Hakka, Hakka Julle span sucka! Heke, Heke Die Bosbokke is Leke!

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Direkte en indirekte rede *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Mandala Madness Deel 2

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Tariewe

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

SIZA takes the sting out of auditing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

G. J. du Preez

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Hoe om krag te spaar

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

RAADSLEDE / COUNCILLORS

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Sterdansers by Vensters.

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Uit Moerdijk se pen Man en Media

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Kerssangdiens. SA Gemeente

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

MEI Voorbladnuus Die Oog 20/20 Krieketuitdaging

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Transcription:

Op die Oog af APRIL 2014 21 Maart 2014 Boeresport Klub Vlytige Voete het onder die bekwame leiding van Elzabi Fouché op Vrydag 21 Maart n baie suksesvolle Boeresport Byeenkoms by die warm swembad gehou en Henlou Fourie het haar bygestaan. In hierdie uitgawe Voorbladnuus Paasboodskap Trustee Bedrywighede Maak kennis met.. Trustee Nuus KVV Mediese Manewales Besige Bye Brandblussers Plantplesier Versoeke uit Kantoor Hoe sê mens dankie Koor en Quilt Kapper -jolle He is a poet.. Op die Oog af Die inwoners het die dag besonder goed ondersteun en dié wat nie kon deelneem nie, het die verskillende items beman as helpers, of was vurige en entoesiastiese toeskouers. Nege bokspanne van 5 deelnemers per span is demokraties gekies en inwoners en vakansiegangers het saam in spanne gespook. Die gees was ongelooflik en gestremde persone sowel as krankes, BAIE oues (die oudste deelnemer was 81!) en jonges ( n ougat dogtertjie van 9) het alles ingesit vir hulle span. Die items was goed beplan en ou bekende speletjies het gespog met n kinkel in die kabel om aan die vereistes vir n aftree-oord, sowel as om snaaks of oorspronklik te wees, te voldoen daar was kettieskiet, balle aangee of gooi, n hoepel wedloop, eier en lepel resies, waterballonne gooi, naald en gare resies, gholfbal chip en die skreeusnaakse Charlie Chaplin walk! Salomon Chaplin Die laaste item het vir groot pret gesorg toe daar musical chairs gespeel is en n paar deelnemers probeer kroek het en amper gediskwalifiseer moes word! Daarna het elke span hulle kreet geskree waarvoor hulle ook punte gekry het en ek glo vas ons kreet wat die klein 9 jarige vir ons geleer het, was hier die wenner: Hakka, Hakka Julle span sucka! Heke, Heke Die Bosbokke is Leke! Die Koedoespan was eerste, Njalas tweede en Bosbokke derde. Alhoewel die dag nie sonder beserings was nie, was daar darem geen geel of rooi kaarte uitgedeel nie! Ek wil hiermee vir Elzabi van Klub Vlytige Voete gelukwens met so n puik georganiseerde byeenkoms. Loma Lessing (Deelnemer Bosbokspan) Eenheid 94 So moet n kettierek getrek word manne! Kobus, Willem, Lennie en Jan Barnard was die wenspan Koedoes

Paas Boodskap Wonderwerke tydens Jesus se kruisiging op Paasvrydag Bladsy 2 Met Paasfees wat weer eersdaags aanbreek, kan ons maar almal gerus weer herrinder word wat die Woord vir ons sê oor hierdie spesiale tyd en met hierdie woorde van Jan Lange ons help besef waaroor dit eintlik gaan. Skriflesing: Matt 27:54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God! Maar wat is n Wonderwerk? n Wonderwerk is iets wat net deur God gedoen kan word, soos: 1. Die vermeerdering van die vyf brode en twee vissies wat vyf duisend manne sonder hulle vrouens en kinders by getel, kos gegee het en twaalf mandtjies oorgebly het. 2. Jesus loop op die see en Petrus vra ook om op die water te loop, maar toe hy sy oë van Jesus af wegdraai toe sink hy. 3. U ken die verhaal van Lasarus, hoe Jesus hom uit die dood uit opgewek het. En vele meer om op te noem. Maar wat van vandag? Daar is wonderwerke wat daagliks in ons lewens plaasvind reg oor die wêreld. 1. Een daarvan is die voedsel wat ons elke dag het om te eet, ons werk wat ons het, ons gesondheid en die feit dat ons nou nog lewe. 2. Besef u watter groot wonderwerk is dit dat ons op hierdie dag wanneer u hierdie lees, nog lewe en asem haal? Hierdie is alles moontlik gemaak as gevolg daarvan dat Jesus, bykans 2000 jaar gelede, aan n ruwe houtkruis vir die mensdom se sondes gehang het. Hy was bereid om Sy lewe vir jou en my af te staan, Hy wat die enigste volmaakte mens was,maar ook God was bereid om die wrede kruisdood te sterf sodat sodat daar vir my en jou lewe na die dood kan wees. Dit het Jesus n baie duur prys gekos vir my en jou. Die wonderwerke tydens die Kruisiging Daar was vir drie ure lank duisternis oor die aarde (bewys Matt 27:45). En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot die negende uur toe. Dit was dus vanaf 12:00 tot 15:00 stikdonker op aarde, en dit was in die tyd dat HY uitgeroep het: My God, My God, waarom het u My verlaat (vers 46). En Hy het vir die wêreld se sonde gesterf. Duisternis n wonderwerk van God. Die tweede wonderwerk wat gedurende die Kruisiging plaasgevind het, was die voorhangsel wat in twee ge- skeur het (Matt 27:51a). En kyk die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder. Lees daarvan in Exodus 26:33 en die voorhangsel moet vir julle n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste. Die derde wonderwerk: Daar was n aardbewing en die rotse het geskeur (Matt 27:51b). Die aarbewing op Golgota is n aanduiding dat die bevele van die Wet vervang is, deur die offer aan die kruis waar Jesus met my en jou sondes afgehandel het. Jesus is dus nou die middelaar van die mens, Sy bloed het vir ons vergifnis gebring, al wat ons moet doen is om Hom aan te neem as ons Verlosser en Saligmaker. Die laaste wonderwerk: Liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. (Matt 27:52) En die grafte het oopgegaan en die baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. Daar word nie vir ons gesê wie hierdie ontslape heiliges was wat opgestaan het nie. Wat ons wel weet is dat hierdie ontslape heiliges volgens vers 53 uit hul grafte uitgegaan het en dat hulle na Jesus se opstanding in die heilige stad aan baie verskyn het. Hierdie wonderwerke is vir jou en my gegee sodat ons met blymoedigheid hierdie dag k an vier, as die dag wat Jesus vir ons 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het en dat Hy deur die kruisdood dit vir u en my moontlik gemaak het om die ewige lewe te beërwe. Ek hoop met my hele hart dat elkeen vn u al hierdie kruisboodskap u eie gemaak het. Geseënde Paasgety Jan Lange

Trustee Bedrywighede Voorsitters Verslag Bladsy 3 Die huidige span Trustees is in n ongemaklike oorgangsfase tussen die uittredende Landgoedbestuurder, Mnr Dion Nell, en die aanstelling van sy opvolger verkies. Om hierdie periode so vlot moontlik te laat verloop, is die Trustees met spesifieke verantwoordelikhede (portefeuljes) getaak, t.w. Finansies (Dr Francois Beetge); Ontwikkelingsplan (Niel Cronje); Ontwikkeling (Nic Wolmarans); Personeel (Dawie Spöhr); Beroepsveiligheid en Welsyn (Gert Enslin); Bestuursaangeleenthede (Kriek de Beer), en Omgewing (Salomon Joubert) Die Trustees beplan om op 16 April n ope vergadering vir alle inwoners te hou waartydens verslag gedoen sal word oor die vordering oor die afgelope maand en vrae van ons inwoners te beantwoord. Intussen kan ons die volgende uitlig as sake wat tans ernstige aandag geniet: Personeel aangeleenthede: Die aanstelling van n Landgoedbestuurder is n dringende noodsaaklikheid. Die pos is reeds geadverteer en die proses behoort teen die einde van April vêr gevorder te wees. Begroting: Hoewel daar by baie twyfel bestaan of die begroting vir die huidige finansiële jaar by die afgelope AJV goedgekeur is, is MidCity oortuig dat dit wel die geval was. n Nuwe, hersiende begroting moet in elk geval tydens ons eers volgende Algemene Vergadering voorgelê word. MG Taute Ouditeure is intussen aangestel om die ouditte behartig. Heffingsmodel: Verskeie navrae van inwoners is ontvang oor onsekerhede m.b.t. die heffings model asook om oënskynlike anomalieë/onreëlmatighede uit te wys. Die nuwe heffingsmodel moes 1 April in werking kom. Aangesien die heffings nodig is om ons begroting te laat klop, is daar op die volgende besluit tot dat die heffings model weer op die volgende Algemene Vergadering voorgelê kan word vir goedkeuring: In die tussentyd sal die bestaande heffings met n gelykmatige persentasie verhoog word om n inkomste te verseker om aan begrotings behoeftes te voldoen; Daar sal, in samewerking met MidCity, aan die nuwe heffingsmodel gewerk word en n voorligtingsvergadering voor die volgende Algemene Vergadering gehou word om dit aan inwoners te verduidelik. Konstruksie/instandhoudingsprobleme: Op 27 Maart het die Trustees met die ontwikkelaar, kontrakteurs, instandhoudingspan en verkoopsagente vergader. Die doel van die vergadering was om weë te vind waarvolgens die probleme van inwoners, wat verband hou met konstruksie/instandhoudings probleme, aangespreek en bevredigend aangespreek kan word. Die uitslae van die vergadering is allerweë as baie bevredigend beskou en sal op die vergadering van 16 April breedvoerig bespreek word. Mnr. Nic Wolmarans sal aan die uitvoering daarvan uiting gee en sal intussen by almal uitkom wat probleme aanhangig gemaak het. Rioolprobleme: In die onlangse verlede is probleme met die rioleringstelsel by verskeie geleenthede aangemeld. Hoewel die Trustees geen lyn- of uitvoeringsgesag het nie, het die Trusteeraad, in samewerking met die Ontwikkelaar, aanvaar dat rioolprobleme hoegenaamd nie vir Die Oog aanvaarbaar is nie (ongeag wetlike verpligtinge). Alle ingewinde raad en dié wat op 9 en 10 April deur n deskundige van die Rand verkry sal word, sal ingespan word om die huidige probleme bevredigend op te los. Daar moet ook daarop gewys word dat n nuwe hoofaar (pyp) pas aangelê is en dat dit tans by die bestaande sisteem ingevoeg word. Die volledige stelsel sal hopelik binne n paar maande finaal afgehandel wees. Welsyn (Dienssentrum): Aansienlike vordering is gemaak met die Dienssentrum en n konsep konstitusie en besigheidsplan is voltooi en voorgelê vir goedkeuring (sien Mariet Enslin se verslag in die Besige Bye inset op bladsy 8). Ons hoop om ons inwoners in groot getalle te sien by ons vergadering van 16 April 2014. Salomon Joubert Voorsitter: Trusteeraad

Maak kennis met Bladsy 4 Die 8ste Maart 2014 was Die Oog Afree Landgoed se jaarvergadering, waar belangrike besluite geneem is, soos onder meer om n nuwe Raad van Trustees te kies. Koppe is gekrap en penne is gekou, maar uiteindelik is die uitslag van die stemme bekend gemaak deur Mid- City. Teen hierdie tyd het almal n goeie idee van wie aan die stuur van ons Landgoed-skip is. Tydens hul eerste vergaderings is besluit wie met watter portefeulje, geskik tot elk se individuele kundigheid, gaan werk. Graag stel ons dit aan u voor. Omgewing: Salmon Joubert Voorsitter. Hierdie portefeulje sal die behoud van diere, bosveld, bome, plante en tuine behels. Onwikkelingsplan: Niël Cronjé Ontwikkeling van n drie en vyf jaar plan vir Die Oog. Impakstudie op die omgewing en waterbronne, kwantifisering van die effek van die ontwikkeling op die heffing van fasiliteite by die Landgoed. Inwonerswelvaart: Gert Enslin Griewe en klagtes, gedragsreëls, etes, dienssentrum, Klub Vlytige Voete, Sekuriteit, Veiligheid (in samewerking met Dawie Spöhr), noodplan (kommunikasie en ontruiming). Finansies: Francois Beetge Kostebeheer, begroting, risikobestuur, versekering, kontrakte en ooreenkomste. Ontwikkeling: Nic Wolmarans Benewens skakeling met Dries du Preez, herstel van bestaande strukture en infrastruktuur, volhoubare ontwikkeling van nuwe fases. Bestuursaangeleenthede: Kriek de Beer: Organogram, prosedures, basiese projekte (bv kombuis, verskuiwing van stoomketel, sportkompleks) tuine, dienste (loodgieter, elektrisiteit, riool, water, stoomketel) vullishoop, G5 gat herwinning. Personeelaangeleenthede: Dawie Spöhr Aanstelling van nuwe Landgoedbestuurder, personeel aanstellingsbriewe en pligstate, personeeldoeltreffendheid, nuwe intrekkers, munisipale aangeleenthede (bv erfbelasting) skakelbeampte, personeel bystand-diensrooster. Let asseblief daarop dat hierdie portefeuljes wel kan verander soos dit operasioneel nodig ge-ag mag word. Die Trustees word bygestaan deur n Advieskomitee en verskeie bedryfskomitees. Die name sal eersdaags bekend gemaak word. Ons herriner al ons Inwoners dat Trustees hierdie vrywillig, en sonder vergoeding doen. ONTHOU, HULLE IS OOK INWONERS EN IS GEREGTIG OP HUL PRIVAATHEID. Ons doen n dringende versoek op ALMAL om asseblief nie die Trustees by hul privaat wonings te gaan opklop nie! Indien n saak aandag nodig het, is die eerste stap om die probleem te rapporteer op n Voorstel & Versoek vorm wat in die administratiewe kantoor beskikbaar is. Sodoende kan die saak aandag kan geniet. Indien die saak onder n spesifieke trustee se aandag gebring moet word, sal die personeellid dit wel so kanaliseer. Daar sal die nodige terugvoer aan die Inwoner gegee word. Indien n afspraak met n Trustee gereël moet word, kan besoek gedurende spreekure by Leonie Gerber afgelê word. Maak asb seker dat die nodige feitlike dokumentasie relefant tot dee probleem saamgeneem word. Ons wens ons Trustees alle sterkte toe met hul uitdagings en besluite.

Trustee Nuus Vergaderdatums en Deelname Bladsy 5 Die huidige Trustees is tot met die volgende Algemene Jaar Vergadering, wat voor die einde van Julie moet plaasvind, verkies. Tot daardie tyd sal die Trustees poog om weekliks te vergader. Die vergaderings sal egter twee formate aanneem, t.w. formele Trustee vergaderings, wanneer MidCity, ons bestuursagent teenwoordi sal wees. Hierdie vergaderings sal een maal per maand plaasvind. Geskeduleerde tussen- in vergadering sal meer informele werksessies wees. Behalwe vir werksessies wat in onderstaande lys van datums verskyn, kan addisionele werksessies ook op ongeskeduleerde tye plaasvind. Deelname van inwoners is by al hierdie vergaderings moontlik, en wel op die volgende wyse: Formele Trusteevergaderings: Alle inwoners is welkom om as waarnemers by te woon. Indien skriftelike voorleggings* ontvang is, mag die voorlegger op meriete van die saak gevra word om aan die bespreking van die aangeleentheid deel te neem. Informele Werksessies: Bywoning van die werksessies is tot die Trustees beperk. Indien daar egter skriftelike voorleggings* vooraf ontvang is en op die agenda van die werksessie van toepassing mag wees, mag die voorlegger genooi word om die vergadering by te woon. Dit staan enige inwoner vry om n ongeskeduleerde vergadering van die Trustees aan te vra indien die aard en omvang van n saak in direkte belang van Die Oog is. *Voorleggings: Voorleggings moet asseblief n kort uiteensetting van die saak bevat asook n voorgestelde oplossing. Datums (tot einde Mei) April 9 (09:00) Trusteevergadering met MidCity 16 Algemene inligtingsvergadering vir alle inwoners 23 Werksessie Mei 1 Werksessie 8 (09:00) Trusteevergadering met MidCity 15 Werksessie 22 Werksessie 29 Werksessie Datums vir Junie en Julie, insluitende die Algemene Jaarvergadering, sal in die loop van Mei bekend gemaak word. Salomon Joubert Voorsitter: Trusteeraad SPESIALE STEMME MET STEMDAG 7 MEI 2014 Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) reël dat persone wat nie op stemdag kan stem nie n spesiale stem mag uitbring. Spesiale stemme kan egter net tot 14 April gereël word. Almal wat swaar loop of nie by die verkiesingslokaal in die tou kan staan nie, kan by hul huise stem. Kontak asseblief Charl van der Merwe by 014 743 3451 of 082 923 3571, sodat die nodige reëlings getref kan word. Die OVK is ook bereid om persone wat nie op stemdag by hulle stembus kan uitkom nie, te vervoer. Hul dien hierdie gemeenskap en help waar moontlik.

Klub Vlytige Voete Daar vir Mekaar K.V.V Die KVV is aan die skarrel en beplan vir die Oog se Bybelse-ete en Produksie wat gehou gaan word Goeie Vrydag 18 April. Dit beloof om n aand vol verrassings met heerlike kos, dans en drama te wees. Kaartjies sal begin April by Leonora Robertson (0141610326) beskikbaar wees. Maak seker om jou plek saam met jou vriende by die gasvrou van jou keuse te bespreek en moenie vergeet om jou mosesplakke te kom vleg nie. Onthou, ons trek aan soos die mense in die Bybel se tyd. Kom meld aan indien jy meer wil weet of belangstel om deel uit te maak van die span Vonkel Vroue wat prettig saamwerk om die aand iets besonders te maak. Ons kan altyd doen met n paar gewillige hande. Aangesien die inwoners se kinders kom kuier gaan die kaartjies wat eers R90 was, nou net teen R60 per persoon beskikbaar wees. Ons hoop om sodoende vir jou dit bekostigbaar te maak om jou gaste saam te bring. Soos altyd op die eerste Woensdag van die maand (2 April) gaan die Sielskos vir Dames by die tentkamplapa en vir Mans in die lesingkamer aangebied word. Die begaafde Ursela van Staden kom met die dames gesels en ons eie Louis Botha gaan die mans geestelik bemagtig. Ons het soveel seëninge hier op Die Oog en kom wees deel van die groep wat hul dankbaarheid aan ons Skepper betoon deur geestelik saam te groei en te gesels en dankie te sê. Die KVV se maandvergadering vind hierdie maand op 10 April plaas en nie op 3 April soos oorspronklik beplan nie. Kom vind meer uit van ons doen en late en help ons om n verskil te maak. Die vergadering vind plaas om 13h30 in die Saal en duur net vir so n uur en n half. Jou insette word baie waardeer. Oog Boeresportdag word toe Oog Kaskenades. Vrydagoggend 21 Maart het die swembadarea gou volgeloop met vakansiegangers en Ooggenote. Almal het hul waardering uitgespreek vir die pragtige steenwerk wat deur Willem en sy span gepak is en het saamgestem dat dit n groot verbetering is en die dames verantwoordelik vir ons verkoping van die volgende week, het hul waardering daarvoor uitgespreek en saamgestem dat dit ons werksarea baie gaan vergemaklik. Daar was n gevoel van afwagting in die lug, want vandag gaan ons ons eie Oog Boeresportdag hou. Sommer gou is spanne saamgestel, bokname gegee en die verskeidenheid items is aan almal verduidelik. Oud en jonk het deelgeneem en kon hul vernuf bewys met die Charlie Chaplanloop, Eier-in-die-lepel, Gare in die naald, Chipping, Kettieskiet en nog ander speletjies met balle, waterballonne en ringe. Daar was lanklaas soveel gelag en geterg en kanse gevat. Die vakansiegangers kon nie glo die inwoners is nog so rats nie, veral met die Musical chairs en Bingo. Nog voor die byeenkoms behoorlik verby was, is daar planne gemaak vir die volgende byeenkoms en is die naam verander na Die Oog Kaskenades. Pragtig! Dit wil voorkom asof ons in die toekoms meer as een so n kaskenade per jaar gaan hou. Hoe voel julle? Baie dankie aan Elzabi, Henlou, Willem en Elsabe vir al die reëlings. Wel gedaan!!! Hou die kennisgewingborde en jou posbus dop vir meer inligting oor die KVV se Oog Kuns en Tegnologie Week op 5-9 Mei en die Andanté koor se program van 16 Mei. Moet niks in April en Mei misloop nie! Hartlike KVV-groete Mart Buys Bladsy 6

Mediese Manewales Is jy n Perfeksionis? Bladsy 7 Die HAT verklarende woordeboek definieër n perfeksionis as: n Persoon wat die volmaaktheid nastrewe, wat oordrewe presies is. Antwoord JA of Nee vir die volgende vrae, totaal jou Ja s en Nee s om te sien of jy n perfeksionis is. 1. Dit ontstel jou wanneer n persoon n fout maak of onseker is jy vermy betrokkenheid met so n per soon. 2. Vermy take wat jou dryfkrag meet. 3. Voel terneurgedruk wanneer doelwitte nie bereik kan word nie. 4. Verkies om self take te verrig, bang iemand anders misluk daarin. 5. Bang vir mislukkings wat lei tot verwerping. 6. Konsentreer op positiewe eerder as negatiewe irritasies. 7. Streef na erkenning na na enige opdrag uitvoering. 8. Jou positiwiteit kan geruȉnieer word deur negatiewe inligting. 9. Raak gespanne wanneer iets verkeerd loop. 10. Kollegas of naasbestaandes is bewus van jou tekortkominge. 11. Jy is bewus van jou eie tekortkominge en raak gefrustreerd wanneer ander mense dit raaksien. 12. Foute kan lei tot ontoereiklikheid. Die resultaat: Vier positiewe Ja s lei tot perfeksionisme en hoë selfstandaarde. Motivering tot sukses is selde suksesvol. Verwagting wat nie behaal is nie lei tot teleurstelling. Veranderinge in denke verander deurentyd om beter te presteer in situasies en weeg handelinge op wat lei to lae selfbeeld. As dit jy is, is dit tyd vir verandering! Dis menslik! Volgende keer as jy weer obsessief is oor klein teleurstellings, dink of dit die moeite werd is. Leer aanvarding en gryp geleentheid aan om vrees vir mislukking te oorkom. Onthou net daar is lewe na mislukking.

ERROR: stackunderflow OFFENDING COMMAND: ~ STACK: