PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mandala Madness Deel 2

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Gefokus, standvastig en oopkop

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

NUUSBRIEF JUNIE 2008

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Finansieel Gesproke 1

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SIZA takes the sting out of auditing

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOëRSKOOL PORTERVILLE

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

Tariewe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Mosselbaai Munisipaliteit

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

LEWENDE ANNUÏTEITE N UITGEREKTE DEBAT

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Hoe om krag te spaar

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Transcription:

2018: Week 5 PRETORIA-OOS Weeklikse nuusbrief Beleggingsaanbieding 8 Maart 2018 Die VSA se ekonomiese groei is tans baie sterk. Dit kan in hulle baie hoë ISM (Institute for Supply Management) syfer, asook hulle baie lae werkloosheidsyfer, gesien word. Dawie Klopper CFP Daarbenewens, is inflasie steeds onder beheer. Maatskappywinste groei sterk en het 'n verdere hupstoot gekry nadat president Trump se belastingverligtingsmaatreëls deurgevoer is. Dit is wel interessant om ook te sien dat die VSAdollar die afgelope jaar swak gevaar het en dat dit met omtrent 18% teen die Euro verswak het. Dit ondersteun VSA-maatskappye wat in die res van die wêreld sake doen. Dus, die makro-ekonomiese prentjie vir aandele in die VSA lyk baie goed. Dit is egter ook so dat die breë S&P 500 nou al vir die afgelope nege jaar in 'n bulmark is. Dit, opsigself, is geen rede waarom aandele nie kan aanhou styg nie. Dalk moet mens eerder vra of die markwaardasie in die VSA hoog is, veral in die lig van hierdie lang tydperk waarin aandele styg. Tans verhandel die S&P 500 teen 'n historiese PV (prystot-verdienste) verhouding van 26, wat hoog is, maar dié syfer moet ook in die konteks van die verwagting van 'n sterk styging in winste in die volgende jaar gesien word. Die potensiële gevaar kan egter kom vanuit 'n skielike styging in inflasie, wat die gevolg kan wees van die ekonomie wat so sterk groei. Beleidmakers mag dalk, teen alle verwagtinge in, net besluit dat rentekoerse vinniger verhoog moet word om sodoende die ekonomie af te koel. Dit kan negatief vir die aandelebeurs wees. President Trump se proteksionistiese handelsbeleid kan ook ontwrigtend op markte inwerk. 'n Positiewe uitvloeisel van die sterk wêreldekonomie is dat kommoditeitspryse gestyg het en dit, tesame met meer optimisme oor ons politiek, was ondersteunend vir die rand. Die gronddebat het mense wel erg ontstel, maar president Ramaphosa is op rekord dat die saak ordelik en met minimum ontwrigting opgelos sal word. Neem egter ook kennis dat die VSA-dollar die afgelope jaar swak vertoon het en wel kan versterk, iets wat weer die rand en kommoditeitspryse onder druk kan plaas Hierdie positiewe sentiment in die land het tot 'n invloei van kapitaal in ons beurs gelei, wat veral SA spesifieke aandele, soos ons banke en kleinhandelaars, ondersteun het. In hierdie omstandighede, is 'n deurdagte en gediversifiseerde beleggingstrategie, met 'n ietwat meer konserwatiewe bate-allokasie, van kardinale belang. Ons sal ook aanpassings in ons portefeulje konstruksie doen. 1

Portefeuljekonstruksie & risiko s Ons het almal aan die einde van verlede jaar uitgesien na 'n welverdiende ruskans na 'n jaar wat reeds baie uitdagings gebied het. Ongelukkig was 'n rustige en Johan Borcherds CFP kalm Desember nie vir ons beskore nie nadat die Steinhoff-debakel op 6 Desember, met die bedanking van die uitvoerende hoof, Markus Jooste, op die lappe gekom het. Dit was, om die minste te sê, vir ons 'n reuse skok en nie iets wat ons verwag het nie. Maar waar het dit dan so vinnig verkeerd gegaan? Ongeveer 88% van alle effektetrustfondse, wat aan die FSB terugvoer gegee het, het een of ander vorm van Steinhoff-blootstelling ten tye van die ineenstorting gehad. As ons na van die bekende analiste gaan kyk, wat kort voor Steinhoff se ondergang die maatskappy as 'n goeie koop geleentheid aanbeveel het, is die lys lank. Van hulle sluit in Socgen (12 Junie 2017), JP Morgan (8 Junie 2017 & 24 November 2017), SBG Securities (18 Julie 2017), Anchor Capital (25 Julie 2017) en Deutsche Bank (27 November 2017), wat nog ongeveer 'n week voor die ineenstorting, 'n waarde van R70 op die aandeel geplaas het. Ons het die aandeel in die portefeuljes gehou weens die baie aantreklike waardasievlakke en was ook beïndruk met die sterk direksie wat name soos Dr Christo Wiese, Dr Steve Booysen en Dr Johan van Zyl ingesluit het. Dit blyk egter nou dat die finansiële state van die vorige jare, waarop ons en alle ander analiste hulle waardasies gebaseer het, foutief was en nie op vertrou kon word nie weens die onreëlmatighede wat plaasgevind het. Wat die omvang van die onreëlmatighede behels, weet niemand op die stadium nie en sal ons maar vir die PWC-verslag moet wag, ten einde duidelikheid te kry. Ons het in Desember besluit om die aandeel te verkoop, aangesien ons van mening was dat daar toe 'n wesenlike risiko bestaan het dat die maatskappy nie sy finansiële verpligtinge sou kon nakom met die kansellering van talle van sy finansierings fasiliteite nie. Ons wil beklemtoon dat ons altyd in die beste belange van ons kliënte sal optree. Nog 'n maatskappy wat baie negatiewe publisiteit die afgelope tyd gekry het, was Capitec. Daar was egter 'n wesenlike verskil in die hantering van die bewerings deur Capitec, as van die ander maatskappye. Capitec het feitlik onmiddellik elke keer vinnig gereageer met feitelike antwoorde oor hoekom die beweringe teen die maatskappy nie korrek was nie. Capitec het ook verlede week bevestig dat hulle winste, vir die 2018 jaar, tussen 16% en 19% beter sal wees as die vorige jaar. Die finansiële state word op 27 Maart 2018 verwag. Ons het geen direkte belang in Capitec in ons portefeuljes gehou nie, maar slegs 'n indirekte belang deur ons aandeelhouding in die PSG-groep, waarvan Capitec ongeveer 51% van die waarde bydrae. Die Steinhoff gebeure het mens weer laat nadink oor portefeuljekonstruksie en veral die risiko wat 'n oorgewig blootstelling aan 'n sekere aandeel tot gevolg kan hê. Hiervan was Naspers seker die afgelope jaar 'n goeie voorbeeld gewees. Naspers se blootstelling in die ALSI-indeks beloop tans ongeveer 22%, met 'n markkapitalisasie van nagenoeg R1 454.8 miljard. Sal jy, as belegger, egter gemaklik voel met so 'n groot blootstelling aan een maatskappy in jou portefeulje? Beleggers se opinie sal waarskynlik verander afhangende of die prys van so aandeel styg of daal. Feitlik alle PRETORIA-OOS Lynnwood Bridge Kantoorpark, Kaaimans gebou, 4de vloer, Lynnwood Manor Postnet Suite 96, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040 Tel: 0861 774 000 2

fondsbestuurders was egter ondergewig Naspers tot die ALSI-indeks, aangesien dit bloot as 'n te groot risiko gesien was om 'n blootstelling gelykstaande aan die ALSI-indeks dit wil sê, nagenoeg 22% in Naspers te hou. Naspers se prys het egter gedurende 2017 met ongeveer 70% gestyg, wat beteken het dat alle fondsbestuurders, wat minder as 22% Naspersblootstelling gehad het, waarskynlik die ALSIindeks onderpresteer het. Ons glo egter dat dit 'n baie uitsonderlike situasie was, waar die grootste maatskappy in die ALSI-indeks, buitensporige groei getoon het. Wat sou egter gebeur het, indien die prys gedaal het? Sou jy, as belegger, dan steeds gemaklik gevoel het met sodanige groot blootstelling aan 'n enkele maatskappy in jou portefeulje? Aandele is reeds 'n hoërrisikobelegging. Onthou ook die volgende wyse woorde van Warren Buffet: Unless you can watch your stock holding decline by 50%, without becoming panic stricken, you should not be in the stock market. Dit is dus nie raadsaam om buitensporige risiko s te loop nie hou gevolglik by 'n sinvolle en aanvaarbare portefeuljekonstruksie. Die grootste ontdekking van my geslag is dat mense hul lewe kan verander deur hul denke te verander. (William James 1442 1519) Corrie de Bruyn CA(SA) n Argument vir belegging in Rand Merchant Investment Holdings Limited (RMI) RMI het sy ontstaan uit die RMB-groep, wat in 1977 deur GT Ferreira, Laurie Dippenaar en Paul Harris, gestig is. RMI is 'n spesialis finansiële dienste beleggingshouermaatskappy en is in 2011 uit die RMB-groep ontbondel en apart op die JSE noteer. RMI het tans 'n markkapitalisasie van R67 miljard. RMI se hoofbeleggings bestaan uit die volgende: - 87.7% belang in OUTsurance - 25% belang in die JSE-genoteerde Discovery - 25.5% belang in die JSE-genoteerde MMI Holdings - 29.9% belang in die London-genoteerde Hastings Ons is positief oor RMI om die volgende redes: - Discovery se halfjaarwins uit bedrywighede styg met 19%, hooflynverdienste styg met 30% - Discovery Bank sal gedurende 2018 aan die Suid-Afrikaanse mark uitgerol word - Hastings se inkomste, vir die halfjaar, groei met 21% - MMI het 'n nuwe uitvoerende hoof en beter toekomstige resultate word nou verwag - RMI se verdienste in die halfjaar tot 31 Desember 2017, styg met 26% - Ons is positief oor die goeie groeivooruitsigte vanuit gediversifiseerde finansiële dienste besighede Die belangrikste veranderinge in belastingwetgewing kan as volg opgesom word: - BTW verhoog van 14% na 15% op 1 April 2018 - Die grenskoers van persoonlike inkomstebelasting bly onveranderd op 45% PRETORIA-OOS Lynnwood Bridge Kantoorpark, Kaaimansgebou, 4de vloer, Lynnwood Manor Postnet Suite 96, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040 Tel: 0861 774 000 3

- Belasting op Trusts (uitgesluit Spesiale Trusts) bly onveranderd op 45% - Korporatiewe belastingkoers bly onveranderd op 28% - Kapitaalwinsbelasting bly onveranderd o Individue maksimum 18% o Maatskappye maksimum 22.4% o Trusts maksimum 36% - Dividendbelasting bly onveranderd op 20% - Skenkings en boedelbelasting verhoog van 20% na 25% op waardes bo R30 miljoen Alphabet Die storie van Google, YouTube en Waymo Larry Page en Sergey Brin het Google in 1998 gestig, as n algemene internetsoekenjin, met algoritmes wat soekfunksies Chris Wehmeyer CFP verrig. Die groot sukses van Google se wiskundige algoritmes, agter die skerms, is dat Google presies weet wat die gebruiker se behoeftes is, na aanleiding van sy of haar soekgeskiedenis, en is gevolglik in staat om gefokusde advertensies terug na die gebruiker te stuur. Google is in 2004 op die Nasdaq genoteer teen $85 per aandeel en met 'n markkapitalisasie van $23 miljard. Sedertdien, het die maatskappy ongekende sukses gehad. Die groot kontantvloei uit Google se advertensies is in heelwat projekte aangewend, waarvan sommige klein mislukkings was en ander weer reuse suksesse. Intussen, het Google sy naam na Alphabet verander, met van die organisasie se filiale wat die Google-handelsmerk behou het. Tans is daar sewe filiale, met meer as 1 miljard gebruikers. Hulle is Google Search, YouTube, Google Maps, Google Play, Android, Google Chrome en Gmail. YouTube YouTube is 'n video-uitruilwebblad, wat in 2005 deur drie voormalige PayPal-werknemers gestig is. Einde 2006, word YouTube vir $1.65 miljard aan Google verkoop. YouTube het heelwat entrepreneurs (bekend as YouTubers), wat videos vervaardig en dan op YouTube plaas. Sodra 'n kyker die advertensie voor die video kyk, deel YouTube die advertensieinkomste met die YouTuber. Die YouTuber ontvang soveel as 55% van die advertensie-inkomste. Daar is dus 'n aansporing vir die YouTuber om goeie videos te vervaardig, wat inkomste sal genereer. Van die suksesvolle YouTubers verdien tot $15 miljoen per jaar. YouTube is tans die webblad wat die derde meeste besoek word, na Google en Facebook, met 1.5 miljard intekenaars. Elke dag word daar na meer as 1 miljard uur se YouTube-videos gekyk. Daar word ook meer as 400 uur se videos, elke minuut, op YouTube gelaai. Waymo Die toekoms van motorvoertuie gaan radikaal verander. Waymo is 'n maatskappy wat outonome voertuie ontwerp, wat, op instruksie, passasiers van punt A na punt B sal neem. Die voertuie word ontwerp met sensors en sagteware, wat geprogrammeer is om die teenwoordigheid van voetgangers, fietsryers, padwerke, asook ander voertuie, wat selfs verder as die lengte van 2 rugbyvelde is, op te tel. Waymo-voertuie het al amper 4 miljoen toetsmyle in 25 stede in die VSA gery en hierdie jaar sal PRETORIA-OOS Lynnwood Bridge Kantoorpark, Kaaimans gebou, 4de vloer, Lynnwood Manor Postnet Suite 96, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040 Tel: 0861 774 000 4

Waymo vir kommersiële verbruik in sekere state van die VSA beskikbaar wees. Die potensiaal vir outonome voertuigtegnologie is werklik eindeloos en kan gebruik word om logistieke probleme op te los, om aflewerings te vergemaklik of selfs om jou kinders skool toe te vat. Vooruitsigte Ons verwag dat Alphabet goeie verdienstegroei oor die langtermyn gaan gee, alhoewel die aandeelprys tans duur lyk. Die verdienste vooruitsigte lyk tans as volg: Konsensus vooruitsigte Datum Alphabet Verdienste per aandeel 31/12/2018 4947 (15.0% 31/12/2019 6002 (21.3% 31/12/2020 6877 (14.6% Vorentoe prys/verdienste 22.1 18.3 15.9 Daar is tans 34 analiste wat 'n koopaanbeveling het, 7 wat 'n hou-aanbeveling het en daar is geen verkoopaanbevelings nie. Die gemiddelde teikenprys is $1277, wat 'n 11% styging vir die jaar verteenwoordig. PRETORIA-OOS Lynnwood Bridge Kantoorpark, Kaaimansgebou, 4de vloer, Lynnwood Manor Postnet Suite 96, Privaatsak X025, Lynnwoodrif, 0040 Tel: 0861 774 000 5