Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Mandala Madness Deel 2

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Tariewe

Uit Moerdijk se pen Man en Media

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Tariewe

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Kerssangdiens. SA Gemeente

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Hoe om krag te spaar

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

SIZA takes the sting out of auditing

Maand-Krant. RIGLYNE OOR BEGRAFNISSE IN WAPADRANT-GEMEENTE. (Begrawe of Verassing?)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

September Na God se hart...

Maand-Krant OKTOBER 2013

Maand-Krant OKTOBER sommer nie. Tog weet meeste van ons (Christene, EERS VOLG, DAN VERSTAAN: deur Roedolf Botha

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Maand-Krant JULIE te laat kom. EENHEID EN VERSKEIDEN- HEID IN ONS EREDIENSTE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Dialoog en paragrawe *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

WAPADRANT GEMEENTE 2 Maart 2109 Handgemaakte Items KAN. Wat benodig ons? Tuisgebak Operasie huisskoonmaak: Wit Olifante Donasies Wapadrant Kwekery

Gold Results. Daily Entry Surname Name Class Number

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Inhoudsopgawe Boy Booysen

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Webadres: Die Pastoor se pen:

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Geagte Ouers / Voogde en Florries

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Rubriek vir skeppende werk

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

G. J. du Preez

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Transcription:

Maand-Krant FEBRUARIE 2013 JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Om getuienis van Jesus Christus te wees is baie meer as net vertel DIT IS ONS HELE LEWE. Ons is boodskap en boodskapper. Jy, Ek, Ons is getuigskrifte van Jesus Christus (vervolg) Om getuienis van Jesus Christus te wees is baie meer as net vertel DIT IS ONS HELE LEWE. Ons is boodskap en boodskapper. Ons moet God se liefde en werke LEEF en VERTEL. In Wapadrant het ons ons lewenswyse as kinders van God in vyf fokusareas opgedeel, naamlik: Dienswerk, Onderlinge liefde en Verhoudings (wees lief vir mekaar), Getuienis (leef en vertel van God se liefde en werke), Viering (vier ons lewe in Christus) en Luister en Praat met God. Al vyf lewenswyses moet altyd deel van ons lewenswandel wees. Om dit egter in te skerp by ons 1

almal, fokus ons elke jaar op een lewenswyse SONDER om enige van die ander na te laat. In 2011 het ons gefokus op dienswerk, verlede jaar op onderlinge liefde en verhoudings en hierdie jaar fokus ons op getuienis. Jesus Christus, Seun van God, is die volmaakte getuie van God se werke en liefde. (Openbaring 1:5,..Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en ook Openbaring 3:14, So sê die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het: ). Deur God se groot liefde en genade het ons deur Jesus Christus en met die werking van die Heilige Gees van God, die ou mens afgesterf en weer lewend geword (nuwe lewe) in Jesus Christus. Deur die wonderlike liefde en genade van God, ons Vader, het ons nou die Ewige Lewe, is ons sondes vergewe, het ons direkte toegang tot God, het ons God se Heilige Gees ontvang as deposito en waarborg dat ons die nuwe Jerusalem sal binnegaan en nog vele meer. Deur Jesus Christus, het God se beloftes in ons waar geword. Ja, God se Gees en liefde is en leef in ons. En daarom behoort ons, in wat ons vertel en in hoe ons lewe, die getuienis van Jesus te weerspieël. Met ander woorde, ons is Jesus Christus se getuigskrifte. Dit kan net nie anders nie (2 Kor 3:3, Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is ). Tog het ons almal baie dinge in ons lewe wat ons fokus wegtrek van ons Verlosser, Jesus Christus. Ons almal moet nog baie groei in ons verhouding met God, met mekaar en met die wêreld. Ja, ons moet nog baie groei in ons dissipelskap van Jesus Christus en dit maak dat ons soms sukkel (of so maak ons onsself wys) om as getuienis en getuie van Jesus Christus op te tree. Daarom, om ons almal te help om hierdie jaar te fokus op die opdrag en heerlike voorreg om getuienisse van God se liefde en werke te wees, het die RvO n paar hulpmiddels daargestel, wat die volgende insluit: Ten eerste het die RvO twee getuigskrifte opgestel wat ons as gemeente en ook as individuele lidmate graag van ander mense binne en buite ons gemeente sou wou ontvang. Die getuigskrifte is reeds in die voorportaal van WPR-kerkgebou opgesit en is ook weergegee op die voorblad van hierdie Maandkrant. Onthou, n getuigskrif is nie iets wat ons self skryf nie, maar word deur ander mense oor ons geskryf. Kom ons almal bestudeer hierdie getuigskrifte, bespreek dit onder mekaar, in ons gesinne en in ons kleingroepe. Bestudeer dit gereeld. Bid daaroor. Maak dit meer volledig. Oefen dit in en vestig dit as deel van ons elkeen se lewenswyse/leefgewoontes. Laat die mense om ons en in ons omgewing (binne en buite ons gemeente) deur ons Leef en Vertel, God se Liefde en werke sien en hoor. Ander aktiwiteite en hulpmiddels sluit in: Kleingroepe, diensgroepe, gesinne en individue gaan gereeld aangemoedig word om getuienisse op te skryf en deur te gee aan die kerkkantoor of om dit in die kollektesakkies te sit. Pienk papiertjies sal altyd in die voorportaal beskikbaar wees waarop getuienisse neergeskryf kan word. Die plan is ook om die getuienisse wat ontvang word en ook ander inligting op ons WPR-webbladsy beskikbaar te stel. 2

Drie Jesus vlae, aan Atterburyweg se kant van ons terrein, is reeds opgesit. Die vlae sal ons en ook ander wat daar verbyry, herinner dat Jesus ons Verlosser en Koning is. Ons fokus is Jesus Christus! Ons wil ook graag nog baniere en simbole oral op ons kerkterrein opsit wat n getuienis sal uitspreek, maar ons ook sal herinner dat ons gedurende 2013 op getuienis fokus. Die plan is dat die baniere gedurende Maart opgesit sal word. Kyk uit daarvoor! Getuienis-aktiwiteite tydens of saam met ander geleenthede, byvoorbeeld tydens eredienste, met ons vreugdefees in Mei en met lofprysingsaande. Verdere inligting van bogenoemde en ander aktiwiteite sal by latere geleenthede met almal gedeel word. Gedagtes en voorstelle is meer as welkom. Ten slotte broers en susters, jonk en oud, kom laat ons saam opgewonde wees oor ons Leef en Vertel -jaar alles alleen tot eer van God! Handelinge 1:8: Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Namens die RvO ********** ENLISH SERVICE STATE OF THE MINISTRY 1. The current state of the Ministry On 22 January 2013 we marked six months since the English Service has been born. Ever since the ministry has commenced, evangelism and marketing of the services has been in action weekly. We cannot tell how much impact has the banners made to the passers-by, at least the flyers and personal invitations have borne some fruit in bringing awareness and leading some individuals to us. We also are thankful for a number of members from the Afrikaans services who have been spreading the word about this new service and those who have kept a warm fellowship with us from time to time. The Lord has blessed us so far with a growing fellowship of Christ seeking enthusiasts and some faces that come and go, yet with an anticipation of even greater growth through the hands, feet and eyes of Jesus we have in our young Service. From where we are standing now, we are only filled with awe and gratitude at the work of the Lord thus far the multi-ethnicity is growing slowly, the bridges of comfort zones are being broken down, the oversight from the Elders, admonishing words through the Ministers of the Word, the assisting hands from different small groups of the larger congregation and from the office; it has been an awesome experience. We are still in the very beginning, there is still a lot to be done; there is still a lot of grounds to be covered for us to be known by people from different ethnicities in our neighbourhood. 3

Our accomplishments so far: GPS and newletter in English English webpage Sermons are available weekly on our webpage Willing small group for Worship Team Worship Team meeting on Thursdays @ 18:00 English Service Working Committee has been identified and convened 2. Goals for 2013 2013 Should rather be a year where we plan and pray to be more unashamedly forceful and more vibrant in terms of witnessing about our Saviour concurrently marketing our vision for a multi-ethnic fellowship in the Lord which is the Lord instrument of bringing Reconciliation to our society with 2 Corinthians 5:18-20 which reads thus; All this is from God, who reconciled us to himself through Christ and gave us the ministry of reconciliation: that God was reconciling the world to himself in Christ, not counting men s sins against them. And he has committed to us the message of reconciliation. We are therefore Christ s ambassadors, as though God were making his appeal through us. We implore you on Christ s behalf: Be reconciled to God. being our inspiring gracious ministry and hoping that the Lord will bless our efforts. This is, of cause, going to require our devotion, prayer and the Lord s time he gave us to serve him and establish in us God s missional, devoted, sound, loving and caring, people by the end of 2013 that we may grow in number and spiritually. Our brothers and sisters currently in our ministry would be encouraged and mentored to play an integral role for the realisation of our desired accomplishments for the year 2013, whereby we would serve with the gifts we have been given, to invite, evangelize, welcome and assist in the leadership of the ministry. Please pray for this ministry. ############ WAPADRANT TABLEPROJECT WEBBLAD OPLEIDING (DEEL 4) WORD OOK 'N ELEKTRONIES-BETROKKE LIDMAAT BY WAPADRANT GEMEENTE Wat gebeur reeds op die Tableproject? Daar is al 78 lidmate wat aangesluit het. Daar is reeds 230 foto s opgelaai (gesinne en individue). Die Onderlinge Liefde en Verhoudings-fokusgroep in die Raad van Ouderlinge, streef daarna dat elke gesin of alleenloper n foto sal oplaai vir uitkenning, om mekaar ook so beter te leer ken. Daar is tans ook individuele fotos van die lede in die Raad van Ouderlinge, die Herder-ouderlinge, die Diakens en die personeel. (Help ons ook deur jou gesinsfoto self te gaan oplaai of laat neem by Tjaart vd Merwe in die saal, tydens die Nagmaal Sondae.) Die kerkkantoor gee weekliks gebedsversoeke deur sodat ons almal bewus is daarvan, maar ook sodat ons vir hulle kan bid. Daar is reeds 7 aparte groepe geskep (waarby jy kan aansluit of jy begin jou eie groep). Groepe het dieselfde webblad-funksies wat daar is vir die groot groep; die skepper van die groep beheer wel wie die lede daarvan is. Die kontaklys van al die lidmate is ook daar beskikbaar en word elke 3 maande opgedateer. Hier kan jy inligting kry soos: Noemnaam en Van; Verjaarsdag; Huwelikstatus; Beroep; Straatadres; Landlyn; Selfoon en epos-adres. Daar is geleentheid om dienswerkgeleenthede bekend te stel. 4

Enige iemand kan n besprekingsonderwerp begin en die ander kan daarop kommentaar lewer. Daar is n funksie ( Quicknotes ) wat soos n sms werk, waar jy vir n ander lid of lede n kort boodskap kan stuur en hulle kan weer reageer. Hoe raak jy betrokke? Deur net te gaan aansluit en jouself te registreer op Wapadrant se eie geslote webblad. (Net lidmate word toegelaat en kry toegang.) Dit is dus n veilige plek om te wees. Jy het nie nodig om enige program op jou rekenaar te laai nie, al wat jy gaan nodig kry is n internet-konneksie na jou rekenaar, tablet of androïedselfoon en n epos-adres. Hoe sluit jy aan? Gaan tik net die volgende in, op jou rekenaar se internetfunksie, waar dit jou toelaat om webadresse in te tik, https://wapadrant.tableproject.org/account/login Gaan dan direk na die deel wat stel: New here? Sign up (Soos in die voorbeeld hieronder) Maak die volgende blad oop en volg die stappe om te registreer. Onthou asb jou persoonlike Password wat jy self gaan kies en weer gaan gebruik om in die toekoms aan te teken op die spesifieke webblad. Sodra jy alles voltooi het en jou registrasie is bevestig deur die kerkkantoor, kan jy begin deelneem. Sien uit om julle almal daar te ontmoet. Indien jy vashaak kan jy hulp kry by kommunikasie@wapadrant.co.za of gawie@gkwapadrant.co.za. ADORAMUS ************** Adoramus is n erediens van stilte, gebed en mooi musiek. Kom herontdek op Donderdagaande vanaf 19:30 vir 45 minute die ou Christelike tradisie van kontemplatiewe gebed. Plek: Wapadrant-kapel Adoramus-datums vir die 1ste kwartaal 2013: 31/01 7/02 14/02 28/02 7/03 14/03 Onthou ook van ons Wapadrant-retreat wat plaasvind die naweek van 15-17 Maart by die Good Shepherd-retreatsentrum langs die Hartbeespoortdam. Groete Jaco Kruger (jaco@gkwapadrant.co.za) 5

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT GEMEENTE Hierbo is dan die volledige uiteensetting van die stand van die gemeente se finansies vir die 2012 tydperk (Jan Des): Ons kan dus ook van hierdie geleentheid en in die lig van die 2013 Fokusjaar GETUIENIS, ook vanuit hierdie voorstelling sien en dus ook getuig dat die Here ook hierdie Gemeente geseën het op finansiële gebied om ook so in 2012 voorsien in die dag tot dag bestuur en funksionering, om ook so n deel van Sy Koninkryk op aarde te vestig en te onderhou. HIERVOOR WIL ONS OOK NOU ONS HEMELSE VADER LOOF EN PRYS VIR DIE SORG. Om dit dalk nog n bietjie verder in te kleur kan ons ook getuig dat die BDG einde 2011 begroot het vir n tekort van R 807 187 en het die jaar afgesluit met n surplus van R 376 925 Hierdie surplus sal nou 50/50 verdeel word en sal dit onderskeidelik aangewend word vir die Kapitaalfonds en die Koninkryksvisie fonds. 6

VIGSWESIES KERSPARTYTJIE 2012 8 Desember was die groot dag waarop ons kleingroep W004, vir die kinders van Thembalethu n spesiale Kersviering gereël het. Die Thembalethu Christian Community Centre, onder leiding van Ernest Matsela, is geleë in die KwaMhlanga-area en sien om na die welsyn van ongeveer 96 kinders van die omgewing, van 2 jaar tot 21 jaar oud, wat deur Vigs wees gelaat is. Die sentrum sorg dat die kinders in die middae kos kry en skep n veilige omgewing waar hulle hul skoolwerk kan doen. Ons het die Saterdagoggend afgesit na die sentrum met geskenke, kospakkies, sjokoladekoek asook die gedagte dat dit ons is wat iets spesiaal vir hulle gaan doen. Dit was op die ou end die kinders en die sorgwerkers van die sentrum wat die dag vir ons baie spesiaal gemaak het. Dit was wonderlik om te sien hoe die kinders hul beste klere aangetrek het om ons te ontvang. Ons is verras met n opvoering deur die kinders en die sorgwerkers. Daar is gesing en gedans en deur alles is Jesus Christus se naam hoog gehou en geloof. Die werk van die Heilige Gees was werklik sigbaar en tasbaar vir almal wat daar was. Dit was voorwaar n wonderlike ervaring om deel te wees van die spesiale dag. Ons wil graag die gemeente bedank vir die bydraes wat ons gekry het, daarsonder sou die dag nie moontlik gewees het nie. Ons wil spesiaal dankie sê vir Hannes Oosthuizen van City Gifts and Toys, vir al die werk van hom en sy span met die geskenke asook die toedraai daarvan. Ons waardeer dit opreg. Ons beoog om in 2013 die sentrum by te staan met die kinders se skoolbenodigdhede en ander projekte. Ons sal julle op hoogte hou van alles soos wat dit verloop. Vir enige navrae rondom ons projek, kontak gerus vir Riaan Roodt by 083 281 0662 of epos: roodtaj@telkomsa.net. KLEINGROEP W004 @@@@@@@@@@@ WORD N EREDIENS-MUSIEKLEIER IN WAPADRANT GEMEENTE Jy word hartlik uitgenooi vir n gesprek met ons oor musiekleiding in Wapadrant Gemeente. In ons gesprek sal ons ook gesels oor sulke gewone vereistes soos n aansoek en wat daarmee gepaardgaan. Jy gaan n erediens-musiekleier in ons gemeente wees. Jy gaan n orkes lei in sang en aanbidding tydens ons 10:30-kontemporêre eredienste op n Sondagoggend sowel as tydens ander geleenthede soos lofprysing en aanbidding. Jy is n belydende Christen en baie lief vir musiek in eredienste tot eer van God. Dan het jy ywer vir hierdie rol en kommunikasievaardighede wat dit opwindend maak. Jy het n aanvoeling vir diens in raad en daad aan die musiekdiensgroep en predikante wat graag saam met jou sal beplan en uitvoering gee aan musiekleiding. Daarom gaan jy n sentrale rol speel in die groei van musiekbediening in ons gemeente. 7

Ons kan nie wag om jou aansoek te ontvang nie, maar as dit moet kan ons uithou tot die sluitingsdatum 15 Februarie 2013. Jy gaan ons verstom in jou gesprek met ons. Ware talent en passie is vir jou en vir ons belangriker as formele musiekkwalifikasies. Daarom gaan vergoeding onderhandelbaar wees. Bel so gou moontlik vir Herman Leeuwner by 082 317 4349 of Gawie Jooste by 082 939 5464 of epos na gawie@gkwapadrant.co.za. ############# TOPIA FEBRUARIE 2013 Stap saam met TOPIA op n reis van verandering. Sien die impak van n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in mense, gemeenskappe en nasies. Luister hoe die stories ontvou in en deur God se kerk. Alle gelowiges op alle terreine van die samelewing in diens van God. By TOPIA begelei ons kerkleiers om hierdie visie praktyk te maak. 'n Opwindende jaar lê vir ons voor. Ses maande in Afrika met ons twee kindertjies in die blou Lorrie. In breë trekke lyk ons program vir die jaar soos volg: Februarie - ons doen voorbereidings vir die lang tog, gee terugvoer by gemeentes wat in TOPIA belê, besoek gesinne of kerke wat in TOPIA wil belê en doen opleiding by die New Life Church in Sunnyside Pretoria. Maart - is Johannes by 'n konferensie oor Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in Brasilië en vertrek ons na Zambië. April - fasiliteer Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in Zambië. Mei - fasiliteer Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in die Noorde van Mosambiek. Junie - terug in Suid Afrika Julie - fasiliteer Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in Malawi. Augustus en September - fasiliteer Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in die Noorde van Mosambiek. September en Oktober - fasiliteer Bybelse lewens- en wêreldbeskouing in Zambië. November - terug in Suid-Afrika. Thabiso Moeketsi: Ons wil ook baie graag vir julle van Thabiso vertel. Ons was voorheen kollegas by Mukhanyo. Hy is n toegewyde kind van die Here, Skrifgetrou en vlymskerp. Hy het ook begin om Bybelse lewens- en wêreldbeskouing te fasiliteer en is baie opgewonde oor die potensiële impak van hierdie boodskap vir Afrika. Ek is oortuig dat Thabiso met die Bybelse lewens- en wêreldbeskouing- boodskap 'n baie groot waarde tot God se koninkryk kan toevoeg. Die gemeenskappe wat ons dien, kan egter nie altyd al die kostes dra vir die fasilitering nie. Indien iemand in die koninkryk wil belê en dit biddend sou oorweeg om in die versorging van Thabiso se gesin te belê, kontak asseblief vir Johannes Aucamp. So koninkryksbelegging sou Thabiso in staat stel om hierdie baie belangrike koninkryksboodskap oor te dra. Gebede: Dank en prys die Here vir wie Hy is. Bid vir die uitbou van God se koninkryk op alle vlakke van die samelewing in Afrika. Bid vir kerke en kerkleiers in Afrika. Dank God vir tweedegeslag opleiers en bid God om ons getrou te ag om nog mense te stuur wat sy boodskap kan uitleef en versprei. Bid vir wysheid om alle voorbereidings betyds af te handel sodat ons in hierdie jaar met twee kindertjies vir ses maande in Afrika kan werk. 8

Voetspore van hoop-blog - Indien jy gereeld TOPIA-nuus en -fotos deur middel van die Voetspore van Hoop-blog wil ontvang, kan jy daarvoor inteken. Die maklikste manier om in te teken, is die volgende: 1. Gaan na die TOPIA-webblad (www.topia.org.za). 2. Klik op die blog-skakel. 3. Tik jou e-pos besonderhede in die Voetspore van Hoop-blokkie in. 4. Klik op subscribe. Koninkryksbelegging Indien God jou roep om by TOPIA n koninkryksbelegging te maak: ABSA tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4074089319 Christus het opgestaan in Hom, deur Hom en vir Hom! Johannes Aucamp ************** JONGMENSE EN SELF-MUTILASIE BOEKTITEL: Die noodkreet van jongmense wat hulleself sny: Pastoraat aan die self-mutileerder. Outeur Prof W Coetzer en Resensent Hennie J C Pieterse Prof. Coetzer van Potchefstroom het in die bogenoemde boek pastorale versorgers van mense wat betrokke is by die redelik nuwe verskynsel van self-mutilering deur tieners n groot guns bewys. Ek moet erken dat n hele nuwe wêreld van insig en begrip vir my oopgegaan het by die lees van die boek. In my omgewing het ek met die verskynsel te doen gekry en ek het nou veel meer begrip vir en empatie met die gesinne en tieners wat hierdie probleem ervaar het. Die outeur behandel n tema wat eers in die afgelope dekades aan ernstige studie onderwerp is. Hy hanteer die eerste klassieke boeke daaroor wat eintlik eers in die 1990 s verskyn het, asook al die relevante nuwe literatuur daarna. Coetzer se hantering van die literatuur is akademies en die boek is goed gedokumenteer en wetenskaplik aangebied. Tog slaag hy daarin om dit so leesbaar aan te bied dat elke ouer en predikant dit gemaklik kan lees. n Groot voordeel van die boek is dat dit deurspek is met gevallestudies wat elke punt wat gemaak word, pragtig verhelder. In hoofstuk 1 beskryf die outeur as inleiding die aktualiteit van die tema en die belangrikheid van n holistiese benadering tot die mens (liggaan, gees en emosies). Hy definieer ook die terminologie van dié komplekse verskynsel en verduidelik n belangrike punt, naamlik wat selfmutilering nie is nie. Dit verhoed dat mense hierdie ernstige verskynsel sal kan wegrasionaliseer. In hoofstuk 2 word n lang lys redes gegee waarom jongmense self-mutilering toepas. Die verskynsel spruit uit verskillende traumatiese ervaringe uit die kinderjare, en vir die betrokke jongmense is dit die enigste manier om te sê wat in hulle binneste aangaan. Hierdie hoofstuk moet deeglik deur elke ouer en predikant gelees word. Dit maak n wêreld oop van die emosionele lyding van kinders in ons tyd. In hoofstuk 3 word die tekens aangestip wat sou kon dui op n probleem in hierdie verband. Hoofstuk 4 is n sentrale gedeelte van die boek. Dit beskryf die belangrike rol van die emosies wat in hierdie saak die kern is van die jongmense se lyding. Hoofstuk 5 is n beskrywing van die dinamika van die proses. Dit moet verstaan word om die verskynsel te kan begryp. In hoofstuk 6 volg n uitgebreide lys van praktiese riglyne vir die pastor wat by die genesingsproses betrokke is. Hoofstuk 7 verskaf pastorale perspektiewe wat teologies goed onderlê is binne ons gereformeerde verstaan van die Skrif. Hierin word die regstel en die teenwoordigheid van die pastor deur dik en dun by so n jongmens en die gesin 9

behandel. Hoofstuk 8 bring die leser n bietjie aarde toe met die nugtere waarskuwing om bedag te wees op terugvalle. In hierdie boek sluit teorie en praktyk goed by mekaar aan. Ons kry n akademiese blik op die probleem, maar die boek is ook n praktiese handleiding vir die pastorale versorging van die betrokkenes. Die boek behoort deur elke ouer, predikant en toelogiese student in ons kerke gelees te word. Boek word uitgegee deur Potchefstroomse Teologiese Publikasies, 2012 teen R100 (prys met publikasie van die boek). Epos vir navrae: pietehjc@absamail.co.za &&&&&&&&&&&&& VAN SERINGBOOM TOT KERKGEBOU Van Seringboom tot Kerkgebou, die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke (2010) is ʼn hardeband-publikasie waarin die kerkbou van die Gereformeerde kerke beskryf word en met foto s geïllustreer word. Hierdie is ʼn geleentheid om die kerkgebou en gemeente waarin jy gedoop is, of waar jy dalk jare van jou lewe deurgebring het, te onthou. ʼn Mooi koffietafelboek en teen R200 baie bekostigbaar. Die boek is by die kerkkantoor te besigtig en te koop. KOEKVERKOPING ******************* Die koekverkopings gaan voort in 2013. Ons gaan die geld steeds gebruik om inwoners van Paul Jungnickeltehuis by te staan, op verskillende maniere. Ons sal later meer inligting hieroor gee. Die volgende verkoping vind plaas op 10 Februarie 2013, net na die eerste oggenddiens. Enige bydraes van gebak of lekkernye is baie welkom. Plaas dit asb voor of na die eerste diens op die tafel in die saal. Daar sal iemand wees om dit te ontvang. Bring asb geld saam om van hierdie lekker eetgoed te koop! Vir meer inligting kontak Dalene Erasmus by 082 322 6458 Baie dankie Kleingroep G028 ############### SEPTEMBERVAKANSIE NA KLEIN-ASIë Kom einde September saam na Klein-Asië van die Bybel (vandag Turkye) daar waar Paulus, Johannes, Timoteus, Filippus en duisende ander Christene die evangelie verkondig en geleef het. Besoek die ou Bybelse stede en streke van die Galasiërs, Kolossense, Efesiërs, Laodisea, Hierapolus, Ikonium, Perge, Smirna, Pergamum, Sardis, Filadelfia, Nicea (van die geloofsbelydenis), die antieke stad Troje, Troas, Konstantinopel, ens. Gaan by Kappadosië in ʼn ondergrondse stad waar Christene lank moes skuil, en beleef die uitgekapte klaskamers waar teologiese studente opgelei is. Lees groot dele van die Nuwe Testament daar waar dit gebeur het. Prof. Henk Stoker van die PUK is weer die toerleier. Kontak hom by henkstoker@yahoo.com of 018 294 3693/082 327 8921. 10

DANKIE Sê BRIEF VAN N LIDMAAT Die Heer beslis: In Oktober en November van 2012 het my lewe skielik amper tot n einde gekom. Hoewel dit vir my goed was, het God besluit dis nog nie heeltemal my tyd nie. Juis in die periode van hestel kon ek ervaar hoe dit is om gedra te word deur die meelewing van susters en broers in Christus van ons Gemeente. Dit was n wonderlike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Baie dankie aan almal en veral aan ons Hemelse Vader. Ton Lensink ONS TALENTE Ons gaan met dankbaarheid en moed hierdie jaar weer tegemoet Ons is miljoenérs ja ons is ryk wanneer ons na ons Godgegewe talente kyk Ons weet dit is nie die vermoë om juis uit te blink maar die natuurlike gawes aan ons geskenk Jy dink soms jy is met min talente bedeel maar wanneer jy goed nadink is daar soveel @@@@@@@@@@ Die talent om deel van n uitreikaksie en kleingroep te wees Dit skep uitdagings en is goed vir die gees Die talent om jou in die kerk se bestuur te begewe en dit ook nog met sukses te oorlewe Die talent om entoesiasties te bly kollekteer vir n goeie doel al is die reaksie wat jy kry soms ietwat koel Die talent om betyds te wees, daar kan ons skuldig pleit dit is n slegte gewoonte en bly n dekselse stryd! Die talent om na n fuksie die kombuis so keurig te laat dat Irene met groot lof oor jou praat Die talent om jou man met soveel liefdevolle takt te laat verstaan hy was dom dat hy dit weke later eers agterkom Maar - ware talent is om opreg vir iemand anders te bid terwyl jy self stikvol probleme sit Die talent om jou met alles nederig te hou en dit is beslis baie harde bene kou Die talent om nie alleen beskerming vir jou kinders te vra maar om hulle elke dag in geloof en vertroue op te dra Die talent om God te vra lei my en wys ook my ander talente sodat ek hulle kan uitdeel met rente Truus Meindertsma 11

ONTSPAN... EN LEES DIE VOLGENDE STADIG. Ek glo... Dat indien twee mense argumenteer, dit nie beteken dat hulle nie lief is vir mekaar nie. Ek glo... Dat ons geensins van vriende hoef te verander nie, indien ons verstaan dat vriende ook kan verander. Ek glo... Dat vriende, al bedoel hulle hoe goed, jou elke nou en dan kan teleurstel en jy moet hulle daarvoor vergewe. Ek glo... Dat sowel werklike vriendskap as ware liefde daagliks ontwikkel of groei, selfs ook oor vêr afstande. Ek glo... Dat jy iets in 'n oogwink kan doen wat jou lewenslank net hartseer sal gee. Ek glo... Dat dit my baie lank geneem het om die persoon te word wat ek graag wil wees. Ek glo... Dat jy jou geliefdes met Liefdeswoorde behoort te groet. Dit mag dalk die laaste ontmoeting met hulle wees. Ek glo... Dat jy steeds aan kan beweeg, al was jy oortuig jy kan nie. Ek glo... Dat ons verantwoordelik is vir wat ons doen, ongeag hoe ons voel. Ek glo... Dat, óf jy beheer jou gesindheid, óf dit beheer jou. Ek glo... Dat helde die mense is wat doen wanneer dit gedoen moet word, ongeag die gevolge. Ek glo...dat ek en my beste vriend enige iets kan doen of selfs niks nie en steeds die beste tyd ervaar. Ek glo... Dat soms wanneer jy lê, verwag jy sekere mense behoort jou te skop, maar dan sal dit juis hulle wees wat jou sal bystaan en ophelp.. Ek glo... Dat ek soms die reg het om kwaad te wees, maar dit gee my nie die reg om wreed te wees nie. Ek glo... Dat volwassenheid meer te doen het met die tipe ondervindinge wat jy ervaar en daaruit geleer het, maar minder te doen met hoeveel verjaarsdae jy gevier het. Ek glo... Dat dit nie altyd voldoende is om deur ander te vergewe te word nie. Soms moet jy leer om jouself te vergewe. Ek glo... Dat hoe erg jou hart ook al gebreek is, die wêreld nie vir jou hartseer stop nie. Ek glo... Dat ons agtergrond en omstandighede bepaal wie ons is, maar ons is self verantwoordelik vir wie ons word. Ek glo... Dat jy nie moet strewe om 'n geheim uit te vind nie. Dit kan jou lewe totaal verander. Ek glo... Twee mense kan dieselfde voorwerp waarneem en totaal verskillende afleidings maak. Ek glo... Dat jou lewe oombliklik verander kan word deur mense wat jou nie eens ken nie. Ek glo... Dat, wanneer 'n vriend om hulp roep, en jy voel jy het niks meer om te gee nie, jy die krag sal vind om te help. Ek glo... Dat getuigskrifte teen die muur nie van jou 'n waardige mens maak nie. Ek glo... Dat die mense vir wie jy die meeste in die lewe omgee, te gou van jou af weggeneem word. Die gelukkigste mense het nie noodwendig die beste van alles nie; Hulle maak die beste van elke geleentheid wat hulle kry. 12

N KERSFEES LANK, LANK GELEDE Uit: Die NG Kerk Natal se Eposduif vir Desember 2012 (Ingestuur deur Tracey Moolman Vryheid) Ek was 14, Ansie 12 en Dalene 16. Ons drie het saam met mamma gebly en het geweet wat dit beteken om sonder baie dinge klaar te kom. My pa is vyf jaar tevore dood en het my ma met sewe kinders, sonder enige geld agtergelaat. Tydens hierdie Kersfees was die oudste vier kinders reeds uit die huis uit. 'n Maand voor Kersfees het die dominee aangekondig dat daar op Kersfees 'n spesiale kollekte opgeneem sou word om 'n arm gesin te help. Hy het almal gevra om geld te spaar, werklik 'n offer te bring en ruim by te dra. Terug by die huis het ons dadelik gesels oor wat ons kan doen. Ons het besluit om 50 pond (ongeveer 23 kg) aartappels te koop en vir die hele maand daarop te lewe. Op die manier kon ons R20 op ons kruideniersbegroting spaar om by te dra. Ons het ook besluit om so min as moonlik elektrisiteit te gebruik om nog meer te spaar. Ons het mense se huise en agterplase skoongemaak en elke geleentheid om kinders op te pas, aangegryp. Met elke 15 sent wat ons gekry het, het ons genoeg wol gekoop om drie vatlappe te brei wat ons dan weer vir R1 verkoop het. Op die manier het ons nóg R20 bymekaar gemaak. Dié maand was een van die bestes in ons lewe. Ons het elke dag die geld getel om te sien hoeveel ons al gespaar het. Saans het ons in die donker gesit en gesels oor hoe die arm gesin die geld wat die kerk aan hulle gaan gee, sal geniet. Aangesien daar ongeveer 80 mense in die kerk was, het ons uitgewerk dat die gemeente ten minste 20 keer meer kan gee as wat ons eie bydrae is. Na alles het die dominee die gemeente elke Sondag aan die spesiale bydrae herinner. Die dag voor Kersfees het ek en my sussie na die kruidenierswinkel gegaan en al ons kleingeld omgeruil vir drie nuwe R20-note en een R10 noot. Ons het huis toe gehardloop om vir mamma en Dalene te gaan wys. Ons het nog nooit voorheen soveel geld gehad nie. Daardie nag kon ons byna nie slaap nie, so opgewonde was ons. Dit het ons nie gehinder dat ons nie nuwe klere vir Kersfees kon kry nie, want ons het R70 vir die spesiale offergawe gehad. Ons kon nie wag om kerk toe te gaan nie. Daar die Kersdag het die behoorlik gereën. Ons het nie 'n sambreel besit nie, maar het ook nie omgegee hoe nat ons word nie. Selfs Dalene se voete het papnat geword omdat haar skoene al stukkend was. Ons het trots in die kerk gesit. Ek het gehoor dat van die ander tieners iets fluister oor die Smith-dogters wat weer hul ou rokke aan het. Ek het na hulle in hulle nuwe rokke gekyk en baie ryk gevoel. Toe die kollekte opgeneem word, het Mamma die R10-noot ingegooi en ons kinders elkeen R20. Op pad huis toe het ons gesing. Middagete het mamma ons verras. Sy het 'n bietjie vleis gekoop en ons kon dit saam met ons aartappels eet. Laat daardie middag het die dominee voor ons huis gestop. Mamma het die deur oopgemaak, 'n oomblik met hom gepraat en toe teruggekom met 'n koevert in haar hand. Ons het gevra wat dit was, maar sy het niks gesê nie. Sy het die koevert oopgemaak. Toe val daar 'n klomp geld uit drie nuwe R20-note, een R10 en sewentien R1 e. Mamma het die geld teruggesit in die koevert en niemand het 'n woord gesê nie. Ons het almal net na die vloer gesit en staar. Waar ons 'n oomblik gelede nog soos miljoeners gevoel het, het ons nou arm en waardeloos gevoel. Ons was dan so gelukkig... Ons het so 'n gelukkige lewe gehad dat ons almal jammer gekry het wat nie ons pa en ma gehad het nie, of 'n huis vol boeties, sussies en vriende wat gedurig kom kuier het nie. Ons het gedink dit is pret om eetgerei te deel en altyd te wonder wat jy vanaand gaan kry: die vurk of die lepel? Ons het twee messe gehad wat ons rondgestuur het vir wie dit ook al nodig gehad het. Ons het geweet dat ons baie van dit wat ander mense het, nie het nie, maar ons het nooit gedink ons is arm nie. Maar daardie Kersfees het ons uitgevind dat ons arm is. Die dominee het immers die geld wat vir die arm gesin ingesamel is, vir ons gebring. So, ons moet dan arm wees! Ek het niks daarvan gehou om arm te wees nie. Ek het na my rok en verslete skoene 13

gekyk en was so skaam dat ek nie weer kerk toe wou gaan nie. Almal het blykbaar lankal geweet dat ons arm is. Ek het besluit om skool te los, aangesien ek reeds graad 8 geslaag het en dit was al wat die wet destyds vereis het. Ons het lank in stilte gesit. Later het ons gaan slaap. Gedurende die week het ons min gepraat. Saterdag het Mamma die stilte verbreek en gevra wat ons met die geld wil doen. Ons het gewonder. Wat doen arm mense met geld? Ons het nie geweet nie, want ons het nie geweet dat ons arm is nie. Ons wou nie Sondag teruggaan kerk toe nie, maar mamma het gesê ons moet. Ons moet... Al was dit 'n lekker sonskyndag, het niemand op pad kerk toe gepraat nie. Mamma het 'n lied begin sing, maar niemand het saamgesing nie. By die kerk het 'n sendeling gepraat. Hy het vertel hoe mense in Afrika kerke bou met songedroogde kleistene, maar dat hulle geld nodig het om die dakke op te sit. Hy het gesê dat R100 genoeg is vir een kerk se dak. Die dominee het gevra: Kan ons nie almal 'n offer bring om die arm mense te help nie? Ons het na mekaar gekyk en vir die eerste keer daardie week geglimlag. Mamma het haar hand in haar handsak gesteek en die koevert uitgehaal. Ons het dit aangestuur na Ansie en sy het dit in die kollektebordjie gegooi. Nadat die geld getel is, het die dominee aangekondig dat die bydrae net oor die R100 was. Die sendeling was baie opgewonde. Hy het nie so 'n ruim bydrae van ons klein gemeentetjie verwag nie. Hy het gesê: Julle moet beslis ryk mense in julle gemeente hê. Toe tref dit ons... Ons het R87 van die net meer as R100 gegee! So, ons is die ryk familie in die gemeente. Het die sendeling nie self so gesê nie? Van daardie dag af was ek nooit weer arm nie. En ek onthou altyd hoe ryk ek is - omdat ek Jesus het! Ingestuur deur Erma Carsten vir plasing in die Maandkrant. +++++++++ TOGETHER FOR ADOPTION SUID -AFRIKA 2013 Ons nooi jul uit om saam met ons die Together for Adoption-konferensie by te woon die 1 & 2de Maart 2013 te Wapadrant Gemeente/Kerk, Olympus, Pretoria-Oos. Together for Adoption bestaan om n dieper waardering vir God se genade in jou redding te bevorder en gelowiges aan te moedig om n lewe te lei wat God se genade vergroot. Ons beoog om dit te doen deur Bybel-gesentreerde konferensies wat fokus op die gelowige se aanneming in God se familie en dan ook families en kerke te help verstaan hoe hul kan sorg vir behoeftige kinders deur aanneming and ander vorme van genade-bediening. Wat kan jy verwag? Internasionale sprekers wat fokus op die teologie agter ons aanneming in Christus! Praktiese wegbreeksessies wat alledaagse vrae beantwoord soos: Hoe werk aanneming?hoe ondersteun n plaaslike kerk families wat aangeneem het? Wie moet aanneem? Wie moet nie aanneem nie? Rasse in aanneming ens. Verskeie organisasies wat uitstal. 1 & 2 Maart 2013 - Wapadrant Gemeente / Kerk - Olympus, Pretoria-Oos Die Vrydagaand is gratis!! Ekstra lofsangtyd na die laaste sessie!! Kostes: R140 vir n 2-dag-kaartjie ; R100 vir n eendag-kaartjie. Middagete en kindersorg ingesluit - almal welkom!! REGISTREER ASB AANLYN BY www.adoptionconference.co.za (vir kosvoorbereiding-doeleindes) 14

Attestate ontvang: Geref Brooklyn: Christine de Kock; Pauline Spruijtstraat 357 Geref Brooklyn: Stephanus Johannes Marthinus de Kock; Ibexstraat 62B Geref Kaapstad: Stephanus Rudolph Kruger; Sederberg 60 Geref Kerk Linden: Dirk & Donate Griffioen; The Retreat 55 Geref Ontdekkers: Levina Catherina Cesare; Olive Crescent 39 Geref Rietvallei: Paul Ryk Roux & Jani de Kock en dooplidmaat Lana de Kock; Selderystraat 286 Geref Witbank: Douw Gerbrandt & Karlien Alberts en dooplidmate Alyssa; Tshilondestr 1025/3 Attestate na: Geref Krugersdorp: Johan Herman Kamper Geref Komatipoort: Cornelia Johanna Petronella van der Walt Geref Rietvallei: Wynand Jacobus & Audrey Combrink; Geref Rietvallei: Stephanus Petrus Grové Geref Potchefstroom-Oos: Jan-Louis & Elzani Coetzer en dooplidmaat Pieter Machiel Coetzer Geref Pretoria-Noord: Frederika Philippina Martins Bewys van Lidmaatskap ontvang: Joung Juk & Su Jun met dooplidmaate Hyun Kyo; Sneeuberg 35 Stephanus Philippus & Louisa de Bruyn; Enkeldoorn 20 Therese Mercia Bron; Maiana 12 Valerie Howard; Bachstraat 574 Ursula Swanepoel; Ibexstraat 62B Juliana Swanepoel, Antelopestraat 100 Johanni Havenga; Pinasterstraat 41 Bewys van Lidmaatskap aangevra: Eunice Vos en dooplidmate Christiaan en Eunice Enna van Zyl; Milanie de Ronde; Johannes Lodewikus en Petronella Pretorius; Francina Johanna Steenekamp Deon & Benomi Steenkamp en dooplidmate Philip en Ruben Steenkamp Abraham Paulus & Theresa en dooplidmate Louis Abraham & Migael Petrus Coetzee Gertruida Aletta en dooplidmate Martin en Eric Enslin Chrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 644 6741 KONTAKPERSOON: Collette Nienaber: 012 991-2702 of 072 314 1416 PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 28 JANUARIE 3 FEBRUARIE Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 4-10 FEBRUARIE Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 11-17 FEBRUARIE Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 15

18-24 FEBRUARIE Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Daleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 25 FEBRUARIE 3 MAART Izabel Pretorius (Do): 998-7143; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 4-10 MAART Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Saron Vazladelis: 082 880 1537 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S) Mariaan vd Walt: 083 2398 913 KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 4000: NOVEMBER, DES RIA VORSTER 012 997 1261 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 28 JANUARIE 3 FEBRUARIE Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie van Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 4-10 FEBRUARIE Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Ma); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 11-17 FEBRUARIE John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So); Corna Jammine: 083 382 1703 (Ma); Carien Kruger: 084 689 2523 (Di); Flip Hennop: 071 607 7711 18-24 FEBRUARIE Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Marie Arnold : 012 803 4439 / 082 587 6526 (Di); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie van Aswegen: 082 062 8264 (Sa); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 25 FEBRUARIE 3 MAART Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Ma); Rineke Derksen: 807-2324 (Di); John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So) 4-10 MAART John Botes: 803-6139 / 082 495 2673 (So); Corna Jammine: 083 382 1703 (Ma); Carien Kruger: 084 689 2523 (Di); Flip Hennop: 071 607 7711 ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: Keimpe de Groot: 807-7977; André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MEULMED, LOUIS PASTEUR, MED FORUM, SUID AFRIKAANSE Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen EUGENE MARAIS Clara de Jonge: 083 609 9259 / 565-4485 MEULMED, HART & SUID-AFRIKAANSE-HOSPITAAL Aat & Thea v d Dussen: 343-0390 X 246 / 082 332 0855 André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 16

KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 809-1459 / 013 932-1740 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrant gemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Colette Nienaber: 991-2702 / 072 314 1416 (S); Meisie v Wyk: 807-3600, Elsabé Coetzee: 365-3470; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; Thea Heckroodt: 991-0803 SENIORS - TUISBESOEK: Rineke Derksen: 807-2324; Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091; VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR FEBRUARIE 2013 Juig tot eer van die God, almal op aarde! Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip voor U. Alle mense moet voor U buig, hulle moet sing tot u eer, hulle moet sing tot eer van u Naam. Ps 66: 1-4 By Verjaar word die maand eers gegee en dan die dag van die verjaardag. Noemnaam Van Verjaar Iris Coetzee 02/01 Chris Dykstra 02/01 Kobus Van Antwerpen 02/01 Alida Venter 02/01 Mia Botha 02/02 Pierre De Ru 02/02 Suné Erasmus 02/02 Kobus Lombard 02/02 Minke Vlok 02/02 Jana Buys 02/03 Louise Leijenaar 02/03 Marinus Lindhout 02/03 Hendrik Meyer 02/03 Jan Nienaber 02/03 Aninke Van Driel 02/03 Martie Van Eetveldt 02/03 Liezl Venter 02/03 Maria Viljoen 02/03 Lize Alberts 02/04 Marlet De Vos 02/04 Louise Mulder 02/04 Lourens Brink 02/05 Karin Du Plessis 02/05 Gert Janzen 02/05 Rudolf Opperman 02/05 Francois Roux 02/05 Johan Ubbink 02/05 Hannelize Van Tonder 02/05 Johan Verbeek 02/05 Werner Viljoen 02/05 17

Japie Vos 02/05 Tania Coetzer 02/06 Jan Kruger 02/06 Hein Malan 02/06 Douw Van der Merwe 02/07 Jaco Cilliers 02/08 Karin Dreyer 02/08 Eugene Le Roux 02/08 Gerrit Myburgh 02/08 Milanie Nel 02/08 Addy Pretorius 02/08 Wilhelm Prinsloo 02/08 Ben Van Dyk 02/08 Adri Willemse 02/08 Clayton Annandale 02/09 Salomé Combrink 02/09 Cornelia Du Plooy 02/09 Elmarie Mostert 02/09 Rhoda Van Den Burg 02/09 Kristin Van Der Walt 02/09 Corinna Wissing 02/09 Edeltraut Croeser 02/10 Elna Kingsley 02/10 Catharina Le Roux 02/10 David Makananise 02/10 Lize Marais 02/10 Karin Roux 02/10 Werner Stassen 02/10 Sêr Venter 02/10 Jg Vlok 02/10 Herman Bouwer 02/11 Lizzie Calitz 02/11 Danie Erasmus 02/11 Shaun Nell 02/11 Rina Niemand 02/11 Majorie Oosthuizen 02/11 Era Steyn 02/11 Hercules Van Der Walt 02/11 Jan Vos 02/11 Jannie Coetzer 02/12 Elsabé Marggraf 02/12 Marike Van Schalkwyk 02/12 Annelé Aucamp 02/13 Eddie De Villiers 02/13 Wilhelm Dreyer 02/13 Kobus Du Plooy 02/13 Nel Du Plooy 02/13 Marili Kruidenier 02/13 Moynenne Pitel 02/13 Bertus Schoeman 02/13 Keimpe De Groot 02/14 18

Thea Heckroodt 02/14 Leonard Kniep 02/14 Stefenie Kruger 02/14 Engela Van Der Walt 02/14 Jj Weideman 02/14 Karla Beeslaar 02/15 Riaan Du Preez 02/15 Liandi Els 02/15 Elize Labuscagne 02/15 Marné Millard 02/15 Donovan Naude 02/15 Gené Pretrorius 02/15 Jacques Truter 02/15 Cyndie De Beer 02/16 Jan Kense 02/16 Jana Kloppers 02/16 Jobus Kotzé 02/16 Amaré Scholtz 02/16 Veronica Theron 02/16 Suné Wessels 02/16 Theresa Coetzee 02/17 Helena Malan 02/17 Gerhard Opperman 02/17 Petro Pretorius 02/17 Mariëtte Smit 02/17 Christo Snyman 02/17 Judy Streeter 02/17 Anthony Büchner 02/18 Pierre Buys 02/18 Ina Conradie 02/18 Cerista De Muelenaere 02/18 Dineke Delport 02/18 Jacques Jansen Van Rensburg 02/18 Luka Kruger 02/18 Tanya Van Zyl 02/18 Ewan Vlok 02/18 Andries Alberts 02/19 Rita Bester 02/19 Josua Kingsley 02/19 Dillian Pienaar 02/19 Llewellyn Roos 02/19 Suriska Wessels 02/19 Liz Erasmus 02/20 Flip Hennop 02/20 Carli Minnaar 02/20 Bram Schouwstra 02/20 Meisie Van Wyk 02/20 Helena Yssel 02/20 Gerhardus Middel 02/21 Johan Pienaar 02/21 Felien Potgieter 02/21 19

Andia Small 02/21 Lianne Malan 02/22 Annjé Pienaar 02/22 Cindy Pretorius 02/22 Gerrit Roodt 02/22 Inge Swart 02/22 Marilise Verhoef 02/22 Ruan Dreyer 02/23 Yolandé Erasmus 02/23 Elna Griesel 02/23 Ruben Pienaar 02/23 Wilma Riekert 02/23 Hannes Steenberg 02/23 Luhann Steyn 02/23 Nealia Swanepoel 02/23 Rozanne Swanepoel 02/23 Kobie De Ronde 02/24 Willis De Ronde 02/24 Sonja Kruger 02/24 Neels Wegner 02/24 It De Villiers 02/25 Ruben-Charl Du Toit 02/25 Mea Koelewyn 02/25 Ivan Malan 02/25 Freek Mulder 02/25 Rieks Tiley 02/25 Gerhard Van Der Linde 02/25 Bertus Coetzer 02/26 Annemaré De Kock 02/26 Jaap Dreyer 02/26 Ronnie Kruger 02/26 Francois Laatz 02/26 Mieke Moraal 02/26 Wynand Schalekamp 02/26 Aidan Thomas 02/26 Nadia Van Rooy 02/26 Bess Venter 02/26 Elizma Venter 02/26 Karin Crous 02/27 Jovane De Boer 02/27 Isabel Fourie 02/27 Cararina Van Der Walt 02/27 Daleen De Villiers 02/28 Lizelle Krüger 02/28 Marilette Maritz 02/28 Suzanne Schlebusch 02/28 Mariaan Van Der Walt 02/28 Raphael Vorster 02/28 20

ALMAL SE MANDJIE Werksgeleentheid word gesoek vir JJ Weideman: Hy is 31 jaar oud en is op soek na n werksgeleentheid in n pakhuis-omgewing. Hy lei aan epilepsie wat heeltemal onder beheer is met medikasie. Hy is n kandidaat onder die Gelyke Werksgeleentheid Wet (Employment Equity Act). CV is op navraag beskikbaar. Kontak: 072 262 6601. Speelgroepie: Is jou kleuter gereed om eerste treetjies weg van mamma te beweeg? Klein groepie, liefdevolle, huislike atmosfeer, Christelike waardes. Ouderdom 3-5 jaar (indien jonger, moet reeds ge potty-train wees), 3 4 dae per week in Garsfontein-omgewing. Kontak Ineke du Preez by 082 649 4907 (oggende of na 19:00). Herstel van ou klokke: Het u n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719. Valley View nr 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). Huis te koop in Mosselbaai: 3-slaapkamerhuis op twee vlakke, beste ligging, 180 grade uitsig oor die see, oopplankombuis, binnebraai/kaggel en ingeboude buitebraai. Balkonne onderdak met glasrelings vir uitsig. Dubbelmotorhuis en een parkeerplek met afdak. Siersteen, aluminium-vensterrame, lae onderhoud. Huisgrootte ± 320m 2, erfgrootte 1165m 2 met besproeiing. Prys R3 950 000 ohb. Kontak Naomi by 072 423 0556. Sake-onderneming te koop in die Suid-Kaap: Foto-ontwikkeling en fotografietoerusting in besige sentrum. Ideaal geleë. Toerusting ter waarde van ±R1,3 miljoen asook voorraad by prys ingesluit. Omset ±R200 000 p.m. Prys R950 000 ohb. Eienaar wil aftree. Kontak Naomi by 072 423 0556. Bring jou vriende en familie en kom geniet n heerlike aand saam met Mathys Roets by die Atterbury Teater, Lynnwood Bridge op 18 Februarie 2013. Kaartjies is R150 pp (kaas & wyn ingesluit). Dit is ten bate van Tygerpoort Laerskool se netbaltoer. Vir kaartjies kontak asb Lizelle van der Walt by 082 887 6818.. BESKERM JOU EIENDOM TEEN: Ons doen bekostigbare spyseniering vir troues, dope, private partytjies, jaareindfunksies, vergaderings ens. Buffets, spitbraai en vingereetgoed. Kyk gerus na ons webtuiste: http://www.chezmari.com of kontak Marinda by 082 292 6176 / marinda@chezmari.com Miere, Termiete, Bye, Kakkerlakke, Rotte, Vlermuise, Bosluise, Vlooie, Muskiete, Vismotte, Krieke, Molkrieke, Luise, Vlieë, Weeluise ens. GRATIS KWOTASIES. 12 JAAR ONDERVINDING Ben: 074 891 5410 ben@vandykpestcontrol.co.za 21

Meenthuis-spesialis sedert 1997 www.nelis.co.za Kontak my gerus vir n GRATIS waardasie van u meenthuis in Faerie Glen, Garsfontein, Wapadrand en Olympus. 012 991-7981 (kantoor) 082 455 9766 (Nelis) 076 023 3190 (Lacia) www.realnet.co.za Realnet Wilgers & Surround het n vakature vir n werwings- en administratiewe persoon wat in ons areas nl Wilgers/ La Montagne/ Equestria/Lynnwoodrif/Wapadrant/Willow Park Manor ens. sal beweeg en werwing van eiendom sal doen asook skouhuise/funksies en straatskoue sal organiseer en hanteer. Volledige opleiding en materiaal sal verskaf word. n Energieke persoon met eie motor en selfoon word benodig en salaris is onderhandelbaar. n Vaste salaris of basiese salaris en kommissiedeling is n opsie. Tydsverdeling ongeveer 20% in kantoor en 80% in area. Kontak Fransiska Schutte by wilgers@realnet.co.za en sluit n CV met 2 verwysings van vorige werkgewers in, asseblief. Pragtige, ten volle gemeubileerde 3 slaapkamerhuis, te koop op Marulani Lodge, 6 km noord van Bela-Bela. Een van 47 erwe op 1000- hektaar plaas. Groot verskeidenheid wild op plaas. R2,000,000. Kontak Abie de Beer by 083 417 8007 PRAKTISERENDE PROKUREUR STEL TESTAMENTE GRATIS OP EN HET 12 JAAR ERVARING IN DIE BEREDDERING VAN BESTORWE BOEDELS EN OORDRAG VAN BOEDEL-EIENDOMME TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE. KONTAK ANNEKE MEYER BY 083 635 3399 OM N AFSPRAAK TE REëL 22

Volledig toegeruste selfsorgeenhede beskikbaar in die pragtige Noordhoek aan die voet van Chapman s Peak Naby aan Kommetjie, Houtbaai, Simonstad, Vishoek en Kalkbaai. Binne maklike bereik van al die Kaapse besienswaardighede Prys vanaf R400 per eenheid per dag! Kontak Peggy Erasmus: 078 738 0454 of 021 785 1509 Gaan besoek gerus ons webblad by www.sunsetsplendour.com of stuur enige navrae aan info@sunsetsplendour.co.za vir meer inligting IS JY OP SOEK NA N NUWE MOTOR? Kontak my vir puik EENSTOPDIENS, want by ons gaan dit alles oor diens!! Regardt van Rooy, Barloworld Toyota Centurion. Kontaknr 072 517 2882 OF 012 641 7178. SWEMBAD-DOKTER!! Vir al jou swembad se kwale van n stukkende teël, pomp of vloer tot n nuwe swembad kontak my. Ek sal jou ook help spaar want ek installeer ook sonpanele. SKAKEL ANDRé by 078 582 7962 vir vinnige diens met n waarborg. 23

ELEKTRIESE HERSTELWERK EN ONDERHOUD Fouriewe ligte Foutiewe muurproppe Aardlekkasie-eenheid wat uitskop Fout met swembadmotor Fout met motorhek Fout met elektriese garagedeure Fout met geyser Elekriese toevoer onderbrekings Fout met huishoudelike toestelle Herstelwerk aan elektriese grassnyers Krane/toilette wat lek Kontak Johan von Abo Tel no 012 662-1389 of Sel nr 083 775 8996 Best Build (Pty) Ltd NHBRC geregistreer Nuwe huise Motorhuise Grensmure Badkamers Waterdigting Verf Teëls Plafonne Aanbouings GRATIS KWOTASIES Adriaan Smit 083 457 4301 Andrè Vermeulen 082 878 1634 24