want n boer maak mos n plan

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SIZA takes the sting out of auditing

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Tariewe

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Hoe om krag te spaar

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Tariewe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Edgehog

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Dialoog en paragrawe *

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Mosselbaai Munisipaliteit

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

BOER hier. want n boer maak mos n plan. Gratis Uitgawe April 2018

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rubriek vir skeppende werk

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Landbou is oor die algemeen n. n Kort oorsig oor plaaslike mieliepryse. Lees Binne: FEBRUARIE Graan SA tydskrif vir ontwikkelende boere

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Transcription:

BOER hier want n boer maak mos n plan Gratis Uitgawe 8 Februarie 2018 www.boerhier.co.za

Inhoud 2 Hallo 3 Jou mond is n Wapen 5 Spoggerig 6 n Winkel wat die hart vinnig laat klop 8 Grondsake 10 Opgradering van Kudde-ooie na Stoet 14 n Boervrou wat n plan gemaak het 16 Die Trekker-mense wat weet wat hulle doen 18 Suid-Afrika se Groot-5 Damme 20 Seël damme met min moeite 22 Die Twee Rigting Radio oplossing 26 Beleef vooruitgang met Feedgrow 29 N5N8 Voëlgriep 34 My perd het n wat? 39 Suiwelbedryf in Suid-Afrika 42 Veiligheid: Selfverdediging 46 Definisie van n Boer Kry die volgende uitgawe van BOERhier by www.boerhier.co.za BOERhier met trots ontwerp en versprei deur www.belza.co.za BOERhier is gratis en vol planne! Artikels saamgestel deur Belinda Labuschagne in samewerking met die adverteerders. Ontwerpe gedoen deur Belinda Labuschagne. Bemarking en kliëntediens word behartig deur Lizelle Labuschagne. Kopiereg van BOERhier word streng voorbehou. Vir verdere navraag, kontak 0630008229 of e-pos info@boerhier.co.za. Besoek ons webtuiste by www.boerhier.co.za. Inligting verskaf vir advertensies en artikels in BOERhier is ontvang vanaf die adverteerders. BOERhier en Belza Enterprises word gevrywaar van enige verliese wat kan plaasvind. Lesers word geadviseer om navorsing te doen voordat n transaksie behartig word. BOER hier 1

Die BOERhier e-tydskrif groei teen n enorme spoed en ons is dit ewig dankbaar aan God wat die gewildheid van hierdie insiggewende tydskrif moontlik maak. Ons glo dat die vooruitgang van hierdie boek baie te doen het met die slagspreuk want n Boer maak mos n plan, want deur dit beaam ons dat die Boere in SuidAfrika nooit sal gaan lê nie, omdat hulle altyd n plan het om te maak. Positiwiteit het egter baie met planne te doen. As jou gedagtes nie positief georiënteerd is nie, kan n plan nie slaag nie. Lekker lees BOER hier 2

Deur Belinda Labuschagne is n Ons gaan gebuk deur tyd waar baie vrae gevra word en onsekerheid heers, veral met uitlatings wat gemaak word oor grondonteiening sonder vergoeding. Dit laat baie van ons kwaad en/of moedeloos voel. Groot debate word gevoer en elke persoon het n opinie. Maar een ding is verseker, en dit is God se woord. Sy instruksie aan ons is baie duidelik: Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word, seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. Lukas 6:27-36 (AFR83) Terwyl so baie debatte en gesprekke gevoer word, wil ek jou ook verder herrinner: So seker as Ek leef, sê die Here, Ek sal met julle maak soos Ek julle hoor sê het. Numerie 14:28 (AFR83) Terwyl jy met jou vriende en familie kuier, moet jy asseblief versigtig wees met wat uit jou mond uitkom, want God is baie duidelik hieroor. Jou mond is n magtige wapen. Spreek daarom vrede en vreugde oor ons land en sy leiers uit. God is in beheer! BOER hier 3

Grasbale word met vrygewige harte geskenk deur wonderlike Boere vanuit Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat! Ons benodig egter vervoer om hierdie geskenkte bale na die droogte geteisterde Kaapprovinsies toe te vervoer. Boere In Nood First National Bank Rek No 62614580084 Tak Kode 250-655 boereinnood@gmail.com carina@boereinnood.co.za Boere In Nood Groep @boere_in Carina Swartz 083 675 6526 Nico Gerber 072 185 8694 Santie Roux 064 759 6601 Tommie Klopper 062 300 2308

Hier staan n baie trotse Chanique Pretorius van die plaas Grootpan tussen Lichtenburg en Koster. Sy spog met hul Pioneer 15/17 Witmielies wat haar pa geplant het en sien uit na n suksesvolle oes. Chanique sê: Dis lekker om n Boeremeisie te kan wees en ek wil eendag in my pa en oupa se voetspore volg. Ek is dankbaar vir die reën waarmee God ons geseën het en dis wonderlik om te kan sien hoe mooi die mielies groei! Stuur jou spog foto s na info@boerhier.co.za BOER hier 5

n Winkel wat die hart vinnig laat klop! Die John Deere-gogga het baie van ons gebyt! Meeste van ons is bekend met hierdie uiters gesogte maak wat o.a. landbou-, konstruksie- en bosboutoerusting vervaardig en sodoende die lewe vir baie Boere vergemaklik. Riaan en Sanet Bosman is die trotse eienaars van Revet (Pty) Ltd wat n gemagtigde John Deere handelaar is. Hulle het onlangs van adres verander in Kempton Park en die nuwe perseel is pragtig uitgelê met n vriendelike, boere atmosfeer! Wat ieder-en-elk se ervaring by hierdie oulike winkel spesiaal maak is dat gratis koffie en tee geniet kan word, terwyl die kinders heerlik kan speel by die groot speelparkie. Enige John Deere aanhanger se hart sal sommer bollemakiesie slaan wanneer die vloer met eerste oogopslag gewaar word, want n opwindende verskeidenheid produkte is hier beskikbaar om van te kies en te keur: Baba klere Kinder klere Skoene Handsakke Skaal modelle Kinder speelgoed Ride-on trekker stelle Plakkers Damesklere Mansklere Pette Messe Sleutelhouers Kroeg versiering Legkaarte Bord speletjies Alle voorraad wat verkoop word is oorspronklik en ingevoer vanuit die VSA. Revet koerier met graagte na enige dorp regoor Suid-Afrika vir slegs R120. Asof dit nie genoeg is nie, gaan die huidige reeks binnekort uitgebrei word wat harte nog vinniger sal laat klop. Gaan loer gerus in by Revet se Facebook blad en kontak Sanet vir n flink, vriendelike diens by 011 592 0011. Die nuwe adres is 270 Ninth Road, Bredell, Kempton Park, Johannesburg. BOER hier 6

BOER hier 7

Die landoppervlakte van Suid-Afrika is 122,3 miljoen hektaar. Byna 70% is geskik vir veeboerdery, veral vir beeste skape varke bokke Bron: http://www.safiri.co.za/ec/livestock_production.html BOER hier 8

In die vroeë vyftigerjare tot en met Desember 1954 kon kudde-ooie as aanhangsel-a ooie opgeneem word en in n Hulpstamboek opgeteken word. Daar was baie goeie kudde-ooie (graad) beskikbaar waarmee die ras se geregistreerde diere aangevul en uitgebrei kon word. Dit was veel goedkoper as om heeltyd ooie vanaf Duitsland in te voer. Verder het dit die voordeel gehad dat plaaslik aangepaste ooie se nageslag die ras kon help verbeter. In die tabel hieronder word aangedui hoe die opgradeerstelsel dié ras se aantal registrasies per jaar vinnig laat styg het tot 1970. Aanvanklike opgradering van kudde-ooie se effek op die aantal registrasies/jaar: Stamboek Hulp- Jaar Ramme Ooie stamboek 1955 321 642 2652 1956 178 573 2017 1957 228 640 2985 1958 307 653 2673 1959 448 1083 4205 1960 389 1019 2703 1961 565 1889 3098 1962 522 2076 2088 1963 660 2301 2110 1964 557 2102 1135 1965 717 2588 1144 1966 707 3004 911 1967 1003 5084 986 1968 908 4063 383 1969 903 4103 386 1970 1180 5194 356 Opgradering van Kudde-ooie na Stoet Deur Jan Vosloo Danksy hierdie stimuleringsproses asook verdere ontwikkeling en veredeling van dié ras in SA, is dié ras se naam sedert Januarie 1971 verander na die Suid-Afrikaanse Vleismerino. Vir meer as 60 jaar, sedert 1955 tot vanjaar was die ras geslote en is daar nooit weer kuddeooie as aanhangsel-a diere toegelaat nie. Die afgelope twee dekades was daar heelwat versoeke tot die Raad gerig van boere met goeie kuddes wat graag hulle ooie wou opgradeer na geregistreerde diere. BOER hier 10 Hulle gebruik deurentyd goeie ramme en wil graag uit hulle beste en aangepaste ooie begin met opgradering. So is daar n wetenskaplike opgraderingsproses opgestel en voorgelê aan die telers by die 2016 AJV. Stemming daaroor deur die lede het n gelykopuitslag tot gevolg gehad. By die AJV van Augustus 2017 het die lede toe weer gestem oor die opgradeerstelsel en was die uitkoms ten gunste daarvan. Die stelsel is so ontwerp dat daar groot groepe ooilammers saam gebore en grootgemaak moet word sodat goeie seleksiedruk met behulp van speen- en na-speense indekse in die eerste 2 generasies toegepas kan word. Daarna sal reproduksie prestasie die deurslag gee vir toelating as volwaardige stoetooie. Dit is dus beslis nie n najaag van getalle diere nie, Lees verder op bladsy 11

Vanaf bladsy 10 maar veel eerder die afskep van die room (top produseerders). Ons wil slegs die beste genetika wat regtig n bydrae tot rasverbetering kan maak intrek om op die manier genetiese diversiteit te verbreed. Hier is dus n unieke geleentheid vir ernstige SAVM kudde-boere om hulle diere op te teel en hulle waarde te verbeter. Dit is deel van presisieboerdery om jou diere individueel te identifiseer en te meet. AANVAARDE OPGRADEERSTELSEL Kuddeboere kan aansoek doen om hulle ooie se ooi-lammers te laat opgradeer na stoetooie deur die volgende proses te volg: 1. Aansoek doen by die Genootskap om hulle ooi-kudde as SAVM Fondasie-kudde te laat sertifiseer deur die Raad, onderhewig aan die volgende vereistes: Die teel-geskiedenis en ontstaan of oorsprong van die kudde moet verskaf word en aanvaar word as deelsgeteelde SAVM tipe ooie. Daar moet n minimum van 300 ooie in die kudde wees (in dieselfde produksiestadium). Bewys van aankope van minstens 3 SAVM gekeurde ramme by ramveilings moet voorgelê word (aangekoop oor die laaste 3 jaar). Aanvaarbare hanteringsfassiliteite (krale) moet bestaan op die aansoeker se plaas. 2. Indien die aansoek aanvaar word sal die ooi-kudde besoek word deur inspekteurs of amptenare aangewys deur die Genootskap nadat hulle reiskoste betaal is (soos vasgestel deur die Raad). 3. Na inspeksie van die ooi-kudde en hanteringsfassiliteite gedoen is en goedkeuring van die verslag wat die inspekteurs of amptenare by die Raad ingedien het, sal die aansoeker kennis kry dat sy ooi-kudde gesertifiseer word as n SAVM Fondasie-kudde. Dié ooie moet tatoeëer word met die voorgeskrewe merk (SAVM in regteroor) tydens inspeksie. Volgende keer gaan ons meer uitbrei oor die teel-proses om die ooinageslag uit die fondasie-kudde op te grader na stoet, en ons sal n voorbeeld uitlê van hoe om n stamboom op veilingskatalogusse te vertoon. Op 5 September 2017 is die eerste fondasie ooie getatoeëer by Abé Visser en seun van Reitz. Hennie Visser van Harrismith het help keur. BOER hier 11

Adverteer in www.boerhier.co.za

TROTS OP ONS BOERE

n Boervrou wat plan gemaak het! Deur Hanja van Schalkwyk Ek is n Boervrou wat naby Boshof bly en my liefde vir Naaldwerk het reeds op skool begin waar naaldwerk as vak aangebied was. Ek het tot in matriek naaldwerk gedoen en so het ek my eie matriekafskeidsrok gemaak, asook my trourok en blommemeisie rokke vir my troue. Daarna het ek vir n ekstra inkomste op die plaas klere begin maak vir vriende en familie. Dit het uitgebrei tot klere maak vir kleiner skole wat ek en Dawie (my man) self kon hanteer soos windbrakers, dasse, skoolrokke en sweetpakke. Die gogga om n borduurmasjien te koop het gebyt en ek het n klein Deco 330 gekoop en begin borduur. Eers net spoegdoeke en borduurgoed op die klere wat ek gemaak het. Die aanvraag daarvoor het toe groter geword en ek koop nog n borduurmasjien. Die Here het vir my n pad gewys na borduurwerk as hoofinkomste en ek het die klere later heeltemal gelos. African Farm Products het toe in 2006 begin met borduur as die hoofbron. Om op die velle en leer te borduur is vir my die lekkerste en baie kreatief. Ek is n verskaffer van Barron, Headwear, Amrod en vele meer, en ek borduur op die klere en hoedjies logo s of wat my kliënte ook al daarop wil hê. Gedurende die droogte tye op die plaas was hierdie ekstra lyn van inkomste n groot uitkoms gewees. Die grootste uitdaging is om van die plaas af te werk. Ek het nie n winkel in die dorp nie, maar omdat ek op n dag besef het ek kan nie op my eie werk skep nie, het ek vir die Here gevra om die eienaar van hierdie besigheid te wees - Hy moet my voete plat op die aarde hou en asseblief vir my werk gee wat Hy weet ek sal kan hanteer. Lees verder op bladsy 15 BOER hier 14

Vanaf bladsy 14 Ek stal hier en daar by feeste uit en verder is dit word-of-mouth wat my produkte verkoop. Ek adverteer ook op Facebook. Vandag het ek 6 industriële masjiene en 4 mense wat vir my werk. Daar is ook ander masjiene om die velle en leerprodukte te maak soos bv. matte en kussings. Die kliënt kan ook sy eie verwerkte velle vir my gee om sy/haar produk te maak. Ek was al bevoorreg om deur die departement van kuns en kultuur gekies te word om uitstallings by Decorex te doen asook om in China te gaan uitstal. My man is my grootste ondersteuner en hy hou daarvan om my te help as hy nie op die plaas doenig is nie. Hy kan al die borduurmasjiene hanteer en help as dit nodig is om dit reg te maak. Dit maak van ons n gedugte span. Tevredenheid van kliënte is vir my die heel belangrikste. Ek het al deurnag gewerk om n kliënt wat op kort kennisgewing iets nodig het te help. Wat my besigheid laat uitstaan bo ander is miskien die feit dat hierdie besigheid vir meer is as net n werk want ek doen elke dag wat ek mal is oor. Dit voel nie soos werk nie en ek werk nie net van 8 tot 5 nie. Ek het kliënte dwarsoor die land wat ek nog nooit eers ontmoet het nie! Geen bestelling is ook te groot of te klein nie. So jy kan selfs een hoedjie bestel dit is ook reg met my. BOER hier 15

Die Trekker-mense wat weet wat hulle doen Randvaal Trekkers was gestig in 2000 en het uitgebreide ondervinding van tweedehandse landbou trekkers en toerusting. Met kwaliteit werk, gehalte diens en jare se kennis, het hulle n baie sterk kliëntebasis opgebou in Afrika in d.m.v. word-of-mouth. Hulle verkoop n wye reeks tweedehandse Massey Ferguson trekkers, asook Ford trekkers. parte verkoop wat regoor Afrika gekoerier kan word. Met n gedigte span werktuigkundiges en assistente kan enige trekker soos nuut opgebou word en aan die werk spring. Randvaal Trekkers se teikenmark is hoofsaaklik kleiner boerderye of opkomende boere wat n trekker/s wil aanwend om n inkomste te genereer. Daar is allerande plaas toerusting en Hierdie suksesvolle besigheid is ideaal geleë implemente beskikbaar om van te kies en te keur, en wat hiérdie besigheid nog meer divers maak is dat hulle ook nuwe en tweedehandse langs die R59 hoofweg tussen Alberton en Meyerton. Vriendelike mense sal jou begroet wat jou baie graag flink en vinnig sal help. BOER hier 16

Suid-Afrika se Groot-5 Damme in Suid-Afrika 1. GARIEP Provinsie: Vrystaat Kapasiteit: 5,340,600 megaliter Huidige vlak: 62,7% 2. VANDERKLOOF Provinsie: Noord-Kaap en Vrystaat Kapasiteit: 3,171,300 megaliter Huidige vlak: 54,6% 3. STERKFONTEIN Provinsie: Vrystaat Kapasiteit: 2,616,900 megaliter Huidige vlak: 94,3% 4. VAAL Provinsie: Vrystaat Kapasiteit: 2,603,400 megaliter Huidige vlak: 82,4% 5. JOZINI Provinsie: KwaZulu-Natal Kapasiteit: 2,267,100 megaliter Huidige vlak: 85,2% Bron: https://www.sa9.co.za BOER hier 18

Seël Damme met Aqua Plastech Dam & Pond Sealer bied n baie maklike en bekostibare oplossing vir die verseëling van lekkende damme. Hierdie spesiaal geformuleerde korrelproduk is ontwerp vir maklike en doeltreffende toediening, en verminder die behoefte om staat te maak op groot toerusting, intensiewe arbeid of ingeboude materiale soos bentoniet. Min Moeite Die Aqua Plastech produk moedig waterdoeltreffendheid aan deur n verseëlingsoplossing te lewer wat uitsluitlik berus op eenvoudige aanwendingsmetodes wat geen wagtyd vereis nie, asook geen ekstra verlies van kosbare water en geen wagtyd vereis na die toediening van die produk nie. Bestaande water word ook nie gemors nie. Voordele van Aqua Plastech: Dit skep n seël sonder dat kosbare water verlore hoef te gaan. Toepassing van die produk is onmiddellik. Geen hulp van n derde party word vereis nie. Behandeling kan direk gerig word op n vermeede probleemarea, eerder as die hele dam. Kostedoeltreffend sonder die noodsaaklikheid van swaar duur grondverskuiwende toerusting. Baie maklik om toe te pas. Nie giftig nie, bioafbreekbaar en omgewingsvriendelik. Lang lewe. Sodra polimêre in plek is, sal dit deel van die damstruktuur word, sodoende sal dit baie jare neem om af te breek. Vir meer inligting oor hierdie opwindende produk, besoek graag die webtuiste by www.aquaplastech.co.za of skakel André by 072 378 1257. Beskikbaar landswyd! BOER hier 20

SEALING DAMS WITHOUT DRAINING PHONE TODAY 072 378 1257 www.aquaplastech.co.za

Radio kommunikasie is van kardinale belang vir die boere gemeenskap en word hoofsaaklik gebruik vir veiligheid en daaglikse plaasbestuur. Een van die hoof redes vir die aanvraag op radio kommunikasie is dat die boere gemeenskap geweldig sukkel met selfoon sein op hulle plase. Twee rigting radio s is baie voordelig vir die boere gemeenskap en is onder andere n maklike vorm van kommunikasie vir enige persoon in n plaas omgewing en verg geen opleiding nie. Dit vergemaklik kommunikasie tussen die boer en sy werkers deurdat die kommunikasie nie deur swak sein beïnvloed nie en dra dus by tot effektiewe produktiwiteit. Dit word ook gebruik vir die uitvoer van take en daaglikse plaasbestuur. n Ander voordeel van die twee rigting radio s is die veiligheidsfunksie. Die veiligheidsaspek van n radio netwerk is die beste vorm van veiligheid in enige plaas omgewing. Die boer wat in n gevaar situasie is kan sy nood rapporteer deur sy boodskap vir almal op die netwerk gelyktydig te stuur. In meeste gevalle bestaan die nood netwerk vir die boere uit die bure van aangrensende plase en is daar n verkorte reaksie tyd na die toneel van die gevaar of nood situasie. Deur Michael de Beer Die radio s het ook n ingeboude nood knoppie wat gedruk kan word wanneer daar nie genoeg tyd is om n gesprek te voer nie en die nood sein word dan vir almal op die netwerk gestuur. Die mark vir radio kommunikasie is baie groot in ons boeregemeenskappe en wat effektiwiteit en veiligheid in kommunikasie en die gemeenskap betref is twee rigting radio s beslis gesog. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Michael van Electra by 013 752 6677 of besoek hul webtuiste by www.electracom.co.za. BOER hier 22

LUSERN Klein Bale 20-25kg A-Graad en B-Graad Brits & Lichtenburg areas Konstante beskikbaarheid Pryse wissel tussen R45 tot R55 per baal Minimum bestelling 400 bale Jou eie vervoer is welkom!

Beleef vooruitgang met Feedgrow Die Feedgrow sisteem is n plan wat n nuwe era vir veevoer doeleindes ingelui het! Die sisteem is tegnies, biologies en fisies ge-optimaliseer vir n koste effektiewe produksie van groot hoeveelhede kwaliteit groenvoer vir diere in die kortste moontlike tyd. Die Feedgrow sisteem is n ekonomiese opsie wat die Boer instaat stel om sy eie Konstante hoeveelheid groen voer 365 dae n jaar te produseer. n Verdere pluspunt is dat seisoenspeling en klimaat geen invloed daarop het nie. Die Feedgrow sisteem neem jou bekommernisse ten opsigte van droogtes, ryp, peste, plae en onkruidbeheer weg. Die ten volle ge-isoleerde Feedgrow kamer bied jou n beter voerproduk as wat jy tans vir jou diere voer, reg deur die jaar. n Voorafbepaalde hoeveelheid grassaad word gesaai op spesiale saadbakke en word dan besproei met voorafbepaalde intervalley deur n oorhoofse besproeiingsisteem en klimaat gekontroleerd op die korrekte temperatuur vir die beste en optimale groei, ongeag van omgewingstoestande buite. Die sisteem het genoeg saad bakke om te verseker dat die boer n Konstante en bekende hoeveelheid grasspruite elke dag beskikbaar het. Produksie vind plaas met voergraad grassaad wat binne 24-uur ontkiem na saai. Die grassaad groei in dieselfde voerbakke vir 6 tot 7 dae Lees verder op bladsy 27 BOER hier 26

Vanaf bladsy 26 wanneer hulle gereed is om ge-oes te word as n grasspruitmat met n hoogte van tot en met 130mm. Die leë saadbakke word dan gespoel met skoon water, gehersaai met die regte hoeveelheid grassaad en weer op die saaikant van die stelsel ingestoot. Hierdie praktyd stel die Boer instaat om 600kg, en selfs meer, grasspruite per dag te oes uit n goed bestuurde en onderhoude Feedgrow kamer. Feedgrow het elke groeistadium getoets vir voedingswaardes en bevind dat die hoogste voedingswaarde stadium op dag 6 is wanneer die grasspruite gereed is om ge-oes te word. In die evaluasie is bevind dat die grasspruite n hoë protein en energie waarde het wat hoog genoeg is om aan die meeste diere se behoeftes te voldoen. Omdat garsgras die hoogste voedingswaarde van alle groen grasse het, is die algemene gesondheid van diere meer opmerkbaar asook die volgende voordele: Hoër energie en lewenskragtigheidsvlakke, Stimulering van die immuunstelsel, Hoër antioksidant vlakke. Verder is bevind deur gekwalifiseerde instellings deur studies dat die waarde van grasspruite n meer voordelige uitwerking op diere het as tradisionele voeraanvullings. Vir meer inligting oor hierdie opwindende, getoetste sisteem, besoek graag www.feedgrow.net of kontak Jan Jacobs by 083 227 7891. BOER hier 27

Die totale waarde van die pluimveebedryf in Suid-Afrika is R46 miljard. Sedert die uitbreek van die virus in 2017 tot nou word verliese bereken op R954 miljoen. n Totaal van 1,996,815 voëls was vankant gemaak. Voëlgriep is n siekte wat voorkom by voëls, vernaamlik hoenderagtiges wat griepagtige simptome veroorsaak met sufheid, betraande oë en opgeswelde kele. Die kam van die voël verkleur dikwels ook. Sommige voëls sterf vinnig na besmetting. Die broeityd wissel tussen 2 tot 3 weke. Voëls wat vatbaar is vir Voëlgriep is hoenders, kalkoene, eende, ganse, poue, duiwe, fisante, patryse, volstruise, emoes en nandoes. Die siekte is dodelik vir hoenders en kalkoene. Die virus kan deur die lug versprei word, deur direkte kontak tussen voëls en indirek deur bv. ontlasting en vervoermiddels. Uitbrake by boerderye word waarskynlik veroorsaak deur wilde eende of ander watervoëls wat oor n boerdery vlieg en hulle ontlastings daarop laat val. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/vo%c3%ablgriep https://m.fin24.com/companies/agribusiness/avian-flu-leadsto-industry-losses-of-r954m-report-20180213-2 BOER hier 29

#boereisdiebeste

AUTOMATED GATE MOTORS SLX1524CB 1,500kg SLX3024CB 3,000kg The automation is made up of a self-locking gear motor controlled by magnetic encoder with an in-built: Electronic programmer 433MHz FM receiver Slot-in battery charger NiMH batteries Rikus Muller - 082 727 6894

Volledige lys van Implemente op bladsy 33 BOER hier 32

BOER hier 33

Deur Anita van Eeden Jy kyk na n advertensie vir n perd wat te koop is, en al die terme laat jou kop draai; 15.3hh, reun (of te wel gelding in Engels), groen en soveel meer en jy het nie die vaagste benul wat dit beteken nie. Dit kan nogal intimiderend wees om te soek na n perd as jy nie seker is wat die terme beteken nie. Hulle verwys na verkeie kenmerke en dalk selfs dele van die perd wat jy nie eers geweet het bestaan nie. Hieronder is n tekening wat dele van die perd aantoon. n Perd se hoogte word gemeet vanaf die grond, tot by die hoogste punt van die skof (sien foto regs). Om n akurate afmeting te kry, moet die perd verkieslik op n stewige, gelyke oppervlakte staan, met sy gewig op al sy bene, d.w.s nie een van sy bene moet gebuig wees of rus nie. Wat is hh en wat beteken die syfer voor dit? Hh staan vir hande hoog, die syfer voor dit is die hoeveelheid hande en duim wat die perd hoog is. Met ander woorde, byvoorbeeld, 15.3hh beteken 15 hande en 3 duim hoog. Een Lees verder op bladsy 35 BOER hier 34

BOER hier 35 Vanaf bladsy 34 hand is 10cm of 4 duim. Omdat die syfer na die punt verwys na hoeveelheid duim en nie na n breuk nie (bv. n half hand), beskryf mens nie n perd as 15.4 of 15.9hh hoog nie. Sodra hy 4 duim is, is dit n volle hand grootte en is die perd dus 16hh. Hier is n tabel wat hoogtes omsit van hh na cm. Kom ons kyk na nog n paar van die terme. Stallion, gelding, en mare verwys onderskeidelik na n hings, reun (gekastreerde hings) en merrie. As dit n jong perd is, gewoonlik n vul, mag daar verwys word na hom of haar as n colt of filly, dit is onderskeidelik n hingsvul of merrievul. Groen verwys na n perd wat baie onlangs onder saal gesit is en nog nie deurgery is nie. Hulle het gewoonlik nog nukke en grille waarvoor n onervare ruiter nie noodwendig kans sal sien nie. Schoolmaster is gewoonlik n ouer perd wat goed deurgery is, sonder slegte gewoontes en wat soms in gevorderde vlakke van kompetisies kan deelneem, en is oor die algemeen n rustige perd om te ry. Daar is n gesegde wat lei green on green makes black and blue. Dit wil sê n groen (onervare) ruiter op n groen perd gaan opeindig met swart en blou kolle, indien nie erger nie. Dit is veel beter vir n onervare ruiter om n ouer perd te kry wat hom of haar nie onnodig gaan toets soos n jong perd sal nie, terwyl ervare ruiters die groen perde verkies omdat hulle die kennis en vaardighede het om die jong perd te leer en deur sy geite te werk. Wanneer daar na n perd as warm of forward going verwys word, beteken dit die perd is baie lewendig onder saal en benodig dus gewoonlik ook n meer ervare ruiter aangesien hulle soms moeiliker kan wees om te beheer. n Beskrywing waarvoor almal soek is bombproof, dit beteken die perd skrik vir niks nie. Persoonlik glo ek nie daar is iets soos n perd wat 100% vir niks skrik nie, want enige perd sal eendag in n situasie beland waarvoor hy skrik vir iets. n Perd is steeds n lewende wese met sy eie brein en alle diere is soms onvoorspelbaar. My een perd byvoorbeeld het so regte gerookte surfer houding. Niks in die wêreld pla hom ooit nie, tot die dag wat n volstruis ons gestorm het, ewe skielik was hy op sy tone en trippel rond en spring en gaan tekere soos n bucking bronco by n rodeo. Mens kan nooit te versigtig wees rondom perde nie. Volgende keer gesels ek meer oor kleure en kenmerke. Vir enige vrae of inligtigting kan julle my, Anita van Eeden, gerus kontak by anita@imperialequine.co.za.

Sien nog fotos vir hierdie veiling op bladsy 38 BOER hier 37

BOER hier 38

5de grootste bedryf in die landbousektor Dra jaarliks by tot ongeveer R14,5 miljard van die land se BBP Daar is huidiglik sowat 45,000 werknemers in die bedryf Op n stadium was daar 12,000 suiwelboere. Vandag is daar +/- 1,600 Bron: http://www.mpo.co.za/sustainability-post/challenges-small-scale-dairy-farming/ BOER hier 39

Deur Craig Roseveare Dit is hoogs aanbeveelbaar om selfverdedigingstegnieke aan te leer! n Mens dra nie altyd n vuurwapen of enige ander tipe wapen aan jou nie. In hierdie tipe geval, as jy aangeval word, staan jy basies naak, net gewapen met jou lyf en ledemate. Tog weet baie mense nie hoe om hul liggame te gebruik gedurende n aanval d.m.v. selfverdedigingstegnieke nie. Selfs as jy jou vuurwapen of enige ander wapen dra, sal jy vinnig genoeg kan reageer om jou wapen te gebruik om die aanvaller te verswak? Hou in gedagte dat die meeste aanvalle verrassingsaanvalle is en dat die aanvaller meeste kere n persoon onverwags betrap en met n wapen in jou gesig staan. In n land soos Suid-Afrika waar ernstige en geweldadige misdaad hoog is, met min of geen inagneming van die menselike lewe nie, sal ek so vêr gaan om te sê dat ten minste basiese opleiding in selfverdediging een van die belangrikste komponente van jou sekuriteitsplan moet wees. Ek het n gesegde waarvoor ek lief is: dit is te laat om te leer dans as jy alreeds op die dansvloer staan. Ek gaan nou die KRAV MAGA selfverdedigingstegnieke bespreek wat sy oorsprong uit Martial Arts het Lees verder op bladsy 43 BOER hier 42

Vanaf bladsy 42 KRAV MAGA is n vorm van selfverdediding wat deur die Israelsiese Weermag ontwikkel is en groei teen n vinnige tempo wêreldwyd. Die tegnieke van KRAV MAGA kan nie toegepas word in sport nie, aangesien dit ontwerp is om n aanvaller binne 3 tot 5 sekondes te beseer, ontwapen of dood te maak. Hierdie wel deurdenkte tegnieke en style (sien foto s links vir n paar voorbeelde) van KRAV MAGA is bedoel om n mens te help in n tyd van nood wanneer jou veiligheid en lewe bedreig word. Dit word beskou as die gevaarlikste en mees effektiewe vorm van selfverdediging in die wêreld, maar is ook die maklikste om te bemeester. Hierdie rou, brutale tegnieke behoort n eerste keuse van selfverdediging in Suid-Afrika te wees. KRAV MAGA opleiding vereis geen vorige ondervinding in selfverdediging nie en jy hoef veral nie groot en sterk te wees om dit te leer nie. n Goed opgeleide persoon se liggaam sal inteendeel n bykomende wapen wees. Jy sal n meer indiepte bespreking kry oor KRAV MAGA in Hoofstuk 7 van my boek Your Security In South Africa. Om KRAV MAGA opleiding te ontvang, kontak gerus vir Alan Mann by 072 135 9226 of besoek sy webtuiste by www.your-krav-maga-expert.com. Ek is Craig Roseveare en my passie is om Suid- Afrikaners in te lig oor hul veiligheid in en om die huis, asook veiligheidsplanne wat in plek behoort te wees in ieder-en-elke huis. My kontak nommer is 082 870 8391. BOER hier 43

Rikus Muller 082 727 6894 94 Kirchner Road, Anderbolt, Boksburg Ons verskaf en installeer netjies, gehalte gewaarborg

Definisie van n n Boer is n persoon wat op n plaas gewasse kweek en verbou, asook vee teel en grootmaak om gewoonlik as voedsel vir mens en dier gebruik te word. Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/boer_(landbou) BOER hier 46

www.boerhier.co.za

BOER hier 48 Jy is ook maar lekker outyds!

in Redes om in BOERhier te adverteer: Hierdie e-tydskrif word digitaal via ons webwerf en WhatsApp regoor Suid-Afrika versprei. Daar is huidiglik 25,120 toestelle wat hierdie e-tydskrif ontvang. Sedert hierdie e-tydskrif gestig was in Junie 2017, het ons n groeikoers van 700% ervaar. Ons verneem van verskeie lesers dat hulle hierdie e-tydskrif ook aanstuur na kontakte op hul elektroniese toestelle die resultaat hiervan is dat die uitreik van BOERhier nog groter is. Advertensie Tariewe vir Maart 2018: PAKET 1 Half bladsy = R250 PAKET 2 Half bladsy + volblad promosie artikel = R395 PAKET 3 Vol bladsy = R495 PAKET 4 Vol bladsy + volblad promosie artikel = R595 GRATIS = ons sal jou help om jou advertensie te ontwerp en om jou artikel te skryf 063 000 8229 info@boerhier.co.za www.boerhier.co.za

Moenie die krag van Sosiale Media onderskat nie Hiérdie e-tydskrif loop wyd rond op WhatsApp Plaas jou advertensie in die volgende uitgawe van Miljoene het toegang tot WhatsApp! 063 000 8229 info@boerhier.co.za www.boerhier.co.za