Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Rut: n Liefdes Verhaal

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SIZA takes the sting out of auditing

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

die ArtKat Jaar program

Dialoog en paragrawe *

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

The doors of learning and culture shall be opened. Perspektiewe oor die verandering van institusionele kultuur.

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Die verhaal as mitiese vraagstelling: die verhaalkuns van Henriette Grové

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

In 'n bespreking van Hayden White se The content ofthe form, vestig Nancy Partner 3

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Paul de Man1: betekenisvorming deur blindheid en insig

Hoe om krag te spaar

Die aard van genderuitbeelding van vroulike hoofkarakters in onlangse Afrikaanse jeugliteratuur

HOOFSTUK 1 INLEIDEND

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die verskillende verskyningsvorme van die narratiewe poësie by Charl-Pierre Naudé en Loftus Marais

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

# 2012 Universiteit van Suid-Afrika Alle regte voorbehou Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

Die tyd van die triekster: identiteit in enkele hedendaagse Afrikaanse prosatekste

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Social Work/Maatskaplike Werk Vol 52 No 2; Issue 8

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Die reise van Isobelle (1995) van Elsa Joubert:

Chanette Paul-Hughes oor lig en donker

Eksperiment en intertekstualiteit:

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

G. J. du Preez

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Tariewe

Die see (2011) deur Reza de Wet: n slawedrama? The Sea (2011) by Reza de Wet: A Slave Drama?

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

Die belydenisuitspraak Kolossense 1: 13-20: Eenheid, struktuur en funksie

Die vertaling in Afrikaans van Portrait with Keys deur Ivan Vladislavić, as verryking van die doelkultuur

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Sterdansers by Vensters.

investigating the dialogue between craft and design a centre for the crafts in the inner city of Pretoria

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

AGTERGROND, PERSOONLIKHEID EN EKONOMIESE DENKE.

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Marisa Mouton n Bespreking van enkele aspekte in Pieter Fourie se Ek, Anna van Wyk

Transcription:

Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse Lana Bakkes Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch Studieleier: Prof. D.P. van Zyl April 2006

Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie tesis vervat, my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van n graad voorgelê het nie. Handtekening:... Datum:...

Opsomming Hierdie studie ondersoek die wyse waarop die outeur Hella Haasse die onkenbaarheid van ander en die relatiwiteit van die geskiedenis in die roman Sleuteloog as tema vooropstel. Daar word gefokus op die manier waarop Haasse fokalisasie en verskillende perspektiewe op en van die onderskeie karakters aanwend in die uitbou hiervan, asook op hoe dit verband hou met die identiteit van sowel die ander as die self wat teen die agtergrond van die ruimte van Nederlands-Indië /Indonesië en Nederland gekonstrueer word. n Verskeidenheid teoretiese uitgangspunte uit ondersoeksterreine soos die narratologie, die postmodernisme, asook die koloniale en postkoloniale diskoers kom ter sprake in die teksanalise, ten einde na te gaan watter rol die volgende sake speel in die tot stand bring van betekenis in die teks: narratiewe representasie; die uitbou van perspektiewe op die ander en andere; naamgewing en die konstruksie van identiteit; historiese representasie en perspektiewe op die landskap. Hella Haasse se oeuvre as literêre skrywer en die posisie wat sy inneem binne die Nederlands-Indiese letterkunde word ook hierby betrek. Die hoofkarakter, Herma, kry deur middel van haar narratief oor die ander karakters se perspektiewe en identiteit juis perspektief op haar eie identiteit. Sy kom in die proses tot die slotsom dat die ander, die andere, die verlede én die self onkenbaar is. Dié sentrale boodskap word saamgevat in die Persiese sitaat op die sleutel van Herma se ebbehoutkis: Al wat je ooit zag of hoorde, al wat je dacht te weten, is niet meer dat, maar anders (191-192). Terwyl Herma se herinneringe op romanvlak weinig standhoudends oplewer, word die leser subtiel bewus gemaak van die ervare ordenende en singewende outeur se hand daaragter. Hella Haasse weef in Sleuteloog, n oënskynlik (bedrieglik) eenvoudige roman, uiteindelik n digte web wat te make het met die relatiwiteit van sowel menslike herinneringe as van die representasie van die meer algemene en die persoonlike geskiedenis.

Abstract This study explores the manner in which the incomprehensibility of people s lives and the relativity of history are portrayed in Sleuteloog by Hella Haasse. The expansion of these two themes focuses on the roles of perspective and focalisation and their connection to the identity of the self and the other against the backdrop of Dutch India /Indonesia and the Netherlands. Fields of research such as narratology, postmodernism and colonial and postcolonial discourse are employed in the text analysis in order to investigate the roles of the following in giving meaning to the text: narrative representation, perspective, naming and the construction of identity, historical representation and perspectives on the landscape. Hella Haasse s oeuvre as a literature writer and the position which she holds within Dutch-Indian literature are also incorporated. The protagonist, Herma, attains perspective on her own identity via her narrative about the identity of the other. An in-depth study of Sleuteloog reveals that the narrative influences Herma s perspective in such a way that she gains the understanding that the other, other people, the past and the self are unknowable. The central theme can be summarised by the Persian quotation on the key of Herma s ebony chest: Everything you ever saw or heard, everything you think you know, is not that, but something else (191-192). While Herma s recollections provide little of lasting value on story level, the reader is subtly made aware of the presence of an experienced, well-structured author behind the story who provides meaning to the text. In this deceptively simple novel, Hella Haasse weaves an intricate web which incorporates the relativity of humankind s memories as well as the relativity of the representation of the past, both individual and collective.

Erkennings My opregte dank aan die volgende instellings vir die finansiële bystand waarsonder my studie in Nederland en die voltooiing van hierdie tesis nie sou kon plaasvind nie: Die Harry Crossley-Stigting Die Nederlandse Taalunie en Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek Die Stichting Studiefonds voor Zuidafrikaanse Studenten, Amsterdam Die Universiteit van Stellenbosch Die Van Ewijck-Stichting Die menings uitgespreek en gevolgtrekkings gemaak in hierdie verhandeling is dié van die outeur en kan nie noodwendig aan enige van bogenoemde instellings toegeskryf word nie.

Baie dankie aan: Almal sonder wie se ondersteuning ek dit nie sou gemaak het nie. My studieleier, prof. Dorothea van Zyl dankie vir u ongelooflike leiding, bystand, moeite en die gedeelde liefde vir Nederland. Mamma en Pappa hoe kan ek dankie sê vir alles wat julle vir my beteken? Julle ondersteuning en aanmoediging elke treetjie van die pad het my deurgedra. Al my vriende ek dank die Here vir vriende soos julle. Mirjam van Amelsvoort dankie dat jy my bekendgestel het aan Sleuteloog en dat jou ma-hulle die boek al die pad van Nederland af gebring het. Resl Rive von Bonninghausen dankie vir die voorreg om in Nieuwegracht 36G te kon bly tydens my studie in Utrecht. Die interne en eksterne eksaminatore dankie vir waardevolle kommentaar en insette. My Hemelse Vader dankie vir elke keer se optel as ek val. Opgedra aan: Oom Gerhard Schoonees 10/04/1939 31/12/2003 en Rudolf Langner 30/04/1980 24/03/2005 Julle wat soveel belang gestel en onderskraag het. Ek sal nooit ophou om julle te mis nie.