Vreedsame protes tot die 1950's *

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Pasteur en Lister oorwin kieme *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dialoog en paragrawe *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Geskiedenis Graad 8. By: Siyavula Uploaders

Duikbote en loopgraaf-oorlogvoering in die Eerste Wereldoorlog *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Stede en bedienswaardighede *

Tonga die olifant - 01 *

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Hoe om krag te spaar

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SIZA takes the sting out of auditing

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

'n Idee vir 'n besigheid

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

EKURHULENI NOORD DISTRIK. 9 NOVEMBER 2017 Graad 9 Memorandum. : Die vind van n verskeidenheid tipes inligting oor die verlede

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Swart stedelike behuisingsverskaffing in Suid-Afrika, ca : Wanneer meer minder kos finansiële verliese versus welsyns- en gesondheidswinste

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Hoofstuk 7: Opposisielid

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

Die rol en bydrae van die Stedelike Stigting tot die politieke hervorming van Suid-Afrika

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Transcription:

OpenStax-CNX module: m24218 1 Vreedsame protes tot die 1950's * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS 2 Graad 6 3 Die pad na demokrasie in SA sedert 1910 4 Module 5 5 VREEDSAME PROTES TOT DIE 1950'S 6 Aktiwiteit 1: 7 Om bronne te gebruik oor vreedsame protes in die 20's en 3o's 8 [LU 1.2] VREEDSAME PROTES IN DIE 1920'S EN 1930'S (a) Vul die ontbrekende name van die republieke en kolonies voor 1910 op die kaart in. Gebruik jou eie bronne. * Version 1.1: May 31, 2009 10:28 am -0500 http://creativecommons.org/licenses/by/3.0/

OpenStax-CNX module: m24218 2 Figure 1 Op 31 Mei 1910 as Britse dominium (susterstaat) met Louis Botha as eerste premier gestig. Swartmense het egter nie stemreg gehad nie en kon nie aan verkiesings deelneem nie. Slegs in die Kaapprovinsie het Kleurlinge en sekere swartmense stemreg gehad. In reaksie hierop is die SANNC (South African Native National Congress) in 1912 onder leiding van eerwaarde John Dube in Bloemfontein gestig. Hul sou hul beywer vir geregtigheid en vryheid vir swartmense in SA. Hul was teen geweld en wou hul ideale deur redelikheid, geduld en volharding bereik. Tydens die 1920's was organisasies soos die Industrial and Commercial Worker's Union of SA van Clements Kadalie die grootste vakunie in SA. Hulle het verskeie stakings op plase, dorpe en stede aangemoedig. Botsings met die polisie het voorgekom en baie mense het gesterf. In 1923 is die SANNC se naam verander na die ANC (African National Congress). Hulle het egter in die 1930's byna tot niet gegaan weens interne verdeeldheid en nansiële probleme. Massa-aksies teen apartheid in die 1940's en 50's In die veertigerjare, en veral na die Tweede Wêreldoorlog, het wêreldwye steun vir menseregte toegeneem. Ook die ANC het 'n herlewing beleef. Maar in 1948 het die Nasionale Party van dr. D.F. Malan die bewind oorgeneem en apartheid, wat reeds toegepas is, het amptelike landsbeleid geword en is streng toegepas. Swartmense kon voorheen openbare geriewe gebruik wanneer hulle wou en verskillende rasse kon met mekaar meng en trou. Nuwe wetgewing het dit egter verbied: - 1949: Wet op Gemengde Huwelike - 1950: Groepsgebiedewet (voorbeeld A) - 1952: Paswet - 1953: Wet op Afsonderlike Geriewe (voorbeeld C) So het die Bevolkingregistrasiewet (1950) alle Suid-Afrikaners in vier rassegroepe verdeel: Swart mense, Blankes, Indiërs en Kleurlinge. Die wet het mense se hele lewe beperk: woonplek, werk, opvoeding en vryheid

OpenStax-CNX module: m24218 3 van beweging. Kleurlinge in die Kaapprovinsie het hul stemreg verloor. Weens die Groepgebiedewet moes mense hul huise verlaat en woonbuurte soos Distrik Ses ontruim en na onontwikkelde dele op die Kaapse Vlakte trek. Hier volg drie voorbeelde waar wette grootskaalse ontevredenheid veroorsaak het: Voorbeeld A: Goepsgebiedewet (b) Gestel jy is 'n inwoner of opruimbeampte by Sophiatown. Bestudeer meegaande bronne en skryf dan 'n kort briee aan jou maat of maak 'n muurkaart waarin meer inligting verskaf word. Verskaf minstens twee bronne. (Onthou ook die wie, waar, wanneer, wat, waarom.) Hou eers 'n klasgesprek daaroor. Vergelyk dan jul inligting met mekaar en pas dit aan, indien nodig. BRON A Figure 2 BRON B Figure 3

OpenStax-CNX module: m24218 4 In 1955 moes Sophiatown aan die Wes-Rand (vandag Triomf), by Johannesburg, deur swart mense ontruim word. In Februarie 1955 is swart mense binne drie ure vanaf Sophiatown na Meadowlands (vandag deel van Soweto) verskuif. Voorbeeld B: Tuislande Tien tuislande is vir swart Suid-Afrikaners opsy gesit. Vier van die tuislande het volkome onafhanklik geword, maar is slegs deur die Suid-Afrikaanse Regering erken. Die tuislandbeleid is egter deur die meeste swart mense en die internasionale gemeenskap verwerp, omdat hul geglo het dat alle Suid-Afrikaners volle regte in SA moet hê. (c) Vul die name van die voormalige tuislande teenoor die ooreenstemmende nommer in: Figure 4 (a) B (b) L (c) V (d) G (e) Ka (f) Kw (g) T (h) C (i) Q (j) Kw Voorbeeld C: Wet op Afsonderlike Geriewe Swart mense wat in dorpe en stede gewerk het, moes vanaf 1952 'n pas (identiteitsdokument) by hulle gehad het, anders kon hulle tronkstraf opgelê word. Hulle moes in lokasies (agterbuurtes) gaan bly. Al hoe

OpenStax-CNX module: m24218 5 meer massa-aksies het in die 1950's gevolg. Die ANC se ledetal het vanaf 7 000 tot 100 000 vermeerder. 8.1 (d) Beantwoord die vrae oor dié volgende spotprent wat in 1953 verskyn het. Jul kan in pare saamwerk. Figure 5 Hoekom lyk die twee persone (links) so verbaas? Verklaar die afkorting: SAR&H. Watter wet is hier ter sprake? Verskaf jou eie onderskrif vir hierdie spotprent. Wat het jy hieruit geleer? Hierna sou veral twee massa-aksies (Vryheidsmanifes, Alexandra-busboikotte) volg om swart mense se ontevredenheid te demonstreer. Voorbeeld A: Vryheidsmanifes As `n laaste poging tot vreedsame protes het swart mense hul regte en griewe amptelik bewoord. Die dokument staan as die Vredesmanifes bekend. Meer as 3 000 mense het op 25 en 26 Julie 1955 onder leiding van die Congress Alliance by Kliptown, net buite Johannesburg, byeengekom om die Vryheidsmanifes ("Freedom Charter") te aanvaar (sien hieronder). Dit het 'n demokrasie, wat almal in SA verteenwoordig,

OpenStax-CNX module: m24218 6 met gelyke regte vir almal, bepleit. Die Vryheidsmanifes is deur verskeie politieke organisasies van alle rassegroepe onderteken. Die regering het egter die publikasie hiervan in 1981 verbied. Figure 6 Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan.

OpenStax-CNX module: m24218 7 Figure 7 (e) Onderstreep die eise wat jy op hierdie skets sien op meegaande Vryheidsmanifes.

OpenStax-CNX module: m24218 8 Figure 8

OpenStax-CNX module: m24218 9 (f) Ontwerp nou jou eie plakkaat van kinderregte en -voorregte. Hou eers `n groepgesprek oor wat die basiese menseregte is wat elke mens toekom? Mense-regte is die vryheid wat elke mens behoort te hê. Voorbeeld B: Alexandra-Busboikotte Op 9 Augustus 1956 stap ongeveer 20 000 vroue na die Uniegebou in Pretoria om protes teen die paswette aan te teken. Tydens Januarie 1957 het ongeveer 60 000 swart mense die PUTCO-busse aan die Rand geboikot toe vervoertariewe verhoog is sonder om hulle te raadpleeg. Baie kon die verhoging net nie bekostig nie. Hulle het die 15 km tussen Alexandra en Johannesburg se middestad gestap of met etse afgelê. Die boikot is beëindig toe daar ingestem is om die busmaatskappy te subsidieer. 9 Assessering Leeruitkomstes(LUs) LU 1 HISTORIESE ONDERSOEKDie leerder is in staat om historiese kennis en begrip aan te wend om die verlede en hede te ondersoek. Assesseringstandaarde(ASe) Dit is duidelik wanneer die leerder: 1.1 bronne vind: bronne identiseer wat help om die vraag oor die onderwerp te beantwoord; 1.2 vrae beantwoord: relevante inligting vir `n spesieke doel uit `n verskeidenheid van bronne uitsoek en aanteken; 1.3 antwoorde kommunikeer uit bronne: inligting kronologies en logies rangskik wanneer vrae oor mense, gebeurtenisse, artefakte en plekke uit die verlede beantwoord word. Table 1 10 Memorandum Aktiwiteit 1 (a) Kaapkolonie, Oranje-Vrystaat, Natal, Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) (b) Herman Tobransky het in 1897 `n stukkie grond 7 km wes van Johannesburg gekoop en na sy vrou Sophia vernoem. Toe `n suiweringsaanleg en lokasie naby gebou is, verkoop hy die grond as klein plotte. Op 10 Februarie 1955 is die 110 gesinne deur 2 000 gewapende polisiemanne op vragmotors na Meadowlands verskuif.

OpenStax-CNX module: m24218 10 (c) (a) Bophuthatswana (b) Lebowa (c) Venda (d) Gazankulu (e) Kangwane (f) KwaZulu (g) Transkei (h) Ciskei (i) Qwaqwa (j) Kwandebele (d) Swart vissies? South African Railways and Harbours Wet op Afsonderlike Geriewe (1953) Nog 'n afvaardiging kom met hul griewe by Kliptown aan.