e-hervormer VOORBLAD Oor versoeking en geheueverlies

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Volmaakte liefde verdryf vrees

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Teken in op e-hervormer

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

e-hervormer VOORBLAD Van sondaars en e-tollenaars In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Tariewe

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

e-hervormer VOORBLAD Boelies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Kerssangdiens. SA Gemeente

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

Direkte en indirekte rede *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

N SPESIALE LIED VIR REFORMASIE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SIZA takes the sting out of auditing

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Edgehog

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Hoe om krag te spaar

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

NOTULE VAN DIE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 31 OKTOBER 2017 OM 14:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

Prof dr FJ van Zyl as mens, kerkman en godsdiensfilosoof

Mosselbaai Munisipaliteit

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Webadres: Die Pastoor se pen:

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 11 Februarie 2010 Jaargang 3 Uitgawe 2 VOORBLAD Oor versoeking en geheueverlies In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad Die media berig gereeld oor prominente mense se vergrype van die een of ander aard. In die onlangse verlede was verskeie sporthelde in die spervuur, terwyl sommige vermaaklikheidskunstenaars ook deurgeloop het. Tans woed n storm oor die kop van president Jacob Zuma oor sy verwekking van n buite-egtelike baba by die 39-jarige Sonono Khoza. Hy het die afgelope naweek die land en sy mense om verskoning gevra en erken dat sy optrede tot nadeel van die land gestrek het. Dit is ook nie die eerste keer dat hy in omstredenheid gedompel is oor beweerde seksuele eskapades nie. Verder is daar die afgelope weke ook baie aandag gegee aan sy lewe as poligamis. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Alle prominente mense in die samelewing moet weet dat daar dubbele rekenskap van hulle geëis word. Hulle funksioneer as rolmodelle vir baie mense, terwyl kritici soveel meer bedag is op hulle doen en late. Prominente mense is net so vatbaar vir tydelike geheueverlies wanneer versoekinge toeslaan as enige ander mens. Wat word met tydelike geheueverlies bedoel? Dit is wanneer versoekinge jou so oorweldig dat jy vergeet wie en wat jy is en jou gewoon aan die versoeking oorgee. Daar vind n tydelike identiteitsverlies plaas wanneer drifte en drange jou stormenderhand verower. Is dit nie wat die versoeker met Jesus wou regkry toe Hy vir veertig dae in die wildernis aan versoeking blootgestel was nie? Die Satan wou Jesus laat vergeet wie Hy is en wat sy roeping alles ingehou het. Die versoekinge was gefokus op liggaamlike behoeftes, die behoefte aan mag en die sug na heerskappy. Jesus het hom elke keer getroef en baie duidelik gewys op die wil van God. Daardeur het Hy onherroepelik gedemonstreer dat Hy die Seun van God is. Daarteenoor vergeet volgelinge van Jesus maklik wie hulle is en wat hulle ware roeping behoort te wees. Die regeerder vergeet dat hy/sy in diens van die land is en te alle tye n waardige voorbeeld moet stel. Die sportheld vergeet dat hy/sy n rolmodel vir soveel jongmense is. Die predikant vergeet dat hy/sy in diens van die lewende God staan en dat gemeentelede n waardige voorbeeld wil navolg. Die eggenoot wat toegee aan ligte fl irtasies by die werk vergeet kortstondig van sy/haar getroude status. Hierdie soort geheueverlies is soveel meer gevaarlik wanneer Christengelowiges daarin vasval. Hoeveel kere getuig sporthelde en vermaaklikheidsterre byvoorbeeld oor hulle geloof, en maak hulle net daarna skuldig aan die een of ander vergryp. Dit veroorsaak gewoonlik n opskudding in die media terwyl die kleivoetige held alles heftig ontken en verdere gerugte koorsagtig wil toesmeer. Wanneer daar by geestelike leiers n morele inploffi ng van watter aard ook al plaasvind, het dit n rimpeleffek deur die hele geloofsgemeenskap en is daar geen sprake van enige geheueverlies nie daarvan getuig die stories wat vir etlike jare daarna nog die ronde doen. Prominente mense wat geloofwaardig leef, verdien respek en agting. Hulle moet egter onthou dat daar groter verantwoordelikheid van hulle verwag word en dat dubbele rekenskap van hulle geëis gaan word wanneer hulle hul medemens faal. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Ds André Ungerer 1

Ds Mariaan Delport Ds Hennie Aucamp Ds At Mc Donald Mev Bes Conradie BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Ds Mariaan Delport van Krugersdorp (deeltyds) na Sionspoort (deeltyds) PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds At Mc Donald sou eersdaags n operasie ondergaan, maar dit is vir eers gekanselleer. Ds Hennie Aucamp is deur n pofadder gepik. Hy reeds geruime tyd in die hospitaal, maar onder omstandighede gaan dit goed met hom. Ds Annerie Conradie van Gemeente Culembeeck se moeder, Bes Conradie, sterk aan na n rugoperasie. Sy is n ouderling in Gemeente Wonderboompoort. Ds James Jooste se moeder is Sondag oorlede. Sy het hartversaking gehad. Die begrafnis het Donderdag om 11:00 plaasgevind vanuit Gemeente Groeneweide in Germiston. Ons meelewing gaan aan ds Jooste en sy familie. Mnr Willem van Eck wat lank by die Sinodale Kerkkantoor werksaam was, onder meer as regsadviseur, is verlede week oorlede. Hy was lidmaat van Gemeente Potchefstroom. Meelewing word met sy naasbestaandes betuig. Die volgende predikante verjaar in die komende week, en word hartlik geluk gewens: Vrydag 12 Februarie: Sondag 14 Februarie: Maandag 15 Februarie: Woensdag 17 Februarie: Donderdag 18 Februarie: Vrydag 19 Februarie: Ds Pieter Viljoen Di Larry van der Walt, Eddie Vosloo en prof Piet Venter Ds Johan Viljoen Ds Danie Struwig Ds Peet Esterhuizen en dr Piet van Staden Di Petri de Kock, Herman Gothan en PM Smith Ds Neels van Tonder en twee van sy lidmate van Gemeente Buffelspoort besoek die lidmate in Bulawayo van 12 tot 15 Februarie. Dit is die eerste keer dat ds Van Tonder die lidmate in Zimbabwe besoek. Hy sal ook Sondag die erediens in Bulawayo lei. Gemeente Makarios in Kemptonpark neem op Sondag 14 Februarie hul voltooide kerkkompleks feestelik in gebruik. Prof Ernest van Eck sal namens die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) groete en gelukwense oordra. Aan die einde van verlede jaar is ds Thinus van Staden van Gemeente Montana se lied Weerskante van die ruit deur Tinus Esterhuizen van RSG aanbeveel vir die Diep 7- album wat pas uitgereik is. Dieselfde lied is in die eerste uitgawe van Vrouekeur vanjaar aangewys as een van die 20 beste ballades van 2009. Besoek gerus Thinus se webwerf by thinusvanstaden.co.za om na kort uittreksels van die CD te luister. Die musiekvideo van Weerskante van die ruit is te sien by die skakel http://www.facebook.com/video/?of=766403344. 2

Gemeente Pretoria-Tuine beskik oor n vakature vir n orrelis. Die pos is onmiddellik beskikbaar, en die kandidaat moet tydens oggend- en aanddienste optree (aanddienste vind plaas gedurende skooltye tot einde September, uitgesluit Junie en Julie). Daar is ook n sanggroep. Vergoeding is volgens skaal. Kontak dr André Botma by 012 460 7768 of andre.botma@telkomsa.net, of Clarence Marks by 012 379 6898 of nhktuine@gmail.com. In 1986 het prof Malan Nel die eerste studietoer met 49 predikante na die VSA onderneem. Die toer van 15 November tot 17 Desember 2010 is nommer 9 onder sy leiding. Besoeke word gebring aan 21 plaaslike gemeentes en 6 teologiese seminaria. Luister na die insette en perspektiewe van 14 teologiese leiers. Skryf aan m.mcnel@mwebbiz.co.za vir meer inligting. Prof Malan Nel Lekkerkerker is n kubertuiste vir jongmense, waardeur die Woord van die Here verkondig en gelowige jongmense aan mekaar gebind word. Jongmense: Gaan kyk by www.lekkerkerker.blogspot.com en word deel van ons. Gemeentes: Plaas hierdie beriggie asseblief in jul afkondigingsblaadjie en help ons om gelowige jongmense van oor die wêreld met mekaar in kontak te bring. Op Sondag 14 Februarie word landwyd dankdienste gehou om die 70ste bestaansjaar van die NHSV te vier. Die Kommissie van die AKV het goedgekeur dat die deurkollekte van dié Sondag aan die NHSV-hoofbestuur sal gaan. Die fondse sal aangewend word vir die Monumenttehuise van die NHSV asook vir beurse en lenings vir Hervormde studente. n Kort boodskap van die Hoofbestuur sal voorgelees word. Gebruikers van die Almanak moet enige wysigings aan inligting asseblief deurgee aan mev Karen Breedt, 012 322 8885 x257 of karen@nhk.co.za, sodat dit betyds op die stelsel aangebring kan word. Wysigings wat ontvang word, sal een maal per maand in die e-hervormer gepubliseer word. Voorstelle vir en kommentaar oor die Almanak kan gestuur word aan die redakteur, ds Kálmán Papp, by papp@biblesociety.co.za. Konserte en damesbyeenkomste Oorwinningskinders: n Konsert met jong Hervormers word aangebied deur die Ringsdiakensvergadering en die NHSV Balfour. Die optrede vind Saterdagoggend 13 Februarie plaas ten bate van armoedeverligting, in die kerksaal van Gemeente Balfour. Kospakkies sal ook voorsien word. Navrae kan gerig word aan Zelda van Tonder by 083 453 0950. Die oggend word geborg deur die NHSV-hoofbestuur. Vir optredes, skakel mev Marita Fourie by 082 486 2420. Gemeente Zeerust bied n feeskonsert aan met Musica Festiva onder leiding van Eddie Davey. Kom geniet die musiek van die orrel, twee trompette en n bariton. Dit vind plaas in die kerkgebou van die gemeente op Sondag 28 Februarie om 14:45 vir 15:00. Die kleredrag is netjies informeel, en die prys R60 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R40 vir ander kinders. Kaas en wyn word na afl oop van die konsert in die kerksaal aangebied. Kampe en toere Kom toer saam met Konteks. Daar is net enkele plekke oor. Van 15 tot 19 Maart 2010 toer ons onder leiding van dr Hennie van Deventer na die Natalse Middellande. Die koste beloop R3 750 per persoon wat deel (R800 ekstra vir enkelakkommodasie). Skakel Marius of Leana Wiese van Afton Toere by 033 330 5256 of 082 374 2995. Volledige inligting verskyn in Konteks van Augustus 2009. Daar is ook nog net n paar plekke beskikbaar vir die toer wat onder leiding van ds André Ungerer na die 2010 Passiespel onderneem word. Die vertrekdatum 3

is 8 Junie 2010. Kontak ds Ungerer of sy vrou, Esbé, by 018 468 5129, 082 940 8201 of nhrngzpg@mweb.co.za. Nog n pelgrimstoer vir Christene na Oberammergau en Israel via Switserland vind van 28 Mei tot 8 Junie 2010 plaas. Die toerleier is dr Hennie Botes. Kontak dr Botes by 014 743 0209 of hjbotes@worldonline.co.za. Sportbyeenkomste en -kompetisies Gemeente Mafeking se jaarlikse gholfdag vind plaas op Saterdag 27 Februarie by die Leopard Park Gholfklub in Mafi keng. Belangstellende deelnemers en borge kan die hooforganiseerder, Pokkels Ackerman, by 082 555 0683 of sheriffmolopo@hotmail.com kontak. Van Rensburg Monumenttehuis vir bejaardes in Pretoria-Wes bied hul 13de Klap n Tekkie pretloop aan by die Fonteine in Pretoria op Saterdag 27 Februarie. Maak dit n gesinsuitstappie en kom stap die 1, 5 of 10 km in die skaduryke en veilige omgewing. Vir meer inligting, besoek die webblad by www.klapntekkie.co.za, of kontak Elma du Plessis by 012 377 0786, 082 954 7955 of ruelma@vodamail.co.za, Marietjie Aldum by 082 495 3350, 012 807 6652 of marietjie@aldum.co.za, of Magda Bolton by 082 391 6587 of 012 807 4835. Basaars en markte Gemeente Grootvlei in Pretoria hou op Vrydag 26 Februarie n Mieliefees op hul kerkterrein. Maalvleis en boerewors word verkoop teen R30 per kg. Indien n persoon genoeg bestellings plaas (meer as 100 kg), sal die vleis by hom/haar afgelewer word (net in die Pretoria-omgewing). Bestellings kan geplaas word by die gemeentelike kerkkantoor, by 082 838 6303. Alle bestellings moet hulle voor of op Maandag 22 Februarie bereik. ANDER NUUS Die internasionaal bekende Kerkregkenner van Nederland, prof Leo Koffeman, hou gaslesings by Stellenbosch en UP. Hy ontmoet ook die NHKA op Vrydag 12 Februarie om 09:30 vir n gesprek en lesing. Die tema is Ekklesiologie en Kerkorde, en dit vind plaas in die Seminaarlokaal, Barton Keep (by die Sinodale Kerkkantoor). Alle belangstellendes moet by dr Wim Dreyer by wadreyer@nhk.co.za bevestig as hulle die geleentheid gaan bywoon. Daar bestaan tans n vakature vir pleegouers in die Diakonale Pleegsorghuis Elsburg. Die datum van diensaanvaarding moet verkieslik nie later wees as 1 April 2010 nie. Aansoeke sluit op 20 Februarie 2010. Die vereistes is onder andere dat dit n getroude egpaar van verkieslik tussen 40 en 55 jaar oud moet wees, dat hulle lidmate van die Hervormde Kerk moet wees, en oor goeie gesondheid moet beskik. Hulle moet ook n aanvoeling vir kinders hê. Suksesvolle ouers sal benewens n maandelikse kontantvergoeding en mediese voordele, gratis inwoning en versorging binne die DPS-huis ontvang. Kontak dr Koos Engelbrecht by 012 322 8885 (w) of 079 884 2880, of dr Jan Oberholzer by 012 322 8885 (w) of 082 851 1081 vir meer inligting. Die evaluering van voornemende teologiestudente vind by die Universiteit van Pretoria plaas gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie van elke jaar. Matrikulante asook persone wat reeds gematrikuleer het, kan aansoek doen vir evaluering om as student van die Hervormde Kerk te studeer. Aansoekvorms kan aangevra word vanaf die Administrateur, Kuratorium vir die Teologiese Opleiding, Posbus 2368, Pretoria 0001; tel 012 420 5393; faks 012 420 4303; 4

e-pos betsie.brits@up.ac.za. Die sluitingsdatum vir inhandiging van volledig voltooide aansoeke is 30 April van elke jaar. Die volgende vergaderings vind in die komende week plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Saterdag 13 Februarie: Maandag 15 Februarie: Dinsdag 16 Februarie Woensdag 17 Februarie: Donderdag 18 Februarie: Kommissie van die Algemene Diakensvergadering (ADV) Raad vir SENTIK en Raad vir Regsadvies Direksie en Finkom van Die Ondersteuningsraad, en Raad vir Regsadvies Komitee vir die Argief, Museum en Biblioteek Moderamen van die AKV KOMMENTAAR Ek stem saam met prof Geyser insake die waarskuwingsligte wat fl ikker (voorblad, 4 Februarie). Die eerste teken is wanneer n Big Screen geïnstalleer word. Daar word baie onsinnige redes op n gemeentevergadering gegee vir so n besluit, soos om beter te kan sing. Ek glo dat dit juis die lidmate is wat skaam is om met n Liedboek en Bybel in die openbaar gesien te word, wat hierdie elektroniese god met ope arms ontvang. Sodra dit geïnstalleer is, sal die res geleidelik insluip. Die goeie ou gewyde eredienste bestaan nie meer nie. Dankie vir die e-hervormer. Geïrriteerde lidmaat Baie dankie vir die praguitgawe van 28 Januarie. Vir my is die hele e-hervormer puik leesstof. Doe so voort. Mev Marthie Coetzee, Gemeente Kruin Hiermee my dank vir n uitstekende publikasie. Ek kan nie wag vir n Donderdag om die e-hervormer te kan lees nie. Karin Janse van Rensburg ADVERTENSIES Advertensies waarin n private individu of instansie die begunstigde is, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Kontak mev Tessa Oppermann by produksie@nhk.co.za vir meer inligting. AGTERBLAD Die NHSV vier op 22 en 23 Mei hul 70ste verjaardag. Gedurende hierdie feesjaar is hul nuwe briefhoof in gebruik geneem, met die getal 70 ingeweef in die logo. n Kalender vir 2010 is saamgestel deur die redaksie van Die Christelike Vrou, en in die Mei-uitgawe van Konteks verskyn n bylaag oor die NHSV. n Nuwe glansbrosjure is ook so pas vrygestel. Besoek die webblad www.nhsv.co.za, of kontak die Hoofbestuur vir meer inligting by nhsvhoofbestuur@nhk.co.za. Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 5