Adam Small Ouditorium 4, 6, 7 Maart Albert Hammond Spier Amfiteater 3, 4 Maart Alla wêreld Weltevreden Restaurantteater 1, 10 Maart Amanda Strydom Stadsaal 4 Maart Amazink Live: Season 6 Amazink Restaurant 1, 8, 9 Maart André Terblanché - Albumbekendstelling Weltevreden Restaurantteater 7, 8 Maart Appel & Elandré Schwartz Jan Marais Natuurreservaat 6 Maart Basson Laubscher: Testify Visuele Kunste Vierkant 4 Maart Bombshelter Beast Jan Marais Natuurreservaat 5 Maart Casper Ace Weltevreden Restaurantteater 1, 2 Maart Desmond & The Tutus met Jackal & The Wind Jan Marais Natuurreservaat 9 Maart Die eggo van jou oë kyknet Fismer 1, 2, 3 Maart Die Wasgoedlyn Visuele Kunste Vierkant 3 Maart Digters, wyn & lied Weltevreden Restaurantteater 4, 5 Maart Early B Jan Marais Natuurreservaat 8 Maart Elvis Blue: Stories Spier Amfiteater 7 Maart Essence of Spring Weltevreden Restaurantteater 2, 3 Maart Francois van Coke Akoesties Stadsaal 7 Maart Frieda van den Heever: Kleinode Weltevreden Restaurantteater 3, 4 Maart GoodLuck Jan Marais Natuurreservaat 7 Maart Grethe van der Merwe: Inversie Drostdy Teater 9, 10 Maart Haar Blues / Her Blues Drostdy Teater 2, 5 Maart Harrebaard Visuele Kunste Vierkant 9 Maart Jak de Priester: Kyk in my oë Weltevreden Restaurantteater 5, 6 Maart Jazz in Kayamandi Amazink 2 Maart Jazz in the Quad: Kalahari Connection Visuele Kunste Vierkant 6 Maart Jazz in the Quad: Kyle Shepard Visuele Kunste Vierkant 7 Maart 147

produksie venue datum Jazz in the Quad: Ramon Alexander & Band Jazz in the Quad: Schalk Joubert & Band ft. Sima Mashazi Visuele Kunste Vierkant Visuele Kunste Vierkant 8 Maart 9 Maart Jazz in the Quad: Steve Newman Trio Visuele Kunste Vierkant 5 Maart Jo Black: Bring die hoop weer terug Spier Amfiteater 5 Maart Joshua Na Die Reën: Someraarde Stadsaal 6, 7 Maart Klinkklaar klanke Spier Amfiteater 1 Maart Kortpad / Langpad Stadsaal 3 Maart KROG kyknet Fismer 1, 7, 8 Maart Lepeltjie vol snare Weltevreden Restaurantteater 8, 9, 10 Maart Met slenterslag na Sjanghai kyknet Fismer 2, 9 Maart Musiek en Liriek: 40 Jaar later Spier Amfiteater 8 Maart Ons Klyntji-bekendstelling met The Buckfever Underground Visuele Kunste Vierkant 3 Maart Pure Coenie Stadsaal 2, 4 Maart RADEMAN Weltevreden Restaurantteater 6, 7, 9 Maart Sanlam Open Mic Visuele Kuns Vierkant 2 Maart Soweto String Quartet ontmoet Loki Rothman Spier Amfiteater 2 Maart Spoegwolf Stadsaal 9 Maart Tarryn Lamb & Die Big Band Spier Amfiteater 6 Maart The 27 Club Drostdy Teater 1, 9 Maart The Soil Jan Marais Natuurreservaat 10 Maart The Steezies Visuele Kunste Vierkant 6 Maart The Vanilla Visuele Kunste Vierkant 9 Maart Theuns Jordaan Jan Marais Natuurreservaat 4 Maart Toe ek 20 was Spier Amfiteater 9, 10 Maart Uncle Cal & the 3 Tons of Fun Stadsaal 10 Maart Uncle Spike Visuele Kunste Vierkant 8 Maart USK Open Mic Visuele Kunste Vierkant 10 Maart Wolkedans kyknet Fismer 4, 5 Maart 148

SANLAM MUSIEKFEES Amazink Live Foto: Trude Gunther ADAM SMALL OUDITORIUM 4 Maart 20:30 6 Maart 15:00 7 Maart 16:00 70min Adam Small Ouditorium R100 - R180 R200 by die deur A Die Adam Small Ouditorium (voorheen bekend as die HB Thom) is die afgelope twee jaar opgeknap en met die nuutste tegnologie toegerus. Voor en ná vertonings kan drankies in die swierige foyer geniet word. AFRIKAAN Skrywer en regisseur: Deon Opperman Musiek: Janine Neethling Met: Stephanie Baartman, Wessel Pretorius, Dizu Plaatjies & vriende, Akustika Kamerkoor, Janine Neethling & vriende Vervaardiger: Jam Events In 2012 het Janine Neethling en haar man, Deon Opperman, saamgespan om die eerste volwaardige Afrikaanse oratorium, Die Skepping, op die planke te bring. Deon het die libretto geskryf en Janine het die musiek, vir beide orkes en stem, gekomponeer. Nou het Janine en Deon weer talente saamgespan om spesifiek vir Woordfees 2019 n nuwe werk te skep Afrikaan. Die stuk het sy wording gehad in n enkele vraag: Wat beteken dit om te sê: Ek is n Afrikaan? Met haar toonsetting van Deon se libretto vir Afrikaan word Janine Neethling se veelsydigheid as komponis ten toon gestel soms a capella, soms met orkestrale onderskraging en begeleiding, maar altyd, soos net Janine kan, ontroerend, opheffend en musikaal skouspelagtig. Die aanslag is kontemporêr en toeganklik, maar die fondament is klassiek. AMAZINK Amazink is n outentieke townshiprestaurant-teater in Kayamandi waar jy kan smul aan inheemse kos met n yskoue bier of glas wyn in die hand. Wanneer dit skemer word, is daar geen mooier uitsig op Simonsberg as van Amazink se agterstoep af nie. AMAZINK LIVE: SEASON 6 Ondersteun deur Distell Regisseur en skrywer: Ilana Cilliers en geselskap Met: Anelele Mirali, Khanyiswa Joyi, Nomsa Wini Koro, Lelethu Lungulethu, Sive Ngwexna, Unathi Umsongelwa en Sibongiseni Wani Kom ervaar Afrika in die hart van die Boland met die eerste townshiprestaurant-teater-aanbieding in die land. Amazink Live stel veelsydige plaaslike talent ten toon in n uitbundige, interaktiewe verskeidenheidskonsert. Dis n kleurryke kombinasie van Xhosa-kultuur, hartlike tradisionele kos en humoristiese sketse oor die lewe in Kayamandi, voorgesit saam met aansteeklike sang en dans. 1 Maart 20:00 8 Maart 20:00 9 Maart 13:00 149

60 min Amazink Restaurant R350 (ete ingesluit) R380 by die deur (ete ingesluit) X E jazz in kayamandi Met: Babalwa Mentjies & Little Giants Babalwa Mentjies is een van Suid-Afrika se voorste jong jazz-sangeresse. Saam met haar op die verhoog is die Little Giants n groep jong musikante, tussen die ouderdomme van 15 en 20 jaar, uit die townships van Kaapstad onder leiding van die legendariese pianis George Werner. 2 Maart 20:00 60 min Amazink Restaurant R80 R100 by die deur DROSTDY TEATER E GRETHE VAN DER MERWE: INVERSIE Vervaardiger en musiek: Grethe van der Merwe Met: Grethe van der Merwe (sang en klavier), Gideon Lombard (kitaar), Babette Viljoen (baskitaar en trekklavier), Matthew Fischer (perkussie), Kyle Seconna (sang) Met Inversie deel Grethe van der Merwe liedjies van haar eerste twee albums, Ver van hier (2014) en Jy weet (2017). Sy sing alles van pop tot die blues en vervleg dit met stories oor die wêreld in en om ons. Tussen haar eie komposisies sing sy ook n paar covers wat vernuwend verwerk is. 9 Maart 20:30 10 Maart 15:30 60 min Drostdy Teater Taal: Hoofsaaklik Afrikaans, met sommige lirieke in Engels Hierdie teater bied n gemaklike, intieme omgewing vir gehoor en kunstenaar(s). Kom geniet iets te drinke by die kroeg voor of ná die vertoning. 8 MISSES CROON: OP N STASIE Met: Madri Gerber (sopraan), Elizbé van der Colff (sopraan), Chrisna de Wet (sopraan), René Venter (sopraan), Elizca Mulder (sopraan), Talita Olivier (alt), Bettie Breytenbach (alt), Manina Pretorius (alt) en Alana van den Berg (contra-alt) In hierdie uitbundige produksie neem die a capella-damesgroep 8 Misses Croon jou met n musiektrein van stasie tot stasie deur n ryk verskeidenheid stemmings en style van jazz, mash-ups en Afrikaanse volksliedjies tot klassieke en spirituele musiek. 2 Maart 18:00 10 Maart 19:00 85 min Drostdy Teater A E HAAR BLUES / HER BLUES Regisseur: Richard H Nosworthy Skrywers en beligtingsontwerp: Richard Nosworthy en Luna Paige Musiekregisseur: Simon Orange Ontwerp, kostuums en verhoogbestuur: Iluminar Productions Met: Luna Paige (sangeres), Simon Orange (klawerbord, sang), Sean Sanby (kontrabas, elektriese baskitaar), Michael Bester (elektriese en akoestiese kitaar), Kevin Gibson (tromme), Zeke le Grange (saksofoon), Lorenzo Blignaut (trompet), Siya Charles (tromboon), Adelia Douw (agtergrondstem) Vervaardiger: Luna Paige en Iluminar Productions Her Blues gaan oor die koninginne van die blues hulle lewensverhale en liedjies. Luna Paige sing van hierdie ikoniese blues-sangeresse se bekendste liedjies en voer die luisteraar mee na die eras van Bessie Smith, Lady Ella, Etta James, Aretha, Janis en Nina Simone onder begeleiding van n vuurwarm orkes. 150

Sanlam musiekfees 2 maart 20:30 5 maart 20:30 110min Drostdy Teater Geen o/14 e 7 maart 20:30 9 maart 14:00 90min Drostdy Teater a e n dag in tyd Regisseur: Matthys Maree Skrywer: Donae Brazer Ontwerp: Dalene van Niekerk Met: Willem Venter (sang), Michelle Nel (klavier), Elna Durr (dwarsfluit), Pieter-Jans Durr (sang en kitaar), Donae Brazer (sang), Rinette von Mollendorf (sang), Matthys Maree (akkordeon en klavier), Mathys Roets (sang en kitaar), Nic de Jager (woordkuns), Vernon Swart (perkussie) en Kevin Leo (sang). Vervaardiger: Rinette von Mollendorf & Kopskuif Produksies n Dag in tyd is n spesiale ervaring. Kom geniet hierdie kopskuif-kaleidoskoop-aand saam met uiters begaafde opkomende kunstenaars elk met hul eie drome, passie en uitdagings. Hulle deel die verhoog met befaamde kunstenaars: Matthys Maree, Mathys Roets, Nic de Jager, Vernon Swart (perkussie) en gaskunstenaar: Kevin Leo. the 27 ClUB Vervaardiger en regisseur: Vasti Knoesen Musiek: Verwerkings deur Graeme Lees en Matthijs van Dijk Met: Vasti Knoesen (sang), David Lubbe (klavier), Graeme Lees (elektriese kitaar), Lilavan Gangen (tromme) The 27 Club is geïnspireer deur die ikoniese groep musikante Amy Winehouse, Jimi Hendrix, Kurt Cobain, Brian Jones, Janis Joplin en Jim Morrison wat almal tragies op die ouderdom van 27 oorlede is. Musiek van hierdie kunstenaars is nuut verwerk deur die komponiste Graeme Lees en Matthijs van Dijk met elemente van jazz, dissonansie, rock en teksture van klassieke musiek. 1 maart 20:30 9 maart 17:00 75min Drostdy Teater a e Haar Blues 151

JAN MARAIS NATUURRESERVAAT Early B Jan Marais Natuurreservaat 4 Maart 18:30 Theuns Jordaan R100 R120 by deur 5 Maart 18:30 Bombshelter Beast R100 R120 by deur 6 Maart 18:30 Appel R100 R120 by deur Elandré Schwartz R100 R120 by deur 7 Maart 18:30 GoodLuck R100 R120 by deur 8 Maart 18:30 Early B R100 R120 by deur R80 leerders 9 Maart 18:30 Jackal & The Wind 10 Maart 152 Kom geniet n buitelugkonsert in dié pragtige Stellenbosse park en kry iets te ete by die kosstalletjies. Onthou net om iets om op te sit en n trui of baadjie saam te bring. 18:30 Desmond & The Tutus R100 R120 by deur The Soil R120 R140 by deur

SANLAM MUSIEKFEES kyknet FISMER kyknet Fismer is deel van die US Konservatorium wat ook die kyknet Endler huisves. Kom gerus n bietjie vroeër om n glasie wyn voor die vertoning te geniet. DIE EGGO VAN JOU OË Regisseur: Jannie du Toit & Susan Mouton Met: Jannie du Toit (sang en kitaar), Susan Mouton (tjello) Vervaardiger: Jannie du Toit Jannie du Toit en Susan Mouton bederf die gehoor in Die eggo van jou oë met Jannie se jongste liedjies en gunstelinge uit sy jeugjare van die Afrikaanse kunslied, wêreldpop, folk van die sestigeren sewentigerjare en die beste uit die Europese kleinkunstradisie. Dis Dylan tot Doep en die Beatles tot Brel saam met enkele instrumentale werke vir tjello en kitaar. 1 Maart 18:30 2 Maart 20:30 3 Maart 20:30 60min kyknet Fismer Taal: Afrikaans, Engels, Frans, Nederlands KROG Met: Babette Viljoen (stem, trekklavier, baskitaar, perkussie), Hilandi du Toit (stem, kitaar, baskitaar), Olga Leonard (stem, klavier, trekklavier) Antjie Krog se digkuns is dekades reeds innig geliefd en gereeld omstrede. In hierdie produksie span Babette Viljoen, Olga Leonard en Hilandi du Toit saam om Krog se gedigte in ryk melodieë opnuut te laat opklink. Gedigte soos Ma, Êrens is jy, Fughetta vir drie stemme en My mooi land word liedere onder begeleiding van klavier, trekklavier en n kas vol kitare. 1 Maart 14:00 7 Maart 20:30 8 Maart 11:00 60 min kyknet Fismer Geen o/16 MET SLENTERSLAG NA SJANGHAI Met: Emma van Heyn (klavier, klawerbord en sintetiseerder) Emma van Heyn neem jou met haar stem, klavier en verrassende elektroniese klanke saam op haar fassinerende, jaar lange ontdekkingsreis deur China. Sy vertel stories, sing haar eie komposisies, gee ou bekendes n nuwe gedaante en ruk aan jou hart. 2 Maart 14:00 9 Maart 20:30 70 min kyknet Fismer N KOFFER IN BERLYN A A E Skrywer: Jani Greeff Met: Jacobi de Villiers (sang) en Danie Theron (pianis) Vervaardiger: Rumoer Produksies n Suid-Afrikaanse vrou vind n vreemde tas in haar hotelkamer in Berlyn. Daaruit haal sy herinneringe en liedere vol heimwee en moed van Bach se Bist du bei mir en Richard Strauss se Morgen! en Allerseelen tot Marlene Dietrichtreffers. Die mezzo-sopraan Jacobi de Villiers verweef hierdie klassieke liedere met n onmiskenbaar Suid-Afrikaanse ervaringswêreld. 8 Maart 14:00 10 Maart 16:00 60 min kyknet Fismer Taal: Afrikaans en Duits 153

Soweto String Quartet wolkedans Teks & musiek: Leon Gropp en Zander van der Westhuizen Stel- & beligtingsontwerp: Zander van der Westhuizen Met: Pierre Breytenbach (musiek en dramatisering), Leon Gropp (musiek en dramatisering) en Zander van der Westhuizen (musiek en dramatisering) Vervaardiger: Jonkman Produksies n Man is vasgevang in die verstikkende ritueel van n provinsiale lewetjie en ontken die sluimerende digter in homself. Onverwagse interaksies met kleurryke karakters konfronteer hom egter met n keuse: Sal sy verlede hom vashou of die eerlike waarheid hom bevry? Wolkedans is n musiekgedrewe teaterstuk wat lirieke met diepgang en elemente van folk, jazz en kabaret kombineer om gestalte te gee aan die worsteling van n hedendaagse karakter. 4 maart 12:00 5 maart 20:30 60 min kyknet Fismer Geen o/13 Tarryn Lamb a Spier amfiteater Kom geniet n somersaand effens weg van die gedruis in Spier se lieflike opelugteater met musiek wat oor verskillende genres strek. Maak vooraf n draai by Dine33 vir cocktails en canapés en onthou om n warm ding saam te bring dit raak koel wanneer die son gesak het. klinkklaar klanke Musiekverwerkings: Kristi Boonzaaier Met: Hoërskool Durbanville Koor o.l.v. Maria Rademan-Viviers & Hoërskool Durbanville Blaasorkes o.l.v. Suretha Theron met Daneel Wasserfall (elektriese kitaar), Hugo Veldsman (baskitaar), Joganan Geldenhuys (perkussie), Elmien Truter (klavier) Klinkklaar klanke is aweregse Suid- Afrikaanse musiek met klassieke kinkels. Liedere van kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Deon Meiring, Koos du Plessis, Karen Zoid en Spoegwolf word uitgevoer as koormusiek in n produksie wat gebind word met vers- en blaasensemble-interludes. Die bindingsteks word deur Johan Rademan voorgedra. Dis n viering van byderwetse nostalgie en n musiekreis tussen die hede en verlede rondom temas soos Afrika, landskap, dieper denke en liefde. 1 maart 20:30 60 min Spier Amfiteater R80 - R120 R140 by die deur a 154

Sanlam musiekfees Soweto String quartet ontmoet loki rothman Met: Soweto String Quartet en Loki Rothman (sang en kitaar) In hierdie opwindende musikale gebeurtenis skud Madiba se gunsteling-groep, die Soweto String Quartet, blad met die liedjieskrywer en kitaar-towenaar Loki Rothman. Rothman, wat bekend geword het in die eerste reeks van SA s Got Talent, sal n paar van sy eie vuurwarm komposisies vertolk voor hy sy snare saam met die SSQ-manne s n laat sing en dans. Die SSQ gaan die voete laat jeuk en die hart laat jubel met die kwelas en ritmes waarvoor hulle wêreldberoemd is. 2 maart 20:30 90min Spier Amfiteater R120 - R180 R200 by die deur albert Hammond Met: Albert Hammond Wanneer Albert Hammond Get out, damn it, close the door, don t slam it sing, verskyn n breë glimlag op jou gesig. Maar The Peacemaker is nie sy enigste immergroen treffer nie. The Free Electric Band, The Air that I Breathe en It Never Rains in Southern California is almal in dieselfde klassieke klas. En nou het jy die geleentheid om hierdie legende onder die sterre op n someraand te beleef. a e stuur elke luisteraar met n warm hart en nuwe hoop huis toe. 5 maart 20:30 90 min Spier Amfiteater R120 - R180 R200 by die deur tarryn lamb & the Big Band Musikale regisseur: Janine Neethling Met: Tarryn Lamb, Mihi-Tuwi Mashangana, Francis Bowers, Anneli Kamfer en Universiteit Stellenbosch Jazz Band o.l.v. Felicia Lesch Vervaardiger: JAM EVENTS Die US Jazz Band vier hulle 10de bestaansjaar met n groot makietie onder die sterre en n rits sangers wat by hul energieke styl pas. Die gewilde, SAFTAbekroonde Tarryn Lamb, BlackByrd se voorsangeres, word bygestaan deur Mihi-Tuwi Mashangana (van Bombshelter Beast), Anneli Kamfer (van Manouche) en Francis Bowers, wat naam gemaak het in The Voice. Konsertgangers sal op n verskeidenheid lekkertes soos Walking on Sunshine, Valerie, Vier woorde, Natural Woman en allerhande Big Band-treffers getrakteer word. Trek gerus jou dans-skoene aan. Jo Black a 3 maart 20:30 4 maart 20:30 90 min Spier Amfiteater R400 - R500 R550 by die deur e jo BlaCk: Bring die Hoop weer terug Met: Jo Black en band Jo Black kombineer roerend eerlike pub rock met inspirerende boodskappe. Hy 155

6 Maart 20:30 90 min Spier Amfiteater R120 - R160 R200 by die deur ELVIS BLUE: STORIES A E Beligtingsontwerp: Duane Brown Met: Elvis Blue (sanger en verteller) begelei deur topmusikante op klavier, saksofoon, tromboon en tromme Vervaardiger: Elvis Blue Music CC Stories word dieselfde gespel in Engels en Afrikaans en dit beteken dieselfde in albei tale. Dit is dus die ideale titel vir Elvis Blue, wat groot treffers in beide tale geskryf het. Met Stories deel hy grepe uit sy eie lewensverhaal en sing hy ook sy eie verwerkings van internasionale treffers uit sy vormingsjare soos The Living Years en Wild World. 7 Maart 20:30 90min Spier Amfiteater R120 - R180 R 200 by die deur musiek-en-liriek: 40 jaar later A E Musiekregie: Schalk Joubert Met: Anton Goosen, Jannie du Toit, Zolani Mahola, Valiant Swart, Sima Mashazi, Herman Kleinhans, Laurinda Hofmeyr en ander Amanda Strydom Vervaardiger: US Woordfees en Cape Town Music Academy As daar een jaar was wat as n waterskeiding vir musiek in Afrikaans beskou kan word, is dit 1979, toe die Musiek-enliriek-beweging ontstaan het. Anton Goosen het die eerste kunstenaar geword wat n album in Afrikaans vrygestel het waarvan hy al die musiek en lirieke self geskryf het. Dit was deels n teenreaksie teen die vertalings van oorsese spookasemtreffers. Die Musiek-en-liriekbeweging aan die einde van die 70 s en die begin van die 80 s het die weg gebaan vir die bevryding van Afrikaans. Kunstenaars soos Anton Goosen, Laurika Rauch, Mynie Grové, Jannie du Toit, Koos du Plessis, Coenie de Villiers en Clarabelle van Niekerk was toonaangewend. Veertig jaar later, deel hierdie legendes saam met opwindende jong talent die verhoog en bring hulde aan immergroen treffers soos Kruidjie-roer-my-nie, Sprokie vir n stadskind, Toemaar die donkerman en Liedjie vir jou. 8 Maart 20:30 90min Spier Amfiteater R120 - R180 R 200 by die deur TOE EK 20 WAS Met: Amanda Strydom, Joshua Na Die Reën, Corlea Botha, Elvis Blue, Akustika Kamerkoor Musikante: Janine Neethling, Juan (Floors) Oosthuizen, Kevin Gibson, Shaun Johannes en ander Vervaardiger: JAM EVENTS A Toe ek 20 was, bring die uitmuntende soliste Amanda Strydom, Corlea Botha, Elvis Blue en Joshua Na Die Reën die heel eerste keer op een verhoog saam. Dis n nostalgiese terugblik op die musiek wat die kunstenaars self, asook hul musiekhelde, gesing het toe hulle in hul twintigs was. Hulle word bygestaan deur 14 lede van die wêreldbekroonde Akustika Kamerkoor vir n bietjie swing 156

SANLAM MUSIEKFEES en baie pret. Die program sluit liedjies deur die kunstenaars self in, soos Ek loop die pad en Toe ons jonk was, maar ook Bob Seger se We ve Got Tonight, skreeusnaakse Hennie Aucamp en musiek van The Beatles en Simon & Garfunkel. Janine Neethling wys haar slag met a cappella- (en ander) verwerkings van gunstelinge uit haar jeug, soos Elton John, The King s Singers, Vangelis en liedjies uit die Voëlvry-beweging. Verwag geliefde musiek met briljante harmonisering en unieke en sielvolle interpretasies. Joshua Na Die Reën 9 Maart 20:30 10 Maart 20:30 90 min Spier Amfiteater R120 - R200 R220 by die deur A E STADSAAL Die Stadsaal lê in die hartjie van die dorp. Hier kan jy voor en ná elke musiekvertoning in die foyer iets te ete en te drinke geniet. AMANDA STRYDOM Met: Amanda Strydom (sang) begelei deur Coenraad Rall (klavier) Amanda Strydom is volksbesit. Sy vier in 2019 vier dekades in die vermaaklikheidsbedryf. In hierdie konsert sing sy liedjies uit haar groot repertoire van haar albums en ook ballades in Frans, Engels en Nederlands. Oudergewoonte verweef sy stories en poësie met die musiek en dek sy die hele spektrum van die skreeusnaakse tot roerende patos. 4 Maart 20:00 60 min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur A E FRANCOIS VAN COKE AKOESTIES Met: Francois van Coke (sang), Jedd Kossew (kitaar) en Richard Onraet (kitaar) Onder intieme begeleiding van twee gesoute kitaarspelers sing Francois van Coke gestroopte weergawes van sy gewildste liedjies treffers wat hy saam met Karen Zoid, Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Laudo Liebenberg en Die Heuwels Fantasties geskryf het. 7 Maart 20:00 60 min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur JOSHUA NA DIE REËN: SOMERAARDE Met: Joshua Na Die Reën en band Someraarde is die titelsnit van Joshua Na Die Reën (Jacques de Villiers) se nuwe album wat in 2019 uitgereik word. Dié liedjie is geïnspireer deur sy broer Pierre en dis die perfekte titel vir JNDR se soel somerse mengsel van aansteeklike musiek en introspektiewe lirieke. A 157

6 Maart 20:30 7 Maart 11:00 60min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur A 2 Maart 20:00 4 Maart 11:00 70min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur A kortpad / langpad SPOEGWOLF Musiekegisseur: Matthys Maree Beligtingsontwerp, tegniese versorging en verhoogbestuur: Johan Hendriksz Met: Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee & Johrné van Huyssteen as aanbieder Vervaardiger: Optog! Dié produksie is n viering van Afrikaanse folk-musiek en die lang pad wat gestap is sedert die Voëlvry-beweging van die 80 s. Koos Kombuis het baie myle sedert daardie opspraakwekkende kampustoere gereis en op hierdie verhoog kruis sy pad met die jongelinge, Herman Kleinhans en Bottomless Coffee kortpad-reisigers op n nuwe teerpad. Maar net soos Koos destyds, is hulle besig om met musiek en liriek weer nuwe bakens en rigtingwysers langs ons landspaaie in te kap. 3 Maart 16:00 & 19:00 60min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur PURE COENIE Met: Coenie de Villiers en Mauritz Lotz (kitaar) Hierdie is Coenie de Villiers vir die fynproewer. Pragtige Afrikaanse musiektekste in kombinasie met Coenie se eiesoortige klank. Dié stuk wys waarom hy een van die land se mees bekende en geliefde musikante is. Kritici het dit beskou as die beste musiekvertoning van die KKNK 2018. Die vertoning bevat musiek opgeneem vir Coenie se nuwe CD, Pure Coenie. Dit is stil en stem tot nadenke. Kitaarmeester Mauritz Lotz roer sy eie towerkuns by. A Met hul mengsel van aansteeklike, aweregse folk-rock en digterlike lirieke is Spoegwolf al beskryf as die gesig van die alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging. Daar is n nuwe album op pad en hul vertoning in die Stadsaal beloof om een te wees waaroor mense, van oud tot jonk, nog lank gaan praat. 9 Maart 17:00 60 min Stadsaal R100 - R150 R170 by die deur UNCLE CAL & the 3 TONS OF FUN Regie, verwerking en ontwerp: Calvin Peters Met: DJ Uncle Cal (DJ/MC), Sexy Sthe (sang), Beautiful Bee (sang), Mysterious Michelle (sang) en The Elastic Band: Jason Delaney (kitaar), Cameron Jacobs (klawerbord) en Jason Ward (perkussie) DJ Uncle Cal en die sangtrio 3 Tons of Fun verwerk ou en kontemporêre afropoptreffers met behulp van The Elastic Band tot een groot saamsingen-danspartytjie. 10 Maart 16:00 70min Stadsaal R60 - R100 R120 by die deur A E 158

Sanlam musiekfees 1 maart 19:00 10 maart 13:00 80 min Weltevreden Restaurantteater a andré terblanché albumbekendstelling Pure Coenie weltevreden restaurantteater By Weltevreden se intieme restaurantteater kan jy geurige bistroetes saam met die konsert geniet, of net agteroor sit en luister. Dis altyd goed om jou ete vooraf te bespreek, maar as jy op die laaste nippertjie van plan verander, kan jy hulle net laat weet wanneer jy aankom. alla wêreld Vervaardiger, regisseur & musiek: Leon Oosthuizen Met: Leon Oosthuizen (trekklavier) en die Sibanye-orkes: Harold Schenk (klavier), Skhumbuzo Qamata (tromme) en Tiana Amari (baskitaar) Alla wêreld bring vir jou musiek van dwarsoor die aardbol na een verhoog. Leon Oosthuizen en die Sibanye-orkes speel wêreldmusiek van talle lande. Bekende deuntjies, nuwe komposisies en selfs n paar impromptu-skeppings word verweef in n betowerende tapisserie van genres en style. Kom saam op n eksotiese toer om die musiekwêreld en terug na Mzansi in 80 minute. Musiek: André Terblanché en Wilken Calitz Met: André Terblanché (stem, kitaar) Wilken Calitz (kitaar, viool) Pieter van Helslandt (klavier, klawerbord, trekklavier) Vervaardiger: Prima Produksies André Terblanché het al die verhoog gedeel met topkunstenaars soos Danie Niehaus, Pedro Kruger en Anna Davel. Hy het n indrukwekkende stemomvang en is tuis in enige genre. Met sy debuutalbum, Pop culture bekeerdes, skep hy saam met die bekroonde komponis-musikant Wilken Calitz gestroopte, liriekgedrewe akoestiese musiek. 7 maart 13:00 8 maart 19:00 60 min Weltevreden Restaurantteater a e CaSper ace Met: Casper Ace (stem & kitaar), Justin Jefthas (kitaar & trekklavier), Cornel Masson (klawerbord), Josh Prinsloo (baskitaar), Mario de Abreu (tromme) Casper Ace het voor sy solo-loopbaan gereeld saam met Valiant Swart en Koos Kombuis opgetree. As solo-kunstenaar het hy sy eie fyn balans tussen bitter en soet, speels en ernstig gevind en as hy sing, luister jy graag. 1 maart 13:00 2 maart 19:00 45 min Weltevreden Restaurantteater a e 159

DIGTERS, WYN & LIED Skrywer en regisseur: Mel Botes Stelontwerp: Henko Kleingeld Beligtingsontwerp: Andrew Nezar Musiek: Mel Botes en Simon Orange Kostuums: Martelle Slabber Met: Mel Botes (stem, kitaar, klavier en mondfluitjie), Simon Orange (klavier, Hammond-orrel en agtergrondstem), Schalk Joubert (baskitaar, tromme), Eric Valliers & Stephen Aiken (klavier, klawers en saksofoon) en Hansie Roodt (kitaar en agtergrondstem) Vervaardiger: Storm Produktionz In Digters, wyn en lied vier Mel Botes die liedere van n verskeidenheid legendariese liedjieskrywers soos Leonard Cohen, Bob Dylan, Simon & Garfunkel, Mark Knopfler en Rodriguez. Daarmee saam sing Mel van sy eie liedjies sowel as sy toonsettings van klassieke gedigte deur CJ Langenhoven. 4 Maart 13:00 5 Maart 19:00 110 min Weltevreden Restaurantteater A E ESSENCE OF SPRING Skrywer: Ibrahim Khalil Shihab Regisseur: Ramon Alexander Beligtingsontwerp: Iluminar Productions: I-studios & Iluminar Productions Met: Ibrahim Khalil Shihab (klavier), Ramon Alexander (klavier), Ruby Truter (sanger), Keanu Harker (sanger), Chadleigh Gowar (baskitaar), Bradley Prince (kitaar), Annemie Nel (tromme), Zeke le Grange (saksofoon) Kostuums en vervaardiger: I-Studios & Iluminar Productions Die legendariese pianis en komponis Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder van Pacific Express, het groot treffers soos Give a Little Love en I Hear Music geskep. By die Woordfees vier hy die bekendstelling van sy jongste album, Essence of Spring. Luisteraars kan uitsien na ou gunstelinge, splinternuwe komposisies en n baie spesiale klaviersolo. 2 Maart 13:00 3 Maart 19:00 75min Weltevreden Restaurantteater A E FRIEDA VAN DEN HEEVER: KLEINODE Met: Frieda van den Heever (klavier en sang), Sven Blumer (kitaar), Francois van der Merwe (baskitaar), Rico Wessels (perkussie), Marina Louw (altviool) Frieda van den Heever bring hiermee n innige klein ode aan haar kleinode tydlose liedjies. Die program bestaan uit nuwe liedjies uit haar eie pen asook verwerkings en vertolkings van ou gunstelinge, sowel inheems en uitheems. Kom vind uit hoekom sy en hierdie begaafde groep musikante verlede jaar n WoordTROfee-nominasie vir die beste musiekgedrewe produksie ontvang het. 3 Maart 13:00 4 Maart 19:00 80 min Weltevreden Restaurantteater JAK DE PRIESTER: KYK IN MY OË Met: Jak de Priester (sanger), Hoenderboer (trekklavier, klavier) In hierdie vertoning kyk die gehoor diep in Jak de Priester se binneste met liedjies soos Kyk in my oë, wat hy vir sy sesjarige dogtertjie ná n brandongeluk geskryf het. Maar daar sal, soos altyd, ook humor wees met nommers soos Die pasop-liedjie en My lewe moet gecharge word. 5 Maart 13:00 6 Maart 19:00 90min Weltevreden Restaurantteater A 160

Sanlam musiekfees Lepeltjie vol snare lepeltjie vol Snare Regisseur: Amelda Brand Teks en musiekregie: Frazer Barry Met: Hannes Slide Spoon Coetzee, Frazer Barry, Deniel Barry, Earl Witbooi, Loit Sôls Produksiehuis: OEPS Ons Eie ProduksieS Vervaardiger: Kunste Onbeperk Lepeltjie vol snare vier snaarinstrumente in tradisionele Suid-Afrikaanse folk en volksmusiek met die Boesman-boog, banjo, blikviool, akoestiese kitaar en natuurlik die teelepel. Hannes Coetzee (van Karoo Kitaar Blues-faam) is internasionaal bekend vir sy besonderse manier van kitaar speel met n teelepeltjie in sy mond. Frazer Barry (Tribal Echo) is deur Oom Hannes touwys gemaak, maar Frazer het sy eie styl met n lepel en banjo ontwikkel. Kom geniet roerende storie-liedjies en warm klanke so inheems soos biltong en beskuit. rademan Met: Niël Rademan (klavier en sang), Louis Jones (perkussie), Corneil Müller (tjello en sang) en Lucas Heinen (klavier en trekklavier) In RADEMAN vervleg gesoute musikante pop en teatermusiek en swaai gemaklik tussen sigeunerklanke, ligte rock, klassiek, tango en selfs volksmusiek met kort, vermaaklike vertellings tussendeur. Die produksie sluit oorspronklike komposisies deur Niël Rademan en Neil McDonald in, asook ikoniese ou bekendes deur Koos Kombuis, Christa Steyn, Hennie Aucamp, Carlos Gardel en Jacques Brel. 6 maart 13:00 7 maart 19:00 9 maart 19:00 60 min Weltevreden Restaurantteater Taal: Afrikaans met lirieke in Afrikaans, Engels, Nederlands en Spaans 8 maart 13:00 9 maart 13:00 10 maart 17:00 90min Weltevreden Restaurantteater a 161