Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

Similar documents
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE HOOGSTE HOF VAN

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

BenguFarm Bestelvorm

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Rut: n Liefdes Verhaal

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (Noord-Kaapse Afdeling) WILLEM JACOBUS WYNAND HUMAN. UITSPRAAK OP APPéL

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

1. Grondlyne vir n nuwe bedeling

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA. Land- en Landboubankvan Suid-Afrika. versus. 1 ste Verweerder. StephenJames GroenewaldtN.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

Uit Moerdijk se pen Man en Media

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) v COMMERCIAL UNION VERSEKERINGSMAATSKAPPY VAN SA BPK

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING) BREDASDORP MUNISIPALITEIT BONTEBOK KALKWERKE (EDMS) BPK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

The dependants damages claim following the death of their breadwinner: Much ado about nothing?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

1ste Appellant RUDOLF JOHANNES BRITZ N.O. 2de Appellant JACOB JOHANNES VAN ZYL N.O. 3de Appellant NICOLAAS JACOBUS NAUDE N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

[1] In haar dagvaarding vorder appellante (eiseres in die hof a

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling)

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

Direkte en indirekte rede *

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

[ISSN ] TSAR

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

U.O.v.s. - BIBLIOTEEK * *

ARTIKEL 2(3) VAN DIE WET OP TESTAMENTE: PRAKTIESE PROBLEEM BY LITIGASIE *

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

Transcription:

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Saak No: 423/96 In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS Appellant en SANTAM BEPERK Respondent CORAM: Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR VERHOOR: 18 September 1998 GELEWER: 29 September 1998 UITSPRAAK HEFER AR

2 Suid Afrikaanse howe pas reeds langer as 'n eeu die beginsel toe dat die moontlikheid van 'n weduwee se hertroue in ag geneem word by die bepaling van haar skadevergoeding weens die onregmatige dood van haar man. In Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Victor NO 1986 (1)SA 601 (A) op 616A-B is aangedui dat dieselfde beginsel toegepas word indien sy ten tye van die verhoor reeds weer getroud is. In die huidige appèl moet oorweeg word of die tyd nie ryp is vir 'n nuwe benadering nie. Die punt het ter sprake gekom in 'n eis wat die appellant ("die Kommissaris") in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen die respondent ("Santam") ingestel het onder art 8(1)(b) van die Ongevallewet 30 van 1941, soos gewysig. Hierdie bepaling magtig die Kommissaris om skadeloosstelling wat hy verplig is om aan 'n werksman of sy afhanklikes te betaal, te verhaal van iemand ander dan die werkgewer -'n sogenaamde derde party - wat regtens aanspreeklik is om skadevergoeding ten opsigte van die ongeval aan die werksman of sy afhanklikes te betaal. Volgens 'n voorbehoudsbepaling tot art 8(1)(b) mag die verhaalbare bedrag egter nie die bedrag oorskry wat, volgens die oordeel van die hof, aan die werksman

3 of sy afhanklikes toegeken sou gewees het indien die Wet nie bestaan het nie. Die partye was dit eens dat Santam as derde party teenoor die Kommissaris aanspreeklik is vir skadeloosstelling wat laasgenoemde moet betaal aan die weduwee van 'n werksman wat in n motorbotsing gedood is. Die weduwee was reeds weer getroud en, omdat hulle verskil het oor die effek van haar hertroue by die toepassing van die voorbehoudsbepaling, het hulle twee vrae aan die Hof a quo voorgelê by wyse van gestelde saak onder Reël 33 van die Eenvormige Reëls, naamlik : "(a) Verval die weduwee se gemeenregtelike aanspraak op skadevergoeding vir onderhoudsverlies, teen die nalatige doodsveroorsaker van haar oorlede eggenoot, by haar hertroue? (b) Het 'n positiewe antwoord op (a) die effek en regswerking dat die Eiser se vordering/verhaalsreg teen Verweerder ingevolge artikel 8(1)(b) van die Wet, insgelyks en dienooreenkomstig beperk word?" In 'nuitspraak gerapporteer as Ongevallekommissaris v Santam Bpk [1996] 2 All SA 649 (O) het Lombard R beide vrae bevestigend beantwoord

en later verlof aan die Kommissaris verleen om na hierdie Hof te appelleer. Dit blyk uit die uitspraak dat die geleerde regter die eerste vraag aan die hand van die heersende reg beslis het omdat hy nie bereid was om 'n nuwe rigting in te slaan en die weduwee se hertroue buite rekening te laat soos deur die Kommissaris versoek nie. Soos reeds aangedui, is die versoek in hierdie Hof herhaal. Of daaraan gehoor gegee moet word, kan eers besluit word nadat vasgestel is hoe die huidige beginsel toegepas moet word in die geval van 'n weduwee wat reeds weer getroud is. Ek sê dit omdat dit die eerste maal is wat hierdie Hof met so 'n geval te doen kry. Hoewel in uitsprake van provinsiale howe sedert 1886, en van hierdie Hof sedert Hulley v Cox 1923 AD 234, herhaaldelik voorsiening gemaak is vir die moontlikheid van 'n tweede huwelik, was Glass v Santam InsuranceLtd and Another 1992(1) SA 901 (W), sover bekend, die enigste Suid Afrikaanse geval van 'n weduwee wat reeds weer getroud was. In daardie saak het Flemming ARP beslis dat getuienis oor die verdienvermoë van die tweede eggenoot wat daarop gemik was om te bewys dat die weduwee geldelik slegter daaraan toe was as vantevore, nie ter sake was 4

5 nie. Op 905B-C het die geleerde regter te kenne gegee dat "remarriage marks the end of the period of calculation of loss" - met ander woorde, dat die tydperk na haar hertroue buite rekening gelaat word by die bepaling van die weduwee se vergoeding, asof sy vanaf datum daarvan geen verdere skade ly nie. Lombard R se positiewe antwoord op die eerste vraag in die onderhawige geval is hoofsaaklik op dieselfde redenasie gegrond. Indien dit die korrekte beskouing is, is sy antwoord ook korrek; indien nie, is dit verkeerd. Myns insiens behels die opvatting 'n volkome miskenning van die aard en doel van die aksie wat aan afhanklikes verleen word weens die dood van 'n broodwinner. Dit is algemeen bekend dat die howe so 'n aksie as 'n hulle uitbreiding materiële op 614B-F). Govemment 664-665; sou skade, gewees Natuurlik van Legal (Minister die deur het lex moet Insurance indien of Aquilia afhanklikes Railways toegesien Company die beskou, broodwinner and word geldelik Ltd Harbours) wat dat v Botes gerig in hulle nie die v gesterf 1963 Warneka posisie nie op oorgekompenseer (1) die het te SA 1911 verhaal plaas nie 608 AD (Union waarin (A) 657 van op

6 word nie. Daarom word voordele wat hulle toegeval het, in berekening gebring in die vergelyking van hulle posisie voor en na die broodwinner se dood. In die geval van 'n weduwee word haar hertroue, of die moontlikheid daarvan, as 'n verrekenbare voordeel beskou. Soos Innes HR dit gestel het inhulleyv Cox supra op 244, " the object being to compensate them (die afhanklikes) for material loss, not to improve their material prospects,it follows that allowance must be made for such factors as the possibility of re-marriage." 'n Tweede huwelik herstel egter vanselfsprekend nie noodwendig 'n weduwee se vorige geldelike posisie níe. Dit mag byvoorbeeld wees dat die tweede eggenoot 'n kleiner inkomste het as wat die eerste een gehad het, of dat hy nie dieselfde verdienvermoë het nie, of dat hy meer kinders van sy eie het wat van sy onderhoud afhanklik is en in sy verdienste deel, of dat hy ouer is en haar waarskynlik nie so lank sal onderhou as die eerste eggenoot nie. Word enige van hierdie gebeurlikhede bewaarheid, sal die weduwee slegter daaraan toe wees as wat sy gedurende haar eerste huwelik was, en indien dit nie in berekening gebring word nie, word sy nie ten volle vergoed

7 nie. (Kyk Corbett & Gauntlett: The Quantum of Damages 4de uitg (1995) 71 'n 126; Davel: Skadevergoeding aan Afhanklikes 124-125 en vgl PQR Boberg: "Deductions form Gross DamagesinActionsforWrongful Deaths" in (1964) 81 SALJ 194 op 215 ev; Luntz: Assessment of Damages for PersonalInjury and Death 2de uitg op 449-450, en Curwen v James and Others [1963] 2 All ER 619 (CA) op 622F-H.) Hierdie waarheid word nie onder die oë gesien in die uitspraak in Glass nie. Soos ek die uitspraak verstaan, berus dit op die feit dat in vorige uitsprake van die howe na 'n moontlike tweede huwelik verwys word sonder enige aanduiding dat dit eintlik gaan om die geldelike voordeel wat dit inhou (903B-904C). In Roberts v London Assurance Co Ltd (3) 1948 (2) SA 841 (W) op 850 is die waarskynlikheid inderdaad in aanmerking geneem dat 'n tweede eggenoot nie dieselfde verdienvermoë as die eerste sou gehad het nie. Flemming ARP maak die uitspraak af (op 903J-904C) as een "[which has] no reliable precedent in practice, and which stands in singular contrast to the state of the law as perceived on a wider perspective."

8 Hierdie Hof het in Legal Insurance Company Ltd v Botes supra 608 (A) op 617H-618A in die konteks van 'n moontlike hertroue egter uitdruklik verwys na die moontlikheid dat 'n tweede eggenoot ouer mag wees as die eerste, en selfs na die moontlikheid dat n tweede huwelik deur egskeiding beëindig mag word. IVIyns insiens het die geleerde regter te veel gemaak van die feit dat dergelike opmerkings nie in ander uitsprake verskyn nie. Soos reeds vermeld, was daar geen vorige gevalle waarin die weduwee reeds weer getroud was nie en, waar dit bloot 'n kwessie is van die vermindering van die weduwee gemotiveer hertroue, antwoord oorweeg gelaat benadering In Na behoort word hierdie se my op nie. sedert vergoeding oordeel nadat te die word verband eerste 1923 die omvang is aandag betoog herhaaldelik Glass vraag moet voorsiening van verkeerd geniet dat ook dit die 'n deur verkeerd. weduwee het. beklemtoon vermindering beslis te hierdie maak en Díe se Hof is vir hertroue word Lombard korrekte toegepas dikwels die moontlikheid dat buite R antwoord is. nie die se Natuurlik rekening positiewe volledig huidige van sal

9 kan ons nie goedsmoeds 'n nuwe rigting inslaan nie. 'n Aanpassing van 'n gevestigde beginsel in die lig van moderne vereistes aan die hand van beslissings soos Blower v Van Noorden 1909 TS 890 op 905,Willis Faber Enthoven (Pty)Ltd v Receiver of Revenue and Another 1992 (4) SA 202 (A) op 220E-F en Bayer SouthAfrica (Pty)LtdvFrost 1991 (4) SA 559 (A) op 568I-569C, geskied immers slegs wanneer 'n duidelike behoefte daarvoor bestaan (vgl Hamman v Moolman 1968 (4) SA 340 (A) op 348fin); en selfs dan moet die hof tevrede wees dat dít nie 'n geval ís waarin dit aan die wetgewer oorgelaat moet word om in te gryp nie (Blower v Van Noorden op 905; Die Spoorbond andanotherv South AfricanRailways 1946 AD 999 op 1008-1009 en 1013-1014). As rede vir 'n aanpassing is namens die Kommissaris aangevoer dat die huidige standpunt nie in ooreenstemming met die gemenereg is nie. Ek stem nie saam nie. In dievictor saak supra op 615B-D is wel opgemerk dat dit "sou waarskynlik redelik wees om te dink... dat die benadering sy oorsprong in Engelse beslissings gehad het."

10 Maar ek is nie oortuig dat dit inderdaad die geval was nie. 'n Duidelike en opvallende onderskeiding tussen die gemenereg en die Engelse reg verskyn in Jameson's Minors v Central South African Railways 1908 TS 575 op 602-603 waar Innes HR hom soos volg uitgelaat het oor die algemene benadering tot die aksie van afhanklikes: "The general principles which should guide us are plain. I need only refer to Voet who lays down the rule very clearly... the plaintiffs are entitled to compensation for the pecuniary loss involved in a reduced income, and a restricted provision for the supply of what they have been accustomed to, and could reasonably have anticipated that the deceased man would continue to supply. Our law lays down no hard and fast rule for such a calculation. It leaves a large discretion to the judge to award what under the circumstances he considers right... Whether the result of the decisions under Lord Cambells's Act is to leave the English judges as free a hand, I am not clear...if [the direction to the jury in Armsworth v South EasternRailway Co (11 Jur. 758 at 760)] is a correct statement of the English law, then it does not differ very much from our own." Die posisie van n weduwee was nou wel nie ter sprake nie en gevolglik was daar geen verwysing na die moontlikheid van haar hertroue nie; maar, toe

11 hierdie aangeleentheid wel te berde gebring is in Hulley v Cox supra het Innes HR die posisie soos volg beskryf (op 243-244): "It remains to consider the question of damages... Some authorities consider that the calculation should be based upon the principle of an annuity (See Grotius 3.33.2. Matthaeus de Criminibus 48.5.11.) Voet on the other hand favours a more general estimate. Such damages, he thinks, should be awarded as the sense of equity of the judge may determine, account being taken of the maintenance which the deceased would have been able to afford and had usually afforded to his wife and children. (Ad Pand.9.2.11) That would seem the preferable view as giving a greater latitude to deal with varying circumstances. It is at any rate desirable to test the result of an actuarial calculation by a consideration of the general equities of the case..." (Hierna verskyn die opmerking oor hertroue wat reeds aangehaal is.) Die uitspraak kom my voor as 'n klassieke voorbeeld van n besondere toepassing van 'n algemene gemeenregtelike beginsel. In die ou bronne was daar weinig meer te vind as algemene opmerkings oor die basis van vergoeding en selfs daaroor was die skrywers dit nie eens nie (Davel op cit 42-43). Dit was die eerste maal wat hierdie Hof gemoeid was met die beraming van 'n weduwee se skade. By gebrek aan eenstemmigheid tussen

12 die gesaghebbende skrywers moes 'n eie keuse gemaak word oor die algemene benadering (Willis Faber Enthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue and Another supra op 219H-J), en die Hof moes self besluit op die wyse waarop die gekose benadering toegepas moes word. Selfs al sou dit wees dat Engelse beslissings 'n rol gespeel het in vorige beslissings van provinsiale howe, kom dit nie daarop aan nie. Soos uitgewys in Trust Bank van Africa Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A) op 411C-E, "[kan] vergelykende oorweging... soos ten oorvloede uit talle van ons gewysdes en regsverhandelinge blyk, 'n besonder dienstige middel wees om tot helderheid te geraak omtrent die beste toepassing, aanpassing of uitbouing van eie beginsels." Namens die Kommissaris is verder aangevoer dat daar tekortkomings in die huidige benadering is. Opgesom kom die betoog daarop neer dat die benadering (1) onlogies en anomaal is en (2) tot ongelyke behandeling lei. Die submissie dat dit onlogies is, spruit voort uit 'nopmerking in die Victor saak op 614B-C dat "[d]ie hertroue van 'n weduwee, of die aanneming van n kind,

standpunte met mekaar te versoen en resultate te rasionaliseer wat suiwer 13... nie gevolge [is] wat uit die dood van die betrokke eggenoot of vader voortvloei nie, en kan dus nie juis op logiese gronde gesien word as faktore wat by die bepaling van 'n weduwee of kind se vergoeding in aanmerking geneem moet word nie." (Kyk ook Victor NO v Constantia Insurance Company Ltd 1985 (1) SA 118 (C)op 124F-G.) Of 'n weduwee se hertroue beskou kan word as 'n gevolg van haar eerste eggenoot se dood, is n vraag waaroor lank reeds bespiegel word. In ander Statebondslande is kousaliteit 'n blywende probleem wanneer die toebedeling van voordele, en meer bepaald 'n weduwee se hertroue, ter sprake is. Volgens Fleming: The Law of Torts 8 ste uitg op 673 het die benadering dat slegs voordele wat uit die oorledene se dood voortspruit, aanleiding gegee tot "much sterile speculation on causation and conclusions difficult to reconcile". (Dit word miskien die beste geillustreer deur die uitsprake in Dominish vastill [1979] 2 NSWLR 368 (CA) waarin 'n versameling beslissings gevind sal word.) Al die bespiegeling, so kom dit my voor, behels weinig meer as vrugtelose pogings om uiteenlopende

14 op oorwegings van billikheid en regverdigheid gegrond is. (Vgl Street: Principles of the Law of Damages, (1962) op 74; Luntz opcit 344, 347.) Hoe dit ook al sy, in ons land is dit nie nodig om 'n gekunstelde rasionaliseringsproses te volg nie want, volgens die benadering wat sedert 1990 inslag gevind het na die beslissing in S v Mokgethi en Andere 1990 (1) SA 32 (A), moet die vraag of daar in 'n bepaalde geval 'n kousale verband tussen twee gebeurtenisse bestaan, beantwoord word aan die hand van beleidsoorwegings en die grense van billikheid en regverdigheid (Smitv Abrahams 1994 (4) SA 1 (A) op 15E-F; Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd 1994 (4) SA 747 (A) op 765A-B). Dit is presies dieselfde oorwegings wat bepaal of 'n besondere voordeel in verrekening gebring moet word (Klaas v Union and SouthWestafricaInsurance Co Ltd 1981 (4) SA 562 (A) op 577E-F, Standard General Insurance Co Ltd v Dugmore NO 1997 (1) SA 33 (A) op 42A-C, Zysset and Others v Santam Ltd 1996 (1) SA 273 (C) op 278H-279C). Daarom is 'n "gegogel met die kousaliteitsbegrip" (per Rumpff AR in Santam Versekeringsmaatskappy Bpk vbyleveldt 1973 (2) SA 146 (A) op 151E-F) totaal oorbodig.

15 Opvallend in hierdie Hof se uitspraak in die Victor saak is die verwysing na billikheid op 616B-C en die feit dat die Hof, hoewel terdeë bewus van die afwesigheid van logiese gronde, op 616A-B uitdruklik bevestig het dat 'n weduwee se hertroue, of die moontlikheid daarvan, wel in aanmerking geneem moet word. Alle aanduidings is dat die beginsel herbevestig is om dit buite twyfel te stel ten spyte daarvan dat dit nie logies gegrond was nie. Dit was uit en uit 'nbeleidsbesluit gegrond op oorwegings van billikheid en regverdigheid. Die feit dat alles uiteindelik om oorwegings van billikheid en beleid gaan, verskaf ook die antwoord op die submissie dat die huidige benadering verdienvermoë, anomaal ontvang, volg Waar huwelik alle anomalië dit billikheid in nie is. buite aanmerking dat Ek te dit en of rekening is vermy die beleid laasgenoemde nie onderhoud oortuig geneem nie. die gelaat kriterium dat word wat dit voordeel nie. werklik 'n is, terwyl aangenome En, is is dit selfs anomaal die wat in voordeel aangepas elk al kind sou geval is dat dit van van nie die 'n moet sy weduwee moontlik 'n geval pleegouer word tweede wees, nie. om se

16 Gesien die betreklike kort tydperk wat verloop het sedert die uitspraak in Victor is die Kommissaris se advokaat gevra of omstandighede intussen so verander het dat daar 'n behoefte bestaan aan die aanpassing wat hy bepleit. Hy het eerstens gewys op statutêre maatreëls (waarvan besonderhede onnodig is) om die status van vroue te verhoog en hulle geldelik en andersins in 'n beter posisie te plaas. Ek begryp egter nie die relevansie hiervan nie. Dit gaan immers nie om geslagsonderskeiding of om vroueregte nie, maar om 'n eenvoudige beginsel van die reg wat daarop gemik is om oorkompensasie te verhoed sonder aansiens des persoons. Dieselfde geld vir die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades 27 van 1990 waarna ons ook verwys is. Daarvolgens het langslewende gades 'n reg verkry om onderhoud van die boedel van die eerssterwende te ontvang. Sommige uitsprake - byvoorbeeld dié in Peri-Urban Areas Health Board v Munarin 1965 (3) SA 367 (A) op 376D - skep die indruk dat 'n weduwee vergoed moet word vir die reg op onderhoud wat sy weens die onregmatige dood van haar man verloor. Indien dit so is, kan die effek van die wetgewing slegs wees dat n weduwee nie langer daardie reg verloor nie. So gesien

17 kan dit moontlik die omvang van haar bruto verlies affekteer, maar met die vraag of die voordeel van 'n tweede huwelik in verrekening gebring moet word, hou dit geen verband nie. Ten slotte het die Kommissaris se advokaat die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, Wet 200 van 1993, geopper en aangevoer dat die huidige benadering strydigis met die gelykheidsbeginsel in a 8. Ek aanvaar in die lig van a 35(3) en die uitsprake van die Konstitusionele Hof in Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996 (3) SA 850 (CC) op 885C- 887G en Gardener v Whitaker 1996 (4) SA 337 (CC) op 345C-E dat die gemenereg aangepas moet word in ooreenstemming met die gees, strekking en oogmerke van hoofstuk 3. Maar ek vind geen tekens van ongelyke behandeling in die benadering tot die hertroue van weduwees nie. Soos ek die betoog verstaan in die vorm waarin dit by die verhoor van die appèl voorgedra is, het dit betrekking op die feit dat, in die geval van weduwees wat reeds weer getroud is ten tye van die verhoor, die werklike voordeel wat hulle uit die tweede huweliktrek in berekening gebring word, terwyl in ander gevalle 'n bedrag of 'n persentasie van die bruto verlies afgetrek word wat

18 die moontlikheid van hertroue verteenwoordig. Ek stem saam dat daar waarskynlik wel ongelyke behandeling sou gewees het indien die beslissing in Glass v Santam Insurance Ltd and Another supra gehandhaaf sou word. (Dit was die basis van die betoog oor ongelyke behandeling in die skriftelike betoog namens die Kommissaris.) Ek het egter reeds aangedui dat die beslissing verkeerd is. Die aftrekking wat gemaak word waar n weduwee nog nie weer getroud is nie, is n vooruitskatting wat noodwendig gemaak moet word omdat die werklike voordeel uit 'n tweede huwelik nie bepaal kan nie. word verander gestelde verval. gedeeltelik onvergewerp totdat Wat IVIyns saak nie. dit koste suksesvol insiens ontkennend Hierdie word, plaasvind betref, bestaan selfs gevolgtrekking sou nie. is beantwoord al wees namens daar sou Daar geen indien sy is bring betoog nie moet rede die sprake Kommissaris mee word beslissing vir dat van die en die huidige dat ongelyke verandering eerste aangevoer die die benadering tweede vraag G/ass behandeling van dat vraag saak die hy te

19 bestaande benadering nie slaag nie. Daarom is aangevoer dat Santam die koste van die appèl behoort te betaal. Dit blyk egter dat die skriftelike betoog namens die Kommissaris slegs 'n terloopse verwysing na Glass verhoor van die quo bevat vraag behandeling beslissing. mondelinge bestaan koste 1. onderhoud verhoor sal het van Die of is. weer betaal. daar sonder die appèl volgende By betoog Soos juis trou, van bestaande voldoende die verbeur." word enige gebaseer verhoor "die reeds ook bevel gehandhaaf aanduiding appèl gehele van Die beide benadering rede word opgemerk, was die advokate toe skadevergoeding vir kante almal die gemaak verhoor maar dat 'n stelling spreek bevel aangevoer was verander dit is geen : van vroegtydig eens waarvolgens dat die bevel oor dat moet 'n gestelde onder sou submissie geheel die dit word weduwee versoek word word. korrektheid verkeerd die gemaak toegespits elke saak dat hoof oor om Myns wat party dit in was, van ten ongelyke die voor verkeerd van insiens op sy verlies Hof eie die by a

20 opsigte van die koste van appèl nie. 2. Die bevel van die Hof a quo word vervang met die volgende: "(a) Die antwoord op die eerste vraag is : Nee. Die tweede vraag verval. (b) Geen bevel word gemaak ten opsigte van koste nie." Appèlregter Smalberger AR ) Schutz AR ) Stem saam Plewman AR ) Melunsky Wnd AR)