Vinkie. Laerskool Fairland

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Vinkie. Laerskool Fairland

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Rut: n Liefdes Verhaal

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Direkte en indirekte rede *

Vinkie. Laerskool Fairland

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Vinkie. Laerskool Fairland

Tariewe

Kos vir ons skoolkatte

Mandala Madness Deel 2

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Die jaar se kaskar was

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Hoe om krag te spaar

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:


Marketstraat 145, Fairland (011) /2 Jaargang 24 Nr November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR. Mnr.

Finansies / Finances

UIT DIE HOOF SE KANTOOR BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Sterdansers by Vensters.

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

WILGERLOOT TOKKIES KRY RAPPORTE

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Dialoog en paragrawe *

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Die Hoërskool DF Malan

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

CONGRATULATIONS to the following Malherbiete and their parents:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 8 9 Maart 2018

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief Mei 2018

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Transcription:

Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 25 21 Augustus 2014 ATKV-REDENAARS: NASIONALE KAMPIOEN! Pieter le Roux het op 14 Augustus geskiedenis gemaak toe hy as nasionale kampioen aangewys is by die ATKV se nasionale byeenkoms. Hy het eerste geëindig in die afdeling vir gr. 6 en gr. 7 landwyd. Dit beteken natuurlik dat Pieter wat nou eers in gr. 6 is, sy man gestaan het teen al die top gr. 7-redenaars in die land, sowel as sy eie graadgroep. Ons is besonder trots op Pieter vir hierdie uitsonderlike prestasie. Hy het voorwaar Laerskool Fairland se vaandel hoog gedra! Pieter, ons weet jy gaan nog sommer lank een van die voorste redenaars in jou portuurgroep wees en ons wens jou graag geluk met jou prestasie. BELANGRIKE DATUMS Augustus WOW-spelfees: Tweede uitdunrondte 28 Augustus Battle of the Books: Eerste uitdunrondte 4 September Gr. R- en gr. 1-inligtingsdag 18 September Revue: Kleedrepetisie tydens skooltyd 22 September Revue: Tegniese repetisie tydens skooltyd 23 September Revue: Eerste optrede vir alle grade en Cast 1 (Karakters) 24 September Revue: Tweede optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) 25 September Revue: Derde optrede vir alle grade (Premiére) en Cast 1 (Karakters) 29 September Revue: Vierde optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) 30 September Revue: Vyfde optrede vir alle grade (Opnames) en Cast 1 (Karakters) 1 Oktober Revue: Laaste optrede vir alle grade en Cast 2 (Karakters) UIT DIE HOOF SE KANTOOR ATKV-redenaars n Hartlike gelukwensing aan Pieter le Roux, n gr. 6-leerder, wat die puik prestasie behaal het om as landswye wenner van die gr. 6- en gr. 7-redenaars aangewys te word. Hy het sy toespraak, waarin hy sy standpunt ten opsigte van rooikaarte in rugby verdedig, met soveel entoesiasme en beslistheid gelewer, dat dit nie anders kon nie. Pieter, Laerskool Fairland is geweldig trots op jou! Motorkompetisie n Vriendelike versoek dat al die ouers en leerders sal ondersteun en hard werk om kaartjies te verkoop. Kom ons as skool maak ook van hierdie projek n groot sukses! Wenners van week 15 Augustus 2014: Baie geluk aan die volgende leerders: Gr. R - Cara Kilian Gr. 1 - Cameron McColl Gr. 2 - Alecia Sonntag Gr. 3 - Simon Kilian Gr. 4 - Ian Hattingh Gr. 5 - Izelle Pohl Gr. 6 - Martin Hattingh Gr. 7 - Etienne Stone Webtuiste Ons nuwe webtuiste kan nou gevolg word: www.lsfairland.co.za. Indien daar ouers is wat vir ons meer onlangse foto s het, stuur asb. vir Karén Reyneke na karen@lsfairland.co.za. Facebook/Twitter Ons is bly om aan te kondig dat ons nou n offisieële Facebook-blad het. Kom like ons gerus by Laerskool Fairland. Ouers is welkom om foto van hulle kinders se prestasies by die skool en op kultuurvlak hier te plaas. Vertel sommer vir almal van die nuwe blad. Ons is ook op twitter by @FairlandLS. Volg ons gerus.

REDAKSIE Augustus is n weird maand. Daar het n paar vreemde dinge gebeur wat n mens so half ontstig laat voel. Die aarde wat redelik driftig gebewe het, was net een van die verskynsels wat my kriewelrig gemaak het. Kyk, ek is soos enige ander mens mal oor n volmaan, maar die super Supermaan wat ons so twee weke gelede beleef het, maak mens onrustig, Dis net té groot en té naby. Voel so effens na iets uit n Twilight fliek. En ons wag nog steeds vir die Augustuswinde om te waai. Almal loop met snaakse keelseer en toe neuse en Ebola maak ons paniekerig. Die Bokke maak amper skande die afgelope Saterdag en sekere politici gee voor dat hulle omgee oor Marikana. Maar toe reën dit so uit die bloute en uit seisoen uit. Die paaie is glad en die motoriste is verbouereerd. As dit so lank terug gereën het, moet almal mos weer van vooraf leer bestuur. n Mens wil sommer net by jou huis bly, want als voel verkeerd. Gelukkig kyk ek by n venster uit en sien die mooiste ding. My nuwe plantjies lag oopbek oor die gelukkie wat hulle te beurt geval het. Die verspotte klein azaleas maak elkeen drie of vier nuwe blomme oop. Die mini-agapanthusse tel hulle koppe op en stoot ook ekstra blare uit. Selfs die hadedas grynslag mal gelukkig, want hulle kan in vrede goggas op die grasperk soek.( Die yorkies weier om in die reën uit te gaan, onthou?) En ek besef: Daar is regtig altyd n bietjie geluk by die ongeluk. Die spreekwoordelike goue randjie om die wolk ( Pardon the pun!). n Mens moet net deur die venster kyk en nie agter jou simboliese vier mure wegkruip nie. Soos die digter sê: Life is life! En ons moet dit LEEF, man. Dag op n slag, oop-oë, kaalvoet-in-die-reën. Lekker week! Erika AKADEMIE Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7 Vr. 15 Augustus Wiskunde Afrikaans Engels Afrikaans Di. 19 Augustus Vr. 22 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels Di. 26 Augustus Vr. 29 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde Vr. 5 September NW NW NW NW Di. 9 September SW SW SW Tegnologie Vr. 12 September LV LV LV SW Di. 16 September SK LO EBW Die ANA-toetse word op die volgende datums geskryf: 16 September - Gr. 3,6 Afrikaans 17 September - Gr. 1,2,4,5,7 Afrikaans 18 September - Gr. 3,6 Wiskunde 19 September - Gr. 1,2,4,5,7 Wiskunde Afbakenings: Die afbakenings is op 8 Augustus aan die leerders gegee. Dit is ook op die School Communicator beskikbaar. GRONDSLAGFASE Op 12 Augustus het die gr. 1- en gr. 2-leerders deelgeneem aan die Gauteng Departement van Onderwys se Mental Maths Challenge. Hulle moes 30 bewerkings abstrak in 10 minute uitvoer. Die volgende leerders is skoolwenners en het die meeste vrae in die kortste tyd korrek beantwoord. Baie geluk maats! Gr. 1 - Anja Botha Gr. 2 - Xander Vorster Gr. 3-leerders het reeds op 10 Junie die toets geskryf. Die gr. 3 skoolwenner is Zack Vermeulen. Hy het op 14 Augustus by Laerskool Boskop aan die Cluster Level deelgeneem. Baie geluk Zack, jy het die skool se naam hoog gehou. Grondslagfase-personeel KULTUUR REVUE Ek is op soek na ou tasse, trommels en hoedebokse om te leen vir die revue. As daar enige iemand is wat so n vintage tas iewers het en bereid is om dit vir ons te leen, sal dit baie waardeer word. Kontak asb. vir Erika 0834581554. Baie dankie solank aan diegene wat op my versoek gereageer het, maar ons het nog tasse nodig. Merk asb. die tas binne-in of sit u maan op n kaartjie aan die handvatsel vas. Kaartjiebesprekings vir REIS Karén Reyneke hanteer alle kaartjiebesprekings vanaf Maandag 11 Augustus op vasgestelde tye: Maandag- tot Vrydagoggende: 07:15 08:15 Maandag- tot Donderdagmiddae: 12:45 14:15 Ons vra dat ouers ASB. by hierdie tye sal hou! Kaartjies is nog by drukkers en sal op n latere stadium aan ouers uitgedeel word. 2

Kaartjiepryse is soos volg: Volwassenes en alle ander R100 Kinders onder 6 R50 Slegs klein kinders onder 3 mag op ouers se skoot sit asb. anders word die persoon agter jou benadeel. GEEN deelnemers mag die vertonings bywoon nie. Ons het net genoeg sitplekke oor die 6 vertonings vir ouers en hulle familie/gaste. Die kinders kry hulle EIE vertoning op die Donderdag 2 Oktober tydens skooltyd. Donderdag 25 September is die Premiére. Kaartjies kos R150. Slegs vir volwassenes. Dit sluit n ligte onthaal vooraf in. Beperkte sitplekke. Op Dinsdag 30 September word die lewendige video-opname gedoen. Daar sal dus ook op daardie aand beperkte sitplek beskikbaar wees. Aangesien die skool die videograaf betaal vir sy professionele dienste en die gebruik van multi-kameras, sal GEEN opnames van watter aard ookal toegelaat word deur enigiemand in die gehoor nie. Ons vertrou op u samewerking in die verband. Die volgende tydjie tot en met openingsaand op 23 September gaan fyn beplanning van ons en julle vereis. Die revue open op 23/09 en sal daarna nog 5 keer aangebied word. Die datums is soos volg: Volle kleedrepetisie [tydens skooltyd] Donderdag 18 September Tegniese repetisie [tydens skooltyd] Maandag 22 September Opening Dinsdag 23 September 18:30 Cast 1 Tweede optrede Woensdag 24 September 18:30 Cast 2 Premiére Donderdag 25 September 18:30 Cast 1 Derde optrede Maandag 29 September 18:30 Cast 2 Voorlaaste optrede Dinsdag 30 September 18:30 Cast 1 Laaste optrede Woensdag 1 Oktober 18:30 Cast 2 Skoolvertoning slegs vir leerders en personeel 2 Oktober 08:30 Cast 1 Die Woensdagaande se oefenprogram IN DIE SAAL lyk so: DATUM 18:00-19:00 19:00-20:00 27 Augustus Soliste: sang Soliste: dans 03 September Gr. R en gr. 1 Gr. 2 en gr. 3 10 September Gr. 4 en gr. 5 Gr. 6 en gr. 7 17 September Akteurs en soliste: sang Dansers en soliste: dans Sanggroep- en seniorkooroefeninge: Dinsdae 17:00 19:00 DAG Eerste Pouse Tweede Pouse Maandag Sounds of Silence: Jonathan en Gerhard Fly me to the moon: James C en Jonathan McL 9 Million Bicycles: Chloë M en Gary B Over the Rainbow: Ela B en Chloë B 3 Dinsdag Woensdag Donderdag KOOR Seniorkoor Oefening: Dinsdae: Greased Lightning: Janco Theart, Janco Spies, Gerhard, James en Jonathan Mustang Sally: Pascale V en Marguerite vs Joyride: Leon, Lily Dorfling en Lenka van Dyk 17:00 19:00 in die saal. Juniorkoor Oefening: Donderdae: 14:00 15:30 in die saal. RADIKALE REDENAARS Inskrywings het Woensdag 20 Augustus gesluit. Erika Joubert SPORT TENNIS Seniors Tennisoefening: Proud Mary: Karinda S en Marguerite vs 99 Red Balloons: Kyla S en Shanelle N Hot Gates: Chloë B en Kristi S Shackles: James C Maandae 17:00 18:00 (by Jean Top 8 seuns en dogters) Indien n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Nadia gemaak word. Daagwedstryde Daagwedstryde maak op 18 Augustus oop vir die vierde kwartaal se liga en sluit dan weer op 3 Oktober sodat spanne vroegtydig gefinaliseer kan word. Juniors Tennisoefening: Liga Die rangleer vir die liga is soos volg: Maandae 16:00 17:00 (by Jean Top 8 seuns en dogters) Indien n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar vooraf verskoning by juf. Lizahn gemaak word. Seuns Dogters 1. Reuben du Toit 1. Lize-li Smit 2. Herman du Plessis 2. Mathilda Steyn 3. Ruben Kruger 3. Ela Babüroğlu 4. Juan Neveling 4. Carla Dannhauser 5. Deon Muller 5. Emma Dirks

6. Jack van der Merwe 6. Ané Dannhauser 7. Wilhelm de Klerk 7. Kara Schreuder 8. Karl van der Westhuysen 8. Monique Bouwer Hier volg die voorlopige ligadatums vir die derde kwartaal: Juniorseuns: 26 Augustus Fairland A vs Crawford Lonehill A (weg) Fairland B BYE 9 September Fairland A vs Trinity A (tuis) Fairland B vs Trinity B (weg) 23 September Fairland A vs Louw Geldenhuys A (tuis) Fairland B vs????? Juniordogters: 19 Augustus Fairland A vs Louw Geldenhuys (weg) Fairland B vs Trinity (tuis) 2 September Fairland A BYE Fairland B vs Louw Geldenhuys (weg) 16 September Fairland A vs Aurora (tuis) Fairland B vs Parkview (weg) 23 September Fairland A vs Trinity (weg) Fairland B vs Crawford Sandton (tuis) SKAAK Uitslae: Maandag 18 Augustus o/13 wen 8 4 vs TrinityHouse Oefening Gr. 1: Kamer 22 13:30 14:15 Gr. 2 en 3: Kamer 25 14:00 15:00 Gr. 4 7: Kamer 1 15:00 16:30 Gr. 2-leerders moet in die wagklas wag totdat skaak begin. Alle spelers moet asb. skaakoefeninge bywoon. Spanne word nou gefinaliseer vir ligawedstryde wat in die derde kwartaal plaasvind. Voorlopige liga-bepalings vir die onderskeie spanne: Ontwikkelingspan: 25 Augustus vs Louw Geldenhuys tuis 8 September vs Trinity Randpark weg 15 September vs Fontainebleau tuis o/9-span: 25 Augustus vs King David Victory Park tuis 8 September vs Northcliff Primary weg 15 September vs Louw Geldenhuys tuis 4 o/11-span: 25 Augustus vs L/s Piet van Vuuren tuis 8 September vs Trinity Little Falls weg 15 September vs Bordeau Primary weg 22 September vs Fontainebleau tuis o/13-span: 25 Augustus vs BYE 8 September vs Blairgowrie tuis 15 September vs Jan Celliers weg 22 September vs Trinity Little Falls weg Skaakgroete Annemarie Heymans KRIEKET Oefentye: o/9 o/13: Maandae: 14:15 15:45 Dinsdae: 13:45 15:15 Woensdae: 13:45 15:15 Krieketvaardighede: Gr. 1- en gr. 2-leerders: Maandae: 13:40 14:10 Dinsdae: 13:10 13:40 Woensdae: 13:10 13:40 Aandreeks Eerste span finaal Fairland vs Lions Development Team Fairland 124/6 - Beste kolwer Neil Eksteen 51 n.u.n Lions 125/6 - Beste bouler Herman Neveling 4 beurte, 2 paaltjie, 20 lopies Fairland verloor met 4 paaltjies. Kriekethemde Nuwe kriekethemde is by Constantia Skoolklere beskikbaar. Micheal Vermeulen HOKKIE Hokkie (Dogters) Ons wil net graag n regstelling maak: die o/12b wen Louw Geldwnhuys 1-0 en het nie verloor soos ons gerapporteer het nie. Uitslae: Dinsdag 19 Augustus o/9a wen 3 0 vs Fontainebleau o/10a wen 4 1 vs Fontainebleau o/11a wen 5 0 vs Fontainebleau o/12a gelykop 0 0 vs Fontainebleau o/13a wen 1 0 vs Fontainebleau gelykop 0 0 vs Esperanza

Oefentye: (Dogters) SPANNE MAANDAE DINSDAE WOENSDAE o/7 13:30 14:15 13:00 13:45 (Wedstryde) 13:00 13:45 o/8 13:30 14:15 13:00 13:45 (Wedstryde) 13:00 13:45 o/9 14:00 15:15 13:30 14:45 (Wedstryde) 13:30 14:45 o/10 14:15 15:30 13:45 15:00 (Wedstryde) 13:45 15:00 o/11 14:15 15:30 13:45 15:00 (Wedstryde) 13:45 15:00 o/12 14:15 15:30 13:45 15:00 (Wedstryde) 13:45 15:00 o/13 14:15 15:30 13:45 15:00 (Wedstryde) 13:45 15:00 Mini-hokkie: Uitslae 18 Augustus Van die 24 wedstryde wat gespeel is, het Laerskool Fairland 17 gewen en 7 verloor. Hokkie (Seuns) Uitslae: Dinsdag 15 Augustus Eerste span wen 10 0 vs Unika Tweede span wen 2 0 vs Unika Oefentye: (Seuns) MAANDAE WOENSDAE VRYDAE 15:15 16:15 15:00 16:00 Wedstryde LANDLOOP Uitslae: 14 Augustus te Deltapark Top 10: Seuns o/8 Kean Swanepoel sesde Seuns o/9 Corne de Fouw eerste Francois van Zyl vyfde Dogters o/9 Ezaan husselman eerste Lerise Botha negende Seuns o/10 Robbie Styger vyfde Seuns o/11 Ian de Fouw eerste Johan Bredenkamp negende Dogters o/11lize-li Smit derde Emma Burgers negende Seuns o/12 Kyle Swanepoel tweede Dogters o/12 Anne Louw tweede Seuns o/13 Marig Engelbrecht eerste Dogters o/13 Suzanne van Wyk sewende Al die landloopatlete wat volgende week aan die eerste landloopbyeenkoms wil deelneem, moet die week kom oefen! Oefentye: Maandag-, Dinsdag- en Woensdagmiddae: 15:45 17:00 Donderdagmiddae: 14:00 15:00 Kom oefen getrou saam met ons die week! Liga-byeenkomste: 21 Augustus - Alberts Farm 28 Augustus - Ruimsig 5 Die afstand vir elke ouderdomsgroep is soos volg: o/7 o/10 (seuns en dogters) 2km o/11 o/12 (seuns en dogters) 3km o/13 (dogters) 3km o/13 (seuns) 4km ONDERSTEUNERSHEMDE EN PETTE Daar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen n beroep op ons ouers om asb. n ondersteunershemp en pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan. INLIGTINGSENTRUM WOW-SPELFEES Al ons deelnemers en hul mammas is druk besig om voor te berei vir die volgende uitdunrondtes! Sterkte met jul voorbereidings en onthou jy het nou n klomp nuwe woorde aangeleer wat jou altyd sal bybly! Dit is n belangrike pluspunt! Die gr. 1 tot gr. 3- deelnemers sal briewe ontvang indien hulle deur is na die provinsiale uitdunne. Gr. 4 tot gr. 7- deelnemers sal briewe ontvang as hulle deur is na die mondelinge uitdunrondtes. Gr. 7 : Skryf tweede speltoets op Woensdag 27 Augustus. BATTLE OF THE BOOKS: Eerste uitdunrondte vind plaas op Donderdag 28 Augustus te Olivedale Openbare Biblioteek om 10:00 die oggend. Deelnemers sal vergesel word deur juf. Leanie Taljaard. Sterkte aan julle leesgroep! DIGITALE KOERANTSKRYF-KURSUS Op Donderdag 14 Augustus het Anja Steyn en Janco Spies n kursus bygewoon saam met juf. Leanie Taljaard om leiding te gee in die skryf van berigte vir n digitale koerant. Hulle het ook geleer om onderhoude te voer en reëls ten opsigte van die korrekte prosedure vir die skryf van berigte. Dié berigte kan dan op n aanlyn-koerant se webtuiste geplaas word wat deur miljoene ander gelees word. Dit is n haalbare opsie om toe te pas aangesien almal se besige skedules hiervoor voorsiening sal kan maak. Janco en Anja sal die uitvoerbaarheid hiervan vir ons ondersoek. Dié twee is alreeds vuur en vlam om hul talent vir joernalistiek te ontgin. SKRYWERSNUUS Die Bloemfonteinse skrywer, Jaco Jacobs wat verlede jaar by Laerskool Fairland kom kuier het, het baie goeie nuus ontvang. Sy boek, Suurlemoen is verfilm en begin vanaf 12 September in teaters draai. Die boek is aan baie van julle bekend en ek glo, soos ek, kan julle nie wag om Bongi, Tiaan en die ander karakters op die silwerdoek te sien nie! Jaco Jacobs het ook Oor n motorfiets, n zombiefliek en lang getalle wat deur 11 gedeel kan word geskryf. Dié boek is weer deur Lapa genomineer as een van die belowende boeke wat nie

oorspronklik in Engels verskyn het nie, maar die potensiaal het om internasionaal te inspireer en sodoende dan in Engels vertaal te word. Die boek ding mee om die Found in Translation - prys. Ons hou styf duime vas! As jy nog nie die boek gelees het nie, maak n draai in die inligtingsentrum en kom neem dit uit. (gr. 5 tot gr. 7-leerders) Lees n boek en word woordslim! Leanie Taljaard ALGEMEEN VERE-KAS Vere-kastye: MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit Vere-kasgroete Lillian Ankersmit 082 324-5034 STERRE VAN DIE WEEK Die kriteria waarvolgens Sterre van die Week gekies word, is te sien op die School Communicator onder Algemeen. Week: 7 Augustus 2014 Gr. 1/22 : Morne Gordon Gr. 1/23 : Anieke le Roux Gr. 1/24 : David Styger Gr. 1/25 : Nicola du Plessis Gr. 1/26 : Luke van den Berg Gr. 1/27 : Jaiden Badenhorst Gr. 2/13 : Michael Retief Gr. 2/14 : Dimar Pretorius Gr. 2/16 : Arno Pretorius Gr. 2/17 : Ivan Scheltema Gr. 2/18 : Ané van der Westhuizen Gr. 2/21 : Zander Steyn Gr. 3/12 : Eliska Kruger Gr. 3/15 : Jana du Plessis Gr. 3/28 : Cayla van Rooyen Gr. 3/29 : Jana Beyers Gr. 3/45 : Carla Vermeulen Gr. 3/46 : Jason Roberts ONTHOU DIE DATUM VRYDAG 31 OKTOBER Vriende van Fairland hou weer n Winex- funksie. Hierdie gesellige geleentheid sluit die volgende in: vermaak, n driegangmaaltyd en n geleentheid om te bie op van Suid-Afrika se uitsoekwyne. Hou die Vinkie dop vir meer inligting. Om by te dra tot die sukses van hierdie aand, sal ons enige wynskenkings opreg waardeer. Skakel asseblief vir Rouaan Bredenkamp indien u ons hiermee kan ondersteun. (082 098 4345) Enige dames wat belangstel om as gasvrou van n tafel op te tree, e-pos asseblief vir Alet Beyl. abeyl@uj.ac.za PA EN SEUN-KAMP Ons soek foto s van hierdie jaar se Pa en seun-kamp vir die jaarblad. Enige ouer wat in besit is van foto s, kan dit e-pos na karen@lsfairland.co.za. Pa en seun-kamp 2015: 6 8 Maart (Malonjeni) GR. R OUPA EN OUMA-DAG Ons Gr. R-sentrum het op Vrydag 15 Augustus n heerlike Oupa en Ouma-kuierdag gehad. Baie dankie vir elke grootouer wat die dag kom deel het saam met die leerders. Ons wil graag n paar klasmammas persoonlik bedank vir hulle harde werk en hulp met hierdie geleentheid: Riana Louw Rika Bowman Susan Noëth Amanda Barnard Thea Killian Lana Marx Belinda Bothma Natalie Swanepoel Renet van der Walt Baie dankie vir al julle moeite en harde werk. Ons waardeer dit opreg. Gr. R-opvoeders VOORTREKKERS + KAMP = GROOT PRET! Weltevrede Voortrekkers het die naweek van 15 17 Augustus gaan kamp te Hartbeesfontein Voortrekkerplaas. Gr. R- tot gr. 12-jeuglede het die kamp bygewoon en weereens baie moeg, baie vuil en flou-gespeel teruggekeer huis toe. Al die spanne het die tyd goed benut om aan kentekens te werk. Gr. R-Rooikatte en gr. 3- Meerkatte was almal kreatief en het bordesakkies geverf. Gr. 1-Pikkewyne het tradisionele speletjies (vroteier, aljander-aljander) en tegnologiese speletjies op die rekenaars, tablet of selfoon gespeel. Gr. 2-Swartwitpense het aan die dierewaarnemingspesialisasie gewerk. Hulle het na dierespore, dieremis, spinnekoppe en ander natuurlewe in die veld gesoek. Hulle het ook gipsafdrukke van die spore gemaak en was braaf genoeg om tot bokmis te spoeg. Gr. 4- Kameelperde het meer geleer oor die Anglo-Boereoorlog wat vir hulle die geskiedenis weer lewend gemaak het. Gr. 5-Arende het weer geleentheid gehad om op die vlugbalbane n kleim af te steek en te delf. Hoewel hulle nie goud gedelf het nie, was die skat net so groot hope en hope lekkers is uitgedelf. Gr. 6- Springbokke het geleer hoe om kos te maak in die veld en het hoenderpotjies en tot nagereg opgetower. Die gr. 7-Dolfyne was verantwoordelik vir die aansteekseremonie en hiertydens het ons n erg verwaarloosde landsvlag op eervolle wyse verbrand. Hulle het tydens die kampvuurkonsert gewys hoe om jou spanmaats te vertrou. Natuurlik was die lanternbekruip en die nagmars vir almal n groot hoogtepunt waar ruimtewesens(s) van kant gemaak moes word. Tegnologie is ingespan en roetes moes in die donker op selfone gevolg word. Beslis n onvergeetlike kampervaring vir almal wat dit bygewoon het. Leanie Taljaard Weltevrede Voortrekkers AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND Die beheerliggaam het besluit dat daar vir die volgende vier sportkodes (buiteskoolverband) koördineerders uit die personeel aangestel word. Hierdie persone sal slegs die nodige inligting deurgee. Geen afrigting sal verskaf word nie. 6

Gholf - Ruan Basson (jockbass@gmail.com) Swem - Johanette Judels (judels@vodamail.co.za) Avontuursport - Lindsay Stadtlander (lindsay_povey@yahoo.com) Ruitersport - Marli Grobbelaar (marligrobbelaar@yahoo.com) AVONTUURSPORT Die Gauteng provinsiale byeenkoms vind by Helpmekaar Kollege plaas op 13 September. Inskrywingsvorms en verdere inligting sal binnekort op die webtuiste beskikbaar wees (www. schoolsar.co.za) Die SA Kampioenskap vind plaas op 10 en 11 Oktober en word deur Stanford Lake Kollege aangebied as gasheer. RUITERSPORT Uithourit te Wolmaransstad op 9 Augustus 2014 Rheinard en sy arabierperd, Heimdahl Cavalheiro, het op Saterdag 9 Augustus deelgeneem aan sy eerste 80 km uithourit net buite Wolmaranstad. Hulle het die afstand teen n gemiddelde spoed van 15.2 km/h voltooi. Rheinard het ook die horsemanship -trofee ontvang omdat hy so mooi na sy perd omgesien het tydens die uithourit en vir sy positiewe gesindheid. Baie geluk Rheinard! Ons kan sien jy is n gebore ruiter! RITMIESE GIMNASTIEK Danièle van der Merwe en Tina-Mari Meyer verteenwoordig Laerskool Fairland as n span, vlak 5 en 6 by die Ritmiese Gimnastiek Interskole Kompetisie wat gehou is op Saterdag 26 Julie te St. Mary s. Daar was 17 skole vanaf Johannesburg en Pretoria wat deelgeneem het. Die twee meisies se puntetelling was so hoog dat hulle nogtans n silwermedalje verwerf het, al was daar vyf deelnemers in die ander skole se spanne teenoor hulle wat net twee deelnemers in die span was. Baie geluk Daniele en Tina-Mari! Ons is baie trots op julle! Chante Smit het op Saterdag 26 Julie te Brits, n tweede plek vir balk, n eerste plek vir brug en n eerste plek vir vloer verower. Dit besorg aan haar n algehele eerste plek en hiervoor verwerf sy n goue medalje. Chante het ook op Saterdag 9 Augustus te Alberton, n tweede plek vir vloer, n eerste plek vir spronge, n eerste plek vir balk en n eerste plek vir brug verower. Dit besorg aan haar n algehele eerste plek en hiervoor verwerf sy n goue medalje asook die trofee vir Kampioen van die Dag. 7 Danica Smit het op Saterdag 26 Julie te Brits, n 4de plek vir balk en n tweede plek vir vloer behaal. Sy behaal n algeheel 4de plek en hiervoor ontvang sy n goue medalje. KULTUUR BUITE SKOOLVERBAND Simone Swanepoel het aan Hoërskool Monument se eisteddfod deelgeneem en sy behaal n : A++ vir haar klavierduet A+ vir haar instrumentaal Baie geluk Simoné! ADVERTENSIES CONSTANTIA SKOOLKLERE Ouers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het. Tel.no.: (011) 791-1300 Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburg e-posadres: w.vandyk@mweb.co.za Ander leweransier: Sportmans Warehouse: Tel.no.: (011) 431-0406 Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburg webtuiste: www.schoolandleisure.co.za RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Klavier // Dromme // Viool // Sang - Beginners tot gevorderd. Berario Ontspanningsentrum. Retha 081 351-7491 HOëRSKOOL MONUMENT BIED AAN STEVE HOFMEYR 26 September Opelugkonsert. Kaartjies @ R120 per persoon. Vir meer inligting kan u met Eben Vermaas skakel by 011-953 1165 of 0844378541 of per e-pos by bemarking@monnas.co.za. INSAKE TANDHEELKUNDE NASIONALE GESONDHEIDSMAAND Ons bied gratis spesialis ortodontiese konsultasie aan van nou af tot einde September vir skoliere. Vir verdere inligting kontak Michelle Olivier, tel. 011 782 0221/2. ROCCO DE VILLIERS-KONSERT NG Weltevreden 6 September om 19:00. Kontak vir Anna-Marie Sonnekus 084 811-1879 / amsonnekus@gmail.com. BUIG JOU BOOMPIE Hersiening en voorbereiding vir toetse. Sien die Vinkie van 7 Augustus. Bespreek by: Reinette: 084 589 7068 / Chrissie:076 330 2754 / info@buigjouboompie.co.za

GHOLFDAG BORGE: Ons vra weereens ons ouers om asb. ons borge te ondersteun. 8

9

SHEREE, A5-GROOTTE ASB! Motorkompetisie 2014 Pryse om te wen: Vir diegene wat kaartjies koop: X2 Eerste pryse: Twee Toyota Corolla 1.6 Prestige motors (Monument Toyota Constantia) Tweede prys: R10 000 Derde prys: R5 000 Vir die leerders (na afloop van die kompetisie): Leerder wat wenkaartjies verkoop het: R11 000 elk R1 000 nou in kontant en die opbrengs van ʼn R10 000 belegging in die jaar nadat hulle matriek geslaag het. Topverkopers (na afloop van die kompetisie): IPad Air Wifi Silver vir leerder wat die meeste kaartjies verkoop het (waarde R8 200) IPad Air Wifi Silver vir die onderwyser wie se registerklas die meeste kaartjies verkoop het (waarde R8 200) Klasprys (na afloop van die kompetisie): R3 000 bederf uitstappie vir die klas wat die meeste kaartjies verkoop het Weekliks: R250 aan die leerder wat die meestekaartjies in sy/haar graadgroep verkoop ONTHOU: Daar is slegs 3500 kaartjies teen R350 beskikbaar. 10