SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Mandala Madness Deel 2

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Almal verstaan Geskiedenis Graad 12 Leerderboek

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Direkte en indirekte rede *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM

Hoe om krag te spaar

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2016 GESKIEDENIS: VRAESTEL I BRONMATERIAALBOEKIE VIR AFDELING B EN AFDELING C

SIZA takes the sting out of auditing

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Pasteur en Lister oorwin kieme *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Vreedsame protes tot die 1950's *

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Via Afrika Geskiedenis

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Duikbote en loopgraaf-oorlogvoering in die Eerste Wereldoorlog *

Dialoog en paragrawe *

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

G. J. du Preez

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE OPKOMS EN DIE BETEKEN IS VAN DIE OOSTE. Dr. G. D. Scholtz

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Tariewe

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE REICHSARBEITSDIENST EN DIE SPESIALE DIENSBATALJON IN DIE PERIODE :

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRAAD 12

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

'N ETIES-HISTORIESE BESKOUING VAN DIE ROL VAN GENL C.R. DE WET IN DIE ANGLO- BOEREOORLOG

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Rubriek vir skeppende werk

Transcription:

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 GESKIEDENIS V2 STANDAARDGRAAD OKTOBER/NOVEMBER 2005 Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n van 15 bladsye. Punte: 150 2½ Ure Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 2 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 INSTRUKSIES AAN KANDIDATE Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat besluit word watter vrae beantwoord gaan word. 1. 2. 3. 4. 5. 6. Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. AFDELING A bestaan uit SES (6) opstelvrae. AFDELING B bestaan uit DRIE (3) brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat gebruik gaan word om hierdie vrae te beantwoord, is in die. MOENIE TWEE (2) opstelvrae uit dieselfde tema beantwoord NIE. Jy word toegelaat om EEN (1) opstelvraag en EEN (1) brongebaseerde vraag van dieselfde tema te beantwoord. Beantwoord DRIE (3) vrae. 6.1 Minstens EEN (1) moet n opstelvraag wees en minstens EEN (1) moet n brongebaseerde vraag wees. 6.2 JY MOET MINSTENS EEN (1) VRAAG UIT DIE VERPLIGTE TEMA BEANTWOORD: AFRIKA IN DIE TWINTIGSTE EEU (ÓF N OPSTELVRAAG ÓF N BRONGEBASEERDE VRAAG). 7. 8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Skryf duidelik en leesbaar. Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 3 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 AFDELING A: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN (1) vraag en nie meer as TWEE (2) vrae uit hierdie afdeling nie. VRAAG 1: AFRIKA IN DIE TWINTIGSTE EEU Beantwoord óf VRAAG 1A óf VRAAG 1B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 1A Beskryf die politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings wat deur die nuwe onafhanklike Afrika-state ervaar is. [50] OF VRAAG 1B Verduidelik die prestasies en tekortkominge van die Organisasie van Afrika-Eenheid (OAE). [50] VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN SOWJET-RUSLAND Beantwoord óf VRAAG 2A óf VRAAG 2B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 2A Bespreek die omstandighede wat Lenin gedwing het om van Oorlogskommunisme wat in 1917 ingestel is, na sy Nuwe Ekonomiese Beleid in 1921 te verander. [50] OF VRAAG 2B Verduidelik hoe Stalin se Vyfjaarplanne Rusland van n agterlike landbouland in n hoogs geïndustrialiseerde land in die tydperk 1928 tot 1939 verander het. [50] VRAAG 3: DIE OPKOMS VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA Beantwoord óf VRAAG 3A óf VRAAG 3B. MOENIE albei vrae beantwoord NIE. VRAAG 3A Beskryf die faktore wat tot die vinnige oplewing en val van die Amerikaanse ekonomie in die 1920 s bygedra het. [50] OF Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 4 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 VRAAG 3B Beskryf hoe die maatreëls wat deur Roosevelt se Nuwe Bedeling ingestel is, landbou, werkloosheid en arbeidsverhoudinge in die VSA verbeter het. [50] Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 5 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 AFDELING B: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN (1) vraag uit hierdie afdeling. Bronmateriaal vir die beantwoording van hierdie vrae is in n. VRAAG 4: AFRIKA IN DIE TWINTIGSTE EEU 4.1 WATTER FAKTORE HET DIE PROSES VAN DEKOLONISASIE BEïNVLOED? Bestudeer Bronne 4A, 4B en 4C om die volgende vrae te beantwoord: 4.1.1 Verwys na Bron 4A: a) b) c) Verduidelik hoe die dialoog tussen die Britse offisier en die Afrikaan die redes ondersteun waarom kolonies hulle onafhanklikheid gegee moet word. (1 x 2) Wat kom jy agter van die Britse offisier toe hy n Brit, die Britte nie gesê het nie? (2 x 2) Hoekom dink jy het duisende Afrikane onder die Britse vlag byeengekom? (1 x 2) (2) (2) 4.1.2 4.1.3 4.1.4 4.1.5 Gebruik Bron 4B en jou eie kennis en verduidelik die belangrikheid van die All-African People s Conference wat in Ghana gehou is. (2 x 2) Wat, volgens Macleod in Bron 4C, moes die rol van die koloniale magte in Afrika wees? (1 x 2) Hoekom dink jy is Macleod in Bron 4C ten gunste van dekolonisasie? (2 x 2) Met verwysing na Bronne 4A, 4B, 4C en jou eie kennis, skryf n paragraaf van ongeveer 12 reëls oor die faktore wat die proses van dekolonisasie beïnvloed het. (2) (10) (28) 4.2 WAT WAS DIE HINDERNISSE TOT AFRIKA SE ONAFHANKLIKHEID? Bestudeer Bronne 4D en 4E om die volgende vrae te beantwoord: 4.2.1 Gebruik Bron 4D: a) b) Watter verwagtinge van die mense van Ghana word in die bron weergegee? (4 x 1) Hoekom is inmenging van buite, volgens hierdie bron, as n probleem beskou? (2 x 1) (2) Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 6 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 4.2.2 4.2.3 4.2.4 4.2.5 Wat was, volgens Bron 4E, die Afrikaan se droom van onafhanklikheid? (3 x 1) Hoekom het Lumumba gedink dat algehele onafhanklikheid vir die Kongo eers na eeue sal kom? (3 x 1) Hoe staaf die bewyse in Bron 4D die bewyse in Bron 4E? (2 x 2) Met die gebruik van Bronne 4D, 4E en jou eie kennis, verduidelik hoekom jy dink die struikelblokke na Afrika se onafhanklikheid n realiteit was. (3 x 2) (3) (3) (6) (22) [50] VRAAG 5: OMSTANDIGHEDE WAT TOT DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG GELEI HET 5.1 HOEKOM WAS DIE BEHANDELING VAN JODE IN NAZI-DUITSLAND N ERNSTIGE SKENDING VAN MENSEREGTE? Bestudeer Bronne 5A, 5B, 5C, 5D, 5E en 5F om die volgende vrae te beantwoord: 5.1.1 a) b) Gebruik Bron 5A en verduidelik in watter mate Hitler se ouers hom beïnvloed het om anti-semities te word. (1 x 2) Wat was Hitler se ervaring toe hy die eerste keer n Jood ontmoet het? (5 x 1) (2) (5) 5.1.2 Gebruik Bron 5B en jou eie kennis: (a) (b) Verduidelik waarom Hitler die vernietiging van die Jode as die belangrikste taak beskou het. (2 x 2) Hoe was Hitler van plan om die Jode uit te wis? (4 x 1) 5.1.3 5.1.4 5.1.5 Verduidelik hoe Bron 5C gebruik is om die anti-joodse gevoel in Duitsland te versterk. (3 x 2) Op watter wyse ondersteun die boodskap in Bron 5C die boodskap in Bron 5D? (2 x 2) Verwys na Bron 5E: (6) a) b) Beskryf wat by die Auschwitz-konsentrasiekamp plaasgevind het. (4 x 1) Wat vertel Bron 5E vir jou omtrent Nazi-beleid? (1 x 2) (2) Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 7 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 5.1.6 5.1.7 5.1.8 Watter boodskap dra Bron 5F oor omtrent die behandeling van Jode? (3 x 2) Verduidelik hoe Bronne 5E en 5F mekaar komplementeer (ondersteun). (2 x 2) Hierdie jaar vier die Jode regoor die wêreld die 60ste herdenking van die bevryding van die Jode uit Auschwitz(konsentrasiekamp). Hulle menseregte is op n growwe wyse by Auschwitz geskend. Deur gebruik te maak van al die bronne en jou eie kennis, skryf n paragraaf van ongeveer 10 reëls en verduidelik hoekom jy die behandeling van Jode deur Nazi-Duitsland as n growwe skending van menseregte beskou. (6) (9) [50] VRAAG 6: INTERNASIONALE VERHOUDINGE EN GEBEURTENISSE 1945-1970: DIE KOUE OORLOG 6.1 WAT HET TOT DIE TRUMAN-LEER GELEI? Bestudeer Bronne 6A, 6B en 6C om die volgende vrae te beantwoord: 6.1.1 Verwys na Bronne 6A en 6B: a) b) c) d) Verduidelik wat Truman met die Domino-teorie bedoel. (2 x 1) Hoe het die geloof in die Domino-teorie Truman se vrees vir kommunisme vererger? (3 x 1) Verduidelik waarom jy dink dat daar regverdiging was vir Truman se vrees. (1 x 3) Hoe versterk (ondersteun) Bron 6B Truman se geloof in die Domino-teorie in Bron 6A? (2 x 2) (2) (3) (3) 6.1.2 Gebruik Bron 6C: a) b) Verduidelik wat met die Truman-leer bedoel word. (2 x 1) Hoe het Truman beplan om weerstand te bied teen die oorname deur gewapende minderhede en druk van buite? (2 x 1) (2) (2) 6.1.3 Deur gebruik te maak van Bronne 6A, 6B en 6C, verduidelik waarom Truman sy beroemde toespraak gemaak het. (2 x 2) (20) Blaai asseblief om

GESKIEDENIS/V2/SG 8 DOE/2005/253 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 6.2 HET DIE ONTSTAAN VAN NAVO DIE SPANNING VAN DIE KOUE OORLOG IN EUROPA VERHOOG? Bestudeer Bronne 6D, 6E en 6F om die volgende vrae te beantwoord: 6.2.1 Verwys na Bron 6D: a) b) c) Verduidelik die begrip NAVO. (2 x 1) Om watter redes is NAVO gestig? (2 x 2) Watter bewys(e) is daar in Bron 6D wat aandui dat NAVO gestig moes word? (3 x 1) (2) (3) 6.2.2 6.2.3 6.2.4 6.2.5 Verwys na Bron 6F en verduidelik watter agterdog die USSR jeens NAVO gekoester het. (2 x 2) Verduidelik hoekom Bronne 6E en 6F belangrik is vir n historikus wat n studie van NAVO maak. (2 x 2) Gebruik Bronne 6E, 6F en jou eie kennis om die USSR se reaksie op die stigting van NAVO te beskryf. (1 x 3) Deur Bronne 6D, 6E, 6F en jou eie kennis te gebruik, skryf n paragraaf van ongeveer 12 reëls waarin jy verduidelik hoe die ontstaan van NAVO die spanning in Europa verhoog het. ---ooooooo--- TOTAAL: (3) (10) (30) [50] 150

GESKIEDENIS/SG/V2 1 DOE/200 5/253 GESKIEDENIS V2 SG OKTOBER/NOVEMBER 2005

GESKIEDENIS/SG/V2 2 DOE/200 5/253 VRAAG 4: AFRIKA IN DIE TWINTIGSTE EEU 4.1 WATTER FAKTORE HET DIE PROSES VAN DEKOLONISASIE BEïNVLOED? BRON 4A Dit is n uittreksel uit n storie wat deur n Zimbabwiese (Afrikaan) skrywer oor die Tweede Wêreldoorlog vertel is. Die dialoog verduidelik die rede waarom die kolonies hulle onafhanklikheid gegee behoort te word. "Weg met Hitler! Af met hom", het die Britse offisier gesê. "Wat is verkeerd met Hitler?" het die swartman gevra. "Hy wil die hele wêreld regeer," het die Britse offisier gesê. "Wat is verkeerd daarmee?" "Hy is Duits, weet jy," het die Britse offisier gesê... "Wat is daarmee verkeerd om Duits te wees?" "Kyk," het die Britse offisier gesê en probeer verduidelik, "dit is nie goed vir een stam om n ander te regeer nie. Elke stam moet homself regeer. Dis net regverdig. n Duitser moet die Duitsers regeer, n Italianer, die Italianers en n Fransman, die Franse " Maar die uiters versigtige Britse offisier het nie gesê, " n Brit, die Britte nie. Wat hy gesê het, het egter gesag by die Afrikane gedra wat by die duisende onder die Britse vlag byeengekom het. Hulle het by die oorlog aangesluit om die bedreiging van Nazi-oorheersing te beëindig.

GESKIEDENIS/SG/V2 3 DOE/200 5/253 BRON 4B Die volgende is n foto van n vergadering van die All-African People's Conference wat in 1958 in Akkra, Ghana gehou is. Afrika-afgevaardigdes het die pad na dekolonisasie bespreek. Let op die banier wat lui: Hande af van Afrika! Afrika moet vry wees! Die woord free (vry) verskyn nie op die banier soos vertoon in die bron nie.

GESKIEDENIS/SG/V2 4 DOE/200 5/253 BRON 4C Die volgende is n uittreksel uit n toespraak wat deur I Macleod, Britse Koloniale Sekretaris, gelewer is. Dit handel oor die herlewing van Afrikanasionalisme wat tot die ontwikkeling van politieke bewegings gelei het wat vir vryheid en onafhanklikheid geveg het. Ons kon onmoontlik met geweld ons gebiede in Afrika behou. Ons kon selfs nie met n enorme troepemag voortgaan om die klein eilandjie Ciprus te behou nie. Generaal De Gaulle kon nie Algerië behou nie. Die opmars van manne na vryheid kan nie stopgesit word nie. Dit kan slegs begelei word. Om vinnig op te tree was natuurlik gevaarlik, maar om stadig op te tree het selfs nog groter gevare ingehou. Ons taak is afgehandel. Ons Afrika-gebiede is nou baie anders as toe ons aangekom het. Hulle het onder meer n respek vir demokratiese waardes. 4.2 WAT WAS DIE HINDERNISSE TOT AFRIKA SE ONAFHANKLIKHEID? BRON 4D Hierdie is n uittreksel uit Towards Colonial Freedom: Africa against world imperialism, 1973. Dit gee n weergawe van die strewe van die mense van Ghana. Die volkere van die kolonies weet presies wat hulle wil hê. Hulle wil graag vry en onafhanklik wees, in staat om...gelyk met alle ander volkere te voel, en om hulle eie toekoms sonder inmenging van buite uit te werk, en om onbelemmerd te vorder wat hulle met ander tegnies gevorderde nasies van die wêreld sal gelykstel. Inmenging van buite help nie om hulle land te ontwikkel nie. Dit belemmer en versmoor en onderdruk nie net ekonomiese vooruitgang nie, maar ook die gees en die inheemse ondernemingsgees van die volkere self.

GESKIEDENIS/SG/V2 5 DOE/200 5/253 BRON 4E Hierdie is n uittreksel uit Congo, My Country deur P Lumumba, 1962. Hy besin oor die liberale standpunte wat hy gehuldig het op die tydstip toe hy nog vol vertroue was dat die Belge die Kongo sou en wou ontwikkel het. Daarom spruit die Afrikaan se droom van onafhanklikheid nie uit haat vir die Blankes of n begeerte om hulle uit Afrika te dryf nie, maar eenvoudig uit sy wens, nie net om n vry man te wees nie, maar ook om n burger in diens van sy land en nie voortdurend in diens van die Europeër te wees nie. Hy glo bowendien dat selfs al is hy in staat om algehele vrystelling onder blanke oorheersing te verkry, dit slegs na eeue sal gebeur, want die Europeër sal daardie vrystelling deur middel van allerhande slimstreke en politieke skemas dwarsboom en dat die Swartes daarom so lank as moontlik in n toestand van minderwaardigheid gehou sal word. Ten slotte glo hy dat, as die land eers onafhanklik geword het, sal die emansipasie van die inwoners baie vinniger plaasvind as onder die sisteem van voogdyskap en kolonialisme.

GESKIEDENIS/SG/V2 6 DOE/200 5/253 VRAAG 5 OMSTANDIGHEDE WAT TOT DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG GELEI HET 5.1 HOEKOM WAS DIE BEHANDELING VAN JODE IN NAZI-DUITSLAND N ERNSTIGE SKENDING VAN MENSEREGTE? BRON 5A n Uittreksel uit Hitler se Mein Kampf waarin hy verduidelik waarom hy Jode gehaat het Ek kan nie onthou dat ek ooit die woord Jood in die huis gehoor het terwyl my pa geleef het nie. Toe, eendag, terwyl ons deur die stadskern van Wenen geloop het, het ek skielik n skepsel in n lang kaftan en met swart wangwolle gesien. My eerste gedagte was: Is dit n Jood? Ek het die man stil-stil dopgehou, maar hoe langer ek na hierdie vreemde gesig gekyk en dit stukkie vir stukkie ondersoek het, hoe meer is die vraag in my gedagte gevorm: Is dit n Duitser? Ek het my na boeke gewend om my te help om van my onsekerhede ontslae te raak. Ek het vir die eerste keer in my lewe vir myself vir n paar pennies n klompie anti-semitiese pamflette gekoop. BRON 5B n Uittreksel uit n brief wat Hitler aan Josef Hell in 1922 geskryf het. Daarin verduidelik hy hoe die Jode doodgemaak moet word. As ek ooit regtig aan bewind is, sal die uitwissing van die Jode my eerste en belangrikste taak wees. Sodra ek die mag het, sal ek galg na galg laat oprig Dan sal die Jode een na die ander gehang word en hulle sal bly hang tot hulle stink. Hulle sal bly hang so lank as wat dit higiënies moontlik is. Sodra hulle losgemaak is, sal die volgende groep volg en so sal dit aanhou totdat die laaste Jood in München uitgedelg is. Presies dieselfde prosedure sal in ander stede gevolg word totdat Duitsland van die heel laaste Jood gereinig is.

GESKIEDENIS/SG/V2 7 DOE/200 5/253 BRON 5C n Nazi-spotprent van n Joodse afdelingswinkel. Die spotprenttekenaar en die datum is onbekend. Dit het in die koerant verskyn in die tydperk toe die Nazi s die Jode vervolg het. Die gesig van n Jood verskyn bo-op n Joodse winkel en die tentakels daarvan sprei na Duitse huise uit. Die Duitse volk staan buite die Joodse winkel.

GESKIEDENIS/SG/V2 8 DOE/200 5/253 BRON 5D Dit is n foto van stormtroepe buite n winkel wat aan Jode behoort. Die plakkaat versoek Duitsers om nie daar te koop nie.

GESKIEDENIS/SG/V2 9 DOE/200 5/253 BRON 5E n Uittreksel uit die Nüremberg-verhoor op 20 November 1945. Die gewese kommandant van die Auschwitz-konsentrasiekamp verduidelik die dood van Jode. Ek was die bevelvoerder in Auschwitz tot 1 Desember 1943 en skat dat minstens 2 500 000 slagoffers daar deur verassing en verbranding tereggestel en uitgewis is en dat minstens nog n halfmiljoen weens verhongering en siektes omgekom het, wat die dodetal tot ongeveer 3 000 000 bring. Hierdie getal verteenwoordig ongeveer sewentig of tagtig persent van alle persone wat as gevangenes na Auschwitz gestuur is, die origes is vir slawe-arbeid in die konsentrasiekamp-industrie gekies en aangewend. Onder diegene wat tereggestel en verbrand is, was ongeveer 20 000 Russiese krygsgevangenes (wat vroeër deur die Gestapo uit die hokke vir krygsgevangenes gekies en uitgehaal is) en wat na Auschwitz deur Wehrmacht-vervoer gebring is. Hierdie vervoer is deur beroeps-wehrmachtoffisiere en -mans bedryf. Onder die oorblywende aantal slagoffers was ongeveer 100 000 Duitse Jode, en n groot aantal burgerli kes, meestal Joods, uit Holland, Frankryk, België, Pole, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Griekeland en ander lande. Ons het omtrent 400 000 Hongaarse Jode in Auschwitz alleen in die somer van 1944 tereggestel.

GESKIEDENIS/SG/V2 10 DOE/200 5/253 BRON 5F Hierdie is n foto van drie Jode wat agter n heining in die Buchenwaldkonsentrasiekamp staan.

GESKIEDENIS/SG/V2 11 DOE/200 5/253 VRAAG 6: INTERNASIONALE VERHOUDINGE EN GEBEURTENISSE 1945-1970: DIE KOUE OORLOG 6.1 WAT HET TOT DIE TRUMAN-LEER GELEI? BRON 6A n Uittreksel uit The Cold War in Europe wat die burgeroorlog in Griekeland, 1946 47 verduidelik. Dit verduidelik ook president Truman se opvatting van die Domino-teorie. In 1946 het n Griekse kommunis, met die naam Markos, n weermag in Griekeland byeengebring. Hierdie weermag het teen die weermag van die koning van Griekeland, George ΙΙ, begin veg. George ΙΙ se weermag is deur generaal Zervas aangevoer. Die Britse regering het hulp aan die koning van Griekeland verleen, maar kon dit nie langer bekostig nie. Markos is deur Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie voorsien. Die VSA se president, Harry S Truman, het toe net in die 'Domino-teorie' begin glo. Dit was die teorie of idee dat as een land deur die kommuniste oorgeneem is, sou die land die naaste daaraan die volgende wees, en dat ander aangrensende lande dan sou volg.

GESKIEDENIS/SG/V2 12 DOE/200 5/253 BRON 6B n Spotprent wat die Domino-teorie uitbeeld. Dit was die teorie of idee dat, as een land deur die kommuniste oorgeneem is, sou die land die naaste daaraan die volgende wees, en dat ander aangrensende lande dan sou volg. Afrikaanse vertaling: Op die tenk is geskryf: KOMMUNISME Op die eerste domino-steentjie is geskryf: GRIEKELAND BRON 6C n Uittreksel waarin president Truman die Truman-leer verduidelik. n Leer is n stel idees of oortuigings. Dit verduidelik in breë trekke die VSA se beleid wat later bekend gestaan het as die Truman-leer. Ek glo dat dit die beleid van die Verenigde State van Amerika moet wees om vrye mense wat weerstand bied teen pogings deur gewapende minderhede en druk van buite om hulle te onderwerp, te ondersteun. Ek glo ons hulp behoort hoofsaaklik ekonomies en finansiële bystand te wees Die vry volkere van die wêreld kyk na ons vir ondersteuning in die handhawing van hulle vryheid. Indien Griekeland sou val, kan verwarring en wanorde ewe goed regoor die Midde-Ooste versprei. As ons in ons leierskap wankel, kan ons die vrede van die hele wêreld in gevaar stel.

GESKIEDENIS/SG/V2 13 DOE/200 5/253 6.2 HET DIE ONTSTAAN VAN NAVO DIE SPANNING VAN DIE KOUE OORLOG IN EUROPA VERHOOG? BRON 6D Hierdie is n inligtingsblaadjie oor NAVO en dis deur die Brits-Atlantiese Komitee in 1984 gepubliseer. Dit verduidelik waarom NAVO gestig is. NAVO is n alliansie van Westerse nasies, gelyk in status, en is in 1949 met twaalf lede gestig. Dit het ontstaan as teenvoeter vir die aggressiewe gedrag van die Sowjet-unie wat, nadat hy dele van Finland en die Baltiese state in die Tweede Wêreldoorlog oorgeneem het, in 1945 met soortgelyke optredes in Oos-Europese lande voortgegaan het. Teen die einde van 1947 was die res van Roemenië, Pole, Bulgarye en Hongarye ook agter die Ystergordyn, en in 1948 het Tsjeggo-Slowakye na n coup d' état (staatsgreep) gevolg. Daardie selfde jaar het die beleg van Wes- Berlyn begin en dit het tot Mei 1949 geduur. Dit is n defensiewe militêre alliansie. BRON 6E Dit is n Sowjet-spotprent met die titel Ernstige Ondertekening van die Atlantiese Verdrag, 1949. Dit is teen die stigting van NAVO. Die twaalf penne verteenwoordig die magte wat in NAVO opgeneem is. Die man wat die penne vashou, is Uncle Sam wat die Verenigde State van Amerika verteenwoordig.

GESKIEDENIS/SG/V2 14 DOE/200 5/253 BRON 6F n Sowjet-spotprent met die titel n Paaseier van Wallstraat. Dit beeld die agterdog wat die USSR jeens NAVO gekoester het, uit. Op die eiers is die woord NAKT (NAVO) geskryf. Uncle Sam verteenwoordig die Verenigde State van Amerika, Winston Churchill verteenwoordig Brittanje en Hitler verteenwoordig Duitsland. Die on skuldige duif is op die ei er g everf. Maar ons, liewe l eser, sal kyk na wat onder di e dop is, binne -in die ei er. Die deks el i s af. Kyk! Uncle Sam het binne met sy geheim weggekruip. Hy dreig enigi emand w at nie sy slaaf wil wees nie me t sy bom. Hier is di e tweede geh eim van die Paasei er. Agter Uncle Sam krui p Winst on Churchill, die st ruikr ower, weg. En ten slo tte kyk w at is weggeste ek! Hitle r tr ef n ooreenkom s met Wal l Str eet.

GESKIEDENIS/SG/V2 15 DOE/200 5/253 Behalwe in gevalle waar spesifiek aangedui is, is alle materiaal in hierdie addendum vertalings van oorspronklike bronnemateriaal uit Engels. ERKENNINGS Uittreksels en visuele bronne wat in hierdie addendum gebruik is, kom onder andere uit die volgende publikasies: Bottaro, J. and Visser, P. 1999 In Search of History Grad e 12, Cape Town: Oxford Brockman, J. 1986 Italy and Mussolini, New York: Longman Boyce, A.N. 1974 Europe and South A frica Part 2 A Hi story for Std 10, Cape Town: Juta Condon, C. 1994 The Making of the Mod ern World, Melbourne: Macmillan Craig, G.A. 1972 Europe since 1914, USA The Dryden Press Culpin, C. 1998 GCSE Mod ern World History, London: Collins Educational Desmond, G. 1968 Mussolini and Fascist Era, Great Britain: Cox & Wyman Downing, T. & Isaacs, J. 1998 Cold War, London: Batam Press Engelmann, B. 1988 Hitler's German y Place and publisher unknown Hargreaves, J.D. 1988 Decolonization in Africa, London: Publisher unknown Heater, D. 1992 Our world thi s century, Oxford: Oxford Hodgkin, T. 1957 Nationalism in Colonial Africa, New York: University Press Hills, K. 1991 Take Ten Years 1940, London: Evans Brothers Ltd Lancaster, T. & S. 1994 The era of the Second World War, London: Causeway Press Ltd Leeds, C. 1972 Italy and Mussolini, London: Wayland Publishers O Callaghan, B. 1996 A History of the Twentieth Centur y, New York: Longman Pape, J. et al 1998 Making History Grad e 12, London: Heineman Publishers Patrick, J. & Buzan, T. 1997 GCSE Mo dern World History, London: Hodder & Stoughton Pearson, E. 1975 Hitler s Reich, London: Harrop & Co. Ltd. Prockter, R. 1970 Nazi German y, London: The Bodley Head Publishers Sauvain, P. 1997 Germany in the Twentieth Ce ntury, Stanley: Thornes Scott, J. 1989 The World Since 1914, Oxford: Heineman Seleti, Y. (ed.) 1999 Looking into the P ast Grad e 12, Cape Town: Maskew Miller Longman (Pty) Ltd Sellman, R.R. 1970 An Outli ne Atlas of World History, London: Edward Arnold Publishers Silbert, M. 1999 Holocaust Resource Book. Cape Town: Cape Town Holocaust Centre Silbert, M. & Wray,D. 2004 The Holocaust: Lessons for humanity. Claremont: New Africa Books (Pty) Ltd Speed, P. & M. 1986 The Modern World, Somerset: Oxford Tordoff, W. 1984 Government a nd Politics in Africa, London: Macmillan Press Ltd Walsh, B. 1996 Modern World History, London: John Murray Publishers Ltd Wilson, D.A. (n.d.) Peoples, Revolutions, and Nations, No place: Evan