www.ptawoodworkers.com January 2018 Januarie 2018 Annual General Meeting 2018 The Annual General Meeting was held on 31 January in our new venue for the year which is Die Werf (Volkspelesaal) 321 Johan Heyns Drive Gezina. Adequate and secure parking is available. The meeting was attended by 38 persons which was slightly larger than the required quorum. Willie Marneweck at the end of the meeting expressed our appreciation to outgoing Chairman Jèhan Kruger. Chairman Jèhan Kruger handing over the Chairman s trophy to Willie Marneweck prior to handing it to Neville Comins. AGM Attendees in the new venue. Outgoing Chairman Jèhan Kruger delivered his Annual Report in which he highlighted the various achievements and challenges in the past year. The full report and the minutes of the meeting will be placed on the Association website. The financial statements were presented by Treasurer Neil MacKinnon. Jèhan thanked all of the Commtee members for their active participation during the year. Particular mention was made to to the hard work of the Exhibition Convenor Dries du Toit. The Committee for 2018 was elected. Several members of the 2017 Committee retired and new Committee members had to be elected. The new Committee is given below. The office bearers will be selected at its first meeting and given in the next edition of Tambotie. The election for a new Chairman followed. Neville Comins was proposed and elected unanimously. The Chairman s trophy made by Honorary Member Willie Marneweck was handed over to Neville. Management Committee 2018 L to R: Derik van Rensburg, Hennie Ackermann, Michiel van den Berg, Ben Prinsloo, Jan Richter, Neville Comins (Chairman), Braam Burger, Inset: Gawie Botha. Tambotie 2018-01 Page 1
New Chairman Neville Comins then presided over the meeting and thanked Jèhan and the outgoing Committee for the intiatives they have taken over the year. Neville, in looking forward highlighted the following priorities: Encouraging and strengthening the active Groups The Association is enhanced by the addition of the Woodcarvers; The various meetings are well attended and most useful in sharing knowledge and techniques; BUT More collaboration between Groups should be achieved. Perhaps we should encourage more projects that need combined skills and experience such as the Queen Anne Lowboy. Monthly meetings Essential to have topics of interest to the widest mix of members. Opportunity to have much more member input in the selection of speakers and topics;; Perhaps we should allocate 3-4 meetings to each group and ask for recommendations on the topics; Communications The success of the WhatsApp Groups which have done well to provide instant information and problem solutions. It is important to have a set of rules to keep the theme and responses on woodwork; The new website offers many opportunities to expand the information and the Association to the broader public. More and more requests for woodwork commissions are coming in and we need to streamline for handling these. Tambotie-thanks were expressed to Louw Trichardt for the work in the past. Mention was made that Paul Roberts will be taking over editorial responsibilities and we need to support him by providing the best content we can. Exhibition This is by far the most important public event of the Association and an opportunity for members to display the best of their work. It takes a great amount of work in planning and arrangements and this is carried usually by a few members. We all need to contribute; If a two-day exhibition is agreed, then this will require even more efforts. New members Neville expressed his encouragement of the number of new members. However, we need to strengthen our system for inducting them and assisting them to become active participants. The mentorship programme has an obvious role to play in this aspect. In conclusion, Neville stated that he looked forward to engaging with all and committed the new Committee to strive to make this an even more interesting Association in support of excellence in woodworking. In Memorium Two of our members/former members passed away recently and we remember them for their contributions to the Association. Our sincere condolences go to their respective families. Buks Welgemoed Buks is op 5 Januarie 2018 oorlede. Hy was 'n jarelange getroue lid van die Houtwerkvereniging en n versamelaar en kenner van inheemse hout. Oom Buks in 2011 tydens n maandvergadering. Tambotie 2018-01 Page 2
Ian Minty Ian passed away in early December 2017 after a long fight with cancer. Ian specialised in the construction of grandfather clocks and won several awards at our Exhibitions. Louw explaining the various M&T joint types. Machining a tenon using the Leigh Jig. Ian with his grandfather clock at the 2012 Exhibition. Cabinetmakers and Restorers: January 2018 By Paul Roberts Some 30 members and visitors met in the Workshop of Louw Trichardt on 20 January 2018. The main theme of the meeting was on mortice and tenon (M&T) joints. Louw demonstrated the use and versatility of his mortice and tenon Leigh Jig shown in a series of photographs below. Test M&T joints. Tambotie 2018-01 Page 3
Dries du Toit demonstrated the use of a shopmade jig for M&T joints developed by Denis Lock. The plans for the jig will be placed on the Association s website. Draaiersbyeenkoms op 27 Januarie 2018 Deur Lou Coetzer Getalle-gewys was die afgelope maand se byeenkom n groot sukses. Die 42 teenwoordiges (2 dames, 2 besoekers en die res draaiers) wat in Jan Richter se werksplek ingepas moes word, het nogal knap gesit kyk die foto. Dis goed om die jaar op so n voet en met soveel entoesiasme af te skop. Boonop het dit saggies gereën wat n wonderlike atmosfeer vir die byeenkoms geskep het. Dries explaining the jig. Other members were invited to demonstrate jigs. Frans Gericke showed two jigs for M&T made from scrap wood in his shop. Douglas Lock showed his dovetail jig for trimming accurate dovetails by hand. Frans demonstrating the use of his jig. Lede sit styf ingepak en luister aandagtig na Jan Richter se verduideliking. Die leë stoel langs Kobus behoort aan die fotograaf. Jan Richter het die byeenkoms begin met die gebruiklike verwelkoming, lede se verjaarsdae in die komende maand, n aankondiging oor nuwe draaibaadjies wat te koop is en toe met die hoogtepunt van die dag, die draaidemonstrasie begin wat hy self aangebied het. Die hooffokus van die demonstrasie was die produksie van identiese items op klein skaal op n draaibank. Daarmee word gemik na die handwerkmark ( craft market ), partytjie- en klein trougeskenke asook ander items soos skaakstukke. Hiervoor is n dupliseerder nodig wat sjablone/template gebruik en met die hand bedryf word. Jan het n uitvoerige verduideliking gegee van hoe sjablone gemaak word en die tipes materiale wat daarvoor gebruik word. Sjablone met n wye verskeidenheid patrone is in die handel te koop, of kan self vervaardig word. Jan het die hele reeks vir die vervaardiging van skaakstukke vir die draaiers gewys. Jan se eerste pogings was n stel poppies ( peg dolls ) vir n troukoek met behulp van sjablone wat Francois van Wyk gemaak het. Die bruid het self die poppies mooi geverf. Toe draai Jan n skaakpion aan die hand van een van sy sjablone, en nou is dit ons huiswerk vir volgende maand. Carel van der Merwe het verduidelik dat die Tambotie 2018-01 Page 4
huiswerk uit dennehout gedraai MOET word en het selfs rustukke ( blanks ) beskikbaar gestel vir lede om te neem. Die pion se sketsplan met afmetings, wat BAIE noukeurig gevolg moet word, sal later per e-pos aan die lede verskaf word. L.W. GEEN skuurwerk mag aan die pionne gedoen word nie. Jy bring hom saam soos hy van die draaibank af kom. Jan Richter konsentreer hard om met die snybeitel die pion se voetstuk reg te sny. n Deel van die dupliseerder met beiteltjie is aan Jan se kant van die werkstuk sigbaar. Braam Burger het lede genooi om saam met hom en Ben Prinsloo aan n Opedag vir Model-Ingenieurswese asook ander soortgelyke geleenthede deel te neem. Die doel daarvan is vir blootstelling van ons vereniging aan die publiek en verkope van items. Hulle twee gaan daar demonstreer en ook items te koop aanbied. Pryse moet egter nie hoër as R150 per item wees nie. Hierdie verkoopgeleenthede sal telkens n paar dae duur en tussen September en November vanjaar gehou word en is deel van Braam se opdrag om markte vir ons lede te ontgin. Vervolgens is die jaarprogram aan die lede voorgehou en bespreek. Die finale program sal later per e-pos aan lede gestuur en ook op die Vereniging se webblad geplaas word. Tydens die volgende byeenkoms op 24 Februarie gaan At Smit gesels oor die wette van toepassing op draaiwerk ( Laws of turning ), Carel van der Merwe sal die skerpmaak van draaigereedskap behandel en Leon Wolmarans gaan demonstreer hoe om n kroonversiering ( finial ) te draai. (Association of Woodturners of Southern Africa) is ons nasionale liggaam en lede word gevra om aan hierdie jaarlikse byeenkoms deel te neem en om die ledegeld van R100 te betaal. Jan Richter is ons verteenwoordiger op die reëlingskomitee en sal jou ledegeld ontvang. Vanjaar se Hobby-X in Johannesburg word die naweek van 1 4 Maart aangebied. Ons lede het besluit om saam met die Johannesburg-groep deel te neem. At Smit het lede aangemoedig om aan die uitstalling deel te neem en veral by die draaidemonstrasies betrokke te raak. Dit is n gulde geleentheid om ons vereniging bekend te stel en sommige van ons lede is al tydens so n geleentheid van Hobby-X gewerf. Vervolgens het Carel van der Merwe die kwessie van mentorskap bespreek. Daar het die afgelope tyd heelparty nuwe draaiers by ons aangesluit wat die behoefte van mentorskap uitgespreek het. Carel en At het hulle daartoe verbind om jong draaiers te help, maar doen n beroep op ander senior lede om ook hulle dienste aan te bied en te help. Die belangrikste aspek vir n beginner is die aanleer van die basiese beiteltegnieke. Daarna kan die skerpmaak van beitels geleer word. Enigeen wat bereid is om as mentor op te tree moet asb. met Carel skakel. Hy en At gaan ook oggendkursusse op Saterdae teen betaling aanbied ter stywing van die draaiers se fondse. Die datums en tye sal later aangekondig word. Intussen word steeds gesoek na n geskikte plek om die draaiers se maandelikse byeenkomste te hou. Lede word gevra om op die uitkyk te bly en van alle potensiële plekke vir Jan, Carel en Braam te vertel. Ná pouse met verversings wat deur Helene Richter voorsien is, en te midde van Jan se reuse luislang, is die afgelope vakansie se huiswerk op Jan en Helene se patio bespreek. Daar was opvallend meer huiswerkstukke as die voorafgaande paar maande, en bykans elke stuk het n mooi vertelling verteenwoordig. Alan Crawford se reuse vaas is as die beste van Januarie se huiswerkstukke aangewys (kyk die foto daarvan). Aan die einde van die jaar sal al die maandeliks gekose beste stukke meeding om die beste huiswerkstuk van die jaar en die prys - waaroor nog besluit moet word. Die datums vir hierdie jaar se AWSA-byeenkoms is 21 24 September en word weer in die voormalige Bosbou-kollege op George aangebied. Die AWSA Tambotie 2018-01 Page 5
n Mooi bakkie deur Pieter Prins, n beginnerdraaier, van bostaaibos-knoets. n Mooi Jakarandabakkie asook pragtige penne deur Stephan Kruger, ook n beginner-draaier. Alan Crawford se mooi vaas wat almal verstom het oor sy kleur en hoe diep dit uitgehol is. Bakkies deur twee lede. Links is een van Stephan Kruger en die ander is deur Andy Sutton. Hy noem dit sy ewolusiereeks soos hy gaandeweg verbeter het en van klein na groot. Twee kelkies deur twee lede. Links is At Smit se kelkie vir Nagmaalwyn en regs is Pieter Prins se kelkie vir huiswyn. Tambotie 2018-01 Page 6
At Smit se mooi vaas van anaboom-hout. Die kettingsaagmerke het hom nie afgeskrik nie maar is ingesluit in die finale ontwerp. Drie besondere pepermeule deur Piet Smith van n bestelling wat op pad Frankryk toe is. Piet is ons entrepreneur par exellence. Besondere pepermeule deur Piet Smith van olienhout wat baie jare oud is Andrew Bourke voer weer iets nuut in die mou. Hierdie jakaranda-kalbasse is bestem vir baie interessante verwerkings en nie vir kouse stop nie. Ons hou vir Andrew nuuskierig dop. Pepermeultjies met die kort tipe meganisme. Die drie van olienhout is deur Gerhard Joubert en die vierde een van nieshout deur die uwe. Editorial Editor: Paul Roberts E-Mail: paul.roberts@ptawoodworkers.com Tel: 084 515 2773 Tambotie 2018-01 Page 7