Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Direkte en indirekte rede *

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Hoe om krag te spaar

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Kerssangdiens. SA Gemeente

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

G. J. du Preez

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Tariewe

19. Kerkargief en -museum

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

SIZA takes the sting out of auditing

Dialoog en paragrawe *

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Tjaart van der Walt: slaaf van Christus δοῦλος Χριστοῦ

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

Tariewe

Missionary Perspectives in the New Testament

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

Rubriek vir skeppende werk

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Sterdansers by Vensters.

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Transcription:

Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw Breed jnr. Diaken: Kilayne Pelser KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag: Christelike Onderwys Instituut vir Christelike Onderwys [ICO]/Lesmateriaal Doel: Bevordering van onafhanklike Gereformeerde skole en onderwys. Die res van die jaar word die kollekte by die deure afgesonder vir die Kerkkas. BREË KERKRAADSVERGADERING Die Breë Kerkraad vergader Woensdag 1 Augustus om 19:00 in die saal. Ons vra u voorbidding vir die Here se seën op hierdie vergadering. TEESKINKBEURTE Baie dankie aan die susters van wyk 16 wat vanoggend tee en koffie o.l.v. Elize Hoogendyk bedien. Volgende Sondag is dit die beurt van wyk 17 o.l.v. Carene van der Merwe. KERKKANTOOR SAKE Sr. Nienke van der Walt is van 1 tot 29 Augustus met verlof. Gedurende hierdie tyd moet u as u iets in die Waterkruik geplaas wil hê, br. Gerrit of sr. Kittie Broos skakel. 012 460 5804/ 083 7 03 5727. Vir ander sake kan u die skriba, br. Eddie Trollip skakel 083 230 4245. Ons wens Nienke n aangename rustyd toe. 1

Program vir die week Maandag Katkisasie vir hoërskoolleerders soos gereël. Woensdag 1 Augustus 19:00 Breë Kerkraad Donderdag Bybelstudiegroepe 08:30 Groep 1: In die Konsistorie 09:30 Groep by Nasarethhuis 10:15 Groep 2: In die Konsistorie (Dié groep behandel Joh. 20:26) 18:30 Groep 3 in die Pastorie 19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar: in die Pastorie. Groepe 1 en 3 doen voorbereiding vir die komende Sondag se preek. Groep 2 se Bybelverse sal telkens op die webwerf aangedui word. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. 2 Tessalonisense 3:16 Vandag Sr. Yoané Penning 083 706 2758 Sr. Lize Rossouw 072 085 2910 Maandag 30 Julie Br. Daniël du Plessis 083 255 3830 Sr. Marjan van der Walt 083 415 4179 Sr. Nadine van Staden 072 612 0076 Dinsdag 31 Julie Br. Johan Swanepoel 082 707 5688 Sr. Joan Venter 012 460-9166 2

MEELEWING Ons dink hierdie week in besonder aan ons bejaardes en bid hulle krag en genade toe vir elke dag. Mag die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, elke dag deel wees van u lewe. Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. 2 Tessalonisense 3:16 BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG Ds FJ van Rensburg (Frikkie) van Rustenburg-Noordoos na Kemptonpark. ONS SENIOR BURGERS: ( Almal wat hierdie jaar 80 word en ouer). Dis weer tyd vir ons senior lidmate se bederfie. Ons doen dit hierdie jaar vroëer, sodat iemand anders julle aan die einde van die jaar kan bederf. Daar is pakkies met koekies met u naam op vir u in die saal. Kom kry dit asb. na die diens. n Familielid kan dit ook vir n senior kom haal. Liewe ouderling, as jy iemand in jou wyk het wat jy weet wat dit nie sal kan kom haal nie, sal jy asb. so gaaf wees om dit saam te neem wanneer jy gaan huisbesoek doen? Kom kry dit asb. ook in die saal. Baie dankie, jy help ons baie. Susters. Kuierkafee Is u lus vir kuier laat jou motor dan luier want om tien, Dinsdag 31 Julie, wil ons jou sien By die kafee in die saal Van Waterkloofrand. 3

Ja, net aan die kerk se agterkant. Wat kan ons verwag? Julle gaan nou lekker lag: Joey Lindeboom bak vetkoek, An staan reg in die hoek met maalvleis, kaas en konfyt net reg vir afbyt. Kom geniet n gesellige lag en kuier Vir navraag, kontak An 012 460-9166 of Rika 082 675 0979 moenie weier of huiwer. DAMESOGGEND Op 18 Augustus 2018 vind die jaarlikse gesamentlike damesoggend ten bate van die President Krugerkinderhuise plaas. Die Here seën hierdie funksie nou al vir soveel jare. Daar is nog enkele plekke beskikbaar en ons nooi u hartlik uit om deel te wees van hierdie heerlike poging. Datum: 18 Augustus 2018 Plek: St. Mary s DSG Saal Tyd: 08:30 vir 09:00 Gasspreker: Elsabé Daneel Gaskunstenaars: Jannie Moolman en Joseph Clark Pretoria-Oos Juniorkoor ; Kosie Beukes Tema: Deur die oë van n kind. Koste: R160 Kontak Elize Breed 012 460 0700 so spoedig moontlik vir besprekings. KEN ONS DIE PERSOON VAN DIE HEILIGE GEES? 1. Inleidend: die Heilige Gees se persoon kan nie geskei word van sy werke nie en Hy word ook uit sy werke geken. 2. Die Heilige Gees tree nie afsonderlik van die Vader en die Seun op nie. Hy kom uit beide voort en beide is in sy werke verteenwoordig. 3. Die Vader en die Seun gee die Gees as eersteling aan ons. Die 4

wet waarmee Hy werk, is die wet van die liefde. 4. Die Heilige Gees is ook ons Trooster, ons Voorspraak, ons Leidsman. 5. Die Heilige Gees bring ons in die sfeer van God se genade. En as ons Hom bedroef, keer Hy tog weer terug mits ons berou het en betoon. 6. In die O.T. het die Heilige Gees sporadies gewerk. Sy lig was reeds daar. In die N.T. word Hy met Pinkster in sy volheid uitgestort om in die kerk te werk. 7. Saamgevat : die Heilige Gees openbaar Homself, die drie-enige God in die Woord. Hy werk deur die Woord en Hy lei ons op die pad van heiliging deur die Woord en die verkondiging daarvan. Deur die Woordverkondiging word ons in ons verantwoordelikheid voor God gestel. Waterkruik Maart 1990 BEDIENINGSOOREENKOMS MET DR. DOUW Die Kerkraad kan met dankbaarheid rapporteer dat hy op sy vorige vergadering in Mei die bedieningsooreenkoms met dr Breed vir nog n jaar kon hernu. Soos in die Waterkruik van 6 November 2016 deurgegee, word dit in ons kerkverband aan die plaaslike Kerkraad oorgelaat om, in oorleg met die leraar, ooreen te kom op voortgesette diens na die ouderdom van 65 jaar. Die Kerkraad se ooreenkoms met dr Breed is dat die voortsetting van sy bediening jaarliks oorweeg word. Die Kerkraad is dankbaar dat dr Breed steeds geseën word met goeie gesondheid en liggaamskragte, en dat hy steeds met groot vrug sy roeping uitvoer. Ter opsomming kan onder andere verwys word na sy volgehoue hoë standaard van prediking, sy toewyding aan kategese, siekebesoek, huisbesoek, leiding van Bybelstudie, verwelkoming van besoekers en nuwe lidmate, bediening van die jongmense en kinders en gemeenskapsbelewenis in die gemeente. Hy lewer ook onontbeerlike leiding aan inisiatiewe ter ondersteuning van Woordverkondiging en evangelisasie soos die dienste oor die internet en leiding in Docenda (internetgebaseerde afstand-onderrig in teologie vanaf die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Teologie). In die kerkverband het hy steeds rigtinggewende leiding bly gee in meerdere vergaderings vanaf klassis tot sinode en in die oordra aan sy opvolgers van sy vorige werk as Kurator van die GKSA en van die Deputate vir Ekumeniese Sake. Ons vertrou dat u deel in die Kerkraad se dankbaarheid dat ons daarna mag uitsien om DV vir nog n jaar die vrug van dr Breed se bediening mag ervaar. SKENKING VIR DIE AANKOOP VAN N BOEKRAK!! Die KUIERKAFEE wag nog angstig op n skenking van n boekrak (minimum grootte 5

± ½ meter breed x 1 meter hoog of groter) vir die vinnig groeiende minibiblioteek wat hulle geskep het vir die gebruik van al die lidmate. Is daar dalk n ongebruikte boekrak wat êrens in u huis rondstaan of het iemend dalk n los geldjie om te skenk vir die aankoop van n boekrak? Plaas dit in n koevertjie gemerk boekrak en sit dit in die kollektesakkie. As ons genoeg bymekaar het, gaan koop ons een. Daar het al heelwat boeke ingekom. Bring gerus u ou boeke wat u klaar gelees het sodat ander ook daarvan gebruik kan maak. Boeke is deesdae so duur om aan te koop vir eenmaal se lees. Daar word n Kuierkafee stempel in die boek aangebring. U neem n boek uit, teken dit aan in n boek en bring die boek terug as u dit klaar gelees het. Ligte leesstof (storieboeke) is veral welkom. ALLE MAMMAS VAN LAERSKOOLKINDERS!!! Mammas, moedig asseblief julle kinders aan om in te skryf vir die tekenwedstryd wat Rika le Roux reël vir alle laerskoolkinders as embleem vir die Kuierkafee se biblioteek in die saal. Dit moet n handgetekende, kleurvolle prentjie wees op n A4 grootte papier wat wat pas by n biblioteek of boeke. Daar is n lekker prys op die spel vir die mooiste/oulikste/ oorspronklikste prentjie! Handig asseblief hulle prentjies in by Rika le Roux. DIE GKSA EN DIE IGLESIA NACIONAL PRESBITERIANA DE MéXICO Dr Douw gee graag die volgende inligting aan u deur na aanleiding van sy besoek aan Meksiko: Agtergrond Tydens die GKSA se Algemene Sinode 2015 is onder andere die volgende gerapporteer oor die Iglesia Nacional Presbiteriana de México, A. R.: Die INPM is die grootste Calvinistiese kerkverband in Mexiko met 6000 gemeentes en 1, 200 000 lidmate. Hulle het 700 predikante en 50 presbyteries (klassikale vergaderinge), 8 streeksinodes, 1 General Assembly (Algemene Sinode) en het 7 Teologiese Seminariums vir predikantsopleiding. Die INPM funksioneer in die volgende tale: Spaans, Maya, Chol, Tzetal, Tojolabal, Mixe, Mixteco en ander Indiaanse tale. Hulle belydenisskrifte is 6

onder andere die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, die Dordtse Leerreëls en die Westminster Konfessie van 1646/47. Tot ongeveer 1810 was die Rooms-Katolieke Kerk die enigste erkende Christelike godsdiens in Mexiko, maar nadat Mexiko onafhanklikheid van Spanje gekry het, het dit verander en na n tyd van stryd en vervolging het daar in 1857 godsdiensvryheid gekom. Rondom 1872 het vier verskillende Gereformeerd Presbiteriaanse kerke en die Reformed Church in America (RCA) op verskillende plekke met sendingwerk in Mexiko begin. Die werk het vinnig gegroei en die eerste Presbitery vergadering is in 1883 te Zacatecas gehou. Die eerste Teologiese Skool is in 1884 in Mexikostad geopen. Van die verskillende kerke wat deur sendingwerk ontstaan het, het mettertyd saamgesmelt en in 1901 is die eerste Sinode gehou waar 73 kerke en nog 190 preekpunte (gemeentes in wording) afgevaardigdes gehad het met 46 predikante teenwoordig. Kerklike verhoudinge tussen die GKSA en INPM Tydens die GKSA se Algemene Sinode 2015 is kennis geneem van die groei in kerklike verhoudinge tussen die GKSA en die INPM en is besluit om Ekumeniese Bande (vlak 2) met die INPM aan te gaan. Afgevaardig na die INPM se General Assembly 2018 in Meksiko Ek en Dr. Malan van Rhyn is deur die Deputate Ekumeniese Sake (buitelands) afgevaardig om die General Assembly van die INPM in Ciudad Valles, Meksiko by te woon. Ons is hartlik ontvang en daar is seker gemaak dat ons kon deel in verrigtinge tydens die vergadering. Vertalers het voortdurend vir ons vanuit die Spaans in Engels vertaal sodat ons besprekings en besluite wat geneem word, kon volg en selfs kon deelneem. Ons het geleentheid gehad om aan die General Assembly namens die GKSA n groeteboodskap te bring. Daar was groot belangstelling in dit wat tans in Suid Afrika gebeur, in die geskiedenis van die GKSA en in besonder in die GKSA se teologiese opleiding in Potchefstroom. Tydens die byeenkoms het rektore van drie van die INPM se seminariums met ons afsprake gemaak. Dit was uit die gesprekke wat gevolg het, duidelik dat daar by die INPM groot behoefte is aan deeglike en Skrifgetroue teologiese opleiding. Met dankbaarheid kan ons noem dat daar tans reëlings getref word vir n besoek van ons broers van Meksiko aan Potchefstroom in November 2018. Uit voorlopige gesprekke blyk dit dat dit heel moontlik is dat die broers reeds in 2019 met nagraadse studie vanuit Meksiko by Potchefstroom kan begin en dat voorgraadse studie via die internet ook nie uitgesluit is nie. 7

Tydens die General Assembly was dit ook moontlik om formeel gesprek te voer met die nuwe moderamen wat verkies is. Uit hierdie gesprekke het ons tot die besef gekom dat, hoewel ons in verskillende wêrelde leef, daar groot ooreenkomste is in die roeping van die GKSA in SA en die roeping van die INPM in Meksiko en dat ons mekaar op verskeie wyses kan bystaan in die getroue uitvoering van ons roepings. Twee interessanthede: - Die voorsitter het een aand versoek dat ek die dag se verrigtinge met gebed sal afsluit. Die versoek was egter dat ek dit in Afrikaans sal doen. Een van ons Meksikaanse broers het ná die tyd opgemerk dat hy niks verstaan het nie, maar dink dat die Here wel verstaan het! - Ek en dr. Malan het gou geleer om tydens etes eers met elke gereg n klein skeppie te proe. Dit is veral dit wat rooi of groen is in die geregte waarvoor jy uiters versigtig moet wees. Nie eers Rennies help vir die brand van hierdie rooigevaar (of die groen-gevaar) nie!! Dr. Douw Breed BESOEK AAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN HONGARYE Ons het die volgende berig van dr Malan van Rhyn ontvang : Ek en dr Douw Breed het onlangs teruggekeer van n besoek aan die Reformed Presbyterian Church of Central and Eastern Europe met gemeentes in Hongarye, Roemenië en die Oekraïne. Die klein kerkverband het 20 jaar gelede afgeskei van die Hungarian Reformed Church. Die Reformed Presbyterian Church of Central and Eastern Europe is ernstig oor die Gereformeerde leer en het n groot behoefte aan die opleiding van predikante by n instansie wat die Gereformeerde leer koester. Verlede jaar het ds Imre Szöke die vergadering van die International Council of Reformed Churches, waarvan die GKSA ook n lid is, bygewoon. Daar het hy die geskiedenis van sy kerk vertel en n pleidooi gelewer dat lidkerke hulle sal ondersteun met die opleiding van hulle predikante. Die pleidooi het nie op dowe ore geval nie en ds Szöke is uitgenooi om die Algemene Sinode van die GKSA aan die begin van die jaar by te woon, wat hy ook gedoen het. Daar het hy sy pleidooi herhaal en ook die GKSA versoek om hulle by te staan in die belangrike saak van predikantsopleiding. Die GKSA het nog altyd sulke versoeke in n baie ernstige lig beskou, aangesien dit een van ons sterk punte is en omdat ons besef dat ons op die manier kerke kan 8

bystaan en n invloed kan uitoefen en n bydrae kan lewer in die opbou en uitbou van kerke wêreldwyd. Daarom het die Deputate vir Ekumeniese Sake vir my en dr Breed afgevaardig om die Reformed Presbyterian Church of Central and Eastern Europe te besoek en vas te stel hoe ons hulle kan bystaan. Tydens die besoek is ons hartlik ontvang en het ons diep onder die indruk daarvan gekom dat die kerke ernstig is oor die Gereformeerde leer en dat hulle doodseker wil wees dat hulle predikante Skrifgetroue opleiding ontvang. Ons het ook onder die indruk gekom van die toegewydheid van die predikante en hulle eggenotes en hulle bereidheid om opofferings te maak ter wille van die wel wese van die kerk van die Here. Anders as die Hungarian Reformed Church ontvang hulle geen staatshulp nie en is hulle ten volle op hulle self aangewese. Dit was vir ons as afgevaardigdes van die GKSA n groot voorreg om die kerke te besoek en die predikante, hulle vrouens en die lidmate te bemoedig om getrou te bly aan die Evangelie. Daar is goeie verhoudings gebou en die saak van predikantsopleiding word nou verder ondersoek. Ek is opnuut dankbaar daarvoor dat ons predikantsopleiding van hoë gehalte is en dat die GKSA in staat is om ander kerke ook hierin by te staan tot eer van die Here. Bid asseblief vir die Reformed Presbyterian Church of Central and Eastern Europe en vir hulle predikante, dat die Here in hulle behoeftes sal voorsien en vrug op hulle werk sal gee. - Dr Malan van Rhyn, voorsitter van die Deputate vir Ekumeniese Sake (buitelands) ALLERLEI WIE IS DIE DOPPERS? (1) Ons praat soms half spottend en soms weer met n mate van trots van onsself as Doppers! Waar kom die naam Doppers vandaan en wie almal word so geëtiketteer? Die Redaksie het n bietjie naslaanwerk gedoen en op die boek van Dr Okulis (bynaam van ds Willem Postma, oorlede 13/12/1920) afgekom. Die boek se naam is Doppers en is in 1918 uitgegee. As antwoord op die vraag hierbo word enkele aanhalings uit die boek gemaak soos in die Afrikaans van daardie jare. n Lofbetuiging: In elk geval meen ik die Doppers te oortuig dat, wat ander ook mag sê, dit n eer is om Dopper te wees en dat Dopperdom vir Kristendom en nasionaliteit n bate is en n krag, waarmee rekening moet word, en wat nie te versmaai is nie. Die naam Dopper: Die naam Dopper kan afgelei word van domper, iets wat vroeër gebruik werd om n kerslig uit te doof. Dit kan ook kom van dorper in teëstelling 9

met poorter volgens Nederlandse spraakgebruik. In albei die gevalle wil die woord, in Holland, en hier aandui: die klas mense onder die volk, wat vashou aan die ou leer, sedes en gewoontes en wat daarom sku is vir die nuwe lig en daarvan niks wil hê nie. Die woord Dopper sou in ons dae (1918) dieselfde betekenis hê van Takhaar en Backvelder. Al is alle Takhare en Backvelders nie offisiële Doppers nie, alle Doppers is of Takhaar of Backvelder. (In die volgende uitgawe van die Waterkruik sal nog n paar aanhalings geplaas word.) DOPPIES SOSATIES Saterdag 4 Augustus van 10:00 af is daar n Sosatiefees by die Gereformeerde Kerk Meyerspark, h/v Emmarentia en Nicolettestraat, Meyerspark. Daar is tuisgemaakte sosaties te koop of u kan ook gesellig saamkuier en saam eet. Daar is ook n springkasteel, inkleurwedstryd en baie te ete en te drinke. FUNKSIONARISSE VAN DIE GEMEENTE EN ANDER INLIGTING PREDIKANT SKRIBA Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan 52 083 230 4245 MONUMENTPARK 012 460 0700 ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA Tinus Erasmus Corrie Skinner 012 807 5213 082 494 0309 082 410 2252 VOORSITTER DIAK. ORRELIS Loutjie Coetzee Ansie Wichmann 083 457 8489 072 605 8675 e-pos kerk:nwgkw@telkomsa.net webwerf: www.gkwaterkloofrand.org.za Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook skakels wat u neem na oudio- en videouitsendings van eredienste wat onlangs op die internet uitgesaai is. SONDAGKOSTER: André Els: 082 828 1910 WEEKKOSTER: Nienke vd Walt: 083 398 9080 KANTOOR: Nienke vd Walt 012 460 6925 en 012 998 0912 KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 12vm. U kan egter enige tyd die kantoor skakel en jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon. BANKBESONDERHEDE Kerk: ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no. 000 340 685 Diakens: ABSA: Diakonie Spaar Rek. No. 9139785681 PARKERING Veilige parkering is ook beskikbaar tydens oggenderedienste op die terrein van die Laerskool Anton van Wouw, h/v Lange- en Deystraat. 10 PREEKVERDUIDELIKINGS

Tydens oggenddienste word die preek van die oggend vir die kindertjies vanaf 4 jaar tot die in graad 4 deur n suster of susters in die saal verduidelik. Dit vind net plaas as dr Douw preek en ook nie gedurende vakansies en langnaweke nie. Dit word slegs tydens die preek en onder toesig van die beurtsouderling gedoen. FOTO S van die gemeente se lidmate kan besigtig word op die kennisgewingbord op die stoep van die kerkgebou. 11