IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

Similar documents
iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Kerssangdiens. SA Gemeente

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Tariewe

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

Uitgawe 20/ Junie 2016

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Mandala Madness Deel 2

Tariewe

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Hoe om krag te spaar

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Dialoog en paragrawe *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

Webadres: Die Pastoor se pen:

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SIZA takes the sting out of auditing

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Gemeenteblad. Maak Stellenbosch oop, vra studente. NGK Stellenbosch. Hoe oop is ons gemeente? Jaargang 15: Nr 2: Tweede Semester 2015

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

Sterdansers by Vensters.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Woord vir die week. Boodskap Matteus 13:1-9 ; 18-23

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Transcription:

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK Wat gebeur DV die volgende week. Sondag 27 Oktober Maandag 28 Oktober Dinsdag 29 Oktober Woensdag 30 Oktober Donderdag 31 Oktober Vrydag 1 November Saterdag 2 November Erediens Sondagskool Gr 1 6 Kruislig Koffiediens Tienerdiens Gr 7 11 09:15 17:30 Vroue Bybelstudie 10:00 Mannebiduur 07:00 Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers 018-2948197 018-2977926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor 018-2948121 Faks 018-2943900 As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra. THOMAS FULLER

27 Oktober 2013 Uitgawe 32/2013 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos kantoor@ngkmiederpark.co.za Sendingkantoor sending@ngkmiederpark.co.za Jeugkantoor jeug@ngkmiederpark.co.za Sluit by ons aan op NG Kerk Miederpark BANKBESONDERHEDE: HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem word in Potch Medi- Kliniek, moet hulle asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor. NG Kerk Miederpark, ABSA Tjekrek 680 590 591, Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjekrek 405 041 9146, Potchefstroom 2 Die hart wat die mooi kan raaksien, is meer ontvanklik vir die goeie.

SENDING GEBEDSVERSOEKE BOTSWANA SENDING Jerry en Magda Magda is op die oomblik in Potch vir n tyd om fisio te kry en om aan te sterk. Sy vra: Vir gebed dat die Here haar volkome sal herstel na die skouer operasie. Sê dankie dat die Here haar elke dag dra. Jerry: Dank die Here vir Sy liefde en genade. Vir mense wie Hy oprig om Sy werk te doen en te onderhou. Die Kerk in Shakawe sal volhard in geloof in God drie-enig, vir die Waarheid van die Bybel. Die kinderbediening. Tsepy wat dit doen se werk laat haar elke 2e Sondag werk. Evangelisasie by grenspos na Caprivi. Vir gesondheid. Dat Jerry veilig terugry Potch toe vir Magda. en sy vrou se skootrekenaar het agter die motor se wiel beland en Chris-Johan het daaroor gery. Op die oomblik het hulle niks en hulle het dit nodig by hul werk by Radio Feba. HOSPITAAL SENDING Petro Zaayman Bid asb vir: Die Miederpark groep wat vandag die boodskap by die hospitaal bring. n Vrou met verspreide longkanker en n ondraaglike pyn agter die blad. n Vrou wat beroerte gehad het en vir haarself moet sorg. Sy het baie bekommernisse en vrese vir die toekoms. Mense met harde harte wat onvergifnis saamdra. MALAWI SENDING Pieter Bid asb vir: Al die mense van die villages wat so hard werk in hul lande om die mielies in te kry na die reën. Pieter wat hulle baie help om vir hulle kompos aan te ry vir die plant en ook saam met hulle werk. Vir al die verskillende Bybelstudie groepe om dit wat hulle daar leer te gaan uitdra na die wat Hom nog nie ken nie. Pieter se bure Chris-Johan en Jeanette wat werksaam is by Radio Feba. Sy skootrekenaar gee probleme wat verhinder dat hy kan werk, 3 Werp alle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 1 PETRUS 5:7

SENDING GEBEDSVERSOEKE MARELET Dinkdinge : Ons hoof en haar man gaan Maandag na Dubai om die dokters daar te sien, hy vir sy skouer en sy vir haar rug. Alhoewel haar rug al baie beter is, is dit nog ver van reg. Bid asb vir hulle besoek daar. Maandag- en Woensdag middag is dit ouerkonsultasies (soos oueraande). Bid asb vir my vir wysheid wat om vir die ouers te sê en wat om eerder nie te sê nie. Angie, ons huismaat se visum verval oor twee weke en sy het nog steeds nie n werkspermit nie. Bid asb dat sy guns sal ontvang van die owerhede en dat hulle n werkspermit vir haar Sal gee. Ek het n brief van n vriendin in die vorige land J, gehad. Daar gebeur die een ontvoering na die ander. Bid asb dat die J-nies die Here Jesus sal leer ken as hulle Verlosser. Dankie: Dankie vir n heerlike langnaweek waar ons lekker kon uitrus. Dankie dat ek so veilig voel in hierdie land. Dankie, Vader, dat U vir my wonderlike vriende en mense wat omgee gegee het. VERITAS Ds Dawie & Naomi Ons vra vandag voorbidding vir die organisasie van Veritas College. Veritas College dien plaaslike kerke in meer as dertig lande met geïntegreerde leierskapsopleiding. Kortliks beteken dit dat plaaslike gemeentes gemotiveer word om, soos wat n gemeente aksies het wat bv sendingwerk doen, uitreik, nood en armoede aanspreek, ens, die gemeente ook sy eie leiers met die Woord sal toerus. In die basiese opleiding, waarmee ons voltyds besig is, leer ons gewone lidmate om die Bybel self te verstaan, toe te pas en die absolute waarhede van die Evangelie in hulle eie situasie uit te lewe en te kommunikeer. In die proses leer hulle vaardighede aan wat hulle vanuit die Woord as gemeenteleiers toerus. Die volgende vlak van opleiding is Vocational training. Na opleiding in die eerste twee modules, kan n deelnemer sy/haar vaardighede laat evalueer en indien die vereiste vlak bereik is, word n kwalifikasie verwerf. Veritas bied n sertifikaat en drie diplomas aan, waarmee dit teoreties moontlik vir n persoon sonder matriek is om die vlak van n universteitsgraad te bereik. Dan bied Veritas ook nagraads n Meestersgraad in Bybelse Bediening aan. Enige persoon wat reeds n leier in n plaaslike gemeente is en die Graduate Diploma in Biblical Ministries ver werf het, of n erkende graad in enige dissipline aan n universiteit verwerf het, kan aansoek 4 Bekommernisse is om n las te dra wat God ons nooit opgelê het nie.

doen om vir n Meestersgraad by Veritas College in te skryf. Die jongste toevoeging is dat Veritas vanaf November 2013 ook n Doktorsgraad in Bybelse Bediening aanbied. Die vereistes is natuurlik die nodige nagraadse akademiese agtergrond, maar ook dat die kandidaat in die Evangeliebediening moet staan. Soos in enige Doktorale studie moet heelwat navorsing oor n reeks onderwerpe gedoen word. Onder meer word vereis dat die kandidaat aspekte van sy/haar bediening sal identifiseer waarop verbeter kan word. Die probleme moet dan deeglik nagevors word, strategieë beplan word om dit te verbeter, die strategieë aan die Woord getoets en dan geïmplementeer word, en dan moet die resultate deeglik geëvalueer word. Hieruit word dan gevolgtrekkings gemaak. Dis dus jare se navorsing wat deeltyds gedoen moet word. Die eerste groep wat dit gaan doen, is n groep van Veritas se personeel waaronder die uwe. Ek sien baie uit daarna, al lyk dit nou na Everest.. Ek het dus julle gebede baie nodig en Naomi ook, omdat dit ook heelwat druk op haar sal plaas. Seënwense vir n goeie einde van die week. 5 Vader, vergewe wat was, heilig wat ek is en beveel wat ek sal wees.

BILTONGPROJEK As deel van fondsinsameling ten bate van sending verkoop ons baie lekker biltong en droë wors teen n baie billike prys. Vir enige bestellings kontak gerus die sendingkantoor in die oggend by 018 2946900. Daar sal ook na die oggend-diens biltong en droë wors beskikbaar wees by die saal. VERKOPING Selgroep 64 beplan om teen einde Oktober n verkoping van tweedehandse items te hou. Dit is nou lente en ons sorteer mos nou ons kaste uit. ENIGE oortollige items sal welkom wees: klere (ook kinder-en babaklere) Skoene Beddegoed Gordyne Enige breekgoed en kombuisware Ornamente Ensovoorts! Ons beplan om met die fondse loophulp/loophulpe aan te skaf vir bejaardes in ons gemeente. Indien u kan help, sal ons dit waardeer as u dit by die kerkkantoor aflewer. Merk dit asseblief Sel 64-projek. U kan dit ook by Dassie Lombaard, Uitsigstr 28 (0845004828 / 018-2932437) besorg. Ons is ook bereid om dit by u af te haal. 6 Vreugde is nie die afwesigheid van pyn nie; dit is die Teenwoordigheid van God.

OKTOBER VERJAARSDAE Petro vd Merwe 27/10 Dawid Strydom 27/10 JP du Toit 27/10 Rudi Mieny 27/10 Anita v Heerden 27/10 Ansu de Klerk 28/10 Leandé Britz 29/10 Jose Castanho 29/10 Freda Esterhuizen 30/10 Stiaan Calitz 30/10 NOVEMBER VERJAARSDAE 1 Nov Nathalie-Helen van Niekerk 4 Nov Johan Swanepoel 2 Nov Jean Pierre le Roux Deidré Uys Danie Jonker Louisa Geldenhuys Hilda le Roux 3 Nov Corne Cilliers 6 Nov Ensumi de Beer Janette van der Walt Irma Snoek Bertie Hanekom Tommie Cilliers 7 Nov Lucas v d Heever 8 Nov Willie Britz Thonie de Beer Beatrice Joubert 9 Nov Linda Croft 10 Nov Ricardo Harford JC Kruger Corlene vd Walt Leon Koekemoer Ruan Henrico Emil Engelbrecht 11 Nov Frieda v Zyl 12 Nov Gert Cornelissen Jack J v Rensburg Christo Pothas 13 Nov Anja v Tonder 14 Nov Bonita du Toit Emmie Mostert 15 Nov Michelle Smit 16 Nov Gerrie Schoeman Juliana Grobler Claudia vd Westhuizen 18 Nov Louis du Toit 19 Nov Leon Rusch Pieter Smith Martie Louw Vicky Swart Kotzé Smit Johan Mostert Elsabé vd Walt Nadine Swanepoel 7 U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.

DORINGS EN ROSE Dorings en Rose bied ʼn komiese, leersame kyk na die verskille tussen mans en vroue, en watter verwagtinge elkeen het in terme van hul verhoudings met mekaar. Dit steek die draak met paartjies aan die hand van skreeusnaakse situasies en om uit te beeld wat met paartjies gebeur vanaf ontmoeting tot oudword stadium. Hoe dikwels die verwagting van ʼn verhouding heeltemal verskil van die realiteit en hoe paartjies daardie verskil hanteer. Dit word aangebied in NG Kerk, Die Bult kerkgebou, DV 6 November 2013 om 18:00. ʼn Ligte ete word daarna aangebied en die koste beloop R 80 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Die Bult kerkkantoor. BESLUITE VAN DIE GE- MEENTEBESTUUR VER- GADERING GEHOU OP 21 OKTOBER 2013 Die biddag vir reën is gereël vir 22 Oktober 2013 om 18:00. Week van gebed sal 18 21 November gehou word Dankbaarheid. Die 27ste November word daar vir ons Nooddienste in Potchefstroom gebid en ds Okkie versoek dat n geldjie beskikbaar gestel word vir eetgoed tydens die geleentheid. Die vergadering keur dit goed. Die gebedsbediening sluit op 4 Desember 2013 af vir die jaar. Die Kerssangdiens word op 24 November 2013 beplan. Piet Smit se optrede op 3 November 2013 tydens die aanddiens word goedgekeur. Vrywillige bydrae word gevra. Leraars sal die nodige besprekings doen en reëlings tref vir n spreker tydens Pinkster 2014. Die vergadering neem kennis van die Heart Cry Konferensie wat sal plaasvind DV 4-6 September 2014. 8 Die doel van die lewe is om n lewe met n doel te leef.

NG POTCHEFSTROOM-NOORD (h/v Silwer&Meyerstr.) KERSSANGDIENS MET DIE POTCHEFSTROOM MANNEKOOR (die koor is vanjaar reeds 30 jaar oud) 3 November, 18:00 Kom beleef 'n sang en Woord geleentheid saam met ons kinderkerk kinders, verskeie instrumente en 'n solis. Moenie dit misloop nie en nooi ander mense uit!!! Colleagues.. May I thank the Almighty God for being so great to our lives. Secondly to pass words of appreciation to Miederpark Sending Kommissie for giving me opportunity to attend Mission to Worship conference last week. In my view this conference opened my heart, ears and hands, made God to speak directly to me. I have been revitalized to seriously commit and dedicate myself more than before. Our reformed orientation and theology must start to address God s mission in a true sense of the word. Pass our gratitude to your Ministry and Congregation. Shalom... Josef Taiwe on behalf of URCSA-Tshepisong 9 Iemand wat eerlik antwoord, is n ware vriend.

Beste Vriende van Miederpark, Wil julle saam net die Here dank vir die geseënde konferensie wat World Reformed Fellowship saam met die Fakulteit Teologie van Noordwes Universiteit en die NG Kerk Miederpark aangebied het met die tema: Met hart en Mond en Hande in God se wêreldwye Koninkryk. Oor die drie dae het 200 mense van oral uit Suid-Afrika en aangrensende lande dit bygewoon. Hier is die kommentaar van een van die buitelandse besoekers, Fergus Macdonald uit Skotland: Thank you so much for organising this conference last week. It was one of the best international conferences I have attended. I was most impressed by the very high quality of the presentations and by the great spirit of fellowship which prevailed throughout. I felt that the Holy Spirit anointed the conference in a special way, demonstrating the enormous potential of the Reformed Faith when quickened by the Spirit to turn the world upside down. Die Raadsvergadering van WRF die daaropvolgende week was ook baie geseënd. Daar is verskeie besluite geneem en inisiatiewe aan die gang gesit wat deur God se genade die uitdra van die evangelie op baie plekke kan versterk, met die oortuiging dat Reformatoriese Teologie in die wêreld waarin ons vandag leef, meer relevant is as ooit. Allerlei strategiese samewerkingsooreenkomste tussen kerke en organisasies wêreldwyd om die koningskap van Christus oor die hele wêreld ook in donker plekke en stukkende mense se lewens - oor die volle spektrum van ons lewens te proklameer, is geïnisieer en bestaande verhoudinge versterk. Ek sê net op my knieë dankie aan ons genadige Vader. Ook diep en innige dank aan alle medewerkers wat met n glimlag en dienskneg gesindheid hulp verleen het om al die logistieke reëlings en uitdagings wat so n omvangryke konferensie stel, glad te laat verloop en probleme wat voorgekom het uit te stryk. Flip Buys Dr. P.J. (Flip) Buys Associate International Director World Reformed Fellowship 10 Die taal van vriendskap is nie woorde nie, maar betekenisse.

11 n Vrolike mens is n gesonde mens, n neerslagtige mens raak uitgeput.

Stuur asb kommentaar, voorstelle en nuuswenke aan: naomischeepers@hotmail.com of 0791349256