Laerskool KENRIDGE Primary School

Similar documents
Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Mandala Madness Deel 2

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Direkte en indirekte rede *

Die Hoërskool DF Malan

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

Hoe om krag te spaar

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Tariewe

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Sterdansers by Vensters.

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Die jaar se kaskar was

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

SIZA takes the sting out of auditing

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Spelling our way to a lot of prizes

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

die ArtKat Jaar program

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling

Dialoog en paragrawe *

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

Die senior koor van die Primêre

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!


DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Tariewe

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

G. J. du Preez

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

e-pukaner Alumni Nuus Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman

Vinkie. Laerskool Fairland

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

ISSN: Geagte Akademielede. Voorwoord. Inhoudsopgawe

Transcription:

Laerskool KENRIDGE Primary School Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 Tel: 021 976 3046/7 Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za Every child Every chance Every day Elke kind Elke kans Elke dag Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla 22 Junie 2018 Geagte Ouers Carol Dweck het die volgende stelling gemaak: The passion for stretching yourself and sticking to it, even (or especially) when it s not going well, is the hallmark of the Growth Mindset. Tydens Groeiweek het ons geleer om die Flop te Flip deur te leer uit ons foute en nie ander daarvoor te blameer nie. Ons leerders is aangemoedig om aan te hou probeer en om hulself gedurig uit te daag, om sodoende persoonlike groei te verseker. Dit is wonderlik om soveel leerders te sien wat die avontuur om te groei met soveel entoesiasme aanpak en wat leer om die vaardighede in hulle daaglikse lewens toe te pas. DIE VERSKEIE DEPARTEMENTE WAS WEEREENS HIERDIE KWARTAAL BEDRYWIG EN DIE GRAADHOOFDE GEE GRAAG DIE VOLGENDE TERUGVOER: GRAAD EEN: Ons Graad Eens het n baie opwindende tweede kwartaal beleef. Ons leerders het meer selfvertroue, bloot omdat die skoolomgewing nou bekend is en aanpassingsprobleme uit die weg geruim is. Ons kan nou almal lees, somme doen en gemaklik gesels oor onderwerpe. Ons rekenaarvaardighede is opgeskerp en ons copy en paste nou met selfvertroue. Ons was op n wonderlike uitstappie na Rosen Castle en het elke oomblik daarvan geniet. Hier het ons geleer om sake in die bank te doen, n hyser met gemak te gebruik en hoe om die Weerberig op TV aan te bied. Ons het ook onsself Master Chef gehou en ons eie koekies gemaak. Die veearts se besoek was ook baie interessant. Die hoogtepunt was om met ons eie trollies deur Checkers te loop en ons eie kruideniersware te koop. Ons almal het die geleentheid gekry om die kasregister te beman en om die kruideniersware in sakke te pak. Wat n heerlike dag! Ons het gedurende Groei-week ons eie boontjies geplant, waar groei suksesvol plaasgevind het en ons van die ontkiemingsproses geleer het.

Ons het die boontjies in sakkies geplant en in die gang gehang waar hulle genoeg lig, water en liefde ontvang het. Ons sien uit na die aktiwiteite en uitdagings van die derde kwartaal. GRAAD TWEE: Die Graad Twees het hierdie kwartaal terug in tyd gereis na Antieke Egipte. Ons het onder andere geleer van ons kontinent Afrika, kamele, farao s, piramiedes en mummifisering. Ons reis deur Egipte is afgesluit met Egiptedag gedurende die laaste week van die kwartaal. Hierdie opwindende dag was weereens n groot sukses, te danke aan ons ongelooflike Graad Twee ouers. Ons het kougombreine in Graad Twee. Dit beteken ons het n groei denkwyse. Ons het deurlopend deur die kwartaal geleer. n Hoogtepunt was die Mr Grass Heads wat ons tydens die Groeiweek gemaak het, wat ons persoonlike groei gesimboliseer het. GRAAD DRIE: Hierdie kwartaal het die Graad Dries die wonderlike wêreld van insekte ontdek en bestudeer. Ons het kennis gemaak met die vreemdste en grillerigste gogga s op aarde! Ons was ook bevoorreg om Butterfly World te besoek altyd n hoogtepunt op ons kalender. Tydens Groei-week het ons hope pret gehad. Ons het saadjies geplant, blare op ons groei-boom gaan plak, Flip-flop dag gehad en uiteindelik GROEI met ons civviesdrag uitgebeeld. Ons het ook heelwat klasbesprekings rondom Groei gehad en gepaste take voltooi.

GRAAD VIER: Die Graad Vier leerders het n opwindende en leersame kwartaal agter die rug. Ons het gaan kamp by die Bergkroon kampterrein in Wellington en die leerders het hulle eerste eksamen geskryf. Die Graad Viers het ook n baie interessante Groeiweek gehad, waarin hulle geleer het om die woorde, NOG NIE, n regmatige plek in hulle lewens te gee. Ons het die kwartaal afgesluit met die opwindende Afrikaanse Dag wat deur mev. Bornman vir ons gereël is. GRAAD VYF: Gedurende die afgelope kwartaal het die leerders hard gewerk ter voorbereiding van die Graad 5-eksamen. Tussendeur het ons die Dorpsmuseum besoek, met tandestokkies en Jellytots 3Dvorms verder verken, toebroodjies in die EAT-klasse gemaak en gedurende boelie bewustheidsweek is daar klem gelê op die verskillende maniere om afknouery te hanteer. Gedurende Groeiweek is baie leersame pretaktiwiteite en denkveranderende lesse aangebied. Die kwartaal is afgesluit met Wiskundedag waar ons bewys het dat uitdagende wiskundige aktiwiteite baie pret kan wees!

GRAAD SES: Die tweede kwartaal was beslis uitdagend as gevolg van al die openbare vakansiedae asook die eksamen aan die einde van die kwartaal. Die Graad 6-leerders het egter n hele paar geleenthede gehad wat hulle kon aangryp. 26 van ons leerders het gekwalifiseer vir die finale rondte van die AMESA Wiskunde-kompetisie wat in die derde kwartaal sal plaasvind. Ons is ook baie trots op Ayize Nondo wat gesamentlik die tweede plek behaal het in die MNED Spelkompetisie. Lynette Kock (A plus) en Mia Gräbe (A) het deelgeneem aan die Oppie Tong Af kompetisie en het baie goed gevaar. Baie geluk aan hierdie leerders. Groeiweek was n hoogtepunt met al die verskillende aktiwiteite wat die leerders ongelooflik baie geniet het. Ons wens al ons Graad Sesse n welverdiende vakansie toe. GRAAD 7 Die Graad Sewes het n besige kwartaal gehad, nie net wat sport betref nie, maar ook op die gebied van kultuur en die akademie. Ons was baie opgewonde toe ons Graad 7-baadjies op 19 Maart aangekom het, net betyds vir die koue, nat weer. Die leerders wat deelneem aan die musiekblyspel, oefen getrou op Maandae en hulle geniet dit terdeë! Ons prefekte het n suksesvolle Spur-fondsinsameling vir die Matriektee gehou. Dertien Graad Sewes het aan die Wetenskap-Ekspo deelgeneem en hulle het waardevolle ondervinding opgedoen, wat hulle later vanjaar sal gebruik. Die Graad Sewe eksamen is in die saal geskryf, waarna ons met n opwindende Karibiesedag en n wonderlike disko, met n Hollywood-tema, die tweede kwartaal afgesluit het. Ons het dus ons leuse, Whatever it takes! behoorlik uitgeleef.

WINTER SPORTSEISOEN Die winter sportseisoen het met sportklinieke afgeskop wat baie goed bygewoon is. Dit was n reuse sukses. Ons het aan ongeveer 18 toernooie in al die sportkodes en ouderdomsgroepe deelgeneem en baie ligawedstryde is gespeel. Ons sportkantoor het hard gewerk om ekstra wedstryde te reël sodat al die spanne n kans gehad het om te speel. Ons landloopatlete het aan vyf ligawedlope deelgeneem. Die skaakspelers het vier vriendskaplike toernooie en vyf ligawedstryde gehad. Ons wens graag die volgende leerders met hul sportprestasies geluk: Catharien Eager en Lucy de Bruyn het gekwalifiseer vir die Durbell Zone Hokkiespan. Van Heerden Pretorius is gekies vir die WP O/13B-skolerugbyspan. Carlie Olckers is gekies vir die Weskaap O/12-netbalspan. Iselle Acker (O/11), Dezanne Fredericks (O/12), Kanya Pieterse en Hannah Gildenhuys (O/13) speel in die Kaapstad Laerskoolspanne. Die Eerste Netbalspan het gekwalifiseer vir die Top Skoletoernooi wat gedurende Julie in Bloemfontein plaasvind. Ons wens hulle geluk met hierdie wonderlike prestasie. KULTUURAKTIWITEITE Op kultuurgebied was ons leerders baie aktief. By die Tygerberg Eisteddfod het beide ons Junior en Senior Kore lof gekry. Baie geluk aan hulle! Dié musiek- en kunsleerders het by die Stellenbosch Eisteddfod uitgeblink: Die strykkwartet (Liela Filippi, Heidi Basson, Christie Janson en Liné van Rensburg) het n trofee ontvang en het ook by die Pryswennerskonsert opgetree. Die kunswerke van vier en twintig leerders is uitgestal en vyf leerders was kategoriewenners. Hulle is: Amy Greef (Gr. 1), Roxie van Heerden (Gr. 2), Nina Senekal (Gr. 3), Elizmari du Plessis

(Gr. 3) en Ava Retief (Gr. 5). Elizmari het n trofee vir die Beste Junior Kunswerk ontvang (foto bo). Soleil Greyling, Youkim Kim en Laura-Lee Foye het die oudisies, om deel te neem aan die SAMRO Hubert van der Spuy Musiekkompetisie vir Laerskole, geslaag. Ons wens hulle voorspoed toe met hulle voorbereidings vir die kompetisie. By ons kwartaallikse Kamer- en Klawerbordkonserte het ongeveer 60 leerders hul talente ten toon gestel en ons vermaak met musiekstukke wat hulle die afgelope kwartaal aangeleer het. (Van ons deelnemers verskyn hier saam met die gaskunstenaar, Qden Blaau.) Ons jaarlikse liefdadigheidspretdraf ten bate van Ciska is baie goed ondersteun. Ons is so dankbaar vir n gemeenskap wat omgee en ondersteun. Ons sien daarna uit om met die opbrengs van die pretdraf vir Ciska verder te ondersteun. In die eerste semester van 2018 het ons gesien hoe ons leerders gegroei het. Dankie aan elke ouer en opvoeder wat deel was van hierdie groeiproses. Julle ondersteuning, omgee en opregte belangstelling in elke kind het dit moontlik gemaak. Ons wens u en u kind(ers) n genotvolle vakansie toe en mag dit met baie mooi oomblikke gevul wees. Die uwe S. Smith (Mev.) SKOOLHOOF