NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

Kerssangdiens. SA Gemeente

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Tariewe

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hoe om krag te spaar

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Rubriek vir skeppende werk

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

G. J. du Preez

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Sterdansers by Vensters.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Dialoog en paragrawe *

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

die ArtKat Jaar program

Lydenstyd en Paasfees

ROEPING & RIGLYNE OPVOEDING TOEKOMS TERMYNBLAD VAN DIE VERENIGING VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS ISSN Jaargang 64 Nr.

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Webadres: Die Pastoor se pen:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

!"#2. sosiale netwerke? Watmoetjy weet omtrent OOK: HOE MOET ONS TOT GOD BID? BLADSY 12 FEBRUARIE 2012

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

SIZA takes the sting out of auditing

Transcription:

NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016

Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die ballinge in Babilon. Jeremia skryf teen al die hunkering en verwagtinge van die ballinge om weer terug te keer na hulle vaderland in: Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange. (Jer. 29: 7) Valse verwagtinge Hierdie mense is in n vreemde land en al wat hulle heeltyd van hulle predikers hoor is hoe hulle eendag gaan terugkeer na hulle geliefde Jerusalem. Hulle terugkeer was die droom waarmee hulle elke dag geleef het. En hier kom Jeremia en sê hulle moet huise bou, tuine aanlê en trou met die Babeloniërs? Sjoe, geen wonder Jeremia was nie baie gewild nie. Dit laat mens wonder oor watter valse verwagtinge ons mee rondloop in die lewe. Is daar n verwagting van dinge wat nog gaan gebeur, wat my hele manier van dink beïnvloed? Loop ek dag vir dag rond met n ideaal wat my so blind maak dat ek nie die lewe behoorlik kan raaksien nie? Of is my hart so opgeneem in die goed wat ek koester dat ek heeltemal doof geword het vir die stemme van wysheid rondom my? Bevorder die belange Ons wit Afrikaners voel soms of ons in `n vreemde land woon, is dit nie? Ons voel nie altyd welkom in ons eie land nie. Dit was nou verkiesingstyd en in verkiesingstyd word daar baie dinge gesê dinge wat sleg is om te hoor wanneer die verlede opgehaal word vir politieke gewin. Die gevaar is dat ek en jy ons koppe laat sak en in n klein bondeltjie van selfbejammering toevou waar ons is en net na ons eie belange omsien. Ten spyte van omstandighede wat ons in hierdie rigting dryf, is ek oortuig daarvan dat ons hier is om n rede. Deur Jeremia sê die Here vir die volk dat dit Hy was wat hulle weggevoer het in ballingskap. Hulle is waar hulle is omdat God hulle gebring het waar hulle is Ons is waar ons is, omdat God ons hier wil hê. Dit is dalk die maklike deel om te aanvaar dat God ons tot hier gebring het. Die vraag is veel eerder: As ek en jy dan hier is doen ons, hier waar ons is, wat God wil hê ons moet doen? Mag jy die Here se stem hoor wat jou hier geplaas het. Mag die belange van die stad ook jou belange wees. En mag jou gebed ook n gebed vir hierdie stad wees! Schalk Basson

B L AD SY 3 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD Spesiale punte van belang: MES Kinderfees (Bl. 5) Advertensie geleentheid vir besighede (Bl. 7) DIESEL Praise and Worship aand en piekniek (Bl. 8) Gemeente Ete 25 September (Bl. 13) Super 7 s Kamp (Bl. 15) Padkafee 2 September (Bl. 17) Kindernaweek (Bl. 20) In hierdie uitgawe Voorwoord 2 Preekrooster Aug-Okt 3-4 Kruin vier Vrouedag 6 Hoe om die Kempton- Kruin Toep af te laai Seniorbediening Lentefees Vakansie Bybel Skool 9-10 MES Kontakpunt van Jesus se liefde GENOS Huise wat Jesus volg 7 8 11 12 Nissies 13 Advertensies 14 Kruin Stappers 17 Terugvoer oor finansies 18 Ondersteuningsgroep 19 Volg ons op Twitter (@KemptonKruin), like die Facebook blad. Preekrooster September 4 Diens Prediker 8:15 Ds Neels Marais 10:00 Ds Neels Marais 18:00 Dr Danie Malan (Nagmaal) 11 Diens Prediker 8:15 Dr Schalk Basson 10:00 Dr Schalk Basson 18:00 Ds Michelle van Tonder 18 Diens Prediker 8:15 Ds Michelle van Tonder 10:00 Dr Danie Malan (Nagmaal) 18:00 Ds Neels Marais 25 Diens Prediker 8:15 Dr Danie Malan (Doopdiens) 10:00 Dr Danie Malan (Doopdiens) 18:00 Ds Neels Marais Preekrooster Oktober 2 Diens Prediker 8:15 Ds Neels Marais 18:00 Dr Danie Malan 9 Diens Prediker 8:15 Ds Neels Marais 18:00 Buite prediker 16 Diens Prediker 8:15 Dr Danie Malan (Nagmaal) 10:00 Dr Danie Malan 18:00 Dr Schalk Basson 23 Diens Prediker 8:15 Johan Smith 10:00 Buite prediker 18:00 Dr Schalk Basson 30 Diens Prediker 8:15 Ds Michelle van Tonder (Doopdiens) 10:00 Dr Danie Malan (Doopdiens) 18:00 Ds Neels Marais

B L AD SY 4 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD

B L AD SY 5

B L AD SY 6 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD Kruin vier Vrouedag Ons dames het op Saterdag 13 Augustus saam gekuier en Vrouedag gevier. WAT `n belewenis!!! Ongeveer 144 dames het hierdie geleentheid bygewoon. Die tafels in die kerksaal is pragtig opgemaak en daar was die mooiste blomrangskikkings wat die saal verfraai het. Daar was iets van elk, vir almal. Die samesyn met ander vrouens, ma's, vriendinne oud en nuut was heerlik. Ons het gelag, saam gesing, oomblikke van stilte gehad en ook gehuil. Dit was `n dag van introspeksie maar ook viering. Viering van liefde, geloof en hoop! Ons is bederf met die heerlikste eetgoed, geskenksakkies en optredes deur gaskunstenaars soos die gospel sangeres Freda Francis en Anza wat ons op `n ligte luim met sang en voordrag van verskillende bekende persone vermaak het. Baie dankie aan die organiseerders van hierdie funksie. Dit was `n reuse sukses en almal wat dit bygewoon het, het dit terdeë geniet.

B L AD SY 7 Hoe om die Kempton-Kruin Toep (App) af te laai Gaan laai gerus die gratis Kempton-Kruin Toep in die App Store of Play Store af. Klik op die App Store ikoon op jou iphone of Play Store ikoon op jou Android foon. Tik kempton kruin in die soek oortjie. U sal die Kruin-Kerk logo soos hiernaas vertoon, op die skerm sien. Klik daarop en klik dan op installeer. Ons gebruik die Toep om inligting aan u as gemeentelid deur te gee. Preke kan deur middel van die Toep geluister word (die ideaal is om preke deur middel van `n WiFi verbinding te luister om data te bespaar). Belangrike gebeurtenisse word op die kalender aangedui, die preekrooster en inligting oor eredienste en tye sowel as inligting oor ons onderskeie bedieninge, word daar geplaas. U kan ook die geestelike gedagte vir elke dag op die Toep lees. Vir enige navrae kontak asb. die Kerkkantoor by 011 391 1343. Advertensie geleentheid vir besighede op NG Kruin se kalender Kruin bied aan besighede geleentheid om op ons 2017 kalender te adverteer. Die koste per advertensie beloop R400 (Daar is spasie vir twee afsonderlike advertensies per maandbladsy). Die grootte van die advertensie wat geplaas kan word is ongeveer 6cm by 14cm. Spring gou om nie hierdie geleentheid mis te loop nie. Kontak Angelique vir die nodige dokumentasie en enige navrae by 011 391 1343 of stuur `n e-pos na admin@kruin-kerk.co.za

B L AD SY 8 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD DIESEL hou Praise & Worship en Lentedag Piekniek Seniorbediening Lentefees Byeenkoms Die volgende byeenkoms vir ons senior lidmate word gehou op Donderdag, 16 September 2016. Ons hou `n koek en tee/koffie geleentheid. Kom geniet hierdie saamkuier geleentheid saam met ons. Tyd: 09:30 vir 10:00 Plek: Kerksaal Koste: R15 per persoon Bring asb. eie bordjie, lepel en beker saam.

B L AD SY 9

B L AD SY 10 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD

B L AD SY 11 MES Kontakpunt van Jesus se liefde Jesus roep mense om sy liefde met mense te deel veral mense wat in nood verkeer. In ons stad is daar mense wat op straat beland. Die omstandighede wat aanleiding gee daartoe dat mense op straat beland is baie uiteenlopend. Die feit bly staan, niemand wil vir sy eie plesier op straat gaan bly nie. Op straat beleef mense dikwels verwerping en veragting van mense wat hulle veroordeel omdat hulle op straat is. Hierdie mense vertel baie stories van hoe liefdeloos mense hulle behandel. MES in Kemptonpark (langs die Moedergemeente) is n plek waar mense van die straat n ander kant van die mensdom beleef die Jesus-kant. MES is n kontakpunt van Jesus se liefde vir mense wat verstoot word deur die samelewing. Ons gemeente is deel van MES se werk, omdat dit is hoe ons vir Jesus volg in ons wêreld. Saam het ons besluit om by MES te gaan help, want dit is waar ons deel kan wees van God se werk in Kemptonpark. Op die foto s is die Kinderwerkers van Kruin by MES waar ons gaan kos uitdeel en Jesus se liefde deel. Ek rig elke week die uitnodiging in die gemeente om Woensdag-aande saam met my te gaan uitreik en Jesus se liefde met mense te gaan deel. Dit is wonderlik hoedat daar elke week mense is wat saamkom mense wat baie keer nog nooit so iets gedoen het nie, maar kom aanmeld het, want Jesus se liefde dring hulle. Ek nooi jou weer: Kom saam MES toe op n Woensdagaand. Jy kan saam met my ry van die kerk af. Ons begin 19:00 en is ongeveer 20:30 klaar. Ons hou n kort geestelike oordenking en samesang, deel kos uit en gesels met die mense, waar ons net aanvaardig en liefde deel. Kom en wees self n kontakpunt van Jesus se liefde! Schalk Basson

B L AD SY 12 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD GENOS Huise wat Jesus volg As n GENOS-geloofsfamilie is dit ons missie om huise te wees wat vir Jesus volg. Dit beteken dat ons week na week doelbewus in ons huise vir Jesus wil volg en dat ons dit deur ons verbintenis aan ons gemeente, en meer spesifiek die Genosbediening. Ek wil jou aanmoedig om moeite te doen in jou huis met die hulpmiddels wat ons elke week tot jou beskiking stel. Dit word week na week deurgegee en is spesifiek saamgestel om jou gesin te help om op n praktiese manier vir Jesus te volg. Kyk elke week uit vir die volgende: Die GENOS Whatsapps wat jou deur die loop van die week in voeling hou met die geestelike reis van die week. Handevat die elektroniese (epos) nuusbrief wat propvol hulpmiddels is om jou gesin te help om vir Jesus te volg. (As jy nie een van hierdie hulpmiddels ontvang nie en graag wil, laat weet my asb 0827756269 of schalk@kruin-kerk.co.za) In elke week se gesprek is die volgende belangrik: Geestelike tema vir die week: Die tema van elke Sondag se preek by die 08:15 erediens vorm die inhoud van die geestelike tema vir die week by die GENOS bediening. In Handevat en per Whatsapp ontvang jy die inligting en vrae oor hierdie tema. Ek wil jou aanmoedig om dit saam met jou huis, om n tafel, deur die week te bespreek maak die geestelike tema vir die week ook jou huis se tema vir die week. Ritmes: Week na week staan ons stil by een van 7 Ritmes van n Jesus-lewe (Bron: Raw Spirituality van Tom Smith). Die 7 Ritmes is: Nommer 1 ; Ingeprop ; Irriteer mekaar ; Puzzle ; Skoene ; Afwaartse mobiliteit ; en Tyd. Word deel van hierdie ritmes deur elke week as gesin saam te besin oor die uitdagings wat dit vir julle as huis bied. Gebed: In Handevat is daar elke week spesifieke gebedsversoeke. Maak hierdie ver soeke in die gemeente deel van julle huis se saambid elke week. Bid vir mekaar en wees saam deel van die gemeente se gebede vir die week Voetwerk: Ouerskap is uitdagend in die tyd waarin ons leef. Voetwerk is n rubriek waarin Martie Haasbroek (Immegroen Ouerskap fasiliteerder) elke week praktiese wenke oor ouerskap gee. Gebruik hierdie hulpmiddel om voortdurend proaktief te werk aan jou verhouding met jou kinders. Facta Non Verba (Latyn vir dade en nie woorde ): Elke week is daar geleentheid om n verskil in die gemeenskap te maak. In die Handevat nuusbrief word elke week se geleenthede vir jou gelys. Inligting: Inligting rakende die Kinderkerk word elke week deurgegee in Handevat. Wees deel van die GENOS geloofsfamilie deur elke week hande te vat en saam vir Jesus te volg. Schalk Basson (Leraar GENOS bediening)

B L AD SY 13 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD Bespreek gerus vir die Gemeente ete deur middel van ons Gemeente Toep! Verwys na bladsy 7 vir aanwysings oor hoe om die Toep af te laai. Gemeente Ete: 25 September Kruin bied op Sondag 25 September `n Gemeente ete om 12:00 in die Blou Saal aan. Ons voorsien die disse, tafels en stoele. Bring asb. jou eie eetgerei, glase en drinkgoed saam. Die koste beloop R80 per persoon en R50 per kind onder 12. Kaartjies sal vanaf Donderdag 25 Augustus by die Kerkkantoor beskikbaar wees. Bespreek gerus vir die Gemeente ete deur middel van ons Gemeente Toep! Maak die Toep oop en selekteer die Kerk Besprekings ikoon. Vul al die velde in. Die gebeurtenis is Gemeente Ete. Indien u `n elektroniese oorplasing doen, gebruik asb u naam en die woord ete as betaling verwysingsnommer bv. Klaas ete Navrae: Kerkkantoor 011 391 1343 Beperkte aantal nissies beskikbaar Kruin se muur van herinnering het nog slegs 67 nisse beskikbaar. Elke nis kan die oorskot van twee persone neem. Die koste van n nis beloop R2 050 vir gemeentelede en R3 450 vir niegemeentelede wat die nis, steen, gravering, `n blompot en aslegging insluit. Ons beplan om die muur eersdaags uit te brei. Die koste van die nissies sal dan aansienlik styg. Kom koop nou jou nissie om voordeel uit hierdie huidige tarief te trek. Navrae: Kerkkantoor

B L AD SY 14 Advertensies VIDEO TO DVD CONVERSION We do conversions, specialising in Video to DVD. We offer a very affordable, realiable and speedy service. All your old VHS wedding tapes, baby baptisms, family gatherings etc. don t have to be lost! We will convert them into digital format, perfectly preserving them for many years to come. R80 per video. We are in Terenure. Contact: Patricia 0824352575 / Natalie 0846283999

B L AD SY 15

B L AD SY 16 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD

B L AD SY 17

B L AD SY 18 N G KEMPTO N -KR UIN KWAR TAAL B L AD Terugvoer oor ons Gemeente se finansies: Julie 2016

B L AD SY 19 Kempton-Kruin se Ondersteuningsgroep Wie is hierdie Ondersteuningsgroep, wat doen hulle en vir wie is dit? Dit is veral vir persone wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Gedurende n ernstige siekbed van `n geliefde, word baie aandag en versorging aan persone en familie wat daarby betrokke is, gegee. Na afloop van `n daaropvolgende begrafnis word die saak egter dikwels as afgehandel beskou. Diegene wat agterbly staan dan alleen en worstel met sy/haar vrae, bekommernisse en onsekerheid oor die pad vorentoe. Moontlik word navraag weer oor die persoon se welstand gedoen, so met die verbygaan. Maar hoe gaan dit werklik met die persoon? So dikwels verval die persoon in depressie waar dit moeilik is om self en uit eie krag, uit die put te kom. Die Ondersteuningsgroep is die bymekaarkom van persone wat reeds hierdie pad van droefheid en hartseer beleef het. Dit is waar ander bereid is om te luister, om te vertroos, te bemoedig, te versterk en op die pad vorentoe te help. Dit is `n plek waar jy ondervind om weer met `n reënboog deur jou trane te kan kyk. Bywoning van die Ondersteuningsgroep is vrywillig, die dag en tyd word self onderling gereël. Daar is tans twee groepe wat een maal per maand bymekaarkom, een groep in die oggend en een groep in die aand. Ons wil graag persone wat hierdie groep bywoon bemagtig om die lewe weer voluit aan te pak en te geniet deur hande te vat met ander wat al die elemente en emosies van verlies aan `n geliefde, verstaan. Die volgende byeenkomste word gehou op Dinsdag 23 Augustus om 18:30 in Kamer 11 en op Donderdag 22 September om 10:00 in Kamer 11. Vir enige navrae of om by een van die groepe in te skakel, kontak asb. vir Isél van die Kerkkantoor by 011 391 1343.

B L AD SY 20