Beste Produsent, Tendense in die kleinhandel

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

SIZA takes the sting out of auditing

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Tariewe

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Hoe om krag te spaar

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

G. J. du Preez

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Kerssangdiens. SA Gemeente

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

WELHEIDSBEDIENING DEUR AGS-PASTORE IN N STEDELIKE KONTEKS: N VERKENNENDE KWALITATIEWE ONDERSOEK

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Edgehog

BY DIE WERK. Die kuns van geluk. Hoekom is almal so behep met Pokémon Go? Kopspeletjies hoekom ons nie kan spaar nie. Nóg wetgewing regtig?

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Transcription:

Beste Produsent, Dit was ʼn uitsonderlik moeilike oes wat agter die rug is, veral vir dié produsente wat in droëland-areas boer. Die droogte het in baie streke die oes verklein, maar volgens alle verslae is die gehalte van sowel die wit as die rooi druiwe in die breë van ʼn hoë gehalte. In hierdie uitgawe bekyk ons van nader die veranderende verkoopspatrone in die kleinhandel en waar daar gevolglik nuwe geleenthede ontstaan. Ons kyk na die houding van jongmense in die ouderdomsgroep 18 tot 34 jaar die sogenaamde Millennials en hul kooppatrone. As die jongste geslag van werklike en moontlike wyndrinkers is hulle vir ons uiteraard ʼn belangrike fokusarea. Tendense in die kleinhandel Baie van julle sal weet dat van die VK se grootste voedselkleinhandelaars besig is om hul wynreekse af te skaal en die uitwerking wat dit op sekere produsente het. Dit is egter nie ʼn verskynsel wat tot die VK beperk is nie. ʼn Omvattende ondersoek getitel Future Retail Trends en onderneem deur die wynmarkspesialiste Wine Intelligence met die oog op verlede maand se ProWein-uitstalling, het aan die lig gebring dat in sekere lande in Europa, in die VSA, Australië en Japan, supermarkkettings onder toenemende druk verkeer weens veranderinge in marktendense. Hierdie groot kleinhandelaars het te kampe met verbruikers wat meer kundig omtrent wyn raak en daarom ʼn interessanter wynverskeidenheid verlang waaruit hulle kan kies. Hulle moet ook meeding met die goedkoper afslagwinkels wat besig is om hul aandeel in die mark te rysmier deur verbruikers ander en daarby baie aantreklike wyne teen uiters toeganklike pryse te bied. Die groot kleinhandelgroepe ondersoek nou deurlopend bykomende maniere om tot klante te spreek. Van hulle maak groter gebruik van TV-skerms en ander visuele hulpmiddels binne hul winkels om meer gefokusde en onderhoudende inligting aan verbruikers oor te dra. Ander sluit verbintenisse met tuisafleweraars van wyn om hul

dienste uit te brei terwyl sommige ook daarop fokus om data wat hulle omtrent klante het, so doeltreffend moontlik te benut. ʼn Onlangse artikel in Women's Wear Daily oor onlangse navorsing wat bevind het dat sou kleinhandelaars klantedata gebruik om meer gepersonaliseerde dienste aan verbruikers te lewer, dit by baie van hul klante, en dan Millennials en Boomers in die besonder, groter lojaliteit kweek. In die artikel word Brent Franson, uitvoerende hoof van Euclid Analytics, aangehaal wat die volgende sê: Millennials and other mobile-connected consumers want from physical retail what they get online: a highly personalised and convenient shopping experience. Die doeltreffende benutting van klantedata is nie iets wat oornag geïmplementeer kan word nie. Die ingebruikstelling van die nodige programme is nie net tydrowend nie maar daarby ook duur. Gevolglik begin sekere kleinhandelaars om hul wynverskeidenheid binne hul winkels in ooreenstemming te bring met die inkopiepatrone en -voorkeure wat in hul omgewing geld. Baie onlangs nog het The Drinks Business Simon Cairns, wat aan die hoof staan van die VK-groep The Co-op se aankope van wyn, bier en spiritualieë staan, aangehaal waar hy sê kleinhandelaars se aankoopmodelle moet verander. Hy het by hulle aangedring om van groot portefeulje-transaksies weg te beweeg en meer klantgerig te word deur hul aanbod aan te pas by die demografie van hul onderskeie takgraderings. Verbruikers wêreldwyd word oorweldig deur ʼn ooraanbod van keuses. Wat produsente miskien moet probeer doen, is om vir hulself ʼn plek te vind in die kategorie van kleiner maar beter met meer onderskeidende aanbiedinge sodat hulle hierdie neiging tot hul voordeel kan aanwend en so ʼn probleem in ʼn geleentheid omskep. Ons het al by ʼn vorige geleentheid gesels oor die moontlikhede wat gebied word deur buurt-geriefswinkels wat ʼn al belangriker rol in die lewens van verbruikers begin speel. Maar laat ons ook nie vergeet van die onafhanklike eienaars wat wonderlik vernuftig geraak het in die verryking van verbruikers se wynervarings nie. The Wine Merchant, ʼn handelspublikasie in die VK, het enkele weke gelede daarop gewys dat hoewel die land se onafhanklike wynkleinhandelaars van 2014 tot 2015 ʼn afname van 5% in omset ervaar het, vertrouensvlakke steeds hoog is en dat marges grootliks ongedeerd is. Wat van belang is, is dat hierdie kleinhandelaars besig is om hul dienste na aanlyn-inkopies uit te brei, baie op ʼn basis van klik-en-optel in welke geval hulle nie die vervoerkoste hoef te absorbeer nie. Hierdie handelaars, soos hul eweknieë in ander lande, betrek klante wanneer hulle wel die winkel besoek, nie net met gespesialiseerde en toeganklike diens nie, maar ook deur meer wynproeë aan te bied, eet- en drinkgeleenthede in die winkel, wyn- en kookboeke wat te koop is, en selfs die geleentheid om bottels te kom volmaak om verbruikers te oorreed om langer te vertoef. In sommige is daar selfs lewende musiek. Winkelbesoek word gevolglik iets waarna mense begin vooruitsien, ook om die verkoopspersoneel te sien en bekendes raak te loop. Hierdie niswinkels neig om meer welvarende verbruikers te lok wat graag wil eksperimenteer en hul wynervaring uitbrei. Terselfdertyd is daar stories van restaurante wat gaste die geleentheid bied om ook wyne te kan koop vir huis toe neem. Dan is daar die spesialiteitskoswinkels wat hul

klante die geleentheid bied om ʼn glas wyn saam met ʼn eksotiese nuwe kaas, brood of salami op die proef te stel. Die reputasie van Suid-Afrika se wyne styg steeds. Ons het die wyne om ons op sulke spesialisterreine te kan toespits. Dit vereis onvermydel harde werk, maar ons glo die marges regverdig dit. Daarmee hang saam ʼn groeiende groep verheugde Suid- Afrikaanse wynlojaliste. Om agter die kap van die byl in die jeugmark te kom Daar is in die jongste tyd veel bespiegel oor presies hoe betekenisvol die jonger geslag tans vir die wynbedryf is. In die VSA was daar ʼn meningsverskil tussen die land se Wine Marketing Council en die Silicon Valley Bank oor statistiek, en hoewel dit blyk dat die werklike grootte van die land se Millennial wyndrinkmark nog nie so groot is as dié van die na-oorlogse geslag bekend as die Boomers nie, weet ons wel dat diegene van 18 en 34 jaar ʼn beduidende en groeiende bydrae tot die bedryf maak. Dié tendens geld ook elders in die wêreld. Hierdie geslag jongmense word aan ʼn veel wyer spektrum van smake blootgestel as diegene wat hulle voorafgegaan het en dit maak hulle meer avontuurlik. Hul drankrepertoire is ook meer omvangryk of, soos bemarkers dit stel, hulle is agnosties wanneer dit by drank kom - hulle geniet wyn eweseer as boetiekbier, sider en spiritualieë asook mengeldrankies. Hulle is minder lojaal teenoor handelsmerke as hul voorgangers. Wanneer dit op wyn aankom, is hul voorliefde vir rooi, veral rooi versnitte, malbec en pinot noir. Hulle toon ʼn sterk voorkeur vir droë rosés, malbec en moscato, en in die VK veral, vir Prosecco en ander vonkelwyne. (Britse jeugdiges drink ook meer wyn as enige ander alkoholiese drank.) In die VSA, waar Suid-Afrikaanse wyne nog betreklik onbekend onder verbruikers is, is die jeugmark besig om kennis van ons wyn te neem en al meer daarvan te begin koop, tesame met dié van Chili, Argentinië, Duitsland en Portugal.

Dit is interessant om daarop te let dat hoewel hulle nie omgee om $20 of meer te betaal vir ʼn wyn wat hulle tuis gaan geniet nie, is hulle heel spaarsamig wanneer dit kom by uit-eet in welke geval hulle met ʼn bier of ʼn mengeldrankie kan begin en dan wyn by die glas bestel om saam met hulle kos te geniet. Daar is verskeie redes hiervoor. Dit is nie alleen goedkoper nie, maar elkeen aan tafel kan dan die wyn bestel wat hulle verkies. Deur wyn by die glas te koop, kan hulle ook eksperimenteer met nuwe wyne, nuwe smaakervarings en nuwe etikette in hul volgehoue soeke na uniekheid as ʼn manier van selfuitlewing. Hulle wil ook ʼn gesonde lewenswyse handhaaf so hulle neig om groter matigheid in hul verbruik aan die dag te lê as ouer verbruikers toe hulle dieselfde ouderdom was. Dan is hulle ook versigtig om nie op sosiale media die aandag deur kompromitterende gedrag op hulself te vestig wat moontlik hul werk in die gedrang kan bring nie. Hulle wil nie hulself in die skande steek deur hand-uit te ruk nie. Beroepswelslae beteken vir hulle veel. Hulle is baie ernstig omtrent hul loopbane, ook in die wete dat hulle studieskuld het wat hulle moet afbetaal voor hulle te veel risiko s kan loop. Lede van hierdie ouderdomsgroep is tegnologies op die voorvoet, gee om vir die planeet en wil hoor omtrent die wyne wat hulle aangebied word op voorwaarde dat die inligting interessant en onderhoudend is. Dit beteken egter nie dat hulle met ʼn kluitjie in die riet gestuur kan word nie. Hulle wil nie uit die hoogte behandel word nie. Hulle verlang deursigtigheid, egtheid en die geleentheid om meer te wete te kom sou iets hul aandag vasvang. As jy op ʼn ongewone agtergrond of oorsprong vir jou handelsmerk aanspraak maak, sal hulle wil weet hoekom. As jy beweer jy gee om vir die omgewing, moet jy dit kan bewys. Hulle stel persoonlike kontak op prys en wil meer weet van die betrokke wynmakers en sal hulle graag wil ontmoet. Kitsbevrediging is vir hulle ʼn gegewe en wat hulle wil hê, wil hulle nóu hê. Dit is ook waarom die getal drankaflewerings- apps die afgelope jaar so toegeneem het. Van hierdie dienste werk saam met kleinhandelaars om bestellings uit te voer; ander koop direk van produsente en skep so ʼn moontlik nuwe kanaal om te ontgin. Die jeugmark is minder geïnteresseerd in beoordelings en besprekings as hul ouer eweknieë en verlaat hulself eerder op mondelingse aanbevelings deur sosiale meningsvormers asook van familie en vriende. Dit impliseer die tyd het aangebreek om tradisionele publisiteitsmetodes uit te brei deur saam te werk met glansfigure en ander meningskeppers. ʼn Webwerf of ʼn Facebook-teenwoordigheid is net ʼn eerste stap. Die jeugmark gaan soek wel inligting aanlyn, maar minder so as die Boomers (die ouderdomsgroep 52 tot 70) en Geslag X (35 tot 51 jaar). Hulle is ook meer geneig om jou handelsmerk te ondersteun as hulle sien dat jy wel op sosiale of omgewingsvlak ʼn bydrae maak. Baie Suid-Afrikaanse handelsmerke is betrokke by volhoubaarheidsprojekte op die sosiale en omgewingsterrein. Baie van hulle beskik ook oor ʼn lang en luisterryke geskiedenis of ʼn kort maar fassinerende bestaan. Ons wynmakers is bekend vir hul individualiteit, deursettingsvermoë en dikwels uitsonderlike passie benewens wynmaak. Die tyd het aangebreek om daardie stories te begin vertel. Maar dit het ook tyd geword om hoe en waar hierdie gesprek gevoer word, te verander. Laat ons meer

vindingryk wees in die wyse waarop met die jeugmark kommunikeer, die geslag van wyndrinkers wat die toekoms sal bepaal. Dit beteken nie dat ons die Swygsames (70 jaar en ouer), die Boomers of die lede van Generasies X en Y ignoreer nie. Hoegenaamd nie, maar dit beteken wel dat ons die net op nuwe en verbeeldingryke maniere wyer gooi. Ander produsente glip deur die gaping deur musiek-, teater- en sportgeleenthede te borg; deur meer informeel, toeganklik en meer visueel in hul kommunikasie te wees, onder meer deur die gebruik van video s; en deur die klem nie net op die ontwerp van hul etikette te plaas nie, maar ook deur die gebruik van kitsreaksiekodes ( QR codes ) wat die verbruiker na meer inligting lei. Dis noodsaaklik dat ons deel van die gesprek moet wees. En terwyl ons oor die VSA praat: SAWIS, in vennootskap met WOSA, het Wine Intelligence onlangs opdrag gegee om oor die Amerikaanse mark navorsing te doen. Hierdie inligting is beskikbaar vir alle uitvoer-produsente via die aanlyn WOSAbiblioteek en op die SAWIS-webwerf. Groete, Siobhan Thompson WOSA CEO