Die jaar se kaskar was

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Direkte en indirekte rede *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Mandala Madness Deel 2

BenguFarm Bestelvorm

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Hoe om krag te spaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Sterdansers by Vensters.

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Rubriek vir skeppende werk

Dialoog en paragrawe *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Uit Moerdijk se pen Man en Media

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Tariewe

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

Die Hoërskool DF Malan

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Interskole: waar kan ons verbeter?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Finansies / Finances

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

die ArtKat Jaar program

G. J. du Preez

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling

Edgehog

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Transcription:

LAERSKOOL VOORPOS TEL: (02) 332 2534 FAKS: (02) 332 3055 Junie 208 Cunninghamlaan 354 Waverley Pretoria 086 Dit was 'n... Kathleen Taljaard Vava Voom Kaskar Die jaar se kaskar was weer fenominaal. Die verrigtinge is op n gepaste wyse geopen en voor die krete het die Vodacom Bulletjie en Bulls Babes die toeskouers vermaak met hulle danspassies. Nou was dit tyd vir die krete. Die Gr parrabene het begin en so het elke klas in elke graad n beurt gekry om hul krete te skreeu tot ons by die ouetehuis van die skool, die Gr7 s, gekom het. Die spanning en adrenalien het opgebou terwyl die rondtetellers vergader het, maar gelukkig was Mnr Dorfling en sy span daar met lekker musiek. Uiteindelik het die hoogtepunt van die aand aangebreek 3 2 en daar gaan ons. Die onnies is eerste om die baan gestoot vir die openingsrondte en toe vat die kinders en ouers die hele ding oor. Terwyl almal met spoed om die baan is, het ek met so paar kinders en n onderwyser onderhoude gevoer. Teniel Palmer (Gr7) Dit is lekker en ek gaan die jaarlikse kaskar mis veral om rondgestoot te word. Lynette Meiring (Gr7) Dit is baie hartseer want dit is my laaste. Chantel Makkink (Gr.5) hou daarvan om te hardloop en om blitsig om die draaie te kom Mattleen Taljaard (Gr4) sê dit was baie lekker en almal het geglimlag. Alex (Gr3) sê die jaar se kaskar is verskriklik lekker. MJ Taljaard (Gr2) sê hierdie jaar se kaskar is lekker en baie beter as laasjaar sin. Gr-maatjie Sy hou daarvan om te hardloop en die kreet te doen Laastens, Juff Niemann het voorgestel om n braai na die tyd te hou en rondtetyd korter te maak. Die jaar was beter omdat dit nog lig en warm was. Dankie vir Mnr Swart en al die onnies wat hierdie spesiale geleentheid vir ons gereël het. Ons sal die kaskar nooit vergeet nie. Lees Binne 7 0 4 7 20

REDAKSIONEEL UIT DIE Marcelle Duvenhage miershoop & Amber Haines Oondvars vloei Vorie-Ink met nuus vir ons miermaters. Voorpos se eie storie, in volle glorie Onthou jy nog die krete hier en daar ook n paar skete Kaskar was n dag vol pret Hard werk, hardloop, hartlik Is in Vorie-harte ingebed Oud en jonk het ons saamgekuier Saam geëet, saam gejuig, saam gehyg altesaam als beleef tussen grense van genot en pyn saam Dis hoe ons rol, dis hoe ons hol Dis dalk n mondvol, maar so goed soos wet Eie aan Voorpos was dit n propvol en opwindende kwartaal Dankie tog vir die OV wat toe sorg vir 'n watertand Spur-aand - Mom s night off En pryse vir die gaste Lekker vergete vir 'n oomblik die daaglikse laste Vorie Opedag het groot-oog kleintjies laat skaterlag met emmertjies vol lekkernye en speletjies is hul ingewag Welkom al die nuwe Voriefamilie! By ons is daar vir elkeen 'n plekkie hier vat ons hande en ondersteun mekaar groei elkeen om die beste jy te wees *** Na 'n genotvolle vakansie en heerlike uitrus Beloof kwartaal 3 Om onverwyld vol verrassings te wees... stampvol 2 3

KANTOORNUUS UIT DIE hoof se kantoor Boodskap van die Beheerliggaam BEHEERLIGGAAM Hierdie besige kwartaal het soos elke ander kwartaal vinnig verbygevlieg, seker omdat daar so n groot verskeidenheid mooi geleenthede en puik prestasies was. Ons is baie dankbaar dat onse Vader ons seën met uitstaande prestasies, talentvolle kinders en ondersteunende ouers. Dis n voorreg om deel van hierdie Vorie-familie te wees! Geluk aan elke Vorie wat net sy bes gedoen het en die hoogste sport, en sy/haar persoonlike beste, bereik het. Lees gerus verder en geniet saam met ons al die mooi prestasies van ons leerders in hierdie uitgawe van Die Rooimier. Die afgelope kwartaal was ook die geleentheid waar ons nuwe Beheerliggaam vir die volgende drie jaar u as ouers gekies is. Baie dankie vir elke ouer wat deel was van die proses en dan ook tyd afgestaan het aan die voltooiing van ons heelskoolontwikkeling opname. Die Beheerliggaam en skoolbestuur het elke vraelys gewerk en het reeds aksieplanne in plek om aan elke aspek wat u as knelpunte geïdentifiseer is, aandag te skenk. Een van die aspekte wat steeds vir ons as personeel kommerwekkend is, is dat daar leerders is wat doelbewus en berekend ander leerders intimideer, afknou, verkleineer en op n daaglikse basis teiken. Die woord boelie het die afgelope jare n modewoord geword en talle opvoedkundiges het artikels in die verband die lig laat sien. Alhoewel ons op n gereelde grondslag met ons leerders hieroor kommunikeer, is dit duidelik dat ons opvoedingstaak in die verband nog lank nie verby is nie. Volgens Rose-Anne Lyon se artikel in Beeld van April 208 is daar redes hoekom ons geboelie word bv. Ons laat toe dat ons geboelie word. Boeliegedrag is dikwels ook n vorm van magsgebruik. Die boelie moet ander verneder om self menswaardig te voel. Sy gee ook raad aan ons as ouers om kinders te help. Sy noem dit THINK voordat ons oor iemand iets sê of skryf: T - True / Waar. Is dit wat ek nou sê WAAR? H - Helpful / Nuttig. Is dit van waarde? I - Inspiring / Inspirerend. Is dit opbouend en inspirerend? N - Neccessary / Noodsaaklik. Is dit nodig / noodsaaklik? K - Kind / Gaaf. Is dit gaaf en opbouend? Met ander woorde: Bou ek my medemens op, of breek ek my medemens af? Kom ons leer ons kinders om te THINK en sodoende die Vorie-familie n liefdevolle familie te hou waar ons omgee vir mekaar, mekaar aanvaar en ander se prestasies erken en vier. Saam met ons waardes, wat boustene is vir die toekoms, kan ons as ouers en personeel hande vat en hierdie boelie- tendens uitroei en ons kinders ook op sosiale gebied bemagtig om trotse Vories te wees. Mag hierdie skool altyd die vesting wees waar kinders vir die toekoms gevorm word. MARIUS SWART Hoof Wat n besige twee kwartale! Dit is wat ek van meeste ouers hoor. Maar dit was twee opwindende kwartale. Met die atletiek en die rugby wat al verby is, sien ons uit na die krieket en die swem wat voorlê. Ons sien ook uit na ons ander aktiwiteite soos die Musiekaand en die Bielie-kermis. Daar was ook beheerliggaam-verkiesing in die eerste kwartaal wat baie goed ons ouers ondersteun is. Ons wil opreg dankie sê vir elke ouer wat kom stem het en elke ouer wat homself of haarself verkiesbaar verklaar het. Die deelname het bewys dat die ouers van Voorpos omgee wat by die skool gebeur. Die nuwe beheerliggaam het sommer dadelik aan die werk gespring. Die beheerliggaam se samestelling is as volg, Marius Swart (Hoof), Tonie Van Der Westhuizen (Terreinontwikkeling), Brandt Dorfling (Akademie), Annelie Lombard (Bemarking), Francois Boshoff (Tesourier), Christoff Coetzee (Buitemuurse aktiwiteite), Callie Visagie (Menslike Hulpbronne en IT), Derrick Palmer (Ouervereniging), Sharlene Swanepoel (Kleuterskool), Jacomien Rousseau (Sekretaresse) en Dries Swart (Voorsitter). Die beheerliggaam is julle as ouers verkies en moet julle verantwoordelik gehou word. Ons het n paar projekte hierdie jaar aangepak en afgehandel, onder andere die opgradering van die skool se internet infrastruktuur met die koppeling van n nuwe 00Mb optiese vesel (fibre optic) datalyn wat die onderwysers in staat sal stel om meer interaktief klas aan te bied met behulp van die internet. Ons het ook plaveisel gelê by die noordelike klasse en die rugbyveld, wat reeds n groot verbetering is. Ons gaan ook poog om nog n paar projekte van stapel te stuur voor die einde van die jaar maar meer daaroor in my volgende briefie. Ek wil graag vir elke Vorie-ouer vra om op sy of haar manier betrokke te raak by die ouervereniging. Deur betrokke te wees by jou kind se skool, gee jy hulle ook die "My visie vir Voorpos is om ouers betrokke te maak nie net by die skool nie maar ook weer by hulle kinders." vrymoedigheid om meer betrokke te wees by die skool en sy aktiwiteite. Kontak asseblief jou klasverteenwoordiger as jy voel jy wil graag betrokke raak en hou ook die klasgroepies dop vir geleenthede waar jy moontlik betrokke wil raak. My visie vir Voorpos is om ouers betrokke te maak, nie net by die skool nie maar ook weer by hulle kinders. Ons kinders is net vir ons as ouers geleen op hierdie aarde. Voor jy jou oë uitvee is hulle grootmense met gesinne van hul eie. Koester die tyd saam met jou kinders terwyl hulle nog klein is - jy gaan dit nie weer terug kry nie. Dit is genoeg gepreek vir een brief! Sterkte aan elke ouer en leerder vir die res van die jaar wat voorlê en onthou van hier af is dit net afdraende see toe!! DRIES SWART Voorsitter BL 4 5

PERSONEEL Het jy geweet... Me Amber Richards Mnr. Adriaan: In watter skole was Meneer gewees? Laerskool Queenswood en Hoërskool Oos-Moot Wat wil Meneer graag bereik? Persoonlike sukses Wat is Meneer se sterkpunte? Ek is baie hardwerkend en is n goeie luisteraar. Vertel ons van n hoogtepunt in Meneer se lewe: Ek was in 204 oorsee en het uitgeblink in atletiek op hoërskool. Vertel ons iets van Meneer wat niemand weet nie: Ek sing graag in die kar en stort laat mens nogals wonder of dit n Kurt Darren treffer is. Ek het n tattoo op my arm. Me Elske Hanekom Mnr Adriaan Van Schalkwyk Juffrou Elske: In watter skole was Juffrou gewees? Laerskool en Hoërskool Tuine Wat wil Juffrou graag bereik? Ek wil graag in Thailand gaan skool gee. Wat is Juffrou se sterkpunte? Ek is liefdevol en verstaan mense maklik. Vertel ons van n hoogtepunt in Juffrou se lewe: Toe ek my eerste pos verlede jaar by Doxa Deo gekry het. Vertel ons iets van Juffrou wat niemand weet nie: Ek eet graag ontbytpap vir aandete hhhmm sal dit Kellogg's Coco Pops of Cheerios vir aandete wees? Om vir mense te staar in plekke. Dihan Stipp Juffrou Amber: In watter skole was Juffrou gewees? Laerskool Kruinsig en Hoerskool Kempton Park Wat wil Juffrou graag bereik? Ek wil my honeurs kry in onderwys en in Dubai gaan skool gee. Wat is Juffrou se sterkpunte? Ek is n baie sterk persoon, ek soek eerder n oplossing voordat ek net opgee. Ek glimlag altyd, want die lewe is te kort om hartseer te wees. Ek kom goed oor die weg met almal omdat ek nie mense oordeel nie. Vertel ons van n hoogtepunt in Juffrou se lewe: 'n Hoogtepunt in my lewe is toe ek my matriekuitslae kry en sien ek het geslaag Vertel ons iets van Juffrou wat niemand weet nie: Ek het 'n gemmerkat en sy naam is Luna. Ek voer gesprekke met hom asof hy n persoon is. O, WAAR IS DIE HAT? Dit is seker hoe die deelnemers van Voorpos se jaarlikse Afrikaanse Voriespel op Maandag, 9 Maart, gevoel het. Na byna twee ure se gespel was daar uiteindelik 4 wenners. Graad 4: Alexander Coetzer-Kristensen Graad 5: Thalia Cloete Graad 6: Anja Landman Graad 7: Carla du Plooy Carla was ook die algehele wenner. Na afloop van die Voriespel het Anja Landman, Marianne Roos, Kay dshay Naude en Carla du Plooy ons skool gaan verteenwoordig by die ATKV Spelathon se Gauteng-uitdunne. Ons is baie trots op julle. Carla du Plooy het gedring na die finaal en is ook aangewys as die wenner. Dit wil gedoen wees. Soek jy n lopende woordeboek, soek vir Carla du Plooy. Ons kan altyd op ons Astro Quiz kinders staatmaak en hierdie jaar het Noelani, Divan, Wikus en Merwe dit duidelik gemaak. Met die eerste rondte het ons goed gevaar en gedring na die volgende rondte. En raai wat! Met die tweede rondte het ons skoonskip gemaak en eerste plek behaal saam met Villeria! Baie geluk Vories! Ons hou duim vas vir die volgende rondtes wat in die derde kwartaal gaan plaasvind en dan natuurlik die finale rondte wat dan in Oktober plaasvind in Gauteng. Sterkte, leer hard en geluk aan ons vier Astro quiz kinders! Astro quiz Alexander Coetzer-Kristensen Anja Landman Marianne Roos Thalia Cloete Carla du Plooy AKADEMIE Thalia Cloete 6 7

VORIENUUS Hierdie dag word by Voorpos gebruik om ons meer bewus te maak van kanker. Om n Party of Hope te hou by ons skool, help ons n kanker-pasiënt met ons donasies. Hierdie jaar het die OV 9 kankers uitgewys en elke graad kon volgens n kleur aantrek. Daarom was Donderdag die 4de Junie sommer baie kleurvol. Ons het in die vierkant aangetree waar Juf Annelie met gebed geopen het. Sy het ook vir ons vertel waarvoor ons moet dankbaar wees - daar is baie siek kinders wat graag by n skool wil wees en rond hardloop. Ons het elkeen n cupcake ontvang onder die lapa. Ons wil dankie sê aan Mnr Swart en die OV dat ons deel kan wees van so n wonderlike projek. Dankie aan die mammas vir die lekker cupcakes. Ons sien uit na die volgende jaar se Party of Hope. Vories herdenk Kathleen Taljaard kanker -oorlewingsmaand Thalia Cloete Rugbyraai Die jaarlikse Rugbyraai het van 6 Februarie tot Maart gestrek. Voorpos was elke week baie opgewonde om die uitslae te hoor, en ons wenners natuurlik nog meer. Mnr. Hopkins het besluit dat elke week se klaswenners roomys sal kry. Die volgende klasse het gekwalifiseer vir die lekkerny: Week Gr. 2L van Juffrou B. Janse v Rensburg; Week 2 en 3 Gr. 2P van Juffrou Carli Liebenberg; en die algehele klaswenners is Gr.P van Juffrou Thuynsma Die kinders wat in totaal die meeste raaie gehad het is: Stephanie Steynberg wat n JBL speaker gekry het en Ri-Anne Ackron wat n geskenk gekry het. En wie het die skaap gewen? Gizelle Kieser in Gr.3P wat reg geraai het. Baie geluk! Mnr. Swart het gesê as ons Vories R50 000 insamel kan ons een dag gewone klere dra en ook op een dag bietjie vroeër as gewoonlik huis toe gaan. En wat het ons gedoen? Ons het R52 048,00 ingesamel! Maar dit moes ons geweet het want Vories is WENNERS!!! 8 9

KULTUUR REDENAARS KRAAI KONING!! Dit is met groot trots dat Voorpos vanjaar se Interskole Redenaarskompetisie op 7 April 208 aangebied het. Met skole soos Laerskool Lynnwood, Magalieskruin, Stephanus Roos en Dis heerlike winter, die somer is verby, maar die koor het aan die sing gebly. Ons spoggerige kore het pragtig gesing by die Jakaranda winterkonsert. Ons Seniorkoor het pragtige liedere gesing soos Mallemeule en Nkosi. Ons Juniorkoor het met die oulikste nuwe klere gespog en nog ouliker liedjies gesing. Die koorsang het n paar ma s trane in hulle oë laat kry. Juffrou Huisamen het soos gewoonlik spoggerig gelyk want dis mos vir n prestige geleentheid. Die aand is afgesluit met n briljante massakoor. Annemieke Pienaar INTERSKOLE REDENAARSKOMPETISIE natuurlik ons, Voorpos, het dit gesorg vir n baie mooi kultuurryke aand met hoë standaard-praatjies en goeie gesonde kompetisie. Baie dankie aan die redenaars se personeel, Me de Bruyn en haar span, vir al die reëlings. Sing winter sing! Ons hoof, Mnr Swart, wat die aand bygewoon het en vir ons die mooi herinneringe op kamera vasgelê het, sê ons sommer baie baie dankie. Die ouervereniging se mammas het die saal sommer spoggerig laat lyk en ons Vories was trots op ons skool. Baie geluk aan al die leerders van ons skool wat deelgeneem het aan die interskole redenaarsaand en ons naam hoog gehou het op die kultuurfront. Shenika Harmse Lika van Biljon Sylvia-Mari Kruger Mila Meyer Nikita Harmse Amelie Meyer Amber Haines Zaylee-Ann Olwage Julle is voorwaar braaf en het dit sommer baie maklik laat lyk. Suanette Oelofse ATKV Redenaars So 'n bek moet jam kry!!! Baie dankie en geluk aan die leerders wat Vrydag, 20 April en Saterdag, 2 April 208 deelgeneem het aan die eerste rondte van die ATKV redenaars by Hoërskool Menlopark. Dit is voorwaar n pragtige prestasie en ons is trots op elkeen van julle. Julle hou Vories se naam hoog!!! Nine Fourie Shenika Harmse Sylvia-Mari Kruger Mila Harmse Nikita Harmse Alexander Coetzer -Kristensen Heide Potgieter Amelie Meyer Amber Haines Carike Jansen Marisa Collins Die Voorpos seniorkoor het die voorreg gehad om aan ʼn belangrike kompetisie (naamlik Applous) deel te neem. Ons het baie hard geoefen om elke noot perfek te sing. Ons het weggetrek met Nkosi en gevolg met die Franse katedraal lied Cantique. Die hoogtepunt van die aand was Mallemeule. Die spanning was volop en Juffrou Huisamen het gelukkig koel en kalm gebly. Met hierdie drie fantastiese liedere het ons n puik punt van 77.67% behaal in die kompetisie. Na hierdie prestasie kan die Voorpos Seniorkoor net nuwe hoogtes bereik vorentoe. BAIE GELUK AAN DIE VOLGENDE TWEE LEERDERS WAT DEUR IS NA DIE SEMI-FINALE RONDTE VAN DIE ATKV REDENAARS KOMPE- TISIE IN GAUTENG. Dit is n uitnemende prestasie om jou skool te gaan verteenwoordig op so n vlak. En soos ons almal weet moet jy n senuwees van staal en hare op jou tande hê om redenaars te kan praat. Julle is ware ambassas van ons skool. Baie geluk!! Alexander Coetzer-Kristensen Heide Potgieter Dit lyk voorwaar of die volgende President en Parlement hier uit Laerskool Voorpos gekies kan word. Met sulke gladde tonge kan ons die wêreld aan die brand praat. Kutuur Kraai Koning!! APPLOUS! VIR LAERSKOOL VOORPOS KULTUUR Annemieke Pienaar Suanette Oelofse 0

SPORT SPORT Nadia Bruyns Doelpale toe H ierdie rugbyseisoen was 'n opwindende seisoen! Vorie-ouers het altyd die rugbyspelers motiverend en passievol langs die veld ondersteun. Daar was vele naelbyt-oomblikke waartydens sommige ouers verseker hulle stemme verloor het! Vorie-rugbyspelers het geleer van aanhou, uithou en weer probeer. Dit is die perfekte kombinasie om goeie spelers te kweek! Vories gee nooit moed op nie. Of dit nou gereën het en of die son jou soos 'n rosyntjie uitgebraai het... hierdie seuns het hulle beste gegee tydens oefentye. Met harde werk het hulle voortdurend verbeter. Hier volg 'n lys van wedstryde wat ons Vorie-rugbyspelers gewen is: O/0A teen Pretoria-Oos 7-5 O/0 teen Mayville 5-0, O/0 teen Hermanstad 22-5, stes teen Hermanstad 49-0, O/A teen Villieria 4-2 O/0 teen Midstream Ridge 36-5 stes teen Midstream Ridge 22-5, Die hoogtepunt van die seisoen was die eerstespan se wedstryd teen Danie Malan. Die spanning het hoog geloop gedurende die wedstryd, maar ons eerstespan kon spog met 'n uitstekende eindtelling van 22-2. Ons wil hierdie jaar twee briljante spelers uitsonder: Hanru Potgieter (o/3) en Alro le Roux (o/2) aangesien hulle albei daarin geslaag het om die Blou Bulle-span te maak. Baie geluk, Hanru en Alro, ons is ongelooflik trots op julle! Die rugby-aflsuiting was 'n gesellige braai waartydens die afrigters saam met die ouers en rugbyspelers die hoogtepunte kon vier. Baie dankie aan die afrigters wat ure op die rugbyveld gebring het. Hier kom die Vories, hier kom die Vories! WELGEDAAN!!! 2 Voorpos se amper sege by Intergala 208 O p Donderdag, 8 Maart 208, was dit Voorpos se laaste gala van die jaar. By Hillcrest Swembad het 8 skole se beste swemmers deelgeneem aan die prestige kompetisie. Uit die 8 skole het Laerskool Voorpos derde geïndig. Hier volg die finale punte wat ons Voorposharte sommer warm laat klop het: WHPS B & DSG B 375 Laerskool Wonderboom A 305 Laerskool Voorpos 288 Waterkloof Primary 4 St Paulus B 090 Rietondale Primary A 94 Lynnwood Ridge Primary 925 Anton van Wouw B 874 Ons is supertrots op elke Voorposvis-in-die-water wat op die dag deelgeneem het, maar gee graag spesiale erkenning aan die volgende swemmers wat uitstekend presteer het: Martin Smit met n derde plek in die seuns tot 3 jaar individuele wisselslag, ste plek in vryslag seuns o/3 en 2de plek in seuns o/3 vlinderslag. Anri du Preez met n 2de plek in dogters tot 3 jaar, ste plek in vryslag o/2 dogters en n ste plek in dogters o/2 borsslag. Een ding is seker; volgende jaar sal julle die geel golf weer sien met n groter splash as ooit te vore. Ruben Bezuidenhout Proewe Elke seun wat al 'n rugbytrui aangehad het, droom daarvan om eendag gekies te word vir proewe. Slegs 'n paar uitgesoekte, talentvolle rugbyseuns kry hierdie voorreg. Hierdie jaar het Hanru Potgieter (o/3), Arné Prinsloo (o/3) en Alro le Roux (o/2) die geleentheid gehad om hulle harte uit te speel tydens proewe. Baie geluk aan Hanru Potgieter (o/3) en Alro le Roux (o/2) wat gekies was vir die Blou Bulle span!! Julle hou Voorpos se naam hoog! 3

SPORT SPORT Anja Landman Hop-hop spinnekop... D ie bal het in die gat gehop, hoera, hoera, go Vories!!! Hierdie is die bekende kreet van al die Vorie-netbaldogters. Einde Februarie het al die dogters wat belanggestel het in netbal, aangetree vir oefening. Daar het 4 vriendskaplike wedstryde plaasgevind voordat die onder 0-3 spanne uiteindelik gekies is. Daarna het 8 spanne aan die ligas deelgeneem, terwyl 4 spanne aan mini-netbal deelgeneem het (onder 8 +9). Ons klein graad tjies het ook n beurt gekry om met netbal kennis te maak, al het hulle net geoefen. Hier kom die bulle(tjies) 00 Bulletjies hardloop op die veld reg om te leer hoe om die rugbybal vas te hou, sy-stappe te doen, rugbytegnieke en vaardighede te verbeter en belangrikste van alles, hoe om rugby te geniet saam met ander maats. Gou-gou word die maats vriende en speel n hond uit n bos. 4 Om nie te praat van hoe opgewonde hul ouers raak nie! Gedurende kwartaal 2 het die Graad RR tot Gr 2 seuns deelgeneem aan Bulletjierugby. Bulletjierugby is die spel wat seuns gereedmaak vir groot rugby eintlik op n informele manier net lekker te leer rugby speel. Die hoogtepunt van die seisoen Daar het 7 wedstryde in die ligas plaasgevind. Drie spanne was ligawenners: onder 2 A en B en onder 0A. Onder 0B het as naaswenners geëindig. Ons onder 2 A-span het ook die geleentheid gehad om te gaan na die Tshwane uitspeelwedstryde, waar hulle in die semi-finale rondte uitgeskakel is. Drie dogters was na die tweede rondte van die distriksproewe naamlik: Tersia de Klerk, Makaylyn Booyens en Stephanie Verschoor. Op die vraag of Juf Lynette, of soos almal haar ken, juffrou-netbal, dink ons Vories het netbaltalent, was haar antwoord soos volg: O ja beslis! Ek is veral trots op die onder 2 s wat gedring het na die Tshwane uitspeelwedstryde. Hulle het hard geoefen, was altyd positief en nederig en hulle het puik gevaar! Dankie aan al die netbalafrigters vir hulle tyd en geduld en entoesiasme. Ons is trotse Vorie-netbaldogters. Anja Landman was Loftusdag op 2 Junie 208. Daar het baie skole se seuns teen mekaar gespeel. Dit tel nie punte nie en die kinders geniet dit baie. Elkeen het n verrassingspakkie gekry met lekkergoed, koeldrank en n speelding in. Maats, ons sien baie uit om julle eendag in aksie te sien as ons land se voorste Springbokke, met die wete dat julle by Voorpos begin het! 5

MIERPLESIER Kaskar kaskenades n storie met n spin soos min Vanjaar het ons oudergewoonte weer meegeding teen.... Ons was baie (selfstandige naamwoord) lank besig, so ongeveer... uur, maar dit was 'n... dag, een wat ons (enige getal) (byvoeglike naamwoord) vir... sal onthou. Daar is gekuier, gebraai en ge-... en die skare (enige tydperk) (werkwoord)... was ongelooflik! Ons klas, die... se kaskar se (selfstandige naamwoord, meervoud) (naam van enige popgroep)... het per ongeluk losgekom en wegge-... Ai tog, ons arme (karonderdeel) (werkwoord) bestuurder,... was skoon.. in die gesig van die skrik. (naam van bekende sangeres) (enige kleur) Meneer... en juffrou..., wat juis besig was om die (naam van bekende rugbyspeler) (naam van bekende aktrise) kaskar te..., het uit pure verbasing begin...... Ons was (werkwoord) (werkwoord) maar almal..... van verbasing. Gelukkig het ons hoof, Meneer (byvoeglike naamwoord)... sy... laat weerklink oor die (naam van bekende akteur) (enige musiekinstrument) mikrofoon en moes al die kaskarre vir n oomblik stop. Ons kon toe vinnig herstel terwyl 'n gekwalifiseerde... ons kaskar weer op die... gebring het. (enige beroep) (karonderdeel) Almal kon 'n slukkie - sap drink en toe besluit ons om gou ons spankreet te skree: (enige soort groente)...!!...!! Ons is die beste!! (selfstandige naamwoord) (naam van 'n fliek)...!!...!! Hier kom ons nou!! ('n vreemde kleur) (enige soort seekos) My pa... was so trots op ons dat hy toe net daar begin ( n bekende politikus) (werkwoord) Ek sê toe vir my maats : my pa is n ware...... (gunsteling nagereg) HET JY GEWEET?? Walvisse swem hul stert op en af in die water te beweeg. Visse beweeg hulle stert van kant tot kant. n Blouwalvis se tong weeg meer as n olifant. n Blou walvis se hart is so groot soos n Volkswagen-kewer. Dolfyne is soogdiere, nie visse nie. Dolfyne en walvisse word met n snor gebore. Dolfyne kan nie ruik nie. n Dolfyn slaap met een oog oop en skakel ook die helfte van sy brein af. Die ander helfte laat hom weet as daar gevaar is en wanneer dit tyd is om die wateroppervlak te breek om asem te haal. n Dolfyn het sowat 00 tande. Hy gryp sy kos met sy tande, maar sluk dit heel in. Dolfyne kan nie hulle kos kou nie, omdat hulle nie spiere in hulle kake het nie. Deur drukkies te gee, word die chemikalie oksitosien in jou brein vry gestel wat jou gelukkig maak. As jou tweede toon langer as jou groottoon is, word dit n Griekse voet genoem. Dit kom by net 0 % van mense voor. n Piesang is n bessie en groei aan n kruieplant, nie n boom nie. Tamaties word nie ryp danksy lig nie, maar danksy hitte. Die langste pleknaam ter wêreld het 57 letters: Taumatawhakatangihangakoauauotamateapokaiwhenuakitanatahu. Dit is in Nieu-Seeland en beteken: Die piek waar Tamatea, die man met die groot knieë, die klimmer van berge, die rondreisende verswelger van grond, vir sy geliefde op sy neusfluit gespeel het. Kinders gebruik gemiddeld 700 vetkryte voor hulle tiende verjaarsdag. Daar sal in 209 gemiddeld meer Legomense as gewone mense op die aarde wees. Die teddiebeer is vernoem na die VSA se president Theodore (Teddy) Roosevelt nadat hy op n keer met n jagtog geweier het om n beer te skiet. n Slinky het 89 lusse. Negentien meter draad is nodig om n Slinky te maak. S O L Y N M A D E X O I P C V V O E J M D B C I H E D U N C R K Boggle: Maak jou eie woorde met die volgende letters. Slegs die letters wat aan mekaar raak (sye en/ of punte) mag gebruik word. Hier is 'n voorbeeld van hoe woorde korrek gespel word. Riddles Q: A train leaves from Halifax, Nova Scotia, heading towards Vancouver, British Columbia at 20 km/h. Three hours later a train leaves Vancouver heading towards Halifax at 80 km/h. Assume there s exactly 6000 kilometers between Vancouver and Halifax. When they meet, which train is closer to Halifax? A: Both trains would be at the same spot when they meet therefore they are both equally close to Halifax. Q: Two mothers and two daughters went out to eat. Everyone ate one burger, yet only three burgers were eaten in all. How is this possible? A: They were a grandmother, mother and daughter. Q: A cowboy rides into town on Friday, stays for three days, then leaves on Friday. How did he do it? A: His horse s name was Friday. 6 7

KLEUTERNUUS OPEDAG VORIES ʼn SPOGDAG Kaydshay Naude sorg 20 April 208 het ge Spoggeleentheid op ouers se we kleuters en hul dat ongeveer 90 nu RIES klop!! HARTE nou soos VO gees slaggereed om die Ons hele skool was en IT TE LOJALI EK, INTEGRITEIT, SP RE, DE EF LI n va besoekers is maats te wys. Die TROTS vir ons nuwe lede wat almal t met vrolike VLRoe gr be d en gg go oe vr tuis voel het. verwelkom en laat we maats uitstallers het die nu Die kleuterskool se l nuwe avonnde gemaak vir hu sommer gou opgewo uters verwelkore die ouers en kle die t he na ar Da. ur tu ouers met die iek. In die saal kon kom met vrolike mus die groot pret aak en daarna het m is nn ke l ee on rs pe begin r ken en ons ons hele terrein lee Die besoekers het gaste se harte sjarme gou die kuier Vories het met hul wandelende nar frou Suné was die juf eie s On el. ste ge t kinder3 netbaldogters he 0/ ar ha en Sy g. vir die da l in die vorm met ballonne wat hu hartjies bly gemaak aarde gevou het. van hondjies en sw geëindig waar by die kleuterskool Ons Vorie-toer het kon soek l eie Vorie-vlooitjie hu n ee elk ts aa m ons nuwe van naderby a ons kleuterklasse en pappa en mamm kon beskou. s sekerlik ons menigte kleuters wa Die hoogtepunt vir skool se maats by die kleuter we nu s on t wa de VLR le i, gegly en op het. Daar is geswaa speelterrein ingewag ons ponies gery. niet en hulle t die dag terdeë ge Ons nuwe maats he eid geneem. het maar swaar afsk julle kan t ons elke dag met Dankie VORIES, da spog!!! 8 9