KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Indien die aansoeker n BK is,

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Tariewe

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

SELL Emigration 4 Day Massive Disposal Auction Earthmoving & Agricultural Equipment, Loose Assets & more.

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Effektetrusts Bykomende Beleggings-vorm

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

INSKRYWINGSVORM

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

BAIE WELKOM BY DIE VAN PLETZEN MERINO S PRODUKSIEVEILING 6 FEBRUARIE 2018

Mosselbaai Munisipaliteit

Tariewe

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

LINK MERINO S & Louw Broers

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

GOVERNMENT GAZETTE STAATSKOERANT

Government Gazette Staatskoerant

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

WELCOME PINE GROVE PRODUCTION SALE 30 JANUARY 2018

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC. AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2018) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

BAIE WELKOM GROEP de PRODUKSIEVEILING 31 JANUARIE 2017

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

BAIE WELKOM GROEP de PRODUKSIEVEILING 30 JANUARIE 2018

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK. Studentenommer toegeken:

RAADSLEDE / COUNCILLORS

TREVOR STÖTTER. Welcome To Heimat

WELCOME STORMBERGER 11TH BULL SALE 1 SEPTEMBER 2017

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

FIDUCIARY INSTITUTE OF SOUTH AFRICA FIDUSIÊRE INSTITUUT VAN SUID AFRIKA

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

AUCDEEN SALE CHECKLIST

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 24 OCTOBER 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. GENERAL NOTICES ALGEMENE KENNISGEWINGS 334 Town-planning and T

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

WELCOME TO THE PRODUCTION SALE OF AUCDEEN ANGUS 20 AUGUST 2015

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Mandala Madness Deel 2

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING 1. Verhandelingsprosedures Algemeen Verhandeling van aandele via KLK Landbou Beperk se verhandelingstelsel vind plaas deur middel van 'n tenderproses. Die tenderperiode duur vanaf die Saterdag wat volg op die laaste Vrydag van 'n maand tot en met 12H00 op die laaste Vrydag van die daaropvolgende maand. Verhandeling vind plaas om 14H00 op die laaste Vrydag van elke maand by die kantore van Du Toit van den Heever. Vorms om te tender vir die koop en verkoop van aandele is by die volgende kantore beskikbaar: a) Du Toit van den Heever Vir aandag: Marita Hanekom Posbus 204 Tel: +2754-332 4585 Upington E-pos: marita@dtvdh.co.za 8800 b) KLK Landbou Beperk Vir aandag: Anke Nagel Posbus 86 Tel: +2754-337 6200 Upington E-pos: aandele@klk.co.za 8800 c) KLK Landbou Beperk Takke Vir aandag: Takbestuurders Tenders moet in 'n verseëlde koevert of per e-pos voor 12H00 op die Vrydag van verhandeling by (a) of (b) ingehandig word. Inligting in verband met die vorige verhandelingstydperk se verhandelingsprys en volume kan by die persone in (a) of (b) hierbo verkry word, of op KLK se webadres (www.klk.co.za). Die prys wat aandele behaal tydens die verhandelingsproses word as volg bepaal: a) Indien 'n verkoper se prys hoër is as 'n koper se prys, vind geen verhandeling plaas nie. b) Indien 'n koper se prys hoër is as 'n verkoper se prys, vind verhandeling plaas teen die prys van die koper, vanaf die verkoper se aandele met die hoogste tenderprys na die laagste, en dienooreenkomstig die koper vanaf die hoogste tenderprys na die laagste. c) Indien meer aandele beskikbaar is as te koop gevra (teen 'n bepaalde prys), word die toekenning pro-rata gedoen. Kopers Die prys betaalbaar deur die koper word as volg bereken: - Aantal aandele toegeken x prys per aandeel behaal "A" - Plus: Seëlkoste (0.25% x "A") "B"

Al die kopers aan wie aandele toegeken is sal na die verhandeling plaasgevind het, per e-pos of per faks daarvan in kennis gestel word. Sodanige korrespondensie sal die totale bedrag deur die koper verskuldig uiteensit. Die totale bedrag verskuldig moet teen die Vrydag wat volg op die Vrydag van verhandeling in die bankrekening van KLK Landbou Beperk beskikbaar wees. Die bewys van die inbetaling moet deurgegee word aan die maatskappy sekretaris. Indien die totale bedrag deur die koper verskuldig nie betyds inbetaal word nie, sal die transaksie gekanselleer word en is 'n boete van R500 deur die koper betaalbaar. Indien kopers beskikbaar is wat nie suksesvol was tydens die bodproses van die betrokke maand nie, maar steeds binne die verhandelingskriteria val, sal die kopers dienooreenkomstig genader word. Die verkopers sal in kennis gestel word van die oorspronklike bod wat verval het en van nuwe aanbod. Indien geen vergelyk getref kan word tussen die verkopers en die nuwe koper nie, vind geen verhandeling plaas nie. Die aandele wat nie verhandel het tydens die verhandelingsproses nie, word nie oorgedra na die volgende maand se verhandeling nie. 'n Koper moet elke maand weer tender vir die koop van aandele. Onsuksesvolle kopers sal dienooreenkomstig in kennis gestel word. Verkopers Die verskuldigde bedrag aan die verkopers betaalbaar word as volg bereken: - Aantal aandele verkoop x prys per aandeel behaal "A" Al die verkopers van aandele sal na die verhandeling plaasgevind het, per e-pos of telefonies daarvan in kennis gestel word. Sodanige korrespondensie sal die totale bedrag aan die verkoper verskuldig uiteensit. KLK Landbou Beperk sal die totale bedrag verskuldig teen die tweede Vrydag wat volg op die Vrydag van verhandeling, elektronies in die verkoper se bankrekening inbetaal, onderhewig aan die oorbetaling deur die kopers in KLK Landbou Beperk se rekening. Die aandele wat nie verhandel het tydens die verhandelingsproses nie, word nie oorgedra na die volgende maand se verhandeling nie. 'n Verkoper moet elke maand weer tender vir die verkoop van aandele. Onsuksesvolle verkopers sal dienooreenkomstig in kennis gestel word. Indien 'n verkoper sy totale aandeelhouding te koop aanbied en al die aandele word verhandel, word die verkoper se leningsrekening outomaties ook aan hom uitbetaal. Indien sodanige verkoper 'n bedrag verskuldig is op sy debiteurerekening by KLK, word hierdie bedrag eers verreken teen die leningsrekening voor uitbetaling geskied. Hierdie verhaling is slegs ten opsigte van die gedeelte van die debiteurerekening wat buite terme is en tot 'n maksimum van die leningsrekening bedrag. Die verskuldigde bedrag in die geval word as volg bereken: - Aantal aandele verkoop x prys per aandeel behaal "A" - Min: Debiteurerekening (buite terme < of = leningsrekening) "C"

2. Inligting benodig vir verhandeling Die volgende inligting word benodig: Koper a) Tender vorm vir die aankoop van aandele. Die aantal aandele wat gekoop moet word ("onbeperk" of "almal beskikbaar") is nie aanvaarbaar nie en die bedrag waarvoor die aandele gekoop moet word, moet spesifiek aangedui word. b) Bewys van die inbetaling gemaak. c) In die geval van 'n nuwe aandeelhouer wat nog nie 'n rekening by KLK Landbou Beperk het nie, gewaarmerkte afskrifte van die volgende: - 'n afskrif van die koper se identiteitsdokument (in geval van 'n trust, afskrifte van die trustakte en die trustees se identiteitsdokumente; in die geval van 'n maatskappy, afskrifte van die akte en statute, notule ter magtiging van 'n persoon om op te tree namens die maatskappy en persoon se identiteitsdokument; in die geval van 'n beslote korporasie, afskrifte van die stigtingsverklaring, notule ter magtiging van 'n persoon om op te tree namens die beslote korporasie en persoon se identiteitsdokument). - bewys van fisiese adres, byvoorbeeld 'n munisipale rekening. Verkoper a) Tender vorm vir die verkoop van aandele. Die bedrag waarvoor die aandele verkoop moet word, moet spesifiek aangedui word. b) In die geval van 'n maatskappy, beslote korporasie of trust, notule ter magtiging van 'n persoon om op te tree namens die entiteit en 'n afskrif van die persoon se identiteitsdokument. c) In die geval van 'n boedel, 'n gewaarmerkte afskrif van die eksekuteursbrief asook die magtiging om op te tree as eksekuteur (indien van toepassing). d) Volledige bankbesonderhede. e) Die oorspronklike aandelesertifikaat. f) Getekende sekuriteite oordragvorm (vorm CM 42). 3. Algemene inligting Op KLK Landbou Beperk se webadres (www.klk.co.za) is die volgende inligting beskikbaar wat gebruik kan word deur 'n potensiële koper of verkoper van aandele om 'n ingeligte besluit te neem ten opsigte van die verhandeling van die aandele: a) Finansiële inligting - Geouditeerde finansiële state - Halfjaar finansiële state - Omsigtigheidsverklarings en nuusvrystellings b) Aandele inligting - Verhandelingsprosedures - Aantal aandele verhandel oor 'n periode

- Laaste verhandelingsprys - Dividend betaalbaar Die geslote periode vir verhandeling is as volg: - Geouditeerde finansiële jaarstate: Vanaf 28/29 Februarie tot en met die publikasie van die finansiële resultate - Halfjaar finansiële resultate: Vanaf 31 Augustus tot en met die publikasie van die finansiële resultate - Omsigtigheidsverklarings, ens: Vanaf die dag wat die inligting intern beskikbaar is aan enige amptenaar / direkteur tot en met die publikasie van die inligting Die geslote periode vir verhandeling is op die volgende persone, wat insluit familielede en enige ander regspersoon waarin sodanige persoon of familielid 'n belang het, van toepassing: - Direkteure (KLK Landbou Beperk, filiale en geassosieerdes) - Personeel (KLK Landbou Beperk, filiale en geassosieerdes) - Ouditeure (KLK Landbou Beperk, filiale en geassosieerdes) Familielede waarna verwys word, sluit in die gade, kinders wat onder sodanige persoon se toesig of beheer is en enige inwonende familie. 4. Fasiliteringsrol KLK Landbou tree slegs op as fasiliteerder en die risiko vir die betaling van aandele gekoop, is by die koper.

KOOP TENDER Die Tenderkomitee KLK Landbou Posbus 86 UPINGTON, 8800 Datum KOOP VAN AANDELE: KLK LANDBOU BEPERK Ek wil hiermee, namens myself / die ondervermelde regspersoon tender om aandele te koop in KLK LANDBOU BEPERK, REGISTRASIE 1997/015589/06 (skrap wat nie van toepassing is nie): 1. BESONDERHEDE VAN KOPER NAAM ID/MAATSKAPPY/TRUST REGISTER NR LID NR (indien enige) ADRES TEL NR 2. AANTAL AANDELE OM GEKOOP TE WORD Gewone aandele 3. PRYS WAARTEEN AANDELE GEKOOP MOET WORD R, per aandeel. Ek aanvaar dat hierdie n nie-terugtrekbare cum dividend aanbod is en dat die aandele sonder verdere kennisgewing teen die prys soos aangedui gekoop sal word indien daar tenders vir die verkoop van aandele ontvang word. Die uwe, 092013

VERKOOP TENDER Die Tenderkomitee KLK Landbou Posbus 86 UPINGTON, 8800 Datum VERKOOP VAN AANDELE: KLK LANDBOU BEPERK Ek wil hiermee, namens myself / die ondervermelde aandeelhouer aandele te koop aanbied in KLK LANDBOU BEPERK, REGISTRASIE 1997/015589/06 (skrap wat nie van toepassing is nie): 1. BESONDERHEDE VAN VERKOPER NAAM ID/MAATSKAPPY/TRUST REGISTRASIE NR LID NR (indien enige) ADRES TEL NR 2. AANTAL AANDELE TE KOOP AANGEBIED Gewone aandele 3. MINIMUM PRYS WAT VERLANG WORD R, per aandeel 4. Aandele moet in totaal / in breukdele verkoop word (skrap wat nie van toepassing is). 5. BANKBESONDERHEDE Volle naam van rekeninghouer Bank Takkode Rekeningnommer Ek aanvaar dat hierdie n nie-terugtrekbare cum dividend aanbod is en dat die aandele sonder verdere kennisgewing teen die prys soos aangedui verkoop sal word indien daar tenders vir die aankoop van aandeel ontvang word. Die uwe, 092013

HIERDIE DEEL MOET INGEVUL WORD DEUR DIE OORDRAG - NEMER(S) (d.w.s die persoon/persone op wie se naam/name die sekuriteite geregistreer moet word) OF AGENT, BEHALWE WAAR MAKELAARSOORDRAGVORMS GEBRUIK WORD Sertifikate (as daar is) deur uitreiker van sekuriteit HIERDIE DEEL MOET INGEVUL WORD DEUR DIE OORDRAG- GEWER(S) (d.w.s die persoon/persone op wie se naam/name die sekuriteite tans geregistreer is). REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Vir valutabeheerdoeleindes Vorm CM 42 MAATSKAPPYWET, 1973 SEKURITEITE-OORDRAGVORM (Artikel 134) DOK. NO: VOLLE NAAM VAN UITREIKER VAN SEKURITEITE SOOS OP SERTIFIKAAT AANGEGEE A KLK LANDBOU BEPERK SYFERS WOORDE Hoeveelheid en volledige beskrywing van sekuriteite om oorgedra te word BESKRYWING SERTIFIKAAT NO: REGISTER NO: OORDRAG (voeg hier in blokletters die volle naam/name in van VAN: die huidige geregistreerde houer(s)) LIDNO: OORDRAGGEWER(S): Ek/Ons, die ondergetekende (s), dra hier bogenoemde sekuriteite oor van voornoemde naam/name aan ondergenoemde persoon/persone of aan die onderskeie persone genoem in Deel B van die Makelaarsoordragvorm (CM 41) wat op bogenoemde sekuriteite betrekking het. TEKEN HIER. PLEAS Datum van ondertekening..... (Seël van verkopende makelaar) E SIGN B OORDRAG ( voeg in blokletters die volle naam/name en die pos- HERE AAN: adres(se) in van die persoon/persone op wie se naam/name LIDNO: die sekuriteite oorgedra moet word ). OORDRAGNEMER(S): BETALING - Meld die bedrag (in syfers) wat vir die sekuriteite betaal is. Indien daar nie vir die sekuriteite betaal is nie, moet die R SEëLKOSTE: R markwaarde van die sekuriteite op die datum van die transaksie vermeld word. Ek/Ons versoek dat die inskrywings wat nodig is om hierdie oordrag te laat geskied in die register gemaak word....... S.A. INKOMSTESEëLS (TENSY MAKELAARSOORDRAGVORMS GEBRUIK WORD) of endossement waarby daar ingevolge die Wet op Seëlregte, 1968, op vrystelling aanspraak gemaak word. Naam en adres of seël van persoon wat hierdie vorm indien of seël van kopende makelaar (as daar is) VIR GEBRUIK IN REGISTRASIEKANTOOR

KLAGTE/DISPUUT OPLOSSING 1. INLEIDING KLK Landbou is deur die Raad op Finansiële Dienste (FSB) versoek om n interne klagte en dispuut oplossings beleid en prosedure daar te stel wat ten alle tye toeganklik is vir gebruikers van KLK se aandele verhandelingskamer. n Kopie van die klagte prosedure is beskikbaar op ons webtuiste (www.klk.co.za). 2. KLAGTE/DISPUUT n Klagte of dispuut verwys na n moontlike benadelende optrede van diegene betrokke met die verhandeling van KLK aandele; deur die nie- nakoming van die wet of KLK verhandelingsreëls, n verhandeling of administratiewe fout gedurende die afhandeling en verantwoording van n transaksie, Hantering van n aandeletransaksie waar die aandeelhouer vermoedelik benadeel is. 3. BELEID EN PROSEDURE Hierdie beleid sal van toepassing wees wanneer n klagte of dispuut ontstaan met die verhandeling van KLK aandele. KLK het homself verbind om alle gebruikers van die verhandelingsplatform billik en regverdig te behandel. 3.1 In die geval van die rapportering van n klagte of dispuut moet; die persoon of maatskappy wat die klagte indien sy naam, adres en kontakbesonderhede beskikbaar stel, die aard van die klagte of dispuut duidelik omskryf, die datum verstrek van die insident wat tot die klagte aanleiding gegee het. 3.2 Die klagte of dispuut moet ingedien word; per epos na grandville@klk.co.za, of svh@klk.co.za gepos word na die Maatskappy Sekretaris KLK Landbou Posbus 86 Upington 8800, of gefaks word na 0865407800 of 0865500224 3.3 KLK sal die klagte in sy rekords aanteken wat vir die doel geoogmerk is en; skriftelik ontvangs erken van die klagte of dispuut ingedien, die onafhanklike verhandelingskamer by Du Toit Van Den Heever in kennis stel, stappe doen om ondersoek in te stel na die klagte of dispuut, die klagte of dispuut ondersoek, die klagte of dispuut op n regverdige en billike manier hanteer, sonder versuim die uitslag van die ondersoek kommunikeer, die maatreëls in plek stel om soortgelyke insidente te voorkom, en KLK Oudit- en Risikokomitee in kennis stel.

4. Indien na 2 weke geen uitslag of vordering met die saak na die persoon of maatskappy wat die klagte/dispuut ingedien gekommunikeer word nie moet die saak verwys word na die KLK Oudit- en Risikokomitee. Indien die klagte/dispuut nie bevredigend opgelos word nie moet die saak na KLK se Direksie verwys word vir n finale besluit. 5. KLK is verplig om klagtes of probleme wat verband hou met die verhandeling van KLK aandele aan die Registrateur te rapporteer.