Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Similar documents
Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Finansieel Gesproke 1

BenguFarm Bestelvorm

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Direkte en indirekte rede *

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

NUUSBRIEF JUNIE 2008

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

This newsletter is also available in English. Please send to to request an English copy.

SIZA takes the sting out of auditing

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Gefokus, standvastig en oopkop

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Mandala Madness Deel 2

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Mosselbaai Munisipaliteit

Hoe om krag te spaar

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

) waar van toepassing.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Transcription:

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember 2011 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

INHOUD MULTI BESTUURDER FONDSE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 4 SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE... 5 ONS MARKSIENING... 7 1

MULTI BESTUURDER FONDSE Die definisie van n multi bestuurder fonds is n beleggingsbestuurder wat in n kombinasie van enkelbestuurder effektetrustfondse belê. By Verso gebruik ons multi bestuurder fondse, want ons glo dat dit talle voordele aan ons kliënte bied. Verso Multi Bestuurder kies names ons kliënte effektetrusts uit meer as 900 effektetrustfondse wat in Suid-Afrika beskikbaar is, om die beste moontlike kombinasie van bestuurders met verskillende style te verkry. Vorige prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie: n bekende, groot, enkelbestuurder se fonds was die top-presterende fonds in sy kategorie in 2008, in 2009 het dieselfde fonds onderpresteer en het dit in die onderste kwartiel geëindig. Die fonds se prestasie was selfs swakker in 2010, en het dit die laaste plek in sy kategorie ingeneem. In 2011 was dit egter weereens die nommer een fonds. Oor die hele tydperk (2008-2011), was die posisie van die fonds n uitstekende 4/53, maar dit was n rollercoaster rit van die eerste plek, tot die laaste plek, en weer terug in die eerste plek. Omdat min beleggers sulke wisselvalligheid kan verduur, het hierdie fonds gedurende die laaste kwartaal van 2010 n groot uitvloei van kapitaal ondervind, reg aan die onderkant van sy prestasiesiklus. In die lig van die bogenoemde voorbeeld, gebruik Verso nie vorige prestasie as die enigste maatstaf waarvolgens n bestuurder gekies word nie. Ons vra ook die volgende vrae: Het die bestuurder n kenmerkende beleggingsfilosofie en is hierdie filosofie met verloop van tyd konsekwent toegepas? Hoe goed beskerm die bestuurder die fonds in dalende markte? Het die bestuurder op langtermyn welvaart van die belegger gefokus, eerder as om korttermyn prestasie na te jaag? Beskik die beleggingspan oor die vereiste vaardighede, kennis en ervaring? Het die fonds/span n langtermyn prestasierekord? Verso Multi Bestuurder kies spesialiste in elke bateklas. Ons gaan ook n stap verder deur diversifisering van elke bateklas onder bestuurders met verskillende vaardighede en style. n Beleggingskomitee, wat bestaan uit Verso werknemers asook onafhanklike lede, vergader gereeld om die toekenning vir elke bateklas te bespreek. Sulke bate-allokasie is nie net beperk tot beleggingsvergaderings nie. Verso Multi Bestuurder doen in die korttermyn aktiewe taktiese bateallokasie deur gebruik te maak van koste-effektiewe instrumente. Dit was veral die geval in die wisselvallige markte van 2011. Hoewel die bate-allokasie dus gereeld kan verander, bly die keuse van bestuurders stabiel. Verso Multi Bestuurder sal nie onnodig bestuurders weens korttermyn onderprestasie vervang nie. Om vir die rede van bestuurders te verander kan ons die beleggingsprestasie van die Verso fondse oor die langtermyn skade aandoen. Daar is verskeie voordele verbonde aan Multi Bestuurder Fondse: Dit stel Verso in staat om ons kliënte se fondse doeltreffend te bestuur. Indien ons n bestuurder moet vervang, kan dit met een opdrag gedoen word, sonder om elke kliënt se beleggings individueel te skuif. Die verandering van n bestuurder in die Verso fondse gee nie aanleiding tot kapitaalwinsbelasting nie, in teenstelling met n verskuiwing van 'n kliënt se direkte belegging in n effektetrust. As gevolg van die diversifikasie onder fondsbestuurders, is die risiko laer as met n enkele bestuurder met n spesifieke styl. Die samevoeging van fondse stel Verso in staat om namens ons kliënte vir beter fooie met die onderliggende bestuurders te onderhandel. Verso Multi Bestuurder kies n kombinasie van fondse om n optimale risiko-teenoor-opbrengsprofiel te skep. Die uiteindelike doel van n multi bestuurder fonds is om konsekwent hoër opbrengste te lewer as die gemiddelde enkelbestuurder, maar met minder risiko daaraan verbonde. Saamgestel deur Diaan Janse van Rensburg (Verso Multi-Bestuurder) 2

MARKOORSIG In Europa was die vierde kwartaal basies net n opvolg van die politieke en ekonomiese treurmare van die derde kwartaal. Daar was baie min nuwe verwikkelinge in die Euro area en ook min vordering om n oplossing vir hulle skuldkrisis te vind. Om die rede het Standard & Poor in Desember 2011 gedreig om tot 15 van die lande wat deel is van die Europese unie, insluitende Frankryk en selfs Duitsland, se skuldgradering te verlaag. Aan die anderkant van die Atlantiese oseaan was daar gelukkig darem n paar ligpunte in die vierde kwartaal. Die meeste ekonomiese syfers uit die VSA was beter as verwag en daar is tekens dat dié land se ekonomie stabiliseer. In 2011 is daar 1.6 miljoen werksgeleenthede geskep, in vergeleke met 1.1 miljoen in 2010. Die werkloosheidssyfer het ook van 9.4% in 2010 tot 8.5% in 2011 gedaal. Die vervaardigingssektor bly ook positief en het ook besonder sterk in die vierde kwartaal vertoon. Noem my n doemprofeet, maar ek is bekommerd oor die volhoubaarheid van dié verbetering. Ek sien twee groot risiko s vir die VSA ekonomie. Eerstens is daar n goeie kans dat Europa reeds in n resessie is en hulle kan waarskynlik nog vir lank baie lae ekonomiese groei verwag. Dit is definitief nie positief vir sterk ekonomiese groei in die VSA gedurende 2012 nie. Tweedens sal die VSA hul spandering sterk moet terugsny om staatsuitgawes weer onder beheer te kry. Dit sal ongetwyfeld hulle ekonomiese groei verder kniehalter. Ek dink egter nie dat daar enige groot besluite in die VSA geneem sal word voor die Amerikaanse verkiesing later vanjaar afgehandel is nie. In China is die reserwe vereistes vir banke vir die eerste keer sedert 2008 verlaag. Daar is duidelike tekens dat die Chinese ekonomiese groei besig is om te verlangsaam en daar bestaan n sterk moontlikheid dat rentekoerse in 2012 verlaag kan word. Die feit dat Europa waarskynlik in n resessie is, bedreig verder die ekonomiese groeipotensiaal in China. Ongeag al die negatiwiteit rondom wêreldgroei, projekteer die Wêreldbank nog steeds dat China teen meer as 8% in 2012 kan groei. Ek dink egter die risiko is groot dat die groei eerder laer as hoër sal wees. Die haalbaarheid van die groei hang natuurlik baie af van hoe die Europese skuldkrisis aangespreek gaan word en tot hoe n mate besnoeiingsmaatreëls in die VSA en Europa ekonomiese groei in China kan inperk. Plaaslik is rentekoerse gedurende die vierde kwartaal onveranderd gelaat. Inflasie het, soos verwag, toegeneem en was 6.1% vir die 12 maande tot einde November 2011. Plaaslike BBP groei het ook verlangsaam en ons verwag dat die finale syfer vir 2011 op 3.2% te staan sal kom. Dit is laer as die 3.7% wat die Reserwebank in Maart 2011 voorspel het. Dit is egter nie net plaaslike ekonomiese groei wat laer was as verwag nie. Die tendens het homself in die meeste lande afgespeel. Wêreldgroei word verwag om laer as 4.0% te wees terwyl 4.4% aan die begin van die jaar voorspel was. Ongeag al die onsekerheid was aandele markte sterk in die vierde kwartaal met SA aandele wat met meer as 8% toegeneem het. Internasionale aandele in VSA$ gemeet was ook met 7.6% hoër. Vir die jaar as geheel is SA aandele net 2.57% hoër en internasionale aandele in VSA$ is laer met 5.54%. Die Rand teen die VSA$ was baie volatiel gedurende die kwartaal, maar het die kwartaal feitlik onveranderd afgesluit. As gevolg van die rand se verswakking was buitelandse beleggings in 2011 die plek om te wees. Die drie beste presterende bateklasse in Rand was buitelandse staatseffekte gevolg deur buitelandse kontant met buitelandse aandele in die derde plek. 3

TABEL A: MARK OPBRENGSTE TOT 31 DESEMBER 2011 OPBRENGSTABELLE Bateklas Vierde Kwartaal: 2011 12 Maande SA Aandele 8.38% 2.57% Hulpbronne 7.26% -6.48% Finansieel 8.68% 7.37% Industrieel 9.16% 9.18% SA Effekte 3.55% 8.87% SA Eiendom 3.73% 8.93% SA Kontant 1.35% 5.48% VPI 1.18% 6.10% Internasionale Aandele VSA$ 7.59% -5.54% Internasionale Effekte VSA$ 0.23% 5.64% Internasionale Kontant VSA$ 0.00% 0.06% Rand/Dollar 0.42% 18.05% TABEL B: VERSO MULTI BESTUURDER - OPBRENGSTE TOT 31 DESEMBER 2011 Vierde kwartaal: 12 Maande 3 Jaar¹ Sedert Portefeuljes 2011 Aanvangs¹ Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Fonds Maatstaf Geldmark 1.33% 1.35% 5.47% 5.48% 7.15% 6.89% 7.54% 7.29% Inkomste Beplanner 1.63% 1.39% 6.31% 5.73% 5.92% 7.25% 8.71% 8.17% Beskermde Groei 3.54% 1.93% 7.01% 9.12% 8.02% 8.17% 10.77% 8.95% Gebalanseerde Groei 4.42% 2.18% 5.51% 10.12% 11.43% 9.17% 13.37% 10.16% Lang Termyn SA Aandele 6.83% 8.26% 2.18% 4.26% 16.26% 17.86% 12.97% 13.24% Lang Termyn Internasionale Aandele 5.64% 8.05% 13.03% 15.27% 4.33% 6.22% 2.72% 3.15% 1) Opbrengste langer as 12 maande is jaarliks 4

SAMESTELLING VAN DIE VERSO MULTI BESTUURDER FONDSE Die onsekerhede in Europa is in die vierde kwartaal tot die spits gedryf. Daar was ongelukkig geen konkrete besluite deur die Europese Unie geneem wat die probleme bevredigend kon aanspreek nie. Daar was baie min verandering in die ekonomiese omgewing in die vierde kwartaal. Om die rede het ons ook geen verandering aan die Verso Fondse aangebring nie. Ons bly redelik defensief en sal eers meer aggressief skuif as ons tekens van lig aan die einde van die lang tonnel sien. INKOMSTE BEPLANNER BESKERMDE GROEI GEBALANSEERDE GROEI 5

VERSO LANGTERMYN SA AANDELE FONDS VERSO LANGTERMYN INTERNASIONALE AANDELE FONDS * Die Verso Lang Termyn SA Aandele Fonds, asook die Verso Lang Termyn Internasionale Aandele Fonds word as die aandeleboublok binne die ander Verso fondse gebruik. 6

ONS MARKSIENING Dit is nooit maklik om te voorspel wat in markte en ekonomieë gaan gebeur nie. As dit die geval was, sou heelwat meer beleggers iewers op n wit strand gelê het en nie mooi somersdae op kantoor spandeer het nie. Dit beteken egter nie dat ons nie deur al die politieke en ekonomiese geraas van die laaste jaar kan probeer kyk om sin te maak van wat fundamenteel in die wêreld aan die gebeur is nie. Eerstens moet ons kyk na wat verwag word ten opsigte van wêreld ekonomiese groei. Vir 2011 was dit ongeveer 4.0% (finale syfer sal eers later die kwartaal bekend wees) en die IMF verwag dieselfde vir 2012. Die groei word hoog gehou deur veral lande soos China waar groei van meer as 8% verwag word. In Europa word daar feitlik geen groei verwag nie, terwyl die VSA kan uitsien na groei van slegs 1.8%. Plaaslik was die groei in BBP in 2011 waarskynlik 3.2% en die verwagtinge vir 2012 is 2.5 tot 3.0%. As ons na maatskappy verdienste kyk is die mark konsensus dat die groei in verdienste vir die S&P 500 (die grootste 500 maatskappye in die VSA) tussen 7 en 8% in 2012 kan wees. Plaaslik word verwag dat verdienste met ongeveer 15% kan toeneem. In 2011 was die plaaslike verdienste groei 35%. Alhoewel groei verwagtinge vir 2012 dus heelwat laer is as 2011, is die JSE heelwat goedkoper as wat dit aan die begin van 2011 was. Die JSE het verlede jaar afgeskop teen n prys/verdienste verhouding van 17 teenoor n verhouding van slegs 12.7 aan die begin van 2012. As ons na die gemiddelde prysverdienste verhouding van 14.8 oor die laaste 20 jaar kyk, is die mark nou goedkoper as die gemiddeld. Dit beteken egter nie dat daar nie n risiko bestaan dat die mark goedkoper kan raak nie. Die vraag wat niemand kan antwoord nie is: wat is die risiko premie wat beleggers vereis in die onsekere omgewing? Hoe meer risiko-sku beleggers is, hoe laer sal die prys/verdienste verhouding wees wat hulle bereid is om te betaal. In die 2008 krisis het die prys/verdienste verhouding tot so laag as 8.5 gedaal. Ons siening wat plaaslike inflasie betref bly onveranderd. Soos ons verwag het, het inflasie in November 2011 deur die Reserwebank se boonste grens van 6% gebreek. Vir 2012 verwag ons dat inflasie tot 6.5% kan styg voordat dit weer stabiliseer. Ons verwag dat inflasie later in 2012 weer sal daal en terugsak tot in die Reserwebank se teikenband. Hierdie siening word natuurlik baie sterk beïnvloed deur die rigting van die Rand. In ons projeksies gebruik ons tans n Rand/VSA$ wisselkoers van gemiddeld R8.51 vir die vierde kwartaal van 2012. Wat plaaslike rentekoerse betref is die basis scenario dat die Reserwebank rentekoerse onveranderd vir 2012 sal laat. Dit gaan verseker nie n maklike jaar vir beleggers wees nie. Soos ons vir 2011 voorspel het, verwag ons ook dat 2012 nog baie volatiliteit sal oplewer terwyl die Europese drama homself afspeel. Enkelsyfer opbrengste sal waarskynlik aan die orde van die dag wees en beleggers moet dit ingedagte hou as hulle kontantvloei beplannings doen. Kollektiewe beleggings is gewoonlik medium- tot langtermynbeleggings. Die waarde van winsdelende belange mag toe- óf afneem, en historiese prestasie is nie noodwendig n aanduiding van toekomstige prestasie nie. Kollektiewe beleggings verhandel teen heersende pryse, en mag aandelebewys lenings aangaan. Vooruit pryse word gebruik. n Skedule met fooie en heffings en maksimum kommissies is beskikbaar op aanvraag van die maatskappy/skema. Kommissies en aansporingsbonusse mag betaal word, en indien wel, word dit in totale koste ingereken. Die Fonds mag gesluit word vir nuwe beleggers. n Fonds van fondse kollektiewe beleggings mag in ander kollektiewe beleggings belê, wat hul eie fooie hef en dus in n hoër fooiestruktuur vir sodanige portefeuljes mag veroorsaak. Grafieke en prestasiesyfers word bekom van MoneyMate vir enkelbedragbeleggings, insluitende inkomsteverspreiding, op n netto batewaarde-tot-netto batewaarde grondslag. Syfers sluit nie aanvangsfooie in nie. Inkomste word herbelê op die datum wanneer die belegger geregtig is op die dividende. Ware beleggingsprestasie verskil na gelang van toepaslike aanvangsfooie, beleggingsdatum en datum van herbelê van inkomste. Kollektiewe beleggings word bereken op n netto batewaarde basis, en ouditeursfooie, bankkoste en trust fooie word gehef op die portefeulje. Die portefeuljebestuurder mag tot en met 10% van die markwaarde van die portefeulje leen om ontoereikende likiditeit te oorbrug, in geval van die afkoop van winsdelende belange. Cape Town Head Office / Kaapstad Hoofkantoor P.O. Box 4300, Tyger Valley, 7536, Bellmont Office Park, Twist Street, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Fax: 021 917 4108 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 4300, Tygervallei,7536, Bellmont Kantoorpark, Twiststraat, Bellville, 7535. Tel: 021 943 5310 Faks: 021 917 4108 E-pos: info@verso-is.co.za Port Elizabeth Office / Port Elizabeth Kantoor P. O. Box 64099, Greenacres, 6057, 3 rd Floor, Fairview Office Park, 66 Ring Road, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Fax: 021 917 4110 E-mail: info@verso-is.co.za Posbus 64099, Greenacres, 6057, 3 de Vloer, Fairview Kantoorpark, Ring Road 66, Greenacres, Port Elizabeth 6057. Tel: 021 943 5309 Faks: 021 917 4110 E-pos: info@verso-is.co.za Directors/Direkteure: CJ Franken, CP Burger, NE Burger Verso Multi Manager (Pty) Ltd, Reg No. 2001/005392/07 An authorised financial service provider, license no 381 7